Ermelo-Oos se besluit nav 2019-SGV-besluit

Kyk ook:

Die gemeentebestuur van NG gemeente Ermelo-Oos het op 20 Oktober 2019 die volgende kommunikasie aan hulle lidmate gestuur.

********

Boodskap aan Ermelo-Oos gemeente op 20 Oktober 2019

Die 2019 Algemene Sinode van die NG Kerk het ’n besluit geneem oor homoseksuele verhoudings. As NG gemeente moet ons noodwendig daarvan kennis neem en reageer.

In terme van die besluit is dit nou amptelik dat mense in homoseksuele verhoudings deur die NGK geligitlimeer en as leraars bevestig kan word; persone van dieselfde geslag kan ook kerklike goedkeuring trou.

Nie almal In die NGK voel dieselfde daaroor nie. Saam met die breë Kerk van jesus deur die eeue en die meeste ander christelike denominasies, in ons oortuiging dat homoseksualiteit volgends die Bybel sonde is.

Die bestuur is eenparig van mening dat:

  • Ons slegs die Bybel as gesag kan aanvaar en nie die reg het om die menslike leerstellings in stryd daarmee, te volg nie.
  • Die gemeente van Ermelo-Oos hulle distansieer van die skrifbeskouing en rigting wat die Sinode inneem.
  • Ons nie langer die geestelike leiding van die Sinode van die NGK kan aanvaar nie.

Saam met ander besorgde NG gemeentes is die gemeentebestuur besig om te besin oor die aard van ons voortgesette verhouding met die NGK. Ons vra die gemeente om saam met ons te bid oor die pad vorentoe.

Met hierdie standpunt wil ons niemand se menswaardigheid aantas nie. Ons almal is sondig, maar ons is vergewe as ons Jesus Christus as ons Verlosser aanvaar het en ons aan sy heerskappy en gesag onderwerp. Gays, leuenaars, pornografiese gebruikers, prostitute of mense wat skinder en vloek, is almal ewe welkom om in ons gemeente bedien te word.

Dit is veral vir ons belangrik om aan te gaan om te fokus op die werk wat die Here vir hierdie gemeente in Ermelo gegee het, om Sy koninkryk hier en in die res van die wêreld te laat kom.

Kommentaar

Daniel Louw

Oor die sin: “Ons almal is sondig, maar ons is vergewe as ons Jesus Christus as ons Verlosser aanvaar het en ons aan sy heerskappy en gesag onderwerp.”

Wat waarskynlik hier bedoel word is die volgende:

Ons almal sondig en daarom kan niemand beweer dat hy sonder sonde is nie. Daar is egter ’n verskil om in sonde te leef en om dood te wees vir die sonde (Romeine 6). Mense wat voortgaan om in homoseksuele verhoudings (of enige ander sonde) te leef, leef in die sonde. As jy in die sonde leef, het jy nie tot bekering gekom nie en daarom sê 1 Korintiërs 6:9-10: (9)Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen (10)of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie.

Dus is hierdie nie net skrikwekkend vir mense wat in homoseksuele verhoudings is nie, maar ook vir enige mense wat nie breek met sonde in hulle lewe nie.

Mense wat dood is vir die sonde, vra dadelik omvergifnis en probeer om dit nie weer te doen nie.

Kyk ook Die Bybel oor sonde en Kan ons beweerde Christen gays veroordeel?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui