Ipuwer papirus

Die Ipuwer papirus bevat die vermanings van Ipuwer (Engels: Admonitions of Ipuwer) in die vorm van ‘n literêre teks wat bewaar is op ‘n enkele papirus (Papirus Leiden I 344) wat tot die versameling van die Rijksmuseum van Oudheden, Leiden (Nasionale Oudhedemuseum van Leiden) behoort. Die papirus is in ‘n haglike toestand. Die begin en die einde daarvan is heeltemal verlore, maar ons kan die storie verstaan. ‘n Man, genaamd Ipuwer, het in die hof van ‘n naamlose farao verskyn en die chaotiese toestand van Egipte beskryf wat waarskynlik kan verwys na die herinnering aan die gebeure wat in die Eerste Tussentydperk plaasgevind het.

Die dinge wat in hierdie papirus genoem word herinner aan die tien plae in Egipte. Ten spyte van die feit dat die papirus uit die Nuwe Koninkryk dateer, is die gedig wat daarop bewaar word, veronderstel om uit die Middelryk te wees.

Hierdie papirus word gebruik as ‘n bevestiging van die Uittog uit Egipte en die datering van die papirus stem ooreen met die Bybelse tydlyne.

Ipuwer Eksodus
2:5-6 Die plaag is oor die hele land. Bloed is oral.

2:10 Die rivier is bloed.

2:10 Mense skram weg om te proe – mense, en dors na water

3:10-13 Dit is ons water! Dit is ons geluk! Wat moet ons ten opsigte daarvan doen? Alles is geruineer.

7:20 … en al die water het in bloed verander.

7:21 Die vis in die Nyl het gevrek en die Nyl se water het so gestink dat die Egiptenaars dit nie kon drink nie. Oral in Egipte was daar bloed.

7:24 … langs die Nyl na drinkwater gegrawe omdat hulle nie die Nyl se water kon drink nie.

2:10 Waarlik, poorte, pilare en mure is deur vuur verteer.

10:3-6 Laer-Egipte huil… Die hele paleis is sonder sy inkomste. Daaraan behoort [met reg] koring en gars, ganse en visse

6:3 Waarlik, graan het van alle kante vergaan.

5:12 Waarlik, wat vergaan het is nog gister gesien. Die land word oorgelaat aan sy moegheid soos die sny van vlas.

9:23-24 … het die Here donderslae en hael gestuur, en die blitse het tot op die grond geslaan. Die Here het die haelstorm oor Egipte laat losbars.

9:25 Die hael het die hele Egipte getref, alles wat buite was, mens en dier. Al die plante is deur die hael weggeslaan, selfs al die bome is in repe geslaan.

9:31-32 Die vlas- en die garsoes is vernietig omdat die gars in die aar en die vlas in die knop was, maar die koring en die sorghum is nie vernietig nie omdat dit later ryp word.

10:15 … Daar het geen groenigheid aan ‘n boom of ‘n plant in Egipte oorgebly nie.

5:5 Alle diere, hulle harte huil. Beeste kreun…

9:2-3 Kyk, vee word gelaat om te dwaal, en daar is niemand om hulle bymekaar te maak nie.

9:3 sal die Here sy mag toon met ‘n baie swaar pes onder al jou vee in die veld: perde, donkies, kamele, beeste en kleinvee.

9:19 Laat nou al jou vee en alles wat buite is, na veiligheid bring. …

9:21 maar dié wat hulle nie aan sy woorde gesteur het nie, het hulle slawe en vee buite laat bly.

9:11 Die land is sonder lig. 10:22-23 (22)Moses het toe sy hand in die lug opgesteek, en drie dae lank was dit pikdonker oor die hele Egipte. (23)Die mense kon mekaar nie sien nie en drie dae lank kon niemand iets uitrig nie, maar in al die woongebiede van die Israeliete was daar lig.
4:3 (5:6) Voorwaar, die kinders van prinse word teen die mure verpletter.

6:12 Voorwaar, die kinders van prinse op die strate weggegooi.

6:3 Die tronk is verwoes.

2:13 Hy wat sy broer in die grond plaas, is oral.

3:14 Dit kreun deur die hele land, gemeng met klaagliedere

12:29 Om middernag het die Here elke eersgeborene van Egipte laat sterf, van die kroonprins af, die eersgeborene van die farao, tot by die eersgeborene van die krygsgevangene in die tronk, selfs die eerstelinge van die diere.

12:30 want daar was nie ‘n enkele Egiptiese huis sonder ‘n sterfgeval nie.

12:30 Toe die farao, al sy amptenare en al die Egiptenaars dié nag wakker word, het hulle almal bitterlik aan die huil gegaan

7:1 Kyk, die vuur het opgestyg in die hoogte. Sy verbranding gaan uit teen die vyande van die land. 13:21 Die Here het bedags met ‘n wolkkolom voor hulle uit gegaan om vir hulle die pad te wys en snags met ‘n vuurkolom om vir hulle lig te verskaf, sodat hulle dag en nag kon trek.
3:2 Goud en lasuursteen, silwer en malagiet, karneool en brons … word aan die nek van vroulike slavinne vasgemaak. 12:35-36 (35)Verder het die Israeliete die opdrag van Moses uitgevoer, naamlik om van die Egiptenaars silwer- en goue goed sowel as klere te eis. (36)Die Here het gesorg dat die Egiptenaars aan sy volk goed doen, sodat hulle uit Egipte as buit kon wegdra wát hulle ook al geëis het.

Maarten Raven

Kyk ook

Stellings uit die Ipuwer papirus Bybelse verwysings
1. There’s blood everywhere… Lo the river is blood (p. 151). 1. …all the waters that were in the river were turned to blood (Exodus 7:20).
2. …one…thirsts for water (p. 151). 2. And the Egyptians digged round about the river for water to drink; for they could not drink of the water of the river (Exodus 7:24).
3. Lo, trees are felled, branches stripped (p. 153). 3. …and the hail brake every tree of the field (Exodus 9:25).
4. Lo, grain is lacking on all sides (p. 155). 4. …and the flax and the barley was smitten (Exodus 9:31).
5. Birds find neither fruit nor herbs (p. 154). 5. Ex 10:15 …they (locusts) did eat every herb of the land, and all the fruit of the trees which the hail had left (Exodus 10:15).
6. Groaning is throughout the land, mingled with laments (p. 152) 6. …and there was a great cry in Egypt (Exodus 12:30).
7. Lo, many dead are buried in the river, the stream is the grave, the tomb became stream (p. 151), and He who puts his brother in the ground is everywhere (p. 152). 7. For the Egyptians buried all their firstborn (Numbers 33:4).
8. All is ruin! (p. 152) 8. Egypt is destroyed (Exodus 10:7).

1 thought on “Ipuwer papirus”

  1. Inderdaad.

    Die ”papirus-lewens” van die mense projekteer een enorme haglike toestand. Praat nie eens van die ”Phd”- leraars, wat in die Gees, ook ”geklee” is soos Rooms Katolieke Kardinale met rooi gewade en rooi hoofbedekkings in die vlees. Allesbehalwe soos Christus in Openbaring 19. Natuurlik ”verkoop” hul hulself as ”WARE LOGOS LERAARS”…

    In 2010 in Israel een enorme ”gesig” beleef’ van die dodelike ”wanbelyning” van woorde en motiewe, wat SPOG hul ken die Woord waarlik…maar dan spreek Paulus só kristalhelder oor die ”glorie” bo op ‘n man en ‘n vrou se hoofde in 1 Korintiërs 11, en dié belyning met gebed en profetiese woorde. Dit is duidelik dat selfs sogenaamde ”konserwatiewe leraars” die ”moderne mens” se “Hollywoodprentjie-idee” van mans en vroue, vér vér meer gewigtig beskou as Paulus se woorde, wie die verblindende Lig van Christus gesien het. Selfs ”conservative reformed” en ”liberal charismatic” aanbid ”menslike oorwegings” vér meer as die woorde vanuit die Bybel. Dié ”gay preachers”, wat meesste getroud is met vroue, wís nie eens hul is Romeine 2-gevalle nie. EN Paulus sê uitdruklik: Romeine 1 mense = Romeine 2 mense.

    In die Gees, waai die 🏳‍🌈 vlag by 99.99999% ”christen kerke”, en hul meen hul vlag is spierwit…

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui