Ons doleer oor die algehele verval

Ons doleer oor die algehele verval | Netwerk24

Deur Dr. Chris Saayman, Leraar: NG Gemeente­ Tafelberg (Dolerend)

24 Julie 2021

Die Tafelberg-gemeente neem graag hande met Die Strand-gemeente.

Ons is dankbaar dat Tafelberg nie meer die enigste dolerende NG gemeente in Kaapstad is nie! Ons was byna twee jaar dit wel.

Mag die Here gee dat meer en meer Kaapse gemeentes sal doleer en daar ’n reformatoriese beweging aan die gang sal kom.

Kolskoot ook drs. Ferdie Mulder­ en Bernhard Ficker en ds. Dawie de Wet met jul briewe, waarvan die inhoud 100% waar is. Ons hoop die kerkleiers kyk diep daarna.

Veral dankie aan Die Strand met die sewe punte vervat in jul doleringsbrief. Dis belangrik, want soms hoor ’n mens dat dolerendes net treur oor die sogenaamde 2019-sinodebesluit – wat onwaar is. Ons doleer oor die algehele verval binne NG geledere, waarvan die 2019-besluit slegs ’n simptoom is.

Hier is ’n aanhaling uit Tafelberg se doleringsbrief ter stawing: “Die gemeente treur oor allerlei tekens wat daarop dui dat, oor ’n tydperk van jare, vrysinnigheid en liberalisme (progressiewe denke) die NG Kerk tot ’n groot mate gekaap het.

“Dit manifesteer in die wyse waarop die Bybel as God se Woord gesien en hanteer word.

“Nie meer as die onfeilbaar geïnspireerde­, duidelike, genoegsame Woord van God nie, maar as die neerslag van menslike nadenke oor God. Daarom dat die hedendaagse konteks van die mens die deurslag gee in die verklaring van die Skrif.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui