Die praktyk bewys gemeente is reg

Die praktyk bewys gemeente is reg | Netwerk24

Deur Dawie de Wet

20 Julie 2021

Ds. Nelis Janse van Rensburg, moderator van die NG Kerk, is “diep verontrus” oor die redes wat die NG gemeente Die Strand aanvoer vir dolering (17.07).

Sy grootste beswaar is teen die stelling dat “. . . die NGK in eie geledere geloof in die opstanding van Christus as ’n opsionele saak beskou . . .”, want sinode-besluite bewys die teendeel.

Van Rensburg is reg: Geen sinode het so iets besluit nie. Ongelukkig lyk die praktyk anders.

Die NGK het nog nooit enige teoloog van die kerk wat wel die liggaamlike opstanding van Christus openlik ontken en as ’n mite beskou, onder leertug geplaas nie.

Trouens, toe van hulle aangekla is, het die kerklike strukture die dwaalleraars onskuldig bevind, en die klaers, wat by die Bybel en die kerk se Belydenis gebly het, verketter.

Ek moet Die Strand-gemeente gelyk gee: Uit die NGK se geskiedenis van die afgelope 20 jaar is genoeg bewyse beskikbaar wat elkeen van die punte waarmee hulle die kerk aankla, kan staaf.

Ongeag wat sinodes beweer, wys die praktyk dat die gemeente reg is. Ek is saam met hulle hartseer oor die liberale weg wat die NGK-sinodes die afgelope jare ingeslaan het.

Dankie, Die Strand-gemeente, dat julle minstens sommige van die ampsdraers van die NGK se algemene sinode se diepe rus verontrus het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui