Humansdorp-Oos verklaring SGV 2019

Kyk ook:

NG gemeente Humansdorp-Oos het die volgende skrywe gerig na aanleiding van die NGK se 2019-besluit oor selfdegeslagsverhoudings.

Let egter daarop dat sulke besluite ongelukkig nie baie help nie, want die 2019-besluit maak juis ruimte vir gemeentes om self te besluit wat hulle wil doen.

*********

Algemene Sinode

Die kerkraad van die NG Gemeente Humansdorp-Oos het eenparig besluit om hom te distansieer van die besluite van die pas afgelope Algemene Sinode oor selfdegeslagverbintenisse.

Die kerkraad verwag van hul leraar om nie sulke verbintenisse kerklik te bevestig nie. Die Skrif is immers daaroor duidelik dat alle seksuele verhoudinge buite die huwelik tussen een man en een vrou sonde is.

Die gemeente se deure staan egter vir alle mense oop en as kerk van die Here Jesus wil ons aan alle mense die genade, vergifnis en heling bied soos Christus dit van ons verlang.

Die kerkraad beroep hom opnuut op die Gereformeerde belydenis van Sola Scriptura, wat beteken “die Woord alleen.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui