Wie is Jacques de Vos?

Jacques de Vos was ’n jong dokter wat vir meer as drie jaar nie kon praktiseer nie omdat hy ’n vrou afgeraai het om ’n aborsie te ondergaan omdat hy vir haar gesê het dat ’n ongebore baba ’n mens is.

Die insident het gebeur toe De Vos ’n interndokter by 2 Militêre Hospitaal in Wynberg, Kaapstad was. Twee dokters van dié hospitaal, ene dr Van Wyk en dr. Ismail, het De Vos se optrede as oneties beskou en hulle het ’n klagte teen hom by die raad ingedien. Gevolglik het hy sedert Junie 2017 nie gepraktiseer nie. Dus was hy klaar skuldig bevind in 2017 voor hy onskuldig bevind is in 2020. ’n Mens wonder wat het geword van: “Onskuldig tot skuldig bewys”

Hierdie klagte teen hom is eers in Oktober 2020 laat vaar.

Kyk ook

***********

Klagte laat vaar teen dokter wat aborsie probeer keer| Netwerk24

Deur Jana Breytenbach

7 Oktober 2020

Hierdie “bespotting van die gereg” en “kwaadwillige vervolging” moet dadelik stop en diegene verantwoordelik moet ook vir onetiese gedrag ondersoek word.

Dit is een van baie voorleggings wat die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) gevra is om te oorweeg nadat die raad die klagte teen dr. Jacques de Vos laat vaar het.

De Vos is beskuldig van onetiese gedrag nadat hy in 2016 ’n vrou afgeraai het om ’n aborsie te ondergaan.

Hy het volgens die raad ’n ma probeer oorreed om nie haar gesonde 19 weke oue fetus te aborteer nie.

Hulle het nie saamgestem met De Vos se verklaring dat ’n ongebore baba ’n mens is en dat aborsie die ma ook geestelike skade berokken nie.

Hy was ’n interndokter by 2 Militêre Hospitaal in Wynberg, Kaapstad, toe die hospitaal hom weens dié beweerde opmerking geskors het. Gevolglik het hy sedert Junie 2017 nie gepraktiseer nie.

Twee dokters van dié hospitaal, ene dr. Van Wyk en dr. Ismail, het De Vos se optrede as oneties beskou en hulle het die klagte teen hom by die raad ingedien.

Dinsdag het die raad egter die partye meegedeel dat die klaers nie met die saak wil voortgaan nie en dat die klagte teen De Vos teruggetrek sal word.

Vir De Vos is dit egter nie so eenvoudig as net om die klagte terug te trek nie. Hy het skuld ontken op die klagte en daarom, voel hy, is hy geregtig op ’n uitspraak wat bevind dat hy nie oneties opgetree het nie.

Martus de Wet, sy regsverteenwoordiger, het gesê die raad moet hom derhalwe onskuldig bevind en bevestig hy het ten alle tye “hoogs professioneel” opgetree.

De Vos se regspan het verdere voorleggings by die raad ingedien en gesê De Vos is kwaadwillig vervolg en die klaers het ’n vendetta teen hom gevoer.

Volgens die voorleggings het De Vos reeds gepleit op die klagte en die terugtrek daarvan is die klaers wat eintlik hul saak sluit.

Hulle het die komitee gevra om hul misnoeë oor die saak uit te spreek en hoe De Vos hanteer is. Die raad word versoek om die dokters of enigiemand wat die vendetta help dryf het, te ondersoek. De Vos het alles in sy vermoë gedoen om die saak so gou as moontlik af te handel. Volgens die voorleggings was dit die raad wat vertragings veroorsaak het.

“Ons hoop die komitee sal nou beslissend optree en die ‘bespotting van die gereg’ tot ’n einde bring.

ChristianView Network, ’n openbare organisasie wat help om ’n Bybelse wêreldbeskouing in Suid-Afrika te bevorder, sê hulle het die saak bestudeer en meen De Vos het ten alle tye professioneel opgetree terwyl die raad, namens die dokters, op ’n “onverskoonbare onprofessionele manier opgetree het deur ongegronde klagte te vervolg”.

Hulle het die hantering van die saak as “afgryslik” beskryf en die raad gevra om sy beleid, wat gelei het tot die vervolging van De Vos, te hersien.

Volgens ChristianView Network het die raad ingestem om dit te doen.

Priscilla Sekhonyana, woordvoerder van die (HPCSA), het bevestig die raad het die klagte teruggetrek. Verdere navrae is aan haar gerig en sal bygewerk word wanneer dit ontvang word.

2 thoughts on “Wie is Jacques de Vos?”

  1. Ek hoop dat sy regspan die Raad en die twee dokters gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik gaan hou vir sy verlies aan inkomste, stres, emosionele pyn, regskoste ens.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui