Onse Vader

Die Onse Vader (ook bekend onder die Latynse naam, Pater noster) is moontlik die bekendste gebed in die Christendom.

Die Onse Vader is die antwoord op ’n vraag aan Jesus hoe gebid moet word.

Dit word in twee plekke in die Bybel weergegee:

Matteus 6:9-13 Lukas 11:2-4
(9)“So moet julle bid: (2)En Hy sê vir hulle: “Wanneer julle bid, sê dan:
“Ons Vader wat in die hemel is, “Vader,
laat u Naam geheilig word; laat u Naam geheilig word;
(10)laat u koninkryk kom; laat u koninkryk kom.
laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.
(11)Gee ons vandag ons daaglikse brood; (3)Gee ons elke dag ons daaglikse brood;
(12)en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; (4)en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat teen ons oortree;
(13)en laat ons nie in versoeking kom nie en laat ons nie in versoeking kom nie.”
maar verlos ons van die Bose.
Sommige manuskripte bevat ook die afsluitingsformule: “Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.”

Ontleding

Hier volg ’n ontleding van die Onse Vader:

Inleiding

Ons Vader wat in die hemel is

“Ons” dui aan dat die gebed dié is van ’n groep mense wat hulself as kinders van God beskou en wat God hul “Vader” noem. “In die hemel” dui daarop dat die Vader wat aangespreek word, onderskei is van menslike vaders op aarde.

Eerste petisie

laat u Naam geheilig word

Mense moet God as heilig sien, nie hulle gelyke nie.

Tweede petisie

laat u koninkryk kom

Mag God se koninkryk nie net in ons harte gevestig word nie, maar ook op aarde.

Derde petisie

laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel

John Ortberg interpreteer hierdie frase soos volg: “Baie mense dink ons werk is om vir ons hiernamaals-bestemming te sorg en dan water te trap totdat ons almal hier uitgeskiet word en God terugkom en hierdie plek in vlamme laat opgaan. Maar Jesus het nooit vir iemand gesê om te bid: ‘Kry my hier weg sodat ek daarheen kan opgaan.’ Sy gebed was om dinge hier onder te laat verloop soos dit daarbo is.” Die versoek dat “u wil geskied” is God se uitnodiging om aan te sluit om dinge hier onder te maak soos dit daarbo is.

Vierde petisie

Gee ons vandag ons daaglikse brood

Hierdie is ’n versoek dat God sal voorsien in ons daaglikse materiële behoeftes.

Vyfde petisie

vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree

‘n Versoek om ons sondes te vergewe. Let daarop dat versoek word om ons sondes te vergewe soos ons ook ander vergewe. Met ander woorde, as ek net gedeeltelik vergewe, is die versoek ook om gedeeltelik vergewe te word (kyk ook Luk 7:40-50 en Vergifnis).

Sesde petisie

laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose

Volgens Jakobus 1:13-15 versoek God ons nie, maar word ons deur ons eie begeertes verlei. Daarom beteken hierdie waarskynlik dat ons alle versoekings sal weerstaan.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui