Mormonisme 101

Kyk ook:

Die Mormoonse geloof of Mormonisme word ook genoem “Heiliges van die Laaste Dae” (“Latter day saints” of LDS). Hier volg ’n paar feite oor hulle:

Stigter

Dit is gestig deur Joseph Smith (23 Desember 1805 – 27 Junie 1844)

Hy het beweer dat hy ’n persoonlike besoek van God die Vader en Jesus Christus ontvang het wat aan hom gesê het dat alle kerke en hulle geloofsbelydenisse ’n gruwel was.

Joseph Smith het ook heelwat bedenklike profesieë gemaak. Kyk List of prophecies of Joseph Smith (Wikipedia).

Wat glo hulle?

Mormone glo dat daar verskillende vlakke of koninkryke in die hiernamaals is:

  • “celestial kingdom” (hemelse koninkryk)
  • “terrestrial kingdom” (aardse koninkryk)
  • “telestial kingdom” (’n selfgemaakte woord)
  • buitenste duisternis

Jesus se menswording was die gevolg van ’n liggaamlike verhouding tussen God die Vader en Maria.

Jesus was ’n god, maar enige mens kan ook ’n god word. Hulle verwerp die ekumeniese belydenisskrifte en die definisie van die Drie-eenheid.

Verlossing word verdien deur ’n kombinasie van geloof en goeie werke.

Mormone maak baie staat op hulle gevoelens. Dit is heeltemal teenstrydig met die Bybel wat die teendeel sê (byvoorbeeld Jeremia 17:9 en Spreuke 28:26)

Bronne

Mormone glo dat daar vier bronne van geestelik geïnspireerde woorde is:

  • Bybel: Watter verse akkuraat is, is nie altyd duidelik nie.
  • Boek van Mormon: Dit is ’n “vertaling” van die Bybel, geskryf deur die stigter van Morminisme (Joseph Smith). Dit is in 1830 gepubliseer. Smith beweer dat dit die “mees korrekte boek” op aarde is en dat ’n mens nader aan God kom deur sy leringe te volg “as met enige ander boek.”
  • Doctrine and Covenants: Bevat ’n versameling moderne openbaringe aangaande die “Kerk van Jesus Christus soos wat dit vernuwe is.”
  • Pearl of the Great Price: Dit word deur Mormone geag om leerstellings en onderwysings “op te klaar” wat uit die Bybel verlore geraak het en voeg sy eie gegewens omtrent die skepping van die aarde by.

Ander

Die getuienis van Andy Poland is baie insiggewend oor wat Mormone glo:

Kyk ook

1 thought on “Mormonisme 101”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui