Neels antwoord

Kyk ook:

Hierdie is een van ’n paar artikels wat deel van ’n debat is oor Adrio König se boek Die evangelie is op die spel.

Kyk Jesus se leë graf is die toetssteen vir die vorige artikel en Teoloë kap König oor sy nuwe boek vir die eerste artikel.

**********

Neels antwoord

(Die oorspronklike artikel kan hier gelees word.)

deur Neels Jackson, 2009-10-09 21:41

Prof. Adrio König sê ek beantwoord twee van sy vrae nie.

My hele artikel van Woensdag wou sy eerste vraag (Watterleuens het hy vertel?) beantwoord.

Vir duidelikheid som ek op: Van leuens as doelbewuste misleiding beskuldig ek König nie. Leuens, in die sin van onwaarhede wat sy boek die wêreld indra, is daar verskeie:

Die titel (Die evangelie is op die spel) is wat my betref ’n leuen.

Die beeld wat hy van ander teoloë skets, is ’n leuen.

Elke wanvoorstelling van ’n ander teoloog se standpunt, wat byvoorbeeld hul eie uitgesproke bedoelings weerspreek, word ’n leuen.

Die tweede vraag was waarom ek die kwessie van leuens eers aan die einde van ons gesprek op Aardklop geopper het toe hy nie meer kans gehad het om sinvol daarop te reageer nie. Ek wou duidelik saamvat wat ek deur die hele gesprek probeer aantoon het: dat hy wanvoorstellings maak van ander mense se standpunte.

Dit was nie ’n poging om sy reg op repliek af te sny nie. By Beeld het ek juis voorgestel dat ons hom ruimte gee om te reageer – wat hy gekry het.

**********

Hierdie is die laaste artikel van die debat wat by Teoloë kap König oor sy nuwe boek begin.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui