Wie is Israel Folau?

Israel Folau was ’n Australiese rugbyspeler. Hy is ’n Christen.

Hy het groot geword as ’n Mormoon, maar het later by die Assemblies of God aangesluit.[1]

Op 10 April 2019 het hy die volgende op Instagram geplaas:

WARNING
Drunks
Homosexuals
Adulterers
Liars
Fornicators
Thieves
Atheists
Idolators
HELL AWAITS YOU
REPENT!
ONLY JESUS SAVES

Dit kom uit 1 Korintiërs 6:9-10.

Rugby Australië het vir Folau aangesê om sy plasing terug te trek, maar hy het in die naam van godsdiensvryheid, geweier.

Op daardie stadium was hy 30 jaar oud en het 62 toetse vir Australië gespeel. Kort voor die insident het hy ’n vierjaarkontrak van $4 miljoen gesluit met Rugby Australië.[2]

Rugby Australië het egter besluit om sy kontrak te kanselleer.

Kyk ook:

Voetnotas

[1] Kyk Israel Folau (Wikipedia).

[2] Kyk Rugby: Israel Folau refused to delete controversial Instagram post to save Wallabies career – report.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui