Kyk ook:
Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.
*******
Nog ’n gemeente betaal nie oor gays | Rapport
Johan Eybers
Rapport
Sondag, 29 Maart 2020
Nog ’n Vrystaatse gemeente weerhou nou sy geldelike steun en nog ’n Noord-Kaapse gemeente het ’n toestand van treur verklaar uit protes teen die NG Kerk se besluit oor gays.
Ds. Tiaan Victor van die Heilbron-Suid-gemeente in die Vrystaat sê die kerkraad het twee weke gelede eenparig besluit om sy “kerkbelasting” aan die streeksinode te weerhou uit protes oor die aanvaarding van selfdegeslagverhoudings in die kerk.
Ds. Danie Kritzinger van die Modderrivier-Ritchie-gemeente sê die kerkraad het besluit om voort te gaan om hul finansiële bydraes aan die Noord-Kaaplandse sinode te betaal “weens die eenvoudige rede dat die kerk op verskillende plekke werk. Ons besef dat mense se salarisse betaal moet word. Die kerkraad het verlede Donderdagaand vergader en daar was 100% eenstemmigheid dat ons moet doleer.”
13 van die NG Kerk se 1 071 gemeentes in Suid-Afrika het tussen Oktober en Maart vanjaar aangedui dat hulle doleer.
Dit is nie duidelik hoeveel van hierdie gemeentes hul geld weerhou nie.
Kritzinger sê die kerkraad het besluit om voort te gaan om hul finansiële bydraes aan die Oos-Kaapse sinode te betaal “weens die eenvoudige rede dat die kerk op verskillende maniere werk. Ons besef dat mense se salarisse betaal moet word. Die kerkraad het verlede Donderdagaand vergader en daar was 100% eenstemmigheid dat ons moet doleer.”
Kritzinger sê dat daar in die algemene sinode “ ’n beweging weg is van die Bybel as die onfeilbare Woord van God”. “Dit het volgens ons uitgeloop op die besluite van 2015 en 2019 oor homoseksuele persone se plek in die kerk. “Ons wil dit duidelik stel dat ons glo die kerk is ’n hospitaal vir sondaars en nie ’n hotel vir heiliges nie. Daarom is alle mense welkom om deel te wees van ons gemeente. “Die besluit dat selfdegeslag-paartjies in die huwelik bevestig kan word en dominees wat in aktiewe homoseksuele verhoudings is as leraars kan werk, kan egter op geen manier Bybels verantwoord word nie,” sê hy.
Volgens Victor is sy gemeente een van vier gemeentes van die ring van Heilbron wat besluit het om te doleer en hul bydraes aan die streeksinode te weerhou.
Die ring het agt gemeentes en van die oorblywende vier is ook besig met ’n proses om oor die kwessie te besluit, sê hy.
“Die ring kan besluit om te doleer indien die meerderheid gemeentes van die ring sou besluit om te doleer,” sê hy.
In November het die Goudland-sinode ’n buitengewone sitting gehou oor die moontlikheid om van die kerk weg te skeur. Hy het toe ’n leergeskil met die algemene sinode verklaar en in Februarie gesê hy gaan sy sinodale bydrae weerhou.
Die Oostelike sinode, wat uit 84 gemeentes in Pretoria en Mpumalanga bestaan, gaan na verwagting Goudland se voorbeeld volg op ’n buitengewone sitting in April. ‘Ons glo die kerk is ’n hospitaal vir sondaars en nie ’n hotel vir heiliges nie.
Dr. Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, sê ’n spesiale taakspan van die algemene sinode is aangestel om die saak te hanteer. Hy sê gespreksgidse is saamgestel wat gebruik kan word om ruimtes te skep om oor die aangeleentheid te praat.
Hy sê daar was reeds verskeie gesprekke met gemeentes wat ongelukkig is oor die besluit oor gays in die kerk.
“Ons rig ’n uitnodiging aan gemeentes om steeds met ons hieroor te praat,” sê hy.
Kommentaar
Daniel Louw
‘n Mens kan nie help om dit voel dat ds Danie Kritzinger ‘n slap besluit geneem het nie. Instede daarvan dat ‘n gemeente hulle sinodale bydraes betaal en sodoende ‘n bydrae te maak aan ander werk soos sending of maatskaplik, kan hulle baie maklik direk by sulke organisasies betrokke raak.