NG Tuinedal Sasolburg verklaring SGV 2019

Kyk ook:

NG Tuinedal Sasolburg

31 Oktober 2019 08:16

Op ’n Kerkraadvergadering gehou op 30 Oktober 2019 is die volgende verklaring , eenparig, deur die Kerkraad goedgekeur:

Verklaring van die Kerkraad van die Ned. Geref. Kerk Sasolburg-Tuinedal

Dit is met baie groot hartseer en ontsteltenis dat die Kerkraad van die Ned. Geref. Kerk Sasolburg-Tuinedal kennis geneem het van die feit dat die Algemene Sinode (tydens sy pas afgelope sitting van 2019) besluite (in verband met selfdegeslagverhoudings) geneem het wat direk in stryd is met die Woord van God. Daarmee verwerp die Algemene Sinode die absolute gesag van God se Woord.

Hierdie Kerkraad betreur hierdie pad wat die Algemene Sinode ingeslaan het en distansieer homself totaal en al van sodanige besluite.

As Huisgesin van ons Vader staan Sasolburg-Tuinedal juis gegrond op die Bybel as die enigste, volkome, heilige en onfeilbare Woord van God.

Die Kerkraad sal besin oor die pad van die Gemeente vorentoe.

Treurende Kerkraad
Ned. Geref. Kerk Sasolburg-Tuinedal

**********

10 Oktober om 16:04

Dit is met hartseer wat ek hier tik. Ek wil dit hard en duidelik sê aan elke gemeentelid van Tuinedal: Ek, Piet Fourie, leraar van hierdie gemeente, distansieer myself totaal en al vd besluit vd Algemene Sinode ivm selfdegeslagverbintenisse. Dit is ’n besluit wat teenoor die Woord van God staan. Dit is my roeping en my Godgegewe taak om VDM (bedienaar vd Woord van God) te wees. Mag God my help om juis net dit te wees na die beste van my vermoë.

1 thought on “NG Tuinedal Sasolburg verklaring SGV 2019”

  1. Groot waardering teenoor al die predikante in die NG Kerk wat die moed van hulle oortuiging het en te protesteer teen die pad wat die dwaalleraars in die Algemene Sinode wil inslaan.
    Ons bid vir julle vir standvastigheid en om voort te gaan om u gemeentes te lei en begelei op die pad van die Woord van onse God.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui