NG familie sal aanhou praat

Kyk ook:

Die volgende artikel het in Netwerk24 verskyn.

***********

NG familie sal aanhou praat

‘Eenheid is die Here se opdrag aan kerke’

[Die feit dat hierdie leuen so aanhoudend aan mense voorgehou word, laat mens dink aan die volgende aanhaling: “As jy ’n leuen lank genoeg, hard genoeg en gereeld genoeg vertel, sal mense jou glo.” – Hitler]

Claudi Mailovich, Maandag 25 Mei 2015 22:01

Ondanks reuse-verskille tussen die vier kerke in die NG Kerk-familie is dit steeds vir hul leiers die moeite werd om te praat.

“Want dit is kerke wat dieselfde geskiedenis deel. Ons is dieselfde familie. Ons is die naaste, naaste bloedfamilie,” het prof. Nelus Niemandt, moderator van die NG Kerk, Maandag gesê.

Hy het gepraat op die jaarlikse vergadering van die moderature van die NG Kerk, NG Kerk in Afrika (NGKA), Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (VGKSA) en Reformed Church in Africa (RCA) se leiers.

Hoe ver die vier kerke op hul pad na vereniging is en waar die onderskeie kerke staan ten opsigte van die Belydenis van Belhar is van die punte op die sakelys.

Volgens Niemandt is dit ’n voortsetting van vorige gesprekke.

Verlede jaar is “groot vordering” in die gesprek oor die vereniging van die kerke gemaak.

“Daar is nou al ooreengekom dat ons met ’n baie ernstige proses op pad na eenheid is. Die vraag is nou: Hoe gaan ons die struikelblokke hanteer, soos elkeen se unieke karakter?” het Niemandt verduidelik.

Die kerke se standpunte oor die Belydenis van Belhar is uiters uiteenlopend.

“Ons sit met vier kerke. Twee sê duidelik Belhar is nie in die prentjie nie, die NG Kerk het ’n deel wat sterk ten gunste van Belhar is en ’n deel wat sterk teen Belhar is, en die VGKSA is baie sterk vir Belhar.

“Daardie verskille moet ons nou by wyse van gesprek bymekaar kry.”

Niemandt meen die pad gaan nog kompleks wees, maar hulle is verder as wat hulle vier jaar gelede was – “verder op die pad, maar nader aan mekaar”.

Die doel is om uiteindelik volle organiese eenheid van die vier kerke te hê.

Prof. Mary-Anne Plaatjies van Huffel, moderator van die VGKSA, het gesê die gesprek op die vergadering is anders as dié wat net tussen hulle en die NG Kerk sou plaasvind oor die Belydenis van Belhar.

“Hier sal dit wees om eintlik te probeer sê: Hoe droom ons oor hoe die belydenisgrondslag in ’n toekomstig gestigte eenheidskerk gaan wees?

“Die VGKSA is van mening dat eenheid nie iets is wat ons soek omdat ons histories aan mekaar verbind is nie. Ons glo dit is ’n oproep, dit is ’n opdrag van die Here self.”

Ds. Victor Pillay van die RCA het gesê hulle, as ’n klein kerk met ’n konserwatiewe, evangeliese karakter en ’n baie duidelike roeping, vra hoe hulle met hul eiesoortige karakter binne die strukture van so ’n familie-opset sal inpas.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui