Seks voor huwelik nou ’n oortreding in Indonesië

Die Indonesiese parlement het Dinsdag, 6 Desember 2022, nuwe wetgewing goedgekeur wat seks buite die huwelik verbied met ’n straf van tot ’n jaar tronkstraf. Hierdie wetgewing maak dit ook onwettig vir mense om die president te beledig of staatsideologie te kritiseer.

Die nuwe kode verbied ook ongetroude paartjies om saam te woon.

Kragtens die nuwe wette – wat ook van toepassing sal wees op buitelanders wat Bali en ander Indonesiese vakansiebestemmings besoek – kan ongetroude paartjies tot ’n jaar tronk toe gestuur word as hulle seks gehad het.

Hulle word ook verbied om saam te woon – waarvoor mense tot ses maande tronk toe gestuur kan word. Owerspel sal ook ’n oortreding wees waarvoor mense kan tronk toe gaan.

Kritici sê die veranderinge is ’n “ramp” vir menseregte.

Kampvegters vir menseregte begin reeds beswaar maak teen die planne.

Kyk ook

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui