Kritieke rasteorie

Kritieke rasteorie (KRT) is die wêrelbeskouing van wit bevoorregting en sistemiese rassisme. Met ander woorde: Die wêreld is inherent rassisties teenoor swartmense en wit mense moet hulle sukses daaraan toeskryf dat hulle onregverdiglik bevoordeel is bo ander rasse. Dus verdien hulle nie regtig hulle sukses nie.

Dit is die beskouing waarop groepe soos, BLM (Black Lives Matter) gebou is. Hulle probeer die boodskap uitdra dat swartmense die slagoffers van wit superieuriteit en kolonialisme is en dat blankes skuldig moet voel oor die foute van die verlede.

KRT verdeel mense in die onderdrukkers en die onderdruktes enkel alleen op grond van velkleur.

Kritieke rasteorie uit die volgende hoofelemente:

  1. Rassisme is normaal. Alles is rassisties.
  2. Witmense is nie in staat tot regverdige optrede ten opsigte van ras nie en sal slegs rassisme beveg as dit hulleself bevoordeel.
  3. Kritieke rasteorie is nie liberaal nie: Dit streef nie na gelykheid, logiese argumentering, rasionalisme, neutraliteit en selfs die wetenskaplike metode nie.
  4. Kennis is ’n sosiale skepping.

Die probleem van hierdie beskouing is dat dit ongelooflike rassespanning en verdeeldheid skep: Swartmense wat dit wel glo word aangemoedig om nie te vergewe nie en skep ’n haat vir witmense. Aan die ander kant raak witmense geïrriteerd daarmee om die skuld vir alles te kry.

Bronne

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui