Kerkberigte is misleidend

********

Kerkberigte is misleidend | Netwerk24

Deur Henriëtta Klaasing

25 Julie 2021

Dr. Henrietta Klaasing, Randfontein, skryf:

Die berig “Ds. Tokkie boos oor tugliggaam se vingers na hom wys” (Rapport, 11 deser), asook die artikel “En balk in eie oog?” verlede week, het betrekking.

In die eerste berig word dr. Johann Ernst, die klaer, skielik die aangeklaagde. In die tweede verskuif die aandag weer na dr. Chris van Wyk. Wat ek hier raaksien is blaamverskuiwing, ’n bedenklike tegniek wat die aandag na ander wil verskuif met “maar wat van”-argumente. Rookskerms word in oorloë gebruik as misleidingsmaneuvers.

’n Mens kan net die hoop koester dat Rapport nie enige verskuilde agendas hier het nie. Dis tyd dat die bal gespeel word, nie die man nie. Praat liewer mét mense as oor hulle.

Audi alteram partem. U lesers is geregtig daarop om ook die ander kant van die gebeure te hoor, en net so ook is Ernst en Van Wyk geregtig daarop om net soveel ruimte te kry om hul saak te stel.

* Sien ook dr. Johann Ernst se repliek Skoen wil voet nie pas‘.– Red.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui