Moderamen sê oor steun aan Strauss

Die artikel hieronder wys hoe vaag Nelus Niemandt is oor sy mening oor evolusie. Aan die een kant wil hy nie sê dat hy aan evolusie glo nie, maar aan die ander kant wil hy ook nie erken dat hy nie die Bybel glo nie. Dit is egter duidelik dat Niemandt nie vir Strauss ondersteun nie.

(Nelus Niemandt het Piet Strauss opgevolg as moderator van die NG Kerk vanaf 2011 tot Oktober 2015.)

***********

Moderamen sê oor steun aan Strauss

(Beeld Dinsdag 3 Augustus 2010, p.6)

Neels Jackson

Daar is meningsverskil in die NG Kerk se moderamen oor of die vergadering prof. Piet Strauss steun in sy standpunt oor evolusie.

Die moderamen het verlede week ’n vorige standpunt her-bevestig dat die kerk bely dat God die wêreld geskep het, maar dat hy hom net kan verwonder oor hoe dit gedoen is.

Strauss se siening – dat daar nie ’n oorgang van diere na mense was nie en dat sy voorouers dus nie ape was nie – is nie regstreeks gesteun of verwerp nie.

Strauss het dit egter verstaan as steun vir sy standpunt en dit in ’n media-onderhoud so gestel.

Gister het prof. Nelus Niemandt, ondervoorsitter van die moderamen, egter gesê dis nie korrek nie.

Niemandt het gesê die moderamen het Strauss se standpunt nie bespreek nie.

Strauss het gesê die moderamen steun die algemene rigting van die Bybelse skeppingleer en onderskryf dit breedweg.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui