NG Gemeente Fichardtpark verklaring SGV 2019

Kyk ook:

BESLUIT VAN DIE NEDEDERDUITSE GEREFORMEERDE GEMEENTE FICHARDTPARK OOR SELFDEGESLAGVERHOUDINGS

Na aanleiding van die Algemene Sinode van die NG Kerk 2019 se besluite oor selfdegeslagverhoudings, besluit die Kerkraad van NG Gemeente Fichardtpark die volgende:

  1. Die kerkraad neem kennis van die verslag en neem, socs die aanbevelings se, aanvullende besluite wat vir die gemeente van belang is. (Algemene Sinode 2019, pt 5)
  2. Die kerkraad erken dat alle mense gelykwaardig is, ongeag ras, geslag of seksuele orientasie en met menswaardigheid behandel meet word.
  3. Die kerkraad bevestig dat alle mense, ongeag ras, geslag of seksuele orientasie, welkom is om lidmate van die gemeente te word.
  4. Die kerkraad kom met vreugde sy verantwoordelikheid na om alle lidmate herderlik te dien en te versorg.
  5. Die kerkraad bevestig dat slegs die verbintenis tussen een man en een vrou as ’n huwelik beskou kan word (Algemene Sinode 2004, 2007, 2019)
  6. Die kerkraad aanvaar die prerogatief van die leraar, dr. Enrico Casaleggio, met die ruimte wat die betrokke besluite van die 2019 Algemene Sinode bied (Besluit 8.1 ), om nie verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag te voltrek nie.
  7. Die Kerkraad is dit eens met die besluite dat die eenheid van die kerk gefundeer is in ’n eenheid met Christus en die betydenisgrondslag, (Besluit punt 2)
  8. Die kerkraad neem met diepe kommer kennis van die Algemene Sinode se standpunt dat Skrifhantering en Skrifuitleg nie gesien word as ’n saak wat die eenheid van die kerk raak nie. (Besluit punt 2). Die Christus wat ons ken en die belydenisgrondslag wat ons het en saambind (socs genoem in punt 7), is immers gegrond op die Skrif alleen (So/a Scriptura) en ’n bepaalde hantering en uitleg van die Skrif.

Geteken

  1. Oudl Frans Ackerman, Voorsitter van die Kerkraad
  2. Enrico Casaleggio, Leraar

15 Oktober 2019

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui