NG Kerk word weer deel van die Wêreldraad van Kerke. Waarom is ek nie opgewonde nie?

*******

NG Kerk word weer deel van die Wêreldraad van Kerke. Waarom is ek nie opgewonde nie? | Hierstaanek

Wynand Louw

30 Julie 2014

Uit die Burger: NG Kerk herstel ‘historiese fout’ (27 Jul 2014)

Prof. Nelus Niemandt, moderator van die Algemene Sinode, het gesê dit is die herstel van ’n groot historiese fout wat die NG Kerk 50 jaar gelede begaan het toe dié kerk en die WRK se paaie uiteengeloop het weens apartheid.

[…]

“Ons is verheug. Die NG Kerk het nog altyd ’n baie sterk ekumeniese ingesteldheid gehad. Ekumeniese organisasies is organisasies wat uit verskeie kerke bestaan en dit is kernbelangrik om geloofstandpunte teen dié van ander kerke te kan toets.

“Dit help jou om sáám na die waarheid te soek. Die WRK takel ook groot openbare kwessies, soos aardverwarming en die oorlog in Israel en Palestina,” het Niemandt gesê.

Die vraag is, verteenwoordig die Wêreldraad van Kerke die ware Kerk en Bruid van Christus?

Ek weet nie. Ek was maar altyd nog skepties oor hulle. Toe besluit ek maar om self te gaan kyk op hulle webwerf. Kyk waarop kom ek toe af:

http://www.oikoumene.org/en/press-centre/events/building-an-interfaith-community

Ek kyk sommer ook hierna:

http://www.oikoumene.org/en/press-centre/news/wcc-announces-september-interfaith-summit-on-climate-change

Let op die artikel by die eerste skakel: Building an interfaith community:

Participants should be well grounded in their own faiths and be positioned to influence the thinking of members of their wider faith communities after completion of the summer course.

Met ander woorde: Die WRK gaan jong Muslims en Jode leer om “Goed gegrond in hulle eie geloof te wees” as hulle klaar is met die kursus sodat hulle ander kan beïnvloed.

Jesus het gesê: Gaan dan heen, maak dissipels van die nasies, doop hulle in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle geleer het.

Duidelik is Jesus se opdrag te ouderwets vir die WRK. Moslems en Jode moet geleer word om goeie Moslems en Jode te wees. Jesus het ‘n ligte mistykie gemaak – miskien omdat Hy uit ‘n premoderne kultuur gekom het?

Nelus Niemandt sê ons moet saam na die waarheid soek. Sluit hy die Moslems en Jode hierby in soos die WRK doen? En Het Jesus gesê ons moet betrokke raak by die politieke stryd in Israel of het Hy gesê ons moet beide Jode en Moslems Sy dissipels maak? Waar het Jesus gesê ons moet ons bemoei met aardverwarming (wat in elk geval waarskynlik ‘n klugspel is)???

Prof Niemandt, ek dink nie enige weergebore Christene in die NG Kerk wil lid wees van so ‘n organisasie nie. Die NGK leierskap tree buite perke op.

Wynand Louw

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui