Liefdeloosheid is om nie te waarsku nie

Kyk ook:

Daar is baie wat glo dat Israel Folau se plasing op Instagram op 10 April 2019 liefdeloos was.

WARNING
Drunks
Homosexuals
Adulterers
Liars
Fornicators
Thieves
Atheists
Idolators
HELL AWAITS YOU
REPENT!
ONLY JESUS SAVES

Dit kom uit 1 Korintiërs 6:9-10.

Penn Jillette is ’n Amerikaanse kulkunstenaar, akteur, musikant en uitvinder. Hy is ook ’n ateïs. Ná een van sy vertonings het Tim Berends hom ’n Bybel gegee met die hoop dat dit Penn tot bekering sou lei. Dit het nie (of nog nie), maar in die Youtube video “A Gift Of A Bible” sê Penn basies die volgende:

 “As jy glo dat daar ’n hemel en ’n hel is en jy vertel dit nie vir mense nie, want dit is te sosiaal ongemaklik, het ek geen respek vir jou nie. Hoeveel moet jy iemand haat om te glo dat die ewige lewe moontlik is en dit nie aan hulle vertel nie? Hierdie man wat my die Bybel gegee het, het genoeg vir my omgegee om my te probeer bekeer. Hy was ’n baie, baie, baie goeie man.”

Drie persone sit in ’n vliegtuig wat se enjins pas gaan staan het. Persoon A het nie sy veiligheidgordel aan nie. Persoon B sê vir persoon A om dit aan te sit al is ’n veiligheidsgordel uiters ongemaklik. Persoon C sê dat ’n mens hoogs waarskynlik kan oorleef sonder ’n veiligheidsgordel, dus hang dit af van persoonlike keuse. Persoon C is ook vies vir persoon B omdat hy vir persoon A wil dwing om ’n baie ongemaklike veiligheidsgordel aan te sit.

Folau het gemaak soos persoon B.

Spreuke 27:6 Op ’n vriend wat jou seermaak, kan jy reken; iemand wat jou haat, is oordadig met sy soene.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui