Die Heilige Koran

Die Heilige Quran

In die naam van Allah,
die Barmhartige, die Genadige,
lof kom van Allah, die Here van die heelal,
en vrede en gebede is op sy laaste
profeet en boodskapper.

Vertaal in Afrikaans deur Imam MA Baker

Proeflees deur:
Imam Abdurrashid Talap
Mr. Farhad Khabeer
Mr. Shaheed Meniers

Uitgegee Deur:
IDM PUBLICATIONS

1ste druk: 2001 CE (1422 AH)
2de druk: 2005 CE (1426 AH)
3de druk: 2008 CE (1429 AH)
4de druk: June 2014 CE (Ramadaan 1435 AH)

Hoofstuk 1: Die Aanhef

In die Naam van Allah, die Barmhartige die Genadige.

1:1. Alle lof kom Allah toe, die Heer van die Wêrelde,
1:2. die Barmhartige, die Genadige,
1:3. Meester van die Oordeelsdag.
1:4. U alleen aanbid ons, en U alleen smeek ons om hulp.
1:5. Lei ons op die regte weg,
1:6. die weg van hulle aan wie U, U guns bewys het;
1:7. nie die weg van hulle wie U toorn verdien nie, of die weg van hulle wat afgedwaal het nie.

Hoofstuk 2: Die Koei

Afdeling 1: Die grondbeginsels van Islam

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

2:1. Alif Laam Miem. {Afgekorte letters}
2:2. Hierdie Boek, waarin geen twyfel is nie, is ’n leiding vir die godvresende,
2:3. wat in die onsigbare dinge glo, die wie gereeld hulle gebede onderhou, en wat spandeer (in die Weg van Allah) van dit waarmee Ons hulle begunstig het,
2:4. en glo in dít wat aan u {Moegammad} en aan hulle vóór u geopenbaar is, en wat onwrikbaar in die Hiernamaals glo.
2:5. Hulle wat die weg van hul Here bewandel en wat daarom voorspoedig sal wees.
2:6. Hulle wat nie wíl glo nie sal waarlik nooit glo nie, of u hulle nou waarsku aldan nie.
2:7. Allah het hulle harte en hul ore verseël en daar is ’n sluier voor hul oë; op húlle wag ’n ontsettende straf.

Afdeling 2: Lippebelydenis

2:8. En daar is sommige mense wat sê: Ons glo in Allah en aan die Oordeelsdag, maar hulle glo inderwaarheid nie.
2:9. Hulle wil Allah en die gelowiges mislei, maar hulle bedrieg slegs hulleself, maar besef dit nie.
2:10. In hul harte is ’n siekte, en Allah vererger dit; op hulle wag ’n smartlike straf omdat hulle leuens versprei.
2:11. En wanneer aan hulle gesê word: Rig geen onheil aan nie, dan antwoord hulle: Ons is maar net vredemakers.
2:12. Gewis, hulle ís die onheilmakers, maar hulle besef dit nie.
2:13. En wanneer aan hulle gesê word: Glo soos die regverdiges glo, dan antwoord hulle: Sal ons glo wat die dwase glo? Maar weet dan dat húlle die dwase is, al besef hulle dit nie.
2:14. En wanneer hulle die gelowiges ontmoet, sê hulle: Ons glo. Maar wanneer hulle alleen met hul duiwels is, sê hulle: Ons is beslis saam met júlle; ons het maar net die spot gedryf.
2:15. Allah sal hulle hul spottery vergeld en Hy sal hulle in hul oortredings blindelings laat afdwaal.
2:16. Dit is húlle wat dwaling vir leiding aankoop, maar hul sakebedrywe lewer geen wins op nie, ook word hulle nie reg gelei nie.
2:17. Hulle is soos ’n man wat ’n vuur aansteek, en wanneer die gloed daarvan alles rondom hom verlig het, verdoof Allah die lig en laat hulle in die duisternis bly sodat hulle nie kan sien nie.
2:18. Doof, stom en blind is hulle, en sal daarom nie (na die Regte Weg) terugkeer nie.
2:19. Of soos mense gevange in ’n storm uit n reënwolk waaruit duisternis, donder en bliksemstrale kom: Hulle steek die vingers in die ore vanweë die groot geluid en uit vrees vir die dood. Allah omring die ongelowiges.
2:20. Die weerligstrale ontneem hulle byna die gesig. Telkens met ’n blits, loop hulle in die lig daarvan, maar wanneer dit rondom hulle donker word, staan hulle stil. En as dit Allah behaag, kan Hy hul gehoor en hulle gesig wegneem. Waarlik, Allah het mag oor alles.

Afdeling 3: Die Goddelike Eenheid

2:21. O mensdom! Dien julle Heer (Allah) wat julle en jul voorsate geskape het, sodat julle godvresend kan word.
2:22. Dit is Hy wat die aarde as ’n rusplek vir julle gemaak het, en die hemel as ’n gewelf, wat reën uit die wolke afstuur om vir julle vrugte as voedsel te laat voortspruit. Aanbid geen ander gode naas Allah nie, terwyl julle hierdie dinge weet.
2:23. En as julle twyfel aan die dinge wat Ons aan Ons dienaar {Moegammad} geopenbaar het, bring dan ’n soorgelyke Hoofstuk voort, en roep jul helpers behalwe Allah aan, as julle die waarheid liefhet.
2:24. Maar as julle dit nie kan doen nie ~ waak dan teen die Vuur waarvan die brandstof mense en klippe is; dit is vir die ongelowiges voorberei.
2:25. En gee ’n blye tyding aan hulle wat glo en goeie dade doen, dat daar vir hulle Tuine is waardeur riviere vloei. Telkens as hulle met ’n deel van die vrugte daarvan begunstig word, sal hulle sê: Dít is waarmee ons reeds voorheen gevoed is ~ want ’n soortgelyke deel word hulle toebedeel. En daar sal vir hulle rein metgeselle wees om saam daarin te vertoef.
2:26. Voorwaar, Allah ag dit Hom nie onwaardig om ’n muskiet, of enigiets groters, as ’n gelykenis voor te hou nie. Wat die gelowiges betref, hulle weet dat dit die waarheid van hul Heer (Allah) is; en aangaande die ongelowiges, hulle vra: Wat bedoel Allah met so ’n gelykenis? Baie (mense) laat Hy daardeur verdwaal, en baie (mense) lei Hy op die Regte Weg. En Hy laat slegs die oortreders daardeur verdwaal,
2:27. wat die verbond met Allah verbreek nadat dit bekragtig is, en van mekaar skei wat Allah gebied het om verenig te bly, en wat op die aarde onheil bewerk. Húlle sal die verloorders wees.
2:28. Hoe kan julle Allah verloën, aangesien julle leweloos was en Hy aan julle die lewe geskenk het? Hy sal julle laat sterwe en julle weer lewendig maak, en julle sal na Hom terugkeer.
2:29. Dit is Hý wat alles op aarde vir julle geskape het, waarna Hy homself na die hemel gekeer en dit tot sewe hemele vervolmaak het. Want Hy alleen het kennis van alles.

Afdeling 4: Die grootsheid van die mens en die noodsaaklikheid van openbaringe

2:30. En toe jul Heer aan die engele gesê het: Ek gaan ’n heerser oor die aarde stel, het hulle gereageer Wil U iemand daarin plaas wat kwaad sal aanrig, terwyl ons U verheerlik met die lof wat U toekom en U heiligheid prys? Daarop het Hy geantwoord: Ek het kennis van dinge wat vir julle verborge is.
2:31. En Hy het Adam die name van alle dinge geleer, en hierdie dinge toe aan die engele getoon en gesê: Gee vir My die name van hierdie dinge, as julle reg is.
2:32. En hulle het geantwoord: Heilig is U! Ons besit geen kennis nie, behalwe wat U aan ons geopenbaar het. Voorwaar, U is die Alwetende, die Alwyse.
2:33. Hy het daarop gesê: O Adam, gee jý vir hulle die name van hierdie dinge. En nadat hy die name vir hulle genoem het, het Allah gesê: Het ek nie vir julle gesê dat Ek die geheimenisse van die hemele en die aarde ken nie? En Ek weet wat julle openbaar en wat julle verberg!
2:34. En toe Ons aan die engele gesê het: Onderwerp julle aan Adam, het almal voor hom neergebuig behalwe Iblies. {Satan} Hy het geweier, want hy was hoogmoedig en van die ongelowiges.
2:35. En Ons het gesê: O Adam! Bewoon die tuin, jy en jou vrou, en eet van die oorvloedige vrugte daarvan, net waar julle verkies. Maar moenie naby hierdie boom kom nie, sodat julle nie versoek word nie.
2:36. Maar Satan het hulle daardeur laat struikel, sodat hulle afstand moes doen van die staat van geluk waarin hulle vroeër verkeer het. Ons het gesê: Gaan weg van hier, want sommige van julle is die vyand van die ander. Die aarde sal vir julle ’n woonplek bied en voedsel vir ’n tyd.
2:37. Toe het Adam woorde van openbaring van sy Heer (Allah) ontvang, en Hy het Hom weer uit genade tot hom gekeer. Voorwaar, Hy is Vergewendsgesind, Genadevol.
2:38. Ons het gesê: Gaan weg van hier, julle almal! Voorwaar, Ek sal My leiding weer aan julle gee, en wie dit dán volg, sal nooit vrees of droefheid ken nie.
2:39. Maar hulle wat weier om te glo en Ons boodskappe verwerp, sal die bewoners van die Vuur wees; húlle sal daarin woon.

Afdeling 5: Israelitiese profesieë in die Qur’ãn volbring

2:40. O Kinders van Israel! Dink aan die weldade wat Ek aan julle bewys het; en kom julle verbond met My na, en Ek sal My verbond met júlle nakom; vrees My en My alleen.
2:41. En glo in wat Ek geopenbaar het tot bevestiging van wat julle reeds besit {Die Tora}, en wees nie van hulle wat die geloof daarin ontken nie; verruil ook nie My boodskappe vir ’n omkoopsom nie; Julle moet slegs vir my aanbid en dien.
2:42. En moenie die waarheid met ’n leuen verwar, of teen julle beterwete die waarheid verswyg nie.
2:43. En onderhou die daaglikse gebed en betaal die Zakaat, {Aalmoese of gunste aan behoeftiges} en buig julle hoofde saam met dié wat buig in gebed.
2:44. Spoor julle ander aan om goed te doen, maar vergeet julle eie siele? ~ Al lees julle die Boek (Tora) ~ Sal julle dan nie verstaan nie?
2:45. En soek hulp deur geduld en gebed; dit is ’n moeilike weg, behalwe vir die ootmoediges,
2:46. wat waarlik weet dat hulle hul Heer sal ontmoet, en dat hulle tot Hom sal terugkeer.

Afdeling 6: Goddelike Gunste aan Israel bewys

2:47. O Kinders van Israel! Dink aan die gunste wat Ek aan julle bewys het, hoe Ek julle bo die volkere verhef het.
2:48. Waak dan teen die Dag waarop geen siel ’n ander van nut sal wees nie, geen voorspraak kan doen, of namens ’n ander kan intree, of van enige hulp kan wees nie.
2:49. En dink daaraan dat Ons julle gered het van Farao, wat julle gekasty het deur julle seuns te vermoor en julle dogters te spaar; en daarin was ’n sterk beproewing van jul Here.
2:50. En hoe Ons die see vir julle verdeel en julle gered het; en hoe Farao se volk voor julle oë verdrink het.
2:51. En toe Ons met Moses ’n afspraak van veertig nagte lank gehad het, het julle in sy afwesigheid ’n kalf vir ’n afgod geneem, en gesondig.
2:52. Daarna het Ons julle vergewe, sodat julle dankbaar kan wees.
2:53. En toe het Ons aan Moses die Boek en die onderskeidingsvermoë (kriterion) gegee, sodat julle na die waarheid gelei kan word.
2:54. En toe Moses aan sy volk gesê het: O my volk! Julle het kwaad aan julself gedoen deur die kalf te neem; keer dan terug tot jul Skepper met berou en blus julle hartstogte; dit sal jul Skepper welgeval.
2:55. En toe julle gesê het: O Moses! Nooit sal ons u glo voordat ons Allah nie van aangesig tot aangesig gesien het nie, het die straf julle getref, terwyl julle toegekyk het.
2:56. Toe het Ons julle weer bygebring nadat julle bewusteloos was, sodat julle dankbaar kan wees.
2:57. En toe het Ons julle met wolke beskadu, en vir julle manna en kwartels gestuur, en gesê: Eet van die goeie dinge waarvan Ons julle voorsien. En hulle het Ons nie geskaad nie, maar skade aan hulle eie siele berokken.
2:58. En toe het Ons gesê: Gaan hierdie stad in en eet na hartelus, waarvan julle ook al wil; betree die poort eerbiediglik en smeek om vergifnis; Ons sal julle sondes vergewe en nog meer skenk aan hulle wat glo en goed doen.
2:59. Maar die ongelowiges het die woorde wat Ons tot hul gespreek het, verruil vir ander; en vir die oortreders se onthalwe het Ons uit die hemel ’n plaag neergestuur.

Afdeling 7: Goddelike Gunste aan Israel bewys

2:60. En toe Moses om water vir sy volk gebid het, het Ons gesê: Slaan op die rots met jou staf. Toe het daar twaalf strome uit gevloei. Elke stam het sy drinkplek geken. Eet en drink van die lewensmiddele wat Allah voorsien en rig geen kwaad aan op die aarde nie.
2:61. En toe julle gesê het: O Moses! Ons kan nie meer een soort voedsel verduur nie; om óns ontwil, smeek dan u Here om vir ons van die opbrengs van die aarde te gee: komkommers en knoffel en lensies en uie. Toe het hy geantwoord: Wil julle die minderwaardige in ruil hê vir die goeie? Neem eers ’n stad in, dan sal julle daar kry wat julle begeer. En vernedering en armoede het oor hulle gekom, en hulle het Allah se toorn gewek. En dit was omdat hulle Allah se boodskappe verwerp en Sy profete ten onregte doodgemaak het. Hulle was ongehoorsaam en het telkens weer oortree.

Afdeling 8: Ontaarding van die Israeliete

2:62. Voorwaar, die gelowiges {Diegene wat aan Allah glo} en die Jode en die Christene en die Sabiërs wat aan Allah en in die Oordeelsdag glo, en goeie dade doen, se beloning is by hul Here; geen vrees of berou sal oor hulle kom nie.
2:63. En toe Ons ’n verbond met julle aan die voet van die berg {Sinaï} gesluit, en Ons gesê het: Hou vas aan wat Ons julle gegee het, en onthou wat daarin staan, sodat julle teen die sonde mag waak.
2:64. Nogtans het julle daarvan afgewend; en was Allah nie genadig en goedgunstelik nie, sou julle sekerlik ondergegaan het.
2:65. En julle het geweet wie van julle die Sabbat ontheilig; daarom het Ons vir hulle gesê: Wees soos die ape, verag en verwerp.
2:66. En Ons het van hulle ’n voor beeld gemaak vir julle en die geslagte ná julle; en ’n les vir hulle wat teen die sonde waak.
2:67. En toe Moses aan sy volk gesê het: Voorwaar, Allah gebied julle om ’n koei te offer, het hulle gesê: Dryf u die spot met ons? Hy het geantwoord: Ek neem my toevlug tot Allah, sodat ek nie ook een van die onkundiges word nie.
2:68. Hulle het gesê: Roep u Heer aan, om ons ontwil, sodat Hy ons kan verduidelik hoe sy moet lyk. Moses het geantwoord: Hy sê sy moet ’n koei van gemiddelde ouderdom wees, nie te jonk of te oud nie; doen dan nou wat julle beveel is.
2:69. Hulle het gesê: Roep u Heer om ons ontwil aan, om te verduidelik wat haar kleur moet wees. En Moses het geantwoord: Hy sê sy is ’n geel koei, warm van kleur en aangenaam vir die oog.
2:70. Hulle het gesê: Roep u Here aan om ons ontwil, om ons te verduidelik watter sóórt koei sy is, want vir ons lyk al die koeie eenders; en as dit Allah behaag sal ons waarlik reg gelei word.
2:71. Moses het geantwoord: Hy sê sy is ’n koei wat nog voor geen ploeg getrek of die akkers benat het nie, ’n koei sonder gebreke en onbevlek. Hulle het geant woord: Nou het u die waarheid aan ons gebring. En hulle het haar geslag, ofskoon hulle dit liewer nie wou doen nie.

Afdeling 9: Hulle hardvogtigheid verskerp

2:72. En toe julle byna ’n man gedood, en onder mekaar daaroor gerede twis het, was dit Allah wat openbaar gemaak het wat julle wou verberg.
2:73. Toe het Ons gesê: Slaan hom met ’n deel daarvan. {Van die dood} Sodoende gee Allah lewe aan die dooie, en daardeur openbaar Hy Sy tekens sodat julle mag verstaan.
2:74. Daarna het julle harte verhard, sodat dit soos klip geword het, en selfs harder. En voorwaar, daar is sommige rotse waaruit strome vloei; en daar is sommige rotse wat vanmekaar skei sodat hulle water gee; en daar is sommige wat neerval uit vrees vir Allah. Allah is nie onbewus van julle dade nie.
2:75. Koester julle dan die hoop dat hulle in julle sal glo, terwyl ’n gedeelte in werklikheid die woord van Allah gehoor en dit teen hul beterwete verdraai, nadat hulle dit verstaan het?
2:76. En wanneer hulle die gelowiges ontmoet, sê hulle: Ons glo, maar wanneer hulle alleen by mekaar is, sê hulle: Praat julle met hulle oor wat Allah aan julle geopenbaar het, sodat hulle met julle kan redetwis by julle Here? Verstaan julle dan nie?
2:77. Besef julle dan nie dat Allah weet wat hulle verberg en wat hulle openbaar nie?
2:78. En sommige van hulle kan nie lees of skryf nie; hulle ken nie die Boek nie, behalwe deur hoorsê, en slegs deur wat hulle vermoed.
2:79. Wee hulle wat self ’n boek skryf en dan sê: Dit is van Allah, sodat hulle ’n nietige prys daarvoor sal verdien! Wee hulle vir wat hul hande geskrywe het, en ook wat hulle daardeur verdien!
2:80. En hulle sê: Vuur sal ons nie aanraak nie, behalwe vir ’n paar dae. Maar sê aan hulle: Het julle ’n gelofte met Allah gesluitsodat Allah nooit daardie gelofte verbreek nie? Of sê julle dalk iets téén Allah waarvoor julle geen gronde het nie?
2:81. Voorwaar, diegene wat sonde doen sodat dit hulle omring, is vir die Vuur bestem; hulle sal verewig daarin woon.
2:82. En hulle wat glo en goeie dade doen, sal die Hemel beërwe; en hulle sal verewig daarin woon.
2:83. En toe Ons ’n verbond met die Kinders van Israel gesluit en gesê het: Behalwe Allah mag julle niemand aanbid nie; en doen goed aan julle ouers, en aan julle familie, en aan die weeskinders en die behoeftiges; en praat nie sleg van ander nie, en betaal die Zakaat; {Aalmoese of gunste aan behoeftiges} en toe het julle weg gedraai en afvallig geword.
2:84. En Ons het ’n verbond met julle gesluit: Julle mag nie jul eie bloed vergiet en ook nie jul volk uit hul huise verdryf nie, en julle het dit toe bekragtig en julle het daarvan getuig.
2:85. Tog is dit júlle wat mekaar doodgemaak het en wat ’n deel van die volk uit hulle huise gedwing het, en julle het hulle vyande teen hulle gesterk in sonde en oortreding. En as hulle na julle as gevangenes sou terug keer, sou julle ’n losprys vir hul aanbied, terwyl dit juis hulle uitsetting is wat vir jul verbode was. Glo julle dan in ’n gedeelte van die Boek en verwerp die res? Maar wat anders sal die beloning wees vir dié van julle wat hierdie dinge doen, as skande in hierdie lewe, en om op die Dag van Wederopstanding verskriklike kastyding te ondergaan? En Allah is nie onbewis van julle dade nie.
2:86. Dit is húlle wat die aardse lewe teen die prys van die Hiernamaals gekoop het. Daarom sal hulle straf nie verlig word nie, en sal hulle ook geen hulp ontvang nie.

Afdeling 11: Hulle verwerp die Profeet

2:87. Voorwaar, Ons het die Boek aan Moses gegee, en Ons boodskappers het hom die een na die ander opgevolg; en aan Jesus, die seun van Maria, het Ons duidelike tekens gegee en hom versterk met die Heilige Gees. Is dit so dat wanneer ’n boodskapper na julle gekom het met iets wat teen julle sin en wil is, julle dan verwaand geword het? Sommige het julle verwerp en sommige het julle doodgemaak.
2:88. En hulle het gesê: Ons harte is skatkamers van wysheid! Nee, Allah het hulle oor hul ongeloof vervloek; daarom sal daar min wees wat glo.
2:89. En toe daar van Allah ’n Boek tot hulle gekom het, met bevestiging van wat hulle reeds besit, en hulle dit kon herken, het hulle dit verwerp ~ hoewel hulle vantevore vir oorwinning teen die ongelowiges gebid het. Daarom rus die vloek van Allah op diegene wat die waarheid verwerp.
2:90. Hulle siele het hul vir onheil verkoop ~ sodat hulle Allah se openbaring kan ontken, omdat hulle jaloers was dat Allah Sy gunste aan Sy dienaars wat guns in Sy oë verwerf het sal gee; só het hulle toorn op toorn uitgelok. En op die ongelowiges wag daar ’n vernederende straf.
2:91. En toe aan hulle gesê is: Glo aan die openbaringe van Allah, het hulle geantwoord: Ons glo in wat vir ons geopenbaar is. En hulle verwerp dit wat daarop gevolg het, terwyl dit die waarheid is met bevestiging van wat hulle reeds besit. Sê dan: As julle gelowi ges is, waarom het julle dan vroeër die profete van Allah doodgemaak?
2:92. En voorwaar, Moses het na julle gekom met duidelike woorde, maar in sy afwesigheid het julle die kalf aanbid en gesondig.
2:93. En aan die voet van die berg het Ons met julle ’n verbond gesluit: Hou stewig vas aan wat Ons aan julle gegee het! Toe het hulle in hulle harte gesê: Ons hoor, maar ons gehoorsaam nie. En hulle harte was vervul met liefde vir die kalf vanweë hulle ongeloof. Sê aan hulle: Julle geloof dwing jul tot sonde, as julle werklik gelowiges is.
2:94. Sê: As die Huis van Allah in die Hiernamaals alleen vir julle bedoel is, en as dit ander uitsluit, dan moet julle, indien julle waar lik glo, na die dood verlang.
2:95. Maar, voorwaar, hulle sal na die dood nie uitsien nie, omdat hulle hande vroeër kwaad aangerig het; en omdat Allah die boosdoeners ken.
2:96. Voorwaar, julle sal vind dat hulle, in ’n groter mate nog as die afgodedienaars, die lewe begeer. Almal van hulle begeer selfs ’n duisendjarige lewe, maar al word dit aan hulle vergun, sal hulle daardeur nie die straf ontkom nie. Allah sien wat hulle doen.

Afdeling 12: Hulle vyandigheid teen die Profeet

2:97. Sê: Wie ook al ’n vyand van Gabriël is ~ want voorwaar hy openbaar, met ’n opdrag van Allah, aan u hart ’n bevestiging van wat u reeds besit, en ’n leiding en ’n blye tyding aan die gelowiges ~
2:98. Wie ook al ’n vyand is van Allah, en van Sy engele, en Sy boodskappers, en Gabriël en Migiel is, dan is Allah voorwaar ’n vyand van sulke ongelowiges.
2:99. En voorwaar, Ons het duidelike tekens aan u geopenbaar en niemand verwerp dit nie, behalwe die wie teen Allah rebelleeer.
2:100. Hoe is dit dan dat, wanneer hulle ’n verbond sluit, sommige van hulle dit verwerp? Nee, die meerderheid van hulle glo nie.
2:101. En toe van Allah ’n boodskapper na hulle gekom het, met bevestiging van wat hulle reeds weet, het sommige aan wie die Boek geskenk is, die rug daarop gekeer, asof hulle dit nooit besit het nie.
2:102. En hulle doen wat die opstandige mense teen die koningskap van Salomo versin het. En Salomo was geen ongelowige nie, maar die opstandiges was ongelowig en het die mense allerlei bedrog geleer. En dit was nooit aan die twee engele in Babilon, Haroet en Maroet, ge openbaar nie. Nog minder het hulle dit aan iemand geopenbaar, sodat hul eintlik moet sê: Ons is maar ’n beproewing; wees daar om nie ongelowig nie. Maaar die ongelowiges leer uit hierdie twee bronne dít waarmee hulle ’n wig tussen ’n man en ’n vrou indryf. En hulle leer wat hul tot nadeel strek en wat geen wins inbring nie. En hulle weet voorwaar dat diegene wat dit aankoop, in die Hiernamaals geen voordeel sal hê nie. Hoe sleg is dit gewis waarvoor hulle hul siele verkoop het; indien hulle dit maar geweet het.
2:103. En indien hulle geglo en hulle pligte nagekom het, sou Allah hulle voorwaar ryklik beloon het. Het hulle dit maar geweet!

Afdeling 13: Vorige Skrifte opgehef

2:104. O, julle wat glo, moenie sê: Rã-i-nã nie, {“Luister na ons”, maar as die klanke verdraai word, tot ra-iena, dan beteken dit “’n dwaas”} maar sê eerder: Unzur-nã, {Kyk na ons of Let op!} en luister. Vir die ongelowiges is daar ’n smartlike straf.
2:105. Die ongelowiges onder die Mense van die Boek, net soos die dienaars van afgode, verlang dat u Heer geen guns aan u sal bewys nie, maar Allah kies vir sy barmhartigheid wie Hy wil; en Allah is ’n Heer van Groot Gunste.
2:106. Watter boodskap Ons ook al ophef of laat vergeet, altyd bring Ons iets beter of iets soortgelyk. Weet u dan nie dat Allah mag het oor alle dinge nie?
2:107. Weet u dan nie dat die koninkryk van die hemel en van die aarde aan Allah behoort nie; en dat julle behalwe Allah geen beskermer of helper het nie?
2:108. Julle sou liewer die Boodskapper wou ondervra, soos Moses voorheen ondervra is. Maar wie geloof vir ongeloof verruil, het waarlik die weg na die waarheid kwytgeraak.
2:109. Baie van die Mense van die Boek wens dat julle, nou dat die waarheid tot julle gekom het, weer sal terugval in die afgodediens; dit is uit jaloesie, omdat die waarheid vir hulle duidelik geword het. Maar vergeef en wees vergewensgesind, totdat Allah Sy bevel voltrek het. Voorwaar, die mag van Allah oortref alles.
2:110. En onderhou die gebed, en betaal die Zakaat.{ Offergawes aan behoeftiges} En watter goeie dade julle ook vir julself vooruitstuur, julle sal dit by Allah vind. Voorwaar, Allah sien wat julle doen.
2:111. En hulle sê: Niemand behalwe die Jode, of die Christene, sal die hemel binnegaan nie. Dit is ydele wense. Sê: Toon jul bewyse, indien julle die waarheid liefhet.
2:112. Nee, wie homself ten volle aan Allah onderwerp en goed doen, sal sy beloning by sy Heer vind; en hulle sal geen vrees ken of treur nie!

Afdeling 14: Die volmaakte leiding in Islam

2:113. En die Jode sê: Die Christene het geen ware grondslag nie, en die Christene sê: Die Jode het geen ware grondslag nie, terwyl hulle dieselfde Boek lees. Dieselfde goed word deur die onkundiges gesê. Maar op die Dag van Opstanding sal Allah uitspraak gee in hulle geskil.
2:114. En wie is onregverdiger as diegene wat mense verbied om Allah se Naam te verheerlik in die plekke van aanbidding, en diegene wat hom aktief vir hulle vernietiging beywer? Is dit dan nie gepas dat sodanige persone ook ingang tot die aanbiddingsplekke verbied word nie, behalwe wanneer vrees hulle oorneem. Vir hulle is skande in hierdie wêreld toebedeel, en ’n verskriklike straf in die Hiernamaals.
2:115. En die Ooste en die Weste behoort aan Allah, en waar heen julle julle ook mag wend, daar sal die aangesig van Allah wees. Allah is die Voorsiener, Alwetend.
2:116. En hulle sê: Allah het vir Homself ’n seun verwek ~ Heilig is Hy! Sê eerder: Alles in die hemele en op die aarde is Syne; aan Hom is almal onderdanig.
2:117. Wonderbaarlike Skepper van hemel en aarde! En wanneer Hy iets besluit, sê Hy slegs: Wees, en dit sal wees!
2:118. En die onkundiges sê: Waarom spreek Allah nie tot ons, of stuur ons ’n teken nie? Dieselfde dinge het ook diegene vóór hulle gesê. Hulle harte is almal eenders. Voorwaar, Ons het die tekens verduidelik vir ’n volk wat standvastig glo.
2:119. Voorwaar, Ons het u met die waarheid gestuur, as ’n draer van blye tyding en ook as ’n waarskuwer; en u sal nie opgeroep word om vir die inwoners van die Vlammende Vuur in die bresse te tree nie.
2:120. En die Jode en die Christene sal u nie goedgesind wees voordat u hulle geloof gevolg het nie. Sê aan hulle: Die leiding van Allah is die volkome leiding. En indien u húlle sou volg, nadat die kennis tot u gekom het, sal Allah vir u geen vriend of helper wees nie.
2:121. Hulle aan wie Ons die Boek {Die Qur’ãn} gegee het, volg dit na soos dit gevolg behoort te word. Dit is húlle wat glo. En wie nie glo nie, sal onder die verloorders wees.

Afdeling 15: Die verbond met Abraham

2:122. O Kinders van Israel! Dink aan die guns wat Ek julle bewys het, en hoe Ek julle bo die volkere verhef het.
2:123. En waak dan teen die Dag wanneer een siel die ander van geen nut sal wees nie, want geen losprys sal aangeneem word, en geen bemiddeling sal baat nie, en julle sal ook geen hulp ontvang nie.
2:124. En toe sy Heer Abraham met sekere opdragte beproef en hy dit uitgevoer het, het Hy gesê: Voorwaar, Ek sal u ’n leier van mense maak! Abraham het gesê: En my nageslag? Hy het geant woord: My verbond sluit die kwaaddoeners nie in nie.
2:125. En toe Ons die Huis {Ka’ba in Makkah} ’n vergaderplek van mense en ’n toevlugsoord gemaak het, het Ons gesê: Neem die plek van Abraham as ’n plek van gebed! En Ons het Abraham en Ismael gebied en gesê: Reinig My Huis vir hulle wat daar sal omloop in die bedevaartsbesoek, en hulle wat daar vertoef vir aanbidding, en hulle wat vooroorbuig en hul hoofde op die grond eerbiedig neerlê.
2:126. En toe Abraham gesê het: My Heer! Maak dit ’n veilige vesting, en voorsien sy bewoners van vrugte, om die onthalwe van hulle wat in Allah en in die Laaste Dag glo. En wie ook al weier om te glo, vir ’n kort tydjie sal Ek hom die genot daarvan gun. Daarna sal Ek hom aandryf na die straf en die Vuur. En dit is ’n gedoemde bestemming.
2:127. Toe het Abraham en Isma-eel die fondamente van die Huis gelê, terwyl hulle bid: O Heer, aanvaar die diens van ons; voorwaar, U is Alhorend, Alwetend.
2:128. O Heer, maak ons albei aan U onderhorig, en van ons nageslag ’n volk wat U sal dien, en leer ons hoe ons U moet aanbid, en aanvaar ons smeking om vergifnis. Voorwaar, U is diegene wat ons berou aanvaar, U is Genadevol.
2:129. O Heer, en laat daar ’n boodskapper onder hulle opstaan, wat U boodskappe aan hul sal oordra en die Boek en die wys heid vir hul sal uitlê, en hulle sal louter. Voorwaar, U is die Almagtige, die Alwyse.

Afdeling 16: Die geloof van Abraham

2:130. En wie verwerp die geloof van Abraham behalwe hy wat ’n dwaas van homself maak. Voorwaar, Ons het hom {Abraham} vir hierdie wêreld uitverkies, en in die Hiernamaals sal hy gewis onder die regverdiges verskyn.
2:131. Toe sy Heer vir hom gesê het: Onderwerp jou, het hy geantwoord: Aan die Heer van die wêrelde onderwerp ek myself.
2:132. En Abraham het ook sy seuns dit opgelê, en Jakob het dieselfde gedoen: My seuns, voorwaar, Allah het hierdie geloof vir julle uitverkies; en sterf daarom nie voordat julle julself aan Hom onderwerp het nie.
2:133. Of was julle getuies by Jakob se sterfbed toe hy aan sy seuns gesê het: Wat sal julle aanbid as ek dood is? Toe hulle geantwoord het: U God sal ons aanbid, en die God van u vaders ~ Abraham en Isma-eel en Isak ~ een God alleen, en aan Hom onderwerp ons ons.
2:134. Dít is die volk wat ge sterwe het; vir hulle sal toekom wat hul verdien het, en vir júlle wat julle verdien het; en julle sal nie afgevra word oor wat húlle gedoen het nie.
2:135. En hulle sê: Wees Jode en Christene, dan sal julle op die regte weg wees. Sê: Nee, vir óns die geloof van Abraham die opregte, en hy was nie een van die afgodedienaars nie.
2:136. Sê: Ons glo in Allah en in dit wat aan ons geopenbaar is, en in dit wat aan Abraham, Isma-eel, Isak en Jakob, en aan die stamme, geopenbaar is; en in dit wat aan Moses en Jesus geskenk is; en in dit wat aan die profete van hul Heer geskenk is ~ Ons maak geen onderskeiding tussen enigeen van hulle nie, en ons onderwerp ons aan Hom.
2:137. En as hulle glo soos júlle glo, is hul, voorwaar, op die regte weg; maar as hulle hul daarvan wegkeer, is hulle slegs in verset. Maar Allah sal vir julle vol doende wees teen hulle; en Hy is die Alhorende, die Alwetende.
2:138. Ons neem die kleur van Allah aan. En wie kleur die hart beter as Allah? En Hom alleen aanbid ons.
2:139. Sê: Redetwis julle met ons aangaande Allah? Hy is ons Heer en ook julle Heer; en vir ons is ons dade en vir julle, julle s’n; en Hom dien ons in opregt heid.
2:140. Of sê julle dat Abraham en Isma-eel en Isak en Jakob en die stamme, Jode of Christene was? Sê: Weet júlle beter as Allah? En wie is meer goddeloos as hy wat die getuienis wat hy van Allah ontvang het, verberg? En Allah is nie onbewus van hulle dade nie.
2:141. Dít is die volk wat reeds heengegaan het: aan hulle kom toe wat hul verdien het, en aan julle wat jul verdien; en oor húlle dade sal julle nie afgevra word nie.

Afdeling 17: Die Ka’aba as geestelike sentrum

2:142. Die dwase onder die volk sal sê: Wat het hul laat wegdraai van die Kiebla {Die rigting waarin iemand hom wend in die gebed. (Geestelike sentrum.)} wat hul vroeër gehad het? Sê: Slegs aan Allah behoort die Ooste en die Weste; Hy lei op die regte weg wie Hy wil.
2:143. En so het Ons van julle ’n uitverkore volk gemaak, sodat julle getuies kan wees teen die mense, en die Boodskapper getuie kan wees teen júlle. En Ons het nie julle mense in ag geneem by die vasstelling van die Kiebla nie, behalwe dat Ons mag onderskei tussen iemand wat die Boodskapper volg en hy wat hom die rug toekeer. En dit was inderdaad ’n swaar beproewing, behalwe vir hulle wat deur Allah reg gelei is. En dit is nie die wens van Allah om julle geloof onvrugbaar te maak nie. Voorwaar, Allah is Medelydend, Genadevol teenoor die mensdom.
2:144. Waarlik, Ons sien u het die aangesig na die hemel gewend, daarom sal Ons u sekerlik aanstel as meester van watter Kiebla u ook mag geval; wend dan u aangesig na die Heilige Moskee. En waar julle ook al mag wees, wend julle aangesig daarheen. En hulle aan wie die Boek gegee is, weet waarlik dat dit die waarheid van hul Heer is. En Allah is nie onbewus van wat hulle doen nie.
2:145. Selfs al sou u aan hulle aan wie die Boek gegee is, elke teken toon, sal hulle u Kiebla nog nie volg nie; nog minder sal hulle mekaar se Kiebla volg. En indien u, nadat kennis tot u gekom het, húlle wense sou volg, sal ook u onder die onregver diges gereken word.
2:146. Hulle aan wie Ons die Boek geskenk het, herken hom soos hulle hul seuns herken. En voorwaar, ’n deel van hulle verberg die waarheid terwyl hulle kennis daarvan het.
2:147. Die waarheid is van u Heer; skaar u dus nie by die twyfelaars nie.

Afdeling 18: Die Ka’aba as geestelike sentrum

2:148. En vir elke nasie is daar ’n rigting waarin hulle moet draai (in gebed). Wedywer daarom onder mekaar in goeie dade. Waar julle ook al mag wees, Allah sal julle weer bymekaar bring. Voorwaar, die mag van Allah oortref alles.
2:149. En van waar u ook al mag kom, wend u aangesig na die Heilige Moskee. En voorwaar, dit is die waarheid van u Heer. En Allah is nie onbewus van julle dade nie.
2:150. En van waar u ook al mag kom, wend u aangesig na die Heilige Moskee. En waar julle julle ook al mag bevind, wend die aangesig daarheen, sodat die mense geen beswaar teen julle kan inbring nie ~ behalwe natuurlik die onregverdiges. Vrees hulle nie, maar vrees My ~ sodat Ek My gunste aan julle mag volbring, en julle deur die waarheid gelei kan word.
2:151. Net so het Ons ’n Boodskapper uit jul midde na julle gestuur om Ons boodskappe aan julle oor te dra, en julle te louter en in die Boek en die wysheid te onderrig, en julle te leer wat julle nie geweet het nie.
2:152. Onthou My daarom; Ek sal júlle onthou. En loof My, en wees nie ondankbaar teenoor My nie.

Afdeling 19: Swaar beproewing nodig om die waarheid te bevestig

2:153. O julle wat glo, soek hulp in geduld en gebed. Voorwaar, Allah is met die geduldiges.
2:154. En praat nie van hulle wat in die diens van Allah gesterf het asof hulle dood is nie. Nee, hulle lewe, maar julle neem dit nie waar nie.
2:155. En Ons het julle voorwaar beproef met dinge soos vrees en hongersnood en verlies van besittings of die lewe of lewensmiddele. Maar verkondig ’n blye tyding aan die geduldiges;
2:156. wie, wanneer ’n beproewing oor hulle kom, sê: Voorwaar, ons is van Allah en tot Hom sal ons terugkeer.
2:157. Dit is húlle op wie die seëninge en barmhartigheid van hul Heer sal rus; dit is húlle wat op die regte weg wandel.
2:158. Voorwaar, Safã en Marwa is van die tekens van Allah; daarom sal hy wat ’n bedevaart na die Huis {In Makka} onder neem, of ’n besoek daar gaan aflê, sonder blaam wees as hy rondom albei van hulle gaan. En wie vrywillig goeie dade doen ~ laat hy weet: Allah is Erkentlik, Alwetend.
2:159. Voorwaar, hulle wat die duidelike bewyse en leiding wat Ons geopenbaar het verberg, nadat Ons dit aan die mense van die Boek verduidelik het, vir hulle vervloek Allah; en dié wat vervloek, is ook vervloek;
2:160. behalwe hulle wat berou betoon en verbeter, en die waarheid verkondig ~ tot hulle wend Ek My genadiglik; en Ek aanvaar berou, en is Genadig.
2:161. Hulle wat weier om te glo en as ongelowige sterf ~ op hulle rus die vloek van Allah en die engele en die mense almal tesame.
2:162. Daarin sal hulle vertoef; hulle straf sal nie verlig word, en geen uitstel sal aan hulle verleen word nie.
2:163. En julle God is Een God; behalwe Hom is daar geen ander God nie! Hy is Barmhartig, Genadig.

Afdeling 20: Eenheid moet seëvier

2:164. In die skepping van die hemel en die aarde; en die wis selling van dag en nag; in die skepe wat die see bevaar tot voordeel van die mens; in water wat Allah uit die hemel neerstuur en die aarde daarmee laat her leef nadat dit dood was, en allerhande diere daarop laat voortkom; en in die verandering van die winde en die wolke wat tussen die hemel in diens gestel is, is voorwaar tekens vir ’n volk wat verstaan.
2:165. Tog is daar sommiges wat behalwe Allah voorwerpe tot aanbidding neem en dit liefhet soos hulle Hom lief behoort te hê. Maar hulle wat glo, se liefde vir Allah is meer standvastig. En wee! As die onregverdiges maar, wanneer hulle die straf ervaar, kan sien dat alle mag aan Allah behoort en dat Allah ’n streng Tugmeester is!
2:166. Wanneer die leiers wat hul volgelinge in die steek gelaat het, die tugtiging sal bemerk, en hulle bande verbreek sal word;
2:167. en die volgers sal sê: As ons maar kon terugkeer, sou ons hulle versaak het soos hulle ons versaak het. So sal Allah hul werke vertoon tot hulle skande, en hulle sal die Vuur nie ontwyk nie.

Afdeling 21: Verbode voedsel

2:168. O Mensdom! Eet van die geoorloofde en heilsame goed wat die aarde bied, en volg nie in die voetstappe van die duiwel nie. Voorwaar, hy is vir julle ’n openlike vyand.
2:169. Hy spoor julle aan tot die skadelike en die onreine, en om vir Allah teë te gaan oor goed waarvan julle niks weet nie.
2:170. En wanneer aan hulle gesê word: Volg wat Allah geopenbaar het, dan sê hulle: Nee, ons volg slegs dit wat ons ons voorouers sien doen het. Hoe dan? Selfs al het hulle voorouers hoegenaamd geen begrip gehad, en ook nie die regte weg bewandel het nie?
2:171. En die gelykenis van die ongelowiges is soos ’n man wat roep na iets wat niks anders verstaan as ’n uitroep en ’n geskreeu nie. Doof, stom en blind is hulle, en begryp daarom niks nie.
2:172. O gelowiges! Eet van die heilsame goed waarvan Ons julle voorsien het, en betuig dank aan Allah, indien julle Hom alleen aanbid.
2:173. Hy weerhou julle slegs van dooie diere, en van die bloed en die vleis van varke, en van dit (wat geslag is en) waaroor ’n ander naam as dié van Allah uitgeroep is. Maar diegene wat deur nood daartoe gedwing is, en dit nie begeer het nie, en dus geen oortreder is nie, rus daar geen blaam nie! Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadevol.
2:174. Hy wat enigiets van die Boek wat Allah geopenbaar het, verberg, en dit vir ’n geringe prys verruil, sal sy buik met niks anders as vuur vul nie; en op die Heropstandingsdag sal Allah nie met hulle praat nie, en ook nie louter nie; op hulle wag ’n smartlike straf.
2:175. Dit is húlle wat dwaling vir leiding verruil en kastyding vir vergifnis; hoe groot is hulle baldadigheid om die Vuur uit te daag!
2:176. Dit is omdat Allah die Boek met waarheid geopenbaar het. En voorwaar, hulle wat met die Boek verskil, dwaal slegs verder weg in die verset.

Afdeling 22: Vergelding en erfdelings

2:177. Dit is geen deug as julle die aangesig na die Ooste en na die Weste draai nie; maar deugdelikheid is om te glo in Allah en in die Laaste Dag en aan die engele en aan die Boek en die profete, en wat van sy rykdom uit liefde afstaan aan sy familiegenote, en aan die wesies en die behoeftiges, en aan die reisiger en vir diegene wat vra; en vir die vrykoop van slawe, en die gebed onderhou, en die Zakaat {Offergawes aan behoeftiges} betaal, en hy wat sy woord gestand doen nadat hy ’n belofte gemaak het; en deugdelik is die geduldiges wat in ellende en kwelling en in tyd van moeilikheid moed hou. Hulle is die mense van die waarheid; dit is hulle wat pligsgetrou is.
2:178. O julle wat glo, (Qisas) die Wet van Gelykheid in Straf kan toegepas geëis word in die geval van moord: vrygeborene teen vrygeborene, slaaf teen slaaf, vrou teen vrou. Maar indien die moordenaar kwytgeskeld word deur die bedroefde broer(of gesinsgenote), dan moet die bloedgeld geëis word en die uitbetaling daarvan moet met geregtigheid en in ’n goeie gees geskied. Dit is versagting en barmhartigheid van julle Heer. Wie hierdie perke oorskry, sal ’n smartlike straf ontvang.
2:179. En deur Qisas (Wet van Gelykheid in Straf ) is daar lewe vir julle, o mense met insig, sodat julle godvresend mag bly.
2:180. Dit is vir julle voorgeskryf dat wanneer die dood nader kom, en ’n nalatenskap word na gelaat, daar in ’n testament vir ouers en naasbestaandes, op ’n billike wyse na gelaat moet word; hierdie plig rus op die godvresendes.
2:181. Wie ook al dit (die erflating) verander nadat hy dit gehoor het, die skuld sal alleen rus op hom wat dit verander het. Voorwaar, Allah is Alhorend, Alwetend.
2:182. Maar hy wat vrees dat daar onreg of onbillikheid aan die kant van die erflater bestaan, en tussen die erfdelers ’n skikking teweegbring, sal sonder blaam wees. Waarlik, Allah is Vergewensgesind, Genadevol.

Afdeling 23: Die vas

2:183. O julle wat glo, vir julle is die vas voorgeskryf, soos dit ook voorgeskryf was vir hulle wat vóór julle was, sodat julle godvresendheid mag bereik.
2:184. Dit geld vir ’n vasgestelde aantal dae. Maar dié van julle wat siek of op reis is, moet vir ’n gelyke aantal ander dae (later) vas. En hulle wat dit baie moeilik vind, mag ’n losprys betaal deur ’n arm persoon te voed. Maar hy wat vrywillig goeie dade doen, vir hom sal dit toegereken word; dit is beter dat julle vas, aangesien julle hierdie dinge weet.
2:185. Dit is (gedurende) die maand van Ramadaan, dat die Qur’ãn geopenbaar is as ’n leiding vir mense, en as duidelike tekens van die leiding en die maatstaf. Wie van julle ook al in hierdie maand mag lewe, laat hy vas; en wie siek of op reis is, moet ’n gelyke aantal ander dae vas. Allah begeer gemak vir julle en geen ongemak nie, en Hy wil dat julle die aantal dae sal voltooi, en dat julle die grootheid van Allah sal prys omdat Hy jul gelei het, en dat julle dankbaar sal wees.
2:186. En as My dienaars u oor My uitvra, voorwaar, Ek is naby. Ek reageer op die gebed van die smekeling wanneer hy My aan roep; daarom moet hulle aan My oproep gehoor gee sodat hulle die regte weg kan bewandel.
2:187. Dit is julle veroorloof om op die aande van die vastyd geslagtelik met jul vroue te verkeer. Hulle is ’n gewaad vir julle en julle is ’n gewaad vir hulle. Allah weet dat julle onregverdig was teenoor julle self, en het Hom met barmhartigheid tot julle gewend en die las van julle verwyder. Daarom mag julle nou met hulle verkeer en soek wat Allah julle veroorloof het; en eet en drink totdat julle met die lumier die wit lint van die dag van die duisternis van die nag kan onderskei, voltooi die vas totdat die nag weer daal, en weerhou julleself van geslagtelike verhoudings met (hulle vroue) terwyl julle die Ie’tiekaaf {Vrywillige afsondering in die Moskee} hou in die Moskees. Dít is die beperkinge wat deur Allah op julle geplaas is; raak hulle dus nie aan nie. So openbaar Allah Sy tekens aan die mense, sodat hulle godvresend mag word.
2:188. En moenie mekaar se eiendom wederregtelik opeis terwyl julle hierdie dinge weet nie, en gaan ook nie hiermee na die regters om daardeur ten onregte ’n gedeelte van die mense te kan inpalm nie.

Afdeling 24: Die verdedigende geveg

2:189. En hulle vra u uit omtrent die nuwe mane (hilaal). Sê: Hulle is tydsbepalers vir die mensdom en vir die bedevaart. Dit is nie deugdelik vir julle om die huise van die agterkant af in te gaan nie, maar deugsaam is hy wat te alle tye bewus is van Allah. En gaan die huise binne by hulle deure; en wees bewus van Allah, sodat julle suksesvol kan wees.
2:190. En veg in die weg van Allah teen hulle wat julle die stryd aansê, maar moenie die wette soos neergelê, oortree nie. Voorwaar, Allah het geen liefde vir die oortreders nie.
2:191. En bring hul om waar julle hulle ook al mag vind, en verdryf hulle van waar hulle julle ver dryf het; want vervolging is erger as slagting. En baklei nie met hulle binne die heiligdom van die Moskee nie, tensy hulle julle daarin die stryd aansê; en as hulle dit doen, bring hul dan om. So is die vergelding vir die ongelowiges.
2:192. Maar as hulle dit staak, voorwaar, dan is Allah Vergewens gesind, Genadevol.
2:193. En beveg hulle totdat die vervolging verby is, en die aanbidding slegs vir Allah is. Maar as hulle ophou, moet julle ook ophou, behalwe teen die onderdrukkers.
2:194. Die heilige maand vir die heilige maand, en vergelding is geoorloof in heilige dinge. Wie ook al aggressief teen julle mag optree, vergeld hom vir wat hy gedoen het en straf met die straf wat hy julle oplê; en weet dat Allah met hulle is wat te alle tye bewus is van Hom.
2:195. En bestee van julle rykdom in die weg van Allah, en werp julself nie eiehandig in die verderf nie, maar doen goed aan ander. Voorwaar, Allah het die weldoeners lief.
2:196. En voltooi die groot en klein bedevaartsreis ter wille van Allah. Maar as julle verhinder word, stuur dan enige offerande wat julle kan bekostig; en skeer nie julle hoofde voordat die offerande sy bestemming bereik het nie. En dié van julle wat siek is, of aan ’n kwaal aan die hoof ly, moet ’n losprys bied deur te vas, of deur die gee van aalmoese, of deur offerande. En wanneer julle veilig is, moet hy wat die groot en klein bedevaart saam uitvoer, enige offerande neem soos wat hy kan bekostig. Maar hy wat dit nie kan bekostig nie, moet tydens die bedevaart vir drie dae lank vas, en vir sewe dae na sy tuiskoms. Altesaam is dit dan tien dae. Dit is vir hóm wie se familie nie naby die Heilige Moskee woon nie. En wees bewus van Allah, en weet dat Allah streng is in die vergelding van die kwaad.

Afdeling 25: Die bedevaart

2:197. Die maande van die bedevaart is goed bekend; daarom, wie besluit om daarin die bedevaart te onderneem, moet daartydens wegbly van seksuele omgang met sy vrou, van sonde en van stryery en skeltaal. En watter goeie dade julle ook al doen, Allah weet daarvan. En maak voorsiening vir julleself, en watter voorsiening kan beter wees as Bewustheid van Allah. Wees bewus van My, o mense met begrip!
2:198. En dit sal julle nie as ’n sonde toegereken word om die oorvloed van jul Here te soek nie. Daarom, wanneer julle van die vergaderplek van Arafaat verlaat, dink dan aan Allah naby Masariel Garaam {Die Heilige Monument.(Moesdaliefah)} en dink aan Hom omdat Hy julle reg gelei het, al was julle vroeër onder die verdwaaldes.
2:199. En vertrek van waar die volk vertrek, en soek vergifnis by Allah. Voorwaar, Allah is Ver gewensgesind, Genadevol.
2:200. En wanneer julle die rituele van die groot bedevaart voltooi het, loof Allah, soos julle jul voorvaders geloof het, en selfs nog meer. En daar is sommige mense wat sê: Ons Heer, skenk aan ons baie in hierdie wêreld, maar in die Hiernamaals sal daar vir hulle geen deel wees nie.
2:201. En daar is sommige onder hulle wat sê: Ons Heer, skenk die goeie in hierdie lewe, en so ook in die toekomstige lewe, en behoed ons van die marteling van die Vuur.
2:202. Vir hulle sal daar ’n aandeel wees, omdat hulle dit verdien. En Allah is gou met die ver effening.
2:203. En dink aan en loof Allah gedurende die vasgestelde aantal dae. Maar wie haastig is om binne twee dae te vertrek, vir hom sal dit geen sonde wees nie; en wie daarna wil agterbly, ook vir hulle sal dit nie ongeoorloof wees nie. En kom jul plig teenoor Allah na, en weet dat Hy julle voor Hom sal versamel.
2:204. En daar is iemand wie se praatjies oor die lewe in hierdie wêreld u mag behaag, en hy roep Allah as getuie in van wat in sy hart omgaan, tog is hy die twis soekerigste van al die teenstan ders.
2:205. En wanneer hy gesag uitoefen, gaan hy in die land rond om wanorde te saai en verwoes die ploeglande en die vee, en Allah hou nie van dié ongeregtigheid nie.
2:206. En wanneer aan hom gesê word: Vrees Allah; dan spoor die trots hom aan tot verdere ongeregtigheid ~ daarom sal die Hel vir hom goed genoeg wees. En voorwaar, dit is ’n bose rusoord.
2:207. En daar is iemand wat homself verloor om die welbehae van Allah te soek. En Allah is goed teenoor Sy dienaars.
2:208. O julle wat glo! Gaan die vol maakte vrede in, en volg nie in die voetstappe van die duiwel nie. Voorwaar, hy is julle open like vyand.
2:209. Maar as julle struikel nadat duidelike tekens tot julle gekom het, weet dan dat Allah Almagtig en vol Wysheid is.
2:210. Hulle wag op niks anders nie, as dat Allah en die engele in die skadu van die wolke na hulle sal kom, maar die saak is alreeds beslis. En tot Allah sal alle dinge teruggebring word.

Afdeling 26: Ontberings en rampspoede

2:211. Vra vir die Kinders van Israel hoeveel duidelike bewyse Ons hulle gegee het! En wie dan ook die guns van Allah verwerp nadat dit tot hom gekom het, laat hom weet dat Allah ’n streng tugmeester is.
2:212. Die lewe in hierdie wêreld is vir die ongelowiges aanloklik gemaak, en hulle spot met die gelowiges. Maar hulle wat hul plig nougeset nakom, sal op die Dag van Herrysenis bó hulle verhef word. En Allah skenk aan wie Hy verkies, sy Guns sonder enige beperking.
2:213. Die mensdom is één gemeenskap. Daarom het Allah profete gestuur as draers van blye tydings en as waarskuwers, en deur hulle het Hy die Boek en die waarheid geopenbaar om onder die mense reg te spreek in sake waaroor hulle verskil. En niemand behalwe hulle aan wie dit oorspronklik geskenk is, het daarvan verskil nadat daar duidelike argumente tot hulle gekom het nie; en daarby was hulle jaloers, die een op die ander. So het Allah deur Sy gebod leiding gegee aan die gelowiges oor die waarheid waarin hulle onder mekaar verskil het. En Allah lei op die regte weg wie Hy wil.
2:214. Dink julle dat jul die Paradys sal binnegaan terwyl julle nog nie eens dieselfde lot gedra het as hulle wat vóór julle heengegaan het nie? Teenslae en ramp spoede het hul getref, en hulle is so hewig geskok sodat die Boodskapper en hulle wat saam met hom geglo het, moes aanroep: Wanneer sal Allah se hulp opdaag? Ja, waarlik, die hulp van Allah is naby!
2:215. En as hulle u vra wat hul moes bestee, sê: Watter deel van julle rykdom jul nou ook al weggee, dit moet gaan aan jul ouers, aan die weeskinders, en die behoeftiges, en aan die reisigers. En watter goeie dade julle ook mag doen, waarlik, Allah weet daarvan.
2:216. Julle word beveel om te veg hoewel julle ’n afkeer daarvan het; maar dit kan wees dat julle teësin het in iets wat vir julle heilsaam is, en dit kan wees dat julle ’n behae het in iets wat vir julle skadelik is; en Allah weet hierdie dinge, hoewel julle daarvan onbewus is.

Afdeling 27: Allerlei vrae

2:217. Hulle vra u omtrent gevegte gedurende die heilige maande! Sê: ’n Geveg in daardie tyd is ’n ernstige oortreding. Maar om mense in die diens van Allah te hinder en Hom en die Heilige Moskee te verloën en die volk daaruit te verdrywe, is ’n erger oortreding; en vervolging is erger as slagting. En as hulle kan, sal hul nie ophou om julle te vervolg voordat julle van jul geloof afvallig geword het nie. En dié van julle wat die rug op julle geloof draai en as ongelowiges sterwe ~ hulle werk sal tevergeefs wees in hierdie wêreld, én in die Hiernamaals. En hulle sal die bewoners van die Vuur wees; daarin sal hul vertoef.
2:218. Waarlikwaar, hulle wat glo, en wat noodgedwonge moes emigreer, en wat in die weg van Allah strewe ~ hulle kan die barmhartigheid van Allah verwag. En Allah is Vergewensgesind, Genadevol.
2:219. En as hulle u uitvra omtrent alkoholiese drank en dobbelary, sê: In albei van hulle is groot nadele, en vir sommige mense ook voordeel, maar die nadele daarvan is meer en groter as die voordeel. En hulle vra u uit oor wat hulle moet bestee, sê: Net wat julle kan afstaan. So maak Allah Sy wette en tekens aan julle duidelik sodat julle daaroor kan nadink.
2:220. En as hulle u uitvra omtrent die weeskinders, sê: Die bevordering van hulle welsyn is ’n goeie saak. En as julle met hulle omgaan, dan is hulle jul broers. En Allah ken die kwaadstigters én die vredemakers. En as Allah dit wou, kan Hy julle baie moeite berokken; waarlik, Allah is Almagtig, vol van Wysheid.
2:221. En trou nie met afgodedienaresse voordat hulle nie ook glo nie; waarlik, ’n gelowige slavin is beter as ’n dienares van afgode, al behaag sy jou ook. En gee ’n gelowige vrou nie in die huwelik uit aan ’n aanbidder van afgode voordat hy nie ook glo nie; waarlik, ’n gelowige slaaf is beter as ’n dienaar van afgode, al behaag hy u ook. Hulle lok julle na die Vuur; en Hy maak Sy boodskappe duidelik aan die mense, sodat hulle daaruit kan leer.

Afdeling 28: Die egskeiding

2:222. En hulle vra u uit omtrent die maandstonde van ’n vrou, sê: Dit is iets skadeliks; bly weg van vroue gedurende hul maandstonde, en gaan nie by hulle in voordat sy gereinig is nie. Maar as hulle gereinig is, gaan dan in by hulle soos Allah julle beveel het. Voorwaar, Allah bemin hulle wat hulself tot Hom wend, en Hy bemin die gereinigdes.
2:223. Julle vrouens is vir julle ’n akker; gaan daarom na julle akkers soos dit jul betaam, en stuur vir julself goeie dade vooruit. En kom jul plig teenoor Allah na, en weet dat julle Hom sal ontmoet. En verkondig ’n blye tyding aan die gelowiges.
2:224. En moenie agter Allah skuil wanneer julle onder eed sweer nie wat jul van die goeie weerhou en wat julle belet om jul plig na te kom en om vrede tussen mense te bevorder nie. Allah is Alhorend, Alwetend
2:225. Allah sal julle nie verantwoordelik hou vir jul ydele ede nie, maar Hy vergeld elkeen na wat sy hart verdien. En Allah is Vergewensgesind, Verdraag saam.
2:226. Hulle wat ’n eed neem om nie by hul vrouens in te gaan nie, moet vier maande wag; en as hulle terugkeer, dan is Allah voorwaar Vergewinsgesind, Genadevol.
2:227. En as hulle op egskeiding besluit, dan is Allah voorwaar Alhorend, Alwetend.
2:228. Geskeie vroue moet wagtende wees vir die tydperk van drie maandstondes. En as hulle in Allah en in die Laaste Dag glo, is dit hul nie veroorloof om te verberg wat Allah in hulle baarmoeders verwek het nie. En hulle mans het die reg om hulle intussen terug te neem, indien hulle ’n versoening begeer. En vroue het regte soortgelyk aan dié teenoor hulle, op ’n billike wyse; en die mans het ’n voorrang bo hulle. En Allah is Almagtig, vol Wysheid.

Afdeling 29: Die egskeiding

2:229. Egskeiding mag twee maal uitgespreek word; behou hulle dan op ’n behoorlike wyse, of laat hulle met minsaamheid gaan. En dit is julle nie veroorloof om hulle iets te ontneem wat jul vroeër aan hulle gegee het (as bruidskat) nie, behalwe as albei vrees dat hulle nie die bepalinge van Allah kan nakom nie. En as julle familielede vrees dat hulle Allah se bepalinge nie kan nakom nie, dan is hulle twee sonder blaam met betrekking tot dit wat sy teruggee om daardeur vry te word. Hierdie dinge is beperkinge wat deur Allah daargestel is; oorskry hulle dus nie; en hulle wat die perke wat Allah stel, oorskry, hulle is die sondaars.
2:230. As hy haar vir die derde maal skei, {Die onherroeplike egskeiding} is sy hom nie meer geoorloof voordat sy met ’n ander eggenoot in die huwelik tree nie. En as hy{Die ander eggenoot} van haar skei, sal dit geen oortreding wees as hulle weer na mekaar terugkeer nie, mits hul oortuig is dat hulle die beperkinge wat Allah voorskryf, in ag kan neem. Dít is die beperkinge van Allah wat Hy openbaar aan ’n volk wat verstaan.
2:231. En wanneer jul van vroue skei en hul bereik die einde van die voorgeskrewe tydperk, neem hulle terug op ’n behoorlike manier, of stuur hulle op ’n betaamlike wyse weg. Maar moenie hulle terugneem tot hulle skade nie, sodat julle nie die voorgeskrewe grense oorskry nie. En wie dít doen, pleeg sekerlik ’n onreg teenoor homself aan. En drywe nie die spot met Allah se gebooie nie; en dink aan Allah en aan Sy gunste aan julle, en aan dít wat Hy julle deur die Boek geopenbaar het, en aan die wysheid waarmee Hy julle vermaan. En kom julle plig teenoor Allah na, en weet Hy is die Kenner van alles.

Afdeling 30: Die her troue van geskeide vroue en weduwees

2:232. En wanneer julle van vroue skei en hul bereik die einde van hul wagtyd, verhinder hul dan nie om met ander mans in die huwelik te tree nie, as hulle tussen mekaar op ’n wettige wyse daartoe ooreengekom het. Dit is ’n vermaning vir diegene wat in Allah en aan die Laaste Dag glo. Dit is deugsamer en reiner vir julle. Allah is kundig, en julle is onkundig.
2:233. Moeders moet hulle kinders vir twee volle jare soog, vir húlle wat die soogtyd wil voltooi. En hulle onderhoud en voeding sal volgens gebruik deur die vader onderneem word. Geen siel moet met meer as sy vermoë belas word nie. En ’n moeder mag geen leed aangedoen word weens haar kind nie, ook mag ’n vader nie leed aangedoen word omrede sy kind nie; en ’n soortgelyke plig rus op die vader se erfgenaam. Maar indien albei, na onderlinge ooreenkoms en oorleg besluit om die kind te speen, sal hulle sonder skuld wees. En indien julle verkies om ’n soogmoeder vir julle kinders in diens te neem, sal julle sonder blaam wees, mits julle betaal wat julle belowe het, volgens gebruik. En wees bewus van Allah, en weet dat Allah sien wat julle doen.
2:234. En dié van julle wat sterf en vroue agterlaat ~ sulke vroue sal ’n wagtyd van vier maande en tien dae hê; en as hul die einde van hul wagtyd bereik het, sal hulle sonder blaam wees vir wat hulle vir hulself op ’n be hoorlike wyse doen. En Allah is welbewus van julle dade.
2:235. En daar sal op julle geen blaam rus as julle nie regstreeks met sulke vrouens oor die huwelik praat nie, of as julle dit in jul gedagte verborge hou. Allah weet dat julle dit wel sal doen, maar belowe hulle niks in die geheim nie behalwe as dit met ’n eerlike gesindheid gedoen word. En besluit nie op ’n huwelik voor die einde van die voor geskrewe wagtyd nie. En weet dat Allah bewus is van wat in julle gedagtes omgaan, en vrees Hom daarom, en weet dat Allah Vergewensgesind en Verdraag saam is.

Afdeling 31: Voorsiening vir geskeide vroue en weduwees

2:236. Daar sal geen skuldlas op julle rus as julle van vroue skei wat julle nog nie aangeraak het, of vóór julle nie vir hulle ’n bruidskat vasgesel het nie. Maar maak voorsiening (deur ’n geskenk) vir hulle: die ryk persoon ooreenkomstig sy vermoë, en die arm persoon ooreenkomstig syne, ’n voorsiening volgens gebruik ~ dit is ’n verpligting vir die deug same.
2:237. En as julle van hul skei voordat julle hul aangeraak het, maar reeds ’n bruidskat vasgestel het, skenk dan die helfte daarvan, tensy hulle dit kwytskeld, of hy wat die huweliksband in sy hand het daarvan afstand doen en die volle bruidskat skenk. En om die bruidskat te skenk is nader aan geregtigheid en Godvresendheid. Vergeet ook nie om geskenke van goedgesindheid {Die fadl} aan mekaar te gee nie. Voorwaar, Allah sien wat julle doen.
2:238. Waak oor julle gebede en veral die middelste gebed, en stel julself met eerbied voor Allah.
2:239. Maar as julle in gevaar verkeer, doen die rituele gebed terwyl julle loop of ry, maar wanneer julle veilig is, dink dan aan Allah soos Hy julle geleer het toe julle nie geweet het nie.
2:240. En dié van julle wat sterf en vroue agterlaat, moet in jul testament voorsiening maak vir lewensonderhoud en verblyf vir een jaar. En as hulle vanself weggaan dan sal julle sonder skuld wees, omdat hulle dit aan hulself op ’n wettige wyse gedoen het. En Allah is Almagtig, vol Wysheid.
2:241. En vir geskeide vroue moet daar billike voorsiening gemaak word. Dit is ’n verpligting vir die godvresendes.
2:242. Allah maak Sy tekens op hierdie wyse aan julle bekend, sodat jul mag verstaan.

Afdeling 32: Stryd betreffende die waarheid

2:243. Weet julle nie van hulle ~ en hulle was duisende ~ wat uit vrees vir die dood hul huise verlaat het nie? Allah het vir hulle gesê: Sterf! Daarna het Hy vir hulle lewendig gemaak. Voorwaar, Allah verleen genade aan mense, maar die meeste van hulle is ondankbaar.
2:244. En veg in die weg van Allah, en weet dat Allah Alhorend, Alwetend is.
245.Wie ’n goeie daad aan Allah afstaan, vir Hom sal Hy dit veeltallig vermenigvuldig. En Allah verminder en vermeerder, en na Hom sal julle teruggebring word.
2:246. Weet julle nie van die leiers van die Kinders van Israel ná Moses nie? Hoe hulle aan een van hul profete gesê het: Stel oor ons ’n koning aan sodat ons vir die saak van Allah kan veg. Hy het geantwoord: Kan dit nie wees dat julle onwillig sal wees om te veg wanneer julle daartoe beveel word nie? Hulle het gesê: Waarom sal ons nie vir die saak van Allah veg nie, noudat ons reeds van ons huise en ons kinders beroof is? Maar toe hul tot die stryd beveel is, het hulle weggedraai behalwe ’n klein groepie. Allah ken kwaadstokers baie goed.
2:247. En hul profeet (Samuel) het aan hulle gesê: Voorwaar, Allah het Ta’loet {Saul} as koning oor julle aangestel. Toe het hulle gesê: Hoe kan hy die koningskap oor ons hê terwyl ons meer aanspraak daarop het as hy, en terwyl daar nie groot rykdom aan hom gegee is nie? Hy het gesê: Waarlik, Allah het hom bó julle verkies en hom toegerus met groot wysheid en krag. En Allah gee Sy heerskappy aan wie Hy wil. En Allah is Algenoegsaam, Alwetend.
2:248. Verder het hul profeet gesê: Voorwaar, die teken van sy koningskap is dat daar aan julle ’n hart gegee sal word waarin die vrede van jul Here is, en die uitnemendste van wat die volgelinge van Moses en Aaron na gelaat het, en die engele sal dit dra. Waarlik, hierin is ’n teken vir die gelowiges.

Afdeling 33: Stryd betreffende die waarheid

2:249. En toe Ta’loet met sy weermag opgeruk het, het hy gesê: Voorwaar, Allah sal julle met ’n rivier beproef. Diegene wat daarvan drink, hoort nie by my nie; maar wie daarvan nie drink nie, hy sal met mý wees, behalwe as hy maar net ’n handvol daarvan neem. Maar hulle het daarvan gedrink, behalwe ’n klein groepie onder hulle. En toe hy en die gelowiges wat saam met hom was die rivier oorsteek, het hulle gesê: Vandag het ons geen krag teen Dja’loet {Goliat} en sy weermag nie. Maar hulle wat seker was dat hulle hul Here sal ontmoet, het geantwoord: Hoeveel keer het klein groepie nie al onder aanvoering van hul Here oor ’n groter mag geseëvier nie? En Allah is met die geduldiges.
2:250. En toe hulle uittrek om Dja’loet en sy magte te ontmoet, het hulle gesê: Ons Heer! Gee aan ons geduld, en maak ons voetstappe ferm, en help ons teen hierdie ongelowige volk.
2:251. So het hulle dan hul teëstanders deur die gebod van Allah op vlug gejaag. En Dawid het Dja’loet gedood, en Allah het aan hom die koninkryk en die wysheid gegee, en hom onderrig in waarin Hy wou. En was dit nie dat Allah sommige mense deur ander laat terugdryf nie, sou die aarde sekerlik in ’n wanorde verkeer het ~ maar Allah is Genadig teenoor die bewoners van die wêrelde.
2:252. Hierdie dinge is tekens van Allah ~ Ons dra hulle oor aan u met waarheid; en voorwaar, u (Moegammad) is een van die boodskappers.
2:253. Sommige van hierdie boodskappers het ons bó andere verhef. En met sommige het Allah gepraat, en ander het Hy trapsgewys verhef. En aan Jesus, seun van Maria, het Ons duidelike tekens en bewyse gegee en hom met die Heilige Gees versterk. En het dit Allah behaag, sou hulle mekaar nie beveg het nadat duidelike bewyse na hulle gekom het nie. Maar hulle het getwis; daarom het sommige geglo, terwyl ander ongelowig gebly het. En het dit Allah behaag, sou hulle nooit met mekaar geveg het nie, maar Allah doen wat Hy wil.

Afdeling 34: Dwang in die godsdiens verbode

2:254. O julle wat glo! Spandeer van wat Ons aan julle gegee het, voordat die Dag kom waarop daar geen handel, geen vriendskap en geen voorspraak meer sal wees nie. En die ongelowiges is die kwaaddoeners.
2:255. Allah! ~ daar is geen god behalwe Hy nie, die Ewig lewende, die Onafhanklike deur wie alles bestaan. Hy sluimer of slaap nie. Alles wat in die hemele en op die aarde is be hoort aan Hom. Wie kan by Hom intree sonder toestem ming? Hy weet wat vóór hul was en wat agter hulle is. En hulle kan geen deel van Sy kennis omvat nie, behalwe waartoe Hy toestem. Sy kennis strek oor die hemele en oor die aarde, en die instandhouding van albei vermoei Hom nie. Hy is die Verhewende, die Grootste.
2:256. Daar is geen dwang in die gods diens nie ~ die ware weg is inderdaad duidelik te skei van die dwaling. Wie dan die duiwel verloën en in Allah glo, het ’n sterk greep wat nooit sal meegee nie. En Allah is Alhorend, Alwetend.
2:257. Allah is die Vriend van hulle wat glo. Hy lei hulle uit die duisternis na die lig. Die duiwel is die vriend van die ongelowiges, wat hulle verplaas uit die lig na die duisternis. Hulle is die bewoners van die Vuur; daarin sal hulle verewig vertoef.

Afdeling 35: Hoe dooie volkere in die lewe geroep word

2:258. Het julle nie van die man gehoor wat met Abraham geredetwis het oor sy Here, omdat Allah aan hom die koninkryk geskenk het nie? Toe Abraham gesê het: My Here is Hy wat lewe gee en laat sterwe, het hy geantwoord: Ek gee lewe en laat sterf. Abraham het gesê: Waarlik, Allah laat die son in die ooste opkom; laat u dit dan in die weste opkom. So was die ongelowige dus totaal verstom. En Allah lei nie die sondaars nie.
2:259. Of soos ’n man wat langs ’n stad verbykom waarvan die dakke ingetuimel het, en uitgeroep het: Hoe sal Allah daaraan lewe gee nadat dit reeds dood is? Toe laat Allah hom vir ’n honderd jaar lank sterf, waarna Hy hom weer opgewek het. Hy het gesê: Hoe lank het jy hier getalm? Hy het geantwoord: Ek het maar ’n dag of ’n gedeelte van ’n dag hier oorgebly. Hy het gesê: Nee, jy was ’n honderd jaar lank hier; maar kyk na jou voedsel en jou drank ~ die jare het hulle nie aangetas nie. En kyk na jou esel. Dit is omdat Ons jou as ’n bewys aan die mense voorhou. En kyk na die beendere, hoe Ons hulle bymekaarbring en dit met vlees bedek. En toe dit alles vir hom duidelik geword het, het hy geantwoord: Ek weet dat Allah gesag oor alles het.
2:260. En toe Abraham gesê het: My Heer! Toon aan my hoe U lewe aan die gestorwenes skenk. Toe het Hy gesê: Glo jy dan nie? Daarop het Abraham gesê: Ja, maar slegs sodat my hart gerus kan wees. Hy het geantwoord: Neem vier voëls en maak hulle geheg aan jou. Sit elkeen op ’n heuwel en roep na hulle ~ hulle sal na jou aangevlieg kom; en weet dat Allah Almagtig en vol wysheid is.

Afdeling 36: Uitgee van geld tot steun van die waarheid

2:261. En hulle wat hul welvaart in die weg van Allah bestee, is soos ’n graankorrel wat sewe are voortbring, met ’n honderd korrels in elke aar. En Allah vermeerder vir wie Hy wil. En Allah is die Goeie Gewer, Alomvattend, Alwetend.
2:262. En hulle wat hul welvaart in die weg van Allah bestee, en die besteding nie met verwyt of herinneringe van hul goedheid opvolg nie, sal hul beloning by hul Here vind, en hulle sal geen vrees ken nie, ook sal hulle nie treur nie.
2:263. ’n Vriendelike woord en vergifnis is beter as lief dadigheid gevolg deur bitter heid. En Allah is Selfgenoeg saam, Verdraagsaam.
2:264. O julle wat glo! Maak julle welwillendheid nie waardeloos deur verwyt en bitterheid nie, soos hý wat sy rykdom weggee om in die guns van mense te kom, terwyl hy nie in Allah en die Laaste Dag glo nie. Hy is soos ’n gladde rots wat met ’n stoflaag bedek is, waarop ’n stortreën val wat dit kaal agterlaat. Hulle is nie in staat om enige voordeel te trek uit wat hulle verdien nie. En Allah lei nie die ongelowige volk nie.
2:265. En hulle wat hul rykdom weggee om die welbehae van Allah en die versterking van hul siele te soek, is soos ’n tuin op hooggeleë grond, waarop swaar reëns neersak wat tweevoudig vrugte laat voortspruit; maar as swaar reëns nie val nie, is ’n ligte reën voldoende. En Allah sien wat julle doen.
2:266. Sal een van julle wat ’n tuin het met dadelpalms en wingerde daarin, wat vir hom baie vrugte dra ~ terwyl hy self reeds krank van ouderdom is en swak kinders het ~ wens dat ’n warrelwind met vuur daarin kom en dit verskroei? So maak Allah Sy tekens aan julle duidelik, sodat julle kan nadink.

Afdeling 37: Uitgee van geld tot steun van die waarheid

2:267. O julle wat glo! Spandeer van die goeie dinge wat julle ver dien, en van wat Ons vir julle uit die aarde laat voortkom het, en moenie gee van dit wat nie goed is om te spandeer nie, en wat julle vir julself nie sou aanvaar nie, behalwe deur vergissing. En weet dat Allah Self genoegsaam is, Prysenswaardig.
2:268. Die duiwel dreig julle met armoede en verplig julle om suinig te wees, terwyl Allah julle Sy vergifnis en oorvloed belowe. En Allah is Alomvattend, Alwetend.
2:269. Hy skenk wysheid aan wie Hy wil. En aan wie wysheid ge skenk word, is oorvloedig geseën. En niemand verstaan daar iets van nie, behalwe die verstandiges.
2:270. En weet verseker dat Allah bewus is van alles wat julle in Sy Weg spandeer en van alle plegtige beloftes wat julle aflê. En daar sal geen hulp wees vir die kwaaddoeners nie.
2:271. As julle openlik aalmoese gee, dan is dit goed; maar as julle dit in die geheim aan die behoef tiges skenk, dan sal dit vir julle beter wees, en dit sal sommige van julle skuld aflaat. En Allah is bewus van wat julle doen.
2:272. Om hulle te lei is nie u plig nie, maar Allah gee leiding aan wie Hy wil. Watter goeie dinge julle ook al weggee, dit sal julle ten goede gereken word. En doen dit slegs om die welbehae van Allah daarin te verkry. En watter goeie dinge jul ook mag weggee, dit sal ten volle terugbetaal word en julle sal geen onreg aangedoen word nie.
2:273. Aalmoese is vir die armes wat gebind is deur hul diens aan Allah, en wat daarom nie in die land kan rondtrek nie; die onwetendes mag hulle as ryk beskou omdat hulle beskeie is. Julle sal hulle aan hul werke uitken ~ hulle bedel nie op ’n opdringerige wyse nie. En watter goeie dinge julle ook al skenk, waarlik, Allah weet daarvan.

Afdeling 38: Woekerwins verbode

2:274. Diegene wat van hul rykdom in die dag of nag, in die geheim of in die openbaar spandeer, sal hulle beloning van hul Heer ontvang; hulle sal geen vrees of droefheid ken nie.
2:275. Diegene wat rente verbruik sal nie op die Dag van Afrekening opstaan nie, behalwe soos iemand wat deur die duiwel geklap is nie. Dit is omdat hulle sê: Handeldryf is gelyk aan rente, terwyl Allah handeldryf wettig en rente onwettig verklaar het. Wie dan ’n vermaning van sy Heer kry, en die verbruik van rente staak, sal nie vir die verlede sonde gestraf word nie. En sy saak is by Allah. En wie ook al daarna terug val, hulle is die bewoners van die Vuur; daarin sal hulle woon.
2:276. Allah sal die rente uitwis en die barmhartigheid laat toeneem. Allah hou nie van die ondank bare sondaars nie.
2:277. Voorwaar, hulle wat glo en goeie dade doen, die gebed onderhou en die Zakaat {Verpligte gunste aan behoeftiges} betaal, sal hulle beloning by hul Heer vind; en vrees en droefheid sal hulle nie aantas nie.
2:278. O julle wat glo! Kom jul plig teenoor Allah na, en ~ as julle gelowiges is ~ doen afstand van die rente wat hierna nog uitstaande is.
2:279. Maar as julle dit nie doen nie, berei julle dan voor vir die stryd met Allah en Sy boodskapper; en as julle berou het, is die oorspronklike kapitaal nog jul bate. Doen geen onreg aan nie, dan sal daar teenoor julle geen onreg aangedoen word nie.
2:280. En as die skuldenaar in ver leentheid verkeer, verleen aan hom ’n uitstel wat vir hom sal pas. En dit sal vir julle beter wees om daarvan as liefdadigheid afstand te doen, het julle dit maar geweet.
2:281. En waak teen die Dag waarop julle na Allah teruggebring sal word. Dan sal aan elke siel na sy verdienste ten volle uitbetaal word; hulle sal geen onreg aangedoen word nie.

Afdeling 39: Kontrakte en Getuienis

2:282. O julle wat glo! Wanneer julle vir ’n vasgestelde periode van mekaar leen, skryf dit dan op. Laat ’n skrywer dit tussen julle met regverdigheid aanteken; en laat geen skrywer weier om te skryf nie, want dit is Allah se bevel. En laat die skuldenaar dit dan voorsê, en laat hy sy plig teenoor Allah, sy Heer, nakom en niks daarvan verminder nie. Maar as die skuldenaar swak sinnig of fisies swak is en nie in staat is om vir homself te praat nie, laat sy voog dan vir hom met regverdigheid intree. En roep as getuie twee mans onder julle; maar as daar nie twee mans te vinde is nie, neem een man en twee vroue onder julle tot getuie, sodat as die een van die twee haar vergis, die ander een haar dan kan vergewis. En die getuies mag nie weier as hulle gedagvaar word nie. En moenie nalaat om die bedrag op te skryf nie, of dit groot of klein is, én die vervaldatum nie. Dit is regverdiger in die oë van Allah; dit maak die getuienis sekerder, en is ook die beste manier om twyfel uit te skakel. Maar as dit onmiddellike handel is wat julle onder mekaar dryf, dan is julle sonder blaam as julle dit nie aanteken nie. En laat daar getuies wees as julle aan mekaar verkoop. En geen leed mag die skrywer of die getuies aangedoen word nie. En ás julle so iets doen, dan is dit sekerlik ’n oortreding. En kom jul plig teenoor Allah na. En Allah onderrig julle. Waarlik, Allah weet alle dinge.
2:283. En as julle op reis is en geen skrywer kan vind nie, dan mag ’n verband daarvoor geneem word. En as julle iets aanmekaar toevertrou het, laat hy aan wie iets toevertrou is, die toevertroude dit teruggee waarmee hy toevertroud was, en laat hy sy plig teenoor Allah, sy Heer, nakom. En moenie die getuienis versteek nie. En wie ook al dít versteek, sy hart is sekerlik sondig. En Allah is bekend met dit wat julle doen.

Afdeling 40: Moesliems sal seëvier

2:284. Aan Allah behoort alles wat in die hemele en op aarde is. En of julle openbaar maak wat in jul gedagtes omgaan, of dit verberg, Allah sal julle rekenskap daaroor vra; dan sal Hy vergewe wie Hy wil en straf wie Hy wil. Allah het mag oor alle dinge.
2:285. Die Boodskapper glo in wat sy Heer aan hom geopenbaar het en so glo ook die gelowiges. Almal van hulle glo in Allah en Sy engele en Sy Boeke en Sy Boodskappers. En hulle sê: Ons maak geen onderskeiding tussen Sy Boodskappers nie. En hulle sê: Ons het gehoor en ons gehoorsaam; onse Heer! ons vra U om vergifnis; en tot U is ons terugkeer.
2:286. Allah belas geen siel bo sy vermoë nie. Vir hom is wat hy verdien, en téén hom is wat hy verdien. Ons Heer! Straf ons nie as ons vergeet het of as ons ’n fout begaan het nie. Heer! En belas ons nie soos U hulle vóór ons belas het nie. Ons Heer! Straf ons nie met kwellings wat ons nie kan uitstaan nie. En vergewe ons ons skulde. En beskerm ons! En wees ons genadig! U is ons Beskermheer; skenk ons daar om die oorwinning oor die ongelowiges.

Hoofstuk 3: Die Familie van Amran

Afdeling 1: Reël van uitleg

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

3:1. Alief Laam Miem. {Allegoriese letters}
3:2. Allah! Daar is geen God nie behalwe Hy, die Ewiglewende, die Selfbestaande, deur Wie almal bestaan.
3:3. Hy het die Boek aan u geopenbaar ooreenkomstig die vereistes van waarheid en regverdigheid, sodat dit kan bevestig wat voorafgegaan het; en Hy het die Tora en die Evangelie vantevore geopenbaar as ’n leiding vir die volk, en daarna het Hy die Furqãn {Die Qur’ãn} gestuur. Hulle wat nie in die Boodskapper van Allah glo nie, op hulle wag ’n smartlike straf. En Allah is Almagtig, die Heer van Vergelding.
3:4. Voorwaar, niks op aarde of in die hemel is vir Allah verborge nie.
3:5. Dit is Hy wat julle in die baar moeders na Sy behae vorm. Niemand het die reg om aanbid te word nie, behalwe Hy (Allah), die Almagtige, die Alwyse.
3:6. Dit is Hy wat die Boek aan u ge openbaar het; en sommige van die verse daarin is gebiedend en vorm die grondslag van die Boek; maar daar is ook ander wat allegories is. Hulle wie se harte afkerig is, soek die allegoriese verse om dit te verdraai en hul eie uitleg daaraan te gee om sodoen de daarmee te mislei. En niemand ken die juiste uitleg daarvan nie behalwe Allah en hulle wat diep gewortel is in die kennis. Hulle sê: Ons glo daarin; dit kom alles van ons Here. En niemand trek daar lering uit nie behalwe die mense wat verstaan.
3:7. Ons Heer! Laat ons harte nie afwyk nadat U ons op die regte weg gelei het nie, en wees ons genadig. Voorwaar, U is die Barmhartige.
3:8. Ons Heer! Waarlik, U is die Versamelaar van Mense op ’n Dag waaroor daar geen twyfel is nie. Voorwaar, Allah breek geen belofte nie.

Afdeling 2: Eenheid die Grondslag van alle gelowe

3:9. Nóg hul besittings, nóg hul kin ders sal die ongelowiges enigsins teen Allah baat. En hulle sal die brandstof van die Vuur wees.
3:10. Soos ook die geval vóór hulle was met die volk van Farao. Hulle het Ons boodskappe verwerp, daarom het Allah hulle weens hul sonde verdelg. En Allah is ’n streng vergelder van die kwaad.
3:11. Sê aan die ongelowiges: Julle sal verslaan en in die Hel versamel word! En dit is ’n afgryslike rusplek.
3:12. Voorwaar, daar was vir julle ’n teken in die twee strydmagte wat mekaar in die geveg ontmoet het ~ die een strydende op die weg van Allah, en die ander ongelowig. En die ongelowiges het die gelowiges aangesien as dubbel so talryk as hulself. En Allah versterk met Sy hulp wie Hy wil. Daarin is waarlik ’n les vir hulle wat kan sien.
3:13. Skoonskynend vir die mense is die liefde vir die begeerte gemaak: die begeerte en hunkering tot vroue en kinders, stapels goud en silwer, volbloed perde, vee en landerye. Dít is vir die huidige lewe. En Allah ~ in Hom is die ware einddoel van die lewe.
3:14. Sê: Sal Ek julle oor béter dinge inlig? Vir hulle wat teen die sonde waak sal by hul Heer in Tuine wees waardeur riviere vloei; daarin sal hulle vertoef en daar sal vir hul rein metgeselle wees, en die welbehae van Allah sal op hul rus. En Allah sien Sy dienaars.
3:15. Hulle wat sê: Ons Heer! Ons glo waarlik; vergewe ons daarom ons sonde en red ons van die verterende Vuur.
3:16. Die geduldiges, die opregtes, en die gehoorsames, en hulle wat spandeer in die weg van Allah, en hulle wat in die laaste ure van die nag om vergifnis smeek.
3:17. Allah self getuig dat niemand die reg het om aanbid te word nie, behalwe Hy, en so ook die engele en hulle wat kennis besit en daarmee die waarheid gestand doen. Niemand het die reg om aanbid te word nie, behalwe Hy, die Almagtige, die Alwyse.
3:18. Voorwaar, die enigste ware gods diens voor Allah is Islam. En hulle aan wie die Boek gegee is, (die Christene en die Jode) het ~ nadat kennis tot hulle gekom het ~ slegs uit afguns van mekaar verskil. En wie ook al die tekens van Allah verwerp, Allah is inderdaad snel in afrekening.
3:19. Maar as hulle met jou (Muhammad) stry, sê dan: Ek het my aan Allah onderwerp, en hulle wat my volg. En vra aan hulle aan wie die Boek gegee is, en aan die ongeletterdes (die heidense Arabiere): Het julle julself al onderwerp? As hulle hulself onderwerp, is hulle op die regte weg, maar as hulle daarvan wegdraai ~ u plig is slegs die verkon diging van die boodskap. En Allah sien Sy dienaars.

Afdeling 3: Die koninkryk is aan ’n ander volk toegeken

3:20. Hulle wat die tekens van Allah verwerp en die profete ten onregte ómbring, en diegene vermoor wat tot regverdigheid maan ~ kondig vir hulle ’n smartlike straf aan.
3:21. Want dit is húlle wie se dade in hierdie lewe en in die Hiernamaals tevergeefs sal wees; en hulle sal geen hulp ontvang nie.
3:22. Het u nie diegene gesien aan wie ’n gedeelte van die Boek gegee is nie? Hulle word na die Boek van Allah uitgenooi, sodat daar reg tussen hulle kan geskied; maar ’n deel van hulle het die rug daarop gekeer en afkerig geword.
3:23. Dit is omdat hulle sê: Die Vuur sal ons nie aantas nie behalwe vir ’n kort tydjie; en dít wat hulle versin, stel hulle in hul godsdiens teleur.
3:24. Hoe sal dit dan wees wanneer ons hulle versamel op die Dag waar oor daar geen twyfel is nie? En elke siel sal ooreenkomstig sy verdienste ten volle uitbetaal word, en geen onreg sal hulle aangedoen word nie.
3:25. Sê: O Allah, Eienaar van die Koninkryk! U gee die koninkryk aan wie U wil, en verwyder dit van wie U wil; ook verhef U wie U wil, en U verneder wie U wil. In U hand is die goeie. Voorwaar, U het mag oor alles.
3:26. U laat die nag oorgaan in die dag, en die dag in die nag; U bring die lewende voort uit die dode, en die dode uit die lewende. En U gee sonder maat aan wie U wil.
3:27. Laat die gelowiges nie die ongelowiges as vriende verkies nie. En wie dít doen, het geen aandeel by Allah nie ~ tensy julle julself téén hulle bewaak, en goed bewaak. En Allah waarsku julle teen Sy vergelding. En na Allah is die uiteindelike terugkeer.
3:28. Sê (O Muhammad): Dit maak nie saak of julle verberg of openbaar maak dit wat in julle harte is nie; Allah weet dit. En Hy weet wat in die hemele en op die aarde is. En Allah het mag oor alles.
3:29. Dink aan die Dag waarop elke siel sal staan teenoor die goed en die kwaad wat hy verrig het ~ wanneer hy sal wens dat hy ver verwyder is van sy kwaad. En Allah waarsku julle teen Sy vergelding.

Afdeling 4: Die laaste lede van ’n verkose ras

3:30. Sê (O Muhammad): Indien julle Allah liefhet, volg my; Allah sal julle dan liefhê en julle sondes vergewe. En Allah is Vergewensgesind, Genadig.
3:31. Sê (O Moegammad): Gehoorsaam Allah en die Boodskapper. Maar as hulle hul afwend, sal Allah die ongelowiges sekerlik nie liefhê nie.
3:32. Voorwaar, Allah het Adam en Noag en die afstammelinge van Abraham en die afstammelinge van Amran bo die volkere uitverkies,
3:33. afstammelinge, geslag op geslag. En Allah is Alhorend, Alwetend.
3:34. Toe ’n vrou van Amran gesê het: O Allah! Ek dra aan U op wat in my baarmoeder is om dit aan U diens te wy; aanvaar dit daarom van my; voorwaar, U is Al horend, Alwetend.
3:35. Daarom, toe sy die lewe daaraan geskenk het, het sy gesê: My Heer! Ek het daaraan die lewe geskenk, ’n dogter ~ Allah het wel geweet waaraan sy lewe geskenk het; en die man en die vrou is nie eenders nie ~ en ek het haar Maria genoem, en ek gee haar en haar nageslag aan U oor vir beskerming teen Satan, die uitgeworpene.
3:36. Só het Allah haar {Maria} dus met welbehae aangeneem en haar goed laat opgroei en haar aan Sagaria toevertrou. Telkens wanneer Sagaria die tempelkamer binnegaan om haar te sien, het hy voedsel by haar gevind. Hy het gesê: O Maria, waarvandaan kom dit? Sy het geantwoord: Dit kom van Allah. Voorwaar, Allah gee volop aan wie Hy wil.
3:37. Toe het Sagaria sy Heer aange roep: My Heer! Skenk vir my ’n rein nageslag; voorwaar, U is die aanhoorder van die gebed.
3:38. Só het die engele dan tot hom geroep terwyl hy in die tempelkamer staan en bid: Allah skenk U die blye tyding van Johannes, dat hy Allah se woord sal vervul ~ en hy sal edel en kuis, en ’n profeet onder die regverdiges wees.
3:39. Hy het gesê: My Heer! Hoe sal daar ’n seun vir my wees, noudat die ouderdom al tot my gekom het en my vrou onvrugbaar is? Hy het geantwoord: So doen Allah ~ selfs dít doen Allah vir wie Hy wil.
3:40. Hy het gesê: My Heer, gee vir my ’n teken daarvan. Hy het geantwoord: Die teken sal wees dat u drie dae lank met niemand sal praat nie, behalwe deur gebare. En dink dikwels aan u Heer en verheerlik Hom saans en soggens.

Afdeling 5: Geboor te van Jesus en sy prediking

3:41. En toe die engele gesê het: O Maria! Allah het u waarlik uitverkies, en gereinig, en bó die vroue van die wêreld verhef.
3:42. O Maria! Wees gehoorsaam aan u Heer, en onderwerp u, en buig saam met húlle wat biddend vooroorbuig.
3:43. Dit is die tyding van die Onsigbare wat ons aan u openbaar. En u was nie teenwoordig toe hulle onder mekaar geloot het oor wie van hulle voog oor Maria sal wees nie; en u was nie teenwoordig toe hulle met mekaar gestry het nie.
3:44. Toe die engele gesê het: O Maria! Waarlik, Allah stuur u ’n blye tyding met ’n woord van Hom oor een wie se naam die Messias sal wees, Jesus, die Seun van Maria, geëerd in hierdie wêreld en in die Hiernamaals, en hy sal onder húlle wees wat in Allah se nabyheid sal vertoef.
3:45. En in die wieg, en as ’n man, sal hy met die volk praat, en hy sal een van die regverdiges wees.
3:46. Toe het sy gesê: My Heer! Hoe sal ek dan ’n seun hê as geen man by my ingegaan het nie? Ook só skep Allah wat Hy wil. Wanneer Hy iets besluit, sê Hy slegs: Wees, en dit word.
3:47. En Hy sal hom in die Boek {Die Goddelik Wet} en in die wysheid van die Tora en die Evangelie onderwys.
3:48. En hy sal ’n boodskapper tot die Kinders van Israel wees, en sê: Ek kom tot julle met ’n teken van jul Heer; ek sal vir julle uit die stof ’n voël vorm, dan blaas ek daarin en met Allah se toe stemming word dit ’n voël; en ek genees die blinde en die melaatse, en met die toestemming van Allah word die dooie weer lewendig, en ek lig julle in oor wat julle moet eet en wat julle in jul huise moet bewaar. Daarin is voorwaar ’n teken vir julle, as julle gelowiges is.
3:49. En ek bevestig wat vóór my in die Tora openbaar was, en ek staan julle ’n deel van wat vir julle verbode was toe; en ek kom na julle met ’n teken van jul Heer. Vrees Allah en gehoorsaam my.
3:50. Voorwaar, Allah is my Heer en julle Heer; daarom moet julle Hom aanbid. Dit is die ware weg.
3:51. Maar toe Jesus ongeloof by hul bemerk, het hy gesê: Wie sal my helpers wees in die Weg van Allah? Die dissipels het geantwoord: Ons is helpers in Allah se Weg; ons glo in Allah; wees u dan getuie daarvan dat ons onsself onderwerp aan U Wil.
3:52. Ons Heer! Ons glo in wat U geopenbaar het, en ons volg die boodskapper; skryf daarom ons name op by húlle wat getuig.
3:53. En die Jode het sluwe planne beraam, {Teen Jesus} maar Allah het ook planne beraam. En Allah is ’n wonderlike Voorsiener.

Afdeling 6: Jesus vrygespreek op valse klagtes

3:54. {Hierdie vers moet saam met vers 157 op bladsy 88 gelees word} Toe Allah gesê het: O Jesus, Ek sal u ophef en u in My teenwoordigheid verhef en van die valse aantygings van ongelowiges vryspreek, en tot op die Laaste Dag sal Ek u volgelinge laat seëvier oor die ongelowiges; dan sal julle na my toe terugkeer en Ek sal uitspraak gee oor dít waaroor julle verskil het.
3:55. Aangaande die ongelowiges: Ek sal hulle straf met die strengste kastyding in hierdie wêreld én in die Hiernamaals, en hulle sal geen helpers hê nie.
3:56. Maar aan hulle wat glo en goeie dade doen, sal Hy ’n volle beloning toeken. En Allah het die onregverdiges nie lief nie.
3:57. Dit is wat Ons aan u verkondig van die tekens en die vermaning vol van wysheid.
3:58. En die gelykenis van die skepping van Jesus is soos die skepping van Adam. Adam is van grond geskep, en Allah het gesê: Wees, en hulle was.
3:59. Hierdie waarheid is van Allah; en wees nie saam met die twyfelaars nie.
3:60. Wie ook al met u twis nadat hierdie kennis tot u gekom het, sê: Kom, laat ons kinders, en julle kinders, en ons vroue en julle vroue, en ons volk en julle volk vergader, en laat ons dan vuriglik bid en die vloek van Allah neerroep op die leuenaars.
3:61. Voorwaar, dit is die ware uitleg, en niemand het die reg om aanbid te word nie behalwe Allah nie. En waarlik, Allah is die Al magtige, die Alwyse.
3:62. Maar as hulle die rug daarop keer; waarlik Allah is Welbekend met die kwaadstokers!

Afdeling 7: Die twis met die Jode en Christene

3:63. O Mense van die Boek! Aanvaar één woord tussen ons en julle so dat ons niemand behalwe Allah sal aanbid nie, dat ons niks anders met Hom sal vereenselwig nie, en dat sommige van ons nie ander gode behalwe Allah sal aanneem nie. Maar as hulle afkerig word, sê dan: Getuig dat ons Moesliems {Onderdaniges} is.
3:64. O Mense van die Boek! Waarom stry julle oor Abraham as die Tora en die Evangelie eers ná hom geopenbaar is? Verstaan julle dan nie?
3:65. Want kyk! Julle stry oor dinge waarvan julle kennis dra; waarom stry julle dan nou oor iets waarvan julle niks weet nie? En Allah weet terwyl julle nie weet nie.
3:66. Abraham was nie ’n Jood of ’n Christen nie, maar ’n opregte, ’n Moesliem, en hy was nie een van die afgodedienaars nie.
3:67. Die volk wat die naaste aan Abraham is, is sekerlik hulle wat hom en hierdie profeet (Nabie Moegammad) en die gelowiges volg. En Allah is die vriend van die gelowiges.
3:68. ’n Deel van die Mense van die Boek begeer om julle te laat afdwaal; maar hulle verlei niemand nie, behalwe hulself, en hulle besef dit nie.
3:69. O Mense van die Boek! Waarom glo julle nie die tekens van Allah nie, terwyl julle tog die bewyse van die waarheid daarvan sien?
3:70. O Mense van die Boek! Waarom verwar julle die waarheid met die leuen en verberg julle die waar heid, terwyl julle hierdie dinge weet?

Afdeling 8: Sameswerings om Islam te beswadder

3:71. En ’n deel van die Mense van die Boek sê: Erken dít wat in die vroeë oggend aan die gelowiges {Die Moesliems} geopenbaar is, en verwerp dit aan die einde van die dag. Miskien keer hulle dan weer terug.
3:72. En glo in niemand wat nie julle godsdiens bely nie ~ Sê: Voorwaar, die ware leiding is Allah se leiding. Is julle dan bevrees dat ’n openbaring soortgelyk aan dié wat na julle gestuur is, aan iemand anders gegee sal word? Of is julle bang dat hulle wat sulke openbaringe ontvang, met julle sal stry by julle Here? Sê: Genade is voorwaar in die hande van Allah. Hy skenk dit aan wie Hy wil. En Allah is Barmhartig, Alleswetend.
3:73. Hy bewys Sy uitnemende guns aan wie Hy wil. En Allah is die Heer van groot Genade.
3:74. En onder die Mense van die Boek is daar diegene wat, as ’n mens hom met groot skatte sou toevertrou, dit alles sal teruggee; maar daar is ook diegene wat selfs nie ’n dinar sal teruggee wat aan hom toevertrou is nie, tensy mens aanhoudend daarom vra. Dit is omdat hulle {Die Jode} sê: Ons is nie aanspreeklik vir die onkundiges nie. En hulle versin ’n leuen teen Allah, en hulle besef dit.
3:75. Ja, wie sy belofte gestand doen en sy plig doen ~ voorwaar, Allah het die pligsgetroues lief.
3:76. Hulle wat ’n geringe prys vir die verbond van Allah en hulle eie ede aanneem ~ vir hulle is daar geen aandeel in die Hiernamaals nie. Allah sal nie met hulle praat nie, Hy sal hulle ook nie op die Oordeelsdag nie aankyk nie. Hy sal hulle ook nie louter nie; en op hulle wag ’n smartlike straf.
3:77. En waarlik, daar is ’n groep onder hulle wat leuens aangaande die Boek versprei sodat julle dit as ’n deel van die Boek moet aanneem, terwyl dit nie daarby hoort nie. Dit is van Allah, sê hulle, terwyl dit nie so is nie; en hulle versin ’n leuen teen Allah, terwyl hulle dit weet.
3:78. Dit betaam geen sterfling dat as Allah hom die Boek en die oordeelsvermoë en die profeetskap gegee het, dat hy sal sê: Dien mý (eerder) en nie Allah nie; maar (inteendeel) moet hy sê: Wees van die Rabbaniyoen: (Geleerde mense wat dit wat hulle ken, uitleef en dit aan ander leer) omdat julle uit die Boek onderrig, en omdat julle dit bestudeer.
3:79. Nog minder sal hy julle gebied om die engele en die profete as gode te aanvaar. Sou hy julle die ongeloof aanraai nadat julle Moesliems geword het?

Afdeling 9: Verbond van die profete

3:80. En toe Allah ’n verbond deur die profete gesluit het: Voorwaar, het Ek aan julle die Boek en die wysheid geskenk ~ daarna het ’n Boodskapper tot julle gekom en bevestig wat reeds met julle was ~ julle sal in hom glo en julle sal hom bystaan. Hy het gevra: Bekragtig julle My verbond in hierdie saak, en neem julle dit aan? Hulle het geantwoord: Ons bekragtig dit. {Die Profeet} Hy het gesê: Dra dan getuie.
3:81. Maar wie hierna terugdraai ~ wie hulle ook al is ~ hulle is die oortreders.
3:82. Soek hulle dan ’n ander godsdiens as die diens van Allah? En wie ook al in die hemele of op die aarde is, hulle onderwerp hulself gewillig of onwillig aan Allah, en Hy sal hulle tot Hom terugbring.
3:83. Sê: Ons glo in Allah en in wat aan ons geopenbaar is, en wat geopenbaar is aan Abraham en Ismael, en Isak en Jakob en aan die volkstamme en in wat aan Moses en Jesus en aan die profete van hulle Here gegee is. Ons maak geen verskil tussen enige van hulle nie, en ons onderwerp ons aan Hom.
3:84. En wie dan ook ’n ander gods diens as Islam soek, dit sal van hom nie aangeneem word nie en in die Hiernamaals sal hy onder die verlorenes wees.
3:85. Hoe sal Allah ’n volk lei wat ongelowig geraak het nadat hulle voorheen geglo het, en nadat hulle getuig het dat die Boodskapper waaragtig is, en nadat duidelike tekens en bewyse tot hulle gekom het? En Allah lei nie enige onregverdige volke nie.
3:86. (Dit is hulle) wie se belonging slegs is dat die vloek van Allah, en die engele en die mense tesame, op hulle sal rus ~
3:87. Hulle sal daaronder gebuk gaan. Hulle straf sal nie ligter gemaak word nie, ook sal daar geen uitstel aan hulle verleen word nie.
3:88. Behalwe hulle wat berou toon en verbeter, want waarlik, Allah is Vergewensgesind, Genadevol.
3:89. Hulle wat ongelowig raak nadat hulle geglo het, en nog verder toeneem in ongeloof, hulle berou sal nie aanvaar word nie; en hulle is die verdwaaldes.
3:90. Hulle wat ongelowig raak en as ongelowiges sterf, selfs ’n losprys bestaande uit al die goud van die aarde, sal nie aangeneem word as hy hom daarmee wil loskoop nie. Dit is húlle op wie ’n smartlike straf wag, en vir hulle is daar geen hulp nie.

Afdeling 10: ’n Ewige bewys van die waarheid van die Islam

3:91. Julle sal geen regverdigheid bereik sonder dat julle afstand doen van wat julle die liefste het nie. En wat julle ook al bestee, waarlik, Allah weet dit.
3:92. Alle voedsel was vir die Kinders van Israel veroorloof vóór die openbaring van die Tora, behalwe dít wat Israel homself ontsê het. Sê: Bring die Tora en lees dit, indien julle die waarheid lief het.
3:93. Diegene wat hierna dus ’n leuen teen Allah versin, is van die onregverdiges.
3:94. Sê: Allah spreek die waarheid; volg daarom die godsdiens van Abraham, die opregte. En hy was nie van die afgodedienaars nie.
3:95. Voorwaar, die eerste huis wat vir aanbidding vir die mensdom aangewys is, was op Bakka. {Nog ’n naam vir Makka} Geseënd is dit en ’n leiding vir alle nasies.
3:96. Daarin is duidelike tekens: Dit is die plek van Abraham; en wie daarin ingaan, sal veilig wees; en die bedevaart na die Huis is deur Allah aan die mens opgelê; opgelê aan wie dit kan bekostig om daarheen te reis. En wie dit betwis, waarlik, Allah het nie die hulp van die wêrelde nodig nie.
3:97. Sê: O Mense van die Boek! Waarom verwerp julle die tekens van Allah terwyl Hy Getuig van julle doen en late?
3:98. Sê: O Mense van die Boek! Waarom verhinder jul die gelowiges om die weg van Allah te betree, en probeer julle om dit krom te maak, terwyl jul getuies van hierdie dinge is? En Allah is nie onbewus van wat julle doen nie.
3:99. O julle wat glo! Indien julle sommige van hulle aan wie die Boek gegee is gehoorsaam, sal hulle weer van julle ongelowiges maak nadat julle geglo het.
3:100. En hoe kan julle dan die ongeloof aanvaar terwyl die tekens van Allah aan julle geopenbaar word; terwyl Sy Boodskappers by julle is? En hulle wat aan Allah vashou, is reeds op die regte weg gelei.

Afdeling 11: Moesliems gemaan om verenig te bly

3:101. O julle wat glo! Vrees Allah soos Hy gevrees behoort te word; en sterf nie voordat julle julleself aan Sy Wil onderwerp het nie.
3:102. En hou almal saam vas aan die verbond met Allah, en wees nie verdeeld nie. En onthou Allah se guns aan julle toe julle nog vyande was, hoe Hy jul harte verenig het en julle deur Sy guns daarna broers geword het. En julle was op die rand van ’n afgrond, en Hy het julle daarvan gered. So verduidelik Allah Sy tekens aan julle sodat julle gelei mag word.
3:103. En laat daar tussen julle ’n groep wees wat (ander) tot goedheid en regverdigheid aanspoor en die slegte en kwaad verbied; dit is húlle wat suksesvol sal wees.
3:104. En wees nie soos hulle wat onderling verdeeld was en van mening verskil het nadat duidelike bewyse tot hulle gekom het nie. En vir hulle is daar ’n smartlike straf.
3:105. Op die Dag waarop sommige gesigte wit en ander swart sal word: aan hulle wie se gesigte swart geword het, sal gevra word: Was julle weer ongelowig nadat julle geglo het? Proe dan die straf van die ongelowiges!
3:106. Maar hulle wie se gesigte wit sal wees, oor hulle sal die barmhartigheid van Allah wees; daarin sal hulle woon.
3:107. Dít is die tekens van Allah wat Ons met waarheid aan julle voordra. En Allah wens niemand en niks kwaad toe nie.
3:108. En aan Allah behoort alles wat in die hemele en op die aarde is. En alles word na Allah teruggebring.

Afdeling 12: Onderhandelinge tussen Jode en Moesliems

3:109. Julle is die beste volk wat uit die mensdom verwek is: julle beveel dit wat goed is en verbied dit wat kwaad is, en julle glo in Allah. En indien die Mense van die Boek maar geglo het, sou dit vir hulle beter gewees het. Sommige van hulle is gelowig, maar die meeste is ongehoorsaam.
3:110. Hulle sal julle geen kwaad kan aandoen nie, behalwe in ’n geringe mate. En as hulle met julle veg, sal hulle hul rûe op julle draai. Dan sal daar vir hulle geen hulp wees nie.
3:111. Vernedering sal hulle tref, waar hulle hul ook al mag bevind, tensy hulle ’n verbond met Allah aangaan, of ’n verbond met ander volkere; en hulle sal die toorn van Allah opwek, en armoede sal hulle deel wees.
3:112. Hulle is nie almal eenders nie. Tussen die Mense van die Boek is daar ’n groep opregtes wat die tekens van Allah snags oordink en hulle hoofde op die grond in aanbidding neerbuig.
3:113. Hulle glo in Allah en in die Laaste Dag, en hulle beveel dit wat goed is, en verbied dit wat kwaad is, en wedywer onder mekaar in goeie werke. En hulle behoort tot die regverdiges.
3:114. En die goeie dade wat hulle doen sal nooit misken word nie. En Allah weet wie godvresend is.
3:115. Waarlik, diegene wie nie glo nie, hulle besittings en hulle kinders sal van nul en gener waarde by Allah wees. En hulle sal die bewoners van die Vuur wees; daarin sal hulle woon.
3:116. En die gelykenis van wat hulle hande doen is soos ’n snerpend koue wind; dit tref die oes van ’n volk wat hulself kwaad aandoen, en vernietig dit. En Allah het teenoor hulle geen onreg gepleeg nie, inteendeel, hulle het dit aan hulself gedoen.
3:117. O julle wat glo! Soek geen intieme vriendskap onder vreemde volke nie; hulle sal nie nalaat om julle kwaad aan te doen nie. Hul begeerte is om aan julle kwaad te doen. Vurige nyd het reeds al by hulle monde uitgekom, en wat in hulle harte verborge is, is nog erger. Ons het Ons tekens duidelik gemaak, indien julle dit wil verstaan.
3:118. Maar kyk! Julle het hulle lief, terwyl hulle nie dieselfde gevoel vir julle koester nie. En julle glo aan die Boek {Qur’ãn} in sy geheel. En wanneer hulle jul ontmoet, dan sê hulle: Ons glo, maar wanneer hulle op hul eie is, dan byt hulle hulle vingerpunte uit raserny oor julle. Sê: Sterf in julle raserny. Voorwaar, Allah weet wat in die harte omgaan.
3:119. Indien daar iets goeds met júlle gebeur, dan raak hulle verdrietig, maar as iets kwaads julle tref, dan verheug hulle hul daaroor. Maar indien julle geduldig en godvresend bly, sal hulle planne julle geheel en al geen skade berokken nie. Voorwaar, Allah weet wat hulle doen.

Afdeling 13: Die Slag van Oegoed

3:120. En toe julle in die vroeë môre van julle huisgesinne af weggetrek het om die gelowiges hulle stellings vir die geveg aan te wys ~ en Allah is Alhorend, Alwetend ~
3:121. toe twee partye onder julle tekens van lafhartigheid wou toon, en Allah die Bewaarder van hulle albei was ~ en op Allah moet die gelowiges vertrou.
3:122. En Allah het vroeër reeds by Badr gehelp, toe julle ’n klein, swak mag was. En wees bewus van Allah, sodat julle stof tot dankbaarheid mag hê ~
3:123. Toe u die gelowiges toe gespreek en gesê het: Is dit nie genoeg dat Allah julle met drieduisend gestuurde engele sal help nie?
3:124. Ja, as julle standvastig is en godvresend bly, en dit dan gebeur dat die ongelowiges in wilde vaart aanval, sal julle Heer julle met vyfduisend gestuurde engele bystaan.
3:125. En Allah het dit net maar as ’n blye tyding aan julle ge stuur, sodat julle harte daardeur gerus kan word. En hulp kom alleen maar van Allah, die Almagtige, die Alwyse.
3:126. Sodat Hy ’n deel van die ongelowiges kan vernietig, of hulle so verneder dat hul misluk king hulle sal laat terugval.
3:127. Dit gaan u nie aan of Hy Hom uit genade tot hulle keer, of hulle straf nie, al is hulle inderdaad boosdoeners.
3:128. En aan Allah behoort alles wat in die hemele en wat op die aarde is. Hy vergewe wie Hy wil en straf wie Hy wil. En Allah is Vergewensgesind, Genadevol.

Afdeling 14: Wat sukses vir die Moesliems beteken het

3:129. O julle wat glo! Moenie woekerwins, dubbeld en verdubbel, verslind nie, en wees godvresend sodat julle suksesvol mag wees.
3:130. En waak teen die Vuur wat vir die ongelowiges berei is.
3:131. En gehoorsaam Allah en die Boodskapper sodat genade aan julle betoon mag word.
3:132. En wedywer met mekaar om die vergifnis van julle Heer, en om die Paradys, waarvan die uitgestrektheid so wyd soos die hemele en die aarde is; dít is voorberei vir die godvresendes,
3:133. wat spandeer in die weg van Allah in tye van voor sowel as teëspoed, en wat hulle boosheid in bedwang hou en vergewensgesind is. En Allah is lief vir hulle wat goed doen aan hul naaste.
3:134. En hulle wat, wanneer hulle oortree en hul siele kwaad aangedoen het, aan Allah dink en Hom om vergifnis van hulle sonde smeek ~ en wie behalwe Allah kan sondes vergewe? ~ en hulle volhard nie willens en wetens in hulle verkeerde dade nie;
3:135. hulle beloning is beskerming van hul Heer, en Tuine waardeur riviere vloei, en waarin hulle kan woon. En groot is die loon van die ywerige werkers.
3:136. Voorwaar, hiervan was daar voorheen al voorbeelde; reis dan om die aarde en kyk wat die einde van die leuenaars was.
3:137. Hierdie Boek {Qur’ãn} is ’n duidelike verklaring aan die mense, en ’n leiding en ’n vermaning vir die godvresendes.
3:138. En wees nie weekhartig nie, en treur ook nie, en julle sal oorwinnaars wees mits julle gelowig is.
3:139. As ’n wond julle pyn veroorsaak het, dan het die ongelowiges ook ’n soortgelyke pyn gehad. Sulke dae bring Ons beurtelings oor die mens, sodat Allah toets wie die gelowiges is en martelaars uit julle midde kan neem ~ En Allah is nie lief vir die ongehoorsamiges nie ~ ;
3:140. en sodat Hy die gelowiges kan louter en die ongelowiges kan vernietig.
3:141. Reken julle dat julle die Paradys sal binnegaan terwyl julle nog nie getoets is wie van julle hard strewe en standvastig is nie?
3:142. En julle wou die dood tegemoet gaan voordat julle dit leer ken het, maar nou het julle dit gesien.

Afdeling 15: Lydinge moet verduur word met volharding

3:143. En Moegammad was slegs ’n boodskapper ~ en sommige van die boodskappers het reeds heengegaan. ~ Sal julle dan op die plek omdraai as hy sterf of gedood word? Diegene wat op terugdraai sal geen skade aan Allah berokken nie. En vorwaar, Allah sal die dankbares beloon.
3:144. En geen siel kan sterf sonder die toestemming van Allah nie ~ die tyd daarvoor is vas gestel. En wie ’n beloning in hierdie wêreld verlang, dié gee Ons hom, en wie ’n beloning in die Hiernamaals verlang, ook dít sal Ons hom gee. En Ons sal sekerlik die dankbares beloon.
3:145. En hoeveel profete, met talryke aanbidders van die Here aan hul sy, was nie al in die geveg nie? En hulle het nie moed ver loor weens die talryke ontberinge wat hulle op die weg van Allah verduur het nie, ook het hulle nie verslap of hulle self verneder nie. En Allah het die geduldiges lief.
3:146. En hulle versugtinge was slegs: Ons Heer! Beskerm ons teen ons sondigheid en die buiten sporighede in ons gedrag, en plaas krag in ons voete, en help ons teen die ongelowige volk.
3:147. Daarom het Allah hulle die beloning van hierdie wêreld gegee, maar ook ’n ruim beloning in die Hiernamaals. En Allah het die weldoeners lief.

Afdeling 16: Oorsaak van die rampe tydens die Slag van Oegoed

3:148. O julle wat glo! As julle die ongelowiges volg, sal hulle julle sekerlik in jul spore laat omdraai; dan sal julle terugkeer as verloorders.
3:149. Maar nee, Allah is julle Beskermer, en Hy is die Beste Helper.
3:150. Ons sal die harte van die ongelowiges met vrees vervul, omdat hulle aan Allah dinge toeskryf waartoe Hy geen magtiging verleen het nie. En hulle woning sal die Vuur wees. En die woonplek van die ongelowiges is verskriklik.
3:151. En Allah het Sy belofte aan julle gestand gedoen en julle het hulle met Sy verlof omgebring, maar daarna het julle lafhartig geword en onder mekaar getwis oor die saak, en ongehoorsaam geword nadat Hy julle laat sien het wat julle graag wou sien. Tussen julle was daar sommige wat hierdie wêreld begeer het, en ook diegene wat die Hiernamaals begeer het. Toe het Hy hulle van jul geskei sodat Hy julle op die proef kan stel. Maar Hy het julle daarna vergewe. En Allah is Genadevol teenoor die gelowiges.
3:152. Toe julle gevlug en op niemand ag geslaan het nie, terwyl die Boodskapper julle van veraf nader roep, het Hy nog ’n smart by julle eerste gevoeg, sodat julle nie kan treur oor wat julle verloor of oor wat met julle gebeur het nie. En Allah is bewus van wat julle doen.
3:153. Ná die smart het Hy veiligheid oor julle gebied sodat ’n deel van julle kon insluimer. Maar ’n groep was oor hulself bekommerd omdat hulle ten onregte onwetend was oor die dade van Allah. Hulle het gesê: Het ons dan iets met hierdie saak te doen? Sê: Die saak rus in die hande van Allah. Hulle verberg binne hulself wat hulle nie aan u bekend wil maak nie. Hulle sê: As die saak in ons hande was, sou ons nie hier geveg het nie. Sê: As julle tuis gebly het, sou hulle wat vir die stryd bestem was nog voortgegaan het na die plekke waar hulle sou sterf. En dit vind plaas sodat Allah julle harte kan beproef en louter. En Allah weet wat in die binneste omgaan.
3:154. Dié van julle wat terug geval het op die dag toe die twee strydmagte mekaar ontmoet het is deur die duiwel, om hulle dade se onthalwe, in vertwyfeling gebring. En voorwaar, Allah het hulle vergewe. Allah is voorwaar Vergewensgesind, Verdraagsaam.

Afdeling 17: Slag van Oegoed het ’n onderskeiding meegebring

3:155. O julle wat glo! Moenie soos die ongelowiges maak wat, wanneer hulle oor die aarde opruk, aangaande die stryd van hulle broers sê: Het hulle by ons gebly, sou hulle nie gesterf het, of doodgemaak gewees het nie. Want Allah sal dit vir hulle ’n wroeging in die hart maak. Allah skenk die lewe en ook die dood. En Allah sien wat julle doen.
3:156. En as julle in die weg van Allah omkom, en as julle sterwe, sal Sy genade en beskerming vir julle beter wees as die dinge wat julle vergaar.
3:157. En as julle sterwe of omkom, sal julle voorwaar na Allah teruggebring word.
3:158. Deur die genade van Allah is u {Die Profeet} sagmoedig teenoor hulle. {Die ongelowiges} En as u ru was, of hard vogtig, sou hulle sekerlik van u af weggetrek het. Vergewe hulle daarom en vra om beskerming vir hulle, en raadpleeg hulle in be langrike sake. Maar wanneer u vasberade is, vertrou dan op Allah. Voorwaar, Allah het hulle lief wat hul vertroue in Hom stel.
3:159. As Allah julle help, sal niemand julle kan oorweldig nie; maar as Hy julle versaak, wie sal julle dan kan help? En in Allah moet die gelowiges hulle vertroue stel.
3:160. En dit betaam nie ’n profeet om oneerlik te wees nie. En wie ook al oneerlik handel, op die Dag van Wederopstanding sal hy sy oneerlikhede met hom saambring. Dan sal elke siel ten volle uitbetaal word volgens sy verdienste, en niemand sal ingedoen word nie.
3:161. Is hy in wie Allah ’n wel behae het, dan soos iemand wat die toorn van Allah opgewek het, en wie se woning die Hel is? En dit is ’n gedoemde bestemming.
3:162. Daar is grade by Allah. En Hy sien wat hulle doen.
3:163. Voorwaar, Allah het die gelowiges ’n guns bewys deur uit hulle midde ’n boodskapper te laat opstaan wat Sy tekens aan hulle verkondig en wat hulle louter, en hulle in die Boek en in die wysheid onderrig, hoewel hulle voorheen verdwaal was.
3:164. Hoe is dit dan? Wanneer ’n rampspoed julle tref ~ en twee keer al het julle dit oor jul vyande gebring ~ sê julle: Van waar kom dit? Sê: Dit kom van julle self. Voorwaar, die mag van Allah oortref alle dinge.
3:165. En wat julle oorval het op die dag toe die twee strydmagte mekaar ontmoet het, het geskied met die verlof van Allah, sodat Hy die gelowiges kon toets;
3:166. en ook dat Hy die huige laars kon toets. En aan hulle is gesê: Kom en veg in die weg van Allah en verdedig julle. Hulle antwoord was: As ons net geweet het hoe om te veg, sou ons julle sekerlik gevolg het. Op daardie dag was hulle nader aan die ongeloof as aan die geloof; met hulle monde sê hulle wat nie in hul harte is nie. En Allah weet alles wat hulle verberg.
3:167. Hulle wat, toe hulle tuis gebly het, van hul broers gesê het: As hulle na ons geluister het, sou hulle nie dood gewees het nie. Sê: Weer dan die dood van júlle af, as julle die waarheid praat.
3:168. En dink nie aan hulle wat op die weg van Allah gesneuwel het as dooies nie. Nee, hulle lewe (inderdaad) en word deur hul Heer van die nodige voorsien.
3:169. En hulle jubel oor wat Allah van Sy oorvloed aan hulle geskenk het, en hulle is bly om die onthalwe van diegene wat nog behoue is en nog nie tot hulle versamel is nie, en ook omdat hulle geen vrees of droefheid sal ken nie.
3:170. Hulle verheug hulle in die gunste van Allah en in Sy oor vloed, want Allah sal die beloning van die gelowiges nie agterweë hou nie.

Afdeling 18: Oegoed geen wins vir die vyand

3:171. Hulle, wat op die geroep van Allah en die Boodskapper geantwoord het, al was hulle swaar gewond ~ op hulle, wat goed doen en regverdig handel, wag ’n groot beloning.
3:172. Hulle aan wie gesê is: Die volkere het teen julle saamgetrek; vrees hulle daarom; maar wie se geloof daarna nog groter was, en wat geantwoord het: Allah se hulp is vir ons genoeg, en Hy is ’n uitmuntende voog.
3:173. Daarom het hulle met die guns van Allah en Sy genade teruggekeer. Geen kwaad het hulle oorval nie, en hulle het Sy welbehae gesoek. En Allah is die Heer van groot genade.
3:174. Dit is die duiwel wat sy vriende bang maak, maar moenie hulle vrees nie, maar vrees My as julle gelowig is.
3:175. En moenie verdrietig raak oor diegene wat hulle in die ongeloof in haas nie; hulle kan tog niks aan Allah doen nie. Allah is van plan om hulle geen aandeel in die Hiernamaals te gee nie; en op hulle wag ’n groot straf.
3:176. Voorwaar, hulle wat die geloof verruil vir ongeloof, kan niks aan Allah doen nie; en vir hulle is daar ’n smartlike straf.
3:177. En laat die ongelowiges nie dink dat die uitstel wat Ons hulle verleen, goed is nie. Ons verleen hulle slegs uitstel sodat hulle in sonde kan toeneem. En daar is vir hulle ’n vernederende straf.
3:178. Allah sal die ongelowiges in hulle huidige toestand laat bly todat Hy die goeie van die kwaad geskei het. Ook gaan Allah aan julle die ongesiene nie bekend maak nie, maar kies as Sy boodskappers wie Hy wil. Glo daarom in Allah en aan Sy boodskappers. En indien julle glo en en godvresend is, sal daar vir julle ’n groot beloning wees.
3:179. En laat hulle wat uit suinigheid nie van die dinge wat Allah uit Sy oorvloed aan hulle geskenk het, wil bestee nie, nie dink dat dit hulle ten goede gere ken sal word nie. Nee, dit sal hulle ten kwade gereken word. Hulle sal op die Dag van Opstanding ’n halsband van gierigheid om hulle nekke dra. En aan Allah behoort die erfdeel van die hemele en die aarde. En Allah is bewus van julle dade.

Afdeling 19: Foutvindery van die Mense van die Boek

3:180. Waarlik, Allah het gehoor toe hulle gesê het: Allah is arm en ons is ryk. Ons sal aanteken wat hulle sê, en ook dat hulle die profete onregverdiglik doodmaak, en Ons sal sê: Smaak dan die straf van verbranding;
3:181. dít is wat julle hande ver werf het. En Allah is nie onregverdig teenoor Sy dienaars nie.
3:182. Hulle wat sê: Allah beveel ons om geen boodskapper te glo nie tensy hy ’n offerande kan bring wat deur vuur verteer sal word. Sê: Tog het daar vóór my boodskappers na julle gekom met duidelike tekens en met wat julle wou hê. As julle die waarheid praat, waarom wou julle hulle dan doodmaak?
3:183. Maar as hulle u {Moegammad} verwerp, weet dan dat daar vóór u bood- skappers was wat verwerp is, boodskappers wat met duidelike tekens, Heilige Geskrifte en die Boek van Verligting gekom het.
3:184. Elke siel sal die dood proe. En op die Opstandingsdag sal jul beloning ten volle aan julle uitbetaal word. Wie ver van die Vuur verwyder word en die hemel mag binnegaan, het inderdaad sy doel bereik. En die lewe in hierdie wêreld is niks anders as ’n bedrogspul nie.
3:185. Julle sal sekerlik met julle besittings en jul persoon beproef word. En julle sal pynlike dinge hoor van hulle aan wie die Boek vantevore gegee is, en van die afgodedienaars. Maar as julle geduldig en godvresend is, dan is dit waarlik ’n saak van vasberadenheid.
3:186. En toe Allah ’n verbond gesluit het met hulle aan wie die Boek gegee is, het Hy gesê: Julle sal dit aan die mense bekend maak en dit nie verberg nie. Maar hulle het dit die rug toege keer en dit vir ’n mislike prys verruil. Kwaad is dit wat hulle aankoop.
3:187. Moenie dink dat hulle wat juig oor wat hulle gedoen het, en wat daarvan hou om geprys te word vir wat hulle gedoen het, die straf sal ontduik nie. En op hulle wag ’n smartlike straf.
3:188. En aan Allah behoort die koninkryk van die hemele en die aarde. En Allah se mag oortref alles.

Afdeling 20: Uiteindelike triomf van die gelowiges

3:189. In die skepping van die hemele en die aarde en in die wisseling van dag en nag, is daar waarlik tekens vir mense wat verstaan.
3:190. Hulle wat aan Allah dink, of hulle staan of sit of lê, en na dink oor die skepping van die hemele en die aarde, sê: Ons Heer! U het dit nie vergeefs geskape nie. Lof kom U toe! Red ons daarom van die straf van die Vuur.
3:191. Ons Heer, diegene wie deur U die Vuur binnegestuur word, is grootliks verneder. En die onregverdiges sal geen helpers vind nie.
3:192. Ons Heer! Ons het ’n prediker gehoor wat tot die geloof oproep, en sê: Glo in u Heer! Ons glo. Ons Heer! Vergeef ons ons sonde en wis die kwaad in ons uit en laat ons saam met die regverdiges sterwe.
3:193. Ons Heer, skenk ons wat U ons deur U boodskappers belowe het, en verneder ons nie op die Opstandingsdag nie. Voorwaar, U verbreek nooit U beloftes nie.
3:194. Daarom het hulle Heer dan ook hul gebed verhoor en gesê: Ek sal die werke van geen arbeider onder julle ~ hetsy man of vrou ~ verlore laat gaan nie. Julle hoort bymekaar. Hulle wat gevlug

het en uit hulle huise verdryf is, en om My ontwil vervolg is, en in die stryd gesneuwel het, Ek sal hulle skuld nietig verklaar en hulle Tuine laat binnegaan waardeur riviere vloei. Dit is ’n beloning van Allah. En Allah bied die beste beloning.
3:195. Laat die ongelowiges wat die land beheer, julle nie bedrieg nie.
3:196. Hulle vreugde is kortstondig! Daarna sal hulle in die Hel woon; en dit is ’n ge doemde rusplek.
3:197. Maar hulle wat hul Heer vrees, vir hulle is daar Tuine waardeur riviere vloei; daarin sal hul vertoef, deur hul Heer onthaal. En wat by Allah is, is vir die regverdige verkiesliker.
3:198. Sommige van die Mense van die Boek glo in Allah, en aan dít wat aan julle geopenbaar is, en hulle verootmoedig hul voor Allah. Hulle verkoop ook nie die Tekens van Allah teen ’n geringe prys nie. Dit is húlle wat ’n beloning by hul Heer sal vind. Voorwaar, Allah is haastig met vereffening.
3:199. En vrees Allah sodat julle geseën mag wees.

Hoofstuk 4: Die Vroue

Afdeling 1: Pligte van voogde teenoor weeskinders

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

4:1. O Mense! Vrees julle Heer, wat julle uit een enkele wese geskape het, en ook daaruit sy gesellin geskape het, en uit hulle baie mans en vrouens laat voortspruit het. En vrees Allah, in Wie se naam julle regte van mekaar eis; en hou die familiebande heg.
4:2. En gee aan die weeskinders hul eiendom, en moenie waardelose dinge vir hul kosbare besittings verruil nie, en wees nie gretig om húlle eiendom by julle s’n te voeg nie. Voorwaar, dis ’n groot oortreding.
4:3. En as julle bevrees is dat julle nie regverdig sal wees teenoor die weeskind nie, tree dan in die huwelik met vroue wat vir julle geskik sal wees, twee of drie of vier. Maar as julle vrees dat julle nie regverdig sal wees nie, trou dan net een, of met die wat julle regterhand besit. Dit is vir julle die beste wyse om onregverdigheid te voorkom.
4:4. En gee aan die vroue hulle bruidskat as geskenk. Maar as hulle uit eie beweging julle ’n deel daarvan kwytskeld, geniet dit dan met genoeë en plesier.
4:5. En dra nie die beheer van julle eiendom, wat Allah as ’n lewensmiddel aan julle gegee het, aan swaksinniges oor nie, maar onderhou hulle daarmee en klee hulle en spreek hulle met mooiheid en regverdigheid aan.
4:6. En toets die weeskind wanneer hulle ’n hubare ouderdom bereik het. As julle hulle dan ryp en verstandig vind, gee hul eiendom aan hulle, en verteer dit nie in spandabelheid en haas terwyl hulle nog opgroei nie. En laat hy wat vermoënd is hom daarvan weerhou, en laat die arm persoon met billikheid daarvan gebruik. En wanneer julle hul eiendom oorhandig, laat daar getuies aanwesig wees. En Allah Genoegsaam, die Groot Ouditeur.
4:7. Vir die mans is daar ’n aandeel van wat ouers en naasbestaan des bemaak, en ook vir vroue is daar ’n aandeel van wat die ouers en bloedverwante nalaat ~ ’n vasgestelde aandeel.
4:8. En wanneer familielede en weeskinders en behoeftiges by die uitdeling van die erfenis aanwesig is, gee hulle daarvan en spreek hulle met mooiheid en regverdigheid aan.
4:9. En laat hulle Allah vrees wat, indien hul deur ’n magtelose nageslag oorleef sal word, oor hulle besorg sal wees. En vrees Allah, en laat hulle welgevallige woorde spreek.
4:10. Hulle wat die eiendom van die weeskind misbruik, plaas slegs vuur in hulle mae. Die Vlammende Vuur sal hulle verteer.

Afdeling 2: Wet op erflatings

4:11. Allah gebied julle aangaande jul kinders: vir ’n seun net soveel as vir twee meisies; maar as daar meer as twee meisies is, dan is daar vir hulle twee derdes van die nalatenskap; maar as daar net een is, moet sy die helfte kry. En vir elkeen van sy ouers is daar een sesde van die erfenis, as hy ’n kind het; maar as hy geen kinders het nie en sy twee ouers alleen van hom erf, dan sal sy moeder een derde erf; maar as hy broers het, is daar vir sy moeder een sesde, ná die uitbetaling van enige legaat wat hy dalk bemaak het, of ’n delging van skuld. Julle ouers of julle kinders: julle weet nie aan wie van hulle julle die meeste verskuldig is nie. Dit is die verordening van Allah. Voorwaar, Allah is Alwetend, vol Wysheid.
4:12. En vir julle is die helfte van wat julle vroue nalaat, indien hulle geen kinders het nie, maar as hulle kinders het, dan is u aandeel een kwart van wat hulle nalaat nadat enige legaat wat hulle mag bemaak het of nadat skuld gedelg is, en vir hulle is een kwart van wat u nalaat indien u geen kind het nie; maar indien u ’n kind het, dan is hulle aandeel een agtste van wat u nalaat nadat ’n legaat van wat u mag bemaak het of skuld gedelg is. En as ’n kinderlose man of vrou eiendom nalaat, en hy of sy het ’n broer of ’n suster, dan is daar vir elkeen van hulle een sesde; maar as daar meer is, dan sal hulle deelgenote wees aan een derde, nadat ’n legaat uitbetaal is van wat hulle mag bemaak het of ’n skuld gedelg is, sonder die benadeling van ander. Dít is die verordening van Allah, en Allah is Al wetend, mees Verdraagsaam.
4:13. Dit is die bepalinge van Allah. En wie gehoorsaam is aan Allah en Sy boodskapper, Hy sal hom die Tuine laat binne gaan waardeur riviere vloei, om daarin te woon. En dit is ’n groot sukses.
4:14. En wie ongehoorsaam is aan Allah en Sy boodskapper, en Sy bepalinge oortree, Allah sal hom die Vuur laat binnegaan om daarin te vertoef; en dit is ’n vernederende straf.

Afdeling 3: Behandeling van vroue

4:15. En wat die vroue betref wat hulle aan onwettige seksuele gemeenskap skuldig gemaak het, roep vier getuies teen hulle in; as hulle getuienis teen hulle kan inbring, beperk hulle dan tot die huis totdat die dood hulle kom haal, of totdat Allah vir hulle ’n weg aanwys.
4:16. En as twee van julle daaraan skuldig is, straf albei; en indien hulle berou het en hulself verbeter, laat hulle dan met rus. Voorwaar, Allah is Berouaanvarend, Genadevol.
4:17. Waarlik, Allah aanvaar slegs die berou van hulle wat in onwetendheid gesondig het en spoedig daarna tot Allah terugkeer. Dit is tot húlle dat Allah Homself met barmhar tigheid wend. En Allah is Alwetend, vol Wysheid.
4:18. En die aanvaarding van berou is nie vir hulle wat aanhoudend sondig nie, en as die dood hulle besoek, sê: Nou het ons berou; en dit is ook nie vir dié wat ongelowig sterwe nie. Vir hulle het Ons ’n smartlike straf voorberei.
4:19. O julle wat glo! Dit is julle nie geoorloof om vroue teen hulle wil te erf nie. Ook moet julle hulle nie in die verleentheid stel deur ’n deel van hul bruidskat terug te neem nie, tensy hulle skuldig was aan onwettige seksuele gemeenskap. En as julle hulle haat, dan mag dit wees dat julle iets verafsku waarin Allah veel goeds vind.
4:20. En as u een vrou in ruil vir ’n ander wil neem, en u haar reeds heelwat goud gegee het, neem dan niks daarvan terug nie. Sal julle dit deur laster, en op ’n klaarblyklik sondige manier, terugneem?
4:21. Hoe kan julle dit neem, wan neer julle reeds by mekaar ingegaan het, en hulle ’n sterk verbond met julle gesluit het?
4:22. En tree voortaan nie meer in die huwelik met die vroue van jul vaders nie. Voorwaar, dit is sleg en afskuwelik, en dis ’n verkeerde gebruik.

Afdeling 4: Met watter vroue in die huwelik getree mag word

4:23. Vir julle is verbode: julle moeders, en julle dogters, en julle susters en julle vaders se susters, en die dogters van jul broers, en dié van jul susters, én julle soogmoeders, en jul stiefsusters, en moeders van julle vroue, en jul stiefdogters wat onder die sorg is van vroue by wie julle ingegaan het ~ maar as julle nie by hulle ingegaan het nie, dan is jul sonder blaam ~ en die vroue van julle seuns wat uit jul lendene gebore is. Ook is dit julle verbode om twee susters te trou, met uitsondering van wat reeds verby is. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadevol.
4:24. En vroue wat alreeds getroud is, met uitsondering van die gevangenes wat julle regterhand besit, is vir julle verbode. Dít het Allah aan julle verorden. Alle ander vroue is julle veroorloof, op voorwaarde dat julle hulle soek met jul eiendom, en met hulle in die huwelik tree en geen ontug pleeg nie. Aangaande hulle, met wie dit jul baat om in die huwelik te tree, gee hulle hul bruidskatte volgens die oorgeskrewe bepaling. En daar sal op julle geen blaam rus oor alles waartoe julle ooreenkom nadat die bruidskat vasgestel is nie. Voorwaar, Allah is Alwetend, vol Wysheid.
4:25. En diegene wat nie kan bekostig om met vrye gelowige vroue te trou nie, tree dan in die huwelik met gelowige diensmeisies wat julle regterhand besit. En Allah ken julle geloof die beste. Julle is na aan mekaar; tree daarom met hulle in die huwelik met die goedkeuring van hul eienaars, en wees redelik wanneer julle vir hulle bruidskatte gee; en hulle moet kuis wees, nie ontug pleeg nie en ook geen geheime minnaars hê nie. En as hulle, nadat hulle in die huwelik getree het, aan ower spel skuldig is, straf hulle dan met die helfte van die straf wat vir vry vroue voorgeskryf is ~ Dit is vir diegene wat vrees dat hulle sal sondig. Maar ont houding sal vir julle beter wees. En Allah is Vergewens gesind, Genadevol.

Afdeling 5: Regte van vroue op hulle verdienste

4:26. Allah wil dit aan julle verdui delik en julle lei op die weg van hulle wat vóór julle was, en Hom na julle wend. En Allah is Alwetend, vol Wysheid.
4:27. En Allah wil Hom met barm hartigheid na julle wend. En dié wat deur hulle lae begeertes gelei word, begeer dat julle verder moet verdwaal.
4:28. Allah wil graag julle laste verlig, want die mens is van nature swak.
4:29. O julle wat glo! Moenie mekaar se eiendom op onwet tige wyse deurbring nie, en dryf handel deur onderlinge ooreenkoms. En julle mag nie selfmoord pleeg nie. Voorwaar, Allah is altyd vir julle Genadevol.
4:30. En wie ook al dit doen, by wyse van oortreding en deur onregverdigheid, Ons sal hom in die Vuur werp. En vir Allah is dít maklik.
4:31. Indien julle die groot dinge wat vir julle verbode is, vermy, sal Ons julle slegte neigings van julle wegneem, en veroorsaak dat julle ’n geëerde plek kan binnegaan.
4:32. En begeer nie dít waardeur Allah sommige van julle bo ander laat uitblink nie. Vir mans is daar die voordeel van verdienste, en vir vroue is daar die voordeel van verdienste. En vra Allah om Sy oorvloed. Voorwaar, Allah is altyd die Kenner van Alles.
4:33. En vir elkeen het Ons erfge name bepaal ten opsigte van wat ouers en bloedverwante nalaat. En diegene met wie julle ooreenkomste onder eed bekragtig het, gee vir hulle wat hul toekom. Waarlik, Allah is Getuie van alles.

Afdeling 6: Geskil tussen man en vrou

4:34. Mans is die beskermers en onderhouers van vroue, waarin Allah dan ook sommige laat uitblink bo die ander, omdat hulle hul vermoë bestee. Daarom is deugsame vroue ook onderdanig, {Aan Allah} en waak sy oor die ongesiene, {’n Eufemisme vir die regte van die man} soos Allah dit ook bewaak. En hulle van wie julle ongehoorsaamheid waarneem, wys hulle tereg, en moenie ’n bed met hulle deel nie, en tugtig hulle. As hulle daarna gehoorsaam is, vergewe hulle. Voorwaar, Allah is Verhewe, Groot.
4:35. En indien jy ’n skeuring tussen die twee vrees, stel dan ’n arbiter aan uit sý familie, en een uit háár familie. Indien albei versoening begeer, sal Allah dit bewerk. Voorwaar, Allah is Alwetend, en goed Ingelig.
4:36. En aanbid Allah, en vereen selwig niks met Hom nie; en doen goed aan julle ouers, en bloedverwante, en die weeskind en die behoeftiges; en aan julle naaste, wat ’n bloedverwant kan wees; en aan die naaste wat ’n vreemdeling is, en aan jul metgeselle, en aan die reisiger, en aan hulle wat julle regterhand besit. Voorwaar, Allah is nie lief vir die verwaandes en die grootpraters nie.
4:37. Die gierigaards en hulle wat mense tot gierigheid aanspoor, en wat wegsteek wat Allah hulle uit Sy oorvloed gegee het ~ en vir die ongelowiges het Ons ’n vernederende straf voorberei ~
4:38. en vir hulle wat hulle rykdom spandeer om deur die mense gesien te word, en wat nie in Allah glo nie, en ook nie in die Laaste Dag nie; en wie die duiwel as vriend het, het ’n verderflike vriend.
4:39. En wat kan hulle oorkom as hulle in Allah glo en aan die Laaste Dag en spandeer van wat Allah aan hulle geskenk het?
4:40. Waarlik, Allah rig nie ’n greintjie kwaad aan nie; en die goeie daad word vermenig vuldig en van Sy kant is daar ’n groot beloning.
4:41. Maar hoe sal dit wees wanneer Ons ’n getuie vir elke volk sal inroep en u as getuie teenoor hulle stel?
4:42. Op hierdie Dag sal hulle wat nie wou glo nie, en die Boodskapper ongehoorsaam was, wens dat die aarde saam met hulle gelyk gemaak moet word. En niks kan hulle vir Allah wegsteek nie.

Afdeling 7: Reiniging van die siel

4:43. O julle wat glo! Tree nie tot die gebed toe in ’n benewelde toestand nie, totdat julle weet wat julle sê; en ook nie nadat julle geslagsgemeenskap gehad het nie, totdat julle gebad het nie. En as julle siek of op reis is, of julle kom van die toilet, of julle het ’n vrou aangeraak en kon geen water vind nie, neem dan suiwer grond, en vee oor julle gesigte en hande daarmee. Voorwaar, Allah is Inskiklik, Vergewensgesind.
4:44. Sien julle nie vir hulle aan wie ’n deel van die Boek gegee is nie? Hulle koop dwaling aan en wens dat julle ook van die regte weg moet afdwaal.
4:45. En Allah weet goed wie julle vyande is. En Allah is toe reikend as Vriend en voldoende as Helper.
4:46. Sommige van hulle, wat Jode is, ruk woorde uit verband uit en sê: Ons het gehoor maar gehoorsaam nie, en: Raa-‘ie-naa, terwyl hulle woorde met die tong verdraai en die gods diens belaster. En het hulle maar gesê: Ons hoor en ons gehoorsaam, en: Luister, en: Oen-zoer-naa, dan sou dit vir hulle beter en meer welgevallig gewees het; maar Allah het hulle weens hulle ongeloof vervloek sodat hulle maar weinig sal glo.
4:47. O julle aan wie die Boek ge skenk is! Glo in dít wat Ons geopenbaar het, en wat trouens bevéstig wat julle reeds besit, voordat Ons julle leiers ver nietig of hulle op hulle rúe neerwerp, of hulle vervloek, soos Ons die sabatskenders vervloek het. En die gebooie van Allah sál volbring word.
4:48. Waarlik, Allah vergewe niemand wat iets of iemand aan Hom gelyk stel nie, maar Hy sal alle ander dinge vergewe van wie Hy wil. En wie ook al iemand met Allah vereenselwig, het waarlik ’n groot sonde gepleeg.
4:49. Het julle nie al mense gesien wat reinheid aan hulself toe skryf nie? Nee, Allah reinig wie Hy wil, en nie die geringste onreg sal hulle daarna aange doen word nie.
4:50. Kyk net hoe het hulle leuens teen Allah versin! Voorwaar, dit is ’n groot sonde.

Afdeling 8: ’n Koninkryk aan Abraham se afstammelinge toegeken

4:51. Het julle nie diegene gesien aan wie ’n deel van die Boek geskenk is nie? Hulle glo aan towery en waarseggers, en sê van hulle wat nie glo nie: Hulle word op ’n beter weg gelei as die gelowiges.
4:52. Dit is húlle wat deur Allah vervloek is. En wie ook al deur Allah vervloek is, vir hom sal julle geen helper vind nie.
4:53. Of het hulle ’n aandeel aan die Koninkryk? Maar hulle sal die mense nie soveel as ’n stippel tjie op ’n dadelpit wou gee nie.
4:54. Of beny hulle die mense omdat Allah van Sy gunste aan hulle gegee het? Maar ons het inderdaad aan die kinders van Abraham die Boek en die Wysheid geskenk, en Ons het aan hulle ’n groot koninkryk gegee.
4:55. Tussen hulle is daar diegene wat in hom {Moegammad} glo en ook dié wat vir hom die rug toekeer. En die Hel is goed genoeg vir hulle.
4:56. Diegene wat nie in Ons tekens glo nie, sal weldra die Vuur binnegaan. En as hulle velle verbrand is, sal Ons dit telkens met ’n ander vervang, sodat hulle die volle straf kan kry. Waarlik, Allah is Almagtig, vol Wysheid.
4:57. En diegene wat glo en goeie dade doen, Ons sal hulle die Tuine waardeur riviere vloei, laat binnegaan, om vir ewig daarin te woon. Daarin sal vir hulle rein metgeselle wees, en Ons sal hulle toegang tot verdiepende skadu’s verleen.
4:58. Voorwaar, Allah gebied julle om alle toevertroude pande terug te gee aan hulle vir wie dit toekom, en dat wanneer julle tussen mense moet oordeel, julle dit in geregtigheid moet doen. Voorwaar, Allah vermaan julle met wat voortreflik is. Voorwaar, Allah is die Alhorende, Al siende.
4:59. O julle wat glo! Gehoorsaam Allah en gehoorsaam die Boodskapper, en diegene in gesagsposisies; en indien julle oor iets verskil, verwys dit na Allah en die Boodskapper, indien julle in Allah en aan die Laaste Dag glo. Dit is die beste en ook meer geskik vir die bereiking van die einddoel.

Afdeling 9: Die Profeet moet gehoorsaam word

4:60. Het julle diegene gesien wat beweer dat hulle glo in die openbaringe en in dít wat vóór hulle geopenbaar is? Hulle soek graag die oordeel van die duiwel, hoewel hulle beveel was om hom te verwerp. En die duiwel wil hulle graag laat afdwaal.
4:61. En wanneer aan hulle gesê word: Kom die dinge na wat Allah aan die Boodskapper geopenbaar het, dan sien u hoedat die huigelaars van u af wegdraai.
4:62. Maar wanneer ’n ongeluk hulle tref, vanweë hul eie doen en late, kom hulle na u en sê: Ons sweer by Allah! ons het niks anders as goed en versoening bedoel nie.
4:63. Dit is húlle van wie se harte Allah die geheime weet; wend julle daarom van hulle af weg, en vermaan hulle, en spreek hulle aan met treffende woorde.
4:64. En Ons stuur geen boodskapper nie of hy moet, volgens Allah se gebod, gehoorsaam word. En het hulle (die huigelaars) maar, toe hulle hulself onreg aangedoen het, na u gekom, en het die Boodskapper maar om vergifnis vir hulle gesmeek, dan sou hulle Allah sekerlik Berouaanvarend, Genadevol gevind het.
4:65. Maar nee, by u Heer, hulle kan geen ware geloof ervaar nie, alvorens hulle u nie as regter oor hulle aanstel nie, en daar geen verset in hulle harte teen u is nie, en hulle hulself aan u onderdanig maak nie.
4:66. En as Ons hulle gebied en gesê het: Gaan lê jul lewens af; of: Verlaat julle wonings; sou hulle dit nie gedoen het nie, behalwe ’n paar van hulle. Het hulle maar gedoen wat hulle vermaan was om te doen, sou dit vir hulle beter gewees het, en ook ’n versterking van hul geloof.
4:67. En dan sou Ons hulle sekerlik ’n groot beloning gegee het.
4:68. En Ons sou hulle waarlik op die regte pad gelei het.
4:69. En wie Allah en die Boodskapper gehoorsaam, hulle sal onder diegene tel aan wie Allah Sy gunste skenk, naamlik, die profete en die getrouelinge, en die getuies, {Die martelaars} en die heiliges; en hulle is in uitnemende geselskap.
4:70. Dít is die genade van Allah, en Allah is waarlik die Alwetende.

Afdeling 10: Gelowiges moet hulself verdedig

4:71. O julle wat glo! Tref goeie voorsorg, en beweeg voort in groepe of gesamentlik.
4:72. Tussen julle is diegene wat wil kop uittrek. As ’n ongeluk julle tref, sê hy: Voorwaar, Allah het my ’n guns bewys omdat ek nie saam met julle was nie.
4:73. Maar indien Allah julle bevoordeel, sê hy, asof daar tussen julle en hom geen vriendskap bestaan nie: Was ek saam met julle, sou ek nóg gelukkiger gewees het.
4:74. Laat hulle dan, wat die lewe van hierdie wêreld vir dié van die Hiernamaals opoffer, in die weg van Allah strewe. En wie ook al in die weg van Allah strewe, ongeag of hy sneuwel of ’n oorwinning behaal, Ons sal aan hom weldra ’n groot beloning besorg.
4:75. En waarom strewe julle nie vir die saak van Allah nie, en vir die swakkes ~ manne en vroue en kinders ~ wie uitroep: Onse Heer! Neem ons weg uit hierdie stad waarvan die bewoners onderdrukkers is, en skenk aan ons ’n vriend en ’n helper!
4:76. Diegene wat glo, strewe in die weg van Allah, en die ongelowiges in die weg van die duiwel. Strewe daarom téén die vriende van die duiwel; voorwaar, die stryd van die duiwel is ’n vergeefse stryd.

Afdeling 11: Die houding van die Huigelaars

4:77. Het u hulle gesien aan wie gesê is: Weerhou julle hande van die kwaad: onderhou die gebede en betaal die Zakaat? {Verpligte gunste aan die behoeftiges} Maar wanneer hulle tot die stryd beveel word, dan vrees sommige die mense soos Allah gevrees behoort te word, en selfs nog meer, en sê: Ons Heer! Waarom het U ons in die stryd gestuur? Waarom het U ons nie nog ’n rukkie lank uitstel verleen nie? Die voordeel van hierdie wêreld is maar gering; en vir die pligs getroues is die Hiernamaals beter. En nie die minste onreg sal julle aangedoen word nie.
4:78. Waar julle ook al mag wees, die dood sal julle oorval, selfs al is julle ook op hoë torings. En as iets goeds met hulle gebeur, sê hulle: Dit is van Allah. Maar as die kwaad hulle oor val, sê hulle: Dit is van u. {Die Profeet Moegammad} Sê: Alles kom van Allah. Maar wat makeer hierdie mense dat hulle nie die Woord wil verstaan nie?
4:79. Indien enigiets van goed met julle gebeur, dit kom van Allah, en watter kwaad julle ook al mag oorval, is deur julle eie toedoen. En Ons het u {Moegammad} as ’n boodskapper na die mense gestuur. En Allah is ’n bevoegde Getuie.
4:80. Wie die Boodskapper gehoor saam, is inderwaarheid aan Allah gehoorsaam. En diegene wie hulself wegkeer ~ u is nie ’n bewaker oor hulle nie.
4:81. En hulle sê: Ons is gehoorsaam! Maar wanneer hulle van u af wegdraai, smee sommige in die nag komplotte téén u woorde. En Allah teken alles op wat hulle in die nag beraam. Wend u dus van hulle af en stel u vertroue alleen in Allah. En Allah is ’n uitnemende Voog.
4:82. Sal hulle dan nie die Qur’ãn bepeins nie? Was dit van iemand anders as Allah, sou hulle daarin heelwat teenstry dighede ontdek het.
4:83. Maar as hulle nuus van veilig heid of vrees verneem, versprei hulle dit. As hulle dit maar na die Boodskapper of die gesagsvoerders verwys het, dan sou dié, uit hoofde van hul kennis, dit kon verklaar. En was die genade van Allah nie met julle nie, dan sou julle almal, met enkele uitsonderinge, die dui wel gevolg het.
4:84. Strewe dan in die weg van Allah ~ u is slegs vir uself verantwoordelik ~ en spoor die gelowiges aan. Dit kán wees dat Allah die strydkrag van die ongelowiges beteuel. En Allah is Magtig, en Streng in die oplê van straf.
4:85. Wie ook al as bemiddelaar in ’n goeie saak optree, sal ’n aandeel daaraan hê; en wie as bemiddelaar in ’n slegte saak optree, hy sal ook ’n aandeel daaraan hê. En Allah hou toe sig oor alles.
4:86. En wanneer julle gegroet word, groet dan vriendeliker terug, of erken dit ten minste. Voorwaar, Allah hou rekening van alles.
4:87. Allah! Daar is geen God nie behalwe Hy. ~ Op die Opstandingsdag sal Hy julle byeen bring; daaroor bestaan geen twyfel nie. En wie se woorde is meer opreg as Allah s’n?

Afdeling 12: Hoe om teenoor die Huigelaars op te tree

4:88. Waarom is julle in twee kampe verdeel oor die Huigelaars? Allah het hulle tot die ongeloof laat terugkeer omdat hulle dit verdien het. Is julle gretig om diegene (op die regte weg) te lei vir wie Allah laat afdwaal het? En wie Allah laat afdwaal, vir hom sal u geen uitweg vind nie.
4:89. Hulle wens dat julle so ongelowig is as hulle, sodat julle aan mekaar gelyk kan wees; neem daarom geen vriende uit hul midde nie, totdat hulle ter wille van Allah uit hul huise gevlug het. As hulle weer in vyandskap verval, gryp hulle dan en maak hulle dood, waar julle hulle ook mag vind; en neem geen vriend of helper uit hulle midde nie;
4:90. behalwe as hulle aan ’n volk behoort met wie julle ’n verbond gesluit het, of hulle wat na julle kom terwyl hulle harte daarteen in verset is om julle of hul eie volk te beveg. Daarom, as hulle hulself op ’n afstand hou en julle nie beveg nie, en julle vrede aanbied ~ dan laat Allah julle nie toe om iets téén hulle te onderneem nie.
4:91. Julle sal ander vind wat by julle sowel as hul eie volk veilig wil wees; telkens wanneer hulle tot vyandigheid opgeroep word, volg hulle blindelings. As hulle hul dan nie op ’n afstand hou nie, en julle ook nie vrede aanbied of hulle hande terughou nie, gryp hulle dan en bring hulle om, waar julle hulle ook mag vind. Teenoor hulle het Ons julle ’n duidelike opdrag gegee.

Afdeling 13: Die moordenaar van ’n Moesliem

4:92. Dit betaam nie ’n gelowige om ’n ander gelowige te vermoor nie, tensy dit per ongeluk ge beur. En wie ’n gelowige per ongeluk doodmaak, moet ’n gelowige slaaf bevry, en bloed geld aan sy mense {Erfgename} betaal, ten sy hulle dit uit liefdadigheid kwytskeld. Maar as die oorle dene ’n gelowige uit ’n ongelowige stam is, dan is die be vryding van ’n slaaf voldoende. En as hy aan ’n volk behoort met wie julle ’n verbond gesluit het, dan moet die bloedgeld aan sy mense betaal word, tesame met die bevryding van ’n gelowige slaaf; maar hy wat nie die vermoë daartoe besit nie, moet vir twee agtereenvolgende maande vas ~ ’n boetedoening aan Allah. En Allah is Alwetend, vol Wysheid.
4:93. En wie ’n gelowige met opset doodmaak, die Hel sal sy deel wees; daarin sal hy bly. Allah se toorn is op hom; Hy het hom vervloek en vir hom word ’n groot straf voorberei.
4:94. O julle gelowiges! Wanneer julle in die weg van Allah opruk, stel eers ondersoek in, en sê vir niemand wat julle in vrede groet: U is geen gelowige nie! ~ Soek altyd die goeie in hierdie lewe. By Allah is goeie in oorvloed. Julle was voorheen ook so, {D.w.s. ongelowig. migreer nie? Dit is húlle vir wie die Hel ’n tuiste sal wees ~ en dit is ’n gedoemde eindbestemming} maar Allah het aan julle Sy guns bewys; stel daarom eers ondersoek in. Voorwaar, Allah is altyd bewus van julle dade.
4:95. Die onwilliges tussen die gelowiges ~ met uitsondering van dié met liggaamsgebreke ~ is nie gelyk aan hulle wat met hul rykdom en persoon hard in die Weg van Allah strewe nie. Allah het hulle wat so strewe, stap vir stap bo die draadsitters laat uitblink. En aan elkeen het Allah vele gunste belowe. En Allah sal die strewers bó die draadsitters bevoordeel met beloning,
4:96. ’n groter vergifnis en barm hartigheid. En Allah is Vergewensgesind, Genadevol.

Afdeling 14: Moesliems wat moes agterbly

4:97. Aangaande hulle wat deur engele ter dood gebring is terwyl hulle aan hulself onreg gedoen het, sal die engele vra: Wat het julle aangevang? Dan sal hulle sê: Ons was swak. Aan hulle sal gesê word: Was Allah se aarde nie ruim genoeg vir julle om daarop te
4:98. Maar nie die swak mans en vroue en kinders, wat geen middel tot hul beskikking ge had het nie en ook geen ontsnappingsroete kon vind nie.
4:99. Dit mag wees dat Allah hulle sal vergewe, want Allah is Vergewensgesind.
4:100. En wie ter wille van Allah moet vlug, sal op aarde maklik ’n herberg vind. En wie sy huis verlaat en Allah en Sy Boodskapper volg, en die dood oorval hom, Allah het sy belo ning reeds vasgestel; en Allah is Vergewensgesind, Genade vol.

Afdeling 15: Gebed tydens die geveg

4:101. En wanneer julle deur die land reis, sal dit vir julle geen sonde wees om die gebed te verkort nie, as julle reken dat die ongelowiges julle leed kan aandoen. Voorwaar, die ongelowiges is julle openlike vyand.
4:102. En wanneer u {Moegammad} in hul middde is, en hulle lei in gebed, laat ’n deel van hulle by u staan, en ook hul wapens reghou. En wanneer hulle hul gebedsprostrasie voltooi het, laat hulle agter om u gaan, en laat die ander groep, wat nog nie gebid het nie, vorentoe kom en met u bid, en laat hulle voorsorgmaatreëls tref en ook hul wapens neem. Die ongelowiges begeer dat julle nie ag sal slaan op jul wapens en bagasie nie, sodat hulle julle gesamentlik en plotseling kan oorval. As julle jul wapens opsy lê as dit reën of wanneer julle siek is, sal dit julle nie as sonde gereken word nie, maar tref voorsorg. Voorwaar, Allah het vir die ongelowiges ’n vernederende straf voorberei.
4:103. Dus, wanneer julle die gemeentelike gebed voltooi het, dink aan Allah staande, sittend of lê-ende. Maar wanneer julle veilig is, onderhou die gereelde gebed. Gebed is vir die gelowiges voorgeskryf op vasgestelde tye.
4:104. En wees nie weekhartig as julle die vyand jag nie. As julle ly, dan ly hulle ook, en julle het hoop van Allah wat hulle nie durf om te hoop nie. En Allah is Alwetend, vol Wysheid.

Afdeling 16: Die Huigelaars is oneerlik

4:105. Waarlik, Ons het aan u die Boek wat die waarheid be vat, geopenbaar sodat u tussen die mense reg kan spreek met behulp van wat Allah u geleer het. En wees geen pleitbesor ger vir die oneerlikes nie.
4:106. En vra vergifnis van Allah. Voorwaar, Allah is Ver gewensgesind, Genadevol.
4:107. En tree nie in die bresse vir hulle wat hul siele onreg aangedoen het nie. Voorwaar, Allah is nie lief vir die verraderlikes en die sondiges is nie.
4:108. Hulle probeer om hulle misdade vir die mense weg te steek, maar vir Allah kan hulle dit nie verberg nie; en Hy is by wanneer hulle snags komplotte smee wat Hom nie behaag nie. En Allah omring altyd alles wat hul doen.
4:109. Kyk! Dit is júlle wat in hierdie lewe vir hulle pleit. Maar wie sal op die Opstandingsdag vir hulle by Allah intree, of wie sal as voog oor hulle wees?
4:110. En wie sondig of sy siel onreg aandoen en daarna vir Allah om vergifnis vra, sal Allah Vergewensgesind, Gena devol vind.
4:111. En wie ’n sonde begaan, doen dit ten koste van sy eie siel. En Allah is Alwetend, vol Wysheid.
4:112. En wie ’n fout of ’n sonde begaan en dit dan aan ’n onskuldige toeskryf, voorwaar, hy neem die skuld van lastering en kwaadwilligheid op homself.

Afdeling 17: Geheime beraadslagings van die Huigelaars

4:113. En was dit nie vir die goedertierenheid van Allah, en Sy genade nie, sou hulle al besluit het om u te vernietig. Maar hulle vernietig niemand anders as hulle self nie, en hulle kan u geheel en al geen skade berokken nie. En Allah het aan u die Boek en die Wysheid geopenbaar, en u onderrig in wat u nie geweet het nie; en Allah se goeder tierenheid oor u is baie groot.
4:114. Daar word niks goeds gebore uit die geheime beraad slaging van huigelaars nie, maar wel uit hom wat liefda digheid of goedheid bevorder en die mense tot vrede aan spoor. En wie dít doen en na die welbehae van Allah soek, hom sal Ons ryklik beloon.
4:115. En wie vyandig teen die Boodskapper optree nadat sy leiding vir hom duidelik geword het en ’n ander weg as die gelowiges inslaan, Ons sal hom sy eie sin laat volg, en Ons sal hom in die Hel werp. Dit is ’n gedoemde bestem ming.

Afdeling 18: Die veroordeling van afgoder y

4:116. Voorwaar, Allah vergewe dit nie as iets aan Hom gelyk gestel word nie, maar behalwe dít vergeef Hy wie Hy wil. En wie iets aan Allah gelykstel, het inderdaad ver afgedwaal.
4:117. Wie iets anders as Hy aanbid, aanbid lewelose dinge, en hulle aanbid niemand anders as die opstandige Satan nie,
4:118. vir wie Allah vervloek het. En hy {Satan} het gesê: Ek sal voorwaar ’n gedeelte van u dienaars mislei;
4:119. en ek sal hulle sekerlik laat dwaal en ydele begeertes in hulle opwek, en hulle aanhits om die ore van die vee te keep, {’n Praktyk waarvolgens sekere diere aan afgode gewy is} en hulle aanspoor om die skepping van Allah te verderf. En wie die duiwel as vriend neem, en Allah verloën, sal sekerlik ’n sigbare verlies ly.
4:120. Hy maak beloftes aan hulle, en wek in hulle ydele begeertes. En wat die duiwel belowe, is niks anders as bedrog nie.
4:121. Dit is húlle wat in die Hel sal woon, en hulle sal daaruit nie kan ontsnap nie.
4:122. En hulle wat glo en goeie dade doen, sal ons laat ingaan in die Tuine waardeur riviere vloei, om daar vir ewig te woon. Allah kom Sy beloftes na. en wie se woord is meer waar as Allah s’n?
4:123. Dit sal nie na julle {Heidene} ydele smaak wees nie, en ook nie na die ydele smaak van die Mense van die Boek nie. Wie kwaad doen, sal daarvoor gestraf word, en hy sal geen vriend of helper behalwe Allah vind nie.
4:124. Maar wie goeie werke verrig, hetsy man of vrou, en ’n gelowige is ~ dit is húlle wat die Hemel sal binnegaan, en hulle sal nie die geringste onreg aangedoen word nie.
4:125. En wie is ’n groter gelowige as hy wat homself on voorwaardelik aan Allah onder werp, en wat goed doen aan sy naaste, en die godsdiens van Abraham, die opregte, volg? En Allah het vir Abraham in vriendskap geneem.
4:126. En aan Allah behoort alles wat in die hemel en op die aarde is. En Allah omvat alle dinge.

Afdeling 19: Regverdige behandeling van weeskinders en vroue

4:127. En hulle {Die gelowiges} vra u regspraak aangaande vroue. Sê: Allah gee julle Sy uit spraak oor hulle; tesame met wat aan julle in die Boek {Die Qur’ãn} geopenbaar is oor die wedu wees ~ aan wie julle nie so veel gee as wat voorgeskryf is nie, terwyl julle nie van voor nemens is om met hulle in die huwelik te tree nie, ~ en ook oor die swakkes tussen die kinders, en dat julle die weeskind regverdig moet behandel. En watter weldaad julle ook verrig, voorwaar, Allah weet daarvan.
4:128. As ’n vrou mishandeling of skeiding van haar man vrees, sal hulle sonder blaam wees as hulle na ’n versoening streef. En ’n versoening is verkiesliker. En gierigheid ontstaan in die gedagte. En as julle goed doen aan ander en Allah vrees, dan is Allah waarlik goed ingelig oor julle dade.
4:129. En julle kan geen gelyk heid tussen vroue handhaaf nie, hoe graag julle ook al wil. Maar keer nie een van hulle die rug toe sodat julle haar in onsekerheid laat nie. En as julle ’n versoening bewerk en Allah vrees, dan is Allah voorwaar Vergewensgesind, Genadevol.
4:130. En as hulle van mekaar skei, dan sal Allah albei deur Sy oorvloed onafhanklik maak. Allah is Barmhartig, vol Wysheid.
4:131. En aan Allah behoort alles wat in die hemel en op die aarde is. Ons het die mense van die Boek vóór julle en ook júlle beveel om My te vrees. En indien julle nie glo nie ~ voorwaar, aan Allah behoort alles wat in die hemel en op die aarde is. En Allah is Self genoegsaam, Lofwaardig.
4:132. En aan Allah behoort alles wat in die hemel en op die aarde is. En Allah is ’n uitnemende Voog.
4:133. As dit Hom behaag, kan Hy julle, o volk, wegneem, en ander in julle plek stel. En Allah het al die mag om dit te doen.
4:134. Wie die beloning van hierdie wêreld verlang ~ by Allah is die beloning van hier die sowel as die toekomende wêreld. En Allah is Alhorend Alsiende.

Afdeling 20: Veroordeling van Huigelar y

4:135. O julle gelowiges! Wees voorstanders van geregtigheid, getuies vir Allah, selfs al is dit tot skade van julle of julle ouers of julle verwante ~ on geag of hulle ryk of arm is; Allah verlang van die ryk persoon net soveel as van die behoeftige. Volg nie julle begeertes sodat julle afdwaal nie. En indien julle die waarheid verdraai of daarvan afwyk, dan is Allah nog steeds bewus van julle dade.
4:136. O julle gelowiges! Glo in Allah en Sy Boodskapper en die Boek wat Hy aan Sy Boodskapper geopenbaar het. En wie nie in Allah, en Sy engele, en Sy Boeke en Sy boodskappers en die Laaste Dag glo nie, het voorwaar vér afgedwaal.
4:137. Hulle wat eers glo en dan die geloof verwerp, en dit daar na weer aanneem en weer eens verwerp, en daarna in ongeloof toeneem, vir hulle sal Allah nie vergewe nie, ook nie na die regte weg lei nie.
4:138. Vertel aan die huigelaars dat daar op hulle ’n smartlike straf wag
4:139. hulle wat die ongelowiges in plaas van die gelowiges as vriende neem. Soek hulle mag by húlle? Voorwaar, alle mag behoort aan Allah.
4:140. Hy het reeds in die Boek {Die Qur’ãn} aan julle geopenbaar dat wan neer julle hoor dat die tekens van Allah bespot word, julle nie saam met die spotters mag sit nie, behalwe as hulle die gesprek verander, anders sal julle saam met hulle gereken word. Voorwaar, Allah sal die huigelaars en ongelowiges in die Hel bymekaar bring ~
4:141. hulle wat wag dat ongelukke julle tref. Verleen Allah ’n oorwinning aan julle, sê hulle: Was ons nie saam met julle nie? En as daar ’n kans vir die ongelowiges was, dan sê hulle: Het ons nie die oorhand oor julle gekry en julle teen ongelowiges beskerm nie? Daarom sal Allah op die Opstandingsdag tussen julle oordeel, en Hy sal die ongelowiges nie oor die gelowiges laat seëvier nie.

Afdeling 21: Einde van die huigelaars

4:142. Die huigelaars probeer om Allah te bedrieg, maar hulle sal vir hulle bedrog gestraf word. En wanneer hulle vir die gebed opstaan, dan staan hulle traag op ~ hulle doen dit slegs om deur die mense gesien te word en dink maar min aan Allah,
4:143. weifelend tussen dít of dat ~ en behoort nóg aan hierdie, nóg aan daardie. En diegene vir wie Allah veroorsaak om af te dwaal, vir daardie persoon sal julle geen uitweg vind nie.
4:144. O julle wat glo! Verkies nie die ongelowiges as vriende bó die gelowiges nie. Wil julle Allah ’n duidelike bewys téén julself gee?
4:145. Die huigelaars is voorwaar in die diepste kuil van vuur en vir hulle sal julle geen helpers vind nie,
4:146. behalwe wanneer hulle berou het en hulself verbeter, en aan Allah vashou en opreg is in hulle gehoorsaamheid aan Allah ~ sulkes is sáám met die gelowiges. En Allah sal aan die gelowiges weldra ’n buiten gewone beloning gee.
4:147. Waarom sal Allah julle dan straf as julle dankbaar is en glo? En Allah is die ewige Vermenigvuldiger van Belo nings, Alwetend.
4:148. Allah hou nie van beledi gende taal in die openbaar nie, behalwe deur iemand wat on reg aangedoen word; en Allah is Alhorend, Alwetend.
4:149. Of julle openlik of in die geheim goed doen, of kwaad vergewe, voorwaar, Allah is altyd Vergewend, Almagtig.
4:150. Diegene wat Allah en Sy Boodskapper verwerp en ’n onderskeid wil maak tussen Allah en Sy boodskappers, en sê: Ons glo in sommige maar nie in ander nie, en ’n midde weg wil volg ~
4:151. hulle is waarlik ongelowi ges, en vir die ongelowiges het Ons ’n vernederende straf be rei.
4:152. En diegene wat in Allah en in Sy boodskappers glo, en geen onderskeid tussen enige van hulle maak nie, aan hulle sal Hy ’n beloning toeken. Allah is Vergewensgesind, Genadevol.

Afdeling 22: Oortredinge van die Jode

4:153. Die Mense van die Boek vra u om vir hulle ’n Boek uit die hemel te laat neerdaal; tog het hulle van Moses iets groter gevra, want hulle het gesê: Toon Allah aan ons. Toe het ’n verbryselende straf hulle getref vanweë hul oortredinge. Toe het hulle, nadat duidelike bewyse aan hulle getoon is, ’n kalf as god geneem; tog het Ons dit vergewe. En Ons het aan Moses duidelike gesag verleen.
4:154. En tydens die verbond het Ons die berg hoog bo hulle ver hef, en gesê: Gaan die poort ootmoedig binne. En Ons het aan hulle gesê: Onteer die Sabbat nie; en Ons het ’n vaste verbond met hulle gesluit.
4:155. Weens hulle skending van die verbond, en hulle ongeloof in die tekens van Allah, en omdat hulle die profete sonder rede doodgemaak het, en omdat hulle sê: Ons harte is gesluier ~ nee, Allah het dit verseël vanwee hulle ongeloof; daarom glo hulle maar min ~
4:156. en om hulle ongeloof en hul kwaadaardige laster teen Maria;
4:157. en omdat hulle sê: Ons het die Messias, Jesus, die seun van Maria, die boodskapper van Allah, omgebring ~ en hulle het hom nie gedood nie, en ook nie tot die dood toe gekruisig nie, maar dit het vir hulle gelyk asof dit so is. En hulle wat hieroor verskil, twyfel voorwaar daaraan. Hulle het geen kennis daaromtrent nie, maar volg slegs ’n ver moede, en hulle het hom beslis nie doodgemaak nie;
4:158. nee, Allah het hom opge hef tot Homself, en Allah is Almagtig in krag en wysheid.
4:159. Daar is niemand van die Mense van die Boek nie, maar wat sal moet in hom glo voor sy dood. {Jesus sal terugkeer na die aarde, waar hy sal trou en lewe soos ’n normale mens. Vóór sy dood sal alle mensdom glo dat hy ’n profeet van God was, en op die Dag van Afrekening sal hy getuig teen daardie mense wie ’n god van hom gemaak het}
4:160. Weens die ongeregtigheid van die Jode het Ons hulle die goeie dinge verbied wat Ons hulle voorheen vergun het; en ook omdat hulle die mense van die weg van Allah weerhou het.
4:161. En omdat hulle woeker wins neem ~ ofskoon dit hulle verbied was ~ en om hulle on regverdige verorbering van die rykdom van mense. En vir die ongelowiges tussen hulle het Ons ’n smartlike kastyding voorberei.
4:162. Maar húlle wat kennis dra, en die gelowiges, glo in dit wat aan u geopenbaar is, en in dít wat vóór u geopenbaar is, en so ook hulle wat die gereel de gebed onderhou en die Zakaat {Verpligte gunste aan armes} betaal, en in Allah en aan die Laaste Dag glo ~ aan hulle sal Ons ’n groot beloning gee.

Afdeling 23: Vorige openbaring bevestig die Qur’ãnse verklaringe

4:163. Voorwaar, Ons het aan u geopenbaar soos Ons aan Noag en die profete ná hom geopenbaar het; en aan Abraham en Ismael, en Isak en Jakob en die volkstamme en aan Jesus en Job en Jona en Aäron en Salomo het Ons geopenbaar, en aan Dawid het Ons die psalms gegee.
4:164. En van sommige Boodskappers het Ons julle vertel, terwyl Ons julle nie vertel het van ander nie, en tot Moses het Allah direk gepraat.
4:165. boodskappers wat blye tyding bring en ook waarsku, sodat die mense nie teen Allah sal murmureer ná die koms van die boodskappers nie. En Allah is Almagtig, vol Wysheid.
4:166. Maar Allah getuig dat wat Hy aan u geopenbaar het, Hy deur Sy kennis geopenbaar het, en die engele getuig ook so. En Allah is die beste Getuie.
4:167. Hulle wat nie glo nie en wat ander van die weg van Allah afhou, het inderdaad ver afgedwaal.
4:168. Hulle wat nie glo nie en wat onregverdig handel, sal nooit deur Allah vergewe word nie, en Hy sal hulle nooit na ’n pad toe lei nie;
4:169. behalwe die pad tot die Hel sodat hulle lank daarin kan vertoef. En vir Allah is dít maklik.
4:170. O mensdom! Die Boodskapper het waarlik met die waarheid van jul Heer na julle gekom, daarom moet julle glo; dit sal vir julle beter wees. Maar as julle nie glo nie, voorwaar, aan Allah behoort alles wat in die hemel en op die aar de is. En Allah is Alwetend, vol Wysheid.
4:171. O Mense van die Boek! Moenie die bepalinge van julle godsdiens verontagsaam nie, en sê niks anders van Allah as die waarheid nie. Die Messias, Jesus, die seun van Maria, is slegs ’n boodskapper van Allah en van Sy woord wat Hy as ’n genadegawe van Hom aan Maria gegee het. Glo daarom in Allah en Sy boodskappers. En sê nie: Drie-enige, nie; maar staak dit; dit is vir julle beter. Allah is ’n enkele God. Dit is ver van Sy heiligheid dat Hy ’n seun sou hê. Aan Hom behoort wat in die hemel en op die aarde is. En Allah is die groot Bewaarder van Alles.

Afdeling 24: Profeetskap van Jesus

4:172. Die Messias ag dit nie benede hom om ’n dienaar van Allah te wees nie, en so ook nie die engele wat naby Hom is nie. En wie Sy diens minag en hoogmoedig is, Hy sal hulle almal versamel en voor Hom bring.
4:173. Maar hulle wat glo en goeie dade doen, sal hul belo ning ten volle van Hom ont vang, en uit Sy oorvloed nog meer. Maar hulle wat dit ver smaai en hoogmoedig is, sal Hy met ’n smartlike kastyding bestraf. En hulle sal buiten Allah nóg vriend nóg helper vind.
4:174. O mense! Tot julle het inderdaad ’n duidelike bewys van julle Heer gekom; en Ons het ’n helder lig vir julle neer gestuur.
4:175. Daarom ~ aangaande hulle wat in Allah glo en aan Hom vashou ~ Hy sal hulle tot Sy barmhartigheid en ge nade toelaat, en hulle op die regte pad na Hom lei.
4:176. Hulle vra u om uitspraak te gee: Sê: Dit is Sy uitspraak aangaande hulle wat nóg ouers nóg kinders het. Indien ’n man kinderloos sterf, maar ’n suster het, dan moet sy die helfte kry van wat hy nalaat; en hy sal alles van haar erf as sy geen kind het nie. Maar as daar twee susters is, moet hulle twee-derdes kry van wat hy nalaat. En as daar meer broers en susters is, dan moet elke broer soveel kry as twee sus ters. Allah maak dit aan julle duidelik, sodat julle nie moet afdwaal nie. En Allah het kennis van alle dinge.

Hoofstuk 5: Die Gedekte Tafel

Afdeling 1: Volmaaktheid van die godsdiens van Islam

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

5:1. O julle gelowiges! Kom jul verpligtinge na. Kos wat wettig is vir julle om te eet sluit in viervoetige vee, behalwe dít wat julle voorheen reeds verbied is, op voorwaarde dat julle nie die verbod op hulle, wanneer julle op die bedevaart(ghadj en oemra) is, skend nie. Voorwaar, Allah gebied wat Hy wil.
5:2. O julle gelowiges! Ontheilig nie die tekens van Allah nie, ook nie die Heilige maand, of die offerande, of die offerdiere met die offertekens, of hulle wat die Heilige Huis besoek om die Ge nade van hul Heer en Sy welbe hae te soek nie. En wanneer julle van die pelgrimsverpligtinge verlos is, mag julle gaan jag. En moenie dat haat ~ omdat hulle julle toegang tot die Heilige Ka’bah geweier het ~ julle tot oortreding aanspoor nie. En help mekaar in deugsaamheid en godvresendheid, maar staan mekaar nie by in sonde en geweldpleging nie, en wees bewus van Allah. Waarlik, Allah is ’n streng Tugmeester.
5:3. Dit is vir julle verbode om die vleis van iets te eet wat op natuurlike wyse gesterf het, of bloed, of varkvleis, of enigiets waaroor ’n ander naam as dié van Allah uitgeroep is, of ’n verwurgde dier, of ’n dier wat doodgeslaan is of wat doodgeval het, of wat deur die horings van diere gedood is, of waaraan die roofdiere gevreet het ~ niks behalwe wat u self geslag het nie. Alles is ook verbode wat op stene geslag is wat vir afgode opgestel is, of dít wat julle met pyle verdeel het, {Waarvoor geloot is} dit is ’n oortreding. Vandag het die ongelowiges alle hoop opgegee ten opsigte van julle godsdiens. Vrees hulle nie, maar vrees My. Vandag het Ek julle godsdiens en geloof vervolmaak en My guns aan julle voltooi, en Islam as lewenskode vir julle gekies. Maar wie deur honger genoodsaak word, en dus nie met opset sonde pleeg nie, sal Allah waarlik Vergewensgesind, Genadevol vind.
5:4. Hulle vra u aangaande wat hulle geoorloof is, sê: Alle goeie dinge is aan julle geoorloof, en die diere en roofvoëls wat julle afgerig het om te jag, soos Allah julle onderrig het; eet dus van wat hulle vir julle vang, en noem die naam van Allah daaroor; en wees bewus van Allah. Voorwaar, Allah is gou om rekenskap te eis.
5:5. Alle goeie dinge is julle geoor loof. Die voedsel van die Mense van die Boek is julle geoorloof en júlle voedsel vir húlle. En so ook (om in die huwelik te tree) is die kuise, gelowige vrou, en die kuise vroue van die Mense van die Boek wanneer julle hul bruidskat aan hulle gee en ’n gel dige huwelik met hul aangaan en geen ontug pleeg, en hulle nie as geheime minnaresse aanneem nie. En wie ook al die geloof verwerp, sy dade was waarlik tevergeefs, en in die Hiernamaals sal hy tussen die verloorders wees.

Afdeling 2: Die plig van opregtheid

5:6. O julle gelowiges! Wanneer julle vir die gebed opstaan, was julle gesigte en jul hande tot by die elmboë, en vryf jul hoofde en was jul voete tot by die enkels. En wanneer julle in ’n toestand van rituele onreinheid is, neem dan ’n volle stortwas. En as julle siek of op reis is, of die natuur se roep beantwoord het, of ’n vrou aangeraak het, en julle kan nie water vind nie, gebruik dan suiwer grond en vryf julle gesigte en hande daarmee. Allah wil julle nie in swaarheid dompel nie, maar julle reinig en Sy guns aan julle vervolmaak, sodat julle dankbaar kan wees.
5:7. En dink aan Allah se guns aan julle, en Sy verbond waarmee Hy julle gebind het toe julle gesê het: Ons het gehoor en ons gehoorsaam. En wees bewus van Allah. Voorwaar, Allah weet wat in julle harte omgaan.
5:8. O julle gelowiges! Wees opreg teenoor Allah, en getuig met regverdigheid; en laat die vyandskap van ’n volk julle nie tot onregverdigheid aanspoor nie. Wees regverdig ~ dit is verwant aan pligsgetrouheid. Wees bewus van Allah. Voorwaar, Allah is goed ingelig oor julle dade.
5:9. Allah het hulle wat glo en goeie dade doen, belowe dat hulle vergewe sal word en ’n groot beloning sal ontvang.
5:10. En hulle wat nie glo nie, en Ons tekens verwerp, hulle sal die bewoners van die Vlammende Vuur wees.
5:11. O julle wat glo! Dink aan Allah se guns aan julle toe ’n volk hulle hande teen julle wou optel, en hoe Hy hul hande teruggehou het; en wees bewus van Allah. En in Allah moet die gelowiges hul vertroue stel.

Afdeling 3: Skending van die vebond deur die Christene

5:12. En waarlik, Allah het ’n verbond met die Kinders van Israel gesluit, en Ons het twaalf leiers uit hul midde verwek. En Allah het gesê: Voorwaar, Ek is met julle. As julle die gebed onderhou en die Zakaat betaal en in My boodskappers glo en hulle bystaan, en in die diens van Allah welgeval lige offers bring, sal Ek julle sonde vir julle uitwis en gee dat julle die Tuine, waardeur riviere vloei, sal binnegaan. Maar dié van julle wat dit dan verwerp, het inderdaad van die regte pad afge dwaal.
5:13. Maar weens hul verbreking van die verbond het Ons hulle vervloek en hul harte verhard. Hulle ruk woorde uit verband en vergeet ’n deel van die vermaninge teen hulle. Op enkele na sal julle hulle altyd verraderlik vind. Vergewe hulle maar en wend julle van hulle af. Allah het hulle wat goed doen, waarlik lief.
5:14. En met hulle wat sê: Ons is Christene, het Ons ook ’n verbond gesluit, maar hulle het ’n gedeelte van die vermaninge ver geet. Daarom het Ons vyandskap en haat onder hulle laat ontstaan, wat sal duur tot die Opstandingsdag. En Allah sal hulle weldra meedeel wat hulle gedoen het.
5:15. O Mense van die Boek! Ons Boodskapper het waarlik tot julle gekom om baie te ontsluier wat voorheen vir julle in die Boek verborge was of wat verlore gegaan het. Voorwaar, Allah het julle ’n Lig en ’n duidelike Boek gegee,
5:16. waarmee Allah húlle wat na Sy welbehae soek, op die pad van vrede lei, en hulle, deur Sy guns, van uit die duisternis na die lig bring.
5:17. Die ongelowiges sê: Voorwaar, Allah ~ Hy ís die Messias, die seun van Maria. Sê aan hulle: Wie sou iets daaraan kan doen as Allah die Messias, die seun van Maria, en sy moeder, en almal op aarde, wou verdelg? En aan Allah behoort die hemel en die aarde en dit wat daartussen is. Hy skep wat Hy wil, en Allah het mag oor alle dinge.
5:18. En die Jode en die Christene sê: Ons is die seuns van Allah, en Sy geliefdes. Sê: Waarom straf Hy julle dan om jul sondes? Nee, julle is sterflinge, net soos Sy ander skepsels. Hy vergewe wie Hy wil en Hy straf wie Hy wil. En aan Allah behoort die koninkryk van die hemel en die aarde en alles wat daartussen is, en tot Hom is die terugkeer.
5:19. O Mense van die Boek! Ons Boodskapper het waarlik na julle gekom, nadat daar ’n onderbre king in die reeks boodskappers was, om te verduidelik, sodat julle nie mag sê: Daar het nooit ’n draer van blye tyding of ’n waarskuwer na ons gekom nie. Nou het daar waarlik ’n draer van goeie tyding en ’n waarskuwer na julle gekom. En Allah het mag oor alle dinge.

Afdeling 4: Israeliete se skending van die verbond

5:20. En toe Moses aan sy volk gesê het: O my volk! Dink aan die guns van Allah en hoe Hy profete onder julle verwek, en van julle konings gemaak het, en aan julle gegee het wat Hy aan geen ander volk gegee het nie.
5:21. O my volk! Betree die heilige land wat Allah vir julle bestem het, en moenie die rug daarop draai nie, anders sal julle as oorwonnenes terugkeer.
5:22. Hulle het geantwoord: O Moses! Dit word bewoon deur ’n magtige volk, en ons sal dit nie kan binnegaan voordat hulle nie daar uit vertrek het nie; maar as hulle daaruit trek, sal ons sekerlik binnegaan.
5:23. Twee manne van hulle, wat nie gevrees het nie en aan wie Allah Sy guns bewys het, het gesê: Gaan hulle poorte binne, want as julle ingegaan het, sal julle seker lik seëvier; en stel julle vertroue in Allah, as julle gelowig is.
5:24. Hulle het geantwoord: O Moses! Ons sal die land nie binnegaan terwyl húlle nog daar is nie. Gaan u en u Heer maar, en veg. Voorwaar, hier bly ons sit.
5:25. Hy het gesê: My Heer, ek het oor niemand beheer nie, behalwe oor myself en my broer. Skei ons van hierdie opstandige volk.
5:26. Hy het geantwoord: Voorwaar, veertig jaar lank sal dit vir hulle verbode wees ~ dwalend sal hulle deur die land trek. Bekommer u daarom nie oor die ongehoorsame volk nie.

Afdeling 5: Kain en Abel ~ moorddadige sameswerings teen die Profeet

5:27. En vertel hulle die ware verhaal oor die twee seuns van Adam. Hoe hulle geoffer het, maar dat die een se offer welgevallig was en die ander s’n nie. Hy het gesê: Ek sal sekerlik doodmaak. Die ander: Allah aanvaar alleen die offers van die pligsgetroues.
5:28. As u u hand na my uitstrek om my dood te maak, sal ek my hand teen u nie oplig nie. Voorwaar, ek vrees Allah, die Heer van die Wêrelde.
5:29. Ek sou liewers begeer dat u met u sonde teen my, sowel as met u eie, belas word, sodat u een van die bewoners van die Vuur kan wees: dít is die beloning van die misdadigers.
5:30. Maar die begeerte om sy broer dood te maak, het die oorhand oor die ander een gekry, en hy het hom om die lewe gebring. So het hy ’n verloorder geword.
5:31. Toe het Allah ’n kraai gestuur om aan hom te wys hoe om sy broer se lyk te versteek. Hy het gesê: Wee my! Kan ek dan nie eens so slim soos hierdie kraai wees en die lyk van my broer versteek nie? En Hy het berou gekry.
5:32. Daarom het Ons dit aan die Kinders van Israel voorgeskryf: dat wie ’n mens sy lewe ontneem, behalwe as straf vir man slag of vir die skepping van wanorde in die staat, dan is dit asof hy die hele mensdom vermoor het. En wie ’n lewe red, dit is asof hy die hele mensdom gered het. En voorwaar, Ons Boodskapper het met duidelike beredeneringe tot hulle gekom, en tog oortree baie van hulle.
5:33. Die enigste straf vir hulle wat oorlog teen Allah en Sy boodskappers voer, en begeer om wanorde in die land te skep, is dat hulle doodgemaak moet word; of dat hulle gekruisig word; of dat hulle hande en voete oorkruis, afgekap moet word; of dat hulle uit die land verban moet word. Dit sal vir hulle ’n skande in hierdie wêreld wees, en in die Hiernamaals sal hulle ’n smartlike straf ontvang.
5:34. Behalwe hulle wat berou het voordat julle hulle oorweldig. Weet dan dat Allah Vergewens gesind, Genadevol is.

Afdeling 6: Die straf vir oortreders

5:35. O julle wat glo! Kom julle plig teenoor Allah na en soek ’n weg om naby Hom te kom, en stry hard op Sy weg, sodat julle suksesvol kan wees.
5:36. Voorwaar, al het die ongelowiges alles op aarde besit, en nog meer, om hulself daarmee op die Op standingsdag vry te koop, sou dit nie van hulle aangeneem word nie; en op hulle wag ’n smartlike straf.
5:37. Hulle sal begeer om uit die Vuur te kom, maar sal daaruit nie ont snap nie, en dit sal vir hulle ’n voortdurende straf wees.
5:38. En wat die manlike of vroulike dief betref, kap hulle hand af as vergelding vir hul misstap; ’n straf as voorbeeld van Allah. En Allah is Almagtig, vol Wysheid.
5:39. Maar hy wat ná sy oortreding berou het en homself verbeter ~ na hom sal Allah Hom met barm hartigheid wend. Waarlik, Allah is Vergewensgesind, Genadevol.
5:40. Weet u dan nie dat die koninkryk van die hemele en die aarde aan Allah behoort nie? Hy straf wie Hy wil en vergewe wie Hy wil. En Allah het mag oor alle dinge.
5:41. O Boodskapper! Laat hulle wat maklik in ongeloof verval, u nie bedroef nie. Hulle wat met die lippe sê: Ons glo, terwyl hulle harte sonder geloof is. En sommige Jode luister graag na leuens, ~ luister graag na ander volke wat nie tot u gekom het nie ~ hulle verdraai woorde nadat u dit in hul regte plekke ingevoeg het, en sê: As dit aan julle gegee is, neem dit; maar as dit nie aan julle gegee is nie, wees dan versigtig. En vir hom vir wie Allah op die proef wil stel, kan u niks by Allah doen nie. Dit is húlle vir wie Allah wil louter. Vir hulle is daar skande in hierdie wêreld en ’n smartlike straf in die Hiernamaals.
5:42. Hulle hou daarvan om na leuens te luister en hulle te verslind aan verbode goed. As hulle na u kom, spreek dan reg tussen hulle en wend u daarna van hulle af. En as u u van hulle afwend, kan hulle u geen skade berokken nie. En as u regspraak gee, oordeel dan tussen hulle met regverdigheid. Voorwaar, Allah het die regverdigheid lief.
5:43. Maar waarom stel hulle u as reg ter oor hulle aan as hulle die Tora het waarin die uitsprake van Allah is? Tog draai hulle hul weg daarvan. En hierdie mense is nie (ware) gelowiges nie.

Afdeling 7: Die Qur’ãn en vorige skrifte

5:44. Waarlik, Ons het die Tora, waar in leiding en lig was, geopenbaar. Daarmee het die profete, wat hulself aan Allah onderwerp het, ’n oordeel oor die Jode en die rabbyne en die wetgeleerdes uitgespreek, want die bewaking van Allah se Boek was aan hulle opgedra, en hulle was daarvan getuies. Vrees daarom nie die mense nie, maar vrees My, en verruil nie my Verordeninge vir ’n mislike prys nie. En wie nie reg spreek in die lig van Allah se openbaringe nie, hulle is die ongelowiges.
5:45. En Ons het vir hulle daarin voorgeskryf: ’n Lewe vir ’n lewe, ’n oog vir ’n oog, ’n neus vir ’n neus, ’n oor vir ’n oor, ’n tand vir ’n tand, en ’n regverdige vergelding vir toegediende wonde. Maar wie van hierdie reg van hom afstand doen, vir hom sal dit ’n versoening wees. En dié wat nie ooreenkomstig die open baring van Allah reg spreek nie, hulle is die onregverdiges.
5:46. En Ons het Jesus, die seun van Maria, in hul voestappe laat volg, om te bekragtig wat vóór hom in die Tora verskyn het; en Ons het hom die Evangelie gegee waarin lig en leiding was; en wat dít wat voorheen in die Tora gegee is, bevestig; en wat ’n leiding en ’n vermaning vir die pligsgetroues is.
5:47. En laat die Mense van die Evangelie oordeel volgens wat Allah daarin geopenbaar het. En wie dit nie doen nie, húlle is die oortreders.
5:48. En aan u het Ons die Boek {Die Qur’ãn} met die waarheid geopenbaar, wat bevestig wat voorheen in die Boek {Die Bybel} was, en as bewaker daaroor optree. Spreek daarom reg in die lig van Allah se openbaringe en volg nie hul bose neigings na nie, en draai nie weg van die waarheid wat tot u gekom het nie. Vir elkeen van u het Ons ’n wet en ’n weg bepaal. En as Allah wou, kon Hy van julle almal een volk gemaak het; maar Hy wil julle op die proef stel met wat Hy aan julle gegee het. Wedywer daarom met mekaar in goeie werke. Tot Allah sal julle almal terugkeer, dan sal Hy julle die waarheid meedeel oor die dinge waarin julle van mekaar verskil het.
5:49. En u moet reg spreek tussen hulle met wat Allah geopenbaar het. Volg nie hulle bose neigings na nie, en wees op u hoede dat hulle u nie mislei oor selfs ’n gedeelte van wat Allah aan u geopenbaar het nie. Maar as hulle vanself wegdraai, weet dan dat Allah hulle vir sommige van hul sondes wil straf. En ’n groot aantal mense is inderdaad oortreders.
5:50. Verlang hulle dan na die oordeel van (die dae van) die Onwetendheid? En wie is beter as Allah in staat om te oordeel oor ’n volk wat sekerheid van geloof besit?

Afdeling 8: Verhouding van Moesliems tot die vyand

5:51. O julle gelowiges! Neem nie die vyandiggesinde Jode en Christene as vriende nie. Hulle is mekaar se vriende. En dié van julle wat hulle tot vriende neem, is inderdaad een met hulle. Voorwaar, Allah lei nie die onregverdige volk nie.
5:52. Maar u sal diegene in wie se harte daar ’n siekte is, na hulle sien haas en sê: Ons vrees dat ’n ramp ons gaan tref. Dit is waarskynlik dat Allah ’n oorwinning of ’n regering deur Homself tot stand gaan bring, dan sal hulle jammer voel oor wat hulle harte verberg het.
5:53. En hulle wat glo, sal sê: Is dit hulle wat teenoor julle ’n ernstige eed by Allah gesweer het dat hulle saam met julle is? Hulle dade sal geen vrug dra nie, en hulle sal die verloordes wees.
5:54. O julle wat glo! As een van julle van sy godsdiens afvallig sou word, dan sal Allah ’n ander volk verwek wat Hy sal liefhê en wat Hom sal liefhê, nederig teenoor die gelowiges, maar sterk teenoor die ongelowiges. ’n Volk wat hard sal stry op die weg van Allah en nooit die blaam van die blameerder sal vrees nie. Dit is die genade van Allah ~ Hy skenk dit aan wie Hy wil. En Allah is Barmhartig, Alwetend.
5:55. Allah is julle vriend, en ook Sy Boodskapper en die gelowiges, en hulle wat die gebed onderhou en die Zakaat {Offergawes aan die behoeftiges} betaal, en in aan bidding vooroorbuig.
5:56. En wie Allah en Sy Boodskapper en die gelowiges as vriende neem, weet dat die party van Allah gewis sal seëvier.

Afdeling 9: Die spotters

5:57. O julle gelowiges! Neem nie tot vriende diegene wat die spot met julle godsdiens dryf nie, of hulle uit die geledere kom van diegene aan wie die Boek vóór julle geskenk is, of hulle ongelowiges is. En wees bewus van Allah indien julle gelowig is.
5:58. En wanneer julle tot die gebed aanroep, beskou hulle dit as pret. Dit is omdat hulle ’n volk is wat nie begrip het nie.
5:59. Sê: O Mense van die Boek! Vind julle fout met ons net omdat ons in Allah glo en in dít wat aan ons geopenbaar is, en in dit wat voorheen geopenbaar is, terwyl die meeste van julle oortreders is?
5:60. Sê: Sal ek julle sê wie se straf by Allah die ergste sal wees? Dit is hulle wat deur Allah vervloek is en oor wie Hy Sy toorn laat neerdaal het en van wie Hy ape en varke gemaak het, en hulle wat die duiwel dien. Hulle is in ’n bedenklike toestand en het ver van die regte pad afgedwaal.
5:61. En wanneer hulle na julle kom, sê hulle: Ons glo, en voorwaar, hulle kom in ongeloof en keer daarin terug. En Allah weet goed wat hulle verberg.
5:62. En u sien vele van hulle met mekaar in sonde en oortreding wedywer, en dat hulle onwettige goed verorber. Wat hulle doen, is boos.
5:63. Waarom verbied die rabbi’s en die skrifgeleerdes nie hul sondige uitinge en die verorbering van onwettige goed nie? Hulle doen en late is voorwaar verwerplik.
5:64. En die Jode sê: Die hande van Allah is gebind. Hulle eie hande is gebind en hulle is vervloek vir wat hulle sê. Nee, albei Sy hande is wyd oop. Hy gee soos Hy wil. En dít wat u Heer aan u geopenbaar het, sal baie van hulle in opstandigheid en ongeloof laat toeneem. En Ons het vyandskap en haat onder hulle gesaai tot die Opstandingsdag. Telkens wanneer hulle ’n oorlogsvuur aansteek, doof Allah dit uit. En hulle probeer om wanorde op aarde te skep. En Allah het die onrusstokers nie lief nie.
5:65. En as die Mense van die Boek geglo en hulle plig nagekom het, sou Ons hulle oortredinge seker lik goedgemaak het en hulle in die Tuine van Saligheid toegelaat het.
5:66. En as hulle die Tora en die Evangelie, en dít wat hul Heer aan hulle geopenbaar het, in ag geneem het, sou hulle waarlik voorsiening van wat bó hulle is, en van wat onder hulle voete is, gevind het. Tussen hulle is daar ’n groep wat op die regte weg is, maar baie van hulle is boos.

Afdeling 10: Christelike afwykinge van die waarheid

5:67. O Boodskapper! Verkondig dít wat u Heer aan u geopenbaar het; doen u dit nie, dan het u Sy boodskap nie verkondig nie. Allah sal u teen die mense be skerm. Voorwaar, Allah lei nie die ongelowiges nie.
5:68. Sê: O Mense van die Boek! Julle sal nie die goeie navolg voordat julle die Tora en die Evangelie en die openbaringe van jul Heer in ag neem nie. En voorwaar, dít wat u Heer aan u geopenbaar het, sal baie van hulle in opstandigheid en ongeloof laat toeneem; treur daarom nie oor die ongelowige volk nie.
5:69. Voorwaar, die gelowiges, en die Jode en die Sabiërs en die Christene ~ wie ook al in Allah en aan die Laaste Dag glo en die goeie doen ~ hulle sal geen vrees of droefheid ken nie.
5:70. Ons het waarlik ’n verbond met die Kinders van Israel gesluit en Ons boodskappers na hulle gestuur. Maar telkens wanneer ’n boodskapper by hulle gekom het met iets wat hulle harte nie begeer het nie, het hulle sommige van leuens beskuldig en sommige probeer doodmaak.
5:71. En hulle het aangeneem dat daar geen beproewing sou wees nie, daarom het hulle blind en doof geword. Toe het Allah Hom met barmhartigheid tot hulle gewend, maar daarna het baie van hulle weer blind en doof geword. En Allah is die Siener van wat hulle doen.
5:72. Voorwaar, hulle is ongelowig wat sê: Waarlik, Allah is die Messias, die seun van Maria. En die Messias het gesê: O Kinders van Israel! Aanbid Allah, my Heer en julle Heer. Gewis, vir Hom wat andere met Allah vereenselwig, het Allah die Hemel gesluit, en die Vuur sal sy blyplek wees. En vir die kwaaddoeners sal daar geen helpers wees nie.
5:73. Voorwaar, hulle wat sê: Allah is die derde van die drie, is ongelowig. Daar is geen God nie behalwe Een God. En as hulle nie hul beweringe staak nie, sal die ongelowiges smartlik gestraf word.
5:74. Sal hulle hul dan nie tot Allah wend en om Sy vergifnis vra nie? En Allah is Vergewensgesind, Genadevol.
5:75. Die Messias, die seun van Maria, was slegs ’n boodskapper; boodskappers vóór hom het reeds heengegaan. En sy moeder was ’n opregte vrou. Hulle albei het voedsel geneem. Kyk hoe verduidelik Ons die tekens aan hulle! En kyk hoe keer hulle die rug daarop!
5:76. Sê: Aanbid julle buiten Allah enigiets wat julle nóg goed nóg kwaad kan doen? En Allah ~ Hy is die Alhorende, die Alwetende.
5:77. Sê: O Mense van die Boek! Oortree nie die grense van julle godsdiens nie en volg nie die nodelose neigings van ’n volk na wat voorheen reeds afgedwaal het nie, en daardeur ook baie ander laat afdwaal nie.

Afdeling 11: Christelike verwantskap aan Islam

5:78. En die ongelowige Kinders van Israel is by monde van Dawid en Jesus, die seun van Maria, vervloek. Dit het gebeur omdat hulle ongehoorsaam was en die perke oorskry het.
5:79. Hulle het mekaar nie vermaan van die bose nie.
5:80. Julle sal merk dat baie van hulle die ongelowiges tot vriende neem. Sondig is dít wat hulle siele vir hulself vooruitgestuur het, sodat Allah ontevrede met hulle is, en die kastyding is vir hulle.
5:81. En as hulle in Allah en in hierdie Profeet en in die geopenbaarde dinge geglo het, sou hulle nie met húlle bevriend gewees het nie; maar baie van hulle is oortreders.
5:82. Waarlik, tussen die grootste vyande van die gelowiges sal u die Jode en die afgodedienaars vind; en u sal vind dat hulle wat die naaste kom aan vriendskap teenoor die gelowiges, hulle is wat sê: Ons is Christene. Dit is omdat daar priesters en mon nikke tussen hulle is, en omdat hulle nie hoogmoedig is nie.
5:83. En wanneer hulle verneem wat aan die Boodskapper geopenbaar is, sien u die trane uit hul oë stroom vanweë die waarheid wat hulle herken. Hulle sê: Ons Heer! Ons glo; vermeld ons saam met die wie getuig.
5:84. En waarom sal ons dan nie in Allah en aan die waarheid wat na ons gekom het, glo nie, terwyl ons in alle erns verlang dat ons Heer ons saam met die opregtes sal toelaat?
5:85. Daarom het Allah hulle beloon, vir wat hulle gesê het, met Tuine waardeur riviere vloei, om daarin te woon. En dít is die beloning vir dié wat goeddoen.
5:86. En hulle wat nie glo nie en Ons boodkapper verwerp, hulle sal die bewoners van die Vlammen de Vuur wees.

Afdeling 12: ’n Waarskuwing ~ aangaande die sonde van vergange volkere

5:87. O julle gelowiges! Moenie onwettig maak die goeie dinge wat Allah julle veroorloof nie, en oorskry die perke nie. Voorwaar, Allah het hulle wat die perke oorskry, nie lief nie.
5:88. En eet van die geoorloofde en goeie dinge waarmee Allah julle voorsien het, en wees bewus van Allah, in wie julle glo.
5:89. Allah sal julle nie verant woordelik hou vir jul ydele ede nie, maar wel vir ede wat julle in alle erns aflê. Die boetedoening daarvoor is die gee van voedsel aan tien arm mense, met die selfde soort voedsel waarmee julle jul huisgesinne voed; of om hulle te kleed; of die bevryding van ’n nek. {’n Slaaf} Maar wie dit nie kan doen nie, sal drie dae lank moet vas. Dít is die straf vir julle ede wanneer julle sweer. En waak oor julle ede. So verdui delik Allah Sy tekens aan julle sodat julle dankbaar kan wees.
5:90. O julle gelowiges! Dwelms en sterk drank en dobbelary, en die bring van offerande aan opgerigte klippe, en die verdeling deur pyle, {Om geluk of beslissings te soek} is niks anders as onreinheid nie, die werk van die duiwel; vermy dit daarom, sodat julle voorspoedig kan wees.
5:91. Voorwaar, die duiwel begeer om, deur middel van dwelms en sterk drank en dobbelary, vyandskap en nyd onder julle te saai, en om jul gedagtes van Allah en die gebed af te hou. Sal julle dan nie daarvan afsien nie?
5:92. En gehoorsaam Allah en die Boodskapper, en waak (teen dwelms en dobbelary) en wees bewus van Allah. Maar as julle jul daarvan afwend, weet dan dat die plig van die Boodskapper slegs is om die boodskap te verkondig.
5:93. Hulle wat glo en goeie dade doen, sal sonder blaam wees vir wat hulle eet, as hulle maar net hulle plig nakom en goeie dade doen, en nogmaals hulle plig nakom en glo, en selfs nogmaals hulle plig nakom en goed doen aan hulle naaste. En Allah het hulle lief wat goeie werke doen.

Afdeling 13: Onskendbaarheid van die Ka’aba

5:94. O julle gelowiges! Allah sal julle sekerlik beproef met sommige wild wat julle maklik met julle hande en julle spiese kan bykom, sodat Allah kan weet wie Hom ook heimlik vrees. Wie dan hierna die perke oorskry, sal ’n smartlike straf ontvang.
5:95. O julle gelowiges! Maak geen wild dood terwyl julle op die bedevaart is nie. En aangaande hulle wat dit opsetlik doen: die vergoeding daarvoor is gelyk staande aan wat hy doodgemaak het. Van die grootvee, soos twee regverdige manne onder julle moet bepaal, moet as offer na die Ka’aba gebring word; of die oortreders moet as boetedoening twee arm mense voed, of ooreen komstig daarmee, ’n sekere aan tal dae vas, sodat hy die onsmaaklike gevolg van sy daad kan ken. Allah vergewe wat reeds in die verlede gebeur het. En wie ook al daarin verval, vir hom sal Allah straf. En Allah is Magtig, die Heer van Vergelding.
5:96. Die vangste van die see en die opbrengs daarvan is vir julle geoorloof as lewensonderhoud vir julle en vir die reisigers, maar solank as die bedevaart duur, is die wild van die land vir julle verbode. En wees bewus van Allah, tot Wie julle versamel sal word.
5:97. Allah het die Ka’aba, die Heilige Huis, vir die behoud van die mens gemaak, en so ook die heilige maand, en die offergawes en die offerdiere met die offertekens. Dít is sodat julle kan weet dat Allah bewus is van wat in die hemele en op die aarde is en dat Allah kennis dra van alle dinge.
5:98. Weet dan dat Allah streng is in die tugtiging, en dat Allah ook Vergewensgesind, Genadevol is.
5:99. Die plig van die Boodskapper is slegs die oordra van die boodskap. En Allah weet wat julle in die openbaar doen en wat julle verberg.
5:100. Sê: Die kwaad is nie gelyk aan die goeie nie, hoewel die oorvloed van die kwaad julle mag behaag. So vrees Allah, o mense met insig, sodat julle suksesvol mag wees.

Afdeling 14: Enkele aanwysinge vir die Moesliems

5:101. O julle gelowiges! Vra nie na dinge wat, indien dit aan julle bekend gemaak word, julle kwaad mag berokken nie; maar as julle daarna vra terwyl die Qur’ãn openbaar word, sal dit aan julle onthul word. Allah vergewe dit; en Allah is Vergewensgesind, Verdraagsaam.
5:102. Vóór julle het ’n volk ook vrae gevra, en later daardeur ongelowig geword.
5:103. Allah het nie ’n bagiera, of ’n saa-iba, of ’n wasiela, of ’n gaamie {Vroeëre heidense gebruike} verorden nie, maar die ongelowiges versin ’n leuen teen Allah. En die meeste van hulle begryp nie.
5:104. En wanneer aan hulle gesê word: Aanvaar wat geopenbaar is, en van die Boodskapper, dan sê hulle: Waarin ons vaders voldoening gevind het, is vir ons ook goed. Wat? Al het hulle vaders self niks geweet en ook geen leiding ontvang nie?
5:105. O julle gelowiges! Waak oor julself! Hy wat dwaal, kan julle geen kwaad aandoen wanneer julle op die regte pad is nie. Tot Allah sal julle almal terugkeer, dan sal Hy julle vertel wat julle gedoen het.
5:106. O julle wat glo! Wanneer die dood na een van julle kom en julle ’n testament moet maak, roep dan tot getuie twee regver diges onder julle, of, as julle op reis is, twee wat nie uit julle midde is nie. Julle moet hulle ná die gebed laat agterbly. En as julle aan hulle twyfel, laat beide by Allah sweer en sê: Ons sal daarvoor geen prys aanneem nie hoewel daar ’n bloedverwant is, en ook sal ons die getuienis van Allah nie verberg nie, want dan sal ons waarlik sondaars wees.
5:107. Maar as daar ontdek word dat dié twee aan sonde skuldig is, dan sal twee ander in hul plek opstaan uit die midde van die gene teen wie hulle aan sonde skuldig was. Hulle sal dan by Allah sweer: Waarlik, ons ge tuienis is opregter as die getuie nis van daardie twee, en ons het nie die perke oorskry nie, want dan sou ons waarlik tot die onregverdiges behoort.
5:108. Dit is dus waarskynliker dat hulle eerlike getuienis sal aflê of vrees dat ander ede ná hul s’n afgelê sal word. En wees bewus van Allah, en luister. En Allah lei nie die ongehoorsame volk nie.
5:109. Op die Dag wanneer Allah die boodskappers bymekaar versamel en sê: Watter antwoord het julle gekry? Sal hulle sê: Ons het geen kennis nie. Waarlik, U is die Kennisdraer van die Onsigbare.
5:110. Wanneer Allah sal sê: O Jesus, seun van Maria! Dink aan die guns wat Ek u en u moeder bewys het toe Ek u met die Heilige Gees versterk het; en hoe u in die wieg en op hoë ouderdom, met die volk gepraat het; en hoe Ek u in die Boek en in die Wysheid van die Tora en die Evangelie onderwys het; en hoe u deur My gebod met klei ’n ding in die vorm van ’n voël gemaak het, en hoe u daarin geblaas en dit deur My gebod ’n voël geword het; en hoe u die blindes en die melaatses deur My gebod genees het; en hoe u die dooies deur My gebod opgewek het; en hoe Ek die Kinders van Israel van u afgehou het toe u met duidelike tekens na hulle gekom het ~ en hulle wat nie geglo het nie gesê het: Dit is niks anders nie as duidelike towerkuns.
5:111. En toe Ek die dissipels besiel het om in My en My boodskapper te glo, het hulle gesê: Ons glo en getuig dat ons onderworpenes {Moesliems} is.
5:112. Toe die dissipels gesê het: O Jesus, seun van Maria! Is u Heer in staat om vir ons voedsel uit die hemel te stuur? het hy geantwoord: Wees bewus van Allah as julle gelowig is.
5:113. Hulle het gesê: Ons begeer om daarvan te eet sodat ons harte gerus kan wees en sodat ons kan weet dat u werklik die waarheid gepraat het, en ons getuies daarvan mag wees.
5:114. Jesus, die seun van Maria, het gesê: O Allah, ons Heer! Stuur vir ons voedsel uit die hemel, sodat dit ’n ewigdu rende vreugde kan wees vir die eerste en die laaste onder ons, en ’n teken van U, en skenk ons lewensonderhoud; U is die groot Onderhouer.
5:115. Allah het gesê: Seker sal Ek dit vir julle neerstuur, maar dié van julle wat daarná nie glo nie, vir hom sal ek straf met ’n kastyding waarmee Ek niemand anders onder die volkere sal straf nie.

Afdeling 16: Valse leerstellings ná die dood van Jesus ingevoer

5:116. En wanneer Allah sal sê: O Jesus, seun van Maria! Het u aan die mense gesê: Neem my en my moeder as twee gode buiten Allah? sal hy sê: Heilig is U! Dit het my nie toegekom om te sê wat ek nie die reg gehad het om te sê nie. As ek dit gesê het, sou U dit waarlik geweet het. U weet wat in my gedagtes is en ek weet nie wat in U gedagtes is nie. Voorwaar, U is die Kennisdraer van die Onsigbare.
5:117. Ek het niks anders gesê as dít wat U my beveel het nie: Aanbid Allah, my God en jou God. Ek was getuie van hulle so lank ek in hulle midde verkeer het, maar toe U gegee het dat ek opgehef word na U, was U die Bewaker oor hulle. En U is Getuie van alle dinge.
5:118. As U hulle straf, is hulle waarlik sondaars; en as U hulle beskerm, is U waarlik die Almagtige, Vol Wysheid.
5:119. Allah sal sê: Dit is ’n Dag waarop opregtigheid die opregtes sal baat. Vir hulle is daar Tuine waardeur riviere vloei, vir ewig sal hulle daarin bly. Allah is welbehaag met hulle en hulle is welbehaag met Allah. Dít is die groot oorwin ning.
5:120. Aan Allah behoort die koninkryk van die hemele en die aarde en alles wat daar tussenin is. En Hy het mag oor alle dinge.

Hoofstuk 6: Die Groot Vee

Afdeling 1: Uiteindelike triomf van die Goddelike Eenheid

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

6:1. Alle lof kom Allah toe wat die hemele en die aarde geskape het, en duisternis en lig gemaak het. Tog stel hulle wat nie glo nie, ander gelyk aan hulle Heer.
6:2. Dit is Hy wat julle uit klei ge skape het, waarna Hy ’n tydperk bepaal het. En daar ís ’n tydperk by Hom; tog twyfel julle.
6:3. En Hy is Allah in die hemele en op die aarde. Hy ken julle geheime gedagtes en die woorde wat julle openlik uitspreek, en Hy weet wat julle verdien.
6:4. En daar kom geen teken van die tekens van hulle Heer nie of hulle draai hulle rug daarop.
6:5. So het hulle die waarheid ver werp toe dit na hulle gekom het, maar nuus omtrent dit waarmee hulle gespot het, sal weldra tot hulle kom.
6:6. Merk hulle dan nie hoeveel geslagte Ons vóór hulle ver nietig het nie, geslagte wat Ons op die aarde gevestig het net soos Ons julle hier gevestig het? En Ons het stortreën in oorvloed oor hulle neeer laat stort en Ons het riviere onder hulle laat vloei. Daarna het Ons hulle vanweë hulle sonde verdelg en ’n ander geslag ná hulle laat ontstaan.
6:7. En al het Ons ’n geskrewe boodskap tot hulle gerig, sodat hulle dit met die hande kon aanraak, dan sou die ongelowiges tog maar gesê het: Dit is niks anders as duidelike towerkuns nie.
6:8. En hulle sê: Hoekom is daar nie ’n engel na hom gestuur nie? En indien Ons ’n engel na hulle ge stuur het, dan was die saak onmiddellik beslis en geen uitstel sou aan hulle verleen word nie.
6:9. En indien Ons hom ’n engel gemaak het, sou Ons hom in die gedaante van ’n man laat ver skyn het, en hul verwarring sou groter gewees het.
6:10. En voorwaar, vóór u was die boodskappers ook bespot, maar die bespotters is met dieselfde bespotting omgord.

Afdeling 2: Grootheid van dié Goddelike genade

6:11. Sê: Reis deur die land en kyk wat was die lot van die verwerpers.
6:12. Sê: Aan wie behoort alles wat in die hemele en op die aarde is? Sê: Aan Allah. Hy het vir Hom self barmhartigheid verorden. Voorwaar, Hy sal julle op die Dag van Herrysenis versamel ~ daaraan is geen twyfel nie. Maar hulle wat hulle siele verloor het, sal nie glo nie.
6:13. En aan Hom behoort alles wat in die nag en in die dag bestaan. En Hy is die Alhorende, die Alwetende.
6:14. Sê: Sal ek iemand anders as vriend neem as Allah, die Ontwerper van die hemele en die aarde; Hy wat voed en nie gevoed word nie? Sê: Ek is beveel om die eerste onderworpene te wees. En wees u nie ook een van die heidene nie.
6:15. Sê: Sekerlik vrees ek, as ek my Heer nie gehoorsaam is nie, die straf van ’n smartlike dag.
6:16. Aan hom, van wie die straf op daardie Dag afgewend sal word, het Allah voorwaar barmhartigheid bewys. En dit is ’n duidelike oorwinning.
6:17. En as Allah u met kwellinge aanraak, is daar niemand buiten Hy wat dit kan verwyder nie. En indien Hy u met die goeie aanraak ~ Hy is instaat om enigiets te doen.
6:18. Hy is die Oppermagtige, verhewe bo Sy dienaars. En Hy is vol Wysheid, die Allerbewuste.
6:19. Sê: Wat weeg die swaarste as getuienis? Sê: Allah is getuie tussen julle en my. En hierdie Qur’ãn is aan my geopenbaar, sodat ek julle, en vir hulle wie dit mag bereik, kan waarsku. Getuig julle werklik dat daar ander gode buiten Allah is? Sê: Ek getuig nie. Sê: Hy is een God alleen, en ek is waarlik nie aandadig aan wat julle aan Hom gelykstel nie.
6:20. Hulle aan wie Ons die Boek gegee het, herken hom soos hulle hul seuns herken. Maar dié wat hulle siele verloor het ~ hulle sal nie glo nie.

Afdeling 3: Afgodedienaars se getuienis teen hulself

6:21. En wie is onregverdiger as hy wat ’n leuen teen Allah en Sy boodskappers versin? Voorwaar, die kwaaddoeners sal nie suksesvol wees nie.
6:22. En op die Dag wanneer Ons hulle almal bymekaar sal maak, sal Ons vir hulle wat afgodery gepleeg het, sê: Waar is julle valse gode waarvan julle gesê het dat julle hulle besit?
6:23. Dan sal hulle antwoord niks anders wees nie as dat hulle sal sê: Allah, ons Heer! Ons was nie afgodedienaars nie.
6:24. Kyk net hoe hulle hulself bedrieg, en hoe dít wat hulle versin het, hulle in die steek sal laat.
6:25. En tussen hulle is diegene wat na u luister; maar Ons het sluiers oor hul harte gewerp, en in hulle ore is doofheid. En al sou hulle elke teken sien, sou hulle tog nie glo nie. Wanneer hulle na u kom, argumenteer hulle met u ~ die ongelowiges sê: Dit is niks anders as stories van die ou volkere nie.
6:26. En hulle verbied ander dit en bly self ver daarvandaan. En hulle doen niemand anders as hulself skade aan nie, maar bemerk dit nie.
6:27. En as u dit maar kan aanskou wanneer hulle tot voor die Vuur gebring word! Dan sal hulle sê: O, kon ons maar teruggestuur word, dan sou ons nie meer die tekens van ons Heer verwerp nie, maar ons by die gelowiges skaar.
6:28. Nee, dít wat hulle voorheen weggesteek het, sal aan hulle bekend gemaak word. En al sou hulle teruggestuur word, sal hulle tog maar terugkeer na dít wat vir hulle verbode was; en hulle is gewisse leuenaars.
6:29. En hulle sê: Ons lewe bloot in hierdie wêreld en kan nie weer opgewek word nie.
6:30. En as u maar kon sien wanneer hulle voor hulle Heer gedaag word! Hy sal sê: Is dít nie die waarheid nie? Hulle sal antwoord: Ja, seker, by ons Heer! Hy sal sê: Proe dan die straf van julle ongeloof.

Afdeling 4: Verwerping van die waarheid

6:31. Hulle is inderdaad verloorders wat die ontmoeting met Allah ontken totdat die Uur onverwags oor hulle kom, en hulle sal sê: Helaas! Hoe kon ons dit ontken het! En hulle sal hul laste op hul rûe dra. Wees seker dat dit kwaad is wat hulle dra!
6:32. Die lewe van hierdie wêreld is niks anders as speel en ydelvermaak nie. En die tuiste van die Hiernamaals is voorwaar vir diegene wat God vrees. Sal julle dan nie verstaan nie?
6:33. Ons weet goed dat wat hulle sê, u verdriet aandoen, tog verloën hulle u nie, maar dié kwaad doeners verloën die tekens van Allah.
6:34. Gewis, die boodskappers vóór u is ook verloën, en gekwel, maar hulle was nietemin geduldig toe hulle verloën en vervolg is; totdat Ons hulp na hulle gekom het. En daar is niemand wat die woorde van Allah kan verander nie. En u het reeds sekere inlig ting omtrent die boodskappers ontvang.
6:35. En as hulle afkeer vir u onver draagbaar is, soek dan, indien u kan, ’n tonnel in die aarde of ’n leer na die hemel, om vir hulle ’n teken te bring. En indien dit Allah behaag het, sou Hy hulle almal sekerlik onder u leiding laat skaar het. Wees dus nie een van die onkundiges nie.
6:36. Slegs hulle wat luister, sal glo. En aangaande die gestorwenes, Allah sal hulle opwek, en hulle sal tot Hom teruggebring word.
6:37. En hulle sê: Waarom is daar nie ’n teken van sy Heer tot hom afgestuur nie? Sê: Voorwaar, Allah het die mag om tekens te stuur. Maar die meeste van hulle besef dit nie.
6:38. En daar is nie ’n dier op die aarde nie, nóg ’n voël wat met sy twee vlerke vlieg nie, of hulle is gemeentes, soos julle self ook is. Ons het niks uit die Boek weggelaat nie. Tot hulle Heer sal hulle bymekaar gebring word.
6:39. Hulle wat Ons tekens verloën, is doof en stom, in die duisternis. Allah laat dwaal wie Hy wil, en Hy lei op die regte weg wie Hy wil.
6:40. Sê: Kyk! As die straf van Allah julle oorval, of die Uur oor julle kom, sal julle iemand anders as Allah aanroep as julle opreg is?
6:41. Nee, Hom alleen sal julle aanroep; dan verwyder Hy dít waarvoor julle Hom aangeroep het, as Hy wil, en julle sal jul heidense geloof vergeet.

Afdeling 5: Gevolge van verwerping

6:42. En Ons het waarlik boodskappers tot die volkere vóór u gestuur; daarna het Ons hulle met ellende en kwellings getref, sodat hulle hulself kan verootmoedig.
6:43. Tog, waarom het hulle nie, toe Ons straf oor hulle gekom het, hulself verootmoedig nie? Maar hulle harte was verhard en die duiwel het alles wat hulle gedoen het, mooi laat skyn.
6:44. Toe hulle dan die waarskuwings verontagsaam het, het Ons die poorte van alle dinge in die wêreld vir hulle oopgestel, totdat hulle hul verheug het in dít wat aan hulle gegee is. Toe het Ons hulle eensklaps gegryp; en kyk! hulle was uiters wanhopig.
6:45. So is die lewensare van die volk wat boos gehandel het, afgesny. En alle lof kom Allah toe, die Heer van die Wêrelde.
6:46. Sê: Wat dink julle? As Allah julle jul gehoor en gesig sou ontneem en julle harte verseël, wie is dan die God buiten Allah, en wie sal dit aan julle kan teruggee? Kyk net hoe Ons die tekens verklaar; tog draai hulle weg daarvan.
6:47. Sê: Kyk! As die straf van Allah onverwags of openlik oor julle sou kom, sal iemand anders as die onregverdige volk vernietig word?
6:48. Ons het die boodskappers slegs as draers van blye tyding en as waarskuwers gestuur; en wie glo en reg handel, oor hulle sal geen vrees kom nie, ook sal hulle nie treur nie.
6:49. En aangaande hulle wat Ons tekens verwerp, hulle sal gestraf word omdat hulle ongehoorsaam was.
6:50. Sê: Ek sê nie aan julle dat ek die skatte van Allah besit nie, of dat ek die onsigbare ken nie, of dat ek ’n engel is nie; ek volg slegs wat aan my geopenbaar is. Sê: Kan die blinde en die die persoon met gesig eenders wees? Sal julle dan nie nadink nie?

Afdeling 6: Die beloning van die gelowiges

6:51. Waarsku diegene wat vrees, dat hulle tot hul Heer bymekaar gebring sal word, en dat hulle buiten Hom nóg ’n beskermer nóg ’n bemiddelaar het, sodat hulle Allah mag vrees.
6:52. En hulle wat hul Heer soggens en saans aanroep en na Sy welbehae handel, moet hulle nie verdryf nie. U het geen verantwoordelikheid teenoor hulle nie, en hulle is geensins verantwoordelik teenoor u nie; en as u hulle sou ver dryf, sal u soos die onregverdiges wees.
6:53. En op hierdie wyse beproef Ons sommige van hulle deur andere, sodat hulle kan sê: Is dit húlle vir wie Allah begunstig het? Weet Allah dan nie die beste wie dankbaar is nie?
6:54. Wanneer hulle wat in Ons tekens glo na u kom, sê dan: Vrede vir julle. Julle Heer het barmhartigheid vir Homself verorden; as enigeen van u dan in onwetendheid kwaad doen en daarná berou het en hom verbeter, dan is Hy Vergewens gesind, Genadevol.
6:55. En op hierdie wyse verduidelik Ons die tekens sodat die weë van die skuldiges geopenbaar kan word.

Afdeling 7: Die Goddelike oordeel

6:56. Sê: Dit is vir my verbode om diegene wat julle buiten Allah aanroep, te aanbid. Sê: Ek volg nie julle slegte neigings nie, want dan sou ek inderdaad afdwaal en nie wees van diegene wat die regte pad volg nie.
6:57. Sê: Sekerlik wandel ek op die weg van my Heer, en julle verloën dit. Ek besit nie dít wat julle wil verhaas nie. Die beslissing berus slegs by Allah. Hy openbaar die waarheid en Hy is die Beste beoordelaar.
6:58. Sê: As dít wat julle wou ver haas, in my besit was, sou die saak tussen julle en my sekerlik beslis gewees het. En Allah ken die onregverdiges die beste.
6:59. En by Hom is die sleutels tot die Onsigbare ~ en niemand ken dit nie behalwe Hy. En Hy weet wat op die land en in die see is. En daar is nie ’n blaar wat val nie, of Hy weet daarvan, ook is daar nie ’n graankorrel in die duisternis van die aarde, of iets vars of droog, sonder dat dit in ’n duidelike boek vemeld is nie.
6:60. En dit is Hy wat julle siel in die nag neem, en Hy weet wat julle bedags doen; daarna wek Hy julle weer op, sodat die vasge stelde termyn voltooi kan word. Daarna kon julle terugkeer tot Hom, en dan sal Hy julle inlig oor wat julle gedoen het.

Afdeling 8: Die Goddelike oordeel

6:61. En Hy is Oppermagtig oor Sy dienaars, en Hy stuur bewakers oor u, totdat, wanneer die dood een van julle besoek, Ons boodskappers sy siel wegneem. En hulle faal nooit daarin nie.
6:62. Dan word hulle na Allah, hulle Meester, die Waaragtige, teruggestuur. Waarlik, die beslissing is Syne en Hy is vlugtig in die vereffening.
6:63. Sê: Wie is dit wat julle van die rampe van die land en die see verlos wanneer julle Hom in nederigheid en in die geheim aanroep? Terwyl julle sê: As Hy ons hiervan red, sal ons sekerlik dankbaar wees.
6:64. Sê: Allah verlos julle van hier die en enige ander nood, tog vereenselwig julle andere met Hom.
6:65. Sê: Hy het die mag om straf na julle toe te stuur, van bo julle of van onder julle voete, of om in groepe te verdeel en sommige van julle die geweld van ander te laat smaak. Kyk net hoe Ons die tekens herhaal sodat hulle kan verstaan!
6:66. En u volk verloën dit, en tog is dit die waarheid. Sê: Ek is nie aangestel om julle op te pas nie.
6:67. Vir elke profesie is daar ’n vasgestelde tyd, en julle sal dit weldra te wete kom.
6:68. En wanneer u húlle teenkom wat Ons tekens bespot, keer die rug op hulle, totdat hulle die gesprek verander. En as die duiwel u laat vergeet, vertoef dan nie nadat dit u bygeval het nie.
6:69. En diegene wat God vrees, is geensins verantwoordelik vir hulle nie, maar dit is alleen hul plig om te vermaan, sodat sulke gesprekke voorkóm kan word.
6:70. En laat diegene met rus wat hulle godsdiens vir ’n speletjie en ydele sport neem, en vir wie die lewe van hierdie wêreld bedrog is, en waarsku die mense hiermee sodat ’n siel nie vernietig sal word omdat hy dit verdien het nie. En hy sal, buiten Allah, nóg vriend nóg bemiddelaar hê, en al sou hy alles as losprys aanbied, sou dit nie aanvaar word nie. Dit is húlle wat vernietig sal word omdat hulle dit verdien het. Vir hulle wag daar ’n drank van kokende water en ’n smartlike straf, omdat hulle ongelowig was.

Afdeling 9: Abraham se argument oor die Goddelike Eenheid

6:71. Sê: Sal ons, buiten Allah, húlle aanroep wat ons nóg kan bevoordeel nóg kan benadeel, en sal ons op die plek omdraai nadat Allah ons reg gelei het, soos iemand wat weens die inblasing van duiwels sy slegte neigings gehoorsaam en verbysterd op die aarde dwaal terwyl hy metgeselle het wat hom tot die regte pad roep en sê: Kom na ons? Sê: Sekerlik, die leiding van Allah, dít is die ware leiding. En ons word beveel om ons aan die Heer van die Wêrelde te onderwerp.
6:72. En: Onderhou die gebed, en vrees Hom tot wie julle teruggebring sal word.
6:73. En dit is Hy wat die hemele en die aarde geskape het. En wanneer Hy sê: Wees, dan ís dit.Sý woord is die waarheid en Syne is die koninkryk op die Dag wanneer die trompet geblaas sal word. Die Kenner van die onsigbare en die sigbare; en Hy is die Allerwyse, en Hy is die Allerbewuste.
6:74. En toe Abraham aan sy vader, Azar, gesê het: Aanbid u tog nie afgode nie? Waarlik, ek merk dat u en u volk dwaal.
6:75. En Ons het aan Abraham die koninkryk van die hemele en die aarde getoon, sodat hy sekerheid kon hê.
6:76. En toe nag hom oorval het, het hy ’n ster gesien. Hy het gesê: Is dít my Heer? Maar toe dit ondergaan, het hy gesê: Ek het die dinge wat ondergaan nie lief nie.
6:77. En toe hy die maan sien opstyg, het hy gesê: Is dít my Heer? Maar toe dit ondergaan, het hy gesê: As my Heer my nie reg gelei het nie, sou ek gewis een van die dwalendes gewees het.
6:78. En toe hy die son sien opkom, het hy gesê: Is dít my Heer? Is dít die grootste? Maar toe dit sak, het hy gesê: O my volk! Ek is sekerlik onskuldig aan die afgode wat julle met Hom vereenselwig.
6:79. Waarlik, ek het myself opreg tot Hom gewend, Hy wat die hemele en die aarde laat ontstaan het; en ek is nie een van die heidene nie.
6:80. En sy volk het met hom geargumenteer. Hy het gesê: Argumenteer julle met my omtrent Allah, terwyl Hy my reg gelei het? En ek vrees geensins dít wat julle met Hom vereenselwig nie, tensy dit my Heer behaag. My Heer omvat alle dinge in Sy kennis. Sal julle dan nie daaruit leer nie?
6:81. En hoe kan julle afgode vrees, terwyl julle self nie bevrees is om afgode te aanbid terwyl Hy julle dit verbied het nie? Wie van ons word die beste beskerm? Sê, as julle dit weet.
6:82. Hulle wat glo en die geloof nie met onregverdigheid vermeng nie ~ hulle sal in vrede en geregtigheid gelei word.

Afdeling 10: Profete onder Abraham se afstammelinge

6:83. En dít was Ons bewyse wat Ons aan Abraham gegee het om teen sy volk te gebruik. Ons verhef in grade wie Ons wil. Waarlik, u Heer is Allerwys, Alleswetend.
6:84. En Ons het hom Isak en Jakob gegee. Ons het hulle elkeen gelei, en Ons het Noag voorheen gelei, en ook sy afstammelinge: Dawid en Salomo en Job en Josef en Moses en Aäron. En so beloon Ons diegene wat aan ander goed doen.
6:85. En Sagaria en Johannes en Jesus en Elias; elkeen van hulle het tot die opregtes behoort.
6:86. En Ismael en Elisa en Jona en Lot; en elkeen van hulle het Ons bo die volkere verhef;
6:87. En sommige van hulle vaders en hulle afstammelinge en hulle broers is deur Ons verkies, en Ons het hulle op die regte pad gelei.
6:88. Dít is die leiding van Allah waarmee Hy wie Hy wil tussen Sy dienaars lei. En indien hulle iets anders naas Hom aanbid het, dan sou alles wat hulle gedoen het, tevergeefs gewees het.
6:89. Aan hulle het Ons die Boek en heerskappy en die profesie gegee. Maar as hulle nie daarin glo nie, sal Ons dit inderdaad toevertrou aan ’n ander volk, wat nie ondankbaar sal wees nie.
6:90. Dit is húlle vir wie Allah reg gelei het; volg dus hulle leiding. Sê: Ek vra julle geen beloning daarvoor nie. Dit is niks anders as ’n vermaning vir die volkere nie.

Afdeling 11: Die waarheid van die Goddelike openbaring

6:91. En hulle eer Allah nie met die eer wat Hom toekom nie, wanneer hulle sê: Allah het aan geen sterfling iets geopenbaar nie. Sê: Wie het die Boek geopenbaar wat Moses as ’n lig en ’n leiding vir die mense gebring het ~ wat julle op perkamente skryf en bekend maak, en tog veel daarvan verberg, en waardeur julle onderrig is in wat nóg julle nóg julle vaders geweet het? Sê: Allah. Laat hulle daarna met rus om hulself te vermaak met hulle ydele speletjies.
6:92. En dit is ’n Geseënde Boek wat Ons geopenbaar het, wat bevestig wat daarvan voor afgegaan het, sodat u die moeder van stede {Makka} en wat in haar omgewing is, kan waarsku. En hulle wat in die Hiernamaals glo, glo daarin, en hulle waak oor hulle gebede.
6:93. En wie is onregverdiger as hy wat ’n leuen teen Allah versin, of sê: Openbaring is aan my veleen, terwyl niks aan hom geopenbaar is nie; en hy wat sê: Ek kan die gelyke openbaar van wat Allah geopenbaar het. En kon julle dit maar sien wanneer die kwaaddoeners in die dood stryd verkeer en die engele hulle hande uitstrek en sê: Gee julle siele oor! Dié dag sal die straf van skande aan julle toegeken word omdat julle ten onregte teen Allah gepraat het, en omdat julle Sy tekens geminag het.
6:94. En julle het een vir een na Ons gekom soos Ons julle eer geskape het, en julle het agtergelaat wat Ons julle geskenk het. En Ons merk nie by julle die bemiddelaars van wie julle beweer het dat hulle deelgenote van Allah is om julle ontwil nie. Die bande tussen julle is nou afgesny, en dít waarop julle jul verlaat het, het julle mislukking gebring.

Afdeling 12: Die uiteindelike oorwinning van die waarheid

6:95. Voorwaar, dit is Allah wat die graankorrel en die dadelpit laat ontkiem. Hy bring die lewende uit die dode voort en Hy is die Voortbringer van die dode uit die lewende. Dít is Allah. Waarom het julle dan weggedraai?
6:96. Hy is die Heer van die Daeraad; en Hy het die nag gemaak vir rus en die son en die maan vir die berekening van tyd. Dít is die maatstaf van die Almagtige, die Alwetende.
6:97. En dit is Hy wat die sterre vir julle gemaak het, sodat julle daardeur die regte weg in die duister van die land en die see mag volg. Waarlik, Ons het die tekens verduidelik vir ’n volk wat weet.
6:98. En dit is Hy wat julle uit ’n enkele siel geskape het, en daar is vir julle ’n rusplek en ’n bewaarplek. Inderdaad het Ons die tekens verduidelik vir ’n volk wat verstaan.
6:99. En dit is Hy wat die water uit die wolke afstuur en daardeur die plante laat ontkiem. En Ons bring groen lower en gerwe graan voort; en aangaande die dadelpalm, uit die skede daarvan kom laaghangende trosse dadels voort; en Ons skenk ook wingerde en laat die olyf- en die granaatbome dra. Kyk na die vrugte daarvan wanneer dit ryp word. Hierin is sekerlik tekens vir ’n volk wat glo!
6:100. En hulle beskou die djien as deelgenote van Allah, of skoon Hy hulle geskape het, en valslik skryf hulle dogters en seuns aan Hom toe sonder dat hulle behoorlik ingelig is. Heilig is Hy! En hoog verhewe is Hy bo dít wat hulle aan Hom toeskryf!

Afdeling 13: Geleidelike vordering

6:101. Wonderlike Ontwerper van die hemele en die aarde! Hoe kan Hy ’n seun hê wanneer Hy geen gemalin het nie? En Hy het alles geskape, en Hy is die Kenner van alle dinge.
6:102. So is Allah, julle Heer. Daar is geen God behalwe Hy nie, die Skepper van alle dinge. Daarom moet julle Hom dien, want Hy bestier alles.
6:103. Die oog bereik Hom nie; maar Hy bereik die oë, en Hy is Sagmoedig, Allerbewus.
6:104. Duidelike bewyse het inderdaad van julle Heer tot julle gekom; wie dus sien, dit is tot sy eie voordeel; en wie blind is, dit is tot sy eie nadeel. En ek {Die Profeet} is nie ’n bewaker oor julle nie.
6:105. Daarom herhaal Ons die verse dat hulle sou sê: U het dit bestudeer; en sodat Ons dit kan verduidelik aan ’n volk wat kennis het.
6:106. Volg dít wat u Heer aan u geopenbaar het ~ daar is geen God behalwe Hy nie; en draai weg van die heidene af.
6:107. En indien dit Allah behaag het, sou hulle nie ander gode naas Hom gestel het nie. En Ons het u nie as bewaker oor hulle aangestel nie, en ook nie as voog oor hulle geplaas nie.
6:108. En beledig nie diegene wat hulle, buiten Allah, aanroep nie, anders, as u die perke oor skry, mag hulle deur onwetend heid Allah beledig. En Ons het vir elke volk hulle dade mooi laat lyk. En hulle sal tot hulle Heer terugkeer, en Hy sal hulle inlig oor wat hulle gedoen het.
6:109. En hulle sweer hulle sterkste eed by Allah, dat as ’n teken tot hulle kom, hulle sekerlik daarin sal glo. Sê: Tekens is van Allah. Maar wat sal julle laat besef dat hulle, as die tekens kom, nie sou glo nie?
6:110. En Ons verander hulle harte en hulle oë, net soos toe hulle die eerste maal nie daarin geglo het nie; en Ons laat hulle blindelings in hulle oortredinge dwaal.

Afdeling 14: Die heidene se teenstand

6:111. En selfs al sou Ons die engele na hulle afstuur, en die dooies met hulle laat praat, en alle dinge voor hulle bymekaarbring, sou hulle nog nie glo nie, tensy dit Allah behaag. Maar die meeste van hulle is onkundig.
6:112. En so het Ons vir elke profeet ’n vyand gemaak, die duiwels tussen die mens en die djien, die een met bemoediging, die ander met vergulde woorde van bedrog. En indien u Heer wou, sou hulle dit nie gedoen het nie; laat hulle dus met rus met wat hulle versin ~
6:113. sodat die harte van hulle wat nie in die Hiernamaals glo nie, hulle daarnatoe kan neig, en dat hulle daarmee tevrede mag wees, en dat hulle kan verdien wat hulle toekom.
6:114. Sal ek dan iemand anders as regter buiten Allah soek, terwyl dit Hy is wat die Boek, ’n volledige verklaring, vir julle gestuur het? En hulle aan wie Ons die Boek gegee het, weet dat dit van u Heer kom; wees u dan nie ook een van die twyfelaars nie.
6:115. En die woord van u Heer is met waarheid en regverdigheid voltooi. Niemand kan Sy woorde verander nie; en Hy is die Allerhorende, die Alleswetende.
6:116. En indien u die meerderheid van hulle wat op die aarde is, gehoorsaam, sal hulle u van die weg van Allah laat afdwaal. En hulle volg niks anders as ’n vergissing nie, en hulle lieg net.
6:117. Waarlik, u Heer weet wie van Sy weg afdwaal, en Hy weet wie deur die waarheid gelei word.
6:118. Eet daarom van dít waar oor die Naam van Allah uitge spreek is, as julle in Sy tekens glo.
6:119. En watter rede het julle om nie te eet van dít waaroor die Naam van Allah uitgespreek is nie, terwyl Hy reeds uitgelê het wat Hy julle verbied het ~ met uitsondering van dít waartoe julle gedwonge is? En sekerlik, vele mislei andere deur hulle slegte neigings en onkunde.
6:120. En vermy openlike en geheime sondes. Gewis, hulle wat sondig, sal bestraf word met wat hulle verdien het.
6:121. En eet nie iets waaroor die Naam van Allah nie uitgespreek is nie, want dit is sekerlik ’n oortreding. En die duiwels moedig hulle vriende aan om met julle te argumenteer; en as julle hulle gehoorsaam, sal julle gewis van die heidene wees.

Afdeling 15: Die vernaamste teenstanders

6:122. Kan iemand wat dood was, maar aan wie Ons weer die lewe geskenk het en vir hom ’n lig gemaak het waardeur hy onder die volk wandel, op gelyke voet gestel word met iemand wat in duisternis verkeer waaruit hy nie kan wegkom nie? So word hulle doen en late vir die ongelowiges aantreklik ge maak.
6:123. En in elke stad het Ons belhamels tussen die skuldiges opgestel, sodat hulle planne kan beraam. Maar hulle beraam slegs teen hulself, maar hulle besef dit nie.
6:124. En wanneer daar ’n teken na hulle kom, sê hulle: Ons sal nie daarin glo voordat ook aan ons gegee is wat aan die boodskappers van Allah gegee is nie. Allah weet waarheen om Sy Boodskap te stuur. Vernedering van Allah en ’n streng straf sal die skuldiges gewis tref, vanweë dít wat hulle beraam het.
6:125. Vir wie Allah ook wil lei, Hy verruim vir hom sy boesem ten gunste van Islam, en wie Hy wil laat dwaal, sy boesem maak Hy dig, soos dié van iemand wat opstyg. So lê Allah onreinheid op hulle wat nie glo nie.
6:126. En dít is die pad van u Heer, die regte pad. Voorwaar, Ons het die tekens verduidelik vir ’n volk wat daaruit wil leer.
6:127. Vir hulle is die Huis van Vrede by hul Heer, en Hy is hulle Vriend omdat hulle werke welgevallig is.
6:128. En op die Dag waarop Hy hulle almal bymekaar sal bring, sal Hy sê: O gemeenskap van Djien! Julle het ’n groot aantal mense tot julle getrek. En hulle vriende tussen die mense sal sê: Ons Heer! Ons het uit mekaar wins gemaak, maar nou het ons die einde van die tydperk bereik wat U vir ons vasgestel het. Hy sal sê: Die Vuur is julle tuiste; daarin sal julle bly, behalwe waar dit Allah anders mag behaag. Waarlik, julle Heer is Allerwys, Alleswetend.
6:129. En op dieselfde wyse maak Ons sommige van die onregverdiges tot vriende van ander, omdat hulle dit verdien.

Afdeling 16: Die boosheid van heidensdiens

6:130. O gemeenskap van Djien en mense! Het daar nie boodskappers uit julle midde tot julle gekom wat My tekens aan julle oorgedra het, en julle téén die ontmoeting van hierdie Dag van julle gewaarsku het nie? Hulle sal sê: Ons getuig teen onsself. En die lewe van hierdie wêreld het hulle bedrieg en hulle sal teen hulself getuig dat hulle ongelowiges was.
6:131. Dit is omdat u Heer nooit die stede onregverdiglik wou vernietig, terwyl hulle bewoners nog onbewus van hulle sonde is nie.
6:132. En daar is vir almal grade ooreenkomstig hulle doen en late. En u Heer is nie onbewus van hulle dade nie.
6:133. En u Heer is die Self genoegsame, die Heer van Barmhartigheid. En as Hy wil, kan Hy julle wegneem en julle laat opvolg deur wie Hy wil, net soos Hy julle uit die nageslag van ander laat ontstaan het.
6:134. Dit wat julle belowe is, sal sekerlik geskied, en julle sal dit nie kan verhoed nie.
6:135. Sê: O my volk! Handel volgens julle vermoë; ek handel ook. Julle sal weldra weet vir wie die uiteindelike beloning van die Tuiste sal wees. Waarlik, die onregverdiges slaag nooit nie.
6:136. En hulle sit ’n deel opsy vir Allah van wat Hy voort gebring het uit die gesaaides en grootvee, en sê: Dít is vir Allah ~ so beweer hulle ~ en dít is vir ons afgode. Maar dít wat vir hulle afgode is, bereik Allah nie, en dít wat vir Allah is, bereik hulle afgode. Boos is die dinge wat hulle doen.
6:137. En op dié manier het hulle afgode vir baie van die heidene die doodmaak van hulle kinders aantreklik gemaak, sodat hulle hul verderf kan veroorsaak en hul godsdiens vir hulle in die war kan stuur. En as Allah dit wou, sou hulle dit nie gedoen het nie; laat hulle dus met rus met wat hulle versin.
6:138. En hulle sê: Hierdie en daardie grootvee en gesaaides is verbode; niemand sal daarvan eet nie, behalwe diegene wat deur ons toegelaat word ~ so beweer hulle ~ en grootvee waarvan die rûe verbode is, en grootvee waaroor hulle nie die naam van Allah wou uitspreek nie. En hulle versin ’n leuen teen Hom. Hy sal hulle vergeld vir wat hulle versin.
6:139. En hulle sê: Dít wat in die baarmoeders van hierdie en daardie grootvee is, is uitsluitlik vir ons mans en is vir ons vroue verbode, maar as dit dood gebore word, is hulle deelgenote daarin. Hy sal hulle vir hulle valse beweringe vergeld. Voorwaar, Hy is Allerwys, Alleswetend.
6:140. Húlle is die verloorders wat hulle kinders in onkun digheid en onwetendheid ver moor, en die dinge verbied waarvan Allah die mens voor sien, en ’n leuen teen Allah versin. Hulle is inderdaad verdwaald en word nie reg gelei nie.

Afdeling 17: Selfopgelegde onthoudinge van die heidene

6:141. En dit is Hy wat tuine met priële of sonder priële laat ontstaan, en dadelpalms en graan waarvan die korrels verskillend is, en olywe en granate van gelyke en ongelyke soorte. Eet die vrugte daarvan wanneer dit ryp is, en betaal die prys daarvan op die dag van die oes, en verkwis dit nie. Voorwaar, Allah het die verkwisters nie lief nie.
6:142. En van die grootvee het Hy sommige as slagvee geskape. Eet wat Allah julle gegee het, en volg nie in die voetstappe van die duiwel nie. Waarlik, hy is julle openlike vyand.
6:143. Agt pare, ~ twee van die skape en twee van die bokke. Sê: Het Hy die twee manlikes of die twee vroulikes verbied, of dít wat die baarmoeders van die twee vroulikes bevat? Onderrig my met sekerheid, indien julle opreg is.
6:144. En twee van die kamele en twee van die koeie. Sê: Het Hy die twee manlikes of die twee vroulikes verbied, of dít wat die baarmoeders van die twee vroulikes bevat? Of was julle getuies toe Allah julle dit opgelê het? Wie is dan onregverdiger as hy wat ’n leuen teen Allah versin omdat hy sonder kennis die mense verlei? Waarlik, Allah lei nie die onregverdige volk nie.

Afdeling 18: Verbode voedsel

6:145. Sê: Ek vind nie in dít wat aan my geopenbaar is enigiets wat verbode is om te eet nie, met die uitsondering van dooie diere of lopende bloed, of varkvleis ~ want dit is waarlik onrein ~ of dít wat sondig is omdat ’n ander naam as dié van Allah daaroor uitgeroep is. Maar wie deur noodsaak gedryf word en nie begeer om die perke te oorskry nie, hy sal u Heer gewis Verge wensgesind, Genadevol vind.
6:146. En vir die Jode het Ons verbied: elke dier wat kloue het, en ook die vet van die osse en skape het Ons hulle verbied, behalwe wat hulle rûe of ingewande dra of wat met bene gemeng is. Dít was ’n straf wat Ons hulle opgelê het weens hulle opstandigheid, en Ons is sekerlik Opreg.
6:147. Maar indien hulle u verloën, sê dan: Julle Heer is die Heer van alomvattende Barmhartigheid, en Sy straf sal van die skuldige volk nie weggehou word nie.
6:148. Hulle wat heidene is, sê: As Allah dit wou, sou nóg ons nóg ons vaders iets anders naas Allah aanbid het, nóg sou ons enigiets onwettig verklaar het. Op dieselfde manier het diegene vóór hulle die waarheid verwerp, totdat hulle Ons straf gesmaak het. Sê: Het julle enige kennis sodat julle dit vir ons kan meedeel? Julle volg niks anders nie as vermoedens, en julle vertel net leuens.
6:149. Sê: Dan is die afdoende bewys Allah s’n; as Hy dit wou, sou Hy julle almal reg gelei het.
6:150. Sê: Bring julle getuies wat kan getuig dat Allah dit verbied het. Indien hulle getuig, getuig dan nie saam met hulle nie. En volg nie die slegte neigings van hulle wat Ons tekens verwerp, en nie in die Hiernamaals glo nie, en wat afgode naas hulle Heer aanbid.

Afdeling 19: Die leidende beginsels van die lewe

6:151. Sê: Kom, ek sal aan julle verkondig wat julle Heer julle verbied het: Vereenselwig niemand met Hom nie, en doen goed aan die ouers, en vermoor nie jul kinders vanweë jul armoede nie ~ Ons versorg julle en hulle ~ weerhou julle van openlike sowel as heimlike onbetaamlikhede, en maak niemand dood nie ~ want Allah heilig die lewe ~ behalwe geregtigheidsonthalwe. Dít is wat Hy julle gelas, sodat julle kan verstaan.
6:152. En palm nie die eiendom van die weeskind in voordat hy mondig is nie, tensy dit op ’n billike wyse geskied. En gee die volle maat en die volle gewig met regverdigheid ~ Ons belas geen siel bo sy vermoë nie. En wees regverdig wanneer julle praat, selfs wanneer dit ’n bloedverwant betref. En vervul die verbond van Allah. Dít is wat Hy gelas, sodat julle oplettend kan wees.
6:153. En weet dat dit My weg is ~ die regte weg; en volg dít, en volg nie ander weë nie, want hulle sal julle van My weg aflei. Hiertoe vermaan Hy julle sodat julle opreg en heilig mag wees.
6:154. En Ons het die Boek aan Moses gegee om Ons seëninge aan hom wat goed doen te voltooi, ’n Boek wat alle dinge verduidelik en ’n leiding en ’n genade is, sodat hulle in die ontmoeting met hulle Heer kan glo.

Afdeling 20: Die eindbestemming van die gelowiges

6:155. En dit is ’n Boek vol van seëninge wat Ons geopenbaar het; volg dit daarom en wees bewus van Allah, sodat genade aan julle betoon mag word.
6:156. Sodat julle nie kan sê nie: Die Boek was alleen aan twee partye vóór ons tyd geopenbaar, en ons was heeltemal onbekend met wat hulle gelees het.
6:157. Of ingeval julle sou sê: As die Boek aan ons geopenbaar was, sou ons beter as hulle gelei gewees het. So het daar inderdaad ’n duidelike bewys van julle Heer tot julle gekom, ’n leiding en ’n genade. Wie is dan onregverdiger as hy wat die tekens van Allah verwerp en hom daarvan wegdraai? Ons sal diegene wat Ons tekens verwerp, met ’n smartlike straf vergeld, omdat hulle afwysend was.
6:158. Verwag hulle niks anders nie as dat die engele na hulle moet kom, of dat u Here na hulle moet kom, of dat u Heer tekens moet toon? Op die Dag wanneer daar tekens van u Heer sal verskyn, sal die geloof geen siel baat wat voorheen nie geglo het nie, ook sal hy niks goeds met sy skielike geloof kan verdien nie. Sê: Wag; ons wag ook.
6:159. Hulle wat ’n skeiding in hul godsdiens teweegbring en hulself in sektes verdeel ~ u het niks met hulle te doen nie. Hulle saak berus slegs by Allah, Hy sal hulle inlig omtrent hulle dade.
6:160. Wie ’n goeie daad verrig, sal tien maal soveel ontvang; maar wie ’n slegte daad verrig, sal alleen die gelyke vergelding daarvoor ontvang, en hulle sal geen onreg aangedoen word nie.
6:161. Sê: Wat my betref, my Heer het my op die regte pad gelei ~ ’n regte geloof, die godsdiens van Abraham die opregte, en hy was nie van die heidene nie.
6:162. Sê: My gebed en my offerhande en my lewe en my dood is sekerlik vir Allah, die Heer van die Wêrelde ~
6:163. Geen deelgenoot het Hy nie. En dít word ek beveel, en ek is die eerste om my onderdanig te stel.
6:164. Sê: Sal ek ’n ander Heer as Allah soek, terwyl Hy die Heer van alle dinge is? En geen siel verdien iets kwaads of dit is teen homself; nóg dra ’n lasdraer die las van ander. Julle terugkeer sal tot jul Heer wees, en Hy sal julle meedeel waaroor julle getwis het.
6:165. En dit is Hy wat julle erfgename van die land gemaak het, en Hy het sommige van julle in rang bo andere verhef sodat Hy julle kan beproef met dít wat Hy julle gegee het. Voorwaar, julle Heer is vlug in die straf, en waarlik Hy is Vergewensgesind, Genadevol.

Hoofstuk 7: Die Verhewe Plekke

Afdeling 1: Die teenstanders se lot

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

7:1. Alief, Laam, Miem, Sôd. {Allegoriese letters} 2. ’n Boek aan u geopenbaar ~ laat u bors daarom nie benoud wees nie ~ sodat u daarmee mag waarsku.. Dit is ’n aanmaning vir die gelowiges.
7:3. Volg wat julle Heer aan julle geopenbaar het, en volg geen ander beskermers nie, buiten Hom; hoe min onthou julle!
7:4. En hoeveel stede het Ons nie vernietig nie! So het Ons straf hulle gedurende die nag oorval of tydens hulle middagslaap.
7:5. Tog, toe Ons straf oor hulle gekom het, was hulle uitroep niks anders as: Ons was inderdaad kwaaddoeners.
7:6. En Ons sal hulle na wie die boodskappers gestuur was, sekerlik ondervra, en Ons sal die boodskappers ook ondervra.
7:7. Dan sal Ons hulle die waarheid vertel, want Ons is nooit afwesig nie.
7:8. En die oordeel op daardie Dag sal regverdig geskied; hulle wie se goeie dade swaar sal weeg, sal die suksesvolles wees.
7:9. En hulle wie se goeie dade maar lig sal weeg, het hulle siele benadeel omdat hulle ten opsigte van ons tekens onregverdig was.
7:10. En waarlik, Ons het julle op die aarde gevestig en julle daar van lewensmiddele voorsien; hoe weinig dankbaar is julle nie!

Afdeling 2: Die duiwel se vyandskap teen die mens

7:11. En Ons het julle geskape en vorm gegee; toe het Ons aan die engele gesê: Prostreer voor Adam. Hulle het geprostreer, behalwe Iblies; hy was nie een van dié wat geprostreer het nie.
7:12. Hy {Allah} het gesê: Wat het u verhinder om u te prostreer toe Ek u gebied het? Hy het ge antwoord: Ek is beter as hy; U het my uit vuur geskape, terwyl U hom uit klei geskape het.
7:13. Allah het gesê: Vertrek hiervan daan! Want dit is nie vir u om hier hoogmoedig te wees nie. Gaan heen! Want u is gewis een van die veragtelikes.
7:14. Hy het gesê: Verleen aan my uitstel tot aan die Dag waarop hulle opgewek sal word.
7:15. Allah het gesê: Aan u is uitstel verleen.
7:16. Hy het geantwoord: Omdat U my as dwalende veroordeel het, sal ek in U regte weg vir hulle op loer lê;
7:17. dan sal ek hulle sekerlik van voor, van agter, van die regter- en van die linkerkant byloop; en U sal die meeste van hulle nie dankbaar vind nie.
7:18. Allah het gesê: Gaan weg hiervandaan, verag en verworpe! Wie van hulle u ook al volg, Ek sal die Hel met julle almal vul.
7:19. O Adam! Woon u en u vrou in die Tuin, en eet waarvan u wil, maar nader hierdie boom nie, anders sal u tot die onregverdiges behoort.
7:20. Maar die duiwel het hulle slegte ingewinge ingeblaas, naamlik, dat hy aan hulle sou openbaar wat hul verborge swakhede is, en hy het gesê: U Heer het u hierdie boom verbied uit vrees dat u engele sal word of dat u onsterflik sal word.
7:21. En hy het aan hulle altwee gesweer: Ek is vir julle waarlik ’n opregte raadgewer.
7:22. So het hy dan hulle ondergang deur bedrog veroorsaak. En toe hulle van die vrugte van die boom geëet het, het hulle skaamte vir hulle duidelik geword, en toe begin albei hulself te bedek met die blare van die Tuin. En hulle Heer het na hulle geroep en gesê: Het Ek julle daardie boom nie verbied nie, en het Ek julle nie gesê dat die duiwel sekerlik julle openlike vyand is nie?
7:23. Hulle het geantwoord: Ons Heer! Ons het onsself onreg aangedoen en as U ons nie vergewe, en ons nie genade betoon nie, sal ons sekerlik verloorders wees.
7:24. Hy het gesê: Gaan heen ~ sommige van julle sal die vyande van ander wees. En daar is vir julle op die aarde ’n woonplek en voorsiening vir ’n bepaalde tyd.
7:25. Hy het gesê: Daarop sal julle lewe en daarop sal julle sterwe, en daarvandaan sal julle weer opgewek word.

Afdeling 3: Waarskuwing teen die duiwel se voorstellinge

7:26. O Kinders van Adam! Ons het vir julle klere gestuur om julle skaamte te bedek, en kleding vir verfraaiing, en kleding wat teen kwaad beskerm ~ dit is die beste. Dit is ’n boodskap van Allah waaruit julle kan leer.
7:27. O Kinders van Adam! Laat die duiwel julle nie verlei soos toe hy julle ouers uit die Tuin verdryf het en hulle klere van hulle afgetrek en hulle daardeur hul skaamte getoon het nie. Waarlik, hy sien julle, hy en sy gevolg, van waar julle hom nie kan sien nie. Ons het waarlik die duiwels vriende gemaak van die ongelowiges.
7:28. En wanneer hulle ’n slegte daad begaan en sê: Ons het gevind dat ons vaders dit gedoen het en dat Allah ons dit ook beveel. Sê: Waarlik, Allah gebied nie slegte dade nie. Sê julle iets van Allah waartoe julle nie die reg het nie?
7:29. Sê: My Heer beveel regverdigheid. En rig julle gesigte behoorlik op tydens elke aan bidding, en roep Hom aan in opregtheid en gehoorsaamheid. Soos Hy julle laat ontstaan het, so sal julle terugkeer.
7:30. Sommige het Hy reg gelei, maar wat die ander betref ~ die verdoemenis is hul verdiende loon. Waarlik, hulle het die duiwels in plaas van Allah as vriend geneem, en hulle dink dat hulle reg gelei is.
7:31. O Kinders van Adam! Wees oplettend op julle versiering tydens elke aanbidding, en eet en drink, maar verkwis nie; waar lik, Allah het die verkwisters nie lief nie.

Afdeling 4: Die Boodskappers is gestuur vir die opheffing van die mens

7:32. Sê: Wie het die klere van Allah, wat Hy vir Sy dienaars gemaak het, en die goeie voorsiening, verbied? Sê: Dit is vir die gelowiges in die lewe van hierdie wêreld , en alleen vir hulle op die Weeropstandingsdag. Aldus maak Ons die tekens duidelik vir ’n volk wat begryp.
7:33. Sê: My Heer verbied slegs onfat soenlikheid ~ hetsy openlik of in die geheim ~ en sonde en onregverdige verdrukking, en dat julle dít met Allah vereenselwig waartoe Hy julle geen reg verleen het nie, en dat julle van Allah sê wat julle nie kan bewys nie.
7:34. En vir elke nasie is daar ’n termyn: daarom, wanneer die tyd aanbreek, sal selfs nie eens ’n uur uitstel aan hulle verleen word nie, en ook kan dit nie verkort word nie.
7:35. O Kinders van Adam! As boodskappers vanuit jul midde My tekens aan julle verduidelik, dan moet julle teen die kwaad waak en goeie dade verrig, want dan sal geen vrees oor julle kom nie, en sal julle ook nie treur nie.
7:36. Maar hulle wat Ons tekens verloën en hoogmoedig wegdraai ~ hulle sal die bewoners van die Vuur wees; daarin sal hulle bly.
7:37. Wie is dan onregverdiger as hy wat ’n leuen teen Allah versin of Sy tekens verloën? Dit is hulle wat ’n lot sal ondergaan soos dit in die Boek verorden is; dan, wanneer Ons boodskappers by hulle aankom om hulle te laat sterwe, sal hulle sê: Waar is die dinge wat julle buiten Allah aangeroep het? Hulle sal antwoord: Hulle het ons verlaat. En hulle sal teen hulself getuig dat hulle ongelowiges was.
7:38. Hy sal sê: Gaan die Vuur binne, en bly saam met die volkere van die djien en mense wat vóór julle heengegaan het. Steeds wanneer ’n volk binnegaan, sal hy sy sustervolk vervloek; totdat, wanneer hulle die een na die ander daarin aankom, die laastes van hulle met betrekking tot die eerstes sal sê: Ons Heer! Húlle het ons laat afdwaal; gee hulle daarom dubbele straf. Hy sal sê: Daar is vir elkeen ’n dubbele straf; julle weet dit net nie.
7:39. En die eerstes sal aan die laastes sê: Julle het geen voorkeur bo ons nie; ondergaan daarom die straf vir wat julle verdien het.

Afdeling 5: Hulle wat die Boodskap aanneem

7:40. Vir hulle wat Ons tekens verloën en hulself hoogmoedig daarvan wegkeer, sal die deure van die Hemel nie oopgemaak word nie, ook sal hulle nie die Tuin binnegaan nie voordat die kameel deur die oog van ’n naald kan gaan. So vergeld Ons die misdadigers.
7:41. ’n Bed van Hel sal hulle kry en bo-oor hulle ’n bedekking daarvan. Want so vergeld Ons die onregverdiges.
7:42. En aangaande hulle wat glo en goed doen ~ Ons belas geen siel bo sy vermoë nie ~ hulle is die bewoners van die Tuin; daarin sal hulle bly.
7:43. Welke wrok daar ook al in hulle harte mag wees, Ons sal dit verwyder ~ riviere vloei verby hulle. En hulle sê: Alle lof kom Allah toe, Hy wat ons hierheen gelei het! En ons sou nie die weg gevind het nie, was dit nie dat Allah ons tereggewys het nie. Die boodskappers van Ons Heer het inderdaad die waarheid gebring. En dáár sal hulle toegeroep word: Dít is die Tuin wat as erfenis aan julle bemaak is vir alles wat julle gedoen het.
7:44. En die bewoners van die Tuin sal na die bewoners van die Vuur roep: Ons het bevind dat dít wat ons Heer ons belowe het, die waarheid is; het julle ook bevind dat wat julle Heer júlle belowe het die waarheid is? Hulle sal sê: Ja. Dan sal ’n woordvoerder onder hulle uitroep: Die vloek van Allah rus op die kwaad- doeners,
7:45. wat ander van die weg van Allah weerhou en wens om dit ongelyk te maak, en wat nie aan die Hiernamaals glo nie.
7:46. En tussen hulle is ’n sluier. En op die Verhewe Plekke is manne, wat almal aan hulle merktekens herken. En tot die bewoners van die Tuin roep hulle uit: Vrede op julle! Hulle het dit nog nie binnegegaan nie, hoewel hulle daarop hoop.
7:47. En wanneer hulle oë na die bewoners van die Vuur gerig is, sê hulle: Ons Heer! Plaas ons nie saam met die onregverdiges nie.

Afdeling 6: Die hulpeloosheid van die Teenstanders

7:48. En die bewoners van die Verhewe Plekke sal uitroep tot die mense, wat hulle aan hul merktekens herken, en sê: Julle versamelinge van skatte en julle verwaandheid was vir julle geensins tot voordeel nie.
7:49. Is dít diegene van wie julle gesweer het dat Allah nie genade aan hulle sou skenk nie? Gaan die Paradys binne; daar sal geen vrees oor julle kom nie, nóg sal julle treur.
7:50. En die bewoners van die Vuur sal tot die bewoners van die Tuin uitroep: Giet water oor ons uit, of iets waarmee Allah julle voorsien het. Hulle sal antwoord: Waarlik, Allah het dit vir die ongelowiges verbied.
7:51. Wie hulle godsdiens as ydele pret en as ’n speletjie opgeneem het, en wie deur die lewe van die wêreld bedrieg is, sal Vandag deur Ons vergeet word, soos hulle die ontmoeting van hierdie Dag van hulle verontagsaam het, en soos hulle Ons tekens ontken het.
7:52. En sekerlik het Ons hulle ’n Boek gebring wat Ons met kennis verduidelik het, ’n leiding en ’n genade vir ’n volk wat glo.
7:53. Wag hulle op iets anders as die finale gevolge daarvan? Op die Dag wanneer die finale gevolge daarvan kom, wat hulle vantevore verontagsaam het, sal hulle sê: Inderdaad het die boodskappers van Ons Heer die waarheid gebring. Is daar enige bemiddelaars wat ten gunste van ons sal pleit? Kon ons maar teruggestuur word, sodat ons beter dade kon doen as dié wat ons gedoen het! Waarlik, hulle het hul siele verloor, en dít wat hulle versin het, het hulle in die steek gelaat.

Afdeling 7: Die Regverdiges sal voorspoedig wees

7:54. Waarlik, julle Heer is Allah, wat die hemele en die aarde in ses tydperke geskape het, en Hy is op die Troon van Mag gevestig. Hy laat die nag die dag omhul in ’n strenge opeenvolging van dag en nag. Die son en die maan en die sterre word deur Sy gebod in diens gestel. Voorwaar, die skepping en die gebod is Syne. Geseënd is Allah, die Heer van die Wêrelde!
7:55. Roep julle Heer ootmoedig en in die geheim aan. Hy het die oortreders waarlik nie lief nie.
7:56. En skep geen wanorde op die aarde nadat dit georden is nie, en roep Hom aan met vrees en hoop. Gewis, die barmhartigheid van Allah is vir die weldoeners naby.
7:57. En dit is Hy wat die winde as draers van blye tyding vóór Sy barmhartigheid uitstuur; totdat Ons hulle, wanneer hulle ’n groot wolk dra, na ’n dorre land aandrywe; daarna stuur Ons die water daarop af, en bring daardeur alle soorte vrugte voort. So wek Ons die dooie op, sodat julle daaruit kan leer.
7:58. En die goeie land ~ die plantegroei kom daar in oorvloed voort deur die gebod van die Here. En die swak land ~ dit lewer alleen skaarste op. So herhaal Ons die tekens vir ’n volk wat dankbaar is.

Afdeling 8: Noag

7:59. Waarlik, Ons het Noag na sy volk gestuur, en hy het gesê: O my volk! Aanbid Allah! Julle het geen God nie buiten Hom. Ek vrees vir julle die straf van ’n groot Dag.
7:60. Die leiers van sy volk het geantwoord: Ons merk dat u grootliks dwaal.
7:61. Hy het gesê: O my volk! Daar is geen dwaling in my nie, maar ek is ’n boodskapper van die Heer van die Wêrelde.
7:62. Ek dra die boodskappe van my Heer oor en gee julle goeie raad, en ek weet deur Allah wat julle nie weet nie.
7:63. Verwonder julle jul dat ’n vermaning van julle Heer tot julle kom deur ’n man uit jul midde, en dat hy julle durf waarsku sodat julle teen die sonde kan waak en daar barmhartigheid aan julle bewys kan word?
7:64. Maar hulle het hom verloën; Ons het hom en wie saam met hom in die ark was, gered, en Ons het diegene wat Ons tekens verwerp het, laat verdrink. Hulle was inderdaad ’n blinde volk.

Afdeling 9: Hüd

7:65. En na die volk van Aad het Ons hul broer Hüd gestuur. Hy het gesê: O my volk! Aanbid Allah! Julle het geen ander God buiten Hom nie. Sal julle dan nie teen die sonde waak nie?
7:66. Die ongelowige leiers van sy volk het gesê: Ons sien u aan as ’n dwaas en ons dink dat u ’n leuenaar is.
7:67. Hy het geantwoord: O my volk! Daar is geen dwaasheid in my nie, maar ek is ’n boodskapper van die Heer van die Wêrelde.
7:68. Ek dra aan julle die boodskappe van die Here oor, en ek is vir julle ’n eerlike raadgewer.
7:69. Verwonder julle jul dat ’n verma ning van julle Heer na julle gekom het deur ’n man uit jul midde, en dat hy julle durf waarsku? Onthou hoe Hy julle ná die volk van Noag as opvolgers aangestel het, en julle oor vloedig in mag laat toeneem het. Dink daarom aan die gunste van Allah sodat julle suksesvol kan wees.
7:70. Hulle het gesê: Het u na ons gekom sodat ons Allah alleen moet aanbid, en moet prysgee wat ons vaders aanbid het? Laat u dreigemente dan op ons neer kom, indien u opreg is.
71 Hy het geantwoord: Inderdaad het daar straf en toorn van julle Heer op julle neergedaal. Argumenteer julle met my omtrent name wat julle en julle vaders aangeroep het? Allah het aan hulle geen gesag verleen nie. Wag dan; ek is saam met julle onder die wagtendes.
7:72. So het Ons hom en diegene saam met hom deur Ons barmhartigheid gered, en Ons het die lewenswortels afgesny van hulle wat Ons tekens verwerp het en ongelowig was.

Afdeling 10: Salieg en Lot

7:73. En na Thamoed het Ons hul broer Salieg gestuur. Hy het gesê: O my volk! Aanbid Allah! Julle het geen ander God buiten Hom nie. Duidelike bewyse het inderdaad tot julle gekom. Dit is die kamelin van Allah, ’n teken vir julle. Laat haar daarom op Allah se aarde wei, en doen haar geen leed aan nie, anders sal ’n smartlike straf julle oorval.
7:74. En onthou julle hoe Hy ná Aad julle as opvolgers aangestel het, en julle in die land gevestig het? Julle het paleise op die vlaktes gebou, en julle het die berge uitgehol vir huise. Dink daarom aan die gunste van Allah, en verrig geen verderf op die aarde nie.
7:75. Die verwaande leiers van sy volk het aan die gelowiges, wat deur hulle as swak beskou is, gesê: Weet julle waarlik dat Salieg deur sy Heer gestuur is? Hulle het geantwoord: Ons glo waarlik in dít waarmee hy gestuur is.
7:76. Dié wat aanmatigend was, het gesê: Voorwaar, ons glo nie in dít waarin u glo nie.
7:77. Toe het hulle die knie sening van die kamelin afgesny en teen die gebod van hulle Heer gerebel leer, en gesê: O Salieg, laat u dreigemente oor ons neerkom indien u ’n boodskapper is.
7:78. Toe het die aardbewing hulle oorweldig en hulle was beweginglose liggame in hul huise.
7:79. Toe het Salieg hom van hulle weggedraai en gesê: O my volk! Ek het julle die boodskap van my Heer gebring en julle goeie raad gegee, maar julle het die goeie raadgewers nie lief nie.

7:80. En Lot het Ons gestuur toe hy aan sy volk gesê het: Julle verrig gruwels soos niemand ter wêreld vóór julle nog verrig het nie.
7:81. Waarlik, julle benader mans met wellus in plaas van vroue. Julle is ’n volk wat die perke oorskry.
7:82. Die antwoord van sy volk was slegs: Verdryf hulle uit die stad, want hulle is manne wat hulself rein wil hou!
7:83. Dus het Ons hom en sy volgelinge gered, met die uitson dering van sy vrou ~ en sy was een van hulle wat moes agterbly.
7:84. En Ons het ’n reën oor hulle laat neergiet. Kyk nou wat was die einde van die skuldiges!

Afdeling 11: Sjoe-eib

7:85. En Ons het hul broer Shoe-eib na Mede gestuur. Hy het gesê: O my volk! Aanbid Allah! Julle het geen God buiten Hom nie. Jul Heer het duidelike bewyse aan julle getoon. Gee daarom volle maat en gewig, en verminder van niemand s’n iets nie, en rig geen onheil in die land aan ná die ordening daarvan nie. Dit is vir julle beter om gelowiges te wees.
7:86. En lê nie op elke pad op die loer om hom wat glo te bedreig en van die weg van Allah af te hou nie, en om Sy weg ongelyk te maak nie. En onthou hoe Hy julle vermenigvuldig het toe julle min was, en kyk wat was die einde van die onheilsaaiers!
7:87. En as daar tussen julle ’n groep is wat glo in dít waarmee ek gestuur is, en ’n ander groep wat nie glo nie, wag dan geduldig totdat Allah uitspraak tussen ons sal gee; en Hy is die Beste Regter
7:88. Die verwaande leiers van sy volk het gesê: Ons sal jou, Sjoe-eib, en hulle wat saam met jou glo, sekerlik uit ons stad verdryf tensy julle tot óns godsdiens terugkeer. Hy het gesê: Selfs al haat ons dit?
7:89. Ons sou ’n leuen teen Allah versin as ons tot u godsdiens terugkeer nadat Allah ons daar van gered het. En dit pas ons nie om daarna terug te keer nie, behalwe as dit Allah, ons Heer, sou behaag. Ons Heer omvat alle dinge in Sy kennis. Op Allah vertrou ons. Oordeel daarom, ons Heer, met geregtigheid tus sen ons en ons volk; U is die Beste Regter.
7:90. En die leiers van sy volk, wat ongelowig was, het gesê: As julle Sjoe-eib volg, sal julle waarlik verloorders wees.
7:91. Daarom het ’n aardbewing hulle oorval, en hulle liggame was verstar in hul huise ~
7:92. Hulle wat Shoe-eib tot leuenaar gemaak het, was asof hulle nog nooit daarin gewoon het nie ~ hulle wat Shoe-eib ’n leuenaar genoem het, hulle was die verloorders.
7:93. Daarna het hy hom van hulle teruggedraai en gesê: O my volk! Ek het die boodskappe van my Heer aan julle oorgedra en ek het julle van goeie raad bedien; waarom sou ek dan oor ’n ongelowige volk treur?

Afdeling 12: Makkane teen die Straf gewaarsku

7:94. En Ons het nog nooit ’n profeet na ’n stad gestuur sonder dat ons die inwoners daarvan met teë spoed en lyding getref het nie, sodat hulle hulself kan veroot moedig.
7:95. Daarna het Ons die kwaad met goed vervang, totdat hulle seëninge oorvloedig geword het en hul gesê het: Lyding en geluk het waarlik aan ons vaders geraak. So het Ons hulle dan oorrompel terwyl hulle dit nie besef het nie.
7:96. En indien die inwoners van die stede maar geglo en bewus van Allah was, sou Ons sekerlik die seëninge van die hemele en die aarde vir hulle oopgestel het. Maar hulle het Ons verwerp, daarom het Ons hulle oorweldig omdat hulle dit verdien het.
7:97. Is die stedelinge dan beveilig teen Ons straf as dit snags oor hulle sou kom, terwyl hulle slaap?
7:98. Of is hulle teen Ons straf beveilig as dit soggens oor hulle sou kom, terwyl hulle speel?
7:99. Is hulle dan beveilig teen Allah se voorneme? Maar niemand waan homself veilig teen Allah se voorneme nie, behalwe hulle wat vergaan.

Afdeling 13: Moses met tekens na Farao gestuur

7:100. Is dit nog nie duidelik vir hulle wat die aarde van sy vroeëre bewoners beërwe het nie, dat, as dit Ons behaag, Ons hulle om hul ongeregtigheid se ont halwe sal verdelg, en hulle harte sal verseël sodat hulle nie sal luister nie?
7:101. So was dit in die stede waarvan Ons al iets aan julle vertel het. En Ons boodskappers het waarlik met duidelike bewyse na hulle gegaan, maar hulle wou weer nie glo wat hulle voorheen verwerp het nie. So verseël Allah die harte van die ongelowiges.
7:102. En by die meeste van hulle het Ons geen getrouheid aan die verbond gevind nie; en Ons het gevind dat die meeste van hulle oortreders was.
7:103. En daarna het Ons Moses met Ons tekens na Farao en sy kapteins gestuur, maar hulle het nie daaraan geglo nie. Kyk hoe was die einde van die onheil saaiers!
7:104. En Moses het gesê: O Farao! Ek is waarlik ’n boodskapper van die Heer van die Wêrelde,
7:105. terwyl ek daarop ag slaan om niks behalwe die waarheid omtrent Allah te sê nie. Ek het inderdaad met duidelike bewyse van jul Heer tot julle gekom; laat die Kinders van Israel daarom met my saamgaan.
7:106. Hy het gesê: As u met ’n teken gekom het, toon dit dan, as u die waarheid praat.
7:107. Toe het hy {Moses} sy stok weg gegooi, en kyk, dit was ’n slang.
7:108. En hy het sy hand te voorskyn gehaal, en kyk, dit was wit (en deurskynend) vir die aanskouers.

Afdeling 14: Farao ontbied die towenaars

7:109. Die kapteins van Farao se volk het gesê: Hy is gewis ’n bedrewe towenaar!
7:110. Hy is voornemens om julle uit jul land te verdryf. Wat raai julle aan?
7:111. Hulle het gesê: Gee aan hom en sy broer uitstel, en stuur roepers die stede in,
7:112. om elke bedrewe towe naar na u te bring.
7:113. En die towenaars het na Farao gekom en gesê: Ons moet natuurlik ’n beloning ontvang, as ons die oorhand kry.
7:114. Hy {Farao} het geantwoord: Ja, en julle sal sekerlik onder my uitverkorenes wees.
7:115. Hulle het gesê: O Moses! Sal u werp, of sal ons eerste werp?
7:116. Hy het geantwoord: Werp! En toe hulle werp, het hulle die oë van die mense bedrieg en hulle bang gemaak, en hulle het ’n knap towervertoning gelewer.
7:117. En Ons het aan Moses geopenbaar: Werp u stok neer, en kyk! dit het al hulle valsheid verorber.
7:118. So is die waarheid dan bevestig, en dít wat hulle gedoen het, het niksbeduidend geword.
7:119. So is hul dan daar verslaan en hulle moes vernederd terugkeer.
7:120. En die towenaars het op die grond neergeval,
7:121. en gesê: Ons glo in die Heer van die Wêrelde,
7:122. die Heer van Moses en Aäron.
7:123. Farao het geantwoord: Julle glo in hom voordat ek julle daartoe toestemming gegee het? Dit is waarlik ’n sameswering wat julle in die stad gesmee het, sodat julle die bewoners daaruit kan dryf; maar julle sal dit weldra te wete kom!
7:124. Ek sal gewis julle hande en julle voete aan teenoor gestelde kante laat afkap, dan sal ek julle almal saam laat kruisig.
7:125. Hulle het geantwoord: Ons sal dan waarlik na Ons Heer terugkeer.
7:126. En u neem alleen wraak op ons omdat ons in die tekens van ons Heer geglo het toe dit na ons gekom het. Ons Heer! Verleen standvastigheid aan ons, en gee dat ons in onderdanigheid aan U mag sterf!

Afdeling 15: Die vervolging van die Israeliete duur voort

7:127. En die kapteins van Farao se volk het gesê: Sal u Moses en sy volk toelaat om in die land wanorde te skep en u gode te versaak? Hy het geantwoord: Ons sal hulle seuns ombring en hulle vroue spaar; en waarlik, ons is sterker as hulle.
7:128. Moses het aan sy volk gesê: Smeek Allah om hulp en wees geduldig. Voorwaar, die aarde behoort aan Allah ~ Hy gee dit as erfdeel aan Sy dienaars soos dit Hom behaag. En die einde behoort aan die godvresendes.
7:129. Hulle het geantwoord: Ons is vervolg voordat u tot ons gekom het en sedert u tot ons gekom het. Hy het gesê: Mis kien gaan jul Heer julle vyande verdelg, en julle as regeeerders oor die land aanstel, dan sal Hy sien hoe julle optree.

Afdeling 16: Moses toon meer tekens

7:130. En Ons het waarlik die volk van Farao met droogte en skaarste van vrugte beproef, sodat hulle kennis kon neem.
7:131. Maar wanneer iets goeds hulle toegeval het, het hulle gesê: Dit kom ons toe. En wanneer iets slegs oor hulle gekom het, dan het hulle die teëspoed toegeskryf aan Moses en dié wat saam met hom was. Maar voorwaar, hulle teëspoed is eweneens van Allah, hoewel die meeste van hulle dit nie weet nie.
7:132. En hulle het gesê: Watter tekens u ook aan ons mag toon om ons daarmee te mislei ~ in u sal ons waarlik nie glo nie.
7:133. Toe het Ons die wyd verspreide dood, en die sprinkane en die luise en die paddas en die bloed ~ as duidelike tekens ~ oor hulle neergestuur. Dog hulle het hulself hoogmoedig gedra, en hulle was ’n misdadige volk.
7:134. En toe die plaag hulle oorval het, het hulle gesê: O Moses! Pleit vir ons by u Heer, want Hy het ’n verbond met u gesluit. As u die plaag van ons af wegneem, sal ons waarlik in u glo, en sal ons die Kinders van Israel saam met u laat gaan.
7:135. Maar toe Ons die plaag, waaronder hulle vir ’n bepaalde tyd moes ly, van hulle verwyder het, kyk! toe het hulle hul belofte verbreek.
7:136. Daarom het Ons dan ver gelding geëis en hulle in die see verdrink, omdat hulle Ons tekens verwerp en verontagsaam het.
7:137. En Ons het hulle wat as swakkelinge beskou is, die oostelike deel van die land laat erwe én die westelike deel, wat Ons geseën het. En die blye tyding van u Heer is vir die Kinders van Israel vervul, omdat hulle geduldig was. En alles wat Farao en sy volk gemaak het en wat hulle gebou het, het Ons vernietig.
7:138. En Ons het die Kinders van Israel oor die see geneem. Toe kom hulle by ’n volk wat aan afgode geheg was. Hulle het gesê: O Moses! Maak vir ons ’n god soos die gode wat húlle het. Hy het geantwoord: Julle is waarlik ’n onkundige volk!
7:139. Aangaande hierdie dinge: dít waarmee hulle hul besig hou, sal vernietig word; en alles wat hulle hande doen, is tevergeefs.
7:140. Hy het gesê: Sal ek vir julle ’n ander god as Allah soek, terwyl Hy julle bo al die skeppings laat uitblink het?
7:141. En onthou hoe Ons julle verlos het van die volk van Farao, wat julle aan ’n strawwe marteling onderwerp het deur julle seuns om te bring en julle vroue te spaar. En daarin was ’n swaar beproewing van julle Heer.

Afdeling 17: Moses ontvang die Wet

7:142. En Ons het vir Moses dertig nagte aangewys en nog tien bygesit, en die aangewese tyd van sy Heer was veertig nagte; en Moses het aan sy broer Aäron gesê: Wees my plaasver vanger onder die volk in my afwesigheid, en tree goed op, en volg nie die weë van die onrusstokers nie.
7:143. En toe Moses op Ons vasgestelde tyd aangekom en sy Heer tot hom gespreek het, het hy gesê: My Heer! Toon U aan my, sodat ek U kan aanskou. Hy het geantwoord: U kan My nie aanskou nie, maar kyk na die berg; en as dit op sy plek bly, dan sal u My kan sien. Toe sy Heer dus Sy glorie aan die berg geopenbaar het, het Hy dit aan stukke laat breek en Moses het bewusteloos neergeval. Toe hy daarna weer tot sy bewussyn kom, het hy gesê: Heilig is U! Tot U wend ek my, en ek is die eerste gelowige.
7:144. Hy het gesê: O Moses! Ek het u deur My boodskappe en My woorde bo die mense uitverkies. Hou u daarom vas aan wat Ek u gegee het, en wees dankbaar.
7:145. En Ons het vir hom op tablette allerhande waarskuwings en ’n duidelike uitleg van alle dinge gegee. Hou dus daaraan vas, en beveel ook u volk om daaraan vas te hou. Ek sal julle weldra die tuiste van die oortreders toon.
7:146. En Ek sal hulle wat op aarde ten onregte hoogmoedig wandel, van My tekens laat wegdraai. En hoewel hulle allerlei tekens sien, sal hulle nie daarin glo nie, en as hulle die weg van regverdigheid sien, sal hulle nie daarop wandel nie; maar as hulle die pad van dwaling sien, sal hulle daarop loop. Dit is omdat hulle Ons tekens verloën en verontagsaam het.
7:147. En hulle wat Ons tekens verwerp en die ontmoeting van die Hiernamaals verloën ~ hulle werke sal verlore gaan. Sal hulle dan vir iets anders beloon word as wat hulle gedoen het?

Afdeling 18: Die Israeliete aanbid ’n kalf

7:148. En die volk van Moses het in sy afwesigheid ’n kalf uit hulle ornamente vervaardig ~ ’n lewelose liggaam, wat ’n loeiende geluid voortbring. Kon hulle dan nie sien dat dit nie met hulle praat nie, en vir hulle ook nie leiding gee nie? Hulle het dit as hulle god aangeneem en só oortree.
7:149. En toe hulle wroeging gevoel en ingesien het dat hulle inderdaad gedwaal het, het hulle gesê: As ons Heer ons geen barmhartigheid betoon en Hy ons nie vergewe nie, sal ons sekerlik van die verloorders wees.
7:150. En toe Moses na sy volk terugkeer, was hy verontwaardig en bedroef. Hy het gesê: Wat julle agter my rug gedoen het, was sondig. Wil julle die oordeel van julle Heer verhaas? En hy het die tablette neergegooi, sy broer aan die hoof gegryp en na hom toe getrek. Aäron het gesê: Seun van my moeder! Die volk het my vir ’n swakkeling aange sien en my amper doodgemaak. Laat my vyande tog nie oor my verheug wees nie, en reken my nie onder die oortreders nie.
7:151. Hy {Moses} het gesê: My Heer, vergewe my en my broer, en laat ons tot U barmhartigheid toe, want U is die Allergenadigste van hulle wat genadebetoon.

Afdeling 19: Die Tora en die koms van die Profeet

7:152. En hulle wat die kalf vir ’n god geneem het ~ die toorn van hul Heer en die vernedering in hierdie lewe sal hulle sekerlik oorval. En so beloon Ons die skeppers van leuens.
7:153. En hulle wat sondig, maar daarna berou betoon, en glo ~ dan is u Heer waarlik Verge wensgesind, Genadevol.
7:154. En toe die toorn van Moses daarna bedaar het, het hy die tablette opgetel. En daar was leiding en genade vir húlle wat hul Heer vrees.
7:155. En Moses het sewentig manne uit sy volk gekies vir die afspraak wat Ons bepaal het. Toe die aardbewing hul oorval, het hy gesê: My Heer! As dit U behaag het, kon U vir hulle en vir my reeds voorheen vernietig het. Sal U ons dan verdelg vir wat die onkundiges onder ons gedoen het? Dit is niks anders as ’n beproewing van U nie. U laat daardeur afdwaal wie U wil, en U lei daarmee wie U wil. U is ons Beskermheer; vergewe ons daarom en bewys barmhartigheid aan ons; U is tog die Groot Vergewer.
7:156. En skenk aan ons die goeie in hierdie wêreld en ook in die Hiernamaals, want waarlik, ons het ons tot U gewend. Hy het geantwoord: My straf sal Ek oplê op wie Ek wil, maar My barmhartigheid omvat alle dinge. So skenk Ek dit aan die opregtes en die wie Zakaat {Gunste aan die behoeftiges} betaal, en wat in Ons tekens glo ~
7:157. Hulle wat die Boodskapper, die ongeletterde Profeet, {Moegammad} volg, van wie hulle ’n beskrywing in die Tora en die Evangelie sal vind; hy gebied hulle om goed te doen en belet hulle die kwade, en hy veroorloof hulle die goeie dinge en verbied hulle die slegte, en onthef hulle van hul las en die boeie wat hulle gebind het. Hulle wat daarom in hom glo, hom eer en hom ondersteun, en die lig volg wat saam met hom gestuur is ~ hulle sal waarlik suksesvol wees.

Afdeling 20: Goddelike gunste aan die Israeliete

7:158. Sê: O mensdom! Ek is die Boodskapper van Allah tot julle almal, van Hom aan Wie die koninkryk van die hemele en die aarde behoort. Daar is geen God nie behalwe Hy. Hy skenk die lewe en ook die dood. Glo daar om in Allah en Sy Boodskapper, die ongeletterde Profeet wat in Allah en Sy woorde glo, en volg hom sodat u reg gelei kan word.
7:159. En daar is ’n deel van die volk van Moses wat deur die waarheid gerig word en daardeur regverdig handel.
7:160. En Ons het hulle as afsonderlike nasies, in twaalf stamme, verdeel. En toe sy volk hom om water gevra het, het Ons aan Moses gesê: Slaan die rots met u staf, en twaalf fonteine het daardeur ontspring. Elke stam het sy drinkplek geken. En Ons het die wolke vir skaduwee bo hulle laat saampak, en ook vir hulle manna en kwartels gestuur ~ Eet van die goeie dinge waarmee Ons julle voorsien het ~ En hulle het Ons geen skade berokken nie, maar hulleself kwaad aangedoen.
7:161. En toe dit aan hulle gesê is: Woon in hierdie stad en eet daarvan net waar julle wil, en vra om vergifnis, en gaan die poorte ootmoedig binne; Ons sal al julle tekortkominge vergewe. Ons sal nog meer gee aan hulle wat goeie dade doen.
7:162. Maar die onregverdiges tussen hulle het hierdie woord vervang met ’n ander wat nooit gesê is nie, daarom het Ons ’n pessiekte uit die hemel op hulle afgestuur, om hulle ongeregtig heid se onthalwe.

Afdeling 21: Oortredinge van die Israeliete

7:163. En vra hulle omtrent die stad wat aan die see lê. Hoe hulle die Sabbat onteer het met die vis wat aan die oppervlakte van die water verskyn het, en hoe, op die dag toe hulle die Sabbat onteer het, dit nie verskyn het nie. So het Ons hulle dan versoek omdat hulle oortreders was.
7:164. En toe ’n groepie van hulle gesê het: Waarom preek julle vir ’n volk wat deur Allah vernietig gaan word, of wat Hy met ’n sware tugtiging gaan tref? het ’n ander groep geantwoord: Om onskuldig voor julle Heer te wees, en sodat hulle teen die sonde mag waak.
7:165. En toe hulle die verma ning vergeet het, het Ons húlle gered wat die kwade belet het; en die onregverdiges het Ons met ’n streng kastyding aangegryp, om hulle sondigheid se onthalwe.
7:166. En toe hulle in opstandigheid volhard het met die verbode dinge, het Ons aan hulle gesê: Wees ape, veragd en verworpe!
7:167. En toe het u Heer laat blyk dat Hy mense na hulle sal stuur wat hulle tot op die Weer opstandingsdag met martelinge sal kwel. Voorwaar, u Heer is gou met die vergelding, en Hy is waarlik ook Vergewensgesind, Genadevol.
7:168. En Ons het hulle op die aarde in groepe verdeel. Sommige van hulle is regverdig, en ander nie. En Ons het hulle met voorspoed én teenspoed beproef sodat hulle hul kan bekeer.
7:169. En ná hulle het daar ’n bose geslag gekom wat die Boek geërwe het, en die verganklike dinge van hierdie lae lewe aangehang het. En hulle sê: Dít sal ons vergewe word. Maar as daar nog méér soortgelyke dinge na hulle gekom het, sou hul dit ook aanvaar het. Was daar van hulle nie ’n gelofte in die Boek om niks anders as die waarheid van Allah te praat nie? En hulle bestudeer wat daarin is. En die tuiste in die Hiernamaals is vir die godvresendes veel beter. Verstaan julle dan nie?
7:170. En aangaande húlle wat aan die Boek vashou en in die gebed volhard ~ Ons sal die beloning van die opregtes gewis nie laat verlore gaan nie.
7:171. En toe Ons die berg bokant hulle laat skud het asof dit maar ’n kleed was, het hulle gevrees dit sal op hulle val: Hou styf vas aan wat Ons julle gegee het en oordink wat daarin staan, sodat julle teen die sonde kan waak.

Afdeling 22: Getuienis van die Goddelike wat op die natuur van die mens beslag lê

7:172. En toe u Heer uit die lende van die Kinders van Adam ’n nageslag voortgebring het, en hulle teen hulself laat getuig het: Is ek nie julle Heer nie? Hulle het geantwoord: Ja, ons getuig; sodat julle nie op die Weeerop standingsdag sal kan sê: Ons was nie bewus hiervan nie;
7:173. of dat julle sal sê: Dit was ons vaders wat voorheen deelgenote met Allah vereenselwig het; ons is maar afstamme linge van hulle. Wil U óns verdelg oor wat die leuenaaars gedoen het?
7:174. So verduidelik Ons die tekens sodat hulle hul kan bekeer.
7:175. En vertel aan hulle van hom aan wie Ons Ons tekens gegee het, maar wat sy rug daarop gedraai het ~ dat die duiwels hom agterhaal en hy een van dié was wat vergaan het.
7:176. En as Ons wou, kon Ons hom daardeur verhef het, maar hy het aan die aaardse vasgehou en sy bose neigings gevolg. Hy is soos ’n hond ~ as u hom wegja, laat hy sy tong uithang, en as u hom laat rus, steek hy ook sy tong uit. So is die mense wat Ons tekens verloën. Vertel daarom hierdie verhaal sodat hulle dit kan oordink.
7:177. Boos is die volk wat Ons tekens verloën en hulle eie siele skade aandoen.
7:178. Hy wat deur Allah gelei word, is op die regte pad; en dié wat Hy laat dwaal ~ hulle delf die onderspit.
7:179. Voorwaar, die Hel het Ons vir baie mense, en vir die djien, gemaak ~ hulle het harte waarmee hulle nie verstaan nie, oë waarmee hulle nie sien nie, en ore warmee hulle nie hoor nie. Hulle is soos vee; nee, hulle het nog verder afgedwaal. Hulle is die agtelosiges.
7:180. Die naam van Allah is Allerverhewe; roep Hom daarby aan, en laat hulle met rus wat die heiligheid van Sy name skend. Hulle sal vir hulle dade vergeld word.
7:181. En tussen Ons skeppings is daar ’n gemeente wat deur die waarheid gelei word, en daardeur geregtigheid laat geskied.

Afdeling 23: Die koms van die Oordeel

7:182. En hulle wat Ons tekens verloën ~ Ons sal hulle stap vir stap in die verderf inlei, sonder dat hulle dit besef.
7:183. Ek verleen uitstel aan hulle. My planne is waarlik onfeilbaar.
7:184. Besef hulle dan nie dat hulle metgesel geen kranksinnige is nie? Hy is slegs ’n duidelike waarskuwer.
7:185. Besef hulle dan nie dat Allah die koninkryk van die hemele en die aarde en alle ander dinge geskape het nie, en dat hulle verdoemenis nader kom nie? In watter aankondiging sal hulle dan hierna glo?
7:186. Vir wie Allah laat dwaal, kan daar geen gids wees nie. Hy laat hulle in hul koppigheid blindelings swerwe.
7:187. Hulle sal u uitvra na die Uur waarop dit sal gebeur. Sê: Slegs my Heer dra kennis daarvan. En alleen Hy sal dit openbaarmaak. Vir die hemele en die aarde is dit belangrik. En dit sal onverwags kom. Hulle vra u net asof dit u kommer besorg. Sê: Kennis daarvan het slegs Allah; maar die meeste mense weet dit nie.
7:188. Sê: Ek beheer geen goed of kwaad vir eie voordeel nie, be halwe dít wat Allah behaag. En as ek die Onsigbare geweet het, sou ek ’n oorvloed van die goeie gehad het, en geen kwaad sou my aangeraak het nie. Ek is maar net ’n waarskuwer en ’n draer van blye tydinge vir ’n volk wat glo.

Afdeling 24: Die finale woord

7:189. Dit is Hy wat julle van een siel geskape het, en daaruit ook vir die man ’n gesellin ge maak het, sodat hy troos in haaar mag vind. En nadat hy haar bedek het, dra sy ’n ligte las en gaan daarmee rond. En wanneer dit swaar word, roep hulle albei Allah, hulle Heer, aan: As U ons ’n goeie kind gee, sal ons waarlik tussen die dankbares wees.
7:190. Maar as Hy hulle ’n goeie kind gee, skrywe hulle deel genote aan Hom toe, aangaande dít wat Hy aan hulle albei gegee het. Verhewe is Allah bo wat hulle met Hom vereenselwig.
7:191. Vereenselwig hulle dít wat niks kan skep nie dan met Hom, terwyl hulle self geskape is?
7:192. Dít wat aan ander geen hulp kan verleen nie, en ook nie hulself kan help nie?
7:193. En as julle hulle tot na volging oproep, sal hulle nie gehoor gee nie. Dit is vir julle om ‘t ewe, of julle hulle nooi of nie.
194 Voorwaar, hulle wat julle buiten Allah aanroep, is slawe net soos julle. Roep hulle dan aan en laat hulle julle beant woord, as julle die waarheid spreek.
7:195. Het hulle voete waarmee hulle loop, of het hulle hande waarmee hulle vashou, of het hulle oë waarmee hulle sien, of het hulle ore warmee hulle hoor Sê: Roep julle afgode aan en smee saam planne teen my en verleen my geen uitstel nie.
7:196. Waarlik, my Vriend is Allah, Wie die Boek geopenbaar het, en Hy begunstig die regver diges.
7:197. En wat julle buiten Hom aanroep, is nie in staat om julle te help nie; hulle kan hulself nie help nie.
7:198. En as julle hulle nooi om te volg, luister nie na hulle nie; en u merk hoe hulle na u staar, maar hulle sien nie.
7:199. Vra om vergifnis, doen goeie dade, en draai weg van die onkundiges af.
7:200. En as ’n valse beskuldi ging van die duiwel u sou kwel, neem dan u toevlug tot Allah; waarlik Hy is Allerhorend, Alleswetend.
7:201. Hulle wat teen die kwaad waak wanneer die duiwel hulle versoek, hulle word oplettend, en kyk! hulle sien!
7:202. En hulle bose broers neem in dwaling toe, en hou nie daar op nie.
7:203. En wanneer u hulle geen teken bring nie, sê hulle: Waarom eis u dit nie? Sê: Ek volg alleen wat my Heer aan my geopenbaar het. Dit is duidelike bewyse van julle Heer, en leiding en genade vir ’n volk wat glo.
7:204. En wanneer die Qur’ãn voorgedra word, luister daarna en wees stil, sodat barmhartigheid aan julle mag geskied.
7:205. En dink aan u Heer in die oggend en in die aand met nederigheid en vrees en sonder luidrugtigheid, en wees nie agte losig nie.
7:206. Waarlik, húlle wat naby u Heer is, is nie vol hoogmoed in Sy diens nie, en hulle verheerlik Hom en prostreer voor Hom.

Hoofstuk 8: Vrywillige Gawes

Afdeling 1: Die Slag van Badr

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

8:1. Hulle vra u uit omtrent die oorlogsloot. Sê: Die oorlogsloot is vir Allah en die Boodskapper. Wees bewus van Allah, en besleg julle onderlinge geskille, en wees gehoorsaam aan Allah en Sy Boodskapper as julle waarlik gelowiges is.
8:2. Slegs hulle wie se harte met vrees vervul word wanneer die naam van Allah genoem word, en wanneer Sy tekens aan hulle voorgelê word, is ware gelowiges; dit laat hulle in die geloof toeneem, en hulle vertrou op hul Heer.
8:3. Hulle wat die gebed onderhou en aan ander bestee waarmee Ons hulle voorsien het.
8:4. Diesulkes is die ware gelowiges. Vir hulle is eregrade by hulle Heer, en beskerming, en ’n edele voorsiening.
8:5. So het u Heer gegee dat u van u huis in waarheid voortgaan, hoewel ’n deel van die gelowi ges nie daarvan gehou het nie,
8:6. en met u geargumenteer het omtrent die waarheid nadat dit duidelik geword het ~ asof hulle tot die dood gedryf word terwyl hulle toesien.
8:7. En toe Allah julle een van die twee partye belowe het, sodat die oorwinning julle s’n sou wees, en julle gewens het dat die ongewapende party julle teëstanders moet wees, maar Allah begeer het om die waarheid deur Sy woorde te bevestig en die lewenswortel van die ongelowiges af te sny ~
8:8. sodat Hy die triomf van die waarheid kan bewerk en die mislukking van die valsheid teweeg kan bring, hoewel die misdadigers dit gehaat het.
8:9. Toe julle om hulp van julle Heer gesmeek het, het Hy julle geantwoord: Ek sal julle help met ’n duisend engele wat mekaar sal aflos.
8:10. En Allah het dit slegs as verblydende nuus gegee dat julle harte daardeur gerus mag wees. En oorwinning is slegs van Allah; voorwaar, Allah is Almagtig, Allerwys.

Afdeling 2: Die Slag van Badr

8:11. Toe Hy julle laat sluimer het as beveiliging van Hom, en water uit die wolke oor julle afgestuur het, dat Hy julle daarmee kan reinig en die onreinheid van die duiwel van julle kan verwyder, en dat Hy julle harte kan versterk en julle skrede ferm kan maak.
8:12. Toe u Heer aan die engele geopenbaar het: Ek is met julle; versterk dus die gelowiges. Ek sal ontsteltenis in die harte van die ongelowiges plant. Slaan daarom bó die nekke en slaan al hulle vingertoppe af.
8:13. Dit is omdat hulle hul teen Allah en Sy Boodskapper verset het. En wie teen Allah en Sy Boodskapper wederstrewig is, moet weet dat Allah streng met die vergelding is.
8:14. Dít is julle straf; neem dit, en weet dat op die ongelowiges die straf van die Vuur wag.
8:15. O julle gelowiges! Wanneer julle die ongelowiges ontmoet en hulle teen julle in die oorlog opruk, moet nooit julle rûe op hulle draai nie.
8:16. En wie sy rug vir hulle toekeer ~ behalwe as ’n wending vir ’n beter stryd, of om by ’n ander groep stelling in te neem ~ hy sal waarlik die toorn van Allah laat ontvlam, en sy tuiste is die Hel. En dít is ’n gedoemde bestemming.
8:17. Dis nie julle wat hulle gedood het nie, maar Allah. En dis nie u wat na die vyand gegooi het nie, maar Allah; sodat Hy die gelowiges ’n guns kan bewys. Voorwaar, Allah is Alleshorend, Alleswetend.
8:18. Dít het gebeur; en weet dat Allah die planne van die ongelowiges verydel.
8:19. As julle ’n oordeel gesoek het, dan het dit reeds tot julle gekom; en as julle ophou, sal dit vir julle beter wees. En as julle terugkeer na die geveg, sal Ons ook terugkom; en sonder Ons sal julle strydkragte julle geensins baat nie, hoe talryk hulle ook mag wees; en weet dat Allah saam met die gelowiges is.

Afdeling 3: Die weg van sukses

8:20. O julle gelowiges! Gehoorsaam Allah en Sy Boodskapper, en draai nie weg van Hom terwyl julle hierdie dinge hoor nie.
8:21. En wees nie soos hulle wat sê: Ons hoor, maar hulle hoor nie.
8:22. Voorwaar, die verwerplikste van alle lewende skeppings in die oë van Allah is die dowes en die stommes wat nie verstaan nie.
8:23. En as Allah van iets goeds in hulle geweet het, sou Hy hulle laat hoor het. En ás Hy hulle laat hoor, sal hulle hul met afgryse wegdraai.
8:24. O julle gelowiges! Gee gehoor aan Allah en Sy Boodskapper wanneer hy julle aanroep na dít wat lewe verwek, en weet dat Allah tussen ’n persoon en sy hart kom, en dat julle tot Hom sal almal teruggebring word.
8:25. En waak teen versoekings wat nie net die onheilstokers sal aantas nie; en weet dat Allah streng is in die vergelding.
8:26. En onthou, toe julle min van getal was en as swak beskou is, en bang was dat julle met geweld ontvoer sou word, hoe Hy julle versterk en julle van goeie dinge voorsien het, sodat julle dankbaar mag wees.
8:27. O julle gelowiges! Wees aan Allah en die Boodskapper nie ontrou nie, en wees nie ontrou aan dít wat aan julle toevertrou is nie, terwyl julle hierdie dinge weet.
8:28. En weet dat julle rykdom en julle kinders ’n verleiding is, en dat daar by Allah ’n groot beloning is.

Afdeling 4: Moesliems sal die bewaarders van die Heilige Ka’ba wees

8:29. O julle wat glo! As julle bewus is van Allah, sal Hy aan julle ’n onderskeiding verleen en julle foute uitwis en julle beskerm. En Allah is die Heer van Groot Genade.
8:30. En toe die ongelowiges planne teen julle beraam het om julle te vang of dood te maak of te verban ~ en hulle hét planne beraam, en Allah het óók ’n plan beraam; en Allah is die Groot Beplanner ~
8:31. En toe Ons tekens aan hulle voorgedra is, en hulle gesê het: Ons het gehoor. As ons wil, kan ons iets dergeliks voortbring; dit is niks anders as die stories van die ou volkere nie.
8:32. En toe hulle gesê het: O Allah! As dit werklik die waarheid van U is, laat daar dan klippe uit die hemel op ons reën, of gee ons ’n smartlike straf.
8:33. Maar Allah wou hulle nie straf terwyl u tussen hulle was nie; ook wou Hy hulle nie straf nie, omdat hulle nog kans gehad het om vergifnis te vra.
8:34. En watter verskoning het hulle waarom Allah hulle nie moet straf nie, aangesien hulle die mense die Heilige Ka’ba belet en nie die wettige bewakers daarvan is nie? Slegs diegene wat opreg is kan die bewakers daarvan wees, maar die meeste van hulle besef dit nie.
8:35. En hulle gebed by die Huis is niks anders as ’n gefluit en handegeklap nie. Smaak dan die straf omdat julle nie geglo het nie.
8:36. Voorwaar, die ongelowiges bestee hulle rykdom om ander van die weg van Allah af te hou. Hulle sal so aangaan totdat hulle baie spyt sal wees; dan sal hulle verslae wees. En húlle wat nie glo nie, sal in die Hel versamel word,
8:37. sodat Allah die bose van die goeie kan skei, en die bose die een bo-op die ander sal plaas en hulle saam ophoop, en hulle dan in die Hel werp. Hulle is werklik die verloorders.

Afdeling 5: Badr as ’n teken van die Profeet se opregtheid

8:38. Sê aan die ongelowiges dat as hulle ophou met wat verby is, hulle vergewe sal word; en indien hulle terugkeer, dan was die voorbeeld van diegene vóór hul vir hulle ’n teken gewees.
8:39. En veg met hulle totdat daar geen vervolging meer is nie, en totdat alle godsdienste vir Allah is. Maar as hulle ophou, Allah is waarlik die Siener van hul handewerke.
8:40. En as hulle terugkeer, weet dan dat Allah julle Bekermheer is. Uitmuntend die Beskermheer en uitmuntend die Helper!
8:41. En weet dat ’n vyfde van wat julle in die oorlog loot, moet gaan aan Allah en die Boodskapper, en die naasverwante, en die weeskinders, en die armes, en die reisiger. Dit is as julle in Allah glo, en in dít wat Ons aan Ons dienaar geopenbaar het op die Dag van Onderskeiding, die dag waarop die twee leërs mekaar ontmoet het. {By Badr} En Allah het mag oor alle dinge.
8:42. Toe julle op een kant van die vallei was en húlle op die ander kant, terwyl die karavaan onder julle was; en as julle probeer het om ’n onderlinge afspraak te maak, sou julle sekerlik daarvan moes afsien; maar dit het so geskied omdat Allah ’n saak moes afhandel sodat hy wat na aanleiding van die duidelike bewyse vernietig moes word, vernietig is, en hy wat deur duidelike bewyse sal lewe, mag lewe. En voorwaar, Allah is Alleshorend, Alleswetend.
8:43. Toe Allah julle deur ’n droom gewys het dat húlle min is ~ en het Hy hulle as baie laat voorkom, sou julle sekerlik lafhartig geword het en sou julle sekerlik oor die saak geredekawel het, maar Allah het julle gered. Voorwaar, Hy is die Weter van wat in die harte omgaan.
8:44. En toe Hy hulle vir julle by die ontmoeting maar min laat lyk het, en julle vir hulle ook min; sodat Allah die saak kan afhan del wat gedoen moes word. En tot Allah keer alle dinge terug.

Afdeling 6: Sukses hang nie van getalle af nie

8:45. O julle gelowiges! Wanneer julle ’n leër ontmoet, wees ferm, en dink dikwels aan Allah sodat julle suksesvol kan wees.
8:46. En gehoorsaam Allah en Sy Boodskapper, en argumenteer nie met mekaar nie, anders sal julle lafhartig word en julle krag sal verdwyn. Wees daarom geduldig.
8:47. En wees nie soos húlle wat spoggerig uit hulle huise kom om deur ander gesien te word, en om ander van die pad van Allah af te hou nie. En Allah het alom kennis van alles wat julle doen.
8:48. En dit was toe dat die duiwel hulle dade vir hulle mooi laat lyk het, en gesê het: Niemand sal vandag die oorhand oor julle kry nie; ek is julle beskermer. Maar toe die twee leërs mekaar in die gesig staar, het hy op die plek omgedraai en gesê: Voorwaar, ek is vry van julle; ek sien wat julle nie sien nie; waarlik, ek vrees Allah. En Allah is streng in die straf.

Afdeling 7: Vyand se krag het verswak

8:49. En toe die Huigelaars, en hulle in wie se harte daar ’n siekte was, gesê het: Hulle geloof het hulle bedrieg! En wie op Allah vertrou, weet dat Allah waarlik Almagtig, Allerwys is.
8:50. En kon julle maar sien hoe die engele die ongelowiges ombring en hulle gesigte en rûe toetakel en sê: Smaak die straf van verbranding.
8:51. Dít is wat julle hande vooruit gestuur het, en omdat Allah nie onregverdig teenoor Sy dienaars is nie;
8:52. soos die geval was met die volk van Farao en diegene vóór hulle; hulle het nie in die tekens van Allah geglo nie, daarom het Allah hulle vir hul sondes gestraf. Voorwaar, Allah is Kragtig, Streng in die vergelding.
8:53. Dit is omdat Allah nooit ’n guns wat Hy aan ’n volk bewys, verander nie, totdat hulle self hul eie toestand verander ~ omdat Allah Alleshorend, Alleswetend is ~
8:54. soos ook die geval was met die volk van Farao, en diegene vóór hulle. Hulle het die tekens van hul Heer verloën, daarom het Ons hulle om hulle sondes se onthalwe verdelg. En Ons het die volk van Farao laat verdrink, en hulle was almal kwaad doeners.
8:55. Waarlik, die veragterlikste van alle lewende skepsels in die oë van Allah is hulle wat nie glo nie omdat hulle nie wíl nie;
8:56. hulle met wie u ’n verbond sluit, en wat telkens daarna die verbond skend, en hulle vrees nie vir Allah nie.
8:57. Daarom, as u hulle in die oorlog agterhaal, jaag die agterstes uitmekaar, sodat hulle ’n les mag leer.
8:58. En as u verraad van ’n volk vrees, werp dan hulle verbond met ’n gelyke maat na hulle terug. Voorwaar, Allah het die verraaiers nie lief nie.

Afdeling 8: Vrede moet deur krag beveilig word

8:59. En laat die ongelowiges nie dink dat hulle Ons kan ontwyk nie. Waarlik, hulle kan nie ontsnap nie.
8:60. En versamel alle beskikbare manskappe en perde, sodat julle jul vyande en die vyande van Allah, en ook ander wat julle nie ken nie, maar vir wie Allah ken, kan afskrik. En wat julle in die weg van Allah bestee, sal ten volle aan julle terugbetaal word, en geen onreg sal julle aangedoen word nie.
8:61. En as hulle vrede begeer, stem dan daartoe in, en vertrou op Allah. Waarlik, Hy is Alleshorend, Alleswetend.
8:62. En as hulle voornemens is om u te bedrieg, dan is Allah waarlik u toevlug. Dit is Hy wat u met Sy hulp en met die gelowiges versterk het;
8:63. en dis Hy wat hulle harte ver enig het. Al het u alles bestee wat u op aarde besit, sou u nog nie hulle harte kon verenig nie, maar Allah het dit verenig. Waarlik, Hy is Almagtig, Allerwys.

8:64. O Profeet! Allah is voldoende vir u en vir die gelowiges wat u volg!

Afdeling 9: Die Moesliems sal oorweldigende getalle ontmoet

8:65. O Profeet! Spoor die gelowiges aan tot die stryd! As daar twintig tussen julle is wat stand vastig is, sal hulle tweehonderd oorwin; en as daar ’n honderd tussen julle is, sal hulle ’n duisend ongelowiges oorwin. Veg teen hulle omdat die ongelowiges nie wíl verstaan nie.
8:66. Maar nou het Allah julle las verlig, en Hy weet dat daar swakheid in julle is. ’n Honderd standvastiges tussen julle sal tweehonderd oorwin; en is daar ’n duisend tussen julle, hulle sal deur die gebod van Allah twee-duisend oorwin. En Allah is met die standvastiges.
8:67. Dit is nie betaamlik vir ’n profeet om oorlogsgevangenes te neem nie, tensy hy seëvierend in die land geveg het. Julle verlang na die verganklike dinge van hierdie wêreld terwyl Allah vir julle die Hiernamaals begeer. En Allah is Almagtig, Allerwys.
8:68. Was dit nie dat ’n verordening van Allah reeds voorafgegaan het nie, sou daar waarlik ’n groot rampspoed oor julle gekom het ten opsigte van wat julle wou doen.
8:69. Eet dan van die geoorloofde en goeie dinge wat julle in die oorlog loot, en wees bewus van Allah. Waarlik, Allah is Vergewensgesind, Genadevol.

Afdeling 10: Verhouding van die Moesliemstaat tot andere

8:70. O Profeet! Sê vir die gevangenes in u hande: As Allah weet dat daar enige goed in julle harte is, sal Hy julle meer gee as wat van julle ontneem is, en Hy sal julle verge we. En Allah is Vergewensgesind, Genadevol.
8:71. En indien hulle voornemens is om verraderlik teen u te wees, dan was hulle reeds voorheen verraderlik teen Allah, maar Hy het u die oorhand oor hulle gegee. En Allah is Alleswetend, Allerwys.
8:72. Voorwaar, hulle wat geglo en uit hulle huise gevlug het, en met hulle lewens in die weg van Allah hard gestrewe het, en hulle wat asiel verleen en gehelp het ~ hulle is vriende van mekaar. En julle wat geglo en nie gevlug het nie, julle is nie verantwoordelik vir hulle be skerming nie, tensy hulle vlug. Maar as hulle hulp insake die geloof soek, dan is julle verplig om hulle te help, behalwe teen ’n volk met wie julle ’n verbond gesluit het. En Allah sien wat julle doen.
8:73. En die ongelowiges is vriende van mekaar. Indien julle dit nie doen nie, sal daar onheil en groot wanorde oor die land kom.
8:74. En die gelowiges wat gevlug het en in die weg van Allah hard gestrewe het, en hulle wat asiel verleen en gehelp het ~ hulle is die ware gelowiges. Vir hulle is vergifnis en ’n edele voorsiening.
8:75. En hulle wat later geglo en gevlug het, en saam met julle hard gestrewe het, húlle is van julle. En die bloedverwante staan ná aan mekaar in die verordening van Allah. Waarlik, Allah is Alleswetend.

Hoofstuk 9: Die Boetedoening

Afdeling 1: Verklaring van vrystelling

9:1. ’n Verklaring van vrystelling van Allah en Sy Boodskapper teenoor die heidene met wie julle ’n verdrag gesluit het;
9:2. gaan daarom vier maande lank in die land rond, en weet dat julle nie van Allah kan ontsnap nie en dat Allah skande oor die ongelowiges sal bring.
9:3. En dit is ’n aankondiging van Allah en Sy Boodskapper aan almal op die dag van die groot bedevaart, dat Allah, saam met sy Boodskapper, vry is van verantwoordelikheid teenoor die heidene. As julle daarom berou toon, sal dit vir julle beter wees; maar as julle wegdraai, weet dan dat julle Allah nie kan ontwyk nie. En verkondig ’n smartlike straf aan die ongelowiges ~
9:4. met die uitsondering van daardie heidene met wie julle ’n verdrag gesluit het, en wat julle in niks in die steek gelaat het nie, of niemand teen julle gesteun het nie; kom dan die ooreenkoms met hulle tot aan die einde van die tydperk na. Waarlik, Allah het die godvresendes lief.
9:5. En wanneer die heilige maande verby is, bring dan die heidene om waar julle hulle ook mag vind, en neem hulle gevangene, beleër hulle, en loer op hulle uit elke hinderlaag. Maar as hulle berou toon en die gebed onderhou en die Zakaat {Gunste aan die behoeftiges} betaal, laat hulle weg dan onverhinderd wees. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadevol.
9:6. En as enige van die heidene u om beskerming vra, skenk hom dan beskerming totdat hy die woord van Allah gehoor het, en bring hom dan na ’n plek van veiligheid. Dit is omdat hulle ’n onkundige volk is.

Afdeling 2: Redes vir die vr ystelling

9:7. Hoe kan daar dan ’n verbond tussen Allah en Sy Boodskapper en die heidene bestaan, behalwe húlle met wie julle ’n verbond by die Heilige Ka’ba gesluit het? Solank as hulle julle getrou is moet julle getrou wees aan hulle. Waarlik, Allah het die godvresendes lief.
9:8. Hoe dan? As hulle die oorhand oor julle kry, dan, in julle geval, eerbiedig hulle nóg bande van verwantskap nóg verbond. Hulle sal julle met hulle monde behaag, terwyl hulle haat in hulle harte het; en die meeste van hulle is oortreders.
9:9. Hulle het ’n geringe prys vir die tekens van Allah betaal, daarom keer hulle die mense van Sy weg af. Hulle dade is waarlik boos.
9:10. Sover dit ’n gelowige aangaan, eerbiedig hulle nóg bande van verwantskap nóg verbond. En dit is húlle wat die perke oorskry.
9:11. Maar as hulle berou het, die gebed onderhou en die Zakaat {Gunste aan die behoeftiges} betaal, dan is hulle julle broers in die geloof. En Ons maak die tekens duidelik vir ’n volk wat weet.
9:12. En as hulle ná hul verbond hul eed sou breek en julle godsdiens belaster, veg dan teen die leiers van die ongeloof ~ waarlik, hulle eed beteken niks nie ~ sodat hulle daarmee kan ophou.
9:13. Wil julle dan nie ’n volk beveg wat hul eed verbreek en planne beraam het om die Boodskapper te verdryf, en wat julle eerste aangeval het nie? Vrees julle húlle? Maar Allah het ’n groter aanspraak op julle vrees, as julle werklik gelowiges is.
9:14. Beveg hulle! Allah sal hulle deur julle hande straf en skande oor hulle bring, en julle teen hulle help, en verligting in die harte van ’n gelowige volk bring.
9:15. En Hy sal die nyd uit hulle harte wegneem. En Allah wend Homself met barmhartigheid tot wie Hy wil. En Allah is Alleswetend, Allerwys.
9:16. Dink julle dat jul met rus gelaat sal word terwyl Allah nog nie getoets wie van julle hard gestrewe het, en buiten Allah en Sy Boodskapper en die gelowiges, niemand anders as boesemvriend geneem het nie? En Allah is bewus van julle dade.

Afdeling 3: Die heidene se diens van die Heilige Huis

9:17. Die heidene het geen reg om die Moskees van Allah te onderhou terwyl hulle ongeloof teen hul getuig nie. Dit is húlle wie se werke tevergeefs is; en hulle sal in die Vuur woon.
9:18. Die Moskees van Allah kan slegs onderhou word deur diegene wat in Allah en aan die Laaste Dag glo, en die gebed onderhou en die Zakaat {Gunste aan die behoeftiges} betaal en niemand behalwe Allah vrees nie. Diesulkes is op die regte leiding.
9:19. Dink julle dan dat die verskaffing van drinkwater aan die pelgrims en die onderhoud van die Heilige Ka’ba, gelyk staande is aan die dienste van iemand wat in Allah en die Laaste Dag glo en hard in die weg van Allah strewe? In die oë van Allah is hulle nie gelyk nie. En Allah lei nie die onregver diges nie.
9:20. Hulle wat geglo het en uit hulle huise vlug, en in die weg van Allah hard gestrewe het met hulle rykdom en hulle lewens, is veel hoër in aansien by Allah. En dit is húlle wat sal seëvier.
9:21. Hul Heer bring hulle ’n blye tyding van Sy barmhartigheid en welbehae, en Tuine waarin blywende saligheid vir hul sal wees,
9:22. terwyl hulle vir ewig daarin bly. Voorwaar, by Allah is daar ’n groot beloning.
9:23. O julle gelowiges! Neem julle vaders en julle broers nie tot vriende as hulle die ongeloof bo geloof verkies nie. En dié van julle wat vir hulle tot vriende neem, is boosdoeners.
9:24. Sê: As julle vaders, en julle seuns en broers, en julle vroue en julle naasbestaandes, en die skatte wat julle vergaar het, en die handel waarin julle ’n slapte vrees, en die huise waarvan julle hou, vir julle dierbaarder is as Allah en Sy Boodskapper en Sy diens, wag dan tot Allah Sy oordeel uitbring. En Allah lei nie die sondaars nie.

Afdeling 4: Islam triomfantelik in Arabië gevestig

9:25. Gewis het Allah julle op baie slagvelde bygestaan, en op die dag van Goenein, toe jul groot getalle julle trots laat voel het ~ maar julle niks gebaat het nie ~ en die aarde, ondanks sy uitgestrektheid, vir julle te nou geword het, toe julle al vlug tende moes terugval.
9:26. Daarna het Allah Sy kalmte oor Sy Boodskapper en die gelowiges laat neerdaal, en magte wat julle nie kon sien nie, gestuur om die ongelowiges te straf. En dít is die loon van die ongelowiges.
9:27. Daarna sal Allah die boetedoening aanvaar van wie Hy wil. En Allah is Vergewensgesind, Genadevol.
9:28. O julle gelowiges! Die heidene is beslis onrein, daarom sal hulle die Heilige Ka’ba ná hierdie jaar nie weer betree nie. En as julle armoede vrees, dan sal Allah, as dit Hom behaag, julle uit Sy oorvloed verryk. Waarlik, Allah is Alleswetend, Allerwys.
9:29. Beveg húlle wat nie in Allah en aan die Laaste Dag glo nie, en nie verbied wat Allah en Sy Boodskapper verbied het nie, en nie die Godsdiens van die Waarheid navolg nie ~ tussen die mense aan wie die Boek vroeër gegee is ~ totdat hulle die belasting ter erkentenis van voorrang betaal, en hulle onderdanig is.

Afdeling 5: Islam sal in die wêreld seëvier

9:30. En die Jode sê: Esra is die seun van Allah, en die Christene sê: Die Messias is die seun van Allah. Dit is die woorde wat hulle monde uiter. Hulle herhaal die woorde van diegene wat voorheen ongelowig was. Die vloek van Allah rus op hulle. Hoe ontdaan is hulle van die waarheid!
9:31. Hulle neem hulle skrifgeleerdes en hulle monnike tot Heer buiten Allah, en ook die Messias, seun van Maria. En dit is hulle ge bied om slegs een God te aanbid ~ daar is geen God nie buiten Hom. Verhewe is Hy bo dít wat hulle met Hom vereenselwig.
9:32. Hulle begeer om die lig van Allah met hulle monde uit te doof, maar Allah sal niks toelaat nie behalwe die vervolmaking van Sy lig, ofskoon die ongelowiges dit haat.
9:33. Dit is Hy wat Sy Boodskapper met leiding en die Ware Godsdiens gestuur het, sodat Hy dit oor alle godsdienste kan laat heers, hoewel die heidene dit haatlik vind.
9:34. O julle gelowiges! Voorwaar, baie van die skrifgeleerdes en die monnike verorber die rykdom van mense op ’n skynheilige manier, en keer hulle van die weg van Allah af. En hulle wat goud en silwer vergaar en dit nie in die weg van Allah bestee nie ~ verkondig aan hulle ’n smartlike straf.
9:35. Op die Dag wanneer dit in die Vuur van die Hel sal verhit word, sal hulle voorhoofde en hul sye en hul rûe daarmee gebrandmerk word: Dít is wat julle vir julleself opgegaar het; geniet dus daarvan.
9:36. Voorwaar, die aantal maande by Allah is twaalf, volgens ’n verordening van Allah sedert Hy die hemele en die aarde geskape het. Vier hiervan is heilig. Dít is die ware geloof. Doen julle hierom dus geen onreg aan nie. En beveg al die heidene soos hulle júlle beveg. En weet dat Allah met die godvresendes is.
9:37. Voorwaar, die uitstel van ’n heilige maand is maar net ’n toevoeging by die ongeloof, waardeur die ongelowiges op die dwaalspoor gebring word. Hulle laat dit die een jaar toe en die volgende jaar belet hulle dit, sodat hulle mag besluit oor die aantal maande wat Allah geheilig het, en sodoende probeer hulle wettig wat Allah onwettig verklaar het. Die kwaad van hulle dade word vir hulle mooi gemaak. En Allah lei nie die ongelowiges nie.

Afdeling 6: Die Taboek-Ekspedisie

9:38. O julle gelowiges! Watter rede het julle om, wanneer aan julle gesê word: Gaan voort op die weg van Allah, julle hewig aan die aarde klou? Is julle meer tevrede met die lewe van hierdie wêreld as met dié van die Hiernamaals? Die genietinge van die lewe in hierdie wêreld is maar min in vergelyking met dié van die Hiernamaals.
9:39. As julle nie voortgaan nie, sal Hy julle met ’n smartlike straf teregstel en ’n ander volk in julle plek kies. Julle kan Hom geen leed aandoen nie. En Allah het mag oor alle dinge.
9:40. As júlle hom nie help nie, dan het Allah hom tog sekerlik gehelp toe die ongelowiges hom verdryf het ~ hy wat die tweede van die twee was; toe hulle albei in die grot was en hy aan sy metgesel {Aboe-Bakr} gesê het: Treur nie; waarlik, Allah is met ons. Toe het Allah Sy gerustheid op hom laat neerdaal en hom met ’n mag, wat julle nie gesien het nie, versterk, en die woord van die ongelowiges verneder. En die woord van Allah is die oppermagtigste. En Allah is Almagtig, Allerwys.
9:41. Gaan voort, lig of swaar, en strewe hard in die weg van Allah met julle rykdom en julle lewens. Dit is vir julle beter dat julle dit weet.
9:42. As dit ’n onmiddellike wins en ’n kort reis gewees het, sou hulle u sekerlik gevolg het, maar die vermoeiende reis was vir hulle te lank. En hulle sal by Allah sweer: As ons in staat gewees het, sou ons met u voortgegaan het. Hulle veroorsaak die ver nietiging van hulle eie siele; en Allah weet dat hulle leuenaars is.

Afdeling 7: Die Huigelaars

9:43. Allah vergewe u! Waarom het u hulle toegelaat voordat hulle wat die waarheid praat, aan u bekend was, en u die leuenaars uitgeken het?
9:44. Hulle wat in Allah en aan die Laaste Dag glo, sal u nie om vrystelling vra van die gebruik van hulle rykdom en hulle persone nie. En Allah ken die godvresendes.
9:45. Net hulle wat nie in Allah en aan die Laaste Dag glo nie, sal u om verlof vra, en hulle harte twyfel, en in hulle twyfel aarsel hulle.
9:46. En indien hulle van voornemens was om voort te gaan, sou hulle sekerlik vir toerusting gesorg het; maar Allah wou nie dat hulle gaan nie. Daarom het Hy hulle teruggehou, en daar is gesê: Sit dan saam met die tuisblyers.
9:47. En as hulle met julle saam gegaan het, sou hulle julle niks anders as moeilikheid besorg het nie, en hulle sou heen en weer gehardloop het terwyl hulle probeer om tweedrag tussen julle te saai. En tussen julle is daar ’n klompie wat na hulle sou luister. En Allah ken die kwaad doeners goed.
9:48. Hulle het al vantevore probeer om tweedrag te saai, en hulle het sameswerings teen u gesmee totdat die Waarheid gekom het en die verordening van Allah gevestig is, hoewel hulle nie daarvan gehou het nie.
9:49. En tussen hulle is daar diegene wat sê: Verskoon my, en beproef my nie. Hulle het reeds al in die versoeking geval, en die Hel sal die ongelowiges waarlik omring.
9:50. As iets goeds oor u kom, doen dit hulle verdriet aan; en as u rampspoed ondervind, sê hulle: Ons het inderdaad vooraf ons voorsorg geneem. En juigend draai hulle om.
9:51. Sê: Niks sal ons oorval nie behalwe dít wat Allah vir ons bestem het. Hy is ons Beskerm heer. En op Allah moet die gelowiges vertrou.
9:52. Sê: Verwag julle vir ons niks anders nie as een van twee goeie dinge? En ons verwag vir julle dat Allah julle ’n straf van Homself, of deur ons hande, sal oplê. Wag dan; ons wag saam met julle.
9:53. Sê: Bestee vrywillig of onwil lig; dit sal tog nie van julle aangeneem word nie. Julle is ’n ongehoorsame volk.
9:54. En daar is niks wat verhoed dat hulle gawes aangeneem sal word nie, behalwe dat hulle nie in Allah en die Boodskapper glo nie, en dat hulle nie anders na die gebed toe kom nie as lui-lui; en hulle bestee ook onwillig.
9:55. Moenie dat hulle rykdom of hulle kinders u verwondering wek nie. Allah wil hulle daar mee straf, en hulle siele sal heengaan terwyl hulle ongelowiges is.
9:56. En hulle sweer by Allah dat hulle werklik tot julle behoort. En hulle behoort nie tot julle nie, maar hulle is bang.
9:57. En as hulle ’n skuilplek of grotte of ’n plek vind om in te gaan, sal hulle sekerlik daarnatoe wend en in aller yl weghardloop.
9:58. En tussen hulle is diegene wat u oor die aalmoes kwalik neem. As hulle daarvan gegee word, is hulle tevrede, en as hulle niks daarvan ontvang nie, kyk! dan is hulle woedend.
9:59. En was hulle maar tevrede met wat Allah en Sy Boodskapper aan hulle gegee het, en het hulle gesê: Allah is vir ons genoeg; Allah sal ons weldra van Sy oorvloed gee, en ook vir Sy Boodskapper; waarlik, tot Allah is ons vertoë gerig.

Afdeling 8: Die Huigelaars

9:60. Die gunste {Zakaat} is slegs vir die armes en die behoeftiges, en vir diegene wat dit moet versprei, en vir hulle wie se harte tot die waarheid geneig is, en vir die bevryding van gevangenes, en vir hulle wat in die skuld is, vir die diens van Allah, en vir die reisiger ~ ’n instelling van Allah. En Allah is Alleswetend, Allerwys.
9:61. En onder hulle is diegene wat die Profeet lastig val en sê: Hy is net ore. Sê: ’n Luisteraar van die goeie om julle onthalwe ~ hy glo in Allah en hy glo die gelowiges, en hy is ’n genade vir die gelowiges tussen julle. En op hulle wat die Boodskapper van Allah te na kom, wag daar ’n smartlike straf.
9:62. Hulle sweer teenoor julle by Allah om julle te behaag; en Allah en Sy Boodskapper dring daarop aan dat hulle Hom moet behaag as hulle gelowiges is.
9:63. Weet hulle nie dat die Hel as tuiste bestem is vir hulle wat Allah en Sy Boodskapper vyan diggesind is nie? Dit is ’n groot vernedering.
9:64. Die Huigelaars vrees dat ’n soera {’n Hoofstuk} aangaande hulle gestuur sal word, waarin onomwonde openbaar sal word wat in hulle harte omgaan. Sê: Spot maar, Allah sal dít wat julle vrees, waarlik aan die lig bring.
9:65. En as u hulle sou ondervra, dan sal hulle sê: Dit was maar verspotte praatjies en grappe van ons. Sê: Was dit met Allah en Sy tekens en Sy Boodskapper waarmee julle die spot gedryf het?
9:66. Vra nie om vergifnis nie; julle het waarlik ongelowig geword nadat julle eenmaal geglo het. As Ons sommige van julle vergewe, sal Ons ook sommige van julle moet straf, omdat hulle skuldig is.

Afdeling 9: Die Huigelaars

9:67. Die Huigelaars, mans en vroue, is almal aan mekaar verwant. Hulle spoor tot die kwaad aan en verbied die goeie en weerhou hulle hande van die gee van gunste. Hulle het Allah vergeet, daarom vergeet Hy hulle. Voorwaar, die Huigelaars is sondaars.
9:68. Allah belowe die Huigelaars, die mans sowel as die vroue, en ook die ongelowiges, die Vuur van die Hel. Dít is vir hulle goed genoeg. En Allah het hulle ver vloek, daarom sal hulle ’n blywende straf ontvang.
9:69. Soos diegene vóór julle ~ hulle was sterker as julle en het meer rykdom en kinders gehad. So het hulle hul aandeel geniet; en so het julle julle aandeel geniet net soos hulle vóór julle hul aandeel geniet het, en julle gee jul oor aan ydele praatjies soos hulle hul oorgegee het. Dit is húlle wie se werke in hierdie wêreld en in die Hiernamaals niksbeduidend sal wees; en hulle sal die verloorders wees.
9:70. Het die verhaal van diegene wat vóór hulle was hulle nie bereik nie ~ die volk van Noag en Aad en Thamoed, en die volk van Abraham en die bewoners van Mede en die verwoeste stede? Die boodskappers het met duidelike bewyse tot hulle gekom. Daarom het Allah hulle geen kwaad aangedoen nie, maar hulle het hulsélf skade berokken.
9:71. En die gelowiges, mans sowel as vroue, is vriende van mekaar. Hulle spoor tot die goeie aan en verbied die kwaad en onderhou die gebed en betaal die Zakaat en gehoorsaam Allah en die Boodskapper. Aan hulle sal Allah Sy barmhartigheid bewys. Waarlik, Allah is Almagtig, Allerwys.
9:72. Allah het die gelowiges, die mans en die vroue, tuine belowe waardeur riviere vloei, waarin hulle kan woon, en heerlike woonhuise in Tuine van Ewigheid. En die grootste van dit alles is die welbehae van Allah. Dít is die uitnemendste sukses.

Afdeling 10: Die Huigelaars

9:73. O Profeet! Stry hard teen die ongelowiges en die Huigelaars, en wees ferm teenoor hulle. Hulle tuiste is die Hel, en dit is ’n gedoemde bestemming.
9:74. Hulle sweer by Allah dat hulle niks gesê het nie. En tog het hulle waarlik die woord van ongeloof uitgespreek en ongelowig geword nadat hulle Islam aanvaar het, en hulle het beoog wat hulle nie kon volbring nie. En hulle wou wraak neem omdat Allah ~ én Sy Boodskapper ~ hulle uit Sy oorvloed verryk het. As hulle maar berou het, sal dit vir hulle goed wees; maar as hulle afdwaal, sal Allah hulle in hierdie wêreld en in die Hiernamaals met ’n kastyding straf; en hulle sal op aarde geen vriend of helper hê nie.
9:75. En tussen hulle is daar mense wat ’n verbond met Allah gesluit en gesê het: As Hy ons van Sy oorvloed skenk, sal ons gunste gee en deugsaam wees.
9:76. Maar nadat Hy hulle van Sy oor vloed gegee het, het hulle suiniger geword, hulle het met afgryse weggedraai.
9:77. Hy het hulle daarom vergeld met huigelary in hulle harte wat sal duur tot die Dag wanneer hulle Hom sal ontmoet, omdat hulle hul gelofte aan Allah verbreek en gelieg het.
9:78. Weet hulle dan nie dat Allah hulle heimlike gedagtes en heimlike beraadslaginge ken en dat Allah die Groot Weter van die Onsigbare is nie?
9:79. Hulle het die gelowiges wat vry willig gunste gee, asook hulle wat slegs hul arbeid het om aan te bied, belaster en hulle bespot; Allah sal hulle hul spottery vergeld, en vir hulle is daar ’n smartlike straf.
9:80. Vra om vergifnis vir hulle, of vra nie om vergifnis vir hulle nie; al vra u ook sewentig maal om vergifnis vir hulle, sal Allah hulle nog nie vergewe nie. Dit is omdat hulle nie in Allah en aan Sy Boodskapper glo nie. En Allah lei nie die sondaars nie.

Afdeling 11: Die Huigelaars

9:81. Hulle wat tuis gebly het, was bly dat hulle agter die rug van die Boodskapper kon sit. Hulle het nie daaarvan gehou om met hulle eiendom en hul lewens in die weg van Allah te strewe nie, en het gesê: Moenie voortgaan in hierdie hitte nie. Sê: Die Vuur van die Hel is nog warmer. Kon hulle dit maar begryp!
9:82. Laat hulle dan min lag en baie ween; dís die loon wat hulle verdien het.
9:83. En as Allah ’n klompie van hulle na u terugbring en hulle vra u dan toestemming om saam uit te trek, sê dan: Nooit sal u saam met my uittrek nie, en nooit sal u saam met my ’n vyand beveg nie. Julle het een maal verkies om tuis te bly; bly sit nou saam met hulle wat agterbly.
9:84. En nooit moet u bid vir enigeen van hulle wat sterf nie; en staan ook nie by sy graf nie. Voorwaar, hulle het nie in Allah en aan Sy Boodskapper geglo nie, en hulle het as sondaars gesterf.
9:85. En moenie dat hulle skatte en hulle kinders u verwondering wek nie. Allah gaan hulle daar mee in hierdie wêreld straf, en gee dat hul siele hulle sal verlaat terwyl hulle ongelowiges is.
9:86. En wanneer ’n soera geopenbaar word: Glo in Allah en strewe hard saam met Sy Boodskapper, dan vra die rykes tussen hulle vir u om toestemming en sê: Laat ons agterbly, sodat ons by die tuisblyers kan sit.
9:87. Hulle verkies om by die tuisblyers te wees, en hulle harte is verseël; daarom verstaan hulle nie.
9:88. Maar die Boodskapper, en dié wat saam met hom glo, strewe hard met hul eiendom en hul persoon. En vir hulle is die goeie bedoel, en hulle sal suk sesvol wees.
9:89. Allah het vir hulle Tuine waardeur riviere vloei, voorberei om daarin te woon. Dít is die grootste sukses.

Afdeling 12: Die Huigelaars

9:90. En die wat verskoning maak tussen die woestynbewoners het daarop aangedring dat vrystelling aan hulle verleen moet word; en hulle wat Allah en Sy Boodskapper belieg het, het tuisgebly.
9:91. Daar rus geen blaam op die swakke en die sieke nie, ook nie op hulle wat niks kan vind om weg te gee nie, as hulle maar opreg is teenoor Allah en Sy Boodksapper. Daar rus ook geen blaam op die weldoeners nie. Allah is Vergewensgesind, Genadevol.
9:92. Ook nie op hulle wat na u gekom en versoek het dat u aan hulle rydiere en vervoer moet gee, en toe u gesê het: Ek kan niks vind waarop julle kan ry nie, teruggegaan het terwyl die trane uit hul oë stroom van spyt dat hulle niks kon vind om weg te gee nie.
9:93. Die blaam rus alleen op húlle wat u om verlof vra om met die tuisblyers te wees; en Allah het hulle harte verseël, daarom verstaan hulle nie.
9:94. Hulle sal met verontskuldigings na julle kom wanneer julle terugkeer. Sê: Bied geen versko ning aan nie; ons sal julle tog nie glo nie. Allah het ons reeds aangaande julle ingelig. En Allah en Sy Boodskapper sal nou julle doen en late raaksien; daarom sal julle na die Weter van die Onsigbare en die Sigbare teruggebring word en Hy sal julle inlig aangaande wat julle gedoen het.
9:95. Hulle sal teenoor julle by Allah sweer wanneer julle terugkeer, sodat julle hul met rus mag laat. Ignoreer hulle dus. Voorwaar, hulle is onrein en die Hel is hul woonplek ~ ’n vergelding in ooreenstemming met hulle verdienste.
9:96. Hulle sal voor julle sweer sodat julle hul goedgesind kan wees. Maar selfs al sou julle met hulle tevrede wees, sal Allah nooit met ’n sondige volk tevrede wees nie.
9:97. Die woestynbewoners is die hardnekkigste ongelowiges en huigelaars, en is baie geneig om die bepalinge wat Allah aan Sy Boodskapper geopenbaar het, nie na te kom nie. En Allah is Alleswetend, Allerwys.
9:98. En tussen die woestynbewoners is diegene wat dít wat hulle bestee, as ’n boete beskou, en wens dat ’n ramp julle moet tref. Oor hulle egter sal daar ramp spoed kom. En Allah is Alleshorend, Alleswetend.
9:99. En tussen die woestyn-Arabiere is daar diegene wat in Allah en aan die Laaste Dag glo en wat dít wat hulle bestee, asook die gebede van die Profeet, beskou as iets wat hulle nader aan Allah sal bring. Voorwaar, dit bring hulle nader aan Allah. Allah sal hulle weldra tot Sy barmhartig heid toelaat. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadevol.

Afdeling 13: Die Huigelaaars

9:100. En die eerstes wat Islam aanvaar het tussen die Emigrante en die Helpers, en diegene wat hulle in goedheid gevolg het ~ Allah is tevrede met hulle en hulle is tevrede met Hom, en Hy het vir hulle Tuine voorberei waardeur riviere vloei, en daarin sal hulle vir ewig bly. Dít is die groot beloning.
9:101. En tussen die woestyn-Arabiere wat in julle omgewing is, en tussen die volk van Madina, is daar Huigelaars ~ hulle volhard in huigelary. U ken hulle nie; Ons ken hulle. Ons sal hulle dubbeld straf, dan sal hulle vir ’n swaar straf teruggebring word.
9:102. En daar is ook ander wat hulle foute beken het ~ hulle het ’n goeie daad verbrou deur dit met ’n slegte opgevolg. Dit mag wees dat Allah Hom tot hulle met barmhartigheid sal wend. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadevol.
9:103. Neem geldelike gunste van hulle besittings, sodat u hulle daardeur kan reinig en louter, en bid vir hulle. U gebed is vir hulle waarlik ’n bron van gerusstelling.
9:104. Weet hulle nie dat dit Allah is wat die berou van Sy dienaars aanvaar en die geldelike gunste aanneem en dat dit Allah is wat Berouaanvarend en Genadevol is nie?
9:105. En sê: Werk, dan sal Allah julle werk raaksien, en so ook Sy Boodskapper en die gelowiges. En julle sal na die Kenner van die Onsigbare en die Sigbare teruggebring word, dan sal Hy julle inlig oor wat julle gedoen het.
9:106. En ander sal die gebod van Allah moet afwag, of Hy hulle gaan straf of hulle gaan vergewe. En Allah is Alleswetend, Allerwys.
9:107. En hulle wat ’n moskee gebou het om Islam skade te berokken en om die wangeloof te bevorder en verdeeldheid tussen die gelowiges te saai, en om as ’n skuilplek te dien vir hom wat voorheen reeds oorlog teen Allah en Sy Boodskapper gevoer het. En hulle sal sekerlik sweer: Ons verlang niks anders as die goeie nie. En Allah getuig dat hulle waarlik leuenaars is.
9:108. Moenie daarin staan nie. Voorwaar, ’n moskee wat van die eerste dag af vir die pligs vervulling bedoel was, is vir u waardiger om in te staan. Daarin is manne wat lief is om hulself te louter. En Allah het diegene lief wat hulself louter.
9:109. Wie is die wysste: hy wat sy fondamente grondves op godvresendheid en op Sy wel behae, of hy wat bou op die rand van ’n afgrond wat met hom in die Vuur van die Hel sal stort? En Allah lei nie die onregverdiges nie.
9:110. Die gebou wat hulle opgerig het, sal altyd vir hulle ’n bron van onrus in die hart bly, tensy hulle harte in stukke geskeur word. En Allah is Alleswetend, Allerwys.

Afdeling 14: Die Gelowiges

9:111. Voorwaar, Allah het van die gelowiges hulle persoon en hul besittinge gekoop, sodat hulle die Paradys daarvoor in ruil sal ontvang. Hulle veg in die weg van Allah en maak dood, en word ook doodgemaak. Dit is ’n belofte wat Hom, vanuit die Tora en die Evangelie en die Qur’ãn, bind. En wie is getrouer aan sy beloftes as Allah? Verheug julle dan in die goeie slag wat julle geslaan het. En dít is die groot beloning.
9:112. Diegene wat hulle tot Allah bekeer, wat Hom aanbid, wat Hom prys, en vas en vooroorbuig in die gebed, wat biddend hulself prostreer, wat tot die goeie aanspoor, wat die kwaad belet en wat die gebooie van Allah eerbiedig ~ en ’n blye tyding aan die gelowiges bring.
9:113. Dit is die Profeet en die gelowiges nie geoorloof om vir die heidene om vergifnis te vra nadat dit vir hulle duidelik geword het dat hulle bewoners van die Vlammende Vuur is nie, selfs al sou hulle ook familie wees.
9:114. En die smeking om vergifnis deur Abraham vir sy vader, was slegs omdat hy ’n belofte aan hom afgelê het; maar toe dit vir hom duidelik word dat hy ’n vyand van Allah was, het hy hom van hom losgemaak. Waarlik, Abraham was uiters sagmoedig, verdraag saam.
9:115. En Allah sal nie ’n volk weer laat dwaal nadat Hy hulle reg gelei het nie; nie voordat Hy aan hulle verduidelik het waarteen hulle hulself moet bewaak nie.
9:116. Gewis, aan Allah behoort die koninkryk van die hemele en die aarde. Hy skenk die lewe en veroorsaak die dood. En buiten Allah het julle nóg vriend nóg helper.
9:117. Waarlik, Allah het Hom met barmhartigheid tot die Profeet gewend, en ook tot die Emigrante en die Helpers wat hom in die uur van sy nood gevolg het nadat die harte van sommige van hulle byna afgewyk het; toe het Hy Hom met barmhartigheid tot hulle gekeer. Waarlik, Hy is Liefde ryk, Genadevol teenoor hulle.
9:118. En met barmhartigheid het Hy Hom tot die drie agtergeblywendes gewend totdat die aarde met sy uitgestrektheid vir hulle te nou geword het, en hulle eie lewens vir hulle moeilik geword het, en hulle geweet het dat hulle nie van Allah kan weg vlug nie. Toe het Hy hulle vergewe, sodat hulle hul tot Hom kon bekeer. Voorwaar, Allah is Berouaanvarend, Genadevol.

Afdeling 15: Wat die gelowiges moes doen

9:119. O julle wat glo! Wees bewus van Allah en bly by die opregtes.
9:120. Dit het die volk van Madina en die woestyn-Arabiere nie betaam om agter te staan by die Boodskapper van Allah nie, of dat hulle hul eie lewens bo syne sou stel nie. Dit is so, omdat geen dors, of moegheid, of honger hulle op die weg van Allah teister nie; ook betree hulle geen pad wat die ongelowiges vertoorn, of berokken hulle geen vyand enige skade, sonder dat daarmee vir hulle ’n goeie daad opgeteken word nie. Voorwaar, Allah sal die beloning van die weldoeners nie verlore laat gaan nie.
9:121. En hulle spandeer niks nie, klein of groot, of deurkruis ’n vallei, sonder dat dit ten gunste van hulle opgeteken word nie, sodat Allah hulle mag beloon vir hulle uitnemende dienste.
9:122. En die gelowiges moenie almal saam opruk nie. Waarom dan gaan daar nie ’n deel van elke groep voor om hulle toe te lê op die godsdiensonderrig sodat hulle hul volk kan waarsku wanneer hulle na hul terugkeer, en hulle gevolglik waaksaam kan wees nie?

Afdeling 16: Die Profeet se groot vrees

9:123. O julle wat glo! Beveg die ongelowiges wat naby julle is, en laat hulle vasberadenheid in julle vind. En weet dat Allah met die godvresendes is.
9:124. En wanneer daar ’n soera {’n Hoofstuk} geopenbaar word, is daar sommige wat sê: Vir wie van julle het dit in die geloof laat toeneem? Maar wat die gelowiges betref, dit versterk hulle geloof, en hulle verheug hul daaroor.
9:125. En aangaande hulle in wie se harte daar ’n siekte is, dit voeg vir hulle onreinheid by onreinheid, en as ongelowiges sterf hulle.
9:126. Sien hulle dan nie dat hulle een of twee maal elke jaar op die proef gestel word nie? Tog het hulle geen berou nie, nog minder waak hulle.
9:127. En wanneer daar ’n soera geopenbaar word, kyk hulle na mekaar en sê: Het iemand julle gesien? Dan sluip hulle weg. Allah het hulle harte afvallig gemaak omdat hulle ’n volk is wat nie verstaan nie.
9:128. Voorwaar, ’n Boodskapper het uit jul midde tot julle gekom; smartlik vir hom is die ellende wat julle verduur, besorg is hy oor julle welsyn, liefdevol en barmhartig teenoor die gelowiges.
9:129. Maar as hulle afvallig word, sê dan: Allah is vir my voldoende ~ daar is geen God buiten Hom nie. Op Hom vertrou ek, en Hy is die Heer van die magtige Troon.

Hoofstuk 10: Jona

Afdeling 1: Die waarheid van die Openbaring

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

10:1. Alief, Laam, Miem. {Allegoriese letters} Dit is verse van ’n Boek wat vol van wysheid is.
10:2. Is dit dan so vreemd vir die mense dat Ons aan iemand uit hulle midde geopenbaar en gesê het: Waarsku die mensdom, en bring ’n blye tyding aan die gelowiges dat daar by hul Heer ’n vooruitbepaalde beloning is. Die ongelowiges sê: Dit is duidelike towerkuns.
10:3. Voorwaar, julle Heer is Allah, Hy wat die hemele en die aarde in ses tydperke geskape het, en Hy is op die Troon van Mag bevestig en heers oor alles. Daar is geen bemiddeling nie, behalwe deur Sy goedkeuring. Dít is Allah, jul Heer; aanbid Hom daarom. Wil julle dan nie onthou nie?
10:4. Na Hom is julle almal se terugkeer. Dit is ’n ware belofte van Allah. Voorwaar, Hy bring die eerste skepping voort en bring dit daarna weer voort, sodat Hy almal wat goed doen met regverdigheid kan beloon. En vir die ongelowiges is daar ’n drank van kokende water, en ’n smartlike straf omdat hulle nie geglo het nie.
10:5. Dit is Hy wat die son as ’n skynende lig gemaak het, en ook die maan, en tye daraan gestel het, sodat julle die berekeninge en die aantal van jare kan ken. Allah het dit nie anders as met die waarheid geskape nie. Hy maak die tekens duidelik vir ’n volk wat weet.
10:6. Voorwaar, in die wisseling van die nag en dag, en in dít wat Allah in die hemele en op die aarde geskape het, is daar tekens vir ’n volk wat hulle plig nakom.
10:7. Voorwaar, hulle wat nie uitsien na die ontmoeting met Ons nie, en tevrede is met die lewe van hierdie wêreld en voldoening daarin vind, en hulle wat Ons verontagsaam ~
10:8. hulle blyplek is die Vuur, omdat hulle dit verdien het.
10:9. Maar diegene wat glo en goed doen, hul Heer lei hulle deur die geloof; rivere in Tuine van Saligheid sal voor hulle voete vloei.
10:10. Hulle aanroep daarin sal wees: Heilig is U, o Allah! En hulle groet: Vrede! En die einde van hulle aanroep sal wees: Alle lof kom Allah toe, die Heer van die Wêrelde!

Afdeling 2: Die straf van verwerping

10:11. En indien Allah die gevolge van die kwaad vir die mense sou verhaas, soos hulle die goeie sou wou verhaas, sou hulle lot reeds bepaal gewees het. Maar hulle wat nie na die ontmoeting met Ons uitsien nie, Ons los hulle in hulle opstandigheid, sodat hul blindelings verder kan dwaal.
10:12. En wanneer die mens gekwel word, roep hy Ons aan, terwyl hy lê, of sit, of staan. Maar wanneer Ons sy benoudheid van hom af wegneem, dan gaan hy weer sy gang asof hy Ons nooit om hierdie verligting aangeroep het nie. So word sy dade dan vir die verkwisters aanloklik gemaak.
10:13. En waarlik, Ons het geslagte vóór julle vernietig omdat hulle kwaad gedoen het, en boodskappers het met duidelike bewyse na hulle gekom, tog wou hulle nie glo nie.
10:14. Toe, ná hulle, het Ons regeerders vir julle in die land aangestel, sodat Ons kan sien hoe julle te werk gaan.
10:15. En wanneer Ons duidelike tekens aan hulle voorgedra word, sê hulle wat nie na die ontmoeting met Ons uitsien nie: Bring vir ons ’n ander Qur’ãn, of verander hierdie een. Sê: Dit betaam my nie om dit te verander nie. Ek volg niks anders as wat aan my geopenbaar is nie. Waarlik, as ek my Heer nie gehoorsaam is nie, vrees ek die straf van ’n smartlike dag.
10:16. Sê: As Allah dit anders wou, sou ek dit nooit aan julle voor gedra, of Hy dit aan julle bekend gemaak het nie. Waarlik, tussen julle het ek ’n leeftyd deurgebring. Sal julle dan nie verstaan nie?
10:17. Wie is onregverdiger as hy wat ’n leuen teen Allah versin, of wat Sy tekens verloën? Die skuldiges sal gewis nie slaag nie.
10:18. En buiten Allah aanbid julle hulle wat julle nóg kwaad nóg goed kan aandoen, en julle sê: Húlle tree vir ons in by Allah. Sê: Wil julle Allah inlig omtrent iets wat in die hemel of op die aarde is en waar Hy niks van weet nie? Heilig is Hy, en hoog verhewe bo alles wat hulle met Hom vereenselwig!
10:19. En al die volkere was slegs één gemeenskap voordat hulle met mekaar begin verskil het. Was dit nie dat ’n woord van u Heer vooruitgegaan het nie, sou die saak, waaroor hulle met mekaar verskil het, reeds beslis gewees het.
10:20. En hulle sê: Waarom is daar geen teken van sy Heer aan hom gestuur nie? Sê: Slegs aan Allah behoort die Onsigbare. Wag dus. En waarlik, ek is saam met julle met die wagtendes.

Afdeling 3: Barmhar tige behandeling

10:21. En wanneer Ons ’n volk barm hartigheid laat smaak nadat teenspoed oor hulle gekom het, kyk! Dan begin hulle planne teen Ons tekens beraam. Sê: Allah is vinniger in die beraming van planne. Voorwaar, Ons boodskappers skryf alles op wat julle beplan.
10:22. Dit is Hý wat julle in staat stel om oor land en op die see te reis, totdat, wanneer hulle op die skip is en dit voor die bries uit vaar, en hulle daar genot in vind, ’n geweldige wind hulle agterhaal en golwe hulle van alle kante af oorval, en hulle reken dat hul sal vergaan; dan roep hulle Allah aan, opreg in hul gehoor saamheid aan Hom: As U ons hiervan red, sal ons waarlik dankbaar wees.
10:23. Maar wanneer Hy hulle red, kyk! dan is hulle ten onregte opstandig. O mense! Waarlik, julle opstand is slegs teen julle self ~ ’n voordeel slegs vir hierdie lewe van hierdie wêreld. Daarna sal julle tot Ons terugkeer, en Ons sal julle inlig omtrent julle dade.
10:24. En die lewe op aarde is soos water wat Ons uit die wolke afstuur, en waardeur die plante groei en mens en dier eet en opgroei, totdat die aarde ’n vergulde kleed versiering verkry, en sy bewoners dink dat hulle die besitters daarvan is. En Ons gebod heers dag en nag, en Ons maak daarvan ’n gelyk gemaaide saadoes asof dit gister nie gedy het nie. Só maak Ons Ons tekens duidelik aan ’n nadenkende volk.
10:25. En Allah nooi na die Tuiste van Vrede, en lei wie Hy wil op die regte pad.
10:26. Vir diegene wat goeie dade doen, is daar ’n goeie beloning en nog meer. Geen donkerheid of skande sal hulle aangesigte versluier nie. Hulle sal die Paradys beërwe, en daarin sal hulle woon.
10:27. En hulle wat die kwaad verdien, vir hulle is daar ’n vergelding met die kwade en wat daaraan gelyk is, en skande sal hulle oorkom ~ hulle sal niemand hê om hulle teen Allah (se wraak) te beskerm nie ~ asof hulle gesigte met die digste duisternis van die nag bedek is. Hulle is die bewoners van die Vuur; daarin sal hulle woon.
10:28. En op die Dag waarop Ons hulle bymekaar bring, sal Ons aan hulle wat andere met Allah vereenselwig het, sê: Bly waar julle is, julle en julle afgode. Daarna sal Ons hulle skei, en hulle deelgenote sal sê: Dit was nie óns vir wie julle gedien het nie.
10:29. Allah is genoegsame getuie tussen ons en julle, dat ons heeltemal onbewus van julle diens aan ons was.
10:30. Dáár sal elke siel ondervind wat hy vooruitgestuur het, en hulle sal na Allah teruggebring word, hulle ware Beskermheer; en dít wat hulle hande gemaak het, sal hulle in die steek laat.

Afdeling 4: Ongeëwenaardheid van die Goddelike Gawes

10:31. Sê: Wie voorsien julle van lewensmiddele, of wie beheer die gehoor en die gesig, en wie bring die lewe uit die dode voort, die dode uit die lewe? En wie reël alles? Hulle sal sê: Allah. Sê: Sal julle dan nie daarom téén die kwaad waak nie?
10:32. So is Allah dan julle ware Heer. Wat anders is daar buiten die waarheid, behalwe dwaling? En hoe het julle nie gedwaal nie!
10:33. So is die woord van julle Heer dan bewaarheid teen hulle wat in ongeloof gesondig het.
10:34. Sê: Is daar enigeen van julle afgode wat die eerste skepping voortgebring het, en dit weer kán voortbring? Sê: Allah bring die eerste skepping voort, en Hy kan dit herhaal. Hoe het julle nie afgedwaal nie!
10:35. Sê: Lei enige van julle afgode na die waarheid? Sê: Allah lei na die waarheid. Is Hy wat na die Waarheid lei dan nie waardiger om gevolg te word as hy wat nie die weg vind tensy hy gelei wórd nie? Wat makeer julle dan? Hoe oordeel julle?
10:36. En die meeste van hulle volg niks anders as hulle vermoedens nie. Vermoedens weeg nie teen die Waarheid op nie. Waarlik, Allah is die Kenner van julle dade.
10:37. En hierdie Qur’ãn is nie iets wat sonder Allah voortgebring kon word nie, maar dit is ’n bevestiging van alles wat daarvan voorafgegaan het, en ’n duidelik uiteensetting van die Boek; daar is geen twyfel aan nie: dit kom van die Heer van die Wêrelde.
10:38. Of hulle sê: Hy {Moegammad} het dit versin. Sê: Bring dan ’n soortgelyke soera voort, en roep dan enigeen aan buiten Allah wat julle tot hulp kan wees, as julle opreg is.
10:39. Nee, hulle verwerp dít waarvan hulle nie kennis dra nie en waarvan die betekenis nog nie tot hulle deurgedring het nie. So het ook dié wat vóór hulle was dit verwerp; maar kyk wat was die einde van die boosdoeners!
10:40. En sommige van hulle glo, en sommige glo nie daarin nie. En julle Heer ken die onrusstokers goed.

Afdeling 5: Die verstokte sondaars en hulle straf

10:41. En as hulle u verwerp, sê: Julle hoef julle nie te steur aan wat ek doen nie, en julle dade gaan my nie aan nie.
10:42. En daar is sommige van hulle wat na u luister. Maar kan u die dowes laat hoor, selfs al wíl hulle nie verstaan nie?
10:43. En daar is sommige wat u aankyk. Maar kan u die blindes die weg aanwys, selfs al wíl hulle nie sien nie?
10:44. Voorwaar, Allah doen hulle geen onreg aan nie, maar hulle doen hulself onreg aan.
10:45. En wanneer Hy hulle op die Dag bymekaar bring, sal dit wees asof hulle skaars ’n uur vertoef het, en hulle sal mekaar herken. Húlle wat die ontmoeting met Allah verwerp, en nie die regte weg volg nie, sal vergaan.
10:46. En as Ons u sommige van die dinge wat Ons aan hul belowe het, moet toon, of gee dat u moet sterf, dan is hulle terugkeer na Ons; en Allah is Getuie van hulle dade.
10:47. En vir elke nasie is daar ’n boodskapper. Wanneer die boodskapper dan kom, is in die saak teen hulle met regver digheid geoordeel, en geen onreg word hulle aangedoen nie.
10:48. En hulle sê: As julle opreg is, sê ons wanneer hierdie dinge vervul sal word.
10:49. Sê: Ek het geen mag oor enige skade of voordeel nie, behalwe dít wat Allah behaag. Daar is vir elke nasie ’n vaste tydperk. Wanneer dit verstryk, sal hulle die uur daarvan nie kan uitstel of vervroeg nie.
10:50. Sê: Weet julle of Sy straf julle in die dag of in die nag gaan oorval? Waarom sal die Misdadigers die koms daarvan dan verhaas?
10:51. Wanneer dit gebeur, sal julle dán glo? Hoe dan nou? En julle wou dit dan verhaas.
10:52. Dan sal aan die onregverdiges gesê word: Ondervind nou die ewige straf. Julle word nie anders vergeld as wat julle verdien het nie.
10:53. En hulle vra u: Is dit die waarheid? Sê: Ja, by my Heer, dit is beslis waar, en julle sal nooit daraan ontkom nie.

Afdeling 6: Barmhar tigheid het voorrang bo die straf

10:54. En as ’n siel kon, sou hy alles op aarde as ’n losprys wou aanbied. En hulle sal berou toon wanneer hulle die straf sien. En oor hulle sal met regverdigheid geoordeel word en hulle sal geen onreg aangedoen word nie.
10:55. Voorwaar, alles wat in die hemele en op die aarde is, behoort aan Allah. Waarlik, Allah se beloftes is waar, maar die meeste van hulle weet dit nie.
10:56. Hy gee die lewe en veroorsaak die dood, en tot Hom sal julle terug gebring word.
10:57. O mensdom! Julle Heer het vir julle ’n vermaning gestuur, en ’n geneesmiddel vir wat in julle harte omgaan, en leiding en barmhartigheid vir die gelowi ges.
10:58. Sê: In die genade van Allah en in Sy barmhartigheid, dáárin moet hulle hul verheug. Dit is beter as al die dinge wat hulle opgaar.
10:59. Sê: Sien julle watter voor siening Allah vir julle gestuur het? Hoekom veroorloof julle ’n gedeelte daarvan en nie die res nie? Sê: Het Allah julle dit beveel, of vesin julle ’n leuen teen Hom?
10:60. En wat dink hulle wat leuens teen Allah versin van die Dag van Herrysenis? Voorwaar, Allah is Genadevol teenoor die mensdom, maar die meeste van hulle is ondankbaar.

Afdeling 7: Goeie tyding vir die gelowiges

10:61. Julle hou jul nie besig met die goeie dinge nie en lees nie uit die Qur’ãn voor nie, en u werk ook nie; maar Ons is getuie daarvan wanneer julle dit doen. En niks op die aarde of in die hemele is vir jul Heer verborge nie, of dit gering in gewig is of groot; van alles is daar ’n duidelike verslag.
10:62. Waarlik, die vriende van Allah ken geen vrees nie, en hulle treur ook nie.
10:63. Hulle wat glo en godvresend is.
10:64. Vir hulle is daar goeie tyding omtrent hierdie lewe sowel as die Hiernamaals. Die woorde van Allah verander nie. Dit is voorwaar ’n groot toekenning.
10:65. Laat hulle woorde u nie verdrietig maak nie. Voorwaar, alle mag behoort aan Allah. Hy is Alleshorend, Alleswetend.
10:66. Waarlik, alles wat in die hemele en op die aarde is, behoort aan Allah. En diegene wat iets anders behalwe Allah aanbid en aanroep volg niks anders as suiwer vermoedens nie, en hulle vertel net leuens.
10:67. Dit is Hý wat vir julle die nag gemaak het sodat julle rus daarin kan vind, en die dag vol lig. Voorwaar, hierin is tekens vir ’n volk wat luister.
10:68. Hulle sê: Allah het vir Hom ’n seun verwek. Heilig is Hy! Hy is die Selfgenoegsame. Aan Hom behoort wat in die hemele en op die aarde is. Oor hierdie dinge is julle sonder gesag. Sê julle iets teen Allah wat julle nie kan bevestig nie?
10:69. Sê: Hulle wat leuens teen Allah versin, sal nie suksesvol wees nie.
10:70. In hierdie wêreld sal hulle ’n tydelike genot vind, daarna sal hulle tot Ons terugkeer, en hulle sal ’n streng tugtiging van Ons moet verduur omdat hulle nie geglo het nie.

Afdeling 8: Noag en Moses

10:71. En vertel aan hulle die verhaal van Noag, hoe hy aan sy volk gesê het: O my volk! As my verblyf hier en my vermaning deur die tekens van Allah vir julle aanstoot gee, dan vertrou ek op Allah: smee dus julle komplotte, julle en jul deelgenote. Laat julle komplotte julle dan geen twyfel veroorsaak nie, en laat dit téén my ten uitvoere gebring word, en verleen my geen uitstel nie.
10:72. Maar as julle van my af weg draai, dan vra ek geen beloning van julle nie. My beloning is slegs by Allah en ek is beveel om met die onderdaniges te wees.
10:73. Maar hulle het hom verloën, daarom het Ons hom en hulle wat saam met hom in die ark was, gered; en Ons het hulle heersers gemaak, terwyl Ons hulle wat Ons tekens verwerp het, laat verdrink het Kyk dan hoe was die einde van hulle wat gewaarsku was.
10:74. Ná hom, het Ons toe boodskappers na hulle volk gestuur. Hulle het met duidelike bewyse na hul gegaan, maar hulle wou weer nie glo wat hulle voorheen verwerp het nie. So verseël Ons die harte van die oortreders.
10:75. En ná hulle het Ons Moses en Aäron met Ons tekens na Farao en sy kapteins gestuur, maar hulle optrede was arrogant, en hulle was ’n misdadige volk.
10:76. En toe Ons waarheid na hulle gebring is, het hulle gesê: Dit is gewis towerkuns.
10:77. Moses het gesê: Sê julle dít van die waarheid nadat dit tot julle gekom het? Is dít towerkuns? Towenaars is tog nooit sukses vol nie.
10:78. Hulle het geantwoord: Het julle na ons gekom om ons te verplig om te laat bly wat ons ons vaders sien volg het, sodat daar vir julle eerbied kan wees? Maar ons sal nie in julle twee glo nie.
10:79. En Farao het gesê: Bring elke towenaar na my.
10:80. En nadat die towenaars gekom het, het Moses aan hulle gesê: Werp wat julle wil werp!
10:81. En toe hulle klaar gewerp het, het Moses gesê: Wat julle ons getoon het, is slegs bedrog. Voorwaar, Allah sal dit tot niet maak. Allah laat nie toe dat die werk van die kwaaddoeners gedy nie.
10:82. En Allah sal die waarheid deur Sy woorde bevestig, selfs al is dit haatlik vir die misdadigers.

Afdeling 9: Einde van die teenkanting teen Moses

10:83. Maar uit vrees dat Farao en sy owerstes hulle sou vervolg, het niemand in Moses geglo nie, behalwe ’n paar van sy eie mense. En waarlik, Farao was ’n verwaande en hooghartige heerser.
10:84. En Moses het gesê: O my volk! As julle in Allah glo, stel dan julle vertroue in Hom; as julle onderdaniges is.
10:85. Hulle het geantwoord: Ons vertroue ís in Allah. Ons Heer! Maak ons nie ’n versoeking vir die onregverdige volk nie.
10:86. En red ons, deur U barmhartig heid, van die ongelowiges.
10:87. En aan Moses en sy broer het Ons geopenbaar: Laat julle volk in Egipte huise bou om in te woon, en maak julle huise plekke van aanbidding, en onderhou die gebed. En bring ’n blye tyding aan die gelowiges.
10:88. En Moses het gesê: Ons Heer! U het aan Farao en sy owerstes versierings en rykdom in die lewe van hierdie wêreld gegee, sodat hulle die mense van U pad afgelei het. Ons Heer! Vernietig hulle rykdom en verhard hulle harte, want hulle sal nie glo voordat hulle die pynlike straf ondervind het nie.
10:89. Hy het gesê: Jul gebed is verhoor: gaan daarom voort op die regte weg en volg nie die pad van die onkundiges nie.
10:90. En Ons het die Kinders van Israel oor die see geneem. Toe het Farao en sy skare hulle op ’n verdrukkende en aanvallende wyse agtervolg, totdat, toe die water hom verswelg, hy móés sê: Ek glo dat daar geen God is nie buiten Hom in Wie die Kinders van Israel glo, en ek is een van die onderdaniges.
10:91. Nóú eers? Voorheen was u ongehoorsaam en een van die onheilstokers!
10:92. Maar vandag sal Ons slegs u liggaam bewaar, sodat u ’n voorbeeld kan wees vir hulle wat ná u kom. En waarlik, die meeste van hulle gee nie ag op Ons tekens nie.

Afdeling 10: Diegene wat op waarskuwing ag gee, sal voordeel trek

10:93. En waarlik, Ons het die Kinders van Israel in ’n aangename tuiste geplaas en hul van goeie dinge voorsien. Daarna het hulle nie met mekaar verskil totdat hulle weer kennis ontvang het nie. Voorwaar, op die Weeropstan dingsdag sal ons uitspraak gee in die dinge waaroor hulle verskil het.
10:94. En indien u twyfel oor die dinge wat Ons aan u geopenbaar het, vra dan vir hulle wat die Boek vóór u gelees het. Die waarheid van u Heer het inderdaad tot u gekom; moet daarom nie twyfel nie.
10:95. En wees nie een van hulle wat die tekens van Allah verloën nie, anders sal u ook een van die verlorenes wees.
10:96. Voorwaar, hulle teen wie die woord van u Heer bewaarheid gaan word, wil nie glo nie.
10:97. Selfs al sou elke teken aan hulle getoon word, sal dit nie gebeur voordat hulle die pynlike straf ondervind nie.
10:98. En waarom was daar nie ’n stad wat geglo het, sodat hulle geloof hulle tot voordeel kon strek nie, behalwe die volk van Jona? Toe húlle geglo het, het Ons die straf van skande in hierdie wêreld van hulle verwyder, en hulle uitkoms verskaf tot tyd en wyl.
10:99. En het dit u Heer behaag, sou almal op aarde geglo het, elkeen. Sal u die mense dan dwing om te glo?
10:100. En geen siel kan glo sonder die toestemming van Allah nie. En Hy werp onrein heid oor hulle wat nie wíl verstaan nie.
10:101. Sê: Aanskou wat in die hemele en op die aarde is! Maar tekens en waarskuwings baat nie ’n volk wat nie wíl glo nie.
10:102. Wag hulle dan op dieself de soort dae wat diegene geken het wat vóór hulle heengegaan het? Sê: Wag dan. Ek is saam met hulle wat wag.
10:103. Dan red Ons Ons boodskappers en die gelowiges ~ want die redding van die gelowiges is ook Ons plig.

Afdeling 11: Goddelike Oordeel

10:104. Sê: O mense! As julle in die twyfel verkeer omtrent my godsdiens, weet dan dat ek nie daardie dinge aanbid wat julle buiten Allah aanbid nie, maar ek aanbid Allah alleen ~ Hy wat julle laat sterwe. En ek is beveel om ’n gelowige te wees,
10:105. en dat julle godsdiens opreg moet wees en nie dié van die heidene nie.
10:106. En roep nie buiten Allah dinge aan wat nóg voordeel kan bied nóg kwaad kan aandoen nie. En as u dít doen, dan is u waarlik een van die onregverdi ges.
10:107. En as Allah u skade aandoen, dan kan niemand behalwe Hy dit weer goed maak nie; en as Hy goed aan u wil doen, dan kan niemand dit verhinder nie. Hy skenk dit aan Sy dienaars soos Hy wil. En Hy is die Vergewensgesinde, die Genadevolle.
10:108. Sê: O mense! Die waarheid van julle Heer het tot julle gekom; wie dit volg, doen dit ten bate van sy eie siel; en wie dwaal, dwaal tot ~
10:109. sy eie nadeel. Oor julle waak ek nie.
10:110. En volg wat aan u geopenbaar is, en wees geduldig totdat Allah die oordeel voltrek. Hy is die Groot Regter.

Hoofstuk 11: Hüd

Afdeling 1: ’n Waarskuwing

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

11:1. Alief, Laam, Raa. {Allegoriese letters} ’n Boek waarvan die verse deur wys heid gekenmerk word, word verduidelik deur die Allerwyse, die Allerbewuste.
11:2. Sodat julle niemand moet aanbid behalwe Allah nie. Voorwaar, ek is vir julle ’n waarskuwer van Hom en ’n draer van blye tyding.
11:3. En vra om vergifnis van julle Heer, en wend julle tot Hom. Hy sal julle vir ’n vasgestelde tyd van ’n goeie lewensonder houd voorsien, en Sy goedertie renheid gee aan elkeen wat daarop geregtig is. Maar as julle van Hom af wegdraai, dan vrees ek, om julle onthalwe, die straf van ’n Groot Dag.
11:4. Julle terugkeer is tot Allah, en Hy het mag oor alle dinge.
11:5. Waarlik, hulle bedek hulle boesems om hul vyandskap teenoor Hom te verberg. Waarlik dan, wanneer hulle hulself met hul klere bedek, weet Hy wat hulle verberg en wat hulle openbaar maak. Voorwaar Hy weet wat in hul harte omgaan.
11:6. En daar is geen dier op aarde nie, of Allah onderhou dit; en Hy ken sy rusplaas en wegkruip plek. Alles is in ’n duidelike verslagboek aangeteken.
11:7. En dit is Hy wat die hemele en die aarde in ses tydperke geskape het, en Sy Troon van Mag is vir ewig op die water, sodat Hy julle kan beproef om te sien wie van julle se gedrag die voortreflikste is. En as u sê: Voorwaar, julle sal ná die dood weer opgewek word, sal die ongelowiges sê: Dit is niks anders nie as duidelike bedrog.
11:8. En as Ons hulle straf vir ’n bepaalde tyd opskort, sal hulle sekerlik sê: Wat weerhou dit? Waarlik, dan, wanneer dit hulle tref, sal dit van hulle nie afgewend word nie, en dít wat hulle bespot het, sal hul omring.

Afdeling 2: Die waarheid van die Openbaring

11:9. En wanneer Ons die mens Ons barmhartigheid laat smaak en dit daarna van hom wegneem, word hy wanhopig en ondankbaar.
11:10. En as Ons hom ’n guns bewys nadat teenspoed oor hom gekom het, sê hy: Die rampspoed het van my gewyk. Voorwaar, hy is aanmatigend in sy jubeling.
11:11. Behalwe hulle wat geduldig is en goeie dade verrig. Vir hulle is daar vergifnis en ’n groot beloning.
11:12. Miskien sal u ’n gedeelte van die openbaringe laat vaar, en sal u hart benoud voel omdat hulle sê: Waaarom is daar nie vir hom ’n skat uit die hemel neergestuur, of waarom het ’n engel hom nie besoek nie? Waarlik, u is maar net ’n waarskuwer. En Allah hou toesig oor alle dinge.
11:13. Of hulle sê: Hy het dit versin. Antwoord hulle: Versin tien sulke Hoofstukke en roep buiten Allah wie julle kan om hulp aan, indien julle opreg is.
11:14. En as hulle julle nie kan antwoord nie, weet dan dat dit met die wete van Allah geopenbaar is, en dat daar geen God is nie behalwe Hy. Sal julle dan onderdanig wees?
11:15. Wie dan na die lewe van hierdie wêreld en na die aanloklikhede daarvan verlang ~ Ons sal hulle volgens hulle dade ten volle vergoed, en hulle sal hieroor geen verlies ly nie.
11:16. Dit is húlle vir wie daar in die Hiernamaals slegs Vuur is, en hulle dade is nodeloos, en wat hulle doen is vergeefs.
11:17. Is hy dan soos iemand wat ’n duidelike bewys van sy Heer besit, terwyl ’n getuie van Hom dit voordra; en dit voorafgegaan is deur die Boek van Moses ~ ’n leiding en genadegawe? ~ sulkes glo daarin. En vir dié wat nie daarin glo nie, vir hulle is die Vuur ’n beloofde bestemming. Twyfel nie daaraan nie. Voorwaar, dit is die waarheid van u Heer; maar die meeste mense wil dit nie glo nie.
11:18. En wie is onregverdiger as hy wat ’n leuen teen Allah versin? Hulle sal voor hul Heer gedaag word en die getuies sal sê: Dit is húlle wat teen hul Heer gelieg het. Voorwaar, die vloek van Allah rus op die boosdoeners,
11:19. wat mense van die pad van Allah aflei en probeer om dit te verdraai. En hulle glo nie in die Hiernamaals nie.
11:20. Hulle sal nie in die wêreld kan ontvlug nie, nog minder het hulle buiten Allah enige be skermer. Vir hulle sal die straf verdubbel word. Hulle haat dit om te hoor, en hulle sien ook nie.
11:21. Dit is húlle wat hulle siele verloor het; en wat hulle versin het, ondersteun hul ook nie.
11:22. In die Hiernamaals sal hulle ongetwyfeld swaar verliese ly.
11:23. Voorwaar, hulle wat glo en goeie dade doen en hulself voor hulle Heer verootmoedig, hulle is die bewoners van die Hemel; daarin sal hulle bly.
11:24. Die gelowiges is teenoor die ongelowiges soos die wat sien en hoor, teenoor blindes en dowes. Is hulle toestand dieselfde? Wil julle dit nie in ag neem nie?

Afdeling 3: Die geskiedenis van Noag

11:25. Voorwaar, Ons het Noag na sy volk gestuur: Waarlik, ek is vir julle ’n duidelike waarskuwer,
11:26. sodat julle niemand buiten Allah sal aanbid nie. Waarlik, ek is bevrees vir julle die vergelding van ’n smartlike Dag.
11:27. Maar die ongelowige hoofmanne van sy volk het gesê: Ons sien u nie aan vir iets anders as ’n sterfling nie, soos onsself ook is, en ons merk nie dat iemand anders u volg as juis die gemeenstes tussen ons nie. En ons sien ook nie in julle enige voortreflikheid bo ons nie; nee, ons beskou julle as leuenaars.
11:28. Hy het gesê: O my volk! Dink julle dat as daar duidelike bewyse van my Heer aan my getoon is, en Hy Sy barmhartig heid aan my bewys het maar dit vir julle verborge gehou het, dat ons julle kan dwíng om iets te aanvaar waarvan julle afkerig is?
11:29. En, my volk, ek vra julle daarvoor geen geld nie. My beloning is by Allah, en ek gaan nie die gelowiges verdryf nie ~ Voorwaar, hulle sal hul Heer ontmoet; maar ek sien júlle aan as ’n onkundige volk.
11:30. En, my volk, wie sal my teen Allah help as ek hulle sou verdryf? Sal julle dan omgee?
11:31. En ek gee nie teenoor julle voor dat ek die skatte van Allah besit nie, en die Onsigbare ken ek nie; ook doen ek my nie as ’n engel voor nie; ook sê ek nie van hulle, van wie julle selfs die aanblik haat, dat Allah hulle niks goeds sal skenk nie, want Allah alleen weet wat heimlik in hulle harte omgaan. As ek dít sou waag, sal ek waarlik een van die onregverdiges wees.
11:32. Hulle antwoord was: O Noag! U het met ons geargumenteer en die dispuut verleng; as u opreg is, bring dan nou die dinge te voorskyn waarmee u ons dreig.
11:33. Hy het gesê: Allah alleen sal dit aan julle toon as Hy wil, en julle sal dit nie ontvlug nie.
11:34. En ook my raad sal julle nie baat nie, as ek verkies om julle van goeie raad te bedien terwyl Allah voornemens is om julle te vernietig. Hy is julle Heer, en tot Hom sal julle versamel word.
11:35. Of sê hulle: Hy het dit versin? Sê: As ek dit versin het, sal die skuld op mý rus; maar ek is sonder blaam aangaande dít waarvan julle beskuldig word.

Afdeling 4: Die geskiedenis van Noag

11:36. En dit is aan Noag geopenbaar: Niemand van u volk sal glo nie, behalwe hulle wat reeds gelowig is. Treur dus nie oor hulle dade nie.
11:37. En bou die ark voor Ons oë en volgens wat Ons geopenbaar het, en roep My ten behoewe van die onregverdiges nie aan nie. Hulle sal sekerlik verdrink word.
11:38. En hy het toe begin om die ark te bou. En telkens as die owerstes van sy volk hom verbyge gaan het, het hulle hom uitgelag. Hy het gesê: As julle ons uitlag, sal ons ook vir julle lag, soos julle ons uitlag,
11:39. dan sal julle weet wie dit is oor wie ’n vernederende straf sal kom, en op wie die blywende straf sal rus.
11:40. Uiteindelik, toe Ons gebod gekom en water uit die vallei gestroom het, het Ons gesê: Dra daarin twee paar van alle dinge, en u eie familie ~ met uitsonde ring van diegene teen wie die woord reeds uitgegaan het ~ en die gelowiges. En maar min het saam met hom geglo.
11:41. En hy het gesê: Gaan aan boord; in die Naam van Allah vaar en anker hy. My Heer is waarlik Vergewensgesind, Genadevol.
11:42. En op golwe soos berge het hul le voortbeweeg. En Noag het na sy wederstrewige seun geroep: O my seun! Kom saam met ons aan boord, en skaar jou nie by die ongelowiges nie.
11:43. Hy het geantwoord: Ek sal weldra my toevlug tot ’n berg neem wat my teen die water sal beskerm. Toe het hy gesê: Vandag is niemand veilig teen die gebod van Allah nie, met uitsondering van diegene aan wie Hy barmhartigheid betoon. En ’n golf het tussen hul gekom en hy was toe saam met die drenkelinge.
11:44. En daar is gesê: O aarde! Sluk u water op. En: O wolk! Trek weg! En die water het bedaar en die gebod was vervul, en die Ark het op die berg Al-Djoedie {Arrarat} tot stilstand gekom, en daar is gesê: Weg met die onregverdige volk!
11:45. En Noag het sy Heer aangeroep en gesê: My Heer! My seun is waarlik een van my gesin, en U belofte is voorwaar standvastig, en U is die Regverdigste van alle regters.
11:46. Hy het gesê: O Noag! Hy is nie ’n lid van u gesin nie, omdat sy dade boos is. U moet My daar om nie uitvra omtrent dinge waarvan u geen kennis dra nie. Ek waarsku u sodat u nie een van die onkundiges moet wees nie.
11:47. Hy het gesê: My Heer! Ek neem my toevlug tot U sodat ek nie vrae sal stel oor dinge waarvan ek geen kennis dra nie. En as U my nie vergewe en barmhartigheid aan my betoon nie, sal ek een van die verloor ders wees.
11:48. En daar is gesê: O Noag! Klim in Ons vrede van die berg af; Ons seën u en die volkere wat uit u lendene sal ontstaan. En daar is volkere vir wie Ons eers sorg en daarna smartlik kwel.
11:49. Dít is die mededelinge aangaan de die Onsigbare wat Ons aan u openbaar; u het nie daarvan ge weet nie ~ nóg u nóg u volk ~ vóór hierdie openbaring. Wees daarom geduldig. Waarlik, die geseënde einde is vir die godvresendes.

Afdeling 5: Die geskiedenis van Hüd

11:50. En ná Aad het Ons hul broer Hüd gestuur. Hy het gesê: O my volk! Aanbid Allah! Julle het geen God nie buiten Hom. Julle versin net leuens.
11:51. O my volk! Ek vra julle geen beloning hiervoor nie. My beloning is alleen by Hom wat my geskape het. Sal julle dan nie begryp nie?
11:52. En, o my volk, vra julle Heer om vergifnis, en wend julle daarna tot Hom; Hy sal wolke wat voldoende reëns neergiet, oor julle heen stuur, en krag by júlle kragte voeg. Moet tog nie soos skuldiges wegdraai nie.
11:53. Hulle het gesê: O Hüd! U het ons nie ’n enkele duidelike bewys gebring nie, en ons gaan nie ons gode in die steek laat vir u woord nie. In u glo ons nie.
11:54. Ons kan alleen sê dat ons gode u met kwaad getref het. Hy het geantwoord: Voorwaar, ek roep Allah as getuie aan, en ook júlle getuig dat ek onskuldig is aan dit wat julle met Allah vereenselwig.
11:55. Laat julle almal dan komplotte teen my smee, en verleen aan my geen uitstel nie.
11:56. Sekerlik het ek my vertroue in Allah gestel, Hy wat my Heer en julle Heer is. Daar is geen lewende skepsel nie, of Hy neem hom by sy voorkuif. Voorwaar, my Heer is te vinde op die regte pad.
11:57. Maar indien julle wegdraai, dan het ek nog die boodskap waarmee ek na julle gestuur is aan jul meegedeel, en my Heer sal ’n ander volk julle plek laat inneem, en julle kan Hom nie die geringste kwaad aandoen nie. Voorwaar, my Heer is Bewaker oor alles.
11:58. En toe Ons gebod volbring is, het Ons Hüd deur Ons barmhartigheid gered en ook hulle wat saam met hom geglo het, en Ons het hulle van ’n smartlike foltering gevrywaar.
11:59. En so was Aad: Die tekens van hulle Heer het hulle verwerp, en Sy boodskappers nie gehoor saam nie, en die stem van elke opstandige teenstander van die waarheid gevolg.
11:60. En ’n vloek het hulle getref wat geld vir hierdie wêreld, sowel as vir die Weeropstandingsdag. So seker as wat Aad hulle Heer verwerp het, so gewis lui dit: Weg met Aad, die volk van Hüd!

Afdeling 6: Die geskiedenis van Salieg

11:61. En na Thamoed het Ons hul broer Salieg gestuur. Hy het gesê: O my volk! Aanbid Allah! Julle het geen God buiten Hom nie. Hy wek julle uit die aarde op en laat julle daarin woon; smeek Hom dus om vergifnis en bekeer julle tot Hom. Voorwaar, my Heer is Naby, Aanluisterend.
11:62. Hulle het gesê: O Salieg! Voorheen was u die mikpunt van ons hoop. Verbied u ons om te aanbid wat ons vaders aanbid het? Ons is waarlik in veront rustende twyfel oor dít waartoe u ons roep.
11:63. Hy het gesê: O my volk! Sien julle nie dat ek duidelike bewyse van my Heer kry en dat Hy Sy genade aan my geskenk het nie? Wie sal my dan teen Allah beskerm as ek Hom nie gehoor saam nie? So sou julle slegs tot my verdoemenis bydra.
11:64. En, o my volk! Dít is die kamelin van Allah, ’n teken vir julle; laat haar op Allah se aarde wei en raak haar met kwaad nie aan nie, anders sal die eerste die beste straf julle tref.
11:65. Maar hulle het haar verlam, daarom het hy gesê: Vermaak julle vir drie dae in jul huise. Dit is ’n belofte wat nie ontken kan word nie.
11:66. En toe Ons gebod bewaarheid is, het Ons Salieg, en diegene wat saam met hom geglo het, deur Ons barmhartigheid van die smaad van daardie dag gered. Waarlik, u Heer ~ Hy is die Sterke, die Almagtige.
11:67. En ’n aaklige lawaai het die kwaaddoeners ingehaal, en in hulle wonings was hulle beweginglose liggame,
11:68. asof hulle nooit daarin gewoon het nie. Waarlik, Thamoed het nie in hul Heer geglo nie. Daarom: weg met Thamoed!

Afdeling 7: Abraham en Lot

11:69. En waarlik, Ons boodskappers het met goeie nuus na Abraham gekom. Hulle het gesê: Vrede vir u! Hy het geantwoord: Vrede vir u; en hy het dadelik ’n geroosterde kalf gebring.
11:70. Maar toe hy sien dat hulle hul hande nie daarna uitsteek nie, het hy wantrouig geword en vreeslike gedagtes gekoester. Hulle het gesê: Vrees nie; ons is na Lot se volk gestuur.
11:71. En sy vrou het daar naby gestaan en haar verwonder, waarop Ons haar die blye tyding van die geboorte van Isak gegee het, en ná Isak van Jakob.
11:72. Sy het gesê: Wat ’n aardigheid! Sal ’n vrou soos ek ’n kind baar terwyl ek reeds ver gevorder het in jare en my man ook reeds oud is?
11:73. Hulle het gesê: Verwonder u u oor Allah se gebod? Die barmhartigheid van Allah en Sy seëninge is met julle, o bewoners van hierdie huis! Voorwaar, Hy is Veelgeprese, Glorieryk.
11:74. En toe die vrees Abraham verlaat en die blye tyding tot hom deurgedring het, het hy begin om by Ons te pleit vir die volk van Lot.
11:75. Abraham was voorwaar ver draagsaam, sagmoedig, en het hom dikwels tot Allah gewend.
11:76. O Abraham! Los dit uit! Die gebod van u Heer het reeds uitgegaan en ’n onafwendbare straf sal oor hulle kom.
11:77. En toe Ons boodskappers na Lot gekom het, was hy besorg oor hulle en onbekwaam om hulle te beskerm, en hy het gesê: Dit is ’n ongelukkige dag.
11:78. En sy volk het na hom gekom asof hulle gedryf was, en hulle was voorheen gewoond aan die dade van die kwaaddoeners. Hy het gesê: O my volk! Hier is my dogters ~ hulle is vir julle nog reiner; waak daarom teen die straf van Allah, en onteer my nie om my gaste se onthalwe nie. Is daar geen weldenkende man onder julle nie?
11:79. Hulle het geantwoord: U weet wel dat ons geen reg op u dogters het nie, en u weet ook wat ons verlang.
11:80. Hy het gesê: Ag, het ek maar die mag gehad om teen julle weerstand te bied! ~ liewers sal ek tot ’n magtige steun my toevlug neem.
11:81. Hulle het gesê: O Lot! Ons is die boodskappers van u Heer. Hulle sal u geen kwaad kan aan doen nie. Vertrek met u mense op ’n uur van die nag, en laat niemand van julle terugkeer nie behalwe u vrou. Sekerlik, wat met hulle gaan gebeur sal haar ook oorkom. Voorwaar, die vasgestelde tyd is die oggend. Is die môre nie naby nie?
11:82. En toe Ons gebod bewaarheid is, het Ons hulle onderstebo gekeer en klippe op hulle laat neerreën, soos voorheen bepaal, die een na die ander,
11:83. gemerk vir straf deur u Heer. En dit is nie ver weg van die kwaaddoeners nie.

Afdeling 8: Die geskiedenis van Sjoe-eib

11:84. En na Mede het Ons hulle broer Sjoe-eib gestuur: O my volk! Aanbid Allah, want julle het geen ander God buiten Hom nie. En verkort nie die maat of verminder die massa nie. Ek merk julle voorspoed en ek vrees vir julle die straf van ’n alomvat tende dag.
11:85. En, o my volk! Gee die volle maat en ’n juiste massa met regverdigheid, en bedrieg die mense nie met wat hulle koop nie, en pleeg geen verderwende onheil op die aarde nie:
11:86. Wat by Allah berus, is vir julle beter, indien julle gelowiges is. En ek is geen bewaker oor julle nie.
11:87. Hulle het gesê: O Sjoe-eib, u gebied dat ons moet uitlos wat ons vaders aanbid het, of dat ons moet ophou om te maak met ons eiendom wat ons wil? U is gewis verdraagsaam, en u lei met waarheid.
11:88. Hy het gesê: O my volk! Sien julle dat ek ’n duidelike bewys van my Heer het en dat Hy my ’n goeie voorsiening geskenk het? En ek wil nie, in teenstelling met julle, myself veroorloof wat ek julle verbied nie. Ek wil alleen, sover ek kan, ’n verbetering aanbring. En by niemand anders as Allah het die rigting van my saak ’n regte uitloop nie. In Hom vertrou ek en tot Hom wend ek my.
11:89. En, o my volk! Laat vyandigheid teenoor my julle nie daraan skuldig maak nie, sodat dieself de nie oor julle kom as wat oor die volk van Noag of die volk van Hüd of die volk van Salieg gekom het nie; en die volk van Lot is nie ver van julle nie.
11:90. En soek vergifnis by julle Heer, en bekeer julle tot Hom. Voorwaar, my Heer is Genadig, Liefdevol.
11:91. Hulle het geantwoord: O Sjoe-eib! Ons begryp nie veel van wat u sê nie, en ons sien dat u swak teenoor ons is. Was dit nie vir u gesin nie, sou ons u seker gestenig het, want u is nie baas oor ons nie.
11:92. Hy het gesê: O my volk! Is my gesin vir julle waardiger as Allah? En julle verontagsaam Hom soos iets wat julle agter die rug werp! Voorwaar, my Heer omvat alles wat julle doen.
11:93. En, o my volk! Handel op júlle manier; ek handel op myne. Julle sal weldra te wete kom wie ’n vernederende straf sal oorkom en wie ’n leuenaar is. En pasop; ek wag waarlik saam met julle.
11:94. En toe Ons oordeel gekom het, het Ons Sjoe-eib, en die gelowiges saam met hom, deur Ons barmhartigheid gered. En ’n jammerlike geween het die onregverdiges ingehaal, sodat hulle liggame in hulle huise bewegingloos was,
11:95. asof hulle nooit daarin gewoon het nie. Weg dan met Mede, net soos Thamoed vergaan het!

Afdeling 9: Die onregverdiges en die regverdiges

11:96. Sekerlik het Ons Moses met Ons tekens en met gesag
11:97. na Farao en sy owerstes gestuur, maar hulle het die gebod van Farao gevolg; en die gebod van Farao was nie verstandig nie.
11:98. Hy sal op die Weeropstandings dag voor sy volk uitgaan en hulle na die Vuur lei. En boos is die plek waarnatoe hulle gebring sal word!
11:99. En daar word vir hulle in hierdie wêreld en op die Weeropstandingsdag ’n vloek opgelê. Boos is die gawe wat aan hulle gegee sal word!
11:100. Dit is ’n verslag van die stede waarvan Ons u vertel het. Sommige van hulle het bly staan en ander is platgevee.
11:101. En Ons het hulle geen onreg aangedoen nie, maar hulle het hulself onreg aangedoen. En hulle gode wat hulle buiten Allah aangeroep het, het hulle niks gebaat toe die gebod van u Heer werklikheid geword het nie; en hulle het slegs verderf vir hulleself daaraan toegevoeg.

11:102. En so is die greep van u Heer wanneer Hy die stede gryp terwyl hulle kwaad verrig. Voorwaar, Sy greep is smartlik, hard.
11:103. Hierin is gewis ’n teken vir diegene wat die straf van die Hiernamaals vrees. Dit is ’n Dag waarop die mensdom versamel sal word, en dit is ’n Dag waarvan die mens getuie sal wees.
11:104. En slegs vir ’n bepaalde tyd stel Ons dit uit.
11:105. Op die Dag wanneer dit kom, sal geen enkele siel sonder Sy toestemming kan spreek nie; dan sal sommige van hulle ongelukkig en ander gelukkig wees.
11:106. Diegene dan wat onge lukkig is, sal in die Vuur vertoef, waarin hulle sal sug en steun;
11:107. en hulle sal daarin woon solank as die hemele en die aarde bestaan, behalwe as dit u Heer anders behaag. Sekerlik, u Heer bring teweeg wat Hy wil.
11:108. Maar diegene wat gelukkig is, sal in die Hemel wees en ook daarin vertoef solank as die hemele en aarde bestaan, behalwe as dit u Heer anders mag behaag ~ ’n gawe wat nie afgesny sal word nie.
11:109. Wees dus nie in twyfel omtrent dít wat die mense aanbid nie; hulle aanbid slegs soos hulle vaders voorheen aanbid het. En Ons sal hulle ten volle en onverminderd gee wat hulle toekom.

Afdeling 10: Die gelowiges word ver troos

11:110. En waarlik het Ons Moses die Boek gegee, maar on enigheid het daaroor ontstaan. En was dit nie dat ’n woord van u Heer reeds uitgegaan het nie, sou die saak tussen hulle beslis gewees het; en waarlik, hulle is in ’n verontrustende twyfel daar oor.
11:111. En u Heer sal almal vir hulle dade ten volle uitbetaal. Hy is inderdaad heeltemal Bewus van wat hulle doen.
11:112. Gaan dan voort op die regte weg soos u beveel is; só moet ook diegene doen wat hulle saam met u tot Allah bekeer het. En handel nie buite die grense nie. Gewis, Hy sien wat julle doen.
11:113. En neig julle nie tot die kwaaddoeners nie, anders sal die Vuur julle ook aantas, en dan sal julle geen beskermers buiten Allah hê nie, en julle sal ook nie gehelp word nie.
11:114. Onderhou die gebed aan die twee uiterstes van die dag en gedurende die eerste ure van die aand. Waarlik, goeie dade verdryf die slegtes. Dit is ’n aanmaning vir diegene wat omgee.
11:115. En wees geduldig; voorwaar, Allah laat nie die loon van die weldoeners verlore gaan nie.
11:116. Waarom dan was daar nie onder die geslagte vóór julle verstandiges wat verderf op die aarde verbied het nie, behalwe ’n klein groepie wat deur Ons gered is? Maar die onregver diges het die genot van oorvloed gevolg, en was skuldig.
11:117. En u Heer sou die stede nie ten onregte vernietig het as hulle inwoners opreg was nie.
11:118. En as dit u Heer behaag het, sou Hy die mensdom tot een volk gemaak het. Maar hulle hou nie op om te verskil nie,
11:119. met uitsondering van hulle aan wie u Heer barmhar tigheid betoon het; en hiervoor het Hy hulle geskape. En die woord van u Heer is vervul: Voorwaar, Ek sal die Hel met djien en mense, almal tesame, vul.
11:120. En alles wat Ons aan u vertel van die dade van die boodskappers, is om u hart mee te versterk. Hierdeur het die waarheid en ’n vermaning en ’n les vir die gelowiges na u gekom.
11:121. En sê aan die ongelowiges: Handel na julle vermoë; ons handel ook.
11:122. En verwyl die tyd; ons wag ook.
11:123. En aan Allah behoort die geheimenisse van die hemele en die aarde, en tot Hom sal alles teruggebring word. Aanbid Hom daarom en vestig u vertroue op Hom. En u Heer is nie onbewus van julle dade nie.

Hoofstuk 12: Josef

Afdeling 1: Josef se visioen

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

12:1. Alief, Laam, Raa. {Allegoriese letters} Dít is die verse van die Boek waarin alles verduidelik word.
12:2. Voorwaar, Ons het dit geopenbaar ~ ’n Arabiese Qur’ãn ~ sodat julle kan verstaan.
12:3. Ons vertel aan u die groot verhaal, en deur hierdie Qur’ãn word dit aan u geopenbaar, ofskoon u voorheen een van die onkundiges was.
12:4. Toe Josef aan sy vader gesê het: O my vader, ek het elf sterre en die son en die maan gesien ~ ek het gesien hoe hulle voor my prostreer.
12:5. Toe het hy gesê: O my seun, vertel jou droom nie aan jou broers nie, anders sal hulle planne teen jou beraam. Die duiwel is inderdaad ’n openlike vyand van die mens.
12:6. En jou Heer sal jou uitverkies en aan jou die verklaring van spreuke leer en Sy guns aan jou en die familie van Jakob vervolmaak, soos Hy dit voor heen aan jou vaders, Abraham en Isak, bewys het. Voorwaar, u Heer is Alleswetend, Allerwys.

Afdeling 2: Sameswering teen Josef deur sy broers

12:7. Waarlik, daar is vir die soekers na die waarheid tekens in die geskiedenis van Josef en sy broers.
12:8. Toe hulle gesê het: Voorwaar, Josef en sy broer is vir ons vader dierbaarder as ons, ofskoon ons talryker is. Waarlik, ons vader is besig om te dwaal.
12:9. Maak Josef dood of verdryf hom na ’n ander land, sodat julle vader se guns uitsluitlik vir julle kan wees, en julle daarna ’n regverdige volk kan word.
12:10. Een van hulle het gesê: Moenie vir Josef doodmaak nie; maar as julle iets móét doen, werp hom dan in ’n diep put. Miskien sal ’n reisiger hom daar vind.
12:11. Hulle het gesê: O ons vader, waarom vertrou u ons nie met Josef nie, terwyl ons hom tog goedgesind is?
12:12. Stuur hom môre saam met ons sodat hy hom kan vermaak en speel; ons sal oor hom waak.
12:13. Hy het gesê: Die gedagte dat julle hom sal saamneem, stem my verdrietig, want ek vrees dat ’n wolf hom kan verslind terwyl julle nie na hom oplet nie.
12:14. Hulle het gesê: Dis tog ondenkbaar dat ’n wolf hom sal verslind terwyl ons so ’n talryke groep is.
12:15. Toe hulle hom weggeneem en ooreengekom het om hom op die bodem van ’n diep put neer te laat, het Ons aan hom geopenbaar: U sal hulle waarlik nog hiervan vertel, maar hulle weet dit nie.
12:16. En in die skemer het hulle wenend na hulle vader terug gekeer.
12:17. Hulle het gesê: O ons vader, ons het weggegaan en teen mekaar resies gejaag en Josef by ons besittings agtergelaat; en ’n wolf het hom daar verskeur. En miskien sal u ons nie glo nie, hoewel ons sekerlik die waarheid praat.
12:18. En hulle het gekom met vals bloed op sy hemp. Hy het gesê: Nee, julle siele het die saak veels te lig opgevat. En dit is Allah Wie se hulp teen julle beweringe gesoek moet word.
12:19. En daar het reisigers gekom, en hulle het hul waterputter gestuur en hy het sy emmer laat afsak. Toe het hy gesê: Watter goeie nuus! Hier is ’n jongkêrel. En hulle het hom as ’n stuk koopware weggesteek, en Allah was bewus van hulle dade.
12:20. En hulle het hom vir ’n geringe prys, ’n paar silwerstukke, verkoop, want vir hulle was hy onbelangrik.

Afdeling 3: Standvastigheid van Josef teen versoeking

12:21. En die Egiptenaar wat hom gekoop het, het aan sy vrou gesê: Maak sy verblyf eerlik. Miskien kan hy ons van nut wees, of kan ons hom dalk as seun aanneem. En so het Ons Josef in die land gevestig, sodat Ons hom in die uitleg van die spreuke kan onderrig. En Allah het volle beheer oor wat Hy beveel, maar die meeste mense weet dit nie.
12:22. En toe hy opgegroei het, het Ons aan hom wysheid en kennis geskenk. So beloon Ons hulle wie se werke welgevallig is.
12:23. En sy in wie se huis hy was, het probeer om hom teen sy sin te verlei en het die deure gesluit en gesê: Kom nou. Hy het geantwoord: Mag Allah dit verhoed! Waarlik, my Heer het my verblyf waardig gemaak. Voorwaar, die kwaaddoeners is nooit suksesvol nie.
12:24. En sy het hom waarlik begeer, en hy sou haar ook begeer het, was dit nie dat hy ’n duidelike waarskuwing van sy Heer ontvang het nie. En dit is aan hom gestuur sodat Ons hom van sonde en onbetaamlike dade kon behoed.
12:25. En hulle het albei na die deur gehardloop, en sy het ’n stuk uit die agterpant van sy hemp geskeur. En by die deur het hulle haar eggenoot ontmoet. Sy het gesê: Wat is die straf vir iemand wat slegte bedoelinge met ’n vrou het, anders as gevangenis straf of ’n pynlike kastyding?
12:26. Josef het geantwoord: Dit is sý wat my teen my sin wou verlei. En ’n familielid van haar het getuig: As sy hemp van voor geskeur is, praat sý die waarheid en is hy ’n leuenaar.
12:27. En as sy hemp van agter geskeur is, vertel sý ’n leuen en is hý een van die opregtes.
12:28. Toe hy merk dat sy hemp van agter geskeur is het hy gesê: Is dit ’n vroulike metode? Voorwaar, julle vroue is listig.
12:29. O Josef, wend u hiervan af. En, my vrou, vra vergifnis vir u sonde. U het waarlik gesondig.

Afdeling 4: Josef word in die tronk gegooi

12:30. En die vroue in die stad het gesê: Die vrou van die owerste het probeer om haar slaaf teen sy sin te verlei. Hy het voorwaar ’n diep indruk met sy liefde op haar gemaak. Ons merk dat sy openlik dwaal.
12:31. En toe sy van hul planne hoor, het sy hulle uitgenooi en ’n maaltyd vir hul voorberei en aan elkeen van hulle ’n mes gegee, en vir Josef gesê: Kom uit na hulle. En toe hulle hom sien, het hulle baie van hom gedink en hulle hande uit bewondering raak gesny, en gesê: Heilige Allah! Dit is geen sterfling nie! Dit is ’n edele engel.
12:32. Sy het gesê: Dit is hý oor wie julle my beskuldig het. En ek het probeer om hom teen sy sin te verlei, maar hy was standvastig in sy kuisheid. En as hy nie doen wat ek hom beveel nie, sal ek hom waarlik in die tronk gooi, en hy sal sekerlik verneder word.
12:33. Hy het gesê: My Heer! Die gevangenis is vir my aangenamer as dít waartoe hulle my uitnooi. Tensy U hulle lis van my afwend, sal ek my tot hulle neig en ook een van die stomsinniges word.
12:34. Daarop het sy Heer sy gebed verhoor en hulle lis van hom afgewend. Voorwaar, Hy is die Alleshorende, die Alleswetende.
12:35. Toe kom dit hulle voor, nadat hulle die tekens van sy onskuld opgemerk het, dat hulle hom vir ’n tyd in die tronk moes gooi.

Afdeling 5: Josef se prediking in die gevangenis

12:36. En twee jong manne het saam met Josef die gevangenis binnegegaan. Een van hulle het gesê: Ek het my sien wyn pers. En die ander het gesê: Ek het my brood op my hoof sien dra, waarvan die voëls geëet het. Gee ons die uitleg daarvan. Waarlik, ons sien dat u ’n weldoener is.
12:37. Hy het geantwoord: Die voedsel waarmee julle gevoed word, sal julle nie bereik voordat ek julle nie die uitleg daarvan gegee het nie. Dít is waarin my Heer my onderrig het. Waarlik, ek het afskeid geneem van die gods diens van ’n volk wat nie in Allah glo nie en wat die ontstryders van die Hiernamaals is.
12:38. En ek volg die godsdiens van my vaders, Abraham, Isak en Jakob. Dit betaam ons nie om ander met Allah te vereenselwig nie. Dit is deur Allah se goedertierenheid oor ons en oor die mensdom, maar die meeste mense is nie dankbaar nie.
12:39. O my twee medegevangenes! Is dit beter om verskeie here te dien, of is die diens van Allah, die Een, die Opperste, verkieslik?
12:40. Julle aanbid behalwe Allah niks anders as nodelose name nie, julle sowel as julle vaders ~ Allah het daartoe geen magtiging verleen nie. Die beslissing berus by Allah alleen. Hy het beveel dat julle niemand buiten Hom sal aanbid nie. Dít is die ware godsdiens, maar die meeste mense besef dit nie.
12:41. O my twee medegevangenes! Wat die een betref: hy sal vir sy heer wyn skink om te drink; en wat die ander betref: hy sal gekruisig word, sodat die voëls van sy hoof sal eet. Die saak waarna julle verneem, is klaar beslis.
12:42. En hy het aan hom, van wie hy geweet het dat hy losgelaat sou word, gesê: Onthou my by u heer. Maar die duiwel het veroorsaak dat hy moes vergeet om dit aan sy heer te vertel, daarom het Josef nog etlike jare lank in die gevangenis vertoef.

Afdeling 6: Die koning se droom deur Josef vertolk

12:43. En die koning het gesê: Ek het sewe vet koeie gesien wat deur sewe maer koeie opgeëet word; en sewe groen koringare en sewe verwelkte are. O julle owerstes! Lê die betekenis van my droom uit, en verklaar dit as julle kan.
12:44. Hulle het geantwoord: ’n Mengelmoes drome. En ons is nie kundig in die verklaring van drome nie.
12:45. En die een van die twee wat bevry is, het Josef na ’n lang tyd onthou en gesê: Ek sal julle die verklaring daarvan laat weet; stuur my daarom.
12:46. Josef, o waaragtige, gee ons ’n verklaring vir die sewe vet koeie wat deur sewe maeres verslind word, en van die sewe groen koringare en die verwelkte are, sodat ek tot die volk kan terugkeer en sodat hulle kan weet.
12:47. Hy het geantwoord: Julle sal sewe jaar lank saai soos gewoonlik, en wat julle dan maai, moet julle in die aar laat bly, behalwe dié wat julle nodig het om te eet.
12:48. Daarna sal daar sewe moeilike jare kom, wat alles wat julle voorheen geoes het, sal verteer, met uitsondering van die klompie wat julle sal bewaar.
12:49. En daarna sal daar ’n jaar kom waarin die mense reën sal ontvang en waarin hulle druiwe en olie sal pars.

Afdeling 7: Josef vrygespreek

12:50. En die koning het gesê: Bring hom voor my. Maar toe die boodskapper by hom kom, het hy gesê: Gaan terug na jou heer en vra hom hoe dit gesteld is met die vroue wat hul hande raak gesny het. Voorwaar, my Heer ken hul sluwe planne.
12:51. Die koning het geantwoord: Wat was gaande met julle toe julle probeer het om Josef te verlei? Hulle het gesê: Heilige Allah! Ons het van geen kwaad omtrent hom geweet nie. En die owerste se vrou het gesê: Nou het die waarheid aan die lig gekom. Ek het probeer om hom teen sy sin te verlei, maar hy hoort voorwaar by die opregtiges.
12:52. Ek sê dit sodat hy kan weet dat ek in sy afwesigheid nie ontrou aan hom was nie, en omdat Allah die planne van die ontroues altyd verydel.
12:53. En ek ag my nie vry van sonde nie, want die menslike ek spoor aan tot die kwaad, behalwe by diegene aan wie my Heer barmhartigheid bewys. Voorwaar, my Heer is Vergewensgesind, Genadevol.
12:54. En die koning het geantwoord: Bring hom na my; ek wil hom vir myself hou. Daarom, toe hy met hom gepraat het, het hy gesê: Waarlik, u is vandag ’n man van aansien, en u geniet vertroue in ons aanwesigheid.
12:55. Hy het geantwoord: Stel my aan oor die skatte van die land, want ek is ’n kundige bewaarder.
12:56. En so het Ons Josef volmag in die land gegee ~ hy het heerskappy daaroor gevoer, net waar hy verkies het. Ons skenk Ons barmhartigheid aan wie Ons wil, en Ons laat die loon van die weldoeners nie verlore gaan nie.
12:57. En die loon van die Hiernamaals is waarlik aangenamer vir hulle wat glo en teen die kwaad waak.

Afdeling 8: Josef help sy broers

12:58. En Josef se broers het gekom en by hom binnegegaan; en hy het hulle herken, maar hulle het hom nie herken nie.
12:59. En toe hy hulle van lewens middele voorsien het, het hy gesê: Bring my julle broer van vaderskant. Sien julle dan nie dat ek volle maat gee en dat ek ’n goeie gasheer is nie?
12:60. Maar as julle hom nie na my bring nie, sal daar van my geen maat koring vir julle wees nie, ook sal julle nie naby my mag kom nie.
12:61. Hulle het geantwoord: Ons sal probeer om sy vader oor te haal om hom te laat gaan; moontlik slaag ons daarin.
12:62. En hy het aan sy dienaars gesê: Plaas hulle geld terug in hulle sakke, dat hulle dit mag herken wanneer hul na hulle familie terugkeer, en sodat hulle sal terugkom.
12:63. En toe hulle na hul vader teruggekeer het, het hulle gesê: O ons vader, die maat word van ons teruggehou; stuur daarom ons broer saam met ons sodat ons ’n volle maat kan ontvang; en ons sal goed na hom kyk.
12:64. Hy het geantwoord: Sal ek hom aan julle toevertrou, soos ek sy broer voorheen aan julle toever trou het? Maar Allah is die groot Beskermer, en Hy is die Genadigste van die wie genade betoon.
12:65. En toe hulle hul sakke oopmaak, het hulle gevind dat hul geld aan hulle teruggegee was. Hulle het gesê: O ons vader, wat meer kan ons verlang? Hier is ons geld aan ons teruggegee, en ons sal koring vir ons familie bring en ons sal ons broer oppas, en boonop ’n kameelvrag vol ont vang. Dit is ’n maklike maat.
12:66. Hy het geantwoord: Ek sal hom nie aan julle toevertrou voordat julle in die naam van Allah belowe om hom weer na my terug te bring, tensy julle oorval word nie. En nadat hulle die belofte afgelê het, het hy gesê: Allah is die Bewaker van wat ons sê.
12:67. En hy het gesê: O my seuns! Gaan nie deur een poort binne nie, maar deur verskillende poorte. En ek kan julle in niks teen Allah help nie. Die beslissing berus alleen by Hom. In Hom stel ek my vertroue, en laat almal wat wil vertrou, hul vertroue alleen in Hom stel.
12:68. En toe hulle binnegaan soos hulle vader aanbeveel het, het dit vir hulle teen Allah niks gebaat nie; dit was slegs ’n siels verlange van Jakob wat hy wou bevredig. En waarlik, hy het kennis gehad, want Ons het hom dié kennis gegee; maar die meeste mense weet dit nie.

Afdeling 9: Die jongste broer

12:69. En toe hulle by Josef binnegegaan het, het hy sy broer by hom gehuisves, en gesê: Ek is u broer; treur daarom nie oor wat hulle doen nie.
12:70. En toe hy hulle van lewensmiddele voorsien het, het iemand die drinkbeker in sy broer se sak gesit. Toe het ’n omroeper uitgeroep: O karavaan! Julle is waarlik diewe!
12:71. Hulle het gesê terwyl hulle na hul gedraai het: Wat vermis julle?
12:72. Hulle het geantwoord: Ons vermis die koning se drinkbeker; en wie dit terugbring, sal ’n kameelvrag koring ontvang; en ek staan borg daarvoor.
12:73. Josef se broers het geantwoord: By Allah, julle weet goed ons het nie met kwade bedoelings hierheen gekom nie, en ons is geen diewe nie.
12:74. Die Egiptenare het gesê: Maar wat sal die straf wees indien julle leuenaars is?
12:75. Hulle het geantwoord: Die straf daarvoor sal wees: Hy, in wie se sak dit gevind word, sal self die boete daarvoor wees. Só straf ons die misdadigers.
12:76. Daarna het hy met húlle sakke begin voordat hy die sak van die broer deursoek het; en hy het dit toe uit die broer se sak gehaal. So het Ons dit vir Josef beplan. Hy kon, volgens die wet van die koning, nie sy broer hou nie, tensy dit Allah behaag het. Ons verhef wie Ons wil. En bo elke besitter van kennis staan die Alleswetende.
12:77. Hulle het gesê: As hy ’n dief is, dan het ’n broer van hom voorheen ook gesteel. Maar Josef het dit in sy hart geheim gehou, en het dit nie aan hulle vertel nie. Hy het gesê: Julle verkeer in ’n slegte toestand. Allah weet of dit die waarheid is wat julle beweer.
12:78. Hulle het gesê: O owerste! Hy het ’n vader, ’n baie ou man; neem daarom een van ons in sy plek. Waarlik, ons sien dat u een van die weldoeners is.
12:79. Hy het geantwoord: Allah verhoed dat ons iemand anders as hom by wie ons eiendom gevind is in hegtenis sal neem, want dan sou ons waarlik onregverdig wees.

Afdeling 10: Josef stel homself bekend

12:80. En toe hulle wanhopig oor hom geword het, het hulle apart met mekaar beraadslaag. Die oudste van hulle het gesê: Weet julle nie dat julle vader ’n plegtige belofte in die naam van Allah van julle geneem het nie, en hoe julle voorheen in julle plig teenoor Josef gefaal het nie? So sal ek nie hierdie land verlaat nie, tensy my vader my dit toelaat, of Allah die saak vir my beslis; en Hy is die Beste Regter.
12:81. Keer julle dan tot jul vader terug en sê: O ons vader! U seun het diefstal gepleeg. En ons getuig alleen waarvan ons weet, en ons kon waarlik nie teen die onvoorsiene waak nie.
12:82. En vra die volk van die stad waar ons vertoef het, en die karavaan waarmee ons saam getrek het. Waarlik, ons praat die waarheid.
12:83. Hy het gesê: Nee, julle siele het iets groots vir julle gering laat lyk. Daarom is geduld paslik. Dit is moontlik dat Allah hulle weer aan my sal skenk. Waarlik, Hy is die Alleswetende, die Allerwyse.
12:84. En hy het van hulle af weggedraai en gesê: Groot is my verdriet oor Josef! En sy oë was vol trane weens sy smart, maar hy het homself in bedwang gehou.
12:85. Hulle het gesê: By Allah! Sal u dan nie ophou om aan Josef te dink voordat u wegkwyn of van smart omkom nie?
12:86. Hy het geantwoord: Ek bekla my smart en verdriet alleen by Allah, en ek weet deur die genade van Allah wat julle nie weet nie.
12:87. O my seuns! Gaan heen en verneem omtrent Josef en sy broer, en wanhoop nie aan die genade van Allah nie, want niemand wanhoop aan Allah se barmhartigheid nie, behalwe die ongelowiges.
12:88. En toe hulle voor hom kom, het hulle gesê: O owerste! Armoede het oor ons en ons familie gekom, en ons het uit ons armoede ’n skamele bedraggie afgeknyp; gee ons daarvoor die volle maat en wees liefdadig. Voorwaar, Allah beloon die liefdadiges.
12:89. Hy het gesê: Besef julle wat julle Josef en sy broer aangedoen het toe julle onkundig was?
12:90. Hulle het geantwoord: Is ú dan Josef? Hy het gesê: Ek is Josef, en dit is my broer. Allah was ons waarlik genadig. Voorwaar, wie Allah vrees en geduldig is ~ Allah laat nie die loon van die weldoeners ooit verlore gaan nie.
12:91. Hulle het geantwoord: By Allah! Allah het u waarlik bo ons verkies, en ons was gewis sondaars!
12:92. Hy het gesê: Vandag is daar geen verwyt teen julle meer nie. Mag Allah julle vergewe; Hy is die Genadigste van die wie genade betoon.
12:93. Vat hierdie hemp van my en lê dit voor die aangesig van my vader; hy sal dit begryp. En kom na my met jul hele familie.

Afdeling 11: Israel gaan na Egipte

12:94. En toe die karavaan uit Egipte vertrek het, het hul vader gesê: Ek voel die mag van Josef aan, selfs al sou julle my hieroor as ’n swaksinnige beskou.
12:95. Hulle het geantwoord: By Allah! U dwaal weer soos van ouds.
12:96. En toe ’n bode met die blye tyding gekom het, het hy die hemp voor Jakob neergelê sodat Hy versekering kon hê. Hy het gesê: Het ek julle nie gesê dat ek deur die genade van Allah weet wat julle nie weet nie?
12:97. Hulle het geantwoord: O ons vader! Vra vir ons tog vergifnis vir ons sondes; ons was voorwaar sondaars.
12:98. Hy het gesê: Ek sal by my Heer om vergifnis vir julle vra. Waarlik, Hy is die Vergewensgesinde, die Genadevolle.
12:99. En toe hulle by Josef aangekom het, het hy sy ouers by homself gehuisves en gesê: Kom Egipte in veiligheid binne soos dit Allah behaag.
12:100. En hy het sy ouers op sy troon laat sit, en hulle het hul voor hom neergewerp. En hy het gesê: O my vader, dít is die vervulling van my vroeëre droom. My Heer het dit verwesenlik. En Hy was baie goed vir my toe Hy my uit die gevangenis verlos het, en u almal uit die woestyn uitgelei het, nadat die duiwel onmin tussen my en my broers gesaai het. Waarlik, my Heer is Goed vir wie Hy wil. Waarlik, Hy is die Alleswetende, die Allerwyse.
12:101. My Heer! U het my ’n deel van die koninkryk geskenk en in die uitleg van drome onderrig. Skepper van die hemele en aarde, U is my Vriend in hierdie wêreld en in die Hiernamaals. Laat my in onderdanigheid sterf, en verenig my met die opregtes.
12:102. Dít is die tydinge aan gaande die Onsigbare wat Ons aan u openbaar, en u was nie by toe hulle oor hul saak besluit en planne beraam het nie.
12:103. En die meeste mense glo nie, ofskoon u dit ernstig ver lang.
12:104. En u vra hulle geen beloning daarvoor nie. Dit is slegs ’n vermaning vir die mensdom.

Afdeling 12: ’n Les vir die Profeet se Teëstanders

12:105. En hoeveel tekens is daar nie in die hemele en op die aarde wat hulle verbygaan nie! Tog draai hulle weg daarvan.
12:106. En die meeste van hulle glo nie in Allah sonder om afgode naas Hom te stel nie.
12:107. Voel hulle dan veilig teen die koms van ’n oorweldigende straf van Allah oor hulle, of teen die onverwagte koms van die Uur, wanneer hulle dit nie verwag nie?
12:108. Sê: Dít is my weg: ek roep Allah aan met sekerheid ~ ek en hulle wat my volg. Heilig is Allah! En ek is nie een van die heidene nie.
12:109. En Ons het vóór u ook niemand anders as mense gestuur na die stede aan wie Ons Ons openbaringe wou bring nie. Het hulle dan nie op die aarde gereis en gesien wat die einde was van diegene wat hulle voorafgegaan het nie? En die woning van die Hiernamaals is bestem vir húlle wat bewus is van Allah. Verstaan julle dan nie?
12:110. En nie voordat die boodskappers gewanhoop en die mense gedink het dat daar aan hulle leuens vertel is, het Ons aan hulle hulp gestuur nie, en dan het Ons gered wie Ons wou. En Ons straf kan van ’n skuldige volk nie afgewend word nie.
12:111. In hulle geskiedenis is daar waarlik ’n les vir mense met begrip. Dit is nie ’n verhaal wat vesin kan word nie, maar ’n vervulling van wat voorafgegaan het, en ’n helder verduideliking van alle dinge, en leiding en barmhartigheid vir ’n volk wat glo.

Hoofstuk 13: Die Donderstorm

Afdeling 1: Die waarheid van die Openbaring

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

13:1. Alief, Laam, Miem, Raa. {Allegoriese tekens} Hier is die verse van die Boek. En dít wat u Heer aan u geopenbaar het, is die waarheid; maar die meeste mense glo dit nie.
13:2. Dit is Allah wat die hemele sonder pilare laat verrys het sodat julle kan sien; en Hy is op die Troon van Mag gevestig. En Hy het die son en die maan vir julle in diens gestel; elkeen volg sy baan vir ’n vasgestelde tyd. Hy beheer alles en verduidelik die tekens sodat julle van ’n ontmoeting met jul Heer verseker kan wees.
13:3. Dit is Hy wat die aarde oopsprei, wat magtige berge en riviere daaraan geskenk het. En van die vrugte daarvan het Hy pare gemaak, twee van elke soort. En Hy laat die nag die dag bedek. Waarlik, hierin is tekens vir ’n volk wat nadink.
13:4. En op die aarde is daar streke wat aan mekaar grens, en tuine met wingerdstokke, en koring en dadelpalms, wat op een of baie wortels stoel ~ hulle word almal met dieselfde water besproei; en ons laat sommige vrugte daarvan uitmunt bo ander. Waarlik, ook daarin is ’n teken vir mense wat begryp.
13:5. En as u u verwonder, verwonder u dan aan wat hulle sê: En wanneer ons stof is, sal ons weer in ’n nuwe skepping lewe? Dit is húlle wat nie in hul Heer glo nie, daarom sal hulle kettings om die nekke dra, en hulle sal die bewoners van die Vuur wees; daarin sal hul bly.
13:6. En hulle vra dat u eerder tot die kwaad as tot die goeie moet aanspoor ~ as ’n voorbeeld is sulkes reeds voorheen gestraf. En voorwaar, u Heer is vol vegifnis vir die mensdom, ondanks hulle onregverdigheid. En waarlik, u Heer is Streng in die toekenning van straf.
13:7. En die ongelowiges sê: Waarom is daar nie ’n teken van sy Heer aan hom gestuur nie? Waarlik, u is ’n waarskuwer en ’n leidsman vir elke volk.

Afdeling 2: Die ondergang en opkoms van nasies

13:8. Allah weet wat elke vrou baar en wat die baarmoeders nie voldra nie, en ook wat in hulle groei. En alles het by Hom ’n afmetingsmaat.
13:9. Hy is die Kenner van die Onsigbare sowel as die Sigbare, die Allergrootste, die Verhewene.
13:10. En by Hom maak dit nie saak of julle die woord verberg of dit openlik uitspreek nie, en of iemand hom snags skuilhou of bedags voortgaan.
13:11. Vir hom is daar engele wat voor en agter hom waak oor die gevolge van sy dade; hulle waak oor hom deur die gebod van Allah. Voorwaar, Allah ver ander nie die toestand van ’n volk voordat hulle hul eie toe stand verander nie. En wanneer Allah voornemens is om ’n volk te straf, kan niks dit wegkeer nie, nóg het hulle ’n helper buiten Hom.
13:12. Dit is Hy wat aan julle die blitse toon en daardeur vrees en hoop veroorsaak, en dit is Hy wat die groot wolke laat ontstaan.
13:13. En die donder besing Sy lof, en die engele ook, uit vrees vir Hom. En Hy stuur die donder slae en tref daarmee wie Hy wil; nog steeds argumenteer hulle oor Allah, en Hy is Magtig, Dapper.
13:14. En aan Hom kom die opregte gebede toe. En diegene wat hulle buiten Hom aanbid, verhoor hulle nie; hulle is soos iemand wat sy hande na water uitsteek wat sy mond nooit bereik nie. En die gebede van die ongelowiges is verspil.
13:15. En alles wat in die hemele of op die aarde is, onderwerp hulle alleen aan Allah, hetsy gewillig of onwillig, en so ook hulle skaduwees, soggens sowel as saans:
13:16. Sê: Wie is die Heer van die hemele en die aarde? Sê: Allah. Sê: Neem julle dan buiten Hom bewakers wat vir julself geen voordeel of nadeel bewerk nie? Sê: Kan die blinde en die siende gelyk wees? Of kan die duister nis gelyk wees aan die lig? Of het hulle afgode naas Allah gestel wat ’n skepping gelyk soortig aan Syne geskape het, sodat wat hulle geskape het, hulle verwar het? Sê: Allah is die Skepper van alle dinge, en Hy is die Een, die Verhewene.
13:17. Hy stuur water uit die wolke neer, sodat waterlope ooreenkomstig hul afmetings vloei en die vloed swellende skuim dra. En ook dít wat hulle in die vuur smelt om ornamente en oorlogstuig van te maak, bring ’n soortgelyke skuim voort. So vergelyk Allah die waarheid met die valsheid. Wat die skuim betref, dit gaan verby as waardeloos; en wat dít betref wat die mense tot nut strek, dit bly op die aarde agter. So verduidelik Allah Sy gelykenisse.
13:18. Die goeie kom hulle toe wat aan hul Heer gehoor gee. Maar hulle wat nie na hul Heer luister nie, sal sekerlik ál hul besittings as ’n losprys wil aanbied, al besit hulle ook alles wat op aarde is, en nóg meer. Dit is húlle wat ’n afgryslike afrekening sal ontvang, en hulle tuiste is die Hel. En dit is ’n bose rusplek.

Afdeling 3: Die goeie en die kwade bring hul eie beloning

13:19. Kom daar iemand wat weet, dat wat u Heer aan u openbaar die waarheid is, ewe veel toe as aan die blinde? Slegs mense met verstand sal omgee ~
13:20. Hulle wat die verbond van Allah nakom en die ooreenkomste nie verbreek nie,
13:21. hulle wat verbind wat Allah beveel het om verbind te wees, en hul Heer vrees en so ook die afrekening vrees,
13:22. en hulle wat standvastig is, en die guns van hul Heer soek, en die gebed onderhou, en van dít waarmee Ons hulle voorsien het heimlik en openlik skenk, en die kwaad met goed vergeld; vir hulle is die salige einde in ’n Tuiste ~
13:23. Tuine van Ewigheid, wat hulle sal binnegaan saam met diegene wat goeie dade verrig het: hulle vaders en hulle eggenote en hulle nageslagte; en engele sal van elke poort na hulle gaan.
13:24. Vrede vir julle, omdat julle geduldig was! ~ Kyk hoe wonderlik is die uiteindelike Tuiste!
13:25. En hulle wat die verbond van Allah verbreek nadat dit bevestig was, en afsny wat Allah beveel het om verenig te wees, en wanorde op die aarde stig, die vloek sal hulle tref, en vir hulle is daar ’n ongelukkige blyplek.
13:26. Allah vergroot en verminder die voorsiening vir wie Hy wil. En hulle verheug hul oor hierdie lewe, terwyl dit maar ’n kortstondige vermaak is vergeleke met die Hiernamaals.

Afdeling 4: Die Qur’ãn sal ’n omwenteling teweegbring

13:27. En die ongelowiges sê: Waarom is geen teken van sy Heer aan hom gestuur nie? Sê: Allah laat dwaal wie Hy wil en lei tot Homself diegene wat hulle bekeer ~
13:28. Hulle wat glo en wie se harte rus vind in die oordenkinge van Allah. Kyk dan! in die oorden kings van Allah vind die harte rus.
13:29. Hulle wat glo en goeie dade doen ~ vir hulle is daar ’n goeie uiteindelike toestand en ’n won derlike plek om na terug te keer.
13:30. En Ons het u na ’n volk gestuur waaraan talle nasies reeds voorafgegaan het, sodat u aan hulle kan voorhou wat Ons openbaar; en tog verwerp hulle die barmhartiges. Sê: Hy is my Heer; daar is geen God buiten Hom nie; in Hom stel ek my vertroue en tot Hom is my terugkeer.
13:31. En al was daar ’n Qur’ãn waarmee die berge verwyder of die aarde gekloof kon word, dan sou die saak nog by Allah alleen berus. Weet die ongelowiges dan nie dat as Allah dit wil, Hy die hele mensdom sal lei nie? En wat die ongelowiges betref, weens hul dade sal die ramp nie ophou om hulle te teister nie, en dit sal ná aan hulle drumpels wees totdat Allah se belofte vervul is. Voorwaar, Allah maak geen belofte wat Hy nie nakom nie.

Afdeling 5: Die Teëstanders sal faal

13:32. En voorwaar, boodskappers vóór u is ook bespot, maar Ek het aan die ongelowiges uitstel verleen, en daarna het Ek hulle oorwel dig. Hoe vreeslik was My straf toe nie!
13:33. Wie anders as Hy is dit wat aan elke siel toeken wat dit verdien het? En tog skryf hulle deel genote aan Allah toe. Sê: Gee hulle name! Kan julle Hom iets vertel waarvan Hy nie weet nie? Of is julle gesprekke so sinloos dat dit aan Hom verduidelik moet word? Nee, maar die plan ne van die ongelowiges is vir hulle aanloklik gemaak, en van die ware weg word hulle terug gehou. En hy vir wie Allah laat dwaal, sal geen helper vind nie.
13:34. Daar is vir hulle ’n straf in hierdie lewe; maar die straf van die Hiernamaals is gewis swaarder. En hulle het geen verdediger teen Allah nie.
13:35. Die Hemel, wat belowe word aan hulle wat bewus is van Allah, kan vergelyk word met ’n oord waardeur riviere vloei. Dit hou nooit op om vrugte voort te bring nie, en die oorvloed daarvan duur vir ewig; en die einde van die ongelowiges is die Vuur.
13:36. En hulle aan wie Ons die Boek {Die Qur’ãn} geskenk het, verheug hul in Ons openbaringe, maar sommige van hul bondgenote ontken ’n deel daarvan. Sê: Ek is beveel om Allah alleen te dien en niks met Hom te vereenselwig nie. Ek roep julle na Hom, en tot Hom is my terugkeer.
13:37. En so het Ons dit geopenbaar, ’n ware oordeel, in Arabies. En as u, nadat u kennis ontvang het, hulle bose wense volg, sal u teen Allah geen bewaker of verde diger vind nie.

Afdeling 6: Gelykmatige vordering van die waarheid

13:38. En Ons het inderdaad boodskappers vóór u gestuur en aan hulle vroue en kinders gegee. En dit is vir ’n boodskapper nie moontlik om ’n teken te bring nie, behalwe met die toestemming van Allah. Vir elke tydperk is daar ’n aanstelling.
13:39. Allah wis uit wat Hy wil en bevestig wat Hy wil, en by Hom is die oorsprong van die Boek.
13:40. Of Ons u ’n deel laat sien wat Ons hulle belowe, of veroorsaak dat u moet sterf ~ u lewer alleen die boodskap af, en Ons vergeld.
13:41. Sien hulle nie dat Ons die land besoek en die grense nouer maak nie? Allah besluit en niemand kan Sy besluit omverwerp nie. En Hy is vlugtig met die vergelding.
13:42. En diegene vóór hulle het inderdaad komplotte gesmee, maar die goedkeuring van die komplotte berus by Allah. En die ongelowiges sal te wete kom vir wie die einde ’n goeie tuiste bied.
13:43. En die ongelowiges sê: U is geen boodskapper nie. Sê: Allah is ’n voldoende getuie tussen my en julle; en wie ook al kennis het van die Boek, staan in vir die waarheid daarvan.

Hoofstuk 14: Abraham

Afdeling 1: Die Openbaring verdr yf die duisternis

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

14:1. Alief, Laam, Raa. {Allegoriese letters} ’n Boek wat Ons aan u geopenbaar het, sodat u die mense deur die gebooie van hul Heer uit die duisternis na die lig kan bring, op die pad van die Almagtige, die Lofwaardige,
14:2. van Allah, aan Wie alles behoort wat in die hemele en op die aarde is. Maar wee die ongelowiges, op wie ’n swaar straf wag!
14:3. Hulle wat die teenswoordige lewe bo die Hiernamaals verkies en afdraai van die weg van Allah, en begeer om dit krom voor te stel. Hulle het ver afgedwaal.
14:4. Ons stuur elkeen van Ons boodskappers in die taal van sy volk, sodat hy vir hulle ’n duide like vertolking kan gee. Dan laat Allah in dwaling bly wie Hy wil, en Hy lei wie Hy wil. En Hy is die Almagtige, die Aller wyse.
14:5. En waarlik, Ons het Moses met Ons tekens gestuur, en gesê: Bring u volk uit die duisternis na die lig, en herinner hulle aan die dade van Allah. Daarin is waarlik tekens vir elkeen wat geduldig en dankbaar is.
14:6. En toe Moses aan sy volk gesê het: Dink aan die guns van Allah, hoe Hy julle gered het van Farao se volk, wat julle met ’n smartlike foltering gekwel het, julle seuns doodgemaak het en julle vroue gespaar het; daarin was ’n swaar beproewing van jul Heer.

Afdeling 2: Die waarheid word eers verwerp

14:7. En toe julle Heer verklaar het: As julle dankbaar is, sal Ek julle meer gee, maar as julle ondank baar is, is My straf inderdaad streng.
14:8. En Moses het gesê: Al is julle ondankbaar ~ julle en almal wat op die aarde is ~ dan is Allah voorwaar nóg Selfgenoegsaam, Lofwaardig.
14:9. Het julle nie gehoor van hulle wat vóór julle was nie, van die volk van Noag en Aad en Thamoed ~ en diegene ná hulle? Niemand behalwe Allah ken hulle nie. Boodskappers het met duidelike bewyse na hulle gegaan, maar hulle het hul hande in hul monde gestop en gesê: Ons glo nie in dít waar mee u gestuur is nie, en ons twyfel aan dít waartoe u ons aanspoor.
14:10. Hulle boodskappers het geant woord: Bestaan daar twyfel oor Allah, die Skepper van die hemele en die aarde? Hy roep julle sodat Hy julle sonde kan vergewe en aan julle uitstel kan verleen vir ’n vasgestelde tyd. Hulle het gesê: Julle is slegs sterflinge soos ons; julle wil ons verwyderd maak van wat ons vaders aanbid het. Bring vir ons daarom ’n duidelike bewys.
14:11. Hulle boodskappers het aan hulle gesê: Ons is inderdaad sterflinge soos julle, maar Allah bewys gunste aan wie Hy wil van Sy dienaars. En dit kom ons nie toe om aan julle gesaghebbende tekens te toon nie, behal we as Allah dit beveel. En op Allah moet die gelowiges vertrou.
14:12. En waarom sou ons nie op Allah vertrou wanneer Hy ons waarlik na die regte weg gelei het nie? En waarlik, ons sal sekerlik al die kwaad wat julle ons aandoen, met geduld dra. En laat diegene wat wil vertrou, hulle vertroue in Allah stel.

Afdeling 3: Teenstand word uiteindelik vernietig

14:13. En die ongelowiges het aan die boodskappers gesê: Ons sal julle waarlik uit die land verdryf, tensy julle na ons godsdiens terug keer. Toe het hulle Heer aan hul geopenbaar: Voorwaar, Ons sal die kwaad doeners vernietig,
14:14. en Ons sal julle ná hulle in die land vestig. Dít is bestem vir hom wat vrees as hy in My teenwoordigheid staan, en wat My dreigemente vrees.
14:15. En hulle het om ’n oordeel gevra, en elke hoogmoedige teenstander was teleurgestel.
14:16. Die Hel is voor hom, en kokende water word hom gegee om te drink;
14:17. Hy drink dit bietjie vir bietjie, en sal dit skaars kan sluk; en die dood sal van alle kante na hom toe aankom, en tog sal hy nie sterf nie. En voor hom is ’n verskriklike straf.
14:18. Die werke van die ongelowiges is soos as, waaroor die wind op ’n stormagtige dag waai. Hulle sal hul verdienste nie kan vasstel nie. Dit is ’n groot dwaling.
14:19. Sien u dan nie dat Allah die hemele en die aarde in waarheid geskape het nie? As dit Sy wil is, sal Hy julle wegneem en ’n nuwe skepping voortbring.
14:20. En vir Allah is dit nie moeilik nie.
14:21. Hulle sal almal voor Allah verskyn, dan sal die swakke aan die hoogmoedige sê: Ons was waarlik julle volgelinge; kan julle nie ’n deel van Allah se straf van ons afweer nie? Hulle sal sê: As Allah óns gelei het, sou ons sekerlik vir júlle gelei het. Dit maak nie saak of ons huil of geduldig is nie, want daar is vir ons geen toevlug nie.

Afdeling 4: Die waarheid word bevestig

14:22. En wanneer die saak beslis is, sal die duiwel sê: Waarlik Allah het Sy belofte aan julle gestand gedoen, maar ek het belowe en julle toe in die steek gelaat. En ek het geen gesag oor julle nie, behalwe dat ek julle geroep en julle my gehoorsaam het. Verwyt my daarom nie, maar beskuldig julself. Ek kan julle nie bystaan nie, nóg kan julle mý bystaan. Ek ontken dat julle my voorheen met Allah vereen selwig het. Voorwaar, daar sal vir die onregverdiges ’n smart like straf wees.
14:23. En hulle wat glo en goeie dade doen, sal toegelaat word in Tuine waardeur riviere stroom, en daarin sal hulle bly deur die bevel van hul Heer. Hulle groet daarin sal wees: Vrede!
14:24. Merk julle dan nie hoe Allah ’n goeie woord vergelyk met ’n boom waarvan die wortels diep en die takke hoog is nie?
14:25. Dit bring in elke jaargety vrugte voort volgens die bevel van sy Heer. En Allah leer die mense deur gelykenisse, sodat hulle nadenkend kan wees.
14:26. En ’n slegte woord is soos ’n boom wat uit die grond geruk is omdat dit geen standvastigheid gehad het nie.
14:27. Allah versterk die gelowiges met die vestigende woord in hierdie wêreld en in die Hierna maals, en Allah laat die kwaad doeners dwaal; en Allah doen wat Hy wil.

Afdeling 5: Onregverdigheid van die mens deur die waarheid te verwerp

14:28. Sien u nie hoe hulle die guns van Allah vir ongeloof verruil en hul volk in die huis van verderf inlei nie?
14:29. Dit is die Hel. Daarin sal hulle brand. En dit is ’n bose rus plek!
14:30. En hulle stel gelykes op naas Allah, om die mense van Sy weg af te lei. Sê: Vermaak julle self, want julle terugkeer is voorwaar na die Vuur.
14:31. Sê aan My dienaars wat daaraan glo, om die gebed te onderhou en om van dít waarmee ons hulle voorsien het, heimlik en openlik te bestee voordat daar ’n Dag kom wanneer daar nóg handel nóg vriendskap sal wees!
14:32. Dit is Allah wat die hemele en die aarde geskape het, en water uit die wolke neerstuur, en daar mee vrugte vir julle onderhoud voortbring; en Hy het die skepe vir julle dienstig gemaak sodat hulle oor die see kan vaar deur Sy gebod, en Hy het ook die riviere in julle diens gestel.
14:33. En Hy het die son en die maan vir julle dienstig gemaak; beide lê hulle omwentelings ywerig af; en Hy het die nag en die dag vir julle dienstig gemaak.
14:34. En Hy gee julle alles wat julle Hom vra. En as julle die gunste van Allah tel, sal julle dit nie kan klaar tel nie. Voorwaar, die mens is baie onregverdig, baie ondankbaar.

Afdeling 6: Die gebed van Abraham

14:35. En toe Abraham gesê het: My Heer! Maak hierdie stad veilig, en weerhou my en my seuns van die aanbidding van afgode.
14:36. My Heer! Hulle het waarlik baie mense op ’n dwaalspoor gebring. Wie mý daarom ook volg, hy is stellig ván my; en wie my nie gehoorsaam nie, dan is U voorwaar Vergewensge sind, Genadevol.
14:37. Ons Heer! Ek het ’n deel van my nageslag in ’n onvrugbare dal digby U Heilige Huis geves tig, sodat hulle die gebed kan onderhou; laat die harte van sommige mense gunstig teenoor hulle gestem wees, en voorsien hulle van vrugte sodat hulle dankbaar kan wees.
14:38. Ons Heer! U weet voorwaar wat ons verberg en wat ons openbaar maak. En niks op die aarde of in die hemel is vir Allah verborge nie.
14:39. Alle lof kom Allah toe, wat in weerwil van my ouderdom Ismael en Isak aan my geskenk het! Voorwaar, my Heer is die Hoorder van die Gebed.
14:40. My Heer! Maak my en my nageslag onderhouers van die gebed. Ons Heer! Aanvaar ook mý gebed.
14:41. Ons Heer! Vergewe my en my ouers en die gelowiges, op die Dag wanneer die afrekening sal plaasvind.

Afdeling 7: Die einde van die Teëstanders

14:42. En dink nie dat Allah geen ag slaan op wat die kwaadstokers doen nie. Hy verleen hulle slegs uitstel tot die Dag wanneer hulle in afgryse sal staar,
14:43. en voorthaas met opgehefte hoofde, terwyl hulle hul blik nie kan wegkeer nie, en hulle harte leeg sal wees.
14:44. En waarsku die mense teen ’n Dag wanneer die straf oor hulle sal kom; dan sal die kwaaddoeners sê: Ons Heer! Verleen ons uitstel vir ’n klein rukkie. Ons sal U roep beantwoord en die boodskappers volg. Het julle nie voorheen gesweer dat daar vir julle geen heengaan sal wees nie?
14:45. En julle woon tans in die huise van diegene wat hulself onreg aangedoen het, en dit is vir julle duidelik hoe Ons met hulle gehandel het en hoe Ons van hulle ’n voorbeeld gemaak het.
14:46. En hulle het reeds hul planne beraam, maar hulle planne is vir Allah bekend, al was hulle planne ook so dat berge daar deur versit kon word.
14:47. Moenie dink dat Allah Sy beloftes aan Sy boodskappers nie gestand sal doen nie. Allah is voorwaar Almagtig, die Heer van Vergelding.
14:48. Op die Dag wanneer die aarde deur ’n ander aarde vervang sal word, en so ook die hemel; en hulle sal voortkom na Allah, die Een, die Verhewene;
14:49. en u sal die misdadigers op daardie Dag in kettings gebind vind ~ 50. hulle hemde sal van pik gemaak wees, en hulle gesigte sal met vuur omhul word,
14:51. sodat Allah elke siel kan vergeld vir wat hy gedoen het. Voorwaar, Allah is vlug in die vereffening.
14:52. Dit is ’n boodskap aan die mense, sodat hulle daardeur gewaarsku kan word en dat hulle kan weet dat Hy Een God is, en sodat mense van begrip kennis kan neem.

Hoofstuk 15: Die Rots

Afdeling 1: Die Qur’ãn word beskerm

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

15:1. Alief, Laam, Raa. {Allegoriese letters} Dít is die verse van die Boek, en van ’n Qur’ãn wat verduidelik.
15:2. Dikwels sal die ongelowiges wens dat hulle Moesliems was.
15:3. Laat hulle eet en hulself vermaak, en laat valse hoop hulle bedrieg, want hulle sal weldra beter weet.
15:4. En nooit het Ons ’n stad verwoes nie, of die besluit daartoe is eers bekend gemaak.
15:5. Geen volk kan hulle lot bespoedig nie, ook kan hulle dit nie vertraag nie.
15:6. En hulle sê: O, jy aan wie die vermaning geopenbaar is! Jy is voorwaar besete.
15:7. Waarom bring u ons nie die engele nie, as u opreg is?
15:8. Ons stuur geen engele nie behalwe met die waarheid, en dan sou geen uitstel aan hulle verleen word nie.
15:9. Voorwaar, Ons het die Vermaning geopenbaar, en Ons is gewis die Bewaker daarvan.
15:10. En vóór u het Ons reeds boodskappers na die volk stamme van die ou tyd gestuur.
15:11. En daar het nooit ’n boodskapper na hulle gekom nie, of hulle het hom bespot.
15:12. So laat Ons dit die harte van die misdadigers binnedring ~
15:13. hulle glo nie daarin nie, hoewel hulle weet wat met die ou volkere gebeur het.
15:14. En al sou Ons ook ’n deur na die hemel vir hulle oopmaak, en hulle styg aanhoudend daar in op,
15:15. sou hulle sê: Ons oë was slegs beneweld, of liewers: Ons was betower.

Afdeling 2: Die magte van die kwaad sal vernietig word

15:16. En voorwaar, Ons het groot sterre in die hemel geplaas, en Ons het dit is aanloklik gemaak vir wie dit aanskou.
15:17. En Ons beskerm dit teen elke vervloekte duiwel.
15:18. Maar indien iemand steels gewys luister, sal ’n helder vlam hom navolg.
15:19. En Ons het die aarde uitgesprei en magtige berge daarop geplaas, en Ons laat geskikte plante daarop groei.
15:20. En Ons het daar lewensmiddele geplaas vir julle en vir diegene wie julle nie onderhou nie.
15:21. En daar is niks waarvan die seëninge nie by Ons berus nie, en Ons stuur dit slegs in bekende mate af.
15:22. En Ons stuur bevrugtende winde, en daarna stuur Ons water neer uit die wolke, en gee dit vir julle om te drink, en dit is nie julle wat dit opgaar nie.
15:23. En voorwaar, dit is Ons wat die lewe gee en die dood veroorsaak, en Ons is die Erfgename.
15:24. En sekerlik weet Ons wie van julle vooruitgaan en nie agter bly nie.
15:25. Voorwaar, sy Heer sal hulle almal bymekaar bring. Waarlik, Hy is Allerwys, Alleswetend.

Afdeling 3: Die duiwel se teenstand teen die opregtiges

15:26. En gewis het Ons die mens uit klei geskape, uit veranderde modder in ’n patroon gevorm.
15:27. En die djien het Ons voorheen uit rooklose, vlammende vuur geskape.
15:28. En toe u Heer die engele toege spreek het: Ek gaan die mens uit klei skep, uit veranderde modder in ’n patroon vorm.
15:29. Wanneer ek hom daaruit gevorm en My gees in hom geblaas het, prostreer dan voor hom.
15:30. Die engele het almal saam geprostreer ~
15:31. maar net Iblies nie; Hy het geweier om saam met die onderdaniges te wees.
15:32. Hy het gesê: O Iblies! Waar om is jy nie saam met die onderdaniges nie?
15:33. Hy het geantwoord: Ek gaan my nie aan die mens wat U uit klei geskape het, en uit veranderde modder in ’n patroon gevorm het, prostreer nie.
15:34. Hy het gesê: Gaan dan weg hiervandaan; u is vervloek!
15:35. En voorwaar, My vloek sal op u rus tot op die Oordeelsdag!
15:36. Hy het gesê: My Heer! Skenk my dan uitstel tot op die Dag wanneer hulle opgewek sal word.
15:37. Hy het gesê: Aan u word uitstel verleen,
15:38. tot die Dag van die aangewese tyd.
15:39. Hy het gesê: My Heer! Aangesien U my as dwalende veroordeel het, sal ek die bose aantreklik aan hulle voorstel, en ek sal veroorsaak dat hulle afdwaal,
15:40. behalwe U dienaars tussen hulle, die gesuiwerdes.
15:41. Hy het gesê: Dit is die regte weg wat na My lei.
15:42. Wat my dienaars betref, u het geen gesag oor hulle nie, behalwe die dwalendes wat u volg.
15:43. En die Hel is voorwaar die beloofde plek vir hulle almal.
15:44. Dit het sewe deure. Vir elke deur is ’n vasgestelde klas (sondaar).

Afdeling 4: Genade vir die regskapene ~ Abraham

15:45. Voorwaar, hulle wat bewus is van Allah, sal midde in tuine en fonteine wees.
15:46. Betree dit in vrede en veilig heid!
15:47. En Ons sal alle bitterheid en wraak uit hulle harte uitroei, en as broers op verhewe trone sal hulle teenoor mekaar sit.
15:48. Vermoeidheid sal hulle daarin nie aantas nie, ook sal hulle nie daaruit verdryf word nie.
15:49. Stel My dienaars in kennis dat Ek die Vergewensgesinde, die Barmhartige, is,
15:50. en dat My straf ’n pynlike straf is.
15:51. En stel hulle in kennis van die gaste van Abraham.
15:52. Toe hulle by hom binnegetree het, het hulle gesê: Vrede! Hy het geantwoord: Ons vrees julle.
15:53. Hulle het geantwoord: Moenie vrees nie; ons bring u die goeie tyding van ’n seun wat baie kennis en wysheid sal besit.
15:54. Hy het gesê: Bring julle my goeie nuus terwyl die ouder dom my reeds ingehaal het? Waarom gee julle my dan dié nuus?
15:55. Hulle het gesê: Ons bring ’n blye tyding met waarheid; wees u dan nie een van die wanhopiges nie.
15:56. Hy het gesê: Wie anders wanhoop aan die genade van Sy Heer, behalwe die dwalen des?
15:57. Hy het gsê: Wat is julle taak dan, o boodskappers?
15:58. Hulle het geantwoord: Ons is na ’n misdadige volk gestuur.
15:59. Behalwe die volk van Lot. Ons sal hulle almal red, met die uitsondering
15:60. van sy vrou. Ons het verorden dat sy voorwaar met die agtergeblewenes sal wees.

Afdeling 5: Lot en Shoe-eib

15:61. En toe die boodskappers by die volgelinge van Lot gekom het,
15:62. en hy gesê het: Waarlik, julle is onbekendes,
15:63. het hulle geantwoord: Nee, ons kom na u met dít waaroor hulle twyfel,
15:64. en ons bring aan u die waarheid. U kan ons glo.
15:65. Vertrek daarom met u volge linge gedurende die nag, en bly altyd in hul agterhoede. En moenie dat iemand omkyk nie, en gaan waarheen julle beveel word.
15:66. En Ons het dit aan hom bekend gemaak dat die wortels hiervan in die oggend afgesny sal word.
15:67. En toe die inwoners van die stad jubelend nader gekom het,
15:68. het hy gesê: Hulle is my gaste; moenie my in die skande steek nie,
15:69. en vrees Allah, en moet my nie in die skande steek nie.
15:70. Maar hulle het geantwoord: Het ons julle nie belet om iemand te herberg nie?
15:71. Toe het hy gesê: Hier is my dogters, as julle dan iets wil doen.
15:72. Waarlik, hulle het blindelings gedwaal.
15:73. En teen sonop het die straf hulle oorval.
15:74. Ons het die stad omgekeer en harde klippe daarop laat reën.
15:75. Waarlik, hierin is tekens vir hulle wat uit die lot van ander ’n les wil leer.
15:76. En dit is ’n weg wat nog begaanbaar is.
15:77. Voorwaar, hierin is ’n teken vir die gelowiges.
15:78. En die Bewoners van die Woud was net so sondig.
15:79. Daarom het Ons ook húlle getref ~ En hierdie plekke lê albei aan die grootpad. {Die karavaanroete tussen Hijãz en Sirië}

Afdeling 6: die Bewoners van die Rots, en ’n waarskuwing

15:80. En die Bewoners van die Rots {Die mense van Thamoed} het waarlik die boodskappers verloën.
15:81. En Ons het Ons tekens aan hulle oorgedra, maar hulle het die rug daarop gedraai.
15:82. En hulle het wonings van veiligheid in die berge uitge kap,
15:83. en tog het die straf hulle in die môre oorval.
15:84. En wat hulle verwerf het, het hul niks gebaat nie.
15:85. En Ons het die hemele en die aarde en alles wat daartussen is, met die waarheid geskape. En die Uur sal gewis kom; wees daarom sagmoedig.
15:86. Voorwaar, u Heer ~ Hy is die Skepper, die Alleswetende.
15:87. En Ons het waarlik aan u die sewe herhaalde verse en die verhewe Qur’ãn gegee.
15:88. Staar u oë nie moeg na wat Ons aan sommige groepe gegee het om van te geniet nie, en treur ook nie oor hulle nie, en wees sagmoedig teenoor die gelowiges.
15:89. En sê: Voorwaar, ek is die waarskuwer.
15:90. Ons het ook boodskappers gestuur na hulle wat die eed afgelê het,
15:91. en na hulle wat die Qur’ãn wou opdeel.
15:92. By u Heer! Ons sal hulle almal gewis ondervra,
15:93. oor wat hulle gedoen het.
15:94. Verkondig daarom openlik wat u beveel word, en draai weg van die heidene af.
15:95. Ons bied u voldoende besker ming teen die spotters,
15:96. wat ander gode met Allah vereenselwig ~ Maar weldra sal hulle dit te wete kom.
15:97. En Ons weet ook dat u hart benoud word oor wat hulle sê.
15:98. Verheerlik u Heer met die lof wat Hom toekom, en wees saam met hulle (wat voor hul Heer) prostreer.
15:99. En dien u Heer tot op die tyd van u afsterwe.

Hoofstuk 16: Die By

Afdeling 1: Die Openbaring deur die natuur bewaarheid

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

16:1. Die gebod van Allah sal geskied; probeer dus nie om dit te verhaas nie. Heilig is Hy, en hoog verhewe is Hy bo alles wat hulle met Hom vereenselwig!
16:2. Hy stuur deur Sy gebod engele met openbaringe na wie van Sy dienaars Hy verkies, en sê: Waarsku dat daar geen god is nie, behalwe Ek; so vrees My.
16:3. Hý het die hemele en die aarde in waarheid geskape. Hoog verhewe is Hy bo alles wat hulle met Hom vereenselwig!
16:4. Hy het die mens van ’n sperm geskape, maar kyk! dié is ’n openlike teenstaander.
16:5. En ook die vee het Hy vir julle geskape. Hulle verskaf warm klere aan julle, en ook ander voordele, en hulle is daar om van te eet.
16:6. En hulle is mooi om na te kyk wanneer julle hulle saans huis toe dryf, en wanneer julle hulle soggens uitjaag om te wei.
16:7. En hulle vervoer julle swaar laste na streke wat julle nie sonder baie moeite kan bereik nie. Voorwaar, julle Heer is Barmhartig, Genadevol.
16:8. En perde en muile en esels het Hy geskape, sodat julle op hulle kan ry, en ook as vertoonstukke vir julle. En Hy het ook dinge geskape waarvan julle nie weet nie.
16:9. En dit is Allah se plig om julle die regte weg aan te wys, want daar is sommige afwykende weë. As Hy wil, sal Hy julle almal reg lei.

Afdeling 2: Die natuur bevestig die Eenheid

16:10. Dit is Hy wat die water uit die wolke vir julle afstuur; dit ver skaf drank, en daardeur groei die bome waarvan julle voedsel verkry.
16:11. Daardeur laat Hy die gesaaides vir julle groei, en die olywe, en die dadelpalms, en die druiwe en al die ander vrugte. Daarin is waarlik ’n teken vir ’n volk wat nadink.
16:12. En Hy het vir julle die nag en die dag en die son en die maan in diens gestel. En ook die sterre word aan julle diensbaar gemaak. Voorwaar, hierin is tekens vir ’n volk wat verstaan.
16:13. En wat Hy op die aarde vir julle geskape het, is van verskillende kleure. Voorwaar, hierin is ’n teken vir ’n volk wat onthou.
16:14. En dit is Hy wat die see tot julle beskikking gestel het, sodat julle van die vangste daaruit kan eet, en die ornamente wat julle dra daaruit kan haal. En julle sien die skepe daaroor vaar, sodat julle van Sy volheid kan vra, en sodat julle dankbaar kan wees.
16:15. En Hy het ferm berge op die aarde geplaas sodat dit nie saam met julle sal wankel nie, en riviere en paaie sodat julle die regte weg kan inslaan.
16:16. En vir hierdie doel is daar ook landmerke. En met behulp van die sterre vind hulle die regte rigting.
16:17. Is Hy wat kan skep dan soos hy wat nié kan skep nie? Sal julle dan nie onthou nie?
16:18. En as julle Allah se gunste wil tel, sal julle vind dat dit onmoontlik is. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genade vol.
16:19. En Allah weet wat julle verberg en wat julle bekend maak.
16:20. En diegene wat hulle buiten Allah aanroep, het niks geskape nie, terwyl hulle self geskape is.
16:21. Dood is hulle, nie lewendig nie. En hulle weet nie wanneer hulle opgewek sal word nie.

Afdeling 3: Die ontkennings is te wyte aan onkunde

16:22. Julle God is één God. En diegene wat nie in die Hiernamaals glo nie se harte weier om dit te erken, en hulle is hoogmoedig.
16:23. Allah weet ongetwyfeld wat hulle verberg en wat hulle bekend maak. Voorwaar, Hy het die hoogmoediges nie lief nie.
16:24. En wanneer aan hulle gevra word: Wat is dit wat julle Heer geopenbaar het? sê hulle: Fabels oor die ou volkere.
16:25. Dat hulle op die Dag van Opstanding hulle laste ten volle mag dra, en ook die laste van diegene wat hulle deur onkunde mislei het. Kyk! Boos is dít wat hulle dra.

Afdeling 4: Oor die bose sal skande kom

16:26. Diegene vóór hulle het planne beraam, maar Allah het hulle gebou tot op die fondamente vernietig, sodat die dak van bo af op hulle geval, en die straf tot hulle gekom het, uit ’n rigting wat hulle geen idee van het nie.
16:27. En Hy sal op die Opstandings dag skande oor hulle bring, en sê: Waar is My deelgenote ter wille van wie julle wederstrewig geword het? Dan sal hulle wat kennis dra, sê: Skande en kwaad sal waarlik vandag oor die ongelowiges kom;
16:28. oor húlle vir wie die engele laat sterf het terwyl hulle hul siele onreg aangedoen het. Dan sal hulle onderdanig wees en sê: Ons het geen kwaad gedoen nie. Nee! Allah weet wat julle gedoen het.
16:29. Gaan daarom deur die deure van die Hel, en bly daarin. Boos inderdaad is die woonplek van die hoogmoediges.
16:30. En daar sal aan hulle wat teen die kwaad waak, gesê word: Wat het julle Heer geopenbaar? Dan sal hulle sê: Die beste. Op hulle wat goed doen in hierdie wêreld, wag daar goed. En die tuiste van die Hiernamaals sal vir hulle aangenaam wees. En die tuiste van húlle wat godvresend is, is uitmuntend:

16:31. Tuine van Ewigheid waardeur riviere vloei, sal hulle binnegaan; daarin sal hulle ontvang wat hulle verlang. Só beloon Allah diegene wat godvresend is,
16:32. húlle vir wie die engele laat sterf terwyl hulle rein is, en sê: Vrede vir julle! Gaan die Hemel binne as beloning vir wat julle gedoen het.
16:33. Wag hulle {Die ongelowiges} dan net dat die engele na hulle moet kom, of dat die gebod van u Heer moet geskied? So het die mense vóór hulle ook gedoen. En Allah het hulle geen onreg aangedoen nie, maar hulle het aan hulself onreg aangedoen.
16:34. So het die kwaad wat hulle gedoen het, hulle oorval, en dít wat hulle bespot het, het hulle omring.

Afdeling 5: Die Profete sal opgewek word om te verduidelik

16:35. En die heidene sê: As Allah dit wou, sou ons niemand buiten Hom gedien het nie, en so sou ook ons vaders gedoen het; ook sou ons niks sonder Sy toestemming verbied het nie. So het mense vóór hulle ook gedoen. Maar is die boodskappers dan vir iets anders verant woordelik as slegs vir die duidelike aflewering van ’n boodskap?
16:36. En waarlik, onder elke volk het Ons ’n boodskapper verwek wat moet sê: Dien Allah, en vermy die duiwel. En daar was sommige wat deur Allah gelei is, maar ook sommige van wie gesê kon word dat hulle verdien het om te dwaal. Reis daarom deur die land en sien wat was die einde van die leuenaars.
16:37. As u reken dat ook húlle reg gelei moet word, weet dan dat Allah nie diegene lei wat Hy laat dwaal het nie, en dat daar vir hulle ook geen helpers sal wees nie.
16:38. En hulle sweer hul sterkste eed dat Allah die dooies nie sal opwek nie. Maar waarlik, dit is vir Allah ’n bindende belofte, hoewel die meeste mense dit nie weet nie,
16:39. sodat Hy vir hulle kan duidelik maak waaroor hulle verskil, en sodat die ongelowiges kan weet dat hulle leuenaars is.
16:40. Wanneer Ons iets bestem, sê Ons slegs: Wees! en dit is.

Afdeling 6: Die verdoemenis van die Teëstanders is aan die kom

16:41. En hulle wat ter wille van Allah moes emigreer omdat hulle onderdruk is, aan hulle sal Ons ’n goeie verblyf in hierdie wêreld gee, en die beloning in die Hiernamaals sal vir hulle nog groter wees. Het hulle dit maar geweet.
16:42. Hulle wat geduldig is en hulle vertroue in hul Heer stel.
16:43. En Ons het vóór u niemand anders gestuur nie as manne aan wie Ons eers ’n openbaring gestuur het ~ vra gerus vir die volgelinge van die Vermaning, indien julle nie weet nie ~
16:44. en met duidelike tekens en Geskrifte. En Ons het die Vermaning aan u geopenbaar sodat u aan die mense kan verduidelik wat aan hulle geopenbaar is, sodat hulle mag nadink.
16:45. Is húlle wat bose planne beraam, dan só veilig dat Allah hulle nie op die aarde sal verneder nie, of dat die straf hulle nie sal oorval van waar hulle dit nie vermoed nie?
16:46. Of dat Hy hulle in hul bedry wighede nie eendag skielik sal vasvat nie, en hulle dan nie kan ontsnap nie?
16:47. Of dat Hy hulle stukkie vir stukkie sal aftakel, en hulle so vernietig nie? Julle Heer is inderdaad Barmhartig, Genade vol.
16:48. Sien hulle dan nie elke ding wat Allah geskape het nie? Hul skaduwees draai van regs na links, en prostreer hulself voor Allah, terwyl hulle heeltemal nederig is.
16:49. En elke lewende skepsel wat in die hemele of op die aarde is, is onderdanig aan Allah; en so ook die engele, en húlle is nie hoogmoedig nie.
16:50. Hulle vrees hulle Heer bo hulle, en doen wat hulle beveel word.

Afdeling 7: Die menslike natuur in opstand teen afgoder y

16:51. En Allah het gesê: Neem nie twee gode nie. Daar is slegs Een God. Vrees daarom My alleen.
16:52. En aan Hom behoort wat in die hemele en op die aarde is, en gehoorsaamheid kom Hom altyd toe. Sal julle dan iets buiten Allah vrees?
16:53. En watter seëninge julle ook ontvang, dit kom van Allah. En wanneer ’n kwelling julle laat huiwer, dan roep julle na Hom om hulp.
16:54. Wanneer Hy julle van die kwelling verlos, kyk! dan ver eenselwig sommige van julle andere met jul Heer,
16:55. en hulle ontken wat Ons aan hulle gegee het. Onthaal julself dan, want julle sal weldra te wete kom.
16:56. En ’n gedeelte van die lewens onderhoud waarvan Ons hulle voorsien, sit hulle opsy vir afgode waarvan hulle niks weet nie. By Allah! Julle sal seker lik ondervra word oor alles wat julle versin het.
16:57. En hulle skryf dogters aan Allah toe ~ heilig is Hy! ~ en vir hulleself net wat hulle begeer!
16:58. En wanneer die geboorte van ’n dogter aan een van hulle bekend gemaak word, dan word sy gesig swart en is hy vol toorn.
16:59. Hy verberg homself vir die volk, vanweë die slegte nuus. Sal hy haar in weerwil van skande behou, of sal hy haar lewendig begrawe? Voorwaar, boos is dít waarop hulle besluit.
16:60. Vir hulle wat nie in die Hiernamaals glo nie, is daar slegte kentekens, terwyl die kentekens van Allah die allerbeste is. En Hy is die Alrmagtige, die Allerwyse.

Afdeling 8: Die onbillikheid van die ongelowiges

16:61. En as Allah die mense vir hul ongeregtigheid moet straf, sal Hy niemand kan laat oorbly nie; maar Hy verleen aan hulle uitstel vir ’n vasgestelde tyd. Wanneer die tyd dan aanbreek, kan hulle dit selfs nie ’n uur lank uitstel nie, nóg kan hulle dit vervroeg.
16:62. En hulle skryf aan Allah toe wat hulle vir hulself nie begeer nie, en hul tonge spreek die leuen dat die beste vir húlle bedoel is. Sekerlik is die Vuur vir hulle bedoel, en hulle sal daarin ver late wees.
16:63. By Allah! Ons het inderdaad boodskappers na die volkere vóór u gestuur, maar die duiwel het hulle eie dade vir hul aan treklik gemaak. Daarom is hy vandag hul beskermheer en wag daar op hulle ’n smartlike straf.
16:64. En om geen ander rede het Ons die Boek aan u geopenbaar nie, as dat u aan hulle kan verduide lik waaroor hulle verskil, en as ’n leiding vir ’n volk wat glo.
16:65. En Allah stuur water van bo, en gee daardeur lewe aan die aarde ná sy gesterwe het. Voorwaar, hierin is ’n teken vir ’n volk wat luister.

Afdeling 9: Die gelykenisse bewys die waarheid van die Openbaring

16:66. En die vee hou vir julle waarlik ’n les in: Ons gee vir julle om te drink van wat in hulle buik is ~ van dít wat tussen die uitwerpsels en die bloed is ~ suiwer melk, smaaklik vir die drinkers.
16:67. En van die vrugte van die dadelpalms en druiwe verkry julle sterk drank en goeie voedsel. Daar is sekerlik ’n teken hierin vir ’n volk wat sake oorweeg.
16:68. En u Heer het aan die by geopenbaar en gesê: Maak neste in die berge en in die bome, en in wat hulle bou:
16:69. Eet dan van al die vrugte, en volg onderdanig in die weë van u Heer. Daar kom uit hulle buik ’n drinkstof voort in verskil lende kleure, waarin daar genesing vir die mens is. Alte seker is daar ’n teken hierin vir ’n volk wat bepeins.
16:70. En Allah skep julle, dan laat hy julle sterf; en daar is sommige van julle wat ’n hoë ouderdom bereik, sodat hy niks meer weet nie, hoewel hy voorheen kennis gehad het. Voorwaar, Allah is Alleswetend, Allermagtig.

Afdeling 10: Die ontvanger van die Openbaring

16:71. En Allah het aan sommige van julle groter rykdom gegee as aan ander. Maar hulle aan wie Hy meer gegee het, gee nie van hulle besittings aan diegene wat hul regterhand besit, sodat hulle gelyk kan wees nie. Sal hulle dan die guns van Allah verloën?
16:72. En Allah het uit julleself egge note vir julle gemaak, en deur húlle seuns en dogters aan julle gegee, en julle van goeie dinge voorsien. Sal hulle dan in valse dinge glo en die guns van Allah verloën?
16:73. En hulle aanbid buiten Allah dít wat vir hulle geen lewensonderhoud, van die hemel of van die aarde, kan bewerk nie; ook besit hulle geen mag nie.
16:74. Maak daarom geen vergelykenis met Allah nie. Voorwaar, Allah weet, en julle weet nie.
16:75. Allah self vertel hierdie verhaal: Daar is ’n slaaf wat aan iemand behoort en geen gesag uitoefen nie, en daar is iemand aan wie Ons ’n groot lewensonderhoud geskenk het, sodat hy daarvan, heimlik of openlik, kan bestee. Is dié twee gelyk? Alle lof kom Allah toe! Nee, die meeste van hulle is onkundig.
16:76. En Allah verduidelik deur die verhaal van die twee mans: Een is stom, oefen geen gesag uit oor enigiets nie, en is ’n las vir sy meester. Waarheen hy hom ook al stuur, hy bring niks goeds terug nie. Kan hy dan die gelyke wees van hom wat geregtigheid voorstaan, en wat op die regte pad wandel?

Afdeling 11: Die bestrawwing word teruggehou

16:77. En aan Allah behoort die Onsigbare dinge van die hemele en die aarde. En die Uur sal kom soos ’n oogwink, en die koms daarvan is naby. Voorwaar, Allah het mag oor alle dinge.
16:78. En Allah het julle voortgebring uit die baarmoeders van julle moeders, terwyl julle niks geweet het nie; en Hy het aan julle gehoor en gesig, asook harte, gegee sodat julle dankbaar kan wees.
16:79. Sien julle nie hoedat die voëls in die gewelf van die hemel in onderdanigheid gehou word nie? Niemand hou hulle teë nie, behalwe Allah. Voorwaar, daar is ’n teken hierin vir ’n volk wat glo.
16:80. En Allah het van julle huise ’n rusplek vir julle gemaak, en ook van die huide van julle vee vir julle woonplekke gemaak wat lig is om rond te dra gedurende die tyd wanneer julle reis, en ook wanneer julle rus; en Hy gee aan julle van hulle wol en hulle pelse en hulle hare, huis houdelike stowwe, en ’n voor siening vir ’n tyd.
16:81. En uit wat Allah geskape het, het Hy vir julle skuiling gemaak, en Hy het vir julle skuilplekke in die berge ge maak; en Hy het vir julle klere gegee om julle teen hitte te beskerm, en pantsers as ’n beskerming in tye van oorlog. So vervolmaak Hy Sy gunste aan julle, sodat julle onderdanig kan wees.
16:82. Maar indien hulle hulself wegdraai, dan is u slegs verantwoordelik vir die duidelike aflewering van die boodskap.
16:83. Hulle herken die guns van Allah, en tog verloën hulle dit; en die meeste van hulle is ondankbaar.

Afdeling 12: Die Profete getuig

16:84. En op die Dag wanneer Ons ’n getuie uit elke volk sal opwek, sal toestemming om hulself te verontskuldig nie aan die onge- lowiges toegestaan word nie, ook sal hulle nie toegelaat word om vir hul ongeregtighede te vergoed nie.
16:85. En wanneer die kwaaddoeners die straf ’n werklikheid sien word, sal dit vir hulle nie verlig word nie, en aan hulle sal ook nie uitstel verleen word nie.
16:86. En wanneer hulle wat deel genote aan Allah toegeskryf het, hulle afgode sien, sal hulle sê: Ons Heer! Hier is ons afgode wat ons buiten U aanbid het. Maar hulle sal aan hulleself sê: Julle was voorwaar leuenaars.
16:87. En op daardie Dag sal hulle onderdanig wees aan Allah; en wat hulle versin het, sal hulle in die steek laat.
16:88. Hulle wat nie glo nie en ander van die weg van Allah afhou ~ Ons sal nog meer straf by hulle straf voeg, omdat hulle onheil gesaai het.
16:89. En dink aan die dag wanneer Ons onder elke volk ’n getuie teen hulle uit hul midde sal opwek, en u {Die Profeet} as getuie teen hulle sal inroep. En Ons het die Boek wat alle dinge verduidelik, aan u geopenbaar as leiding en genade, as goeie nuus vir diegene wat hulle oorgegee het.

Afdeling 13: Die Openbaring skerp die goeie in

16:90. Voorwaar, Allah gelas geregtig heid, en om goed te doen aan ander, en om aan naasbestaandes te gee wat hulle nodig het; en Hy verbied onbetaamlikheid en boosheid en opstandigheid. Hy vermaan julle sodat julle na kan dink.
16:91. En kom die verbond met Allah na wanneer julle ’n verbond sluit, en breek nie die eed ná dit bekragtig is nie, terwyl julle Allah tot julle Borg gemaak het. Voorwaar, Allah weet wat julle doen.
16:92. En wees nie soos sy wat haar gare uitrafel en dit stukkend skeur nadat sy dit stewig geweef het nie. Julle maak ’n eed as ’n middel tot bedrog tussen julle, omdat een volk talryker is as ’n ander. Allah beproef julle slegs hiermee. En op die Dag van Opstanding sal Hy dít waaroor julle verskil het, sekerlik duide lik maak.
16:93. En as Allah wou, sou Hy van julle ’n enkele volk gemaak het, maar Hy laat in dwaling verkeer wie Hy wil. En julle sal sekerlik ondervra word aan gaande julle doen en late.
16:94. En moenie julle ede ’n middel tot bedrog tussen julle maak nie, anders kan ’n voet dalk glip nadat dit stewig was, en sal julle slegte gevolge moet dra omdat julle ander van die weg van Allah afgehou het; en dan sal daar ’n swaar straf vir julle wees.
16:95. En moenie Allah se verbond vir ’n geringe prys verkoop nie. Wat by Allah is, is voorwaar beter vir julle; het julle dit maar geweet!
16:96. Wat julle het, sal verbygaan, maar wat by Allah is, is ewig. En Ons sal diegene wat volhard, waarlik hulle beloning gee vir al die goeie dinge wat hulle gedoen het.
16:97. Wie ook al goeie dade verrig, hetsy man of vrou, en ’n gelowige is, Ons sal hom sekerlik ’n goeie lewe laat lei; en waarlik, Ons sal hulle beloon vir hul beste dade.
16:98. En wanneer julle die Qur’ãn voordra, soek dan julle toevlug tot Allah teen die vervloekte duiwel.
16:99. Voorwaar, hy het geen gesag oor diegene wat glo en hul vertroue in hulle Heer stel nie.
16:100. Sy gesag heers alleen oor diegene wat vriendskapsbande met hom aanknoop, en wat ander dinge met Allah vereen selwig.

Afdeling 14: Die Qur’ãn is geen vervalsing nie

16:101. En wanneer Ons een boodskap deur ’n ander boodskap vervang ~ en Allah weet die beste wat om te openbaar ~ dan sê hulle: U is slegs ’n bedrogpleger. Nee, die meeste van hulle weet nie.
16:102. Sê: Die Gees van Heilig heid het dit met die waarheid van u Heer geopenbaar, sodat dit diegene wat glo kan versterk, en sodat dit as leiding en blye tyding kan dien vir die onder daniges.
16:103. En Ons weet inderdaad dat hulle sê: Dit is slegs ’n sterfling wat hom onderwys. Die tong van hóm wat hulle bedoel, is vreemd, terwyl hierdie ’n duidelike Arabiese taal is.
16:104. Hulle wat nie in Allah se tekens glo nie ~ Allah lei hulle nie; en vir hulle is daar ’n pynlike straf.
16:105. Net hulle wat nie in Allah se tekens glo nie, versin leuens; en húlle is die leuenaars.
16:106. Diegene wie Allah verwerp nadat hy geglo het ~ nie hy wat daartoe gedwing word terwyl sy hart met die geloof tevrede is nie, maar hý wat sy boesem vir die ongeloof oopmaak ~ op hulle rus die toorn van Allah, en vir hulle is daar ’n smartlike straf.
16:107. Dit is omdat hulle hierdie lewe meer liefhet as die Hierna maals, en omdat Allah die ongelowige volk nie lei nie.
16:108. Hulle is dié wie se harte en ore en oë Allah verseël het, en húlle is die agtelosiges.
16:109. Ongetwyfeld sal hulle in die Hiernamaals die verloorders wees.
16:110. Dan is u Heer voorwaar ~ vir diegene wat moes vlug omdat hulle vervolg is, en daarna hard strewe en geduld toon ~ Vergewensgesind, Genadevol.

Afdeling 15: Die lot van die Teëstanders

16:111. Op die Dag wanneer elke siel vir homself sal pleit, sal elke siel ten volle vergoed word vir wat hy gedoen het, en geen onreg sal hom aangedoen word nie.
16:112. En Allah stel dit voor deur die gelykenis van ’n stad waarin rus en vrede was, en waarheen voorsiening in oor vloed van alle kante gekom het; maar sy was nie dankbaar oor die gunste van Allah nie, en daarom het Allah veroorsaak dat smart en honger en vrees haar oorval, as ’n gevolg op hulle dade.
16:113. En waarlik, daar het ’n boodskapper uit hul midde na hulle gekom, maar hulle het hom verwerp, en daarom het die straf hulle ingehaal terwyl hulle boosdoeners was.
16:114. Eet daarom van wat Allah aan julle gegee het, wettige en goeie dinge; en wees dankbaar vir die guns van Allah, as dit Hy is wat julle aanbid.
16:115. Hy het slegs dít wat reeds dood was, bloed, varkvleis, en dít waaroor ’n ander naam uitgeroep is as dié van Allah, vir julle verbode verklaar; maar vir hom wat deur noodsaak gedwing word om te eet, terwyl hy dit nie so wou hê nie en ook nie die perke wou oorskry nie, is Allah Vergewensgesind, Genadevol.
16:116. En sê nie ~ vanweë die leuens wat julle tong spreek ~ dít is wettig en dít is onwettig nie, om sodoende ’n leuen teen Allah te versin. Voorwaar, hulle wat ’n leuen teen Allah wil versin, slaag nooit nie.
16:117. ’n Kortstondige genot ~ en dan is daar vir hulle ’n pyn like straf.
16:118. En Ons het vir die Jode ook al die dinge verbied waar van Ons aan u reeds melding gemaak het; en Ons het hulle geen onreg aangedoen nie, maar hulle het hulself onreg aange doen.
16:119. U Heer is voorwaar ~ vir diegene wat onwetend kwaad doen en daarna berou het en daarvoor vergoed ~ Verge wensgesind, Genadevol.

Afdeling 16: Die weg tot grootheid

16:120. Abraham was inderdaad ’n voorbeeld van deug: gehoor saam aan Allah, opreg, nie een van die heidene nie,
16:121. en dankbaar vir Sy gunste. Hy het hóm verkies en hom op die regte weg gelei.
16:122. En Ons het aan hom die goeie in hierdie wêreld geskenk; en in die Hiernamaals sal hy sekerlik saam met die regver diges wees.
16:123. En Ons het aan u geopenbaar: Volg die geloof van Abraham, die opregte, want hy was nie een van die heidene nie.
16:124. Die Sabbat is slegs vir húlle opgelê wat daaromtrent van mening verskil het. En op die Dag van Opstanding sal u Heer sekerlik tussen hulle oordeel oor dít waaroor hulle verskil het.
16:125. Roep tot die weg van u Heer met wysheid en goeie raad, en argumenteer met hulle op ’n gepaste wyse. Voorwaar, u Heer weet goed wie van Sy weg afgedwaal het, en Hy weet ook wie reg gelei is.
16:126. En indien julle jul kans waarneem, straf dan met ’n soortgelyke straf as dít waarmee júlle gekwel is. Maar as julle geduld kan beoefen, sal dit beter wees.
16:127. En wees geduldig; voorwaar, u geduld is alleen moontlik met die hulp van Allah. En treur nie oor hulle nie, en wees ook nie onrustig oor wat hulle beplan nie.
16:128. Voorwaar, Allah is met diegene wat Hom vrees, en met hulle wat goeddoen aan ander.

Hoofstuk 17: Die Israeliete

Afdeling 1: Die Israeliete is twee maal gestraf

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

17:1. Heilig is Hy wat Sy dienaar by nag, van die Heilige Moskee {Mekka} vervoer het na die Verre Moskee, {Jerusalem} waarvan Ons die omgewing geseën het, sodat Ons aan hom Ons tekens kon wys! Voorwaar, Hy is die Allerhorende, die Allessiende.
17:2. En Ons het aan Moses die Boek gegee, en dit ’n leiding vir die Kinders van Israel gemaak, en gesê: Neem vir julle geen Voog buiten My nie,
17:3. O nageslag van diegene wat Ons saam met Noag in die Ark vervoer het! Hy was inderdaad ’n dankbare dienaar.
17:4. En Ons het aan die Kinders van Israel in die Boek bekend gemaak: Voorwaar, twee maal sal julle in die land onheil saai; en julle gedrag sal uitermate aanmatigend wees.
17:5. Toe die tyd dan ook vir die eerste van die twee bedreigings aangebreek het, het Ons Ons dienaars met ontsaglike toerusting teen julle laat opruk, sodat hulle julle huise verwoes het. En dit was ’n vervulde belofte.
17:6. Toe het Ons julle weer ’n kans teen hulle gegee, en Ons het julle met rykdom en kinders geseën en julle getalle aansien lik laat toeneem.
17:7. En Ons het gesê: Indien julle goeddoen, doen julle dit aan julself. En indien julle kwaad doen, is dit aan julself. En toe die tweede waarskuwing gekom het, het Ons ’n ander volk teen julle uitgestuur, sodat hulle julle in die verdriet kon bring en sodat hulle weer die Moskee kon binnegaan soos hulle dit die eerste maal binnegegaan het; en sodat húlle wat hulle verower het, met volslae ver woesting kon vernietig.
17:8. Dit mag wees dat julle Heer aan julle genade sal betoon. En indien julle tot die kwaad terugkeer, sal Ons die straf laat terugkeer. En Ons het die Hel ’n tronk vir die ongelowiges gemaak.
17:9. Voorwaar, hierdie Qur’ãn lei tot opregte dade; en bring ’n blye tyding aan die gelowiges wat goeie werke doen, dat hulle ’n groot beloning sal ontvang,
17:10. en dat Ons vir hulle wat nie in die Hiernamaals glo nie, ’n smartlike straf voorberei het.

Afdeling 2: Elke daad het sy gevolge

17:11. En die mens vra na die kwaad soos hy na die goeie behoort te vra; en die mens is altyd haastig.
17:12. En Ons het die nag en die dag as twee tekens gemaak; Ons laat die teken van die nag verdwyn en Ons maak die teken van die dag helder, sodat julle die oorvloed van julle Heer kan soek, en sodat julle daarmee die jare kan tel en die tyd bereken. En Ons het alles duidelik gemaak.
17:13. En Ons het die dade van elke mens aan sy nek laat vaskleef, en Ons sal op die Dag van Opstanding aan hom ’n boek toon wat hy wyd oop sal vind.
17:14. Lees u boek. U eie siel is hier die dag voldoende as rekenaar teen uself.
17:15. Wie die regte weg volg, volg dit slegs vir sy eie heil; en wie dwaal, dwaal slegs tot sy eie nadeel; en niemand sal die las van ’n ander dra nie. En Ons straf nooit voordat Ons ’n boodskapper gestuur het nie.
17:16. En wanneer Ons voornemens is om ’n stad te verwoes, stuur Ons Ons gebooie na sy volk wat luilekker lewe; maar hulle oortree dit, daarom word die woord teen haar bewaarheid, en Ons verwoes haar geheel en al.
17:17. Hoeveel geslagte het Ons nie al ná Noag verdelg nie! En u Heer is voldoende Bewus, en sien die sonde van Sy dienaars.
17:18. Wie hierdie verganklike lewe verkies: Ons verhaas vir hom daarin wat Ons behaag, en aan wie Ons wil; daarna sal Ons die Hel aan hom toesê. Verneder en verworpe sal hy dit binnegaan.
17:19. En wie na die Hiernamaals verlang en daarna strewe soos hy behoort te streef, en gelowig is ~ dit is húlle wie se ywer toereikend beloon sal word.
17:20. Aan almal gee Ons hulp ~ hierdie sowel as daardie ~ uit die gawe van u Heer; en die gawe van u Heer is nie beperk nie.
17:21. Kyk hoe Ons sommige van hulle bo ander laat uitblink. En voorwaar, in die Hiernamaals is ’n rang met groter heerlikheid.
17:22. Vereenselwig geen ander god met Allah nie, anders sal u verag en verlate gaan sit.

Afdeling 3: Sedespreuke

17:23. En julle Heer het verorden dat julle niemand buiten Hom sal aanbid nie, en dat julle aan beide ouers sal goeddoen. En indien enigeen van die twee of albei ’n hoë ouderdom by julle bereik, sê dan nie vir hulle: Foei! nie; en moet hulle ook nie afjak nie, en spreek met hulle ’n welgevallige woord.
17:24. En laat sak vir hulle die vleuel van ootmoed en erbarming, en sê: My Heer! Ontferm U oor hulle, omdat hulle my opge voed het toe ek jonk was.
17:25. Julle Heer weet wat in julle gedagte omgaan. Indien julle opreg is, dan is Hy voorwaar Vergewensgesind tenoor diegene wat hulself bekeer.
17:26. En gee aan die naasbestaandes, en die behoeftiges, en die reisigers, wat hulle toekom, en vermors nie op ’n spandabele wyse nie.
17:27. Voorwaar, die verkwisters is die duiwel se broers. En die duiwel is altyd ondankbaar teenoor sy Heer.
17:28. En indien u u van hulle af wegdraai om die genade van u Heer te soek waarop u hoop, spreek dan sagte woorde met hulle.
17:29. En bind nie u hand aan u nek vas nie, en strek dit ook nie tot die uiterste nie, anders sal u in selfverwyt en gebrek gaan sit.
17:30. Voorwaar, u Heer gee ’n ruim lewensonderhoud vir wie Hy wil, maar Hy beperk ook. Voorwaar, Hy is altyd Bewus, Siener van Sy dienaars.

Afdeling 4: Sedespreuke

17:31. En moenie julle kinders doodmaak uit vrees vir armoede nie ~ Ons is dié wat húlle sowel as julle van die nodige voorsien. Voorwaar, om hulle dood te maak is ’n groot sonde.
17:32. En bly ver weg van onwetlike geslagsgemeenskap: waarlik, dit is liederlik. En boos is dié weg.
17:33. En moenie ’n siel doodmaak nie, want Allah verbied dit, tensy dit vir ’n regverdige saak is. En wie onregverdig doodgemaak word, aan sy erfgenaam het Ons inderdaad gesag verleen ~ maar in die teregstelling moet hy nie buitensporig optree nie. Voorwaar, hy sal deur die wet gesteun word.
17:34. En raak die eiendom van die weeskind nie aan nie, behalwe tot sy voordeel, totdat hy mondigheid bereik. En vervul die belofte; voorwaar, na die belofte sal uitgevra word.
17:35. En gee ’n volle maat wanneer julle afmeet, en weeg af met ’n behoorlike skaal. Dít is billik, en uiteindelik ook beter.
17:36. En volg nie iets waarvan julle geen kennis het nie. Waarlik, die gehoor en die gesig en die hart, almal tesame, sal ondervra word.
17:37. En gaan nie op die aarde rond op ’n hoogmoedige manier nie, want u kan die aarde nie oop trap nie, ook kan u die berge nie in hoogte oortref nie.
17:38. Die sonde van al hierdie dinge is afskuwelik in die oë van u Heer.
17:39. Dit is wysheid wat u Heer aan u geopenbaar het. En vereenselwig geen ander god met Allah nie, anders sal u in die Hel gewerp word, beskuldigd en verworpe.
17:40. Het julle Heer dan verkies om vir julle seuns te gee, en dogters vir Homself uit die engele ge neem? Voorwaar, julle spreek ’n griewende woord.

Afdeling 5: Die ongelowiges verhard

17:41. En waarlik, in hierdie Qur’ãn het Ons herhaaldelik waarskuwings verduidelik sodat hulle kan nadink; maar dit vererger hulle net.
17:42. Sê: As daar afgode saam met Hom is, soos hulle beweer, dan sou hulle tog sekerlik in staat gewees het om ’n weg na die Heer van die Troon te vind.
17:43. Heilig is Hy! En hoog verhewe is Hy bo wat hulle sê.
17:44. Die sewe hemele en die aarde en dít wat daarin is, loof en prys Hom. En daar is niks wat Hom nie loof met die lof wat Hom toekom nie, maar julle begryp nie hulle lof nie. Voorwaar, Hy is Verdraagsaam, Vergewensge sind.
17:45. En wanneer u die Qur’ãn voor lees, plaas Ons ’n verborge sluier tussen u en diegene wat nie in die Hiernamaals glo nie;
17:46. en Ons plaas bedekkings oor hulle harte en ’n doofheid in hulle ore, sodat hulle dit nie kan begryp nie. En wanneer u in die Qur’ãn u Heer ~ Die Enige ~ noem, keer hulle u in afkeur die rug toe.
17:47. Ons weet goed waarna hulle luister wanneer hulle u aanhoor, en wanneer hulle in die geheim beraadslaag, en wanneer die kwaaddoeners sê: U volg slegs ’n man sonder verstand.
17:48. Kyk waarmee vergelyk hulle u! So het hulle verdwaal geraak, en hulle kan die weg nie meer vind nie.
17:49. En hulle sê: Wanneer ons tot beendere en stof vergaan het, sal ons weer soos ’n nuwe skepping opgewek word?
17:50. Sê: Wees klippe of yster,
17:51. of enige ander skepsel wat volgens julle te hard is om lewendig te word. Maar hulle sal sê: Wie sal ons dan laat herlewe? Sê: Hý wat julle die eerste maal geskape het. Tog sal hulle hulle hoofde teen u skud en sê: Wanneer sal dit geskied? Sê: Waarskynlik is dit naby.
17:52. Die Dag wanneer Hy julle te voorskyn sal roep, sal julle Hom gehoorsaam wees en Hom loof, en julle sal dink dat julle slegs ’n rukkie vertoef het.

Afdeling 6: Die straf moet volg

17:53. En sê aan My dienaars dat hulle moet praat wat welgevallig is. Voorwaar, die duiwel saai onenigheid tussen hulle. Die duiwel is sekerlik ’n openlike vyand van die mens.
17:54. Julle Heer ken julle die beste. Indien dit Hom behaag, sal Hy aan julle genade betoon; of, as dit Hom behaag, sal Hy julle straf oplê. En Ons het u nie as voog oor hulle gestuur nie.
17:55. En u Heer weet goed wie in die hemele en op die aarde is. En Ons het waarlik sommige profete bó ander laat uitmunt, en aan Dawid het Ons die Zaboer {Psalms} geopenbaar.
17:56. Sê: Roep diegene aan wat julle aan Hom gelykstel; hulle het geen mag om kwellings van julle te verwyder nie, ook nie om dit te verander nie.
17:57. Diegene wat hulle aanroep, soek self ’n toegangsmiddel tot hul Heer ~ wie van hulle ook al die naaste is ~ en hulle hoop op Sy barmhartigheid en vrees Sy straf. Voorwaar, die straf van u Heer is iets om van weg te bly.
17:58. En daar is nie ’n stad nie, of Ons sal dit vóór die Dag van Opstanding vernietig of met ’n kwaai kastyding bestraf. Dít staan in die Boek geskryf.
17:59. En niks het Ons verhinder om tekens te stuur nie, behalwe dat die vroeëre volke dit verwerp het. En Ons het aan Thamoed die kamelin gegee, ’n duidelike teken, maar hulle het haar kwaad aangedoen; en Ons stuur net tekens om te waarsku.
17:60. En Ons het aan u gesê: Voorwaar, u Heer omring al die mense. En Ons het nie die visioen wat Ons u getoon het, vir iets anders laat verskyn nie, as ’n beproewing vir die mense; en net so die vervloekte boom in die Qur’ãn. En Ons waarsku hulle, maar dit laat hulle slegs meer in oortreding toeneem.

Afdeling 7: Die teëstand van die duiwel teen die Opregtes

17:61. En toe Ons aan die engele gesê het: Prostreer voor Adam! het almal prostreer, behalwe Iblies. Hy het gesê: Sal ek prostreer voor hom wat U uit stof geskape het?
17:62. Hy het verder gesê: Sien U? Dit is hý vir wie U bo my geëer het! Indien U my uitstel tot die Dag van Opstanding verleen, sal ek sekerlik sy nageslag mislei, behalwe ’n paar.
17:63. Hy het gesê: Gaan weg! En wie van hulle u ook al volg, die Hel sal sekerlik julle vergelding wees, en ’n volle beloning.
17:64. En bekoor wie u kan met u stem, en versamel teen hulle u ruitery en u voetsoldate, en wees hulle en hulle kinders se deelgenoot in weelde, en belowe hulle baie. En die duiwel se beloftes is slegs om mee te bedrieg.
17:65. My dienaars ~ oor húlle het u voorwaar geen gesag nie. En u Heer is voldoende as Besker mer.
17:66. Dit is u Heer wat die skepe vir julle oor die see laat vaar, sodat julle van Sy voordeel mag soek. Voorwaar, Hy is altyd Genadevol.
17:67. En indien kwellinge julle op see oorval, verdwyn diegene wat julle buiten Hom aanroep; maar wanneer Hy julle veilig aan wal bring, draai julle weg. En die mens is altyd ondank baar.
17:68. Voel julle dan seker dat Hy julle nie op land sal verneder, of ’n sterk wind oor julle sal afstuur nie? Dán sal julle nie ’n beskermer kan vind nie;
17:69. of voel julle gerus dat Hy julle nie op ’n ander geleentheid sal besoek, en dan ’n vreeslike stormwind oor julle sal afstuur, en julle só oorstelp, weens julle ondankbaarheid nie? Dan sal julle geen helper teen Ons in dié saak vind nie.
17:70. En voorwaar, Ons het die Kinders van Adam geëer en Ons vervoer hulle oor die land en die see, en Ons voorsien hulle van goeie dinge, en Ons laat hulle uitmunt bo die meeste van diegene wat Ons geskape het.

Afdeling 8: Teenstand teen die Profeet

17:71. Op die Dag wanneer Ons elke volk met hulle leier sal oproep: aan wie hulle boeke in die regterhand gegee word, hulle sal hulle boeke lees, en hulle sal nie die minste onreg aangedoen word nie.
17:72. En wie blind is in hierdie wêreld, sal blind wees in die Hiernamaals; hy het ver van die regte pad afgedwaal.
17:73. En sekerlik het hulle probeer om u weg te kry van wat Ons aan u geopenbaar het, sodat u teen Ons iets moes versin; dan sou hulle u tot vriend geneem het.
17:74. En as Ons u nie versterk het nie, sou u inderdaad tot hulle geneig gewees het;
17:75. dan sou Ons u ’n dubbele straf in hierdie lewe en ’n dubbele straf ná die dood laat verduur het; en dan sou u teen Ons geen helper gevind het nie.
17:76. En waarlik, hulle het probeer om u te verskrik sodat hulle u van die land kon verdryf; maar dan sou hulle ná u vertrek tog maar ’n kort tydjie daarin vertoef het.
17:77. Dit is Ons weg met Ons boodskappers wat Ons vóór u gestuur het, en u sal geen ver andering in Ons weg vind nie.

Afdeling 9: Die waarheid sal seëvier

17:78. Onderhou die gebed gereeld, vanaf middag tot die donker van die nag, en dra die Qur’ãn voor met die daeraad. Voorwaar, die voordra van die Qur’ãn met die daeraad, word opgemerk.
17:79. En bly wakker daarby geduren de ’n gedeelte van die nag, buiten dít waartoe u verplig is; dit mag wees dat u Heer u tot ’n hoë rang sal verhef.
17:80. En sê: O my Heer! Laat my intrede ’n goeie intrede wees, en laat my uitgang ’n goeie uitgang wees, en skenk my van U gesag om my te help.
17:81. En sê: Die Waarheid het gekom en die valsheid het ver dwyn. Voorwaar, die valsheid sal sekerlik verdwyn.
17:82. En van die Qur’ãn openbaar Ons dít wat ’n genesing en ’n genade vir die gelowiges is, maar dit vererger slegs die oordeel van die kwaaddoeners.
17:83. En wanneer Ons aan die mens gunste bewys, draai hy hom weg en gedra hom hoogmoedig; en wanneer die kwaad hom kwel, word hy wanhopig.
17:84. Sê: Elkeen gaan te werk op sy eie manier, maar julle Heer weet goed wie op die regte pad die beste gelei is.

Afdeling 10: Die Qur’ãn ~ ’n ongeëwenaarde leiding

17:85. En hulle stel u vrae omtrent die openbaring. Sê: Die open baring geskied op die bevel van my Heer, en daarvan word aan julle maar min kennis gegee.
17:86. En as Ons wou, kon Ons sekerlik van u wegneem wat Ons aan u geopenbaar het, dan sal u niemand vind om u saak teen Ons te bepleit nie;
17:87. maar dit is ’n genade van u Heer. Voorwaar, Sy goedheid jeëns u is oorvloedig.
17:88. Sê: Indien die mens en djien sou saamspan om die gelyke van hierdie Qur’ãn voort te bring, sal hulle nie daarin slaag nie, ofskoon sommige van hulle helpers van ander was.
17:89. En voorwaar, Ons het dit aan die mens in die Qur’ãn op alle moontlike maniere verduidelik, maar die meeste mense toon slegs ondankbaarheid.
17:90. En hulle sê: Ons sal geensins in u glo nie, tensy u vir ons ’n bron uit die aarde kan laat ontspring,
17:91. of tensy u ’n tuin met dadelpalms en druiwe besit, wat u oorvloediglik uit riviere kan benat;
17:92. of tensy u die hemel in stukke op ons kan laat neerval, soos u blykbaar dink; of tensy u Allah en die engele van aangesig tot aangesig aan ons kan toon;
17:93. of tensy u ’n huis van goud het; of tensy u na die hemel opvaar: En ons sal nie in u hemelvaart glo nie tensy u ’n boek vir ons neerstuur waarin ons kan lees. Sê: Heilig is my Heer! Is ek iets anders as ’n menslike boodkskapper?

Afdeling 11: Die regverdigheid van die vergelding

17:94. En niks het die mense belet om te glo toe die leiding na hulle gekom het nie, behalwe dat hulle sê: Het Allah ’n méns as boodskapper gestuur?
17:95. Sê: As daar op die aarde engele in veiligheid rondgedwaal het, sou Ons uit die hemel ’n engel as boodskapper na hulle gestuur het.
17:96. Sê: Voldoende is Allah as getuie tussen julle en my. Voorwaar, Hy is ewig Bewus, en Hy sien Sy dienaars.
17:97. En hy wat deur Allah gelei word, is op die regte pad; en dié wat Hy laat dwaal, vir hulle sal u geen voogde buiten Hom vind nie. En Ons sal hulle op die Dag van Opstanding op hulle aangesigte bymekaar bring; doof, stom en blind. Hulle tuiste is die Hel. Telkemale as die vuur afneem, sal Ons die vlam vir hulle aanstook.
17:98. Dít is hulle vergelding omdat hulle nie in Ons tekens glo nie, en gesê het: Sal ons weer in ’n nuwe skepping opgewek word wanneer ons beendere en stof geword het?
17:99. Sien hulle nie dat Allah, wat die hemele en die aarde geskape het, in staat is om hulle ewebeeld te skep nie? Hy het vir hulle ’n termyn vasgestel waaromtrent daar geen twyfel bestaan nie. Dog die kwaad doeners toon slegs ondank baarheid.
17:100. Sê: Indien julle die skatte van barmhartigheid van my Heer beheer, sou julle dit nogtans terughou uit vrees dat dit sou opraak. En die mens is altyd suinig.

Afdeling 12: ’n Verglyking met Moses

17:101. En waarlik, Ons het Moses nege duidelike tekens gegee; vra gerus die Kinders van Israel daarna. Toe hy by hulle kom, het Farao aan hom gesê: Moses, ek dink dat u waarlik getoor is.
17:102. Hy het gesê: Voorwaar, u weet dat niemand anders nie as die Heer van die hemele en die aarde hierdie dinge as duidelike bewyse gestuur het; en ek glo, o Farao, dat u verlore is.
17:103. Aldus was hy voornemens om hulle uit die land te verwyder, maar Ons het hom en diegene wat by hom was, almal saam laat verdrink.
17:104. En Ons het aan die Kinders van Israel ná hom gesê: Woon in die land; maar toe die laaste belofte vervul was, het Ons julle almal opgerol.
17:105. En met waarheid het Ons dit geopenbaar, en met waarheid het dit gekom. En Ons het u slegs as ’n draer van blye tydings en as ’n waarskuwer gestuur.
17:106. En Ons het die Qur’ãn opverdeel, sodat u dit stuksgewys aan die volk kan voorlees; Ons het dit in stadia geopenbaar.
17:107. Sê: Glo daarin, of verwerp dit. Diegene aan wie reeds voor heen kennis daarvan geskenk is, val op hulle aangesig neer wan neer dit aan hulle voorgelees word,
17:108. en hulle sê: Lof en eer aan ons Heer! Die belofte van ons Heer sal sekerlik vervul word.
17:109. En wenend val hulle op die aangesig neer; en dit vermeer der hulle nederigheid.
17:110. Sê: Roep Allah aan of roep die Barmhartige aan. By welke naam julle Hom ook aanroep, Hy het die beste name. En sê julle gebed nie te hard en ook nie te sag nie, maar soek ’n middeweg.
17:111. En sê: Alle lof kom Allah toe, wat geen seun vir Homself geneem het nie, en wat geen deelgenoot in die Koninkryk het nie; nóg het Hy ’n helper weens swakheid; en verkondig Sy allesoortreffende grootheid.

Hoofstuk 18: Die Spelonk

Afdeling 1: ’n Waarskuwing aan die Christene

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

18:1. Alle lof kom Allah toe! Wat die Boek aan Sy dienaar geopenbaar het en geen valsheid daarin toe gelaat het nie,
18:2. regleidend, om teen ’n strenge kastyding van Hom te waarsku; en aan die gelowiges, wat goeie werke doen, die blye tyding te bring dat hulle ’n uitnemende beloning sal ontvang,
18:3. waarin hulle vir ewig sal vetoef;
18:4. en om diegene te waarsku wat sê: Allah het ’n seun vir Hom verwek.
18:5. Hulle het geen kennis daarvan nie, en hulle vaders ewemin. Griewend is die woorde wat hul le monde voortbring. Wat hulle sê, is niks anders nie as ’n leuen.
18:6. Miskien sal u van droefheid wil beswyk, uit jammerte vir hulle, omdat hulle nie in hierdie aankondiging wil glo nie.
18:7. Voorwaar, Ons het alles wat op die aarde is, vir haar as ’n ornament gemaak, om te beproef wie van hulle se werke die beste is.
18:8. En wat daarop is, sal Ons stof maak, sonder gras.
18:9. Of dink u dat die metgeselle van die Spelonk en van die Inskripsie ook van Ons wonderlike tekens was?
18:10. Toe die jongelinge in die Spelonk herberg gesoek het, het hulle gesê: Ons Heer! Skenk ons u genade, en wys ons ’n regte weg aan in ons saak.
18:11. Daarom het Ons hulle vir ’n aantal jare in die Spelonk doofgemaak.
18:12. Daarna het Ons hulle weer opgewek, sodat Ons kon sien wie van die twee partye die beste rekenskap kan gee van die tyd wat hulle daarin vertoef het.

Afdeling 2: Die Spelonkbewoners

18:13. Ons vertel u hulle geskiedenis met waarheid. Voorwaar, hulle was jongelinge wat in hul Heer geglo het, en Ons het hulle in leiding laat toeneem.
18:14. En Ons het hulle harte versterk toe hulle opgestaan en gesê het: Ons Heer is die Heer van die hemele en die aarde; ons roep geen ander god buiten Hom aan nie, want as ons dít doen, sal ons gruwelike woorde moet uit spreek.
18:15. Hierdie volk van ons het gode buiten Hom aangeneem. Waarom bring hulle geen duidelike bewyse omtrent hulle nie? Wie is meer onregverdig as hy wat ’n leuen teen Allah versin?
18:16. En daar is aan hulle gesê: Wanneer julle van hulle en dít wat hulle buiten Allah aanbid, afskeid neem, neem dan julle toevlug tot die Spelonk; julle Heer sal Sy barmhartigheid aan julle bewys en vir julle die saak gunstig laat besleg.
18:17. En u sal die son, wanneer dit opkom, effens aan die regterkant van hulle spelonk kan sien, en wanneer dit ondergaan, aan hul linkerkant. Daartussen, in die wye holte, was hulle tuiste. Dit is ’n teken van Allah; Hy wat deur Allah gelei word, is op die regte weg; maar vir hom wat Hy in dwaling laat, sal u geen vriend vind om hom reg te lei nie.

Afdeling 3: Die Spelonkbewoners

18:18. En u sou dink dat hulle wakker is, terwyl hulle in werklikheid geslaap het, en Ons hulle van links na regs gedraai het; terwyl hulle hond met uitgestrekte pote by die drumpel gelê het. En as u na hulle gekyk het, sou u vlugtend van hulle weggedraai het, en hulle sou u met vrees vervul het.
18:19. En Ons het hulle laat ontwaak sodat hulle mekaar kon ondervra. ’n Spreker uit hulle midde het gesê: Hoe lank het u vertoef? Hulle het geantwoord: Ons het ’n dag of ’n gedeelte van ’n dag vertoef. Ander weer het gesê: Julle Heer weet goed hoe lank julle vertoef het. Stuur nou een van julle met hierdie silwermuntstuk na die stad en laat hy sien watter voedsel goed en wettig is, en vir julle lewensmiddele daarmee saam bring, en laat hy homself vrien delik gedra, en julle saak aan niemand bekend maak nie.
18:20. Want as hulle die oorhand oor julle kry, sal hulle jul met klippe doodgooi, of julle na hulle godsdiens dwing, en dan sal julle nooit slaag nie.
18:21. En so het Ons die mense inligting omtrent hulle laat kry, sodat hulle kan weet dat die belofte van Allah waar is en dat daar geen twyfel omtrent die Uur bestaan nie. Toe hulle onder mekaar oor hulle eie saak geargumenteer en gesê het: Rig ’n gebou oor hulle op. Hul Heer weet wat die beste is. Diegene wat die oorhand behaal het, het gesê: Ons sal sekerlik ’n plek van aanbidding oor hulle bou.
18:22. Sommige sê: Daar was drie en die vierde was hulle hond; en andere sê: Vyf, die sesde was hulle hond; terwyl hulle slegs gis. En nog ander sê: Sewe, en die agste was hulle hond. Sê: My Heer ken hulle getal. Niemand ken hulle nie, behalwe enkeles. Argumenteer daarom nie oor hulle saak nie, behalwe met duidelike bewyse, en vra ook nie een van hulle om inligting nie.

Afdeling 4: Die Qur’ãn as ’n leiding

18:23. En sê nie aangaandie iets: Ek sal dit môre doen nie;
18:24. sonder om daarby te sê: As dit Allah behaag. En wanneer u dit vergeet, dink dan aan u Heer en sê: Dit mag wees dat my Heer my nader as tans na die regte weg sal lei.
18:25. En hulle het driehonderdjaar in hulle Spelonk gebly, en nog nege.
18:26. Sê: Allah weet goed hoe lank hulle gebly het. Aan Hom behoort die geheime van die hemele en die aarde. Hoe duidelik kan Hy sien en hoor! Daar is geen voog vir hulle buiten Hom nie, en Hy laat niemand toe om aan Sy besluite deel te neem nie.
18:27. En verkondig dít wat van die Boek van u Heer aan u geopenbaar is. Daar is niemand wat Sy woorde kan verander nie. En u sal geen toevlug buiten Hom vind nie.
18:28. En uself moet vertoef met diegene wat hulle Heer soggens en saans aanroep, en wat verlang na Sy welbehae. En laat u oë nie van hulle afdwaal omdat u verlang na die prag en praal van die lewe van hierdie wêreld nie. En volg nie vir hom wie se hart Ons agteloos ten aansien van Ons gedagtenis gemaak het nie, aangesien hy sy slegte begeerte volg, en hy die vasgestelde perke oorskry.
18:29. En sê: Die Waarheid kom van julle Heer; laat dié wat wil, glo, en dié wat nie wil nie, ongelowig bly. Voorwaar, vir die kwaaddoeners het Ons ’n Vuur voorberei wat hulle sal insluit. En indien hulle om hulp vra, sal daar water soos gesmelte geelkoper vir hulle gegee word, wat hulle gesigte sal verbrand. Hoe verskriklik die drank! Hoe verskriklik die rusplek!
18:30. Wat diegene betref wat glo en goeddoen, voorwaar, Ons sal die beloning van hom wat goed doen, nie verlore laat gaan nie.
18:31. Vir hulle is daar Tuine van Ewigheid waardeur riviere vloei; hulle sal daarin met armbande van goud getooi word, en hulle sal groen gewade van fyn sy en swaar brokaat dra, terwyl hulle hul op verhewe sofa’s daarin sal neervly. Hoe uitmuntend die beloning! Hoe uitstekend die rusplek!

Afdeling 5: ’n Gelykenis

18:32. En vertel aan hulle die gelykenis van die twee manne. Vir een van hulle het Ons twee tuine met wingerde gemaak, en Ons het dit met dadelpalms omhein, en tussen hulle het Ons koringvelde aangelê.
18:33. Hierdie tuine het albei vrugte voortgebring en het nie gebrek geken nie, en Ons het ’n rivier tussen hulle deur laat stroom.
18:34. En hy het vrugte gehad. Aan sy maat het hy gesê terwyl hy met hom geargumenteer het: Ek het meer rykdom as u, en my volgelinge is magtiger.
18:35. En hy het in sy tuin gegaan, terwyl hy onregverdig teenoor homself was, en gesê: Ek dink nie dat dít ooit sal vergaan nie;
18:36. en ek dink nie dat die Uur sal kom nie; en al word ek na my Heer teruggebring, sal ek seker lik ’n beter oord as dít vind.
18:37. Sy maat het vir hom gesê terwyl hy met hom geredekawel het: Glo u nie in Hom wat u uit stof geskape het, daarna uit ’n sperm, en u toe ’n volmaakte mens gemaak het nie?
18:38. Maar wat my betref: Hy, Allah, is my Heer, en ek vereenselwig niemand met Hom nie.
18:39. En waarom het u nie gesê toe u die tuin binnegegaan het nie: Dit is soos dit Allah behaag het; daar is geen mag nie behalwe in Allah? As u my as u mindere in rykdom en kinders beskou,
18:40. sal my Heer my waarskynlik iets beter as u tuin gee, en op u s’n ’n afrekening uit die hemel af stuur, sodat dit stof sonder plante sal word;
18:41. of die water daarvan sal in die grond sink, sodat u nie in staat sal wees om dit weer te vind nie.
18:42. En sy vrugte is vernietig, en hy het sy hande begin wring weens alles wat hy aan die tuin bestee het, en omdat dit nou vewoes lê met ingestorte latwerk. En hy het gesê: Wee my! Het ek maar niemand met my Heer vereen selwig nie!
18:43. En hy het geen leërskaar gehad om hom teen Allah te help nie, nog minder kon hy homself verdedig.
18:44. Beskerming kom dus alleen van Allah, die Ware. Hy is die Beste beloner en die Beste betaler.

Afdeling 6: Die skuldiges word tereggestel

18:45. En hou die volgende voor as ’n gelykenis van hierdie wêreld: dit is soos water wat Ons uit die wolk afstuur sodat die gras op die aarde daardeur weelderig kan groei, en daarna word dit droog en breek op in stukkies wat die wind verstrooi. En die mag van Allah oorheers alle dinge.
18:46. Rykdom en kinders is sierade van die lewe van hierdie wêreld; maar die ewigdurende, die goeie werke, sal deur u Heer beter beloon word, en u sal op meer kan hoop.
18:47. En dink aan die Dag waarop Ons die berge sal versit, en u die aarde sal sien soos ’n uitgestrek te vlakte, en Ons hulle almal bymekaar sal maak en niemand sal laat agterbly nie.
18:48. En hulle sal in rye voor u Heer gebring word, en daar sal gesê word: Sekerlik het julle na Ons gekom soos Ons julle die eerste maal geskape het. Nee, julle het gedink dat Ons nie ’n afspraak met julle gemaak het nie.
18:49. En die boek sal voorgelê word: dan sal u die skuldiges sien vrees weens dít wat daarin staan, en hulle sal sê: Wee ons! Wat se boek is dit? Dit slaan nie klein of groot oor nie, maar dit som alles op. En hulle sal alles sien wat hulle gedoen het. En u Heer sal niemand onreg aandoen nie.

Afdeling 7: Hulle hopeloosheid

18:50. En toe Ons aan die engele gesê het: Prostreer voor Adam, het hulle geprostreer, behalwe Iblies. Hy was een van die djien, daarom dat hy die gebod van sy Heer oortree het. Sal julle hom en sy nageslag dan tot vriende neem en nie vir My nie, terwyl hulle julle vyande is? Boos is die ruil van die onregverdiges.
18:51. En Ek het julle nie as getuies van die skepping van die hemele en die aarde ingeroep nie, ook nie van julle eie skepping nie. Ook het Ek nie die misleiers as helpers gehad nie.
18:52. En eendag sal Hy sê: Roep diegene aan van wie julle gesê het dat hulle deelgenote van My is. Dan sal hulle hul aanroep maar geen antwoord ontvang nie, en Ons sal ’n skeiding tussen hulle maak.
18:53. En die skuldiges sal die Vuur raaksien, en hulle sal weet dat hulle enige oomblik daarin kan val; en hulle sal dit nie vry spring nie.

Afdeling 8: Waarskuwing word verontagsaam

18:54. En waarlik, Ons het in hierdie Qur’ãn allerlei gelykenisse vermeld, maar die mens is in baie dinge twissiek.
18:55. En niks belet die mense om te glo wanneer daar leiding tot hulle kom, en om hulle Heer om vergifnis te vra nie, behalwe dat hulle weet dat daar met hulle moet gebeur wat met die ou volke gebeur het, of dat hulle die straf in die gesig moet staar.
18:56. En Ons stuur nie boodskappers nie, behalwe as draers van blye tydings en as waarskuwers; en diegene wat nie glo nie worstel met valsheid om die Waarheid daardeur te verswak, en hulle dryf die spot met My tekens en die waarskuwinge.
18:57. En wie is onregvediger as hy wat herinner word aan die tekens van sy Heer, en dan sy rug daarop draai en vergeet wat sy hande vooruitgestuur het? Voorwaar, Ons het sluiers oor hulle harte gelê, sodat hulle dit nie kan verstaan nie, en doofheid in hulle ore. En al vermaan u hulle om te volg, hulle sal nooit gehoor gee nie.
18:58. Maar u Heer is Vergewens gesind, uiters Genadevol. Indien Hy hulle wou straf vir wat hulle verdien het, sou Hy ongetwyfeld die straf vir hulle verhaas het. Maar vir hulle is daar ’n vasgestelde tyd waaraan hulle nie sal ontkom nie.
18:59. En hierdie stede! Ons het hulle vernietig toe hulle onreg gedoen het. En Ons het ’n tyd vir hulle verdelging vasgestel.

Afdeling 9: Moses reis om kennis te soek

18:60. En toe Moses aan sy dienaar gesê het: Ek sal nie ophou voor dat ek die samevloeiing van die twee riviere bereik nie, anders sal ek jare voortgaan.
18:61. En toe hulle die samevloeiing van die twee riviere bereik het, het hulle hul vis vergeet, en dit het weer sy weg in die rivier gevind terwyl dit ’n kans daartoe gehad het.
18:62. Maar toe hulle verder gaan, het hy aan sy dienaar gesê: Bring vir ons ons oggendmaal. Waar lik, hierdie reis het ons vermoei.
18:63. Sy antwoord was: Toe ons ons skuiling by die rots gesoek het, het ek die vis vergeet, en niemand anders as die duiwel nie het my laat vergeet om daarvan te praat, en dit het sy weg in die rivier gevind; hoe wonderlik!
18:64. Hy het gesê: Dít is waarna ons gesoek het. Daarom het hulle op hulle spore teruggegaan.
18:65. Toe het hulle ’n dienaar van Ons gevind aan wie Ons barmhartigheid bewys het, en wat Ons met kennis van Onsself onderwys het.
18:66. Moses het aan hom gesê: Mag ek u volg sodat u my onderwys kan gee in die goeie kennis waarin u reeds onderrig is?
18:67. Hy het geantwoord: U sal nie geduldig wees met my nie.
18:68. En hoe kan u geduldig wees in sake waarvan u geen behoorlike kennis het nie?
18:69. Hy het gesê: As dit Allah behaag, sal u my geduldig vind, en ek sal u bevele nie ongehoor saam wees nie.
18:70. Hy het gesê: Nou goed, as u my wil volg, moet u my oor niks uitvra totdat ek self met u daaroor praat nie.

Afdeling 10: Moses reis om kennis te soek

18:71. So het hulle dan vertrek, totdat hulle later in ’n boot geklim en hy ’n gat daarin gemaak het. Moses het gesê: Het u ’n gat daarin gemaak om die varendes te laat verdrink? Voorwaar, u het iets gruweliks aangerig.
18:72. Hy het geantwoord: Het ek u nie gesê dat u nie geduldig kan wees nie?
18:73. Sy antwoord was: Verwyt my nie omdat ek vergeet het nie, en wees nie hardvogtig oor wat ek gedoen het nie.
18:74. Hulle het toe verder gereis totdat hulle ’n seun teengekom en hy hom vermoor het. Moses het ge sê: Het u ’n onskuldige gedood wat niemand kwaad aangedoen het nie? U het inderdaad ’n gruwelike daad begaan.
18:75. Hy het geantwoord: Het ek nie gesê dat u nie in staat is om saam met my geduldig te wees nie?
18:76. Hy het gesê: As ek u weer iets vra, moet u my nie langer in u geselskap hou nie. U sal rede daartoe hê.
18:77. So het hulle hul gang gegaan totdat hulle by die inwoners van ’n stad gekom het, waar hulle om kos gevra het. Maar die inwoners het geweier om gasvryheid aan hulle te betoon. Toe het hulle daar ’n muur gevind wat enige oomblik kon instort, en hy het dit weer herstel. Moses het gesê: As u wou, kon u ’n loon daarvoor gevra het.
18:78. Hy het gesê: Dít is die skeiding tussen u en my. Ek sal u nou die verklaring van die dade gee waaroor u ongeduldig was.
18:79. Wat die boot betref, dit het aan arm mense behoort wat op die rivier gewerk het, en dit was my voorneme om dit onbruikbaar te maak, want agter hulle was ’n koning wat op elke boot met geweld beslag gelê het.
18:80. En wat die seun betref, sy ouers was gelowiges en Ons het gevrees dat hy skande oor hulle sou bring deur sy opstandigheid en ongeloof.
18:81. Derhalwe het Ons gewens dat hulle Heer hulle in sy plek ’n beter seun moet skenk, een wat reiner en sagmoediger sal wees.
18:82. En wat die muur betref, dit het aan twee weesseuns in die stad behoort, en daaronder was skatte wat aan hulle behoort het, en hulle vader was ’n regverdige man. Daarom was dit hulle Heer se verlange dat hulle volwasse sou word en hulle skatte uitgrawe ~ ’n genade van u Heer ~ en dit alles het ek nie uit myself gedoen nie. Dít is die betekenis van dit waaroor u nie geduldig was nie.

Afdeling 11: Zoel-Kornein en Gog en Magog

18:83. En hulle vra u uit omtrent Zoel-Kornein. Sê: Ek sal julle sy verhaal meedeel.
18:84. Voorwaar, Ons het hom in die land gevestig en hom toegang tot alles verleen;
18:85. en hy het ’n weg gevolg,
18:86. totdat hy die verste punt bereik het in die rigting van die ondergaande son, waar dit in die swart see ondergegaan het, en waar hy ’n volk gevind het. Ons het gesê: O Zoel-Kornein! Bestraf hulle, of behandel hulle met vriendelikheid.
18:87. Hy het gesê: Wat diegene betref wat kwaad doen, ons sal elkeen van hulle bestraf, dan sal hy na sy Heer terugkeer, en Hy sal hom met ’n streng kastyding straf.
18:88. En wat hom betref wat glo en goeddoen, hy sal ’n goeie beloning ontvang, en hy sal deur Ons gebod gemak ontvang.
18:89. Daarna het hy ’n ander weg ingeslaan,
18:90. totdat hy die land van die op komende son bereik het, waar hy ontdek het dat dit oor ’n volk opkom aan wie Ons geen beskutting daarteen gegee het nie.
18:91. So was dit. En Ons het vol ledige kennis gehad van wat hy besit het.
18:92. Daarna het hy weer ’n ander weg ingeslaan,
18:93. totdat hy ’n plek tussen twee berge bereik het, aan die ander kant waarvan hy ’n volk aan getref het wat skaaars ’n woord kon verstaan.
18:94. Hulle het gesê: O Zoel-Kornein! Gog en Magog rig onheil aan in die land. Ons sal graag aan u eer bewys mits u ’n versperring tussen hulle en ons oprig.
18:95. En hy het geantwoord: Dít waarmee my Heer my beklee het, is beter as eerbewyse; help my, en ek sal ’n verskanste versperring tussen hulle en julle oprig.
18:96. Bring vir my blokke yster. Uiteindelik, toe hy die ruimte tussen die twee berge opgevul het, het hy gesê: Blaas; totdat hy dit soos ’n vuur laat lyk en hy gesê het: Bring vir my gesmelte geelkoper om daaroor te giet.
18:97. En hulle was nie in staat om daaroor te klim of om ’n gat daarin te maak nie.
18:98. Hy het gesê: Dit is ’n genade van my Heer, maar wanneer die belofte van my Heer vervul sal word, sal Hy dit laat instort; en die belofte van my Heer bly ewig waar.
18:99. En op daardie Dag sal Ons sommige van hulle teen andere in opstand laat kom, en die basuin sal geblaas word; dan sal Ons hulle almal bymekaar versamel.
18:100. En Ons sal die Hel op daardie Dag vir die ongelowiges oopstel,
18:101. hulle wie se oë gesluier was teen herinneringe aan My, en wat selfs nie kon hoor nie.

Afdeling 12: Die Christelike volkere

18:102. Dink hulle wat nie glo nie, dat hulle My dienaars as vriende buiten My kan neem? Voorwaar, Ons het die Hel as ’n onthaal vir die ongelowiges voorberei.
18:103. Sê: Sal Ons julle mee deel wie se werke die grootste verlies sal toon?
18:104. Dit is hulle wie se moeite in hierdie lewe tevergeefs was, maar wat nogtans dink dat hulle goeie dinge vervaardig het.
18:105. Dit is hulle wat nie in die tekens van hulle Heer en in die ontmoeting met Hom glo nie. Daarom sal hulle werke tevergeefs wees. En op die Dag van Herrysing sal Ons geen weegskaal vir hulle opstel nie.
18:106. Dít is hulle beloning ~ Hel, omdat hulle nie geglo het nie en met My tekens en My boodskappers die spot gedrywe het.
18:107. Voorwaar, hulle wat glo en goeie werke doen, vir hulle is die Tuine van die Paradys be stem. ’n Onthaal,
18:108. vir hulle om in te vertoef; en hulle sal nie begeer om daar uit weg te gaan nie.
18:109. Sê: Al was die oseaan ink vir die woorde van my Heer, sou dit uitgeput raak voordat die woorde van my Heer ten einde sou kom, selfs al sou Ons nog soveel daarby voeg.
18:110. Sê: Ek is maar ’n sterfl ing net soos julle, maar dit is aan my geopenbaar dat julle God slegs één God is. Laat hulle dan wat uitsien na die ontmoeting met hulle Heer, goeie dade doen en by die aanbidding niemand anders met Hom vereenselwig nie.

Hoofstuk 19: Maria

Afdeling 1: Sagaria en Johannes

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

19:1. Kaaf, Haa, Jaa, Ein, Sôd. {Allegoriese letters} 2. ’n Vermelding van die barmhar tigheid van u Heer aan Sagaria:
19:3. Toe hy sy Heer in die geheim aangeroep het:
19:4. Hy het gesê: My Heer! My gebeente het swak geword en my hoof glans met grys hare, en my gebed tot U, o my Heer, was nooit vergeefs nie.
19:5. Maar ek vrees my bloedver wante ná my; en my vrou is onvrugbaar; skenk my ’n opvol ger van Uself,
19:6. sodat hy my en die huis van Jakob tot erfgenaam mag wees. En maak hom, my Heer, U welgevallig.
19:7. Allah het geantwoord: Sagaria, Ons bring u die goeie nuus van ’n seun wie se naam Johannes sal wees: Sy gelyke het Ons nog nooit voorheen gemaak nie.
19:8. Hy het gesê: My Heer, hoe kan daar aan my ’n seun gegee word terwyl my vrou onvrugbaar is en ek reeds die laaste grens van die ouderdom bereik het?
19:9. Hy het gesê: So sal dit wees. U Heer sê: Dit is maklik vir My; Ek het u voorheen geskape toe u niks was nie.
19:10. Hy het gesê: My Heer! Gee my ’n teken. Hy het gesê: U teken is dat u vir drie agtereenvol gende dae en nagte met niemand sal praat nie, terwyl u tog blakende gesondheid sal geniet.
19:11. So het hy dan uit die aller heiligste vertrek na sy volk gegaan en aan hulle verkondig: Verheerlik Allah soggens en saans!
19:12. O Johannes! Hou vas aan die Boek met krag. En Ons het aan hom wysheid verleen terwyl hy nog ’n kind was,
19:13. en sagmoedigheid van Ons, en reinheid. En hy was opreg;
19:14. en goed vir sy ouers, en nie parmantig en ongehoorsam nie.
19:15. Vrede was met hom op die dag van sy geboorte, en op sy sterfdag, en dit sal so wees op die Dag waarop hy weer opgewek sal word!

Afdeling 2: Maria en Jesus

19:16. En vermeld Maria in die Boek. Hoe sy haarself van haar familie onttrek het en na ’n afgeleë plek in die Ooste vertrek het;
19:17. en sy het haar van hulle afge sluier. Toe het Ons Ons gees tot haar gestuur en hy het aan haar verskyn in die gestalte van ’n volmaakte man.
19:18. Sy het gesê: Ek neem my toevlug tot die Barmhartige teen u, indien u iemand is wat teen die kwaad waak.
19:19. Hy het geantwoord: Ek is maar net ’n boodskapper van u Heer wat sê: Ek sal haar ’n rein seun gee.
19:20. Sy het geantwoord: Hoe kan ek ’n seun baar terwyl geen man my aangeraak het nie, en ek ook nie ontugtig was nie?
19:21. Hy het gesê: So sal dit wees. U Heer sê: Dit is maklik vir My; Ons sal hom ’n teken vir die mense maak, en ’n genade van Ons. En dit is ’n beslote saak.
19:22. En sy het hom ontvang en met hom na ’n afgeleë plek vertrek.
19:23. En die smarte van die bevalling het haar na die stam van ’n palmboom gedryf. Sy het gesê: Het ek maar liewer voorheen gesterf en vergete geraak!
19:24. Maar ’n stem van benede het na haar geroep: Moenie treur nie; waarlik, u Heer het ’n stroompie vir u laat ontspring;
19:25. en trek die stam van die palmboom na u toe; dit sal vars, ryp dadels vir u laat afval.
19:26. Eet, drink en spoel u oë uit. En indien u iemand sien, sê dan: Waarlik, ek het aan die Barm hartige ’n gelofte afgelê om te vas; daarom sal ek vandag met niemand praat nie.
19:27. En sy het haar kind na haar volk teruggedra. Hulle antwoord was: O Maria, u het iets vreemds gedoen.
19:28. O suster van Aäron! U vader was geen verdorwe man en u moeder nie ’n onkuise vrou nie!
19:29. Maar sy het na hom gewys. Hulle het gesê: Hoe kan ons praat met ’n kind wat nog in die wieg lê?
19:30. En hy het gesê: Ek is waarlik ’n dienaar van Allah. Hy het my die Boek gegee en van my ’n profeet gemaak;
19:31. en Hy sal my geseënd laat wees, waar ek my ook al mag bevind; en Hy het my die gebed en die gee van gunste opgelê solank as wat ek lewe;
19:32. en ook dat ek my moeder gehoorsaam moet wees; en Hy het nie van my ’n weerspannige en ongeseënde gemaak nie.
19:33. En vrede was met my op die dag van my geboorte en sal met my wees op die dag van my afsterwe, en so ook weer op die Dag wanneer ek opgewek sal word.
19:34. So was Jesus, die seun van Maria. En dit is oor hierdie ware verklaring dat hulle argumenteer.
19:35. Dit pas nie by Allah dat Hy ’n seun vir Homself moet neem nie. Heilig is Hy! Wanneer Hy ’n beslissing vel, sê Hy slegs: Wees! en dit word.
19:36. Voorwaar, Allah is my Heer en julle Heer; daarom moet julle Hom dien. Dít is die regte weg.
19:37. Maar sektes onder hulle het met mekaar van mening verskil. Wee dan die ongelowiges, om dat hulle aanwesig sal wees op ’n smartlike dag.
19:38. Hoe helder sal hulle hoor en sien op die Dag wanneer hulle tot Ons sal terugkeer; waarlik, die kwaaddoeners verkeer vandag in duidelike dwaling.
19:39. En waarsku hulle teen die Dag van Spyt, wanneer die oordeel gevel sal word. Tans is hulle agteloos en ongelowig.
19:40. Voorwaar, Ons sal die aarde en wie daarop is, beërwe, en tot Ons sal hulle terugkeer.

Afdeling 3: Abraham

19:41. En vermeld Abraham in die Boek. Voorwaar, hy was waarheidliewend, ’n profeet.
19:42. Toe hy aan sy vader gesê het: O my vader! Waarom aanbid u dinge wat nie hoor nie, ook nie sien of u op enige wyse van nut kan wees nie?
19:43. O my vader! Aan my is daar kennis geskenk wat aan u nie geskenk is nie. Volg daarom vir my en ek sal u op die regte pad lei.
19:44. O my vader! Moenie die duiwel dien nie. Voorwaar, die duiwel is die Barmhartige ongehoor saam.
19:45. O my vader! Ek vrees dat die straf van die Barmhartige u sal tref en dat u ’n vriend van die duiwel sal word.
19:46. Sy antwoord was: Versaak u my gode, o Abraham? As u nie nou ophou nie, sal ek u moet verdryf. Laat my dan ’n tyd lank met rus.
19:47. Hy het gesê: Vrede vir u! Ek sal by my Heer om vergifnis vir u smeek. Waarlik, Hy is altyd Goed vir my.
19:48. En ek sal my ver hou van u en van die dinge wat u buiten Allah aanroep; en ek sal my Heer aanroep. Miskien sal my gebe de nie ongeseënd wees nie.
19:49. Daarom dat Ons ~ toe hy van hulle en die dinge wat hul aanbid het, afskeid geneem het ~ Isak en Jakob aan hom geskenk het. En van elkeen van hulle het Ons ’n profeet gemaak.
19:50. En Ons het hulle van Ons barmhartigheid geskenk, en Ons het hulle ’n ware en verhewe erenaam geskenk.

Afdeling 4: Ander profete word opgewek

19:51. En vermeld Moses in die Boek. Voorwaar, hy was ’n opregte persoon, ’n boodskapper en ’n profeet.
19:52. En Ons het hom van die geseënde kant van die berg af geroep, en Ons het hom nader laat tree vir ’n gesprek.

19:53. En deur Ons genade het Ons aan hom sy broer Aäron gegee, ’n profeet.
19:54. En vermeld Isma-eel in die Boek. Voorwaar, hy het sy belofte gestand gedoen, en hy was ’n boodskapper, ’n profeet.
19:55. En hy het sy volk die gebed en die gee van gunste opgelê; en sy Heer het welbehae gehad in hom.
19:56. En vermeld Iederies {Enog} in die Boek. Voorwaar, hy was ’n waarheidliewende man, ’n profeet.
19:57. En Ons het vir hom ’n hoë aansien gegee.
19:58. Húlle is dit oor wie Allah Sy seëninge uitgestort het onder die profete van die nageslag van Adam, en van diegene wat Ons saam met Noag vervoer het, en van die nageslag van Abraham en Israel, en van diegene wat deur Ons gelei en uitverkies is. Toe die tekens van die Barmhartige aan hulle voorgedra is, het hulle hul in onderdanig heid wenend neergewerp.
19:59. Maar ná hulle het daar ’n slegte nageslag gekom, wat gebede verspil en aan hulle lae begeertes gehoor gegee het. Hulle sal weldra hul verdoemenis tege moetgaan;
19:60. behalwe diegene wat berou toon, glo en goeie werke verrig ~ hulle sal die Tuin binnegaan, en hulle sal geen onreg aangedoen word nie;
19:61. Tuine van Ewigheid wat die Barmhartige in die Onsigbare aan Sy dienaars beloof het. Voorwaar, Sy belofte sal geskied.
19:62. Hulle sal geen ydele gesprek daarin hoor nie, net: Vrede! En soggens en saans sal hulle hul lewensonderhoud ontvang.
19:63. Dít is die Paradys wat Ons as erfenis aan Ons dienaars wat godvresend is, sal skenk.
19:64. En Ons engele daal nie af nie, behalwe op die bevel van u Heer. Aan Hom behoort alles wat voor en alles wat agter ons is, en wat daartussen is; en u Heer vergeet nooit.
19:65. Heer van die hemele en die aarde en wat tussen hulle is! Dien Hom daarom en wees geduldig in Sy diens. Ken u enigeen wat aan Hom gelyk is?

Afdeling 5: Hoe die Teëstanders behandel is

19:66. En die mens sê: Wanneer ek dood is, sal ek dan werklik weer tot die lewe teruggebring word?
19:67. Onthou die mens dan nie dat Ons hom voorheen geskape het toe hy niks was nie?
19:68. By u Heer dan! Ons sal hulle sekerlik almal tesame, en net so ook die duiwels, bymekaarbring; dan sal Ons hulle op hulle knieë rondom die Hel versamel.
19:69. Dan sal Ons sekerlik uit elke sekte diegene onder hulle uitkies wat die opstandigste teen die Barmhartige was.
19:70. Ons weet goed wie die ver branding daarin die meeste verdien.
19:71. Daar is niemand onder julle wat nie daarnatoe sal kom nie. Dit is ’n onvermydelike gebod van u Heer.
19:72. En Ons sal diegene red wat teen kwaad waak; en die kwaad- doeners sal Ons op hulle knieë daarin verlaat.
19:73. En wanneer Ons duidelike tekens aan hulle voorgedra word, dan sê die ongelowiges aan hulle wat glo: Wie van die twee partye verkeer in die gunstigste posisie, en wie se samekomste is die grootste?
19:74. En hoeveel geslagte vóór hulle het Ons nie vernietig nie, geslagte wat méér besittings en aansien gehad het?
19:75. Sê: Die Barmhartige verleen uitstel aan hulle wat in dwaling verkeer, totdat hulle die bedrei ging sal sien: óf die straf óf die Uur. Dan sal hulle weet wie se posisie die haglikste en wie se strydkragte die swakste is.
19:76. En Allah laat hulle wat bereid is om leiding te volg, in navolging toeneem. En dade wat sal bly staan ~ die goeie dade ~ sal by u Heer die grootste beloning kry en die meeste winste afwerp.
19:77. Het u hom gesien wat weier om in Ons tekens te glo, en wat sê: Aan my sal seker tog ook rykdom en kinders geskenk word?
19:78. Het hy toegang tot die Onsigbare gehad, of het hy ’n verbond met die Barmhartige aangegaan?
19:79. Geensins! Ons verwerp wat hy sê; en Ons sal die duur van die kastyding vir hom verder ver leng;
19:80. en Ons sal van hom erf wat hy sê; en hy sal alleen tot Ons terugkeer.
19:81. En hulle het gode buiten Allah geneem, sodat dit ’n bron van mag vir hulle kon wees ~
19:82. geensins! Hulle sal inteendeel ontken dat hulle aanbid is, en ook hulle teenstanders wees.

Afdeling 6: Die valse leerstelling van seunskap

19:83. Merk u dan nie dat Ons die duiwels tussen hulle, aanhits om hulle op te sweep nie?
19:84. Wees daarom nie haastig teen hulle nie. Ons sal hulle slegs ’n bepaalde aantal dae uitstel ver leen.
19:85. Die Dag waarop Ons die godvresendes tot die Barmhartige sal bymekaar bring om eerbewyse te ontvang,
19:86. sal Ons ook die skuldiges soos dorstige kuddes na die Hel aandryf.
19:87. Vir hulle sal daar geen bemid deling wees nie, behalwe vir hom wat ’n verbond met die Barmhartige gesluit het.
19:88. En hulle sê: Die Barmhartige het vir Homself ’n seun geneem.
19:89. Voorwaar, julle maak bose bewerings.
19:90. Dis om die hemele vanmekaar te laat skeur en die aarde te kloof en die berge in stukkies te laat val;
19:91. omdat hulle ’n seun aan die Barmhartige kon toeken!
19:92. En dit is die Barmhartige onwaardig dat Hy vir Hom ’n seun sou neem.
19:93. En daar is niemand in die hemele en die aarde nie, of hy kom tot die Barmhartige as ’n dienaar.
19:94. Voorwaar, Hy ken hulle, en Hy het hulle almal getel.
19:95. En elkeen van hulle sal op die Dag van Opstanding na Hom kom, alleen.
19:96. Hulle wat glo en goeie dade doen ~ aan hulle sal die Barmhartige voorwaar liefde betoon.
19:97. Daarom het Ons dit vir u tong maklik gemaak, sodat u daarmee ’n blye tyding kon bring aan almal wat teen die kwaad waak, en sodat u ’n twissieke volk kon waarsku.
19:98. En hoeveel geslagte vóór hulle het Ons nie vernietig nie! Kan u nog enigeen van hulle sien of ’n geluid van hulle hoor?

Hoofstuk 20: Tô-haa

Afdeling 1: Moses word geroep

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

20:1. Tô-haa. {Allegoriese letters} 2. Ons het nie die Qur’ãn aan u geopenbaar sodat dit u moes laat faal nie;
20:3. maar dit is ’n vermaning vir hom wat vrees:
20:4. ’n Openbaring van Hom wat die aarde en die hemele geskape het.
20:5. Die Barmhartige is op die Troon van Mag bevestig.
20:6. Aan Hom behoort alles wat in die hemele is en op die aarde, en wat tussen hulle is, en alles wat onder die grond is.
20:7. En of u hard praat of nie, Hy ken tog alle geheime, en ook dit wat die diepste verborge is.
20:8. Allah! ~ Daar is geen God nie behalwe Hy. Hy het die reinste name.
20:9. En het u die verhaal van Moses gehoor?
20:10. Hoe hy ’n vuur gesien en aan sy volk gesê het: Bly hier; ek bespeur ’n vuur; miskien sal ek u daarvandaan ’n brandende vuurkool kan saambring; of dalk ontvang ek daar nog lig.
20:11. En toe hy daar naby kom, het ’n stem na hom geroep: O Moses!
20:12. Voorwaar, Ek is u Heer. Trek u skoene uit, want u bevind u in die heilige vallei van Toewa.
20:13. En Ek het u uitverkies; luister daarom na wat geopenbaar word:
20:14. Voorwaar, Ek is Allah; daar is geen god nie, behalwe Ek; aanbid My daarom en onderhou die gebed tot My gedagtenis.
20:15. Waarlik, die Uur sal kom ~ Ek is voornemens om dit bekend te maak ~ dan sal elke siel beloon word volgens sy strewe.
20:16. Laat hom wat nie daarin glo nie en sy eie neigings volg, u nie daarvan weerhou nie, anders sal u vergaan.
20:17. En wat is in u regterhand, o Moses?
20:18. Hy het geantwoord: Dit is my staf; ek leun daarop, en ek slaan daarmee blare af vir my skape, en ek gebruik dit ook vir ander doeleindes.
20:19. Hy het gesê: Werp dit neer, o Moses.
20:20. Hy het dit neergewerp; en kyk! dit was ’n kronkelende slang.
20:21. Toe het Hy gesê: Gryp dit, en moenie bang wees nie. Ons sal dit weer maak soos dit was.
20:22. En druk u hand teen u sy; dit sal wit en ongeskonde uitkom ~ nog ’n teken!
20:23. Sodat Ons nog groter tekens van Ons aan u kan toon.
20:24. Gaan na Farao; hy het inder daad die perke oorskry.

Afdeling 2: Moses en Aäron gaan na Farao

20:25. Hy het gesê: My Heer! Ver ruim my bors vir my,
20:26. en Vergemaklik my taak vir my,
20:27. en ontknoop tog my tong,
20:28. sodat hulle my woorde kan ver staan.
20:29. En gee aan my ’n helper uit my familie,
20:30. Aäron, my broer.
20:31. Versterk my krag deur hom,
20:32. en laat hom deel in my taak,
20:33. sodat ons U kan verheerlik,
20:34. en vir altyd aan U kan dink.
20:35. Voorwaar, U sien ons elke oom blik aan.
20:36. Hy het gesê: U smeekbede is verhoor, o Moses.
20:37. En waarlik, Ons het voorheen reeds aan u ’n ander guns bewys,
20:38. toe Ons aan u moeder as volg geopenbaar het:
20:39. Plaas hom in ’n kissie en werp dit in die rivier; daarna sal die rivier dit aan die oewer afgee, waar ’n vyand van My en van hom, hom sal vind en aanneem. En Ek het u met My liefde omhul, sodat u voor My oë opgevoed kon word.
20:40. En toe het u suster verbygekom en gesê: Sal ek u na iemand neem wat hom sal versorg? So het Ons u aan u moeder terugbesorg, sodat haar oë verkoel kon word en sy kon ophou treur. En u het ’n man om die lewe gebring, maar Ons het u van smart verlos, en u op verskeie maniere beproef. En u het jare lank onder die volk van Mede vertoef. Daarna het u, soos verorden is, hierheen gekom.
20:41. En Ek het u vir My uitverkies.
20:42. Gaan uit, u en u broer, met My tekens, en laat nie na om aan My te dink nie.
20:43. Gaan u albei na Farao, want waarlik, hy het oortree.
20:44. Spreek sagte woorde met hom; miskien sal hy ag slaan, of vrees.
20:45. Toe het hulle geantwoord: Ons Heer! Ons vrees dat hy teenoor ons geweld sal gebruik, of dat hy opstandig sal wees.
20:46. Hy het gesê: Moenie vrees nie, want Ek is met julle! ~ Ek hoor, en Ek sien.
20:47. Daarom moet julle albei na hom gaan en sê: Ons is waarlik boodskappers van u Heer; laat daarom die Kinders van Israel saam met ons weggaan, en doen hulle geen leed aan nie. Ons het voorwaar aan u ’n boodskap van u Heer gebring; en die vrede rus op hom wat dié leiding volg.
20:48. Dit is aan ons geopenbaar dat die straf hom sal agterhaal wat dit verwerp, of wegdraai.
20:49. Farao het gesê: Wie is u Heer, o Moses?
20:50. Hy het geantwoord: Ons Heer is Hy aan wie alles hul skepping te danke het, en van wie alle leiding uitgaan.
20:51. Hy het gesê: Wat is dan die toe stand van die vorige geslagte?
20:52. Toe het Moses gesê: My Heer teken dit alles in ’n boek aan; my Heer dwaal nie, en vergeet ook nie.
20:53. Dit is Hy wat die aarde uitgestrek het, en vir julle paaie daarin gemaak het; en Hy stuur reën uit die wolke neer, waar deur pare van alle plantsoorte voortgbring word.
20:54. Eet en laat julle vee wei! Voorwaar, daar is tekens hierin vir mense wat verstaan.

Afdeling 3: Moses en die Towenaars

20:55. Uit die aarde het Ons julle geskape, en Ons sal julle daartoe laat terugkeer, en daaruit sal Ons julle weer opwek.
20:56. Ons het inderdaad al Ons tekens aan Farao getoon, maar hy het dit verwerp en geweier om te glo.
20:57. Hy het gesê: Het u na ons gekom om ons deur u towerkuns uit ons land te verdryf, o Moses?
20:58. Maar ons kan ook gelykwaar dige towerkuns voortbring. Maak daarom ’n afspraak met ons wat óns nie sal breek nie en u ook moet hou, en laat ons op ’n gerieflike plek bymekaarkom.
20:59. Moses het gesê: U afspraak sal plaasvind op die dag van die Fees; en laat u volk in die voor middag byeenkom.
20:60. Daarop het Farao teruggegaan, en sy plan beraam, en weer gekom.
20:61. Moses het vir hulle gesê: Wee julle! Moenie ’n leuen teen Allah versin nie, anders sal Hy julle deur straf vernietig; hy wat ’n leuen versin, sal altyd faal.
20:62. Daarna het hulle met mekaar geargumenteer, en die samekoms geheim gehou.
20:63. Hulle het gesê: Hierdie twee is waarlik towenaars wat julle met hulle towerkuns uit jul land wil verdryf en al julle instellings wil vernietig.
20:64. Besluit dan oor julle planne en tree in rye na vore; en voorwaar, hy wat die knapste is, sal vandag slaag.
20:65. Hulle het gesê: O Moses! Sal u werp, of sal ons eerste werp?
20:66. Sy antwoord was: Nee, werp julle. En kyk! hulle tou en hul stokke het, deur towerkuns, gelyk asof dit hardloop.
20:67. Toe het Moses vrees in sy hart gekoester.
20:68. Ons het gesê: Moenie vrees nie; voorwaar, u sál die oorwinnar wees.
20:69. En werp neer wat u in u regter hand hou; dít sal verslind wat hulle voortgebring het. Wat hulle voortgebring het, is slegs die sette van ’n towenaar, en nooit sal ’n towenaar slaag nie, waarvandaan hy ook al kom.
20:70. Toe het die towenaars op hulle aangesigte geval, en gesê: Ons glo in die Heer van Aäron en Moses!
20:71. Farao het gesê: Glo julle in hom voordat ék julle daartoe verlof gegee het? Voorwaar, hy is die slimme van wie julle jul towerkuns geleer het. Daarom sal ek julle hande en julle voete aan die teenoorgestelde kant laat afsny, en ek sal julle op die stamme van palmbome kruisig, en julle sal met sekerheid weet wie van ons se straf strenger en langduriger is.
20:72. Hulle het gesê: Ons kan nie aan u woorde voorkeur gee bo die duidelike bewyse wat aan ons getoon is, en bo Hom wat ons geskape het nie. Besluit der halwe soos dit u behaag. U kan slegs oor die lewe van hierdie wêreld besluit.
20:73. Waarlik, ons glo dat ons Heer ons foute sal vergewe, asook die towery waartoe u ons gedwing het. En Allah is die Allerbeste en Ewige.
20:74. Waarlik, hy wat as skúldige na sy Heer kom, vir hom is daar die Hel. Hy sal daarin nie sterf en ook nie lewe nie.
20:75. En wie na Hom as gelowige kom, en goeie dade verrig het ~ vir hulle is daar hoë range,
20:76. en hulle sal bly in Tuine van Ewigheid waardeur riviere vloei. En sodanig is die beloning van hom wat homself louter.

Afdeling 4: Die Israeliete aanbid die kalf

20:77. En Waarlik, Ons het aan Moses geopenbaar: Reis met my die- naars gedurende die nag, en baan vir hulle ’n droë weg deur die see, sonder vrees dat u ingehaal sal word; en moenie bang wees nie.
20:78. Daarna het Farao hulle met sy leërskare agtervolg; maar die see het hulle verswelg en heel temal bedek.
20:79. En Farao het sy volk mislei, en geensins reg gelei nie.
20:80. O Kinders van Israel! Ons het julle waarlik van jul vyand ver los en ’n verbond met julle aan die regterkant van die berg gesluit en manna en kwartels vir julle afgestuur.
20:81. Eet van die goeie dinge waarvan Ons julle voorsien het, en gaan julle daarmee nie te buite nie, anders sal My toorn op julle neerdaal; en hy op wie My toorn neerdaal, sal voorwaar vernietig word.
20:82. Maar Ek is sekerlik Vergewens gesind teenoor hom wat berou het en glo en goeddoen en die leiding volg.
20:83. En wat het u so haastig van u volk laat weggaan, o Moses?
20:84. Hy het gesê: Hulle volg in my spoor, en ek het my tot U gehaas, my Heer, sodat U welbehae in my mag hê.
20:85. Hy het gesê: Ons het u volk in u afwesigheid sekerlik beproef, en die Samiri het hulle mislei.
20:86. Toe het Moses na sy volk teruggekeer, toornig en bedroef. Hy het gesê: O my volk! Het julle Heer julle nie aangename dinge belowe nie? Het die beloofde tyd dan vir julle te lank geduur, of het julle begeer dat die toorn van julle Heer op julle moet neerdaal, en het julle daarom jul belofte aan my verbreek?
20:87. Hulle het geantwoord: Ons het nie uit eie beweging die belofte aan u verbreek nie, maar ons was genoodsaak om die las van die sierade van die volk te dra; daarom het ons dit weggegooi; en so het Samiri ook aan die hand gedoen.
20:88. Toe het hy ’n beeld van ’n kalf voortgebring wat ’n loeiende geluid gemaak het, en hulle het gesê: Dít is julle god en die god van Moses, maar hy het vergeet.
20:89. Kon hulle dan nie merk dat dit nie in staat is om hulle te antwoord, en dat dit geen voor- of nadeel vir hulle kon bewerk nie?

Afdeling 5: Die einde van die kalfaanbidding

20:90. En Aäron het sekerlik voorheen aan hulle gesê: O my volk! Julle word slegs daarmee beproef; en waarlik, julle Heer is die Barmhartige God. Volg my dus, en gehoorsaam my bevel.
20:91. Maar hulle antwoord was: Ons sal waarlik nie ophou om die kalf te aanbid voordat Moses nie eers na ons teruggekeer het nie.
20:92. Moses het gesê: O Aäron! Wat het u verhinder ~ toe u sien dat hulle afgedwaal het ~
20:93. om my te volg? Het u dan my gebod verontagsaam?
20:94. Hy het geantwoord: O seun van my moeder! Gryp my nie aan my baard en ook nie aan my hoof nie. Ek was bang dat u sou sê: U het ’n skeuring onder die Kinders van Israel teweeg gebring, en nie op my woord gewag nie.
20:95. Moses het gesê: Wat was u bedoeling, o Samiri?
20:96. Hy het gesê: Ek het bemerk wat hulle nie bemerk het nie; toe het ek ’n handvol stof van die boodskapper se voetstappe geneem en dit weggegooi. So het my siel dit aan my opgedra.
20:97. Hy het gesê: Gaan weg! Dit is vir u om in hierdie lewe te sê: Raak my nie aan nie! En aan u word ’n straf belowe wat u nie sal kan ontwyk nie. En kyk na jou god van wie jy gesê het dat hy aanbid moet word. Ons sal dit sekerlik verbrand en daarna oor die see verstrooi.
20:98. Slegs Allah is julle Heer; daar is geen god nie behalwe Hy. Hy omvat alle dinge in Sy kennis.
20:99. So vertel Ons aan u die nuus van wat voorheen gebeur het. En Ons het inderdaad vir u ’n Vermaning van Onsself gegee.
20:100. Wie daarvan wegdraai, sal op die Opstandingsdag seker lik ’n las dra,
20:101. waaronder hy altyd gebuk sal gaan. En sleg sal hulle las wees op die Dag van Opstan ding,
20:102. die Dag waarop die basuin geblaas sal word; en Ons sal die skuldiges op daardie Dag met blou oë bymekaar bring;
20:103. hulle wat in die geheim met mekaar beraadslaag en gesê het: Julle het slegs tien dae vertoef.
20:104. Ons weet goed wat hulle antwoord sal wees as die regverdigste onder hulle sou sê: Julle het maar net ’n dag lank vertoef.

Afdeling 6: Die Teëstanders van die Profeet

20:105. En hulle vra u uit aangaande die berge. Sê: My Heer sal hulle soos stof ver strooi,
20:106. en daarvan ’n vlakte maak, glad en gelyk,
20:107. waarin u geen kromheid en ongelykheid sal bespeur nie.
20:108. Op dié Dag sal hulle die Oproeper volg in wie daar geen ongeregtigheid is nie; en die stemme voor die Barmhartige God sal sag wees, sodat u niks anders as ’n dowwe klank sal hoor nie.
20:109. Op daardie Dag sal daar geen bemiddeling wees nie, behalwe vir hom aan wie die Barmhartige dit toestaan en met wie se woorde Hy tevrede is.
20:110. Hy weet wat voor hulle is en wat ager hulle is, hoewel hulle dit met hul kennis nie kan omvat nie.
20:111. En die gesigte sal hulle verootmoedig in die teenwoor digheid van die Lewende, die Selfonderhoudende. En hy wat onregverdig van inbors is, is inderdaad verlore.
20:112. En wie goeie werke verrig en ’n gelowige is, hy hoef geen onregverdigheid te vrees nie, ook sal geen beloning wat hom toekom, teruggehou word nie.
20:113. Ons het dit as ’n Arabiese Qur’ãn geopenbaar, en daarin duidelike waarskuwings geuiter, sodat hulle teen die kwaad kan waak en dat dit vir hulle as ’n vermaning kan dien.
20:114. Verhewe dan is Allah, die Ware Koning. En haas u nie met die Qur’ãn voordat die openbaring daarvan aan u heeltemal voltooi is nie, en sê: O my Heer! Vermeerder my in kennis!
20:115. En sekerlik het Ons voor heen ’n opdrag aan Adam gegee, maar hy het dit vergeet; en Ons het in hom geen begeerte tot ongehoorsaamheid gevind nie.

Afdeling 7: Die duiwel se misleiding

20:116. En toe Ons aan die engele gesê het: Prostreer julleself voor Adam, het hulle prostreer, behalwe Iblies; hy het geweier.
20:117. Ons het gesê: O Adam! Hy is ’n vyand van u en u vrou. Laat daarom nie toe dat hy julle uit die Tuin verdryf nie, anders sal julle bedroef word.
20:118. Voorwaar, dis bestem dat julle daarin nie nakend of honger sal wees nie.
20:119. En ook dat julle geen dors sal ken, of nie blootgestel sal wees aan die hitte van die son nie.
20:120. Maar die duiwel het hom kwaad ingefluister; hy het gesê: O Adam! Sal ek u na die Boom van Ewigheid lei, en na ’n koninkryk wat nimmer sal ver gaan?
20:121. Toe het hulle albei daar van geëet, waardeur hulle naaktheid aan hulle duidelik geword het; en toe het hulle begin om hulself met die blare van die Tuin te bedek. En Adam was sy Heer ongehoorsaam, en hy is teleurgestel.
20:122. Toe het sy Heer hom uitverkies en tot hom gekeer, en hom gelei.
20:123. Hy het gesê: Gaan julle almal hiervandaan voort, want julle sal mekaar se vyande wees. Maar daar sal sekerlik leiding van My tot julle kom. Wie dan My leiding volg, hy sal nie mislei word of ongelukkig wees nie.
20:124. Maar diegene wat hulle daarvan wegdraai, sal in armoede lewe, en op die Dag van Opstanding sal Ons so iemand met blindheid slaan.
20:125. Hy sal sê: My Heer! Waarom het u my met blindheid geslaan, terwyl ek voorheen nog kon sien?
20:126. Allah sal sê: Ons tekens het na u gekom en u het geen ag daarop geslaan nie. Daarom is u ook op hierdie Dag verlate.
20:127. So vergeld Ons die buitensporiges en hulle wat nie in die tekens van hul Heer glo nie. En voorwaar, die straf van die Hiernamaals is strenger en langer van duur.
20:128. Is dit dan nie vir hulle duidelik hoeveel geslagte in wie se ou woonplekke hulle nou rondtrek, Ons voorheen reeds vernietig het nie? Voorwaar, hierin is ’n teken vir mense met begrip.

Afdeling 8: Die straf is seker

20:129. En was dit nie dat u Heer reeds ’n woord uitgevaardig het en ’n termyn vasgestel het nie, sou die straf hulle sekerlik agter haal het.
20:130. Verdra geduldig wat hulle sê, en verheerlik die lof van u Heer vóór die opgaan van die son en vóór haar ondergang; en verheerlik Hom gedurende die ure van die nag en die dele van die dag, sodat u weltevrede mag wees.
20:131. En vermoei u oë nie deur te staar na die heerlikheid van die wêreld wat Ons aan verskeie van hulle gegee het om hulle mee te beproef nie. Die voor siening van u Heer is beter en van langer duur.
20:132. En spoor u volk aan tot die gebed, en volhard daarin. Ons vra geen lewensonderhoud van u nie; Ons onderhou u. En die salige einde is vir húlle wat teen die kwaad waak.
20:133. En hulle sê: Waarom bring hy ons nie ’n teken van sy Heer nie? Het daar dan nie ’n duidelike bewys na hulle gekom in die vorm van alles wat in die geskrifte vermeld is nie?
20:134. En as Ons hulle vóór die koms daarvan met straf vernietig het, sou hulle gesê het: Ons Heer! Waarom het U ons nie ’n boodskapper gestuur nie, sodat ons U tekens kon gevolg het voordat skande en skaamte oor ons gekom het?
20:135. Sê: Ons wag elkeen; so moet julle ook wag. Julle sal weldra te wete kom wie op die regte pad is en wie die ware weg volg.

Hoofstuk 21: Die Proefte

Afdeling 1: Die Godsoordeel kom nader

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

21:1. Vir die mense het die afrekening reeds naby gekom, en tog draai hulle in agteloosheid weg.
21:2. Daar kom geen nuwe Vermaning tot hulle van hulle Heer nie, of hulle luister argeloos daarna.
21:3. En hulle harte is agteloos. En hulle ~ die kwaadstigters ~ beraadslaag in die geheim en sê: Hy is niemand anders nie as ’n gewone sterfling soos julle self ook is; sal julle jul dan aan betowering oorgee terwyl julle dit kan sien?
21:4. Hy het geantwoord: My Heer weet alles wat in die hemele en op die aarde gesê word, en Hy is die Alleshorende, die Alleswetende.
21:5. Nee, sê hulle: ’n Mengelmoes van drome! Nee, hy het dit versin! Nee, hy is ’n digter! Laat hom dan ’n teken vir ons bring soos dié waarmee die vorige profete gestuur is!
21:6. Vóór hulle het geen stad wat vernietig is, geglo nie; hoe sal húlle dan glo?
21:7. En vóór u het Ons slegs manne gestuur aan wie Ons openbaring gestuur is; vra gerus die vol gelinge van die Vermaning, indien julle dit nie weet nie.
21:8. Ons het ook nie aan hulle liggame gegee wat voedsel nie nodig het nie, en hulle was ook nie onsterflik nie.
21:9. So het Ons Ons beloftes gestand gedoen, en Ons het hulle gered en ook almal wat Ons wou; en Ons het die buitensporiges verdelg.
21:10. Ons het inderdaad ’n Boek aan julle geopenbaar waardeur julle aansien kan verwerf. Verstaan julle dan nie?

Afdeling 2: Die waarheid het nog altyd geseëier

21:11. En hoeveel stede wat vol van onregverdigheid was, het Ons vernietig! En daarna het Ons ’n ander volk verwek.
21:12. En toe hulle Ons Mag ondervind het, kyk! toe het hulle op die vlug geslaan.
21:13. Moenie vlug nie, en keer terug tot julle maklike leefwyse waaraan julle gewoond was, en na julle wonings, sodat julle ondervra kan word.
21:14. Hulle het geantwoord: O wee ons! Waarlik, ons was onregverdig.
21:15. En hierdie uitroep van hulle het nie opgehou nie totdat Ons hulle afgesny, uitgewis het.
21:16. En Ons het nie die hemel en die aarde en wat tussen hulle is, as ’n grap geskape nie.
21:17. As Ons daarvan ’n spel wou maak, sou Ons dit vir Onsself gehou het; maar dít wou Ons nie doen nie.
21:18. Nee, Ons stel die Waarheid teen die valsheid, sodat dit sy kop kan verbrysel, en kyk! dit verdwyn. En wee julle vir wat julle beskryf!
21:19. En aan Hom behoort alles wat in die hemele en op die aarde is. En diegene wat saam met Hom is, is nie te trots om Hom te dien nie, of te moeg daarvan nie.
21:20. Hulle verheerlik Hom snags en bedags, en hulle word daar nie moeg van nie.
21:21. Of het hulle gode uit die aarde geneem wat lewe gee?
21:22. En indien daar in die hemele en op die aarde gode buiten Allah was, sou dit alles in chaos verkeer het. Verhewe is Allah, die Heer van die Troon, bo dit wat hulle beskryf!
21:23. Hy kan nie ondervra word aangaande Sy dade nie, maar húlle sal ondervra word.
21:24. Of het hulle gode buiten Hom geneem? Sê: Bring julle bewyse. Hier is ’n vermaning van diegene wat saam met my is, en ’n vermaning van diegene wat vóór my gewees het. Nee, die meeste van hulle ken die Waarheid nie, en hulle is daarvan afkerig.
21:25. En Ons het geen boodskapper vóór u gestuur nie sonder dat Ons aan hom geopenbaar het: Daar is geen God nie buiten My; daarom aanbid slegs vir My.
21:26. En hulle sê: Die Barmhartige het ’n seun vir Homself geneem. Heilig is Hy! Nee, hulle is geërde dienaars;
21:27. hulle praat nie voordat Hy nie praat nie, en hulle doen slegs wat Hy beveel.
21:28. Hy weet wat voor hulle is en wat agter hulle is, en vir niemand tree hulle in nie, behalwe vir diegene wat Hom behaag; en hulle sidder uit vrees vir Hom.
21:29. En wie van hulle ook al sou sê: Ek is ’n god naas Hom, so iemand sal Ons met die Hel vergeld. Want só beloon Ons die onregverdiges.

Afdeling 3: Die waarheid van die Openbaring

21:30. Sien die ongelowiges nie dat die hemele en die aarde toegemaak was, en dat Ons dit weer oop gemaak het nie? En Ons het uit water alles gemaak wat lewen dig is. Sal hulle dan nie glo nie?
21:31. En Ons het op die aarde stewige berge geplaas, anders sou hulle met hulle gebewe het; en Ons het daarin wye paaie gemaak sodat hulle die regte koers kan inslaan.
21:32. En Ons het die hemele ’n bewaakte gewelf gemaak; niete min ignoreer hulle hierdie tekens.
21:33. En dit is Hy wat die nag en die dag en die son en so ook die maan geskape het. Alles beweeg in hulle bane.
21:34. En Ons het aan geen mens vóór u ’n ewigdurende lewe geskenk nie. As ú sterf, sal húlle dan vir ewig lewe?
21:35. Elke siel sal die dood proe. En Ons gee aan julle goed en kwaad as ’n beproewing. En tot Ons sal julle terugkeer.
21:36. En wanneer die ongelowiges u sien, dan doen hulle niks anders nie as om u te spot; en hulle sê: Is dit hy wat van julle gode praat? En wanneer melding gemaak word van die Barm hartige God, verloën hulle Hom.
21:37. Die mens is met ’n haastige natuur geskape. Ek sal My tekens weldra aan julle toon, maar vra My nie om gou te maak nie.
21:38. En hulle sê: Wanneer sal hierdie belofte werklikheid word? Sê ons, indien julle opreg is.
21:39. As die ongelowiges maar ge weet het van die tyd wanneer hulle nie in staat sal wees om die Vuur van hulle gesigte af te weer nie, ook nie van hulle rûe nie, en hulle nie gehelp sal word nie!
21:40. Nee, dit sal skielik op hulle afkom, en dit sal hulle verbyster; en hulle sal nie die mag hê om dit af te weer nie; ook sal aan hulle nie uitstel verleen word nie.
21:41. En boodskappers vóór u is inderdaad bespot, maar dít waar mee hulle gespot het, het die spotters getref.

Afdeling 4: Allah behandel die mense met Goeder tierenheid

21:42. Sê: Wie beskerm julle dag en nag behalwe die Barmhartige? Nee, hulle draai weg van die oordenkinge van hulle Heer.
21:43. Of het hulle gode wat hulle teen Ons kan beskerm? Hulle kan hulself nie help nie, ook kan niks hulle teen Ons beskerm nie.
21:44. Nee, Ons het aan hulle en hul vaders ’n voorsiening gegee, totdat hulle lewens verleng is. Sien hulle nie dat Ons die land besoek en die grense daarvan inperk nie? Sal hulle dan die oorhand kry?
21:45. Sê: Ek waarsku julle slegs deur middel van openbaringe; dog die dowe hoor nie die aanroep wanneer hulle gewaarsku word nie.
21:46. En indien ’n ademteug van die kastyding van u Heer hulle sou aanraak, sal hulle sê: O wee ons! Ons was inderdaad onregverdig.
21:47. Ons sal ’n weegskaal van geregtigheid opstel op die Dag van Opstanding, sodat geen enkele siel in enige opsig onreg aangedoen sal word nie. Selfs die gelyke van ’n mosterdsaad se gewig sal nie ongemerk verby gaan nie. Ons is Genoegsaam as ’n Rekenaar.
21:48. En voorwaar, Ons het Moses en Aäron die Maatstaf en ’n lig en ’n vermaning gegee vir diegene wat teen die kwaad waak,
21:49. wat hulle Heer in die verborgene vrees, en voorbereid is op die Uur.
21:50. En dit is ’n geseënde Vermaning wat Ons geopenbaar het. Sal julle dit dan ontken?

Afdeling 5: Abraham word verlos

21:51. En waarlik, Ons het voorheen aan Abraham sy regskapenheid geskenk, en Ons het hom goed geken.
21:52. Toe hy aan sy vader en aan sy volk gesê het: Wat is hierdie beelde waaraan julle so geheg is?
21:53. Hulle het geantwoord: Ons het gevind dat ons vaders hulle aanbid.
21:54. Toe het hy gesê: Voorwaar, julle sowel as julle vaders verkeer in duidelike dwaling.
21:55. Hulle het gesê: Het u ons die waarheid gebring, of speel u met ons?
21:56. Hy het geantwoord: Nee, julle Heer is die Heer van die hemele en die aarde. Hy het julle ge skape; en ek is een van diegene wat daarvan getuig.
21:57. En, by Allah! Ek sal sekerlik teen julle afgode ’n plan beraam nadat julle weggegaan en julle rûe daarvoor gedraai het.
21:58. So het hy hulle aan stukke gebreek, behalwe die grootste, sodat hul tot hom kon terugkeer.
21:59. Toe het hulle gesê: Wie het dit aan ons gode gedoen? Voorwaar, hy moet ’n kwaaddoener wees.
21:60. Hulle het gesê: Ons het ’n jongeling met die naam van Abraham van hulle hoor praat.
21:61. Hulle het gesê: Bring hom voor die oë van die volk; miskien kan hulle getuig.
21:62. Hulle het gesê: Het ú dit aan ons gode gedoen, o Abraham?
21:63. Hy het geantwoord: Sekerlik het iemand dit gedoen. Die grootste van hulle is hierdie een; maar vra vir húlle indien hulle kan praat.
21:64. En toe het hulle tot inkeer gekom en aan mekaar gesê: Gewis, julle is self kwaad doeners.
21:65. Toe het hulle hul hoofde laat sak: U weet goed dat hulle nie kan praat nie.
21:66. Hy het gesê: Dien julle dan buiten Allah die dinge wat julle geensins kan baat of skade kan berokken nie?
21:67. Skande oor julle en oor dít wat julle buiten Allah aanbid! Het julle dan nie verstand nie?
21:68. Hulle het gesê: Verbrand hom, en help jul gode indien julle enigiets wil doen.
21:69. Ons het gesê: O vuur! Wees koel en vreedsaam vir Abraham.
21:70. Hulle wou hom skade berokken, maar dit was húlle wat die slegste daarvan afgekom het.
21:71. En Ons het hom en Lot gered, en aangewys vir die land wat Ons vir die volke geseën het.
21:72. En Ons het Isak aan hom gegee, en Jakob as kleinseun. En Ons het hulle almal opreg gemaak.
21:73. En Ons het leiers van hulle gemaak, wat die volk op Ons bevel gelei het, en Ons het aan hulle geopenbaar dat hulle moet goed doen en die gebed onder hou en gunste moet gee, en hulle het Ons alleen gedien.
21:74. En aan Lot het Ons wysheid en kennis gegee, en Ons het hom verlos uit die stad van gruwels. Voorwaar, hulle was ’n bose volk, oortreders;
21:75. en Ons het hom in Ons barmhar tigheid opgeneem; hy was sekerlik een van die weldoeners.

Afdeling 6: Allah verlos altyd die profete

21:76. En toe Noag ons voorheen aangeroep het, het Ons sy gebed beantwoord en hom en sy volk van ’n groot rampspoed verlos.
21:77. En Ons het hom gehelp teen die volk wat Ons tekens verwerp het. Voorwaar, hulle was ’n bose volk, en daarom het Ons hulle laat verdrink.
21:78. En toe Dawid en Salomo uitspraak gegee het aangaande die weiveld waar die volk se skape gedurende die nag verdwaal het, was Ons Getuie van hulle oordeel.
21:79. En Ons het Salomo insig in die saak gegee. En aan elkeen van hulle het Ons wysheid en kennis geskenk. En Ons het die berge en die voëls genoodsaak om saam met Dawid Ons lofpryse te besing.
21:80. En Ons het hom onderrig in die smee van pantsers om julle teen aanvalle te beskerm; sal julle dan nie dankbaar wees nie?
21:81. En aan Salomo het Ons die geweldige wind onderdanig gemaak. Deur Sy gebod het dit gewaai in die rigting van ’n land wat Ons geseën het. En Ons het kennis van alle dinge.
21:82. En onder sy duikers was daar ook van die duiwels, en hulle het ook ander werk vir hom verrig; en Ons het oor hulle gewaak.
21:83. En Job, toe hy sy Heer aange roep het: Kwellinge het my getref, en U is die Genadigste van die genadiges.
21:84. Toe het Ons sy gebed beantwoord en hom van moeilikhede verlos, en Ons het aan hom sy volk teruggegee en boonop nog die gelyke van hulle; ’n genade van Ons en ’n herinnering aan My onderdane.
21:85. En Ismael en Iederies en Dhoel-Kiefil; hulle almal was tussen die geduldiges;
21:86. en Ons het hulle in Ons genade opgeneem. Sekerlik, hulle was onder die weldoeners.
21:87. En Dhoen-Noen, {Jona} toe hy toornig van sy volk af weggegaan het, en toe hy gemeen het dat Ons hom nie in benoudheid sou bring nie, maar eindelik in sy smeek gebede uitgeroep het: Daar is geen God buiten U nie; Heilig is U! Ek was inderdaad een van die onregverdiges.
21:88. Toe het Ons sy gebed beantwoord en hom van sy kwellings verlos. En sodoende verlos Ons die gelowiges.
21:89. En Sagaria, toe hy tot sy Heer geroep het: My Heer! Laat my nie alleen nie! U is die Beste van die erfgename.
21:90. Toe het Ons sy gebed beantwoord en Johannes aan hom gegee en sy vrou vir hom vrugbaar gemaak. En sekerlik het hulle met mekaar in goeie werk gewedywer, en Ons aangeroep in hoop en vrees; en hulle was ootmoedig voor Ons.
21:91. En dink aan haar wat haar kuisheid bewaar het; Ons het Ons inspirasie in haar ingeblaas, en vir haar en haar seun ’n teken vir die nasies gemaak.
21:92. Voorwaar, dít is julle gemeen skap: één gemeenskap; en Ek is julle Heer; aanbid My daarom.
21:93. Tog verbreek hulle hul verbintenisse met mekaar; maar hulle sal almal tot Ons terug keer.

Afdeling 7: Die regskapenes sal die land beërwe

21:94. Hy wat goeie werk doen en gelowig is, sy pogings sal nie verwerp word nie, en Ons sal dit sekerlik tot sy voordeel aanteken.
21:95. En vir ’n stad wat Ons verdelg het, is dit ’n onherroeplike gebod dat die volk daarvan nie sal terugkeer nie.
21:96. Selfs wanneer Gog en Magog losgelaat sal word en op elke hoogte afstorm.
21:97. En as die Uur van die Ware Belofte nader kom, kyk dan! die oë van hulle wat nie glo nie, sal wyd oop staar: Wee ons! Voorwaar, ons was agteloos; nee, ons was onregverdig.
21:98. Voorwaar, julle en wat julle buiten Allah aanbid, is brandstof vir die Hel; daarin sal julle bymekaar gebring word.
21:99. As hierdie dinge werklik gode was, sou dié lot hulle nie getref het nie. En almal sal daarin vertoef.
21:100. Vir hulle sal daar geweeklaag wees, en hulle sal daarin ook nie hoor nie.
21:101. Maar hulle wie se goeie beloning reeds vooruitgegaan het, sal ver daarvandaan gehou word;
21:102. hulle sal nie die geringste geluid daarvan hoor nie, en hulle sal bly in die plek wat hulle siele begeer het.
21:103. Die groot Ontsetting sal hulle nie bangmaak nie en die engele sal hulle ontmoet en sê: Dít is julle Dag, die Dag wat aan julle belowe is.
21:104. Die Dag waarop Ons die hemel sal oprol soos ’n perka mentrol opgerol word. Soos Ons die eerste skepping begin het, so sal Ons dit weer voortbring. Dit is ’n belofte wat bindend vir Ons is. Voorwaar, Ons sál dit teweegbring.
21:105. En Ons het inderdaad in die Boek geskryf, ná die vermaning, dat My opregte dienaars die land sal beërwe.
21:106. Voorwaar, hierin is ’n boodskap vir ’n volk wat Ons aanbid.
21:107. En Ons het u {Moegammad} nie as iets anders gestuur nie, maar as ’n genade vir die nasies.
21:108. Sê: Voorwaar, dit is aan my geopenbaar dat julle God slegs een God is: sal julle jul dan aan Hom onderwerp?
21:109. Maar indien hulle wegdraai, sê dan: Ek het julle op ’n regverdige wye gewaarsku, en ek weet nie of dít waarmee julle bedreig word, naby of ver is nie.
21:110. Voorwaar, Hy weet wat openlik gesê word, en Hy weet wat julle verberg.
21:111. En ek weet nie of dit ’n beproewing vir julle sal wees, en of dit ’n voorsiening vir ’n bepaalde tyd is nie.
21:112. Hy het gesê: My Heer! Oordeel in waarheid. En ons Heer is die Barmhartige, Wie se hulp ingeroep moet word teen wat julle aan Hom toeskryf.

Hoofstuk 22: Die Bedevaart

Afdeling 1: Die oordeel

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

22:1. O mensdom! Wees bewus van jul Heer; waarlik, die skok van die Uur is verskriklik.
22:2. Die Dag waarop julle dit sal beleef, sal elke sogende vrou haar suigeling verloor, en elke swanger vrou sal ontslae raak van wat in haar baarmoeder is, en u sal mense bedwelmd sien terwyl hulle tog nie dronk is nie. En die straf van Allah sal streng wees.
22:3. En tussen die mense is daar ook diegene wat oor Allah argumenteer sonder kennis, en elke opstandige duiwel volg.
22:4. Vir hom is dit voorgeskryf dat wie ook al hom tot vriend neem, deur hom mislei en na die straf van die Brandende Vuur gelei sal word.
22:5. O mensdom! As julle twyfel oor die weeropstanding, dink dan daaraan dat Ons julle uit stof geskape het, daarna uit ’n sperm, toe uit ’n klont bloed, daarna uit ’n stuk vleis, sommige gevorm en ander ongevorm, sodat Ons dit aan julle duidelik kan maak. En Ons laat wat Ons behaag vir ’n vasgestelde tyd in die baarmoeders bly, daarna bring Ons julle as suigelinge voort, en Ons laat julle opgroei tot volwassenheid. Tussen julle is daar ook diegene wat deur die dood agterhaal word, en andere wat so ’n hoë ouderdom bereik dat hulle nie meer weet nie, terwyl hulle voorheen geweet het. En u sien hoe die aarde leweloos is, maar wanneer die reën daarop val, beweeg dit, swel op en bring mooi plante van alle soorte voort.
22:6. Dit is omdat Allah die Waarheid is, en omdat Hy lewe gee aan die dooie, en omdat Hy mag het oor alle dinge.
22:7. Voorwaar, die Uur waaraan geen twyfel is nie, kom nader; en Allah sal almal opwek wat in die grafte is.
22:8. En tussen die mense is daar ook diegene wat oor Allah argumenteer sonder kennis, sonder leiding en sonder ’n liggewende Boek,
22:9. en homself hooghartig afkeer ten einde ander van Allah se weg af te lei. Vir hom is daar skande in hierdie wêreld, en op die Dag van Weeropstanding sal Ons hom die straf van verbranding laat smaak.
22:10. Dit is omdat julle twee hande dit vooruitgestuur het. En Allah is geensins onregverdig teenoor sy dienaars nie.

Afdeling 2: Sekerheid van Goddelike hulp

22:11. En tussen die mense is daar ook diegene wat Allah weifelend aanbid. As dit met hom goed gaan, is hy tevrede, maar as ’n beproewing hom te beurt val, keer hy kop vooruit terug. Hy verloor hierdie wêreld en ook die Hiernamaals. Dit is ’n duidelike verlies.
22:12. Hy roep buiten Allah daardie dinge aan wat hom nóg skade nóg voordeel kan bring; dit is ’n groot dwaling.
22:13. Hy roep hóm aan wie se kwaad nader is as sy voordeel. Voorwaar, boos is die beskermer, en waarlik, boos is die metgesel.
22:14. Voorwaar, Allah sal hom wat glo en goeie werke doen, Tuine laat binnegaan waardeur riviere stroom. Allah doen inderdaad wat Hy wil.
22:15. Wie dink dat Allah hom {Moegammad} in hierdie wêreld en die Hiernamaals nie sal help nie, laat hom op die een of ander wyse opstyg na die hemel en Allah se hulp probeer dwars boom, en kyk of sy plan dít waaroor hy toornig is, kan wegkeer.
22:16. En aldus het Ons dit geopenbaar, duidelike tekens; en Allah lei wie Hy wil.
22:17. Diegene wat glo en die Jode en die Sabiërs en die Christene en die Magiërs en die heidene ~ voorwaar, Allah sal op die Dag van Opstanding tussen hulle oordeel. Sekerlik, Allah is Getuie oor alle dinge.
22:18. Sien u dan nie dat alles wat in die hemele en op die aarde is, en die son en die maan en die sterre, en die berge en die bome, en die diere en baie mense, aan Allah onderdanig is nie? En baie is daar vir wie die straf geregverdig is. En diegene vir wie Allah verneder, niemand kan hom ophef nie. Voorwaar, Allah doen wat Hy wil.
22:19. Hulle is twee teenstanders {Dit wil sê, die gelowiges en die ongelowiges} wat oor hulle Heer argumenteer. Vir hulle wat nie glo nie, sal daar ’n gewaad van Vuur uitgesny word. En kokende water sal oor hulle hoofde gegiet word.
22:20. Daarmee sal hulle ingewande en hulle velle verteer word.
22:21. En vir hulle is daar swepe van yster.
22:22. Telkens wanneer hulle uit angstigheid wens om daaruit te gaan, sal hulle daarin terug gedryf word, en daar sal gesê word: Smaak die straf van verbranding!

Afdeling 3: Die gelowiges is seëvierend

22:23. Sekerlik, Allah sal diegene wat glo en goeie dade doen, Tuine laat binnegaan waardeur riviere vloei. Hulle sal daarin met armbande van goud en met pêrels getooi word. En hulle gewaad daarin sal van sy wees.
22:24. En hulle sal met rein woorde op die pad van die Prysenswaardige gelei word.
22:25. Hulle wat nie glo nie en mense verhinder van die Heilige Moskee {By Mekka} wat Ons vir alle mense aangewys het, of hy daarin woonagtig is of ’n besoeker is ~ en hy wat daarin onregverdig na goddeloosheid strewe ~ vir hom sal Ons ’n pynlike straf laat smaak.

Afdeling 4: Bedevaart

22:26. En toe Ons Abraham die plek van die Huis {Die Ka’aba} aangewys het, het Ons gesê: Vereenselwig niemand met My nie, en reinig My Huis vir diegene wat die Omwentelinge {Tawaaf} doen, en vir diegene wat vir die gebed opstaan en vooroorbuig en prostreer.
22:27. En verkondig die bedevaart aan die mense. Hulle sal te voet of op elke maer kameel oor lang afstande na u kom:
22:28. sodat hulle van hulle voordeel mag getuig en die Naam van Allah gedurende die vasgestelde dae uitspreek oor die viervoetige vee waarvan Hy hulle voorsien het. Eet dan daarvan, en voed die behoeftiges, die armes.
22:29. Laat hulle dan voldoen aan die nodige reinigingshandelinge, en laat hulle hul gelofte nakom en wentel om die ou Huis {Die Ka’aba} gaan.
22:30. Laat dit so wees. Wie daarom die heilige gebooie van Allah eer, vir hom sal dit die goeie verdien by sy Heer. En alle vee is vir julle geoorloof, behalwe dié wat andersins aan julle verkondig is. Vermy derhalwe die onreinheid van die afgods beelde, en vermy valse woorde;
22:31. en wees opreg voor Allah, sonder om enigiets met Hom te vereenselwig. En wie iets met Allah vereenselwig, dit is asof hy van ’n hoogte afgeval en die voëls hom weggeruk het, of asof die wind hom na ’n afgeleë plek weggevoer het.
22:32. Laat dit so wees. En wie die Simbole van Allah respekteer, voorwaar, hulle is die opregtes van harte.
22:33. Daarin is voordele vir julle vir ’n vasgestelde tyd; daarna sal hulle offerplek by die Ou Huis wees.

Afdeling 5: Offergawes

22:34. En vir elke volk het Ons han delinge van toewyding ingestel sodat hulle die Naam van Allah kan uitspreek oor die viervoetige diere wat Hy as voedsel aan hulle gegee het. Julle God is dus Een God, daarom moet julle aan Hom onderdanig wees. En bring ’n blye tyding aan die ootmoe diges;
22:35. aan hulle wie se harte met vrees vervul word wanneer Allah se Naam op die lippe geneem word, en dié wat geduldig is in hulle kwellings, en dié wat die gebed onderhou en bestee van die dinge waarmee Ons hulle bedeel het.
22:36. En onder die heilige tekens van Allah het Ons vir u die offerdiere aangewys. Daarin is baie voordele vir u. Spreek daarom die Naam van Allah daaroor uit, terwyl hulle in rye staan. Wanneer hulle op hulle sye neerslaan, eet daarvan, en voed diegene wat vra en diegene wie nie vra nie. Want so het Ons dit aan julle diensbaar gemaak, sodat julle dankbaar kan wees.
22:37. Nóg hulle vleis nóg hulle bloed bereik Allah, maar die godvresendheid is vir Hom aan neemlik. Daarom het Hy dit aan julle diensbaar gemaak, sodat julle Allah kan verheerlik vir dít waarnatoe Hy julle gelei het. En bring ’n blye tyding vir diegene wat aan andere goeddoen.
22:38. Voorwaar, Allah beskerm die gelowiges. Voorwaar, Allah het niemand lief wat ontrou en ondankbaar is nie.

Afdeling 6: Die gelowiges word toegelaat om te veg

22:39. Toestemming om te veg word verleen aan diegene teen wie oorlog gemaak is, omdat hulle verdruk word. En waarlik, Allah is in staat om hulle by te staan ~
22:40. hulle wat sonder billike rede uit hulle huise verdryf word, slegs omdat hulle sê: Ons Heer is Allah. En indien Allah nie sommige mense deur ander terugdryf nie, sou kloosters en kerke en sinagoges en moskees, waarin die Naam van Allah dikwels aangeroep word, afge breek word. En Allah sal diegene ondersteun wat Hóm help. Allah is inderdaad Sterk, Almagtig.
22:41. Hulle wat, indien Ons hulle in die land vestig, die gebed sal onderhou en die offergawes betaal, tot die goeie aanspoor en die kwaad verbied. En die einde van alle sake berus by Allah.
22:42. En indien hulle u verwerp, weet dan dat die volk van Noag, Aad en Thamoed voorheen dieselfde gedoen het;
22:43. net so het die volk van Abraham en die volk van Lot ook gedoen;
22:44. en die bewoners van Mede, Moses was ook verwerp. Maar Ek het aan die ongelowiges uitstel verleen, daarna het Ek hulle gegryp; en hoe streng was My afkeuring toe!
22:45. Hoeveel stede het Ons nie verdelg omdat hulle onregverdig was nie, sodat die dakke daaarvan ingestort het, en saam met hulle baie waterbronne en hoë, trotse paleise!
22:46. Het hulle dan nie in die land gereis sodat hulle harte moes hê waarmee hulle kon verstaan, of ore waarmee hulle kon hoor nie? Want waarlik, dit is nie die oë wat blind is nie, maar dit is die harte in die boesems wat blind is.
22:47. En hulle dring by u aan om die straf te verhaas, maar Allah sal nooit Sy Belofte verbreek nie. En voorwaar, ’n dag by u Heer is soos ’n duisend jaar by u berekening.
22:48. En aan hoeveel stede het Ek nie uitstel verleen nie, hoewel hulle onregverdig was; maar daarna het Ek dit gegryp! En tot My is die terugkeer.

Afdeling 7: Teenstand teen die Profeet

22:49. Sê: O mensdom! Ek is slegs ’n duidelike waarskuwer vir julle.
22:50. Vir hulle dan wat glo en goed doen, vir hulle is daar vergifnis en ’n eervolle lewensonderhoud.
22:51. Maar hulle wat probeer om Ons tekens kragteloos te maak, hulle is die inwoners van die Vlammende Vuur.
22:52. En nog nooit het Ons ’n boodskapper of ’n profeet vóór u gestuur nie, of wanneer hy sy boodskap aflewer, probeer die duiwel sy verleidinge; maar Allah maak die inblasinge van die duiwel tot niet. Dan beves tig Allah Sy tekens. En Allah is Alleswetend, Allerwys.
22:53. Sodat Hy die inblasinge van die duiwel as ’n beproewing kan gebruik vir diegene in wie se harte daar ’n siekte is, en wie se harte verhard is. Want voorwaar, die kwaaddoeners is in verre opposisie.
22:54. En sodat hulle aan wie kennis gegee is, kan weet dat die Waarheid van u Heer kom, sodat hulle daarin kan glo en sodat hulle nederig voor Hom kan wees. En vir diegene wat glo, is Allah die Gids na die regte weg.
22:55. En die ongelowiges sal nie ophou om daaraan te twyfel nie, totdat die Uur hulle onverwags agterhaal, of die straf van ’n rampsalige Dag oor hulle kom.
22:56. Die koninkryk van daardie Dag sal Allah s’n wees. Hy sal oor hulle reg spreek. Maar hulle wat glo en goeddoen, sal in Tuine van Saligheid bly.
22:57. En hulle wat nie glo nie en Ons tekens verwerp, vir hulle is daar ’n skandelike straf.

Afdeling 8: Die gelowiges sal in die land gevestig word

22:58. En hulle wat ter wille van Allah migreer en dan sneuwel of sterwe, Allah sal sekerlik aan hulle ’n goeie voorsiening verskaf. En voorwaar, Allah is die Beste Voorsiener.
22:59. Gewis sal Hy hulle ’n plek laat binnegaan waarmee hulle tevre de sal wees. Allah is inderdaad Alleswetend, Verdraagsaam.
22:60. En so sal dit wees. En wie vergeld in dieselfde mate waarin hy onreg aangedoen is, en hy word onderdruk, Allah sal hom sekerlik bystaan. Waarlik, Allah is Vergewend, Vergewens gesind.
22:61. Dit is omdat Allah die nag laat oorgaan in die dag, en die dag laat oorgaan in die nag, en omdat Allah Alleshorend, Allessiende is;
22:62. en omdat Allah die Waarheid is, en dít wat hulle buiten Hom aanroep, vals is, en omdat Allah die Hoë, die Grote is.
22:63. Sien u dan nie dat Allah water uit die wolke afstuur en die aarde daarna groen word nie? Allah is inderdaad Kennisdraend van alle geheime en ook die Allerbewuste.
22:64. Aan Hom behoort alles wat in die hemele en op die aarde is. En waarlik, Allah is die Self-Genoegsame, die Lofwaardige.

Afdeling 9: Godsgenade in die behandeling van mense

22:65. Merk u dan nie dat Allah alles wat op die aarde is aan julle diensbaar gemaak het, en dat die skepe op Sy bevel die see deurklief nie? En Hy weerhou die hemel daarvan om sonder Sý toestemming op die aarde te val. Waarlik, Allah is Liefdevol en Genadevol teenoor die mense.
22:66. En dit is Hy wat aan julle die lewe gee, en daarna laat Hy julle weer sterwe, waarna Hy julle weer sal opwek. Waarlik, die mens is ondankbaar.
22:67. Vir elke volk het Ons gewyde seremonies vasgestel, sodat hulle dit kan onderhou. Laat hulle daarom nie met u oor die saak argumenteer nie, en roep u Heer aan. Waarlik, u volg die regte leiding.
22:68. Maar as hulle met u argumenteer, sê dan: Allah weet goed wat julle doen.
22:69. Allah sal op die Opstandingsdag tussen julle oordeel omtrent dít waaroor julle van mening verskil.
22:70. Weet u dan nie dat Allah weet wat in die hemel en op die aaarde is nie? Sekerlik, dit is alles in ’n boek. Vir Allah is dit baie maklik.
22:71. En hulle aanbid buiten Allah daardie dinge waartoe Hy geen magtiging verleen het nie en waarvan hulle ook niks weet nie. En vir die kwaaddoeners is daar geen helper nie.
22:72. En wanneer Ons duidelike verse en tekens aan hulle voorgedra word, sal u afkeuring bespeur op die gesigte van die ongelowiges. Hulle sal diegene wat Ons verse voordra, byna wil aanval. Sê: Sal ek julle oor iets nog erger as dít inlig? Die Vuur! Allah het dit aan die ongelowiges belowe. En dit is ’n bose bestsemming.

Afdeling 10: Afgoder y sal uitgeroei word

22:73. O mensdom! ’n Gelykenis word gegee; luister daarna. Voorwaar, diegene wat julle in plaas van Allah aanbid, kan selfs geen vlieg skep nie, al sou hulle dit almal saam probeer. En as ’n vlieg iets van hulle sou wegneem, sal hulle dit nie kan terugneem nie. Swak is sowel die soeker as diegene wat gesoek word.
22:74. Hulle eer Allah nie met die agting wat Hom toekom nie. Voorwaar, Allah is Sterk, Allermagtig.
22:75. Allah kies boodskapppers uit die engele en uit die mense. Voorwaar, Allah is Alleshorend, Allessiende.
22:76. Hy weet wat voor hulle is en wat agter hulle is. En na Allah word alles weer teruggebring.
22:77. O julle gelowiges! Buig vooroor en prostreer, en aanbid julle Heer, en doen goed, sodat julle suksesvol mag wees.
22:78. En stry vir die saak van Allah met gepaste ywer. Hy het julle gekies en julle in die godsdiens geen las opgelê nie ~ dit is die geloof van julle vader Abraham. Hy het julle voorheen Moes liems genoem, en so ook in hier die Boek, sodat die Boodskapper ’n getuie vir julle mag wees en dat julle getuies vir die ganse mensdom mag wees. Onderhou dus die gebed en betaal die offergawes, en hou vas aan Allah. Hy is julle Beskermer; uitmuntend die Beskermer en uitmuntend die Helper!

Hoofstuk 23: Die Gelowiges

Afdeling 1: Sukses van die gelowiges

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genade.

23:1. Voorspoeding inderdaad is die gelowiges,
23:2. wat ootmoedig in hulle gebede is,
23:3. en wat ydelhede vermy,
23:4. en wat na reinheid strewe,
23:5. en hulle geslagsdrifte beteuel,
23:6. behalwe in die aanwesigheid van hulle vroue of dié wat hulle regterhande besit, want dan sal hulle sekerlik nie verwyt kan word nie.
23:7. Maar diegene wat die perke oorskry, is oortreders.
23:8. En wie sorgsaam is met wat aan hulle toevertrou word, en so ook met hul verbond,
23:9. en wat hulle gebede in ag neem,
23:10. hulle is die erfgename
23:11. wat die Paradys sal erwe. Daarin sal hulle bly.
23:12. Voorwaar, Ons het die mens geskape uit ’n ekstrak van klei,
23:13. daarna het Ons hom as ’n klein sperm in ’n veilige plek besorg.
23:14. Vervolgens vorm Ons die sperm tot ’n bloedstolsel; daarna vorm Ons die gestolde bloed tot ’n stuk vleis; dan vorm Ons in die stuk vleis beendere; dan beklee Ons die beendere met vleis; en so ontwikkel Ons dit tot ’n nuwe skepping. Geseënd is Allah, die Beste skepper.
23:15. Daarna sal julle sekerlik sterf,
23:16. en op die Dag van Herrysenis weer opgewek word.
23:17. En bo julle het Ons sewe hemele gemaak ~ en nooit verontagsaam Ons die skepping nie.
23:18. En Ons stuur water uit die wolk in bepaalde hoeveelheid, en Ons laat dit in die aarde insink, en Ons is sekerlik in staat om dit weer weg te neem.
23:19. Ons laat tuine van dadelpalms en wingerde vir julle daarmee groei. Daarin het julle baie vrugte, en daarvan eet julle;
23:20. en ’n boom wat uit die berg Sinai groei, wat olie en voedsel vir die eters verskaf.
23:21. En waarlik, in die vee is daar ’n les vir julle: Ons laat julle drink van wat uit hulle buik kom, en talryke voordele kry julle uit hulle, en van hulle eet julle.
23:22. En op hulle, en op die skepe, word julle vervoer.

Afdeling 2: Noag

23:23. En Ons het Noag na sy volk gestuur, waar hy gesê het: O my volk! Aanbid Allah. Julle het geen ander God as Hom nie. Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie?
23:24. En die ongelowige hoofmanne van sy volk het gesê: Hy is maar net ’n sterfling soos julle, maar hy verlang voortreflikheid bó julle. En as Allah dit wou, kon Hy engele gestuur het. Van so ’n boodskapper het ons ons vaders nooit hoor praat nie.
23:25. Hy is slegs ’n kranksinnige; duld hom maar vir ’n tydjie.
23:26. Hy het gesê: O my Heer! Help my omdat hulle my verloën.
23:27. Toe het Ons aan hom geopenbaar: Bou die Ark onder Ons oë en in ooreenstemming met Ons openbaring. Wanneer Ons bevel dan kom, en die water stromende uit die vallei kom, neem dan van elke soort ’n paar aan boord, en ook u volk, behalwe diegene onder hulle teen wie die woord reeds uitgevaardig is; en praat nie met My oor die onregverdiges nie; waarlik, hulle sal verdrink word.
23:28. Wanneer u veilig in die Ark sit ~ u en diegene saam met u ~ sê dan: Alle lof behoort aan Allah, wat ons van ’n bose volk verlos het.
23:29. En sê: My Heer, laat my landing geseënd wees; u is die Beste Landingshulp.
23:30. Voorwaar, hierin is tekens; en waarlik, Ons stel die mense op die proef.
23:31. Toe het Ons ’n ander geslag ná hulle verwek.
23:32. En Ons het ’n boodskapper uit hulle midde gestuur, wat gesê het: Dien Allah ~ julle het geen ander God as Hom nie. Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie?

Afdeling 3: Die Profete ná Noag

23:33. En die ongelowige hoofde van sy volk, wat die ontmoeting in die Hiernamaals verloën en aan wie Ons ’n oorvloed geskenk het om in hierdie lewe te geniet, het gesê: Hy is net so ’n sterfling soos julle. Hy eet waarvan julle eet, en drink waarvan julle drink.
23:34. As julle iemand gehoorsaam wat net so ’n sterfling is soos julle, sal julle sekerlik veloorders wees.
23:35. Belowe hy dat wanneer julle dood is en stof en beendere geword het, julle weer opgewek sal word?
23:36. Ver, baie ver, is dít wat julle beloof word:
23:37. Daar is geen ander lewe buiten hierdie lewe nie; ons sterf en ons lewe, en ons sal nie weer opgewek word nie:
23:38. Hy is niemand anders nie as ’n man wat ’n leuen teen Allah versin het; ons sal in hom nie glo nie.
23:39. Hy het gesê: O my Heer! Help my; hulle verloën my.
23:40. Hy, Allah, het gesê: Binnekort sal hulle sekerlik spyt wees.
23:41. Toe het ’n regverdige straf hulle ingehaal, en Ons het opdrifsels van hulle gemaak. Weg dan met die onregverdige volk!
23:42. Toe het Ons ander geslagte ná hul opgewek.
23:43. Geen volk kan sy verdoemenis verhaas nie, nog minder kan hulle dit uitstel.
23:44. Toe het Ons Ons boodskappers die een na die ander gestuur. Telkens wanneer ’n boodskapper by ’n volk kom, het hulle hom verloën. So het Ons hulle die een na die ander laat opvolg, en hulle legendes gemaak. Weg dan met ’n volk wat nie glo nie!
23:45. Daarna het Ons Moses en sy broer Aäron met Ons tekens en duidelike gesag gestuur
23:46. na Farao en sy owerstes, maar hulle was hoogmoedig en ’n aanmatigende volk.
23:47. Hulle het gesê: Moet ons in twee sterflinge soos onsself glo, terwyl hulle volk ons dien?
23:48. Derhalwe het hulle die twee ook verloën, en daarom het hulle later tot die vernietigdes behoort.
23:49. En Ons het Moses die Boek geskenk sodat hulle die leiding kon volg.
23:50. En Ons het die seun van Maria, en sy moeder, tot ’n teken gemaak, en Ons het albei van hulle toevlug verleen op ’n hoë plato met weivelde en vloeiende strome.

Afdeling 4: Die hoë waardes van die lewe

23:51. O boodskappers! Eet van die heilsame voedsel, en verrig goeie dade. Voorwaar, Ek weet wat julle doen.
23:52. En waarlik, hierdie gemeenskap van julle is één gemeenskap, en Ek is julle Heer; so vrees my.
23:53. Maar hulle het in sektes verdeel; elke party is verheug oor dít wat hulle besit.
23:54. Laat hulle daarom ’n tyd lank aan hulle onkunde oor.
23:55. Dink hulle, vanweë die rykdom en kinders waarmee Ons hulle bedeel,
23:56. dat Ons Ons haas om aan hulle goed te doen? Nee, hulle begryp nie.
23:57. Voorwaar, diegene wat uit vrees ontsag koester vir hulle Heer
23:58. en diegene wat in die tekens van hulle Heer glo,
23:59. en hulle wat niemand anders met hulle Heer vereenselwig nie,
23:60. en diegene wat bestee wat hulle kan afstaan, terwyl hulle harte met vrees vervul is, omdat hulle tot hul Heer moet terugkeer,
23:61. dit is húlle wat hul inspan om goed te doen, en hierin neem hulle ook altyd die voortou.
23:62. Ons belas geen siel bo haar vermoë nie; en by Ons is ’n boek wat die waarheid spreek, daarom sal hulle geen onreg aangedoen word nie.
23:63. Nee, hulle harte is onverskillig teenoor die Boek en buitendien het hulle ander take wat hulle aandag aflei.
23:64. Totdat Ons diegene wat luilekker lewe met straf vergeld, Kyk! dan skree hulle om hulp.
23:65. Skreeu nie om hulp op daardie Dag nie, want Ons sal julle tog nie bystaan nie.
23:66. My tekens is inderdaad aan julle voorgedra, dog julle het op die plek omgedraai
23:67. met hoogmoed, en snags daarmee gespot.
23:68. Het hulle dan nie oor die Woord nagedink nie? Of het daar iets na hulle gekom wat nie aan hulle voorvaders gestuur is nie?
23:69. Of erken hulle nie hul boodskapper, sodat hulle hom nie aanvaar nie?
23:70. Of sê hulle: Hy is kranksinnig? Nee, hy het hulle die Waarheid gebring, en die meeste van hulle haat die Waarheid.
23:71. En indien die Waarheid hom na húlle wens moes skik, sou die hemele en die aarde en alles wat daarin is, in wanorde verval het. Nee, Ons het hulle vermaning vir hulle gebring, maar hulle minag die vermaning.
23:72. Of vra u enige beloning van hulle? Die beloning van u Heer is beter, en Hy is die beste Voorsiener.
23:73. En u roep hulle waarlik tot die regte weg.
23:74. Maar hulle wat nie in die Hiernamaals glo nie, dwaal inderdaad van die weg af.
23:75. En as Ons Ons oor hulle ontferm en hule kwelling verlig, sal hulle tog maar blindelings in hulle oortredinge volhard.
23:76. En Ons het hulle alreeds met straf besoek, maar hulle was hulle Heer nie onderdanig nie; en ook was hulle nie ootmoedig nie.
23:77. Totdat Ons vir hulle die deur tot streng straf oopmaak; kyk! dan verkeer hulle in wanhoop.

Afdeling 5: Veelgoder y verdoem sigself

23:78. En dit is Hy wat die ore en die oë en die harte vir julle gemaak het, maar julle dank is maar min!
23:79. En dit is Hy wat julle op die aarde laat vermenigvuldig het, en tot wie julle versamel sal word.
23:80. En dit is Hy wat die lewe skenk, en die dood veroorsaak; en die wisseling van die nag en die dag is Syne. Wíl julle dan nie verstaan nie?
23:81. Nee, hulle sê dieselfde dinge wat die ou volkere gesê het.
23:82. Hulle sê: Sal ons, wanneer ons dood is en tot stof en beendere vergaan het, dan weer opgewek word?
23:83. Dit word inderdaad aan ons belowe, net soos voorheen aan ons voorvaders, maar dit is slegs fabels van die ou volke.
23:84. Sê: Aan wie behoort die aarde en alles wat daarop is? Sê as julle dit weet.
23:85. Hulle sal sê: Aan Allah. Sê: Sal julle dan nie ag gee nie?
23:86. Sê: Wie is die Heer van die sewe hemele, en die Heer van die Groot, Almagtige Troon?
23:87. Hulle sal sê: Allah. Sê: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie?
23:88. Sê: Wie is dit in Wie se hand die koninkryk van alle dinge is: Hy wat beskerm, en teen wie niemand beskerm word nie? Sê, as julle dit weet.
23:89. Hulle sal antwoord: Dit behoort aan Allah. Sê: Waarom word julle dan mislei?
23:90. Nee, Ons het hulle die Waarheid gebring en hulle is sekerlik leuenaars.
23:91. Allah het vir Hom geen seun verwek nie, ook is daar geen ander god naas Hom nie, anders sou elke god probeer vernietig wat hy geskape het; en sommige van hulle sou andere sekerlik oorwin het. Verhewe is Allah bo alles wat hulle beweer!
23:92. Die Kennisdraer van die Onsigbare en die Sigbare. Hy is verhewe bo dít waarmee hulle Hom vereenselwig!

Afdeling 6: Die spyt van die Bose

23:93. Sê: My Heer! As U my daardie dinge sou laat sien, waarmee hulle bedreig word ~
23:94. my Heer, plaas my dan nie te midde van die onregverdige volk nie.
23:95. En voorwaar, Ons is gewis in staat om u te laat sien waarmee Ons hulle bedreig.
23:96. Verdryf die kwaad met die goeie. Ons weet die beste wat hulle beweer.
23:97. En sê: My Heer! Ek neem toevlug tot U teen die bose voorstelle van die duiwels,
23:98. en ek neem toevlug tot U, my Heer, ingeval hulle my sou besoek.
23:99. Maar wanneer die dood tot een van hulle kom, sê hy smekend: My Heer! Stuur my terug
23:100. sodat ek kan vergoed vir wat ek nagelaat het om te doen. Geensins! Dit is slegs ’n woord wat hy uiter. En voor hulle is ’n versperring tot die Dag wanneer hulle opgewek sal word.
23:101. Wanneer die basuin dan geblaas word, sal daar op daar die Dag geen familiebande tussen hulle wees nie, ook sal die een na die ander nie uitvra nie.
23:102. Diegene dan, wie se goeie dade swaar weeg, sal suksesvol wees.
23:103. En diegene wie se goeie dade lig sal weeg, dit is húlle wat hulle siele verloor het; in die Hel sal hulle bly.
23:104. Die Vuur sal hulle gesigte verskroei en hulle sal daarin swaar kwellings ondergaan.
23:105. Daar sal gesê word: Is My tekens nie aan julle voorgedra, en het julle dit nie verwerp nie?
23:106. Hulle sal antwoord: O, ons Heer! Ons teëspoed het ons oorweldig, en ons was ’n dwalende volk.
23:107. Ons Heer, neem ons daaruit; indien ons terugkeer na die kwaad, sal ons waarlik onregverdig wees.
23:108. Hy sal sê: Gaan, verneder, daarin en spreek My nie aan nie.
23:109. Waarlik, daar was sommige van My dienaars wat gesê het: Ons Heer! Ons glo; vergewe ons daarom, en wees ons barmhartig, en U is die Beste van hulle wat Genade betoon.
23:110. Maar julle het die spot met hulle gedryf, totdat hulle die oorsaak was dat julle My vergeet het, omdat julle hulle uitgelag het.
23:111. Maar Ek het hulle vandag waarlik vir hulle geduld beloon. Voorwaar, hulle is die oor winnaars.
23:112. Hy sal vra: Hoeveel jaar het julle op die aarde gebly?
23:113. Hulle sal antwoord: Ons het ’n dag gebly of ’n deel van ’n dag, maar vra diegene wat rekening hou.
23:114. Hy sal sê: Julle het maar ’n klein rukkie vertoef ~ as julle dit maar geweet het!
23:115. Het julle dan gedink dat Ons julle tevergeefs geskape het, en dat julle nie na Ons terug gebring sal word nie?
23:116. Verhewe is Allah, die ware Koning! Geen god is daar buiten Hom nie, die Heer van die Voortreflike Troon!
23:117. En wie dan naas Allah ’n ander god aanroep ~ hy het geen bewys daarvan nie ~ sy afrekening is slegs by sy Heer. Voorwaar, die ongelowiges sal nie slaag nie.
23:118. En sê: O my Heer! Vergewe en wees genadig, want U is die Beste van hulle wat Barmhartigheid betoon.

Hoofstuk 24: Die Lig

Afdeling 1: Die Wet insake owerspel

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

24:1. Dit is ’n Hoofstuk wat Ons ge openbaar en verpligtend gemaak het, en waarin Ons duidelike tekens geopenbaar het, sodat julle mag onthou.
24:2. Slaan elke egbreekster en egbreker met honderd strafhoue, en laat medelye met hulle julle nie van die gehoorsaamheid aan Allah weerhou nie, indien julle in Allah en die Laaste Dag glo, en laat van die gelowiges getuie wees van hulle straf.
24:3. Die egbreker sal nie gemeenskap hê nie, behalwe met ’n egbreekster of ’n heidin; en die egbreekster sal nie gemeenskap hê nie, behalwe met ’n egbreker of ’n heiden; en dit is vir die gelowiges verbode.
24:4. En hulle wat kuise vroue beskuldig en teen hulle nie vier getuies kan inbring nie, slaan hulle tagtig houe, en neem hulle getuienis nooit weer aan nie, want húlle is die oortreders ~
24:5. met die uitsondering van diegene wat daarna berou toon en goeddoen. Wwaarlik Allah is Vergewensgesind, Genadevol.
24:6. En diegene wat hulle vrouens beskuldig en geen getuies buiten hulself het nie, laat elkeen van hulle vier maal in die naam van Allah sweer dat hy waarlik die waarheid praat.
24:7. En ook vir ’n vyfde maal, dat die vloek van Allah op hom sal wees as hy die waarheid geweld aandoen.
24:8. Maar dit sal die straf van haar afwend indien sý vier maal in die naam van Allah getuig en sê dat hy ’n leuenaar is.
24:9. En ook vir ’n vyfde maal, dat die toorn van Allah op haar sal wees as hy die waarheid spreek.
24:10. En was dit nie vir die goeder tierenheid van Allah oor julle, en Sy barmhartigheid nie, sou julle verlore gegaan het. Voorwaar, Allah is Berouaanvarend, Aller wys.

Afdeling 2: Aisja se lasteraars

24:11. Waarlik, in julle midde is daar ’n groep wat laster. Beskou dit nie as ’n bedreiging vir julle nie; inteendeel, dit is goed vir julle. Vir elkeen van húlle is die sonde wat hy verdien het; en hy, onder hulle, wat die grootste deel daarvan op homself geneem het, sal ’n smartlike straf ontvang.
24:12. Waarom het die gelowige mans en die gelowige vroue, toe julle dit gehoor het, nie goed gedink van hulle eie mense nie, en gesê: Dit is ’n openlike valsheid?
24:13. Waarom het hulle nie vier getuies gebring nie? Omdat hulle nié vier getuies gebring het nie, is hulle leuenaars in die oë van Allah.
24:14. En was dit nie vir die goedertierenheid van Allah oor julle, en Sy barmhartigheid in hierdie wêreld en die Hierna maals nie, sou ’n smartlike straf julle sekerlik getref het weens die praatjies waaraan julle jul oorgee.
24:15. Toe julle dit met julle tonge verwelkom het en met julle monde gepraat het ~ dít waar van julle geen kennis besit het nie ~ het julle dit as ’n kleinig heid geag, terwyl dit by Allah ernstig was.
24:16. En waarom het julle nie, toe julle dit gehoor het, gesê nie: Dit betaam ons nie om daaroor te praat nie. Heilig is U! Dit is ’n groot belastering!
24:17. Allah waarsku julle om nooit weer in so iets te verval nie, indien julle gelowiges is.
24:18. En Allah maak aan julle die tekens duidelik; en Allah is Alleswetend, Allerwys.
24:19. Diegene wat daarvan hou dat die gelowiges beskinder word, sal in hierdie wêreld en in die Hierna maals ’n smartlike straf onder- gaan. En Allah weet, terwyl julle nie weet nie.
24:20. En was dit nie vir die goeder tierenheid van Allah oor julle, en Sy Barmhartigheid, en dat Allah Liefderyk, Genadevol is nie, sou julle verlore gegaan het.

Afdeling 3: Die belasteraars van vroue

24:21. O julle gelowiges! Volg nie die voetstappe van die duiwel nie. En wie ook al die voetstappe van die duiwel volg, aan hulle sal hy sekerlik beveel om onsedelik heid en kwaad te bedryf. En was dit nie vir die goedertieren heid van Allah oor julle, en Sy barmhartigheid nie, sou niemand van julle ooit rein gewees het nie; maar Allah reinig wie Hy wil. En Allah is Alleshorend, Alleswetend.
24:22. En laat hulle wat rykdom en oorvloed onder julle besit, nie sweer om hulle gawes van die familie en behoeftiges en diegene wat in die weg van Allah gevlug het, terug te hou nie; en verskoon en sien oor die hoof. Hou julle nie daarvan dat Allah júlle moet vergewe nie? En Allah is Vergewensgesind, Genadevol.
24:23. Voorwaar, diegene wat kuise, gelowige, vroue wat onbewus is van enige kwaad, beskuldig, word in hierdie wêreld en in die Hiernamaals vervloek. Vir hulle is daar ’n smartlike straf,
24:24. op die Dag wanneer hulle tonge en hulle hande en hulle voete téén hulle sal getuig aangaande dít wat hulle gedoen het.
24:25. Op daardie Dag sal Allah hulle ’n regverdige vergelding ten volle terugbetaal, en hulle sal weet dat Allah, dat Hy, die Duidelike Waarheid is.
24:26. Onreine vroue is vir onreine mans, en onreine mans is vir onreine vroue. Maar goeie vroue is vir goeie mans, en goeie mans is vir goeie vroue; diegene is vry van wat ander sê. Vir hulle is daar vergifnis en ’n eerbare voorsiening.

Afdeling 4: Voorsorgmaatreëls

24:27. O julle gelowiges! Gaan geen ander huis as julle eie binne sonder om toestemming te vra en die inwoners daarvan te groet nie. Dit is beter vir julle, sodat julle mag onthou.
24:28. Maar indien julle niemand daarin vind nie, gaan dit nie binne voordat toestemming aan julle verleen word nie; en indien aan julle gesê word: Gaan terug! Gaan dan terug, want dit is pasliker vir julle. En Allah is die Weter van wat julle doen.
24:29. En dit is vir julle geen sonde om onbewoonde huise waarin julle benodigdhede is, binne te gaan nie. En Allah weet wat julle openlik doen en wat julle verberg.
24:30. Sê aan die gelowige mans dat hulle nie moet staar nie, maar hulle oë moet neerslaan, en dat hulle hul geslagsdrifte moet beheer. Dit is pasliker vir hulle. Voorwaar, Allah is Bewus van wat hulle doen.
24:31. En sê aan die gelowige vroue dat hulle húl oë moet neerslaan en hulle geslagsdrifte moet beheer, en nie hulle skoonheid tentoonstel nie, behalwe wat geoorloof is om sigbaar te bly. En laat ’n deel van hulle hooftooisels hul borste bedek. En laat hulle hul skoonheid nie vertoon nie, behalwe aan hul eggenote, of vaders, of die vaders van hul eggenote, of hulle seuns, of die seuns van hulle eggenote, of hulle broers of die seuns van hulle broers, of die seuns van hulle susters, of hulle vroue; of hulle slawe, of manlike bedien des wat geen geslagsdrang het nie; of die kinders wat nog niks van die naaktheid van vroue weet nie. En laat hulle nie met hul voete stamp nie, sodat die skoonheid wat hulle bedek nie blootgestel sal word nie. En bekeer julle almal tot Allah, o gelowiges, sodat julle mag slaag.
24:32. En tree in die huwelik met die onverbondenes onder julle, en diegene wat geskik is onder julle manlike slawe en julle vroulike slawe. Indien hulle behoeftig is, sal Allah hulle uit Sy oorvloed voorsien. En Allah is Barmhar tig, Alleswetend.
24:33. En laat hulle wat geen huweliksmaat kan vind nie, hulself kuis hou totdat Allah hulle uit Sy oorvloed van gebrek vrystel. En diegene onder julle slawe wat ’n akte van vrystelling verlang, voorsien hulle daarvan as julle iets goeds in hulle opmerk, en gee hulle van die rykdom van Allah wat Hy julle geskenk het. En dwing julle slavinne nie tot ontug as hulle verlang om kuis te bly, om die verganklike goedere van hierdie wêreld se lewe te soek nie. Maar indien iemand hulle dwing, dan sal Allah ná die dwang vir hulle Vergewens gesind, Barmhartig wees.
24:34. En Ons het sekerlik duidelike tekens na julle gestuur, en ’n beskrywing van diegene wat vóór julle heengegeaan het, en ’n waarskuwing vir diegene wat teen kwaad waak.

Afdeling 5: Die Goddelike Lig

24:35. Allah is die Lig van die hemele en die aarde. Die gelykenis van Sy Lig is soos ’n pilaar waarop ’n lamp is. Die lamp is in ’n glas; die glas is soos ’n skit terende ster. Dit word aan die brand gesteek met olie van die geseënde olyfboom, wat nóg van die Ooste nóg van die Weste is, waarvan die olie lig gee ofskoon die vuur dit nie aanraak nie ~ Lig op Lig. Allah lei tot Sy Lig wie Hy wil. Allah stel gelyke nisse vir die mense voor, en Allah is die Weter van alle dinge:
24:36. Dít is in huise wat Allah toe stemming verleen het om verhoog te word, en waarin Sy Naam geloof word. Daarin word Sy Naam verheerlik, soggens en saans;
24:37. mense wat nie deur handelsware of deur sakebedrywe agteloos geword het in die aanbidding van Allah, of die onderhouding van die gebed, of die gee van offergawes nie. Hulle vrees die Dag waarop harte en oë sal ronddraai,
24:38. sodat Allah hulle vir die beste van hulle dade kan beloon en hulle meer van Sy oorvloed kan gee. Allah gee sonder maat aan wie Hy wil.
24:39. En die ongelowiges, hulle dade is soos ’n lugspieëling in ’n woestyn wat vir die dorstige man soos water lyk, totdat, wanneer hy daar kom, hy niks vind nie, en hy Allah by hom vind, wat hom sy rekening ten volle vereffen; en Allah is vlug met die afrekening.
24:40. Of soos duisternis in ’n diep see, waar golf bo golf hom oorstelp, en waarbo ’n wolk is met duisternis bo duisternis ~ wanneer hy sy hand uitstrek, kan hy dit skaars sien. En die een aan wie Allah geen lig gegee het nie, vir hom ís daar geen lig nie.

Afdeling 6: Die Goddelike Mag

24:41. Sien u nie dat alles in die hemele en op die aarde, ook die voëls met hul uitgespreide vlerke, Allah verheerlik nie? Elkeen ken sy gebed en lofsang. En Allah is die Weter van wat hulle doen.
24:42. Aan Allah behoort die koninkryk van die hemele en die aarde, en tot Allah is die uiteindelike terugkeer.
24:43. Sien u nie dat Allah die wolke voortdryf, hulle dan bymekaar versamel en daarna ophoop, sodat u reën uit hulle sien voort- kom nie? En van die hemel stuur Hy wolke soos berge, waarin hael is, en Hy tref daar mee wie Hy wil en keer dit weg van wie Hy wil. Die glans van Sy blitsstraal ontneem mens byna die gesig.
24:44. Allah veroorsaak die nag en die dag sodat die een die ander kan opvolg. Voorwaar, hierin is daar ’n les vir hulle wat oë het om te sien.
24:45. En Allah het elke dier uit water geskape. Sommige van hulle beweeg op hulle buik, ander loop op twee pote en ander loop op vier pote. Allah skep wat Hy wil. Voorwaar, Allah het mag oor alle dinge.
24:46. Ons het inderdaad duidelike tekens geopenbaar. En Allah lei na die regte pad wie Hy wil.
24:47. En hulle sê: Ons glo in Allah en in die Boodskapper, en ons is gehoorsaam. Maar daarna draai sommige van hulle daarvan weg. Diesulkes is geen gelowiges nie.
24:48. En wanneer hulle tot Allah en Sy Boodskapper geroep word, sodat hy tussen hulle kan reg spreek, kyk! dan draai ’n gedeelte van hulle weg.
24:49. Maar as die reg aan hulle kant is, sal hulle in onderdanigheid vinnig na hom toe kom.
24:50. Is daar ’n siekte in hulle harte, of verkeer hulle in twyfel, of vrees hulle dat Allah en Sy Boodskapper onregverdig met hulle sal handel? Nee! Hulle is kwaaddoeners.

Afdeling 7: Die bevestiging van die Koninkryk van Islam

24:51. Die antwoord van die gelowiges wanneer hulle tot Allah en Sy Boodskapper geroep word, sodat hy tussen hulle mag reg spreek, is slegs: Ons hoor en is gehoorsaam. En dit is húlle wat sal slaag.
24:52. En wie Allah en Sy Boodskapper gehoorsaam is, en Allah vrees, en sy plig teenoor Hom nakom, hulle sal seëvier.
24:53. En hulle sweer by Allah hulle plegtigste beloftes dat indien u hulle gebied, hulle sekerlik sal opruk. Nie plegtige beloftes nie, maar werklike gehoorsaamheid is nodig. Voorwaar, Allah is Bewus van wat julle doen.
24:54. Sê: Gehoorsaam Allah en gehoorsaam die Boodskapper. Maar indien julle wegdraai, is hy slegs verantwoordelik vir dít waarmee hy belas is, en julle is slegs verantwoordelik vir dít waarmee júlle belas is. En indien julle hom gehoorsaam, sal julle die regte weg inslaan. En die plig van die Boodskapper is slegs om die boodskap duidelik af te lewer.
24:55. Allah het aan diegene onder julle wat glo en goeie werke doen, belowe dat Hy hulle stellig as regeerders op die aarde sal aanstel, soos Hy diegene vóór hulle tot regeerders gemaak het, en dat Hy die godsdiens wat Hy vir hulle verkies het, sekerlik sal bevestig, en dat Hy hulle, ná hulle vrees, veiligheid sal gee. Hulle sal My aanbid en niks met My vereenselwig nie. En wie daarna ondankbaar is, hulle is die oortreders.
24:56. En onderhou die gebed en betaal die offergawes en wees die Boodskapper gehoorsaam, sodat genade aan julle bewys mag word.
24:57. Dink nie dat die ongelowiges die Waarheid op die aarde sal verswak nie; hulle tuiste is die Vuur. En dit is inderdaad ’n slegte bestemming!

Afdeling 8: Eerbied vir privaatheid

24:58. O julle gelowiges! Laat diegene wat julle regterhand besit en hulle wat nog nie geslagsrypheid bereik het nie, drie maal julle toestemming vra: Vóór die oggendgebed, en wanneer julle jul klere aflê weens die middaghitte, en ná die aand gebed. Hierdie drie tye is vir julle privaatheid. Op ander tye is dit nóg vir julle nóg vir hulle sleg om rond te gaan en die een die ander op te soek. So maak Allah vir julle die tekens duidelik. En Allah is Alleswetend, Allerwys.
24:59. En wanneer die kinders onder julle gelsagsrypheid bereik, moet hulle ook verlof vra, soos diegene vóór hulle om toestem ming moes vra. So maak Allah Sy tekens aan julle duidelik. En Allah is Alleswetend, Allerwys.
24:60. En bejaarde vroue wat reeds verby die oorgangsjare is en geen hoop op ’n huwelik meer koester nie ~ op hulle rus geen skuld nie as hulle, sonder om hulle sierade te toon, hulle van hul kledingstukke ontdoen. Maar as hulle fatsoenlik is, is dit vir hulle beter. En Allah is Alleshorend, Alleswetend.
24:61. Dit sal vir die blindes nie as kwaad gereken word, nóg is dit kwaad vir die parapleeg of vir die sieke, nóg vir julle dat julle in jul eie huise eet, of in die huise van julle vaders, of in die huise van julle moeders, of in die huise van julle broers, of in die huise van julle ooms van vaderskant, of in die huise van julle tantes van vaderskant, of in die huise van julle ooms van moederskant, of in die huise van julle tantes van moederskant, of huise waarvan julle die sleutel in julle besit het, of in die huise van julle vriende. Dit sal vir julle nie as kwaad gereken word om saam of afsonderlik te eet nie. Wanneer julle die huise binnetree, groet dan mekaar met ’n groet van Allah, geseënd en goedgesind. So maak Allah die tekens vir julle duidelik, sodat julle dit mag verstaan.

Afdeling 9: Staatsbelange kr y voorkeur

24:62. Hulle alleen is gelowiges wat in Allah en Sy Boodskapper glo, en wanneer hulle by hom is oor ’n allerbelangrike saak, dan gaan hulle nie weg voordat hulle nie eers om sy toestemmming gevra het nie. Hulle wat u om verlof vra, is diegene wat werklik in Allah en sy Boodskapper glo. Wanneer hulle daarom u toestemming vra ter wille van hulle sake, gee dan toestemming aan wie van hulle u wil, en vra vir hulle vergifnis van Allah. Voorwaar, Allah is Vergewens gesind, Barmhartig.
24:63. Behandel die uitnodiging van die Boodskapper onder julle nie soos julle mekaar se uitnodi gings behandel nie. Allah ken diegene van julle wat wegsluip en hulself wegsteek. Laat diegene wat Sy gebod teëgaan dan versigtig wees, anders sal hulle met ’n kwelling getref word, of met ’n smartlike straf wat hulle sal inhaal.
24:64. Nou waarlik, aan Allah behoort wat in die hemele en op die aarde is. Hý ken julle toestand goed. En op die Dag wanneer hulle tot Hom terugkeer, sal Hy hulle inlig oor wat hulle gedoen het. Waarlik, Allah het kennis van alle dinge.

Hoofstuk 25: Die Kriterium

Afdeling 1: ’n Waarskuwer vir alle nasies

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

25:1. Geseënd is Hy wat die Kriterium na Sy dienaar afgestuur het, sodat hy ’n waarskuwer vir alle volke mag wees;
25:2. Hy, aan wie die koninkryk van die hemele en die aarde behoort, en wat geen seun vir Homself geneem het nie, en wat geen metgesel in die koninkryk het nie, en wat elke ding geskape het en daarna ’n maat daarvoor verorden het.
25:3. En hulle neem buiten Hom gode wat niks kan skep nie, terwyl hulle self geskape is, en hulle bewerk vir hulself so geen nadeel of voordeel nie, ook het hulle geen mag oor die dood, of lewe, of die weeropstanding nie.
25:4. En die ongelowiges sê: Dit is niks anders nie as ’n leuen wat hy versin het, en ander mense het hom daarmee gehelp. So het hulle inderdaad onregverdigheid en valsheid gebring.
25:5. En hulle sê: Dit is fabels van die ou volke wat hy laat afskryf het, en dit word vir hom soggens en saans voorgelees.
25:6. Sê: Hy wat die geheim van die hemele en die aarde ken, het dit geopenbaar. Waarlik, Hy is Vergewensgesind, Genadevol.
25:7. En hulle sê: Wat se Boodskapper is dit? Hy eet voedsel en gaan op die markte rond. Waarom is ’n engel nie na hom afgestuur om ’n waarskuwer sáám met hom te wees nie?
25:8. Of hoekom is daar nie ’n skat aan hom gegee, of ’n tuin waaruit hy kan eet nie? En die kwaad doeners sê: Julle volg slegs ’n betowerde man!
25:9. Kyk net watter gelykenisse hulle vir u voorstel ~ hulle het afgedwaal, en kan die regte weg nie meer vind nie.

Afdeling 2: Die waarheid van die waarskuwing

25:10. Geseënd is Hy wat, indien Hy wil, u iets beters as dit sal skenk: Tuine waardeur riviere stroom. En Hy sal u paleise gee.
25:11. Nee, hulle verloën die Uur, en vir hom wat die Uur verloën, het Ons ’n Brandende Vuur voor berei.
25:12. Wanneer hulle die Hel vanaf ’n verafgeleë plek sien, sal hulle haar woede en geraas hoor.
25:13. En wanneer hulle aanmekaar geketting in ’n nou plekkie daarin gewerp word, sal hulle om vernietiging roep.
25:14. Roep nie net een maal om vernietiging nie, maar roep om vernietiging keer op keer.
25:15. Sê: Is dít die beste, of is die Tuine van Ewigheid, wat aan die pligsgetroues belowe word, verkiesliker? Die Tuine is vir hulle ’n beloning en ’n toevlug.
25:16. Daarin is ewigdurend vir hulle wat hul verlang. Dit is ’n belof te van u Heer waarna gevra word.
25:17. En op die Dag wanneer Hy die ongelowiges en diegene wat hulle buiten Allah aanbid, sal versamel, sal Hy sê: Was dit júlle wat hierdie dienaars van My verlei het, of het hulle self van die regte pad afgedwaal?
25:18. Hulle sal sê: Heilig is U! Dit het ons nie betaam om ’n ander beskermer as U te neem nie, maar U het hulle en hulle vaders laat geniet totdat hulle die Aanmaning vergeet het, en hulle het ’n velore volk geword.
25:19. So sal hulle julle verloën, sodat julle nóg die kwaad kan afwend, nóg hulp sal verkry. En wie van julle kwaad doen, Ons sal hom ’n swaar straf laat smaak.
25:20. En nooit het Ons boodskappers vóór u gestuur nie, of hulle het sekerlik voedsel geëet en op die markte rondgegaan. En Ons maak sommige van julle ’n beproewing vir ander. Sal julle dan geduldig wees? En u Heer is Allessiende.

Afdeling 3: Die Dag van Onderskeiding

25:21. En diegene wat die ontmoeting met Ons nie verwag nie, sê: Waarom is geen engele na u gestuur nie, of hoekom sien ons nie ons Heer nie? Hulle het voorwaar ’n hoë dunk van hulself, en het met ’n groot beroering opstandig geword.
25:22. Op die Dag wanneer hulle die engele sal sien, sal daar geen blye tyding vir die skuldiges wees nie, en hulle sal sê: Laat daar ’n groot versperring wees!
25:23. En Ons sal Ons na die werke wend wat hulle verrig het, en sal dit soos stof verstrooi.
25:24. Die bewoners van die Paradys sal op daardie Dag in ’n beter woonplek wees en ook ’n beter oord hê.
25:25. En op die Dag wanneer die hemel met wolke uitmekaar sal bars en die engele afgestuur sal word:
25:26. Die koninkryk sal op daardie Dag tereg aan die Barmhartige behoort, en dit sal vir die ongelowiges ’n moeilike Dag wees.
25:27. En op die Dag wanneer die kwaaddoener sy hande sal byt, sal hy sê: O, het ek maar liewers die weg van die Boodskapper gevolg!
25:28. O wee! Het ek maar nooit so iemand as vriend {Satan} geneem nie!
25:29. Sekerlik het hy my van die Aanmaning laat afdwaal nadat dit tot my gekom het. En die duiwel laat die mens altyd in die steek.
25:30. En die Boodskapper sal sê: O my Heer! My volk het hierdie Qur’ãn versaak!
25:31. En so het Ons vir elke profeet ’n vyand onder die beskuldigdes gemaak, en u Heer is Voldoende as ’n Gids en ’n Helper.
25:32. En die ongelowiges sê: Waarom is die Qur’ãn nie voltooid aan hom geopenbaar nie? So is dit, sodat Ons u hart daardeur kan versterk, en Ons het dit duidelik en geleidelik uiteengesit.
25:33. En hulle kan u geen vraag stel nie, of Ons het aan u die waarheid en die beste uitleg geskenk.
25:34. Diegene wat op hulle gesigte in die Hel versamel sal word ~ hulle verkeer in ’n slegte toestand en het ver van die regte pad afgedwaal.

Afdeling 4: ’n Les uit die lot van vroeëre volke

25:35. En voorwaar, Ons het aan Moses die Boek gegee, en Ons het sy broer Aäron vir hom as ’n helper aangestel.
25:36. Toe het Ons gesê: Gaan julle albei na die volk wat Ons tekens verloën het. Daarna het Ons die volk met ’n vreeslike verwoesting vernietig.
25:37. En toe die volk van Noag die boodskappers verloën het, het Ons hulle laat verdrink, en van hulle ’n voorbeeld vir die mense gemaak ~ en Ons het ’n smart like straf vir die kwaaddoeners berei ~
25:38. En so ook Aad en Thamoed, en die volk van Rass, en baie ander geslagte tussen hulle.
25:39. En aan iedereen van hulle het Ons voorbeelde gegee, en iedereen het Ons met ’n vreeslike verwoesting vernietig.
25:40. En hulle gaan inderdaad by ’n stad verby waarop bose reën geval het. Sien hulle dit dan nie? Nee, hulle verwag die weeropstanding nie.
25:41. En wanneer hulle u sien, dryf hulle die spot met u: Is dit hý vir wie Allah as ’n boodskapper gestuur het?
25:42. Inderdaad het hy ons byna van ons gode laat afdwaal, was dit nie dat ons so geheg aan hulle was nie. Maar hulle sal weldra te wete kom ~ wanneer hulle die straf bemerk ~ wie die verste van die regte pad afge dwaal het.
25:43. Het u hom gesien wat van sy slegte begeertes sy god maak? Sal u ’n bewaker oor hom wees?
25:44. Of dink u dat die meeste van hulle hoor of verstaan? Hulle is soos vee; nee, hulle het nog verder van die pad afgedwaal.

Afdeling 5: ’n Les uit die natuur

25:45. Sien u nie hoe u Heer die skadu verleng nie? En as Hy wou, kon Hy dit onbeweeglik gemaak het. Ons het die son ’n aanwysing daarvan gemaak.
25:46. Daarna trek Ons dit na Ons, en Ons trek dit langsaam.
25:47. En dit is Hy wat die nag as ’n bedekking vir julle gemaak het, en die slaap vir rus; en Hy het die dag gemaak om weer op te staan.
25:48. En dit is Hy wat die winde as ’n blye tyding voor Sy genade uitstuur; en Ons stuur suiwer water uit die wolke af,
25:49. sodat Ons daarmee lewe aan ’n dooie land kan gee en dit as drank gee aan die vee en aan die baie mense wat Ons geskape het.
25:50. En Ons herhaal dit aan hulle, sodat hulle dit kan onthou, maar die meeste mense weier alles, behalwe ondankbaarheid.
25:51. En as Ons wou, kon Ons in elke stad ’n waarskuwer laat opstaan het.
25:52. Gehoorsaam die ongelowiges dus nie, en stry met die Qur’ãn ’n hewige stryd teen hulle.
25:53. En dit is Hy wat die twee waters vry laat vloei, die een soet, baie soet, en die ander souterig, bitter. En tussen die twee het Hy ’n afskeiding, ’n onskend bare vesperring, geplaas.
25:54. En dit is Hy wat die mens uit water geskape het en daarna vir hom bloedverwantskap en huweliksverwantskap gemaak het. En u Heer is vir ewig Al magtig.
25:55. En hulle aanbid buiten Allah dít wat hulle nóg voordeel nóg nadeel kan bring. En die ongelowige is altyd ’n helper teen sy Heer.
25:56. En Ons het u slegs as ’n bode van blye tyding en as ’n waarskuwer gestuur.
25:57. Sê: Ek vra julle niks in ruil daarvoor nie, behalwe dat hy wat wil, die weg na sy Heer sal inslaan.
25:58. En stel u vertroue in die Ewiglewende wat nie sterf nie, en verheerlik die lof wat Hom toekom. En Hy is voldoende Bewus van Sy dienaars se sonde.
25:59. Hy wat die hemele en die aarde en wat tussen hulle is, in ses tydperke geskape het, en Hy is op die Troon van Mag gevestig. Vra dus omtrent Hom van iemand wat weet.
25:60. En wanneer dit aan hulle gesê word: Prostreer voor die Barmhartige, dan sê hulle: En wat ís die Barmhartige? Sal ons prostreer voor dít wat u ons gelas? En dit laat hulle slegs in afkeer toeneem.

Afdeling 6: Die vervorming word uitgevoer

25:61. Geseënd is Hy wat die sterre in die hemel gemaak het, en ’n liggewende son en maan daarin geplaas het.
25:62. En dit is Hy wat die nag en die dag gemaak het dat die een die ander opvolg, vir hom wat verlang om te onthou of wat verlang om dankbaar te wees.
25:63. En die dienaars van die Barmhartige is húlle wat oot moedig op die aarde wandel, en wanneer die onkundiges hulle aanspreek, sê hulle: Vrede.
25:64. En hulle wat prostreer, en staande voor hulle Heer die nag deurbring.
25:65. En hulle wat sê: Ons Heer! Keer die straf van die Hel van ons af. Voorwaar, die straf daarvan is ’n voortdurende kwelling:
25:66. Dit is waarlik ’n slegte oord en laaste rusplek!
25:67. En hulle wat, wanneer hulle spandeer, nóg spandabelrig nóg suinig is. En die regte middel weg is altyd tussen hierdie twee uiterstes.
25:68. En hulle wat geen ander god buiten Allah aanroep nie en wat niemand doodmaak nie omdat Allah dit verbied het, behalwe ter wille van geregtigheid, en ook nie owerspel pleeg nie. En wie dít ook al doen, sal die straf van sonde tegemoetloop ~
25:69. Die straf sal vir hom verdubbel word op die Dag van Opstanding, en hy sal in vernedering daarin vertoef ~
25:70. behalwe hy wat berou het en glo en goeie werke doen; vir hulle sal Allah hulle slegte dade in goeie dade verander. En Allah is altyd Vergewensgesind, Barmhartig!
25:71. En hy wat berou het en goeddoen, wend hom sekerlik tot Allah met ’n goeie bedoeling.
25:72. En hulle wat nie valse getuienis aflê nie, en hulle wat, wanneer hulle iets boos verbygaan, edel moedig verbygaan.
25:73. En hulle wat, wanneer hulle deur die tekens van hulle Heer gewaarsku word, nie daarby doof en blind neerval nie.
25:74. En hulle wat sê: Ons Heer! Maak ons eggenotes en ons kinders tot ’n troos vir ons oë. En maak ons leiers vir diegene wat teen die kwaad waak.
25:75. Diesulkes sal met die hoogste plekke beloon word, omdat hulle geduldig is, en daarin sal hulle ontvang word met groete en vrede,
25:76. om daarin te vertoef. Uitstekend is die verblyf en rusplek!
25:77. Sê: My Heer sou vir julle nie omgegee het nie, was dit nie vir julle gebede nie. Nou het julle die waarheid verloën, en weldra sal die straf jul opgelê word.

Hoofstuk 26: Die Digters

Afdeling 1: Die Profeet word ver troos

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

26:1. Tô-Sien-Miem. {Allegoriese letters} 2. Dit is die verse van ’n Boek wat verduidelik.
26:3. Miskien sal u tot die dood toe treur omdat hulle ongelowig is.
26:4. As Ons wou, kon Ons ’n teken uit die hemel gestuur het, waarvoor hulle hul nekke sou buig.
26:5. En daar kom geen nuwe Verma ning van die Barmhartige tot hulle nie, of hulle keer hulle daarvan weg.
26:6. Hulle het dit waarlik verloën, maar weldra sal hulle weet wat hulle bespot het.
26:7. Kyk hulle nie na die aarde, hoeveel voortreflike soorte Ons daarop laat groei nie?
26:8. Sekerlik is daar ’n teken hierin; maar die meeste van hulle glo nie.
26:9. En waarlik, u Heer is die Almagtige, die Genadige.

Afdeling 2: Moses word geroep en na Farao gestuur

26:10. En toe u Heer Moses geroep het, het Hy gesê: Gaan na die onregverdige volk,
26:11. die volk van Farao. Sal hulle dan nie teen die kwaad waak nie?
26:12. Toe het hy gesê: My Heer! Ek vrees dat hulle my sal verstoot;
26:13. en my bors is vereng, en my tong is nie welsprekend nie; laat kom daarom vir Aäron ook.
26:14. En bowendien het hulle ’n aanklag van misdaad teen my; daarom vrees ek dat hulle my sal doodmaak.
26:15. Hy het gesê: Geensins! Gaan julle albei dan met ons tekens; waarlik, Ons is saam met julle, Luisterend.
26:16. Kom dan na Farao, en sê: Ons bring ’n boodskap van die Heer van die Wêrelde:
26:17. Stuur die Kinders van Israel saam met ons.
26:18. Farao het gesê: Het ons u nie as ’n kind onder ons opgevoed nie? En u het baie jare van u lewe saam met ons gewoon.
26:19. En u het daardie daad van u gepleeg, en u is nog ondankbaar.
26:20. Moses het gesê: Ek het dit gedoen toe ek nog tot die dwalendes behoort het.
26:21. Daarom het ek van julle gevlug toe ek julle gevrees het; maar my Heer het aan my wysheid verleen en my een van die boodskappers gemaak.
26:22. En is dit ’n guns waaraan u my herinner: dat u die Kinders van Israel tot slawe gemaak het?
26:23. Farao het gesê: En wát is die Heer van die Wêrelde?
26:24. Hy het gantwoord: Die Heer van die hemele en die aarde en wat daartussen is, indien julle seker wil wees.
26:25. Farao het aan diegene wat rondom hom was, gesê: Hoor julle nie?
26:26. Hy het gesê: Julle Heer en die Heer van julle voorvaders.
26:27. Farao het toe geantwoord: Waarlik, die boodskapper wat julle gestuur het, is kranksinnig.
26:28. Moses het gesê: Hy is die Heer van die Ooste en die Weste en wat tussen hulle is, indien julle kan begryp.
26:29. Farao het gesê: As u ’n ander god buiten mý aanneem, sal ek u sekerlik in die gevangenis werp.
26:30. Toe het Moses gesê: Selfs al sou ek u ’n duidelike teken toon?
26:31. Farao het gesê: Bewys dit dan, indien u een van die opregtes is.
26:32. Daarop het hy sy staf neerge werp, en kyk! dit was ’n slang;
26:33. en hy het sy hand uitgestrek, en kyk! dit het vir die toeskouers deurskynend gelyk.

Afdeling 3: Moses en die towenaars

26:34. Farao het aan die owerstes rondom hom gesê: Hy is inderdaad ’n bedrewe towenaar
26:35. wat verlang om met sy towerkuns julle uit jul land te verdryf. Watter raad doen julle nou aan die hand?
26:36. Hulle het gesê: Verleen aan hom en sy broer uitstel, en stuur aan kondigers na die stede
26:37. dat hulle elke bedrewe towenaar na u kan bring.
26:38. Daarop is die towenaars byeen versamel vir die afspraak op ’n vasgestelde dag,
26:39. en dit is aan die volk gesê: Sal julle ook bymekaarkom?
26:40. Moontlik kan ons die towenaars volg, as hulle die oorwinnaars is.
26:41. Toe die towenaars dus gekom het, het hulle aan Farao gesê: Sal daar ’n beloning vir ons wees as ons die oorwinnaars is?
26:42. Hy het gesê: Ja, seker, bowendien sal julle van diegene wees wat baie na aan my is.
26:43. Moses het aan hulle gesê: Werp neer wat julle te werpe het.
26:44. Toe het hulle hul toue en stokke neergegooi, en gesê: By die mag van Farao, ons sál die oorhand kry.
26:45. Daarna het Moses sy staf neergewerp, en kyk! dit het hulle versinsels verorber.
26:46. Daarna het die towenaars hul op die grond neergewerp;
26:47. hulle het gesê: Ons glo in die Heer van die Wêrelde,
26:48. die Heer van Moses en Aäron.
26:49. Farao het gesê: Julle glo in hom voordat ék julle verlof gee? Hy is seker julle leier, die persoon wat julle in die toorkuns onderrig het. Maar julle sal dit weldra te wete kom. Ek sal sekerlik julle hande en julle voete aan teenoorgestelde kante afsny, en ek sal julle almal kruisig.
26:50. Hulle het gesê: Dis niks; ons sal waarlik na ons Heer terugkeer.
26:51. Ons hoop dat ons Heer ons sondes sal vergewe, want ons is die eerste gelowiges.

Afdeling 4: Moses word gered en Farao verdrink

26:52. En Ons het aan Moses geopenbaar, en gesê: Vertrek met My dienaars gedurende die nag, want julle sal agtervolg word.
26:53. En Farao het bodes na die stede gestuur wat moes sê:
26:54. Dit is slegs ’n klein groepie,
26:55. maar hulle het ons sekerlik vertoorn;
26:56. en ons is ’n goedgewapende menigte.
26:57. Om hierdie rede het Ons hulle uit hul tuine en van die fonteine verdrywe,
26:58. en van hul skatte en voortreflike wonings ~
26:59. So het dit gebeur. En Ons het dit as ’n erfenis aan die Kinders van Israel gegee.
26:60. En toe het hulle by sonopkoms hul agternagesit.
26:61. En toe die twee skares mekaar raaksien, het die metgeselle van Moses uitgeroep: Ons sal seker lik ingehaal word!
26:62. Hy het gesê: Geensins! Waarlik, my Heer is met my. Hy sal my lei.
26:63. Toe het Ons aan Moses geopenbaar: Slaan op die see met u staf. En die see het in twee verdeel, en elke deel was soos ’n berg.
26:64. En daar het Ons die ander laat nader kom.
26:65. En Ons het Moses gered, en almal wat saam met hom was.
26:66. Toe het Ons die ander laat verdrink.
26:67. Sekerlik is daar ’n teken hierin; tog glo die meeste van hulle nie.
26:68. En voorwaar, u Heer is die Almagtige, die Genadige.

Afdeling 5: Die geskiedenis van Abraham

26:69. En verkondig aan hulle die verhaal van Abraham.
26:70. Hoe hy aan sy vader en aan sy volk gesê het: Wat aanbid julle?
26:71. En hulle antwoord was: Ons aanbid beelde en ons sal aan hulle toegewyd bly.
26:72. Toe het hy gesê: Hóór hulle as julle hul aanroep?
26:73. Of bring hulle ’n voor- of nadeel vir julle?
26:74. Hulle het geantwoord: Nee, ons het gevind dat ons vaders so doen.
26:75. Toe sê hy: Sien julle dan wat julle aanbid ~
26:76. julle en julle voorvaders?
26:77. Waarlik, hulle is my vyande, maar nie die Heer van die Wêrelde nie,
26:78. wat my geskape het, en daarna vir my die weg aangewys het,
26:79. en wat aan my voedsel en drank gee,
26:80. en my genees wanneer ek siek is,
26:81. en my sal laat sterf en my daarna tot die lewe sal terugbring,
26:82. en wat, hoop ek, my tekort kominge sal vergewe op die Dag van Oordeel.
26:83. My Heer! Skenk my wysheid, en plaas my by die opregtes,
26:84. en verorden vir my ’n goeie nagedagtenis onder die toekom stige geslagte,
26:85. en maak my ’n erfgenaam van die Tuin van Saligheid,
26:86. en vergewe my vader, want hy is sekerlik een van die verdwaaldes,
26:87. en verneder my nie op die Dag wanneer die mense opgewek sal word nie;
26:88. die Dag waarop kinders of skatte niemand sal baat nie;
26:89. maar wanneer slegs hy wat met toegewyde hart aan Allah behoort, guns sal vind.
26:90. En die Paradys sal vir die godvresendes naby gebring word,
26:91. en die Hel sal vir die goddeloses onthul word,
26:92. en dit sal aan hulle gesê word: Waar is diegene wat julle aanbid het,
26:93. buiten Allah? Kan hulle julle help, of hulself help?
26:94. So sal hulle halsoorkop in die Hel gedompel word, hulle en die goddeloses,
26:95. en die skare van die duiwel, almal tesame.
26:96. Hulle sal sê, terwyl hulle daarin twis:
26:97. By Allah! Ons het waarlik gedwaal
26:98. toe ons julle aan die Heer van die Wêrelde gelykgestel het.
26:99. En niemand behalwe die misdadigers het ons verlei nie.
26:100. Daarom het ons geen bemiddelaars,
26:101. ook nie ’n boesemvriend nie.
26:102. As ons maar net kon terugkeer, sou ons ook gelowiges wees.
26:103. Hierin is waarlik ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie.
26:104. En vorwaar, u Heer is die Magtige, die Genadige.

Afdeling 6: Die geskiedenis van Noag

26:105. Die volk van Noag het die boodskappers verloën.
26:106. Toe hulle broer Noag aan hulle gesê het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie?
107.Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle:
26:108. Wees bewus van Allah en gehoorsaam my.
26:109. En ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde.
26:110. Kom daarom julle plig teenoor Allah na, en gehoorsaam my.
26:111. Hulle het geantwoord: Sal ons in u glo terwyl slegs die onaansienlikes u volg?
26:112. Hy het gesê: En wat weet ek van hulle dade af?
26:113. Hulle rekening is alleen by my Heer, as julle dit maar besef.
26:114. En ek gaan die gelowiges nie verdryf nie;
26:115. ek is slegs ’n duidelike waar skuwer.
26:116. Hulle het gesê: As u nie ophou nie, o Noag, sal ons u sekerlik stenig.
26:117. Hy het gesê: My Heer! My volk het my verloën.
26:118. Oordeel daarom regverdig tussen hulle en my; en red my en die gelowiges wat saam met my is.
26:119. Daarom het Ons hom gered en diegene wat met hom in die ark was.
26:120. Daarna het Ons die res laat verdrink.
26:121. Hierin is waarlik ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie.
26:122. Voorwaar, u Heer is die Magti ge, die Genadige.

Afdeling 7: Die geskiedenis van Hüd

26:123. Aad het die boodskappers ver loën.
26:124. Toe hulle broer Hüd aan hulle gesê het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie?
26:125. Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle:
26:126. Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my.
26:127. En ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde.
26:128. Bou julle ’n monument op elke hoogte vir ydele vermaak?
26:129. En bou julle kastele sodat julle vir ewig kan lewe?
26:130. En wanneer julle gryp, gryp julle soos verdrukkers?
26:131. Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my.
26:132. Kom julle plig na teenoor Hom wat alles wat julle weet aan jul geskenk het:
26:133. Hy skenk aan julle vee en kinders
26:134. en tuine en fonteine.
26:135. Ek vrees namens julle inderdaad die straf van ’n smartlike Dag.
26:136. Hulle het geantwoord: Dit is vir ons dieselfde of u vermaan en of u nie een van die vermaners is nie:
26:137. Dit is niks anders as versinsels van die vorige volke nie.
26:138. En ons sal nie gestraf word nie.
26:139. Daarom het hulle hom veloën, en Ons het hulle verdelg. Daarin is waaarlik ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie.
26:140. En voorwaar, u Heer is die Magtige, die Genadige.

Afdeling 8: Die geskiedenis van Salieg

26:141. Thamoed het die boodskappers verloën.
26:142. Toe hulle broer Salieg aan hulle gesê het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie?
26:143. Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle:
26:144. Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my.
26:145. En ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde.
26:146. Sal julle dan veilig gelaat word in wat hier is,
26:147. in tuine en fonteine,
26:148. en koringvelde en dadelpalms vol pragtige blomskedes?
26:149. En met knaphandigheid hol julle huise in die berge uit.
26:150. Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my.
26:151. En gehoorsaam nie die bevel van die verkwisters nie,
26:152. wat onheil op die aarde saai en hulself nie verbeter nie.
26:153. Hulle het gesê: U is betower.
26:154. U is slegs ’n sterfling soos ons ~ bring ons dan ’n teken, indien u opreg is.
26:155. Hy het gesê: Hier is ’n kamelin; sy het haar beurt om te drink, en julle het julle beurt om te drink, op ’n vasgestelde tyd.
26:156. En doen haar geen kwaad aan nie, anders sal die straf van ’n smartlike Dag julle inhaal.
26:157. Maar hulle het haar kniesening afgekap, en daarna het hulle spyt gehad,
26:158. maar die straf het hulle ingehaal. Voorwaar, daarin is ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie.
26:159. En waarlik, u Heer is die Magtige, die Genadige.

Afdeling 9: Die geskiedenis van Lot

26:160. Die volk van Lot het die boodskappers verloën.
26:161. Toe hulle broer Lot aan hulle gesê het: Sal julle nie teen die kwaad waak nie?
26:162. Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle:
26:163. Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my.
26:164. Ek vra julle geen beloning daar voor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde.
26:165. Gaan julle in by mans van alle skepsels,
26:166. en verlaat julle jul vrouens wat julle Heer vir jul geskape het? Nee, julle is ’n volk wat die perke oorskry.
26:167. Hulle het gesê: As u nie ophou nie, o Lot, sal u sekerlik verban word.
26:168. Hy het gesê: Waarlik, ek vind julle dade veragtelik.
26:169. My Heer! Red my en my volgelinge van wat hulle doen.
26:170. Daarom het Ons hom en al sy volgelinge gered,
26:171. behalwe ’n ou vrou wat agter gebly het.
26:172. Toe het Ons die ander verdelg.
26:173. En Ons het ’n reën op hulle laat giet; en boos was die reën op húlle wat gewaarsku was.
26:174. Daarin is waarlik ’n teken, maar die meeste mense glo nie.
26:175. En voorwaar, u Heer is die Magtige, die Genadige.

Afdeling 10: Die geskiedenis van Sjoe-eib

26:176. Die Bewoners van die Woud het die boodskappers verloën.
26:177. Toe Sjoe-eib tot hulle gespreek het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie?
26:178. Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle:
26:179. Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my.
26:180. En ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde.
26:181. Gee die volle maat, en behoort nie tot die bedrieërs nie.
26:182. En weeg met ’n behoorlike skaal.
26:183. En doen die mense nie te kort in wat hulle toekom nie, en verrig geen onheil op die aarde nie.
26:184. En wees bewus van Hom wat julle en ook die vorige geslagte geskape het.
26:185. Hulle het gesê: U is betower;
26:186. u is maar net ’n sterfling soos ons, en ons beskou u as ’n leuenaar.
26:187. Laat dus ’n deel van die hemel op ons val, as u opreg is.
26:188. Hy het gesê: My Heer weet goed wat julle doen.
26:189. En hulle het hom verloën. Toe het die straf van die Dag van Bedekking hulle ingehaal. Dit was waarlik die straf van ’n smartlike dag!
26:190. Voorwaar, daarin is ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie.
26:191. En waarlik, u Heer is die Magtige, die Genadige.

Afdeling 1: Die Teëstanders van die Profeet word gewaarsku

26:192. En waarlik, hierdie Boek is ’n openbaring van die Heer van die Wêrelde.
26:193. Die Getroue Siel het dit gebring
26:194. na u hart, sodat u ’n waar skuwer kan wees,
26:195. in duidelike Arabies.
26:196. En dieselfde is sekerlik in die geskrifte van die volke wat julle voorafgegaan het.
26:197. Is dit nie ’n teken vir hulle dat die geleerdes onder die Kinders van Israel dit weet nie?
26:198. En indien Ons dit aan ’n vreemdeling geopenbaar het,
26:199. en hy dit aan hulle voorgelees het, sou hulle nooit daarin geglo het nie
26:200. Só laat Ons dit die harte van die skuldiges binnedring.
26:201. Hulle sal nie daarin glo voordat hulle die smartlike straf nie sien nie.
26:202. Maar dit sal plotseling oor hulle kom terwyl hulle dit nie verwag nie.
26:203. Dan sal hulle sê: Sal daar aan ons uitstel verleen word?
26:204. Wens hulle nog dat Ons straf verhaas moet word?
26:205. Sien u, as Ons hulle dit gun om die jare te geniet,
26:206. en daar kom tot hulle wat aan hul belowe is,
26:207. sal dít wat hul geniet het, hulle niks baat nie.
26:208. En nooit het Ons ’n stad vernietig nie, of sy het haar waarskuwers gehad
26:209. wat vermaan het. En Ons is nooit onregverdig nie.
26:210. En die duiwels het dit nie gebring nie.
26:211. En dit kom hulle nie toe nie, nóg het hulle die mag om dit te doen.
26:212. Waarlik, selfs om dit te hoor, word hulle nie gegun nie.

26:213. En roep geen ander god buiten Allah aan nie, anders sal u een van die gestrafdes word.
26:214. En waarsku u naaste familie,
26:215. en wend u met sagmoedigheid tot die gelowiges wat u volg.
26:216. Maar indien hulle u nie gehoor saam nie, sê: Ek aanvaar geen skuld vir u dade nie.
26:217. En stel u vertroue in die Magtige, die Genadige,
26:218. wat u sien wanneer u opstaan,
26:219. en wat u bewegings merk wanneer u saam met ander prostreer.
26:220. Waarlik, Hy is die Alleshorende, die Alleswetende.
26:221. Sal ek u meedeel op wie die duiwels neerdaal?
26:222. Hulle daal op elke verstokte leuenaar en sondaar neer;
26:223. en hulle leen hulle ore uit, en die meeste van hulle is leuenaars.
26:224. En die digters! Die afgedwaaldes volg hulle.
26:225. Sien u nie dat hulle in elke vallei ronddwaal nie,
26:226. en dat wat hulle sê, hulle nie doen nie?
26:227. Behalwe die gelowiges, wat glo en goeie werke doen en Allah altyd onthou, en hulself verdedig as hulle verdruk word. Maar die kwaaddoeners sal weldra weet watter wending hul saak sal neem.

Hoofstuk 27: Die Rooimiere

Afdeling 1: ’n Verwysing na die geskiedenis van Moses

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

27:1. Tô, Sien. {Allegoriese letters} Dit is die verse van die Qur’ãn, en die Boek wat verduidelik.
27:2. ’n Leiding en blye tyding vir die gelowiges, wat die gebed onderhou en die Zakaat betaal, en van die Hiernamaals seker is.
27:4. Diegene wat nie in die Hiernamaals glo nie, hulle dade maak Ons skoonskynend, en daarom dwaal hulle blindelings rond.
27:5. Hulle is dié vir wie daar ’n swaar straf is en wat in die Hiernamaals die grootste verloorders sal wees.
27:6. En u is voorwaar bestem om die Qur’ãn te ontvang van die Aller wyse, die Alleswetende.
27:7. Dink aan Moses, hoe hy aan sy gesin gesê het: Voorwaar, ek sien ’n vuur. Ek sal julle daarvan tyding bring, of dalk nog ’n brandende kool, sodat julle jul kan warm maak.
27:8. En hoe, toe hy daarby kom, ’n stem aan hom gesê het: Geseënd is hy wat na die vuur soek, en geseënd is hy wat naby daaraan is. Eer aan Allah, die Heer van die Wêrelde.
27:9. O Moses! Waarlik, Ek is Allah, die Magtige, die Allerwyse.
27:10. Werp daarom u staf neer. Maar toe hy sien dat dit soos ’n slang beweeg, het hy omgedraai en agteruitgegaan en nie weer teruggekeer nie. O Moses! Moenie vrees nie. Voorwaar, die boodskappers is nie bevrees in My teenwoordigheid nie;
27:11. en ook nie hy wat eers gesondig het en daarna goeddoen nie. Waarlik, Ek is Vergewensgesind, Genadevol.
27:12. Steek u hand in u boesem, en dit sal sonder enige skade deurskynend te voorskyn kom, as een van die nege tekens vir Farao en sy volk. Gewis, hulle is ’n sondige volk.
27:13. Maar toe Ons duidelike tekens tot hulle gekom het, het hulle gesê: Dit is waarlik towerkuns.
27:14. En hulle het dit ten onregte en met hoogmoed verwerp terwyl hulle siele van die waarheid daarvan oortuig was. Kyk dan hoe was die einde van die booswigte!

Afdeling 2: Die geskiedenis van Salomo

27:15. En waarlik het Ons kennis aan Salomo en Dawid gegee. En hulle het gesê: Alle lof kom Allah toe, wat ons bo baie van Sy gelowige dienaars verhef het!
27:16. En Salomo was Dawid se erfge naam, en hy het gesê: O mense! Die taal van die voëls is aan ons onderrig, en van alles is daar aan ons gegee. Voorwaar, dit is ’n guns van Allah.
27:17. En daar is leërs vir Salomo versamel van djien, mense en voëls, en hulle is in slagorde opgestel.
27:18. Toe hulle in die dal van die rooimiere gekom het, het ’n rooimier gesê: O rooimiere! Gaan julle wonings binne, sodat Salomo en sy leërskare julle nie verpletter sonder om dit agter te kom nie.
27:19. Toe het hy geglimlag en was verbaas oor haar woord, en het gesê: My Heer! Laat my dankbaar wees vir die guns wat U aan my en my ouers bewys het, sodat ek kan goeddoen soos dit U behaag, en laat my deur U barmhartigheid onder u opregte dienaars toe.
27:20. En hy het na die voëls gekyk, en toe gesê: Hoe is dit dat ek Hoep-hoep nie sien nie, of kan dit wees dat hy een van die afwesiges is?
27:21. Ek sal hom sekerlik met ’n streng kastyding straf, of hom om die lewe bring, as hy nie ’n aanneemlike verskoning het nie.
27:22. En hy het nie lank weggebly nie, en toe gesê: Ek het dinge gadegeslaan waarvan u nie weet nie, en ek het van Skeba na u gekom met betroubare inligting.
27:23. Ek het ’n vrou gevind wat oor hulle regeer, en aan haar is alles gegee, en sy het ’n magtige troon.
27:24. Ek het gevind dat sy en haar volk die son in plaas van Allah aan bid, en die duiwel het hulle dade vir hulle skoonskynend gemaak en hulle van die weg afgekeer, sodat hulle geen regte leiding volg nie;
27:25. sodat hulle Allah nie aanbid nie, Hý wat voortbring wat in die hemele en op die aarde verborge is, en weet wat julle verberg en wat julle bekend maak.
27:26. Allah! Daar is geen God nie buiten Hom; die Heer van die magtige Troon!
27:27. Hy het gesê: Ons sal sien of u die waaarheid spreek en of u ’n leuenaar is.
27:28. Neem hierdie brief van my en oorhandig dit aan hulle; neem dan afskeid van hulle en kyk dan watter antwoord hulle teugstuur.
27:29. Sy het gesê: O opperhoofde! Daar is aan my ’n edele brief afgelewer.
27:30. Dit is van Salomo, en dit lui: In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.
27:31. Wees nie hoogmoedig teenoor my nie, maar kom na my in onderdanigheid.

Afdeling 3: Die geskiedenis van Salomo

27:32. Sy het gesê: O opperhoofde! Gee my raad aangaande dié saak.
27:33. Hulle het geantwoord: Ons besit die mag en ons besit groot heldemoed, maar die saak is in u hande; oordink daarom wat u sal beveel.
27:34. Sy het gesê: Voorwaar, konings, wanneer hulle ’n stad inneem, verwoes dit en maak die hoogstes van die volk die laagstes; dit is hulle gebruik.
27:35. Maar ek gaan ’n geskenk aan hulle stuur en kyk watter antwoord die boodskappers terug sal bring.
27:36. Toe die gesant tot Salomo kom, het hy gesê: Wil u my help met rykdom? Maar dít wat Allah aan my geskenk het, is beter as wat Hy u gegee het. Nee, u roem op ’n geskenk.
27:37. Keer terug na hulle, want waarlik, ons sal hulle besoek met ’n leërskare waarteen hulle nie weerstand sal kan bied nie; Ons sal hulle sekerlik eerloos uit die stad verdryf, en hulle sal ver neder word.
27:38. Hy het gesê: O owerstes! Wie van julle kan my haar troon bring voordat hulle in onderdanigheid tot my kom?
27:39. ’n Waaghals onder die djien het gesê: Ek sal dit vir u bring voordat u van u plek opstaan; en ek is sekerlik sterk en betroubaar genoeg daarvoor.
27:40. Iemand wat kennis van die Boek gehad het, het gesê: Ek kan dit vir u bring in ’n oogwink. Toe Salomo dit dan langs hom geplaas sien, het hy gesê: Dit is deur die genade van my Heer, sodat Hy my kan beproef of ek dankbaar of ondankbaar is. En wie dankbaar is, is slegs dank baar vir die welsyn van sy eie siel, maar wie ondankbaar is, dan is my Heer Selfgenoegsaam, Barmhartig.
27:41. Hy het gsê: Verander haar troon vir haar; ons sal sien of sy die regte weg volg, en of sy een van diegene is wat van die regte weg afgelei is.
27:42. En toe sy gekom het, is daar gesê: Was u troon soos hierdie? Sy het geantwoord: Dit lyk asof dit dieselfde is; en ons is voor heen daarvan in kennis gestel en ons is reeds onderdanig.
27:43. En dít wat sy buiten Allah aanbid het, het haar teruggehou, want sy was van ’n ongelowige volk.
27:44. Aan haar is gesê: Gaan die paleis binne. Maar toe sy dit sien, het sy gedink dat dit ’n watermassa was, en het haar voorberei om hierdie probleem die hoof te bied. Hy het gesê: Dit is waarlik ’n paleis, met glas geplavei. Sy het gesê: My Heer! Ek het my siel inderdaad onreg aangedoen, en ek onderwerp my met Salomo aan Allah, die Heer van die Wêrelde.

Afdeling 4: Salieg en Lot

27:45. En sekerlik het Ons na Thamoed hulle broer Salieg gestuur, wat gesê het: Aanbid Allah. Maar kyk! hulle het in twee partye verdeel wat met mekaar geargumenteer het.
27:46. Hy het gesê: O my volk! Waarom begeer julle die kwaad en nie die goeie nie? Waarom vra julle Allah nie om vergifnis, sodat aan julle genade bewys kan word nie?
27:47. Hulle het geantwoord: Ons voorspel kwaad vir u, asook vir diegene wat saam met u is. Hy het gesê: Wat julle voorspel, berus alleen by Allah. Nee, julle is ’n volk wat beproef word.
27:48. En daar was in die stad nege persone wat onheil in die land gesaai het en wat hulself nie verbeter het nie.
27:49. Hulle het gesê: Sweer vir mekaar by Allah dat ons hom en sy familie gedurende die nag sal aanval, en dat ons daarna aan sy erfgenaam sal sê: Ons was nie getuie van die vernietiging van sy familie nie, en ons is waarlik betroubaar.
27:50. En hulle het ’n plan beraam, en Ons het ook ’n plan beraam, terwyl hulle dit nie agtergekom het nie.
27:51. Kyk dan wat die einde van hul planne was! Ons het hulle en hul volk, almal tesaam, vernietig.
27:52. Dít is dan hulle ingestorte huise, omdat hulle onregverdig was. Daarin is voorwaar ’n teken vir ’n volk wat weet.
27:53. En hulle wat geglo het en godvresend was, is deur Ons gered.
27:54. En Lot, toe hy aan sy volk gesê het: Begaan julle onsedelikheid terwyl julle dit raaksien?
27:55. Nader julle mánne in wellus in plaas van vroue? Nee, julle is ’n volk wat onverstandig handel.
27:56. Maar die antwoord van sy volk was niks anders nie as dat hulle gesê het: Verdryf Lot se volge linge uit julle stad, want hulle is mense wat hulself rein wil hou.
27:57. Maar Ons het hom en sy volgelinge gered, behalwe sy vrou; Ons het verorden dat sy een van die agtergeblewenes sou wees.
27:58. En Ons het ’n reën oor hulle laat stort; en vreeslik was die reën op diegene wat gewaarsku was.

Afdeling 5: Die getroues sal verhef word

27:59. Sê: Alle lof behoort aan Allah, en vrede met Sy uitverkore dienaars. Is Allah beter, of is dít wat hulle met Hom vereenselwig beter?
27:60. Of, Wie het die hemele en die aarde geskape, en stuur vir julle water uit die wolke af? Dan laat Ons pragtige tuine daarmee groei ~ dit is onmoontlik vir julle om die bome daarvan te laat groei. Is daar ’n god naas Allah? Nee, hulle is ’n afwykende volk.
27:61. Of, Wie het die aarde ’n rusplek gemaak, en daarin riviere geplaas, en berge daarop geplaas, en tussen die twee seë ’n versperring geplaas? Is daar ’n god naas Allah? Nee, die meeste van hulle weet nie!
27:62. Of, Wie beantwoord die wanhopige wanneer hy Hom aanroep, en die kwaad verwyder, en julle opvolgers op die aarde maak. Is daar ’n god naas Allah? Hoe min dink julle daaraan!
27:63. Of, Wie lei julle in die duisternis van die land en die see, en Wie stuur die winde as draers van blye tyding voor Sy barmhartigheid uit? Is daar ’n god naas Allah? Verhewe is Allah bo wat hulle met Hom vereenselwig!
27:64. Of, Wie laat die skepping ontstaan, en bring dit voort, en Wie gee julle lewensmiddele uit die hemel en die aarde? Is daar ’n god naas Allah? Sê: Bring julle bewyse indien julle opreg is.
27:65. Sê: Niemand in die hemele en op aarde ken die Onsigbare nie, behalwe Allah; en hulle weet nie wanneer hulle opgewek sal word nie.
27:66. Nee, hulle kennis bereik nie die Hiernamaals nie. Nee, hulle verkeer daaromtrent in twyfel. Nee, hulle is blind.

Afdeling 6: Die geestelike Herr ysenis

27:67. En hulle, wat nie glo nie, sê: Sal ons, wanneer ons en ons vaders stof geword het, weer opgewek word?
27:68. Ons is dit sekerlik vantevore belowe, ons en ons vaders; dit is niks anders nie as stories van die voortydse volke!
27:69. Sê: Reis op die aarde, en kyk wat was die einde van die misdadigers!
27:70. En treur nie oor hulle nie, en wees ook nie besorg oor waartoe hulle saamsweer nie.
27:71. En hulle sê: Wanneer sal hierdie bedreiging waar word, indien julle opreg is?
27:72. Sê: Dit kan wees dat ’n gedeelte van die straf wat julle wil verhaas, reeds naby is.
27:73. En waarlik, u Heer is goed vir die mense, maar die meeste van hulle betoon geen dank nie.
27:74. En voorwaar, u Heer weet wat hulle boesems verberg en wat hulle openbaar maak.
27:75. En daar is niks in die hemel en die aarde wat verborge is nie, of dit is in ’n duidelike boek.
27:76. Waarlik, hierdie Qur’ãn lê aan die Kinders van Israel baie uit aangaande dít waaroor hulle verskil.
27:77. En voorwaar, dit is ’n leiding en ’n genade vir die gelowiges.
27:78. Waarlik, u Heer sal oor hulle beslis deur Sy gebod, en Hy is die Allermagtige, die Alleswetende.
27:79. Stel dan u vertroue in Allah; waarlik, dan steun u op die duidelike waarheid.
27:80. Voorwaar, u kan die dooie nie die oproep laat hoor nie, net so kan u die dowes nie laat hoor wanneer hulle hul weggekeer het nie.
27:81. Ook kan u die blindes van hulle dwaling nie aflei nie. U kan niemand laat hoor nie, behalwe diegene wat in Ons tekens glo en hulle daarby neerlê nie.
27:82. En wanneer die woord teen hulle waar sal word, sal Ons vir hulle ’n dier uit die aarde te voorskyn bring wat met hulle sal praat; omdat die mense nie in Ons tekens geglo het nie.

Afdeling 7: Die verdwyning van alle teëstand

27:83. En op die Dag wanneer Ons uit elke volk ’n gedeelte van diegene wat Ons tekens verloën het, sal versamel, sal hulle in groepe verdeel word.
27:84. Totdat, wanneer hulle kom, Hy sal sê: Het julle My tekens verwerp terwyl julle dit nie met kennis begryp het nie? Of wat was dit wat julle gedoen het?
27:85. En die woord sal vir hulle waar word omdat hulle onregverdig was, en daarom sal hulle nie praat nie.
27:86. Sien hulle nie dat Ons die nag gemaak het sodat hulle daarin mag rus nie, en die dag om lig te gee? Voorwaar, daarin is tekens vir ’n volk wat glo.
27:87. En die Dag waarop die basuin geblaas sal word, sal almal in die hemel en op aarde met vrees vervul word, behalwe diegene vir wie Allah wil spaar. En verne der sal almal na Hom kom.
27:88. En u sal die berge sien ~ wat u gedink het onbeweegbaar is ~ terwyl hulle soos wolke sal verbygaan: die werk van Allah se hande! Hy wat alles volmaak geskape het. Voorwaar, Hy is Bewus van julle dade.
27:89. Wie iets goeds bring, sal iets beters as dit kry; en hulle sal op daardie Dag teen skrik beveilig wees.
27:90. En wie die bose bring, op hul gesigte sal hulle in die Vuur gedompel word . ~ Word julle ooit anders as volgens verdienste beloon?
27:91. Sê: Ek is beveel om slegs die Heer van hierdie stad {Mekka} te aan bid, Hý wat dit heilig verklaar het en aan Wie alle dinge behoort, en ek is beveel om ook een van die onderdaniges te wees,
27:92. en om die Qur’ãn te verkondig. Wie derhalwe leiding volg, volg dit vir sy eie beswil; en sê aan hom wat dwaal: Ek is maar net een van die waarskuwers.
27:93. Sê: Alle lof kom Allah toe! Hy sal Sy tekens toon sodat julle dit sal herken. En u Heer is nie onbewus van julle dade nie.

Hoofstuk 28: Die Vertelling

Afdeling 1: Die geskiedenis van Moses

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

28:1. Tô, Sien, Miem. {Allegoriese letters} 2. Dit is die verse van die Boek wat verduidelik.
28:3. Ons dra u die verhaal van Moses en Farao voor, in waarheid, en ten bate van ’n volk wat glo.
28:4. Waarlik, Farao het in die land aanmatigend opgetree en die volk in partye verdeel en een party onder hulle verswak; hy het hulle seuns doodgemaak en hulle vroue gespaar. Gewis, hy was een van die sondaars.
28:5. En Ons het verlang om ’n guns te bewys aan húlle wat as swak beskou is in die land, en om hulle tot leiers te maak, en om van hulle erfgename te maak,
28:6. en om aan hulle mag in die land te verleen, en om Farao en Hamaan en hulle leërskare te laat sien wat hulle gevrees het.
28:7. En Ons het aan Moses se moeder geopenbaar en gesê: Borsvoed hom; en as u ter wille van hom vrees, plaas hom dan in die rivier en moenie bang wees en ook nie treur nie, want Ons sal hom aan u teruggee en sal van hom een van die boodskappers maak.
28:8. En Farao se familie het hom aangeneem sodat hy ’n vyand en ’n smart vir hulle sou word; want Farao en Hamaan en hulle leërskare was boosdoeners.
28:9. En Farao se vrou het gesê: ’n Troos vir die oog vir my en vir u. Moet hom nie doodmaak nie. Hy mag vir ons nuttig wees en ons kan hom as ’n seun aan neem. Maar hulle het die saak nie deursien nie.
28:10. En die hart van Moses se moe der was sonder angs. Sy sou dit byna onthul het, het Ons nie haar hart versterk sodat sy ook een van die gelowiges was nie.
28:11. En sy het aan sy suster gesê: Volg hom. Sy het hom toe van ’n afstand af dopgehou, maar hulle het dit nie opgemerk nie.
28:12. En Ons het hom nie toegelaat om intussen te drink nie. Daarom het sy gesê: Mag ek u aan ’n huisgesin voorstel wat hom vir julle sal grootmaak, en wat goed vir hom sal wees?
28:13. So het Ons hom dan aan sy moeder teruggegee, sodat haar oog getroos kon word, en sodat sy nie moes treur nie en seker kon wees dat die belofte van Allah waar is. Maar die meeste van hulle weet nie.

Afdeling 2: Die geskiedenis van Moses

28:14. En toe hy opgegroei het tot ’n sterk man, het Ons wysheid en kennis aan hom geskenk, want so beloon Ons diegene wat goeddoen.
28:15. En hy het die stad binnegegaan op ’n tydstip toe die inwoners daarvan nalatig was, en hy het daar twee vegtende manne gevind, die een van sy eie volk en die ander van sy vyande; en sy volksgenoot het hulp gesoek teen sy vyand. Daarom het Moses sy teenstander met sy vuis geslaan en hom gedood. Hy het gesê: Dit is die duiwel se werk; hy is inderdaad ’n vyand en openlike verleier.
28:16. Hy het gesê: My Heer! Waarlik, ek het myself onreg aangedoen; beskerm my der halwe. Daarom het Hy hom beskerm, want Hy is die Ver gewensgesinde, die Genade volle.
28:17. Hy het gesê: My Heer! Deur die gunste wat U my bewys het, sal ek nooit die misdadigers ondersteun nie.
28:18. En in die môre was hy in die stad, vresende, op sy hoede; en kyk! hy wat die vorige dag sy hulp gesoek het, het wéér na hom om hulp geroep. Moses het aan hom gesê: Voorwaar, u is ’n duidelike twissoeker.
28:19. En toe hy hom, wat ’n vyand van hulle albei was, wou gryp, het hy gesê: O Moses! Wil u mý ook doodmaak soos u gister ’n man gedood het? U verlang slegs om ’n onderdrukker van hierdie land te word, en u wil geen regverdige wees nie.
28:20. En ’n man het van die verste einde van die stad aangehard loop gekom, en het gesê: O Moses! Waarlik, die leiers beraadslaag om u dood te maak. Vertrek daarom dadelik. Voorwaar, ek is u welgesind.
28:21. Daarop het hy daarvandaan weg gegaan, vresende en op sy hoede. Hy het gesê: My Heer! Verlos my van die kwaadaardige volk.

Afdeling 3: Die geskiedenis van Moses

28:22. En toe hy sy gesig na Mede draai, het hy gesê: Ek hoop dat my Heer my in die regte rigting sal lei.
28:23. En toe hy by die water van Mede aankom, het hy ’n groep manne gevind wat hulle vee laat water drink het. En hy het buiten hulle ook twee vroue gevind wat hulle kudde van die water af teruggehou het. Hy het gesê: Wat makeeer julle? Hulle het gesê: Ons kan nie ons vee laat water drink voordat die herders hulle vee van die water wegneem nie, want ons vader is ’n baie ou man.
28:24. Daarop het hy hulle vee laat drink. Daarna het hy opsy gegaan, in die skadu gaan staan, en gesê: My Heer! Ek het behoefte aan enigiets goeds wat U na my mag afstuur.
28:25. Toe het een van die twee vroue skamerig na hom gekom. Sy het gesê: My vader roep u sodat hy u kan beloon omdat u ons vee vir ons laat drink het. En toe hy by hom gekom en sy verhaal vertel het, het dié gesê: Moenie vrees nie, u het van ’n onregverdige volk ontsnap.
28:26. Een van hulle het gesê: O my vader! Neem hom in diens, want onder die bestes wat u kan vind, is daar nie nog iemand so sterk en betroubaar soos hy nie.
28:27. Hy het gesê: Ek begeer om een van my dogters met u te laat trou, op voorwaarde dat u agt jaar lank vir my sal werk; maar wanneer u tien jaar voltooi het, sal dit uit vrye wil wees. En ek sal u geen moeite gee nie. As Allah dit wil, sal u vind dat ek een van die regverdiges is.
28:28. Hy het geantwoord: Dit is ’n ooreenkoms tussen u en my. Watter van die twee termyne ek ook al voltooi, daar sal my geen onreg aangedoen word nie; en Allah is Getuie van wat ons sê.

Afdeling 4: Die geskiedenis van Moses

28:29. Daarna, toe Moses die tydperk voltooi het, en met sy familie op reis was, het hy ’n vuur aan die kant van die berg bemerk. Hy het aan sy familie gesê: Wag, ek sien ’n vuur; miskien kan ek julle nuus of selfs ’n kool vuur daarvan bring, sodat julle jul kan warm maak.
28:30. En toe hy ná daaraan was, is van die regterkant van die dal na hom geroep, vanuit die heilige plek in die bos: O Moses! Voorwaar, Ek is Allah, die Heer van die Wêrelde.
28:31. Werp u staf neer. En toe hy dit sien beweeg soos ’n slang, het hy omgedraai en gevlug en nie weer omgekyk nie. O Moses! Kom vorentoe, en moenie vrees nie; waarlik, u is een van hulle wat veilig is.
28:32. Steek u hand in u boesem; dit sal deurskynend maar sonde skade te voorskyn kom; en wees gerus, en vrees nie. Hierdie twee dinge is tekens van u Heer aan Farao en sy leiers. Waarlik, hulle is ’n sondige volk.
28:33. Hy het gesê: My Heer! Ek het een van hulle doodgemaak, en ek vrees dat hulle my sal ver moor.
28:34. Maar my broer Aäron is gladder van tong as ek; stuur hom daarom as helper saam met my, sodat hy kan getuig van my waarheid, want ek vrees dat hulle my sal verloën.
28:35. Hy het gesê: Ons sal u arm deur u broer versterk, en Ons sal aan julle albei gesag verleen sodat hulle julle nie sal bereik nie. Met Ons tekens sal julle albei, en diegene wat julle volg, seëvier.
28:36. Toe Moses met Ons duidelike tekens na hulle gekom het, het hulle gesê: Dit is niks anders nie as towerkuns, en ons het nooit van ons voorvaders iets hiervan verneem nie!
28:37. En Moses het gesê: My Heer weet goed wie die leiding van Hom gebring het, en vir wie die goeie einde van die Tuiste sal wees. Waarlik, die kwaad doeners sal nooit slaag nie.
28:38. En Farao het gesê: O leiers! Ek weet van geen god vir julle buiten myself nie. Stook vir my ’n vuur, o Hamaan, op stene van klei, en maak vir my ’n hoë toring sodat ek kan opklim na die God van Moses, want waarlik, ek beskou hom as ’n leuenaar.
28:39. En hy was ten onregte aanma tigend in die land, hy en sy leërskare, en hulle het gedink dat hulle nooit na Ons teruggebring sou word nie.
28:40. En Ons het hom en sy leërskare gegryp en hulle in die see gewerp. Kyk dan wat was die einde van die boosdoeners!
28:41. En Ons het hulle leiers gemaak wat na die Vuur uitnooi, en op die Dag van Opstanding sal hulle nie gehelp word nie.
28:42. En op hierdie wêreld het Ons hulle deur ’n vloek laat agter volg, en op die Dag van Opstan ding sal hulle afskuwelik wees.

Afdeling 5: ’n Profeet soos Moses

28:43. En waarlik, Ons het Moses die Boek gegee, nadat Ons die vorige geslagte venietig het ~ daarin is duidelike bewyse vir die mense en ’n leiding en ’n genade, sodat hulle kan onthou.
28:44. En u {*Moegammad} was nie aan die westekant van die berg toe Ons aan Moses die gebod geopenbaar het nie, nog minder was u onder die aanwesiges.
28:45. Maar Ons het baie geslagte voortgebring, en die lewe is vir hulle verleng. En u het nie onder die volk van Mede gewoon om Ons tekens voor te dra nie, maar dit was Ons wat die boodskappers gestuur het.
28:46. En u was nie aan die kant van die berg toe Ons Moses geroep het nie; maar die kennis hiervan is ’n genade van u Heer, sodat u ’n volk kan waarsku tot wie vóór u geen waarskuwer gekom het nie, sodat hulle kan onthou.
28:47. En omdat, indien ’n ramp oor hulle sou kom vanweë dít wat hulle hande vooruitgestuur het, hulle sal sê: Ons Heer! Waar om het U nie ’n boodskapper na ons gestuur nie sodat ons U tekens kon gevolg het en onder die gelowiges kon gewees het?
28:48. Maar nou dat die Waarheid van Ons tot hulle gekom het, sê hulle: Waarom is aan hom nie ook gegee wat aan Moses gegee is nie? Het hulle dan nie juis dít verwerp wat voorheen aan Moses gegee is nie? Hulle sê: Twee towermiddels, die Torah en die Qur’ãn, wat mekaar ondersteun! En hulle sê: Voorwaar, ons glo nie aan één van hulle nie.
28:49. Sê: Bring dan ’n ander Boek van Allah, wat ’n beter leiding gee as hierdie twee, en ek sal dit volg, indien julle opreg is.
28:50. Maar as hulle u nie antwoord nie, weet dan dat hulle net hulle eie bose sienswyse volg. En wié dwaal meer as hy wat sy eie neigings volg, en nie die leiding van Allah nie? Voorwaar, Allah lei nie die onregverdiges nie.

Afdeling 6: Die waarheid van die Openbaring

28:51. Ons het waarlik die Woord vir hulle aaneengeknoop sodat hulle kan onthou.
28:52. Hulle aan wie Ons die Boek voorheen gegee het, glo daarin.
28:53. En wanneer dit aan hulle voorgedra word, sê hulle: Ons glo daarin. Voorwaar, dit is die Waarheid van ons Heer. Ons het ons reeds voorheen onderwerp.
28:54. Diesulkes sal twee maal beloon word: omdat hulle standvastig is, en omdat hulle die kwaad met die goeie afweer en aan ander mee deel van dít waarvan Ons hulle voorsien het.
28:55. En wanneer hulle ydele gesprekke hoor, draai hulle weg daarvan, en sê: Vir ons ons dade, en vir julle jul dade. Vrede vir julle! Ons begeer nie onkundigheid nie.
28:56. Waarlik, u sal hulle wat u liefhet, nie kan lei nie, maar Allah lei wie Hy wil; en Hy weet wie die regte weg bewandel.
28:57. En hulle sê: As ons die leiding saam met u sou volg, sal ons vanuit ons land weggevoer word. Het ons hulle nie in ’n veilige heiligdom bevestig, waarheen allerlei vrugte gebring word as ’n voorsiening van Ons nie? Maar die meeste van hulle weet dit nie.
28:58. En hoeveel stede het Ons nie vernietig nie wat trots was op hulle bestaansmiddele! En daardie is hulle wonings wat tot op enkeles na nie meer bewoon word nie. En Ons is altyd die Erfgename.
28:59. En u Heer het nooit stede vernietig voordat Hy in die moederstad ’n boodskapper ver wek het nie, wat Ons tekens aan hulle voordra, en nooit het Ons stede verwoes tensy die bewoners daarvan onregverdig was nie.
28:60. En watter dinge ook al aan julle gegee is, dit is slegs ’n middel van bestaan vir die lewe van hierdie wêreld en ter versiering daarvan; en wat by Allah is, is beter, en van ewige duur. Wil julle dan nie verstaan nie?

Afdeling 7: Die Teëstanders sal verneder word

28:61. Is hy aan wie Ons belowe het dat guns aan hom bewys sal word, soos hy aan wie Ons in hierdie wêreld guns bewys het, maar wat op die Weeropstandingsdag een van diegene sal wees wat vir die straf opgewek sal word?
28:62. En op die Dag wanneer Hy hulle sal oproep en sê: Waar is diegene van wie julle beweer het dat hulle My deelgenote is?
28:63. Dan sal diegene teen wie die Woord van krag sal word, sê: Ons Heer! Dit is húlle wat ons verplig het om af te wyk. Ons het hulle laat afdwaal soos ons self afgedwaal het. Ons betuig ons onskuld aan U. Ons het hulle nie aanbid nie.
28:64. En daar sal gesê word: Roep julle afgode aan. En hulle sal hul aanroep, maar hulle sal geen antwoord ontvang nie, en hulle sal die straf sien. Het hulle maar liewers die regte weg gevolg!
28:65. En op dié Dag sal Hy na hulle roep en sê: Watter antwoord het julle aan die boodskappers gegee?
28:66. Op daardie Dag sal alle uitgange vir hulle duister word en hulle sal mekaar nie kan uitvra nie.
28:67. Maar hy wat berou het en glo en goeddoen, sal dan waarskynlik by die suksesvolles wees.
28:68. En u Heer skep en kies wie Hy wil. Dit is nie vir hulle om te kies nie. Eer aan Allah! Verhewe is Hy bo alles wat hulle met Hom vereenselwig!
28:69. En u Heer weet wat hulle boesems verberg en wat hulle openbaar maak.
28:70. En Hy is Allah; daar is geen god nie buiten Hom! Aan Hom behoort alle lof in hierdie wêreld en in die Hiernamaals; en die oordeel is Syne, en na Hom sal julle teruggebring word.
28:71. Sê: Kyk, as Allah die nag onophoudelik oor julle laat voort duur tot die Opstandingsdag, wie is die god buiten Allah wat vir julle lig kan bring? Wil julle dan nie luister nie?
28:72. Sê: Kyk, as Allah die dag onophoudelik oor julle laat voort duur tot op die Opstandingsdag, wie is die god buiten Allah wat die nag kan bring waarin julle rus vind? Wil julle dan nie insien nie?
28:73. En deur Sy barmhartigheid het Hy die dag en die nag vir julle gemaak, dat julle kan rus, en dat julle na Sy oorvloed kan uitsien, en sodat julle dankbaar kan wees.
28:74. En die Dag waarop Hy hulle sal roep en sê: Waar is My mededingers wat julle gedink het bestaan?
28:75. En Ons sal uit elke volk ’n getuie neem en Ons sal sê: Bring julle bewyse. Dan sal hulle weet dat die Waarheid aan Allah behoort; en dít wat hulle versin het, sal misluk.

Afdeling 8: Korah se skatte lei tot sy ondergang

28:76. Korah het sekerlik tot die volk van Moses behoort, maar hy het hulle onderdruk, en Ons het hom soveel skatte gegee dat sy opgehoopte skatte ’n groep sterk manne sou afweeg. Toe sy volk aan hom gesê het: Moenie spog nie, want Allah hou nie van hulle wat spog nie;
28:77. en soek na die Tuiste van die Hiernamaals deur middel van wat Allah aan u gegee het, en vergeet nie u deel aan die wêreld nie, en doen goed aan ander soos Allah aan u goed gedoen het; en skep geen wanorde in die land nie, want Allah het die sondaars nie lief nie;
28:78. het hy gesê: Dit is aan my alleen deur my kennis gegee. Het hy dan nie geweet dat Allah baie geslagte vóór hom vernietig het wat magtiger as hy was en groter in aantal nie? En die misdadigers word nie uitgevra omtrent hulle misdade nie. {Omdat Allah Alwetend is} 79. So het hy na sy volk gegaan in prag en praal. Diegene wat verlang na die lewe van hierdie wêreld het gesê: Kon ons ook maar dieselfde hê as wat aan Korah gegee is! Waarlik, hy is in besit van ’n baie groot fortuin.
28:80. Maar hulle aan wie kennis gegee was, het gesê: Wee julle! Die beloning van Allah vir hom wat glo en goeddoen, is beter; en dit sal aan niemand geskenk word nie behalwe aan die geduldiges.
28:81. So het Ons dan veroorsaak dat die aarde hom en sy woning ingesluk het; en hy het geen party gehad om hom teen Allah te help nie, ook was hy nie een van diegene wat hulself kon verdedig nie.
28:82. En hulle wat die vorige dag nog sy rusplek begeer het, het toe begin sê: A! Allah vermeerder en verminder vir wie van Sy dienaars Hy wil; was dit nie vir Allah se genade nie, sou Hy ons ook verneder het. A! Die on dankbares slaag nooit.

Afdeling 9: Die Profeet sal na Mekka terugkeer

28:83. Die tuiste van die Hiernamaals gee Ons aan diegene wat geen selfverheffing op die aarde begeer of wanorde stig nie. En die goeie einde is daar vir diegene wat godvresend is.
28:84. Hy wat met die goeie te voorskyn kom, sal met iets beters beloon word, maar hulle wat kwaad doen, sal slegs met hul eie dade vergeld word.
28:85. Hy wat die verkondiging van die Qur’ãn vir u opgelê het, sal u waarlik na die Plek van Terug koms terugbring. Sê: My Heer weet goed wie die ware leiding gebring het en wie op ’n dwaalspoor is.
28:86. U het nie verwag dat die Boek aan u geopenbaar sou word nie, maar dit is genade van u Heer; steun daarom nie die ongelowiges nie.
28:87. En laat hulle u nie van die tekens van Allah afkeer nadat dit aan u geopenbaar is nie; en roep die mense tot u Heer, en wees nie een van die heidene nie.
28:88. En moenie ’n ander god as Allah aanroep nie. Daar is geen god nie buiten Hom. Alles behalwe Hy sal vergaan; die Oordeel is Syne en tot Hom sal julle teruggebring word.

Hoofstuk 29: Die Spinnekop

Afdeling 1: Ontbering reinig

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

29:1. Alief, Laam, Mien. {Allegoriese letters}
29:2. Dink die mense dat hulle met rus gelaat sal word, net omdat hulle sê: Ons glo; sonder dat hulle ook beproef sal word?
29:3. En Ons het inderdaad diegene vóór hulle beproef; daarom sal Allah seker weet wie opreg is, en Hy sal weet wie die leuenaars is.
29:4. Of dink hulle wat bose dade doen, dat hulle Ons sal ontsnap? Hulle oordeel is swak!
29:5. Wie die ontmoeting met Allah verwag, moet weet dat die vasgestelde tyd van Allah gewis sal kom. En Hy is die Alleshorende, die Alleswetende.
29:6. En wie hard strewe, strewe slegs vir homself. Voorwaar, Allah is Selfgenoegsaam, bo die behoefte van Sy skepsels verhef.
29:7. En aangaande hulle wat glo en goeie dade doen, Ons sal gewis hulle kwellings verwyder en hulle die beste beloning gee vir wat hulle doen.
29:8. En Ons het die mens gebied om sy ouers goed te behandel. Maar indien hulle met u argumenteer om ander met My te vereenselwig waarvan u geen kennis dra nie, gehoorsaam hulle nie. Tot My is u terugkeer, en Ek sal u meedeel wat u gedoen het.
29:9. En hulle wat glo en goeie dade doen, vir hulle sal Ons sekerlik onder die regverdiges toelaat.
29:10. En onder die mense is daar hy wat sê: Ons glo in Allah. Maar as hy vervolg word ter wille van Allah, beskou hy die vervolging as ’n straf van Allah. En as hulp van u Heer kom, sê hulle: Waar lik, ons was saam met u. Is Allah dan nie die Beste Kennisdraer van wat in die hart van die mens omgaan nie?
29:11. Allah sal seker weet wie diegene is wat glo, en Hy sal weet wie die huigelaars is.
29:12. En hulle wat nie glo nie sê aan die gelowiges: Volg ons weg; ons sal julle sonde dra. En hulle is nie in staat om hul sondes te dra nie. Hulle is sekerlik leuenaars.
29:13. Hulle sal sekerlik hulle eie laste dra, en ander laste buiten hulle eie laste; en waarlik, hulle sal op die Opstandingsdag ondervra word aangaande dít wat hulle versin het.

Afdeling 2: Noag en Abraham

29:14. Voorwaar, Ons het Noag na sy volk gestuur, en op vyftig jaar na het hy ’n duisend jaar onder hulle gebly. En die sondvloed het hulle ingehaal terwyl hulle sondaars was.
29:15. Daarom het Ons hom en sy volgelinge in die ark gered, en dit tot ’n teken vir die volke gemaak.
29:16. En vir Abraham het Ons gestuur toe hy aan sy volk gesê het: Aanbid Allah, en wees bewus van Hom. Dit sal vir julle die beste wees, indien julle dit weet.
29:17. Buiten Allah aanbid julle slegs afgode, en julle versin ’n leuen. Hulle wat julle buiten Allah aanbid, het sekerlik geen gesag oor julle onderhoud nie. Soek daarom lewensonderhoud van Allah en aanbid Hom en wees Hom dankbaar. Tot Hom sal julle teruggebring word.
29:18. En as julle verloën, ander nasies vóór julle het die Waarheid inderdaad ook verloën. En die plig van die Boodskapper is slegs om die boodskap duidelik af te lewer.
29:19. Sien hulle nie hoedat Allah die skepping verwek en dit daarna herhaal nie? Dit is waarlik maklik vir Allah.
29:20. Sê: Reis oor die aarde, en kyk hoe Allah die eerste skepping begin het en daarna ook die latere skepping verwek het. Waarlik, Allah het mag oor alle dinge.
29:21. Hy straf wie Hy wil en Hy toon barmhartigheid aan wie Hy wil, en tot Hom sal julle teruggebring word.
29:22. En julle kan nie uit die aarde of uit die hemel ontsnap nie, en buiten Allah het julle geen beskermer of helper nie.

Afdeling 3: Abraham en Lot

29:23. En diegene wat nie in die tekens van Allah en die ontmoeting met Hom glo nie, hulle wanhoop aan My barmhartigheid, en vir hulle is daar ’n smartlike straf.
29:24. En die antwoord van sy volk was niks anders nie as dat hulle gesê het: Maak hom dood, of ver brand hom! Maar Allah het hom van die vuur gered. Daarin is sekerlik tekens vir ’n volk wat glo.
29:25. En hy het gesê: Julle het buiten Allah slegs afgode geneem ter wille van die vriendskap met mekaar in die lewe van hierdie wêreld, maar op die Opstan dingsdag sal sommige van julle ander vervloek; en julle tuiste sal die Vuur wees, en julle sal geen helpers hê nie.
29:26. Lot het daarom in hom geglo. En hy het gesê: Ek vlug na my Heer. Waarlik, Hy is die Almagtige, die Allerwyse.
29:27. En Ons het Isak en Jakob aan hom gegee, en die profeetskap en die Boek vir sy nageslag verorden. En Ons het hom sy beloning in hierdie wêreld gegee, en in die Hiernamaals sal hy sekerlik onder die regverdiges wees.
29:28. En toe Lot aan sy volk gesê het: Voorwaar, julle verrig ’n gruweldaad wat geen mens ooit vóór julle begaan het nie.
29:29. Nader julle manne met wellus, en pleeg julle struikrowery, en begaan julle selfs gruweldade op julle byeenkomste? Maar die antwoord van sy volk was slegs: Bring die straf van Allah oor ons, as u die waarheid spreek.
29:30. Hy het gesê: My Heer! Help my teen hierdie sondige volk!

Afdeling 4: Teenstand teen die Waarheid faal altyd

29:31. En toe Ons boodskappers met goeie nuus na Abraham gekom het, het hulle gesê: Ons gaan die volk van hierdie stad vernietig, want haar inwoners is kwaad doeners.
29:32. Hy het gesê: Maar Lot is daarin. Hulle het gesê: Ons weet wel wie daarin is. Ons sal hom en sy volgelinge sekerlik red, behalwe sy vrou; sy is een van hulle wat sal agterbly.
29:33. En toe Ons boodskappers by Lot kom, het hy verdriet oor hulle gehad, want hy was nie in staat om hulle te beskerm nie. Maar hulle het gesê: Moenie vrees nie, en treur ook nie. Waarlik, ons sal u en u volgelinge red, behal we u vrou, want sy is een van hulle wat moet agterbly.
29:34. Ons sal gewis ’n straf uit die hemel oor die bewoners van hierdie stad afstuur, vanweë hul oortredinge.
29:35. En Ons het waarlik ’n duidelike teken daarvan nagelaat vir ’n volk wat verstaan.
29:36. En na Mede het Ons hulle broer Sjoe-eib gestuur, wat gesê het: O my volk! Dien Allah, en vrees die Laaste Dag, en stig geen onheil op hierdie aarde nie.
29:37. Maar hulle het hom verloën. Daarom het ’n hewige aard bewing hulle getref, en hulle het in hul wonings uitgestrek op die grond bly lê.
29:38. En Aad en Thamoed! Sommige van hulle wonings kan julle inderdaad nog sien. En die duiwel het hulle dade vir hul aanloklik gemaak, en het hulle uit die pad gedraai, ofskoon hulle dit duidelik kon sien.
29:39. En Korah en Farao en Hamaan! En waarlik, Moses het met duidelike bewyse na hulle gekom, maar hulle het hul hoogmoedig gedra; maar hulle kon Ons nie ontduik nie.
29:40. So het Ons iedereen vir sy sonde gestraf. En onder hulle was hy oor wie Ons ’n geweldige storm gestuur het, en onder hulle was

een wat deur die aardbewing getref is, en onder hulle was hy wat in die aarde versink het, en onder hulle was hy vir wie Ons laat verdrink het. en dit was nie Allah wat hulle onreg aangedoen het nie, maar hulle het hulself onreg aangedoen.
29:41. Die gelykenis van hulle wat beskermhere buiten Allah aan neem, is soos die gelykenis van die spinnekop wat ’n huis vir haarself maak; en die swakste huis is sekerlik die huis van die spinnekop, as hulle dit maar net besef.
29:42. Voorwaar, Allah weet wat hulle buiten Hom aanroep. En Hy is die Almagtige, die Allerwyse.
29:43. En hierdie gelykenisse stel Ons voor vir die mens, en niemand verstaan hulle nie behalwe die geleerdes.
29:44. Allah het die hemele en die aarde in waarheid geskape. Daarin is sekerlik ’n teken vir diegene wat glo.

Afdeling 5: Die Qur’ãn suiwer

29:45. Verkondig dít wat aan u in die Boek geopenbaar is, en onderhou die gebed. Voorwaar, die gebed hou ’n mens weg van onwelvoeg- likheid en die kwaad. Om aan Allah te dink, is sekerlik die grootste krag. En Allah weet wat julle doen.
29:46. En redeneer nie met die Mense van die Boek nie, behalwe op ’n goeie wyse, en slegs met diegene wat onregverdig handel. Maar sê: Ons glo wat aan ons en aan julle geopenbaar is, en Ons God en julle God is EEN, en ons is onderdanig aan Hom.
29:47. En aldus het Ons die Boek aan u geopenbaar, en hulle aan wie Ons die Boek gegee het, glo daarin, en onder die volk van Mekka is daar ook sommige wat daarin glo; en niemand ontken Ons tekens nie, behalwe die ongelowiges.
29:48. Voorheen het u geen boek gelees, of een met u regterhand geskryf nie, want anders kon die leuenaars daaraan getwyfel het.
29:49. Nee, dit is duidelike tekens in die harte van diegene aan wie kennis geskenk is. En niemand ontken Ons tekens nie, behalwe die kwaaddoeners.
29:50. En hulle sê: Waarom word geen tekens van sy Heer aan hom gestuur nie? Sê: Die tekens is alleen by Allah, en ek is slegs ’n duidelike waarskuwer.
29:51. Is dit nie genoeg vir hulle dat Ons aan u die Boek geopenbaar het wat aan hulle voorgedra word nie? Voorwaar, hierin is barmhartigheid en ’n waarsku wing vir ’n gelowige volk.

Afdeling 6: ’n Waarskuwing en ’n ver troosting

29:52. Sê: Allah is voldoende as Getuie tussen my en julle. Hy weet alles wat in die hemele en op die aarde is. En hulle wat in valsheid glo en nie in Allah nie, hulle is dié wat die verloorders sal wees.
29:53. En hulle vra u om die straf te verhaas. En was dit nie dat daar reeds ’n tydperk vasgestel was nie, sou die straf sekerlik oor hulle gekom het. En dit sal gewis skielik oor hulle kom, terwyl hulle dit nie besef nie.
29:54. Hulle vra u om die straf te ver haas; maar waarlik, die Hel sal die ongelowiges omring,
29:55. op die Dag wanneer die straf hulle sal oorweldig, van bokant hulle en van onder hulle voete! En Hy sal sê: Smaak die straf van julle hande!
29:56. O My dienaars wat glo! My aarde is waarlik uitgestrek; aan bid daarom My alleen.
29:57. Elke siel moet die dood onder vind; daarna sal julle na Ons teruggebring word.
29:58. En hulle wat glo en goeddoen, sal Ons sekerlik huisves in verhewe wonings van die Paradys waardeur riviere vloei. Hulle sal daarin bly. Hoe voortreflik is die beloning van hulle wat goeddoen!
29:59. Hulle wat standvastig is en hulle vertroue in hul Heer stel!
29:60. En hoeveel diere is daar wat nie hulle eie lewensonderhoud saam dra nie! Allah sorg vir hulle, en vir julle. En Hy is die Alleshorende, die Alleswetende.
29:61. En as u hulle vra: Wie het die hemele en die aarde geskape, en die son en die maan in diens gestel? Dan sal hulle sekerlik sê: Allah. Waarom is hulle dan nie op die regte weg nie?
29:62. Allah vergroot en verminder die lewensonderhoud vir wie van Sy dienaars Hy wil. Voorwaar, Allah het kennis van alle dinge.
29:63. En as u hulle vra: Wie is dit wat water uit die wolke afstuur en lewe gee aan die aarde ná haar dood? Dan sal hulle sekerlik sê: Allah. Sê: Alle lof behoort aan Allah! Nee, die meeste van hulle verstaan nie.

Afdeling 7: Die triomf van die gelowiges

29:64. En die lewe van hierdie wêreld is niks anders nie as ’n leë vermaak en ’n speletjie. En die tuiste van die Hiernamaals, dít is die werklike Lewe, as hulle dit maar kon weet!
29:65. En wanneer hulle op ’n skip vaar, roep hulle Allah aan, opreg in hul gehoorsaamheid aan Hom. Maar wanneer Hy hulle veilig aan wal bring, kyk! dan skryf hulle deelgenote aan Hom toe,
29:66. en hulle is ondankbaar vir wat Ons hulle geskenk het, en hulle vermaak hulself. Maar hulle sal dit weldra te wete kom.
29:67. Sien hulle dan nie dat Ons ’n Heiligdom {Mekka} * veilig gemaak het, terwyl mense rondom hulle met geweld weggevoer word nie? Wil hulle dan nog in die valsheid glo en nie in die gunste van Allah nie?
29:68. En wie is onregverdiger as hy wat ’n leuen teen Allah versin, of die Waarheid verloën wanneer dit na hom kom? Is daar nie in die Hel ’n oord vir die ongelowiges nie?
29:69. En vir hulle wat hard na Ons guns strewe, sal Ons sekerlik op Ons weg lei. En Allah is waarlik na aan hulle wat goeddoen.

Hoofstuk 30: Die Romeine

Afdeling 1: ’n Groot Profesie

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

30:1. Alief, Laam, Mien. {Allegoriese letters}
30:2. Die Romeine is verslaan.
30:3. In ’n nabygeleë land, maar ná hulle nederlaag sal hulle weer ’n oorwinning behaal,
30:4. binne nege jaar. Die gebod is Allah s’n vóór dit en ná dit. En op daardie dag sal die gelowiges hulle verheug
30:5. in die hulp van Allah. Hy help wie Hy wil, en Hy is die Almagtige, die Genadige.
30:6. Dít is die beloefte van Allah! Allah faal nie in Sy beloftes nie; maar die meeste mense weet dit nie.
30:7. Hulle ken slegs die skyn van die wêreldse lewe, maar aangaande die Hiernamaals is hulle argeloos.
30:8. Dink hulle nie daaroor in hul binneste nie? Allah het die hemele en die aarde en alles wat daartussen is, nie anders geskape nie as in waarheid, en vir ’n vasgestelde tyd. En tog is die meeste mense ontkenners van die ontmoeting met hulle Heer.
30:9. Het hulle nie op die aarde gereis en gesien wat die einde was van diegene vóór hulle nie? Hulle was sterker in mag as hulle, en het die land bewerk, en daarop gebou, meer as wat hulle gebou het. En hulle boodskappers het met duidelike bewyse by hulle gekom. Dus was dit nie Allah wat hulle onreg aangedoen het nie, maar hulle het hulself onreg aangedoen.
30:10. Bitter dan was die einde van die kwaaddoeners, omdat hulle die tekens van Allah verwerp en daarmee gespot het.

Afdeling 2: Die twee par tye

30:11. Allah laat die skepping ontstaan, dan herhaal Hy dit; daarna sal julle na Hom terugkeer.
30:12. En die dag waarop die Uur sal kom, sal die misdadigers wanhopig word.
30:13. En hulle sal geen bemiddelaars onder hulle afgode vind nie, en hulle sal hul afgode verwerp.
30:14. En op die dag waarop die Uur sal kom, sal hulle van mekaar geskei word.
30:15. Dan sal hulle wat gelowig was en goeie werke verrig het, in ’n Tuin geluk vind.
30:16. Maar hulle wat nie wou glo nie en Ons tekens en die ontmoeting en die Hiernamaals verwerp het, sal voor die straf te staan kom.
30:17. Loof Allah wanneer julle die aand ingaan, en wanneer julle die dag begin.
30:18. En aan Hom behoort alle lof in die hemele en op aarde, en wanneer die son sak en in die namiddag.
30:19. Hy bring die lewende uit die dode voort en ook die dode uit die lewende, en Hy gee die aarde lewe ná haar dood. En so sal julle ook voortgebring word.

Afdeling 3: Goddelike Mag in die natuur

30:20. En van Sy tekens is dat Hy julle uit stof geskape het; en kyk! julle is mense wat kan versprei.
30:21. En van Sy tekens is dít: dat Hy uit julle midde vroue vir julle geskape het, sodat julle gemoeds rus in hulle kan vind; en Hy het liefde en teerheid tussen julle geplaas. Daarin is voorwaar tekens vir ’n volk wat nadink.
30:22. En onder Sy tekens is daar die skepping van die hemele en die aarde, en die verskeidenheid van tale wat julle praat, en julle kleure. Waarlik, daarin is tekens vir die geleerdes.
30:23. En van Sy tekens is julle slaap gedurende die nag en julle soeke na Sy oorvloed bedags. Daarin is sekerlik tekens vir ’n volk wat wil luister.
30:24. En een van Sy tekens is dít: dat Hy julle die blitsstrale wys as vrees en hoop, en dat Hy water uit die wolke afstuur waarmee hy die aarde laat herlewe ná haar dood. Hierin is sekerlik tekens vir ’n volk wat verstaan.
30:25. En nog een van Sy tekens is dít: dat Hy die hemel en die aarde laat voortbestaan deur Sy gebod. Dan, wanneer Hy julle eenmaal roep ~ van die aarde ~ kyk! dan tree julle nader.
30:26. En aan Hom behoort elkeen wat in die hemele en op die aarde is. Almal is Hom gehoorsaam.
30:27. En dit is Hy wat die skepping laat ontstaan, en dit is vir Hom baie maklik. En Hom kom tereg toe die mees verhewe beskrywinge in die hemele en op die aarde; en Hy is die Almagtige, die Allerwyse.

Afdeling 4: ’n Beroep word gedoen op die menslike natuur

30:28. Hy vertel vir julle ’n gelykenis aangaande julleself. Het julle onder julle ondergeskiktes, deel genote in dít waarvan Ek julle voorsien het, sodat julle dienaan gaande gelyk kan word; en vrees julle húlle, soos hulle mekaar vrees? So maak Ons Ons tekens duidelik aan ’n volk wat verstaan.
30:29. Nee, die onregverdiges volg hul eie neigings sonder kennis. En wie kan hom lei vir wie Allah laat dwaal? Vir hulle sal daar geen helpers wees nie.
30:30. Wend daarom julle aangesig opreg tot die ware godsdiens, ooreenkomstig die natuur waarna Allah die mens geskape het. Die skepping van Allah ken geen verandering nie. Dit is die ware geloof ; maar die meeste mense weet dit nie.
30:31. Bekeer julle tot Hom, en kom julle plig teenoor Hom na, en onderhou die gebed, en wees nie van die heidene nie;
30:32. ook nie saam met hulle wat hul godsdiens verdeel en sektes vorm nie, terwyl elke groep hul verheug in wat hulle het.
30:33. En as ’n ramp oor die mense kom, roep hulle hul Heer aan en bekeer hul tot Hom; en as hy hulle Sy barmhartigheid laat ondervind, kyk! dan vereenselwig sommige van hulle ander met hulle Heer,
30:34. en is ondankbaar vir dít wat Ons aan hulle gegee het. Vermaak julle ’n tydjie; maar julle sal dit weldra te wete kom.
30:35. Of het Ons enige gesag vir hulle neergestuur wat uitspraak gee aangaande dít wat hulle met Hom vereenselwig?
30:36. En wanneer Ons die mense barmhartigheid laat smaak, ver heug hulle hul daarin; maar as ’n kwaad oor hulle kom as gevolg van wat hulle eie hande verrig het, kyk! dan is hulle wanhopig.
30:37. Sien hulle dan nie dat Allah die voorsiening vergroot en verklein vir wie Hy wil nie? Daarin is waarlik tekens vir ’n volk wat glo.
30:38. Gee dan aan die familie wat hulle toekom, asook aan die behoeftiges en die reisigers. Dit is die beste vir hulle wat die welbehae van Allah verlang, en hulle is dié wat sal slaag.
30:39. En wie geld op rente uitleen sodat dit kan toeneem deur wat ander besit, by Allah neem dit nie toe nie; slegs dít wat julle as offergawes bestee terwyl julle die welbelhae van Allah verlang.
30:40. Dit is Allah wat julle geskape het, wat vir julle sorg en julle daarna laat sterf; waarna Hy julle sal laat herleef. Is daar enigeen onder julle afgode wat iets dergeliks kan doen? Heilig is Hy, en verhewe bo wat hulle met Hom vereenselwig!

Afdeling 5: ’n Verandering

30:41. Boosheid het oor die land en die see gekom ten gevolge van dít wat die hande van die mense bewerk het, sodat Hy hulle ’n deel van wat hulle doen, kon laat smaak, en sodat hulle hul kon bekeer.
30:42. Sê: Reis deur die land, en kyk wat was die einde van diegene wat voorheen geleef het! Die meeste van hulle was heidene.
30:43. Wend dan u aangesig opreg tot die ware godsdiens, voordat die onafwendbare Dag van Allah kom. Op daardie Dag sal die mensdom geskei word.
30:44. Wie nie glo nie, sal verantwoor delik wees vir sy ongeloof; en wie goeddoen, hulle het goed vir hulle eie siele voorberei;
30:45. sodat Hy diegene wat glo en goeddoen, mag beloon uit Sy oorvloed. Voorwaar, Hy het die ongelowiges nie lief nie.
30:46. En een van Sy tekens is dit: dat Hy die winde met blye vooruitsigte uitstuur, sodat Hy julle van Sy genade mag laat smaak; en dat die skepe op Sy gebod mag vaar, en dat julle na Sy oorvloed mag soek, en dat julle dankbaar mag wees.
30:47. En sekerlik het Ons vóór julle boodskappers na hul volke gestuur wat met duidelike bewyse by hulle gekom het. Daarna het Ons die misdadigers gestraf. En dit is altyd Ons plig om die gelowiges te help.
30:48. Dit is Allah wat die winde voortstuur sodat hulle ’n wolk laat oprys, dan versprei Hy dit in die lug soos Hy wil, en Hy breek dit, sodat julle die reën uit hulle midde sien neerstort. En wanneer Hy dit laat val op wie van Sy dienaars hy wil, kyk! dan verheug hulle hulle,
30:49. ofskoon hulle voorheen, voordat dit oor hulle afgestuur is, wanhopig was.
30:50. Kyk dan na die tekens van Allah se barmhartigheid, hoe Hy die aarde laat herlewe ná haar dood. Voorwaar, Hy is die Opwekker van die dode; en Hy het mag oor alle dinge.
30:51. En as Ons ’n droë wind stuur, en hulle sien hoe dit die plante verdor, sal hulle sekerlik in hulle ongeloof volhard.
30:52. Waarlik, u kan nie die dooies laat hoor nie, nóg kan die dowes iemand hoor roep wanneer hulle u hul rug toekeer.
30:53. Ook kan u die blindes van hulle dwaling nie aflei nie. U kan slegs húlle laat hoor wat in Ons tekens glo, sodat hulle hul onderdanig maak.

Afdeling 6: Die verdwyning van teëstand

30:54. Dit is Allah wat julle uit ’n toestand van swakheid geskape het, waarna Hy aan die swakke krag gegee het, en wat ná die krag, weer die swakheid en grysheid verorden. Hy skep wat Hy wil, en Hy is die Alleswetende, die Allermagtige.
30:55. En die Dag waarop die Uur kom, sal die misdadigers sweer dat hulle slegs ’n uur gelewe het. So word hulle bedrieg.
30:56. Maar hulle aan wie kennis en geloof gegee is, sal sê: Volgens die verordening van Allah het julle inderdaad tot die Dag van Opstanding vertoef. En nou is dit die Opstandingsdag, maar julle het dit nie geweet nie.
30:57. Daarom sal hulle verontskuldi ginge die onregverdiges op daardie Dag nie baat nie, ook sal aan hulle geen welwillendheid bewys word nie.
30:58. Waarlik, Ons het in hierdie Qur’ãn allerlei gelykenisse aan die mense voorgehou. Waarlik, as u aan hulle ’n teken toon, sal die ongelowiges sê: Julle is slegs bedrieërs.
30:59. So verseël Allah die harte van hulle wat nie wíl weet nie.
30:60. Wees dan geduldig; waarlik, die Belofte van Allah is waar; en laat hulle wat geen sekerheid het nie, u nie verontrus nie.

Hoofstuk 31: Loekmaan

Afdeling 1: Gelowiges sal suksesvol wees

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

31:1. Alief, Laam, Mien. {Allegoriese letters}
31:2. Dit is verse van die Boek van Wysheid ~
31:3. ’n leiding en ’n genade vir die weldoeners
31:4. wat die gebed onderhou en die Zakaat {Offergawes} betaal, en wat van die Hiernamaals verseker is.
31:5. Dit is húlle wat die leiding van hulle Heer volg, en dit is húlle wat sal slaag.
31:6. En onder die mense is daar diegene wat deur ydele praatjies, sonder kennis, ander van die pad van Allah wil laat afdwaal, en wat daarmee die spot dryf; vir hulle sal daar ’n vernederende straf wees.
31:7. En wanneer Ons tekens aan hom voorgedra word, draai hy met minagting daarvan weg asof hy dit nie gehoor het nie en asof daar doofheid in sy ore is. Verkondig vir hom ’n pynlike straf aan.
31:8. Voorwaar, hulle wat glo en goeie werke verrig, vir hulle is daar Tuine van geluk;
31:9. daarin sal hulle bly. ’n Belofte van Allah wat gestand gedoen sal word. En Hy is die Allermagtige, die Allerwyse.
31:10. Hy het die hemele geskape sonder dat hulle op sigbare pilare rus, en Hy het op die aarde berge geplaas sodat dit nie saam met julle sal bewe nie, en Hy het daarop allerlei diere geplaas. En Ons stuur water af uit die wolke, waarmee Ons allerlei edel gewas se laat groei.
31:11. Dít is Allah se skepping. Toon My nou wat diegene geskape het wat naas Hom gestel word. Nee, die onregverdiges verkeer duidelik in dwaling.

Afdeling 2: Loekmaan se raad aan sy seun

31:12. En waarlik, Ons het wysheid aan Loekmaan geskenk, en gesê: Wees Allah dankbaar, want hy wat dankbaar is, is dankbaar ter wille van sy eie siel; en hy wat ondankbaar is: sekerlik is Allah Selfgenoegsaam, Lofwaardig.
31:13. En toe het Loekmaan aan sy seun gesê: O my seun! Vereenselwig niemand met Allah nie; voorwaar, die toeskrywing van deelgenote aan Hom is ’n groot ongeregtigheid.
31:14. En Ons het die mens aangaande sy ouers opgelê ~ sy moeder het hom in swakte op swakte gedra, en sy borsvoeding het twee jaar in beslag geneem ~ en gesê: Betuig dank aan My, en aan u ouers. Tot My is die uiteindelike terugkeer.
31:15. En indien hulle {U ouers} by u daarop aandring dat u met My moet vereenselwig waarvan u geen kennis het nie, gehoorsaam hulle nie; en leef met hulle in hierdie wêreld saam op ’n behoorlike wyse, en volg die weg van hom wat hom tot My bekeer; dan sal u na My terugkeer en Ek sal u inlig oor wat u gedoen het ~
31:16. O my liewe seun! Al sou dit die gewig van ’n mosterdsaadjie wees, en al sou dit selfs in ’n rots gevind word, of in die hemel of op aarde, Allah sal dit sekerlik openbaar maak. Voorwaar, Allah is Aldeurdringend, Welbewus.
31:17. O my liewe seun! Onderhou die gebed, en beveel die goeie en verbied die kwade, en verdra geduldig wat u ook oorkom. Waarlik, dit is ’n ernstige saak.
31:18. En moenie u gesig met minagting vir die mense verberg nie, en gaan ook nie hoogmoedig in die land rond nie. Waarlik, Allah het geen verwaande grootprater lief nie.
31:19. En slaan die regte koers in terwyl u rondwandel, en laat u stem sag wees. Voorwaar, die stemme wat die meeste gehaat word, is die gebalk van die esels.

Afdeling 3: Die grootheid van die Goddelike Mag

31:20. Sien julle dan nie dat Allah alles wat in die hemele en alles wat op die aarde is, vir julle in diens gestel het nie, en dat Hy Sy gunste ryklik aan julle, sowel uiterlik as innerlik, geskenk het nie? En onder die mense is daar hy wat argumenteer oor Allah sonder kennis of enige leiding of liggewende Boek.
31:21. En wanneer aan hulle gesê word: volg dít wat Allah geopenbaar het, sê hulle: Nee, ons volg die weg waarop ons ons vaders gevind het. Wat? Selfs al het die duiwel hulle tot die Brandende Vuur uitgenooi?
31:22. En wie homself aan Allah onderdanig maak en goeddoen aan ander, het inderdaad aan ’n sterk greep gegryp. Die einde van alle sake berus by Allah.
31:23. En wie nie glo nie, laat sy ongeloof u nie verdriet aandoen nie. Na Ons is hulle terugkeer, dan sal Ons hulle inlig oor wat hulle gedoen het. Waarlik, Allah weet goed wat in die innerlike aangaan.
31:24. Ons skenk hulle genot vir ’n rukkie, dan sal Ons hulle vir ’n streng straf aandryf.
31:25. En as u hulle vra: Wie het die hemele en die aarde geskape? Sal hulle sekerlik antwoord: Allah. Sê: Alle lof behoort aan Allah! Maar die meeste van hulle weet dit nie.
31:26. Aan Allah behoort alles wat in die hemele en op die aarde is. Voorwaar, Allah is die Self genoegsame, die Lofwaardige.
31:27. En as al die bome op die aarde penne was, en die oseaan, met nog sewe oseane daarby gevoeg, ink was, sou die woorde van Allah nie uitgeput kon word nie. Voorwaar, Allah is Almagtig, Allerwys.
31:28. O mense! Julle Skepping en julle Opstanding is slegs soos ’n ademtog. Voorwaar, Allah is Alleshorend, Allessiende.
31:29. Sien u dan nie dat Allah die nag in die dag laat oorgaan, en dat Hy die dag in die nag laat oorgaan, en dat Hy die son en die maan aan julle diensbaar gemaak het ~ elk volg sy baan tot op ’n vasgestelde tyd ~ en dat Allah Bewus is van wat julle doen nie?
31:30. Dit is omat Allah die Waarheid is, en diegene wat hulle buiten Hom aanroep, vals is, en omdat Allah die Verhewene, die Grote is.

Afdeling 4: Die verdoemenis kom

31:31. Sien u dan nie dat die skepe op die see vaar deur die guns van Allah nie, sodat Hy julle Sy tekens kan wys? Waarlik, daarin is tekens vir elkeen wat geduldig en dankbaar is.
31:32. En wanneer ’n golf soos ’n wolk hulle omhul, roep hulle na Allah, opreg in hulle gehoorsaamheid aan Hom. Maar wanneer Hy hulle veilig aan wal bring, is daar sommige wat ’n middeweg volg. En niemand ontken Ons tekens nie, behalwe elke onbetroubare, ondankbare skepsel.
31:33. O mense! Wees bewus van jul Heer, en vrees die Dag wanneer geen vader sy seun iets sal baat nie, en die seun sy vader ook nie van enige nut sal wees nie. Voorwaar, die belofte van Allah is waar; laat die lewe van hierdie wêreld julle derhalwe nie bedrieg nie, en laat die aartsbedrieër julle ook nie omtrent Allah bedrieg nie.
31:34. Voorwaar, Allah alleen besit kennis van die Uur. Hy stuur die reën af en hy weet wat in die baarmoeders is. En geen siel weet wat hy môre sal verdien nie. En geen siel weet in watter land hy sal sterf nie. Voorwaar, Allah is Alleswetend, Allerbewus.

Hoofstuk 32: Die Prostrasie

Afdeling 1: Islam sal gevestig word

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

32:1. Alief, Laam, Mien. {Allegoriese letters}
32:2. Die openbaring van die Boek, waaraan nie te twyfel is nie, is van die Heer van die Wêrelde.
32:3. Sê hulle dalk: Hy het dit versin? Nee, dit is die Waarheid van u Heer, sodat u ’n volk kan waar sku by wie nog geen waarskuwer vóór u gekom het nie, sodat hulle reg gelei kan word.
32:4. Dit is Allah wat die hemele en die aarde en wat daartussen is in ses tydperke geskape het, en Hy is op die Troon van mag gevestig. Julle het geen beskermer of bemiddelaar buiten hom nie. Sal julle dan nie nadenkend wees nie?
32:5. Hý orden die bestel van die hemel tot die aarde; daarna sal dit tot Hom opstyg in een dag, waarvan die duur volgens julle berekening ’n duisend jaar is.
32:6. Sodanig is die Kenner van die onsigbare en die sigbare, die Allermagtige, die Genadevolle,
32:7. wat alles wat hy geskape het, mooi gemaak het; en Hy het die skepping van die mens uit stof begin.
32:8. Daarna het Hy sy nageslag uit ’n uittreksel van veragtelike water gevorm.
32:9. Hy vorm hom en blaas van Sy gees in hom, en Hy het vir julle ore en oë en harte gemaak; maar julle betoon maar min dankbaar heid.
32:10. En hulle sê: Sal ons, wanneer ons in die aarde verlore is, opnuut geskape word? Nee, hulle is ongelowig aangaande die ontmoeting met hulle Heer.
32:11. Sê: Die Engel van die Dood, aan wie julle toevertrou is, sal julle laat sterwe; daarna sal julle na jul Heer teruggebring word.

Afdeling 2: Gelowiges en ongelowiges ~ ’n vergelyking

32:12. En o, as u maar kon sien wanneer die misdadigers hulle hoofde voor hulle Heer sal buig, en sê: Ons Heer! Ons het gesien en gehoor; stuur ons terug, ons sal goeie dade doen; ons is nou oortuig.
32:13. En as Ons wou, kon Ons aan elke siel leiding gegee het, maar die woord van My word bewaarheid: Ek sal die Hel sekerlik met djien en mense, almal tesame, vol maak.
32:14. Ondervind dan die straf omdat julle die ontmoeting van hierdie Dag vergeet het; voorwaar, nou het Ons julle verlaat; ondergaan nou die ewigdurende straf vir wat julle gedoen het.
32:15. Slegs hulle glo in Ons tekens wat, wanneer hulle daaraan herinner word, hulle prostreer en hulle Heer verheerlik met die lof wat Hom toekom. Hulle is nie hoogmoedig nie.
32:16. En hulle verlaat hul beddens om hul Heer in vrees en hoop aan te roep, en hulle deel uit van wat Ons aan hulle geskenk het.
32:17. Geen siel weet dus watter ver kwikking vir die oë verborge gehou word nie: ’n beloning vir wat hulle gedoen het.
32:18. Is die gelowige dan soos ’n oortreder? Hulle is sekerlik tog nie gelyk nie.
32:19. Aangaande hulle wat glo en goeie werke doen, vir hulle is daar Tuine, ’n toevlugsoord ~ ’n onthaal vir wat hulle gedoen het.
32:20. En aangaande hulle wat oortree, hulle tuiste is die Vuur. Telkens wanneer hulle daaruit wil kom, sal hulle weer daarin teruggedryf word, en daar sal aan hulle gesê word: Proe die straf van die Vuur wat julle verloën het.
32:21. En Ons sal hulle inderdaad die ligter straf laat ondergaan, voordat die groot straf kom, sodat hulle hul nog kan bekeer.
32:22. En wie is onregverdiger as hy wat deur die tekens van sy Heer vermaan word, maar hom tog daarvan wegdraai? Waarlik, Ons sal die misdadigers vir hul dade vergeld.

Afdeling 3: Die dooie aarde sal herlewe

32:23. Waarlik, Ons het die Boek aan Moses gegee ~ moet dus nie aan die ontmoeting met Hom twyfel nie ~ en Ons het dit tot ’n leiding vir die Kinders van Israel gemaak.
32:24. En Ons het leiers uit hul midde aangestel om hulle deur Ons gebod te lei solank hulle stand vastig is. En hulle was seker van Ons tekens.
32:25. Voorwaar, u Heer sal op die Opstandingsdag tussen hulle oordeel aangaande dit waaromtrent hulle verskil het.
32:26. Is dit nie vir hulle duidelik hoeveel geslagte ~ in wie se woonplekke hulle tans vertoef ~ Ons vóór hulle vernietig het nie? Waarlik, daar is tekens hierin. Wil hulle dan nie luister nie?
32:27. Sien hulle nie dat Ons water na die droë land voer en daardeur graan voortbring waarvan hulle en hul vee eet nie? Wil hulle dan nie sien nie?
32:28. Hulle sê: Wanneer sal hierdie oorwinning kom, indien julle opreg is?
32:29. Sê: Op die Dag van Oorwinning sal die geloof van die ongelowiges hulle nie baat nie, ook sal aan hulle nie uitstel verleen word nie.
32:30. Draai daarom weg van hulle af, en wag; waarlik, hulle wag ook.

Hoofstuk 33: Die Bondgenote

Afdeling 1: ’n Geestelike en liggaamlike verwantskap

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

33:1. O Profeet! Wees bewus van Allah, en gehoorsaam nie die ongelowiges en huigelaars nie. Waarlik, Allah is Alleswetend, Allerwys.
33:2. En volg wat u Heer aan u ge openbaar het. Voorwaar, Allah is altyd Bewus van wat julle doen.
33:3. En vertrou op Allah. Allah is as Beskermer voldoende.
33:4. Allah het vir geen man twee harte in sy binneste gemaak nie; ook het Hy nie van julle vroue ~ vir wie julle deur Ziehaar {Om te sê: U is vir my soos die rug van my moeder} verstoot ~ julle moeders gemaak nie, ook het Hy nie van aangenome seuns vir julle ware seuns gemaak nie. Dit is slegs woorde wat uit julle monde kom. En Allah spreek die waar heid, en Hy wys die weg.
33:5. Noem hulle op die name van hulle vaders, want dit is beter in die oë van Allah; maar as julle nie hulle vaders ken nie, dan is hulle julle broers in die geloof en julle vriende. En daar rus geen skuld op julle as julle jul vergis het nie, maar wel as julle dit in julle harte voorgeneem het. En Allah is altyd Vergewensgesind, Genadevol.
33:6. Die Profeet staan nader aan die gelowiges as hulle self, en sy eggenotes is vir hulle soos moeders. En bloedverwante is in die oë van Allah nader aan mekaar as ander gelowiges en diegene wat uit Mekka gevlug het, tensy julle jul vriende ’n weldaad bewys. Dit is in die Boek neergeskryf.
33:7. En toe Ons met die profete ’n verbond gesluit het ~ met u {Moegammad} en met Noag en Abraham en Moses en Jesus, die seun van Maria ~ het Ons ’n hegte verbond gesluit,
33:8. sodat Hy die opregtes oor hulle waarheid kan ondervra. En vir die ongelowiges het Hy ’n pynlike straf voorberei.

Afdeling 2: Aanval van die Bondgenote op Medina

33:9. O julle gelowiges! Herinner julle aan die guns van Allah toe daar leërs teen julle opgeruk het, en hoe Ons ’n sterk wind en leërskare wat vir julle nog ver borge was, teen hulle uitgestuur het. En Allah sien altyd alles wat julle doen.
33:10. Toe hulle by julle gekom het, van bo en van benede, en toe julle oë dof geword en julle harte in die keel geklop het, en toe julle allerhande dinge van Allah gedink het.
33:11. Die gelowiges is daar beproef, en hulle is geskud met ’n hewige skok.
33:12. En hoe die huigelaars en diegene in wie se harte daar ’n siekte was, gesê het: Allah en Sy boodskapper het ons slegs bedrog belowe.
33:13. En hoe ’n gedeelte van hulle gesê het: O Volk van Jathrieb! {Medina} Julle kan hier geen stand hou nie; keer daarom terug. En ’n gedeelte het selfs toestemming van die Profeet gevra, en gesê: Ons huise is blootgestel. Hulle was egter nie blootgestel nie; hulle wou maar net vlug.
33:14. En as mense uit die omgewing by hulle sou binnedring en hulle vra om teen die Moesliems te veg, sou hulle dit sekerlik gedoen het. Hulle sou nie lank getalm het nie.
33:15. En hulle het inderdaad voorheen ’n verbond met Allah gesluit dat hulle nie hul rûe sal draai nie. En ’n verbond met Allah is ’n saak waaroor uitgevra sal word.
33:16. Sê: Vlug sal julle stellig nie baat as julle vir die dood of vir die geveg vlug nie, want julle genot sal maar kort wees.
33:17. Sê: Wie is dit wat Allah kan verhinder as Hy van plan is om julle met kwaad te tref of om barmhartigheid aan julle te betoon? Vir hulleself sal hulle nie eens ’n voog of helper buiten Allah vind nie.
33:18. Allah ken voorwaar diegene onder julle wat ander verhinder en wat aan hulle broers sê: Kom na ons toe. En hulle kom nie na die geveg nie, behalwe vir ’n rukkie,
33:19. terwyl hulle julle skaars wil help. Maar as daar gevaar kom, sien u hulle na u kom met rollende oë soos iemand wat beswym by die doodstryd. Maar wanneer die vrees verdwyn het, tref hulle julle met hul skerp tonge omdat hulle na rykdom smag. Sodaniges glo nie, daarom het Allah hulle werke vrugteloos gemaak. En dít is maklik vir Allah.
33:20. Hulle dink dat die bondgenote nie vertrek het nie; en as die bondgenote weer sou kom, sou hulle liewers onder die nomadiese Arabiere in die woestyn wil wees om na nuus aangaande julle uit te vra. En as hulle saam met julle is, sal hulle maar min veg.

Afdeling 3: Die vlug van die bondgenote: die Koereiza word gestraf

33:21. Voorwaar, julle het in die Boodskapper van Allah ’n uit muntende voorbeeld vir hom wat op Allah en die Laaste Dag hoop, en wat baie aan Allah dink.
33:22. En toe die gelowiges die bond genote gesien het, het hulle gesê: Dít is wat Allah en Sy Boodskapper ons belowe het, en Allah en Sy Boodskapper het die waarheid gepraat. En dit het slegs hulle geloof versterk en hulle verder laat toeneem in onderdanigheid.
33:23. Onder die gelowiges is daar manne wat getrou is aan die verbond wat hulle met Allah gesluit het; so is daar sommige van hulle wat hul eed gestand gedoen het, en ander wat nog wag, maar wat geensins verander het nie ~
33:24. sodat Allah die opregtes vir hulle opregtheid mag beloon en die huigelaars kan straf, indien Hy wil, of Hom in barmhartig heid tot hulle wend. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadevol.
33:25. Allah het die ongelowiges in hulle woede teruggehou, en hulle geen voordeel laat trek nie. En Allah was gedurende die slag ’n toereikende Beskermer vir die gelowiges. En Allah is Sterk, Allermagtig.
33:26. En Hy het diegene van die Mense van die Boek wat hulle gesteun het, uit hulle vestings laat kom, en Hy het hulle harte met vrees vervul. Sommige het julle doodgemaak en ander het julle gevange geneem.
33:27. En Hy het julle hulle land en hulle wonings en hulle eiendom laat erwe, en ook ’n land waarop julle nooit ’n voet gesit het nie. En Allah is die Eienaar, en Maghebber oor alle dinge.

Afdeling 4: Die eenvoudige leefwyse van die Profeet

33:28. O Profeet! Sê aan u eggenotes: As julle na die lewe van hierdie wêreld en sy skynglans verlang, kom dan, ek sal julle ’n voorsiening skenk en julle op ’n welvoeglike wyse toelaat om die huis te verlaat.
33:29. Maar as julle verlang na Allah, en na Sy Boodskapper, en na die Tuiste van die Hiernamaals, dan het Allah waarlik vir diegene onder julle wat goeie werke doen, ’n groot beloning voor berei.
33:30. O Eggenotes van die Profeet! As iemand onder julle skuldig is aan onbetaamlike gedrag in die openbaar, sal die straf vir haar verdubbel word. En dít is mak lik vir Allah
33:31. Maar wie aan Allah en Sy Boodskapper gehoorsaam is en goeie werke doen: Ons sal haar ’n dubbele beloning gee, en Ons het vir haar ’n eerlike voor siening voorberei.
33:32. O Eggenotes van die Profeet! Julle is nie soos ander vrouens nie. Indien julle jul plig wil nakom, moet dan geen verlei delike gesprek voer nie, anders sal hy in wie se hart daar ’n siekte is, verwagtinge koester; maar spreek ’n woord wat wel gevallig is.
33:33. En bly in julle huise, en moenie julle skoonheid tentoonstel soos onwetende vroue in die vroeëre dae nie; en onderhou die gebed en betaal die Zakaat {offergawes} en gehoorsaam Allah en Sy Boodskapper. O huisgenote! Allah begeer bo alles om die onrein heid van julle te verwyder en julle skoon en rein te maak.
33:34. En onthou die tekens van Allah en die wysheid wat in julle huise aan julle voorgedra word. Voorwaar, Allah is Aldeurdringend, Allerbewus.

Afdeling 5: Profeet se huwelik met Zeinab

33:35. Waarlik, die Moesliems en die Moesliema’s, en die gelowige mans en die gelowige vroue, en die gehoorsame mans en die gehoorsame vroue, en die opregte mans en die opregte vroue, en die geduldige mans en die geduldige vroue, en die nederige mans en die nederige vroue, en die mans en vroue wat offergawes gee, en die mans en vroue wat vas, en die mans en vroue wat hul kuisheid bewaar, en die mans en die vroue wat dikwels aan Allah dink: vir hulle het Allah vergifnis en ’n groot beloning voorberei.
33:36. En dit betaam nie ’n gelowige man of ’n gelowige vrou ~ wanneer Allah en Sy Boodskapper oor ’n saak besluit het ~ dat daar nog vir hulle ’n keuse in die saak sal wees nie. En hy wat Allah en Sy Boodskapper nie gehoorsaam nie, het inderdaad ’n verkeerde koers ingeslaan.
33:37. En toe u aan hom, aan wie Allah sowel as u guns bewys het, gesê het: Behou u vrou, en kom u plig teenoor Allah na. En u het in u hart verberg wat Allah aan die lig wou laat kom; en u het die mense gevrees, terwyl Allah meer reg daarop het dat u Hóm sou vrees. En toe Zeid van haar geskei het, het Ons haar as vrou aan u gegee, sodat daar vir die gelowiges geen beswaar meer sal wees ten opsigte van die vroue van aangenome seuns nie, nadat hulle geskei is. En die gebod van Allah móét uitgevoer word.
33:38. Daar moet vir die Profeet geen beswaar wees aangaande dít wat Allah vir hom verorden het nie. Dit was ook die handelswyse van Allah met hulle wat reeds heengegaan het. En die gebod van Allah is ’n verordening wat bindend is:
33:39. vir hulle wat die tekens van Allah aflewer en Hom vrees, en niemand buiten Allah vrees nie. En Allah is Genoegsaam in die verrekening.
33:40. Moegammad is nie die vader van één van julle manne nie, maar hy is die Boodskapper van Allah, en die Seël van die profete. En Allah is altyd die Kennisdraer van alle dinge.

Afdeling 6: Die Profeet se huwelike

33:41. O julle gelowiges! Dink dikwels aan Allah,
33:42. en verheerlik Hom soggens en saans.
33:43. Dit is Hy wat seëninge na julle stuur ~ en ook Sy engele doen dit ~ sodat Hy julle van die duisternis na die lig mag bring. En Hy is altyd Genadevol teenoor die gelowiges.
33:44. Hulle groet op die Dag wanneer hulle Hom sal ontmoet, sal wees: Vrede! En Hy het ’n eervolle beloning vir hulle voorberei.
33:45. O Profeet! Ons het u waarlik as ’n getuie, as ’n draer van blye tydinge en as ’n waarskuwer gestuur,
33:46. en as ’n roeper tot Allah deur Sy gebod, en as ’n liggewende son.
33:47. En gee aan die gelowiges die blye tyding dat hulle groot genade van Allah sal ontvang.
33:48. En gehoorsaam nie die ongelowiges en die huigelaars nie, en slaan geen ag op hulle geterg nie, en stel u vertroue in Allah. En Allah is Toereikend as Beskermer.
33:49. O julle gelowiges! As julle met gelowige vroue in die huwelik tree en daarna van hulle skei voordat julle hulle aangeraak het, dan hoef julle in hulle geval geen wagperiode te bereken nie. Skenk hulle daarom ’n gawe, en stel hulle op grootmoedige wyse vry.
33:50. O Profeet! Ons het u vroue vir u wettig gemaak aan wie u bruidskatte gegee het; en die gene van hulle wat u regterhand besit ~ wat Allah as oorlogsbuit aan u gegee het ~ en die dogters van u ooms van vaderskant, en die dogters van u tantes van vaderskant, en die dogters van u ooms van moederskant, en die dogters van u tantes van moederskant, wat met u gevlug het; en ’n gelowige vrou, indien sy haarself aan die Profeet toevertrou, as die Profeet begeer om met haar te trou; dit is slegs vir ú en nie vir die gelowiges nie ~ Ons weet wat Ons vir hulle, aangaande hulle vroue, en wat hulle regterhand besit, verorden het, sodat daar geen blaam aan u kleef nie. En Allah is altyd Vergewensgesind, Genadevol.
33:51. U mag afsien van wie u wil, en ontvang wie u wil. En daar rus geen blaam op u wanneer u hulle van wie u u afsydig gehou het, terugneem nie. Dit is uiters welvoeglik, sodat hulle oë ver koel mag word, en sodat hulle nie sal treur nie, en dat hulle almal tevrede kan wees met wat u hulle gee. En Allah weet wat in julle harte is. En Allah is Alleswetend, Verdraagsaam.
33:52. Dit is u hierná nie toegestaan om ander vroue te trou nie, ook nie om hulle vir ander vroue te verruil nie, selfs al behaag hulle skoonheid u, met uitsondering van húlle wat u regterhand besit. En Allah hou wag oor alle dinge.

Afdeling 7: Gedragsreëls in huislike aangeleenthede

33:53. O julle gelowiges! Gaan die huise van die Profeet nie binne nie, tensy toestemming vir ’n maaltyd aan julle verleen word; moenie wag totdat die voor bereiding hiervan gereed is nie. Maar wanneer julle uitgenooi word, gaan binne, en wanneer julle geëet het, vertrek dan, en moenie agterbly om gesprek te voer nie. Dit is waarlik ’n hindernis vir die Profeet, maar hy is verdraagsaam om julle ontwil, terwyl Allah nie wag om aan julle die waarheid voor te hou nie. En wanneer julle hulle {Sy vroue} om iets vra, vra dit van agter ’n gordyn. Dit is reiner vir julle harte én hulle harte. Dit kom julle nie toe om die Boodskapper van Allah lastig te val nie, of dat julle ooit sy eggenotes ná hom sal trou nie. Dit is inderdaad griewend in die oë van Allah.
33:54. Of julle iets in die openbaar doen of dit verberg, waarlik, Allah het kennis van alle dinge.
33:55. Daar rus geen skuld op hulle met betrekking tot hulle vaders nie, nóg hulle seuns, nóg hulle broers, nóg hulle broers se seuns, nóg hulle susters se seuns, nóg hulle vroue, nóg wat hulle regterhand besit ~ en julle vroue, kom julle plig teenoor Allah na. Voorwaar, Allah is Getuie van alle dinge.
33:56. Waarlik, Allah en Sy engele seën die Profeet. O julle gelowiges! Roep seëninge oor hom uit en begroet hom met ’n eerbiedige begroeting.
33:57. Aangaande diegene wat vir Allah en Sy Boodskapper lastig val, Allah het hulle in hierdie wêreld en die Hiernamaals ver vloek, en Hy het ’n vernede rende straf vir hulle voorberei.
33:58. En húlle wat gelowige mans en gelowige vroue onbetaamlik lastig val, hulle dra voorwaar die skuld van laster en openlike sonde.

Afdeling 8: Diegene wat valse berigte versprei

33:59. O Profeet! Sê aan u eggenotes en aan u dogters en die vroue van die gelowiges, dat hulle ’n gedeelte van hulle omslagdoeke oor hul hoofde moet hang ~ dit is meer fatsoenlik ~ sodat hulle uitgeken kan word, en nie lastig geval mag word nie. En Allah is altyd Vergewensgesind, Genadevol.
33:60. Indien die huigelaars en diegene in wie se harte daar ’n siekte is, en die oproermakers in Medina, nie ophou nie, sal Ons u sekerlik teen hulle aanspoor, dan sal hulle nie u bure daarin wees nie, behalwe ’n kort rukkie.
33:61. Vervloek is hulle; waar hulle ook al gevind word, sal hulle gegryp en doodgemaak word.
33:62. Voorwaar, so was Allah se han delwyse met hulle wat reeds heengegaan het, en in Sy han delwyse sal u geen verandering vind nie.
33:63. Die mense vra u uit oor die Uur. Sê: Kennis daarvan is slegs by Allah. En wat sal u laat begryp dat die Uur dalk naby is?
33:64. Allah het die ongelowiges sekerlik vervloek, en het ’n brandende Vuur vir hulle voor berei,
33:65. om ’n lang tyd daarin te bly; hulle sal nóg beskermer nóg helper vind.
33:66. Op die Dag wanneer hulle op hul gesigte in die Vuur omgekeer sal word, sal hulle sê: O, het ons maar liewers Allah en Sy Boodskapper gehoorsaam!
33:67. En hulle sal sê: Ons Heer! Ons het slegs ons leiers en ons voormanne gehoorsaam, maar hulle het ons van die regte weg laat afdwaal.
33:68. Ons Heer! Gee aan hulle ’n dubbele straf, en vervloek hulle met ’n vreeslike vloek.

Afdeling 9: ’n Vermaning vir die gelowiges

33:69. O julle gelowiges! Wees nie soos húlle wat Moses vererg het nie; Allah het hom egter vryge spreek van wat hulle gesê het. En hy was in aansien by Allah.
33:70. O julle gelowiges! Kom julle plig teenoor Allah na, en spreek die reine waarheid.
33:71. Hy sal julle werke vir julle goed maak, en julle sondes vergewe. En wie Allah en Sy Boodskapper gehoorsaam, het inderdaad ’n groot oorwinning behaal.
33:72. Voorwaar, Ons het vertroue aan die hemele en die aarde en die berge aangebied, maar hulle het geweier om daaraan getrou te wees, en daarvoor gevrees; maar die mens het dit op hom geneem. Voorwaar, hy is altyd onregverdig, onwetend;
33:73. gevolglik sal Allah die manlike en die vroulike huigelaars, en die heidene en die heidinne, straf. En Allah sal Hom met barmhartigheid tot die gelowige mans en die gelowige vroue wend. Allah is Vergewensgesind, Genadevol.

Hoofstuk 34: Skeba

Afdeling 1: Die Godsoordeel is seker

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

34:1. Die lof kom Allah toe, aan Wie alles behoort wat in die hemele en op die aarde is, en aan Hom behoort die lof in die Hiernamaals. En Hy is die Allerwyse, die Allesbewuste.
34:2. Hy weet wat alles die aarde binnegaan en wat alles daaruit kom, en wat van die hemel afdaal en wat daarnatoe opstyg. En Hy is die Barmhartige, die Vergewensgesinde.
34:3. En die ongelowiges sê: Die Uur sal nooit oor ons kom nie. Sê: Ja, by my Heer, die Kennisdraer van die Onsigbare, dit sal beslis oor julle kom! Selfs die gewig van ’n greintjie in die hemele of op die aarde, ontgaan hom nie ~ ook nie van iets kleiner of groter as dit nie ~ of dit staan in ’n duidelike boek,
34:4. sodat Hy diegene wat glo en goeddoen, kan beloon. Vir hulle is daar vergifnis en ’n eer volle onderhoud.
34:5. En hulle wat hard strewe om Ons tekens te bestry, vir hulle is daar ’n pynlike straf van ’n slegte soort.
34:6. En hulle aan wie kennis gegee is, sien dat dit die Waarheid is wat van hulle Heer geopenbaar is, en dat dit lei na die pad van die Almagtige, die Lofwaardige.
34:7. En die ongelowiges sê: Sal ons julle na ’n man bring wat julle sal vertel dat wanneer julle deur bederf uiteen sal val, julle weer opnuut geskape sal word?
34:8. Het hy ’n leuen teen Allah versin, of is daar kranksinnig heid in hom? Nee, hulle wat nie in die Hiernamaals glo nie, sal onder die straf ly en is reeds vér afgedwaal.
34:9. Sien hulle dan nie wat vóór hulle en wat agter hulle lê van die hemel en die aarde nie? As dit Ons behaag het, kon Ons hulle op aarde verneder of ’n gedeelte van die hemel op hulle laat neerkom het. Hierin is waarlik ’n teken vir elke dienaar wat hom tot Allah wend.

Afdeling 2: Gunste word gevolg deur straf vanweë ondankbaarheid

34:10. En voorwaar, Ons het van Ons oorvloed aan Dawid geskenk, en gesê: O jul berge, en, o jul voëls! Verheerlik Allah saam met hom! En Ons het die yster vir hom saggemaak,
34:11. en gesê: Maak voldoende pantsers, en stel ’n tyd vas om die pantsers in te maak, en ver rig goeie werke. Waarlik, Ek is die Siener van wat julle doen.
34:12. En Ons het die wind aan Salomo diensbaar gemaak; dit het ’n maand se reis in die aand afgelê; en Ons het ’n bron van gesmelte koper vir hom laat vloei. En van die djien was daar diegene wat op bevel van sy Heer onder hom gewerk het. En wie van hulle ook al van Ons gebod afgewyk het, het Ons die straf van verbranding laat ondergaan.
34:13. Hulle het vir hom gemaak net wat hy verlang het, soos sinago ges en beelde, en komme ~ soos groot reservoirs ~ en onbe weeglike kookpotte. O Huis van Dawid! Betuig dankbaarheid! ~ En baie min van My dienaars is ooit dankbaar.
34:14. Maar toe Ons sy dood bepaal het, het niemand van hulle sy dood besef nie, voordat ’n diertjie van die aarde nie sy staf opgeknaag het nie. Maar toe dit neerval, het die djien duidelik gesien dat as hulle die Onsigbare geken het, hulle nie die vernederende foltering sou ondergaan het nie.
34:15. Daar was sekerlik ’n teken vir Skeba in hulle woonplek: twee tuine aan die regterkant en aan die linkerkant. Daar is gesê: Eet van die spyse van julle Heer en wees Hom dankbaar. ’n Goeie land en ’n Vergewende Heer.
34:16. Maar hulle het weggedraai; daarom het Ons ’n geweldige vloed oor hulle gestuur, en Ons het hulle tuine verander in tuine wat bitter vrugte oplewer, en daarin groei baie tamariske en min lotusbome.
34:17. Daarmee het Ons hulle vergeld vir hulle ondankbaarheid; en Ons straf niemand nie behalwe die ondankbares.
34:18. En Ons het tussen hulle en die stede wat Ons geseën het, ander stede gemaak, wat maklik gesien kon word; en Ons het die reis daarin maklik gemaak: Reis by nag en by dag veilig daardeur.
34:19. Maar hulle het gesê: Ons Heer! Maak die skofte op ons reise langer. En hulle het hulself onreg aangedoen, daarom het Ons van hulle ’n legende gemaak en Ons het hulle totaal verstrooi. Daarin is sekerlik tekens vir elke geduldige, dank bare persoon.
34:20. En die duiwel het inderdaad die waarheid van sy mening oor hulle bewys; daarom volg hulle hom, behalwe ’n deel van die ware gelowiges.
34:21. En hy het geen gesag oor hulle nie, maar dis net dat Ons hom wat in die Hiernamaals glo, kan uitken van hom wat daaraan twyfel. En u Heer is die Bewaarder van alle dinge.

Afdeling 3: ’n Oorwinning vir die Moesliems

34:22. Sê: Roep diegene aan van wie julle beweer dat hulle gode buiten Allah is. Hulle besit selfs geen mag oor die gewig van ’n greintjie in die hemele of op die aarde nie; nóg het hulle ’n aan deel aan een van die twee, nóg het hy ’n enkele helper onder hulle.
34:23. En geen voorspraak geld by Hom nie, behalwe vir diegene vir wie Hy dit toelaat. Wanneer die vrees van hulle weggeneem word, sê hulle: Wat is dit wat julle Heer gesê het? Hulle sal antwoord: Die Waarheid. En Hy is die Allerhoogste, die Grote.
34:24. Sê: Wie gee aan julle ’n lewensonderhoud van die hemele en die aarde? Sê: Allah. En waarlik, een van ons groepe is op die regte pad, en die ander is verdwaal.
34:25. Sê: Julle sal nie ondervra word oor ons misdade nie, nóg sal ons ondervra word oor júlle dade.
34:26. Sê: Ons Heer sal ons almal byeenbring, dan sal Hy in waarheid tussen ons oordeel. En Hy is die Beste Regter, die Alleswetende.
34:27. Sê: Wys my diegene wat julle as geselle met Hom gelykstel! Nee, Hy is Allah, die Allermagtige, die Allerwyse.
34:28. En Ons het u nie anders gestuur nie, behalwe as ’n draer van blye tyding en as ’n waarskuwer vir die hele mensdom; maar die meeste mense weet dit nie.
34:29. En hulle sê: Wanneer sal hierdie belofte vervul word, indien julle opreg is?
34:30. Daar is vir julle ’n vasgestelde Dag wat julle nie eens ’n uur langer kan uitstel nie, ook kan julle dit nie verhaas nie.

Afdeling 4: Die leiers van die sonde

34:31. En die ongelowiges sê: Ons glo nie in hierdie Qur’ãn nie, ook nie in dít wat dit voorafgegaan het nie. En kon u maar sien wanneer die kwaaddoeners voor hulle Heer versamel word, hoe hulle die skuld op mekaar sal pak! Diegene wat as swak beskou is, sal tot die hoog moediges sê: Was dit nie deur julle nie, sou ons ook gelowiges gewees het.
34:32. En die hoogmoediges sal aan hulle wat as swak beskou is, sê: Het ons julle van die leiding afgekeer nadat dit tot julle gekom het? Nee, julle dra self die skuld daarvan.
34:33. En die swakkes sal aan die hoogmoediges sê: Nee, dis deur julle listige planne, wat julle dag en nag beraam het, om ons nie in Allah te laat glo nie en om gelykes naas Hom te stel. En hulle sal berou toon wanneer hulle die sraf sien. En om die nekke van die ongelowiges sal Ons kettings bind. Hulle sal slegs vergeld word vir wat hulle gedoen het.
34:34. En nog nooit het Ons ’n waarskuwer na ’n stad gestuur nie, of die welgesteldes daarin het gesê: Ons glo nie in dít waarmee julle gestuur is nie.
34:35. En hulle sê: Ons het baie ryk dom en kinders; ons kan nie gestraf word nie.
34:36. Sê: Waarlik, my Heer vergroot en verklein die lewensonder houd vir wie Hy wil; maar die meeste mense weet dit nie.

Afdeling 5: Rykdom is geen teken van grootheid nie

34:37. En dit is nie julle rykdom of julle kinders wat julle ’n aaansien in Ons oë gee nie; maar hulle wat glo en goeie werke doen, sal ’n dubbele beloning ontvang vir wat hulle doen, en hulle sal veilig wees in die hoogste plekke.
34:38. En hulle wat probeer om Ons tekens kragteloos te maak, oor hulle sal die straf gebring word.
34:39. Sê: Waarlik, my Heer vergroot die lewensonderhoud vir wie van Sy dienaars Hy wil; net so verminder Hy dit ook. Wat julle ook al goed bestee, Hy sal julle as beloning daarvoor nog meer gee. Hy is die Beste Voor siener.
34:40. En op die Dag wanneer Hy almal bymekaar sal maak, sal Hy aan die engele sê: Het hulle júlle aanbid?
34:41. Hulle sal sê: Heilig is U! U is ons Beskermende Vriend, nie hulle nie. Nee, hulle het die djien aanbid; in hom het die meeste van hulle geglo.
34:42. Op daardie Dag sal die een vir die ander geen voor- of nadeel kan bewerk nie. En Ons sal aan hulle wat kwaad gedoen het, sê: Ondergaan die straf van die Vuur wat julle verloën het!
34:43. En wanneer Ons duidelike tekens aan hulle voorgedra word, sê hulle: Dit is niemand anders nie as ’n man wat probeer om julle weg te keer van wat julle vaders aanbid het. En hulle sê: Dit is niks anders nie as ’n leuen wat versin is nie! En die ongelowiges sê van die Waarheid wanneer dit tot hulle kom: Dit is niks anders nie as openlike towerkuns!
34:44. En Ons het vir hulle geen Boek gegee om te bestudeer nie, en ook het Ons vóór u geen waar skuwer na hulle gestuur nie.
34:45. En diegene vóór hulle het die Waarheid verloën ~ en tog het hulle nog nie eens ’n tiende bereik van wat Ons aan hulle gegee het nie ~ maar hulle het My boodskappers tot leuenaars gemaak. Hoe vreeslik was My afkeur nie! Afdeling : Die Waarheid sal voorspoedig wees
34:46. Sê: Ek raai julle aan om slegs één ding te doen: dat julle in pare én een vir een, ter wille van Allah, opstaan en gaan nadink! Daar is geen kranksinnigheid in julle metgesel nie. Hy is vir julle slegs ’n waarskuwer voordat ’n streng straf kom.
34:47. Sê: Watter loon ek ook van julle vra, dit is slegs om júlle onthalwe. My beloning is by Allah; en Hy is Getuie van alle dinge.
34:48. Sê: Waarlik, my Heer versprei die Waarheid. Hy is die Kenner van die Onsigbare.
34:49. Sê: Die waarheid het gekom en die leuen sal nie meer ontstaan of terugkeer nie.
34:50. Sê: As ek dwaal, dan dwaal ek slegs tot my eie verlies; en indien ek reg gelei word, dan is dit deur wat my Heer aan my geopenbaar het. Voorwaar, Hy is die Alleshorende, die Naby synde.
34:51. En kon u maaar sien wanneer hulle verskrik sal word! Daar sal geen ontvlugting moontlik wees wanneer hulle van naby gegryp word nie.
34:52. En hulle sal sê: Ons glo daarin. En hoe kan hulle tot bekering kom van uit ’n afgeleë plek?
34:53. En waarlik, hulle het vantevore nie daarin geglo nie, en hulle uiter gissings omtrent die Onsig bare uit ’n afgeleë plek.
34:54. En daar is ’n versperring ge plaas tussen hulle en wat hulle verlang, soos ook voorheen die geval was met ander soos hulle. Hulle verkeer inderdaaad in ’n verontrustende twyfel.

Hoofstuk 35: Die Skepper

Afdeling 1: Goddelike Gunste

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

35:1. Alle lof kom Allah toe, die Skepper van die hemele en die aarde, wat van die engele boodskappers gemaak het met twee, drie en vier vlerke. Hy vermeerder in die skepping wat Hy wil. Waarlik, Allah het mag oor alle dinge.
35:2. Wat Allah uit barmhartigheid aan die mens skenk, kan deur niemand teruggehou word nie; en wat Hy terughou, kan deur niemand geskenk word nie. Hy is die Allermagtige, die Allerwyse.
35:3. O mensdom! Dink aan die gunste wat Allah julle bewys het. Is daar ’n ander skepper wat julle van die hemel en uit die aarde ’n lewensonderhoud skenk? Daar is geen god nie buiten Hom. Waarom het julle dan afgedwaal?
35:4. En as hulle u verwerp, weet dan dat die boodskappers vóór u ook verwerp is. En tot Allah word alles teruggebring.
35:5. O mensdom! Die beloftes van Allah is sekerlik waar; laat die lewe van hierdie wêreld julle daarom nie bedrieg nie. En laat die aartsbedrieër julle nie omtrent Allah bedrieg nie.
35:6. Voorwaar, die duiwel is julle vyand, daarom moet julle hom ook as ’n vyand beskou. Hy nooi slegs sy metgeselle om bewoners van die Brandende Vuur te word.
35:7. Daar is ’n streng straf vir die ongelowiges. Maar daar is ver gifnis en ’n groot beloning vir hulle wat glo en goeie werke doen.

Afdeling 2: Die Waarheid sal seëvier

35:8. Is hy wie se slegte dade vir hom skoonskynend gemaak is, dan so bedorwe dat hy dit as goed beskou? Sekerlik, Allah laat dwaal wie Hy wil en Hy lei wie Hy wil. Waarlik, Allah is die Kennisdraer van wat julle doen.
35:9. Dit is Allah wat die winde stuur om wolke op te jaag, dit na ’n dooie land aandryf en daarmee lewe gee aan die aarde ná haar dood. Net so is die Opstanding.
35:10. Wie na mag verlang, moet weet dat die mag aan Allah behoort. Tot Hom styg die goeie woorde; en die goeie daad, dit verhef Hy. En dié wat slegte dade beplan, vir hulle is daar ’n streng straf. En hul planne sal misluk.
35:11. En Allah het julle uit stof geskape, daarna uit ’n sperm waarna Hy julle tot pare gemaak het. En geen vrou word swanger of bring voort sonder Sy kennis nie. En geen langlewende persoon se lewe word verleng nie, nóg word ’n deel van sy lewe ingekort, of dit is in ’n boek opgeteken. Voorwaar, dit is maklik vir Allah.
35:12. En die twee seë is nie eenders nie: die een soet, baie soet, aangenaam om van te drink; en die ander sout, bitter. Tog, van beide eet julle vars vleis en kry ornamente daaruit, wat julle dra. En julle sien hoe die skepe dit bevaar sodat julle van Sy oorvloed mag soek, en sodat julle dankbaar kan wees.
35:13. Dit is Hy wat die nag in dag verander, en die dag in nag, en Hy het die son en die maan in diens gestel: elkeen volg sy baan vir ’n vasgestelde termyn. So is Allah, julle Here; aan Hom behoort die Koninkryk. En hulle wat julle buiten Hom aanroep, besit selfs nie eens ’n wit stippel van ’n dadelpit nie.
35:14. As julle hulle aanroep, sal hulle julle geroep nie hoor nie; en indien hulle gehoor het, sal hulle julle tog nie kan antwoord nie. En op die Opstandingsdag sal hulle julle vereenselwiging van hulle met Allah ontken. En niemand kan julle soos die Allerbewuste inlig nie.

Afdeling 3: ’n Nuwe geslag sal verwek word

35:15. O mensdom! Dit is júlle wat van Allah afhanklik is; Allah is die Onafhanklike, die Lofwaardige.
35:16. As Hy wil, kan Hy julle weg neem en ’n nuwe skepping voortbring.
35:17. Dít is vir Allah nie moeilik nie.
35:18. En geen lasdraende siel kan die las van ’n ander dra nie. En indien iemand wat swaar belaai is, ’n ander roep om sy las te dra, sal niks daarvan gedra word nie, selfs al is hy ’n bloed verwant. U kan slegs húlle waarsku wat hulle Heer in die geheim vrees en die gebed onderhou. En wie homself reinig, reinig hom vir sy eie ontwil. En tot Allah is die uiteindelike terugkeer.
35:19. En die blinde en die siende is nie eenders nie;
35:20. ook is die duisternis nie soos die lig nie;
35:21. en die skadu is nie die hitte nie.
35:22. Nóg is die lewende gelyk aan die dooie. Voorwaar, Allah laat hoor wie Hy wil, maar u kan hulle wat in die grafte is, nie laat hoor nie.
35:23. U is slegs ’n waarskuwer.
35:24. Voorwaar, Ons het u met die Waarheid gestuur, as ’n draer van blye tyding en as ’n waar skuwer. En daar is nie ’n volk onder wie ’n waarskuwer nie verskyn het nie.
35:25. En as hulle u verloën, dan het diegene vóór hulle ook verloën ~ hulle boodskappers het met duidelike bewyse en met Geskrifte en met ’n liggewende Boek by hulle gekom.
35:26. Maar Ek het die ongelowiges vasgegryp. En hoe vreeslik was My afkeuring nie!

Afdeling 4: Die Uitverkorenes

35:27. Sien u nie dat Allah water uit die wolke afstuur en dat Ons daardeur vrugte van verskillen de kleure voortbring nie? En in die berge is strale, wit en rooi, van verskillende tinte, en party selfs pikswart.
35:28. En net so is daar ook mense, beeste en vee van verskillende kleure. Alleen Sy dienaars wat kennis besit, vrees Allah. Voorwaar, Allah is Almagtig, Vergewensgesind.
35:29. Waarlik, hulle wat die Boek van Allah voordra en die gebed onderhou en heimlik of openlik bestee van wat Ons aan hulle geskenk het, hoop op winste wat nooit sal vergaan nie;
35:30. sodat Hy hulle beloning ten volle kan terugbetaal, en hulle meer uit Sy oorvloed kan gee. Hy is sekerlik Vergewens gesind, Vermenigvuldiger van beloning.
35:31. En wat Ons u van die Boek geopenbaar het, is die waarheid, en bevestig wat reeds voorheen geopenbaar is. Waarlik, Allah is Allerbewus, Siener van Sy dienaars.
35:32. Ons het die Boek as erfdeel gegee aan die uitverkorenes onder Ons dienaars. En onder hulle is daar een wat homself ’n onreg aandoen, en nog een wat ’n middeweg volg, en ’n ander wat met die toestemming van Allah vooruitstrewend is in goeie dade. Dít is die groot Genade.
35:33. Tuine van Ewigheid sal hulle binnegaan; daarin sal hulle met goue armbande en pêrels getooi word; en hulle kleding daarin sal van sy wees.
35:34. En hulle sal sê: Alle lof kom Allah toe, wat die droefheid van ons af weggeneem het! Ons Heer is waarlik Vergewens gesind, Vermenigvuldiger van beloning,
35:35. wat ons deur Sy goedertieren heid in die Huis van Ewigheid toegelaat het; daarin raak geen las ons aan nie, nóg kwel die moegheid ons.
35:36. En wat die ongelowiges betref, vir hulle is daar die Vuur van die Hel. Geen tydperk is vasge stel, sodat hulle daarná kan sterf nie, en die straf word vir hulle ook nie verminder nie. Want so vergeld Ons elke ondankbare skepsel.
35:37. En hulle sal daarin skreeu om hulp: Ons Heer! Haal ons uit! Ons sal hierdie keer beter werke doen as wat ons vroeër gedoen het! Het Ons julle nie ’n lewe gegee, lank genoeg vir hom wat wou onthou, om dit te doen nie? En ’n waarskuwer hét na julle gekom. Ondergaan dan die straf, want vir die boosdoeners is daar geen helper nie.

Afdeling 5: Straf is te wyte aan slegte dade

35:38. Voorwaar, Allah is die Kenner van die geheime van die hemele en die aarde. Waarlik, Hy is die Kenner van wat in die harte is.
35:39. Dit is Hy wat julle as opvolgers op die aarde aangestel het. Hy wat nie glo nie, sy ongeloof sal teen homself wees. En die ongeloof van die ongelowiges verwek slegs weersin in die oë van hulle Heer.
35:40. Sê: Het julle jul deelgenote gesien wat julle buiten Allah aanroep? Wys my watter deel van die aarde hulle geskep het! Of het hulle ’n aandeel aan die hemele? Of het Ons hulle ’n Boek gegee sodat hulle die duidelike riglyne daarvan kan volg? Nee, die boosdoeners belowe mekaar slegs bedrog.
35:41. Voorwaar, Allah hou die hemele en die aarde in stand sodat dit nie vergaan nie. En indien hulle vergaan, sal niemand buiten Hom hulle bymekaar kan hou nie. Voorwaar, Hy is Verdraagsaam, Vergewensgesind.
35:42. En hulle sweer by Allah hulle sterkste eed, dat as ’n waar skuwer na hulle gekom het, hulle beter as ander volke gelei sou gewees het. Maar toe ’n waarskuwer na hulle gekom het, het dit hulle slegs in afkeer laat toeneem,
35:43. hulle gedrag op aarde slegs aanmatiger laat word, en bose planne laat beraam. En die slegte plan omring niemand anders as die deelgenote daar aan nie. Kan hulle dan iets anders as die handelwyse van die vroeëre volke verwag? Maar u sal geen verandering in die handelwyse van Allah vind nie.
35:44. Het hulle nie op die aarde gereis en gesien wat die einde was van diegene wat vóór hulle gelewe het nie? En daardie mense was selfs magtiger as dié wat vandag lewe. Dit kom Allah nie te pas dat enigiets in die hemel of op die aarde Hom kan ontgaan nie. Voorwaar, Hy is die Alleswetende, die Allermagtige.
35:45. En indien Allah die mense sou straf vir wat hulle verdien, sou Hy geen skepsel op die opper vlak van die aarde agterlaat nie. Maar Hy skenk hulle uitstel tot op ’n vasgestelde tyd. Wanneer hulle verdoemenis kom, dan is Allah waarlik die Siener van Sy dienaars.

Hoofstuk 36: Jaasien

Afdeling 1: Waarheid van die Qur’ãn

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

36:1. Jaasien. {Allegoriese letters!}
36:2. By die Qur’ãn, vol van wysheid!
36:3. U is inderdaad een van die boodskappers,
36:4. en op die regte pad.
36:5. ’n Openbaring van die Almagtige, die Genadevolle: dat ’n volk daarmee mag waar sku, wie se vaders nie gewaarsku is nie, en wat dus agtelosig is.
36:7. Die woord is reeds bewaarheid ten opsigte van die meeste van hulle; dus glo hulle nie.
36:8. Ons het sekerlik kettings om hulle nekke gesit wat tot aan hulle ken reik, sodat hulle hoofde omhoog gehef bly,
36:9. en Ons het ’n verskansing voor hulle en ’n verskansing agter hulle geplaas; so het Ons hulle dan omsluier, sodat hulle nie kan sien nie.
36:10. Dit is vir hulle om‘t ewe of u hulle waarsku of nie waarsku nie; hulle wíl nie glo nie.
36:11. U kan slegs hóm waarsku wat die Vermaning volg en die Barmhar tige in die verborgene vrees; bring hom dan ’n blye tyding van vergifnis en ’n eervolle beloning.
36:12. Voorwaar, dit is Ons wat die dooies laat herlewe, en Ons laat opteken wat hulle vooruitstuur, en ook hulle voetspore; en Ons boekstaaf alles in ’n duidelike verslagboek.

Afdeling 2: Die bevestiging van die Waarheid

36:13. Gee aan hulle die gelykenis van die Bewoners van die Stad toe die apostels daar aangekom het.
36:14. Toe Ons twee apostels na hulle gestuur het, het hulle albei verloën; daarna het Ons hulle met ’n derde versterk en hulle het gesê: Waarlik, ons is na julle gestuur.
36:15. Hulle het geantwoord: Julle is maar net sulke sterflinge soos ons, en die Barmhartige het niks aan julle geopenbaar nie; julle lieg net.
36:16. Hulle het gesê: Ons Heer weet dat ons waarlik na julle gestuur is.
36:17. En dit is slegs ons plig om die boodskap duidelik af te lewer.
36:18. Die volk het gesê: Waarlik, ons voorspel kwaad van julle. As julle nie ophou nie, sal ons julle gewis stenig, en ’n pynlike straf van ons sal julle sekerlik tref.
36:19. Hulle het gesê: Julle teenspoed is met julle. Is dit omdat julle vermaan word? Nee julle is ’n volk wat oortree.
36:20. En van die verste uithoek van die stad het ’n man aangehardloop gekom. Hy het gesê: O my volk! Volg die apostels;
36:21. volg hom wat geen beloning van julle vra nie. Hulle is op die regte pad.
36:22. En watter rede het ek om Hom wat my geskape het en tot wie julle teruggebring sal word, nie te aanbid nie?
36:23. Sal ek dan buiten Hom gode aanneem wie se bemiddeling, indien die Barmhartige sou wens om my te benadeel, my niks sal baat nie, en wat my nie sal kan verlos nie?
36:24. Dan sal ek inderdaad in openlike dwaling verkeer.
36:25. Waarlik, ek glo in julle Heer; luister daarom na my.
36:26. Daar is gesê: Gaan die Paradys binne. Hy het gesê: Het my volk maar geweet
36:27. hoe my Heer my vergewe en my een van die geëerdes gemaak het!
36:28. En Ons het ná hom nie ’n leërskare uit die hemel na sy volk gestuur nie; Ons stuur dit trouens nooit.
36:29. Dit was slegs een enkele kreet, en kyk! hulle was stil.
36:30. Wee die dienaars! Nooit kom daar ’n boodskapper nie, of hulle tart hom uit.
36:31. Merk hulle dan nie hoeveel geslagte Ons reeds vóór hulle vernietig het nie, geslagte wat nie tot hulle teruggekeer het nie?
36:32. En almal ~ ja, waarlik, álmal ~ sal voor Ons gebring word.

Afdeling 3: Die tekens van die Waarheid

36:33. En die dorre aarde is vir hulle ’n teken: Ons laat dit herlewe en bring graan daaruit voort, sodat hulle daarvan kan eet.
36:34. En Ons het tuine met dadelpalms en druiwe daarin aangelê, en Ons laat fonteine daarin ontspring,
36:35. sodat hulle van die vrugte daarvan kan eet. Húlle hande het dit nie gemaak nie. Sal hulle dan nie dank betuig nie?
36:36. Eer kom Hom toe wat alles wat op die aarde groei, in pare geskape het, en húlle ook; en selfs ook dít waarvan hulle nie weet nie.
36:37. En die nag is vir hulle ’n teken: Ons neem die dag daarvan weg, en kyk! hulle verkeer in duister nis;
36:38. en die son beweeg voort na haar bestemming. Hierdie dinge is die verordeninge van die Allermagtige, die Alleswetende.
36:39. En vir die maan het Ons kwartiere bepaal, totdat sy soos ’n verdorde palmboomtak sal word.
36:40. Die son mag die maan nie inhaal nie, en ook kan die nag die dag nie verbystrewe nie. En almal sweef in ’n bepaalde baan.
36:41. En ’n teken vir hulle is dat Ons hulle nageslag in die belaaide skip laat klim.
36:42. En Ons het vir hulle nog meer soortgelyke skepe gegee, waarop hulle sal vaar.
36:43. En as Ons wil, kan Ons hulle laat verdrink; dan sal daar geen helper vir hulle wees nie, ook sal hulle nie gered word nie ~
36:44. behalwe deur Ons genade, en as vermaak vir ’n bepaalde tyd.
36:45. En wanneer dit aan hulle gesê word: Waak teen dít wat vóór julle is en teen dít wat agter julle is, sodat barmhartigheid aan julle betoon kan word.
36:46. Maar geen teken van hul Heer bereik hulle nie, of hulle draai hulle daarvan weg.
36:47. En wanneer aan hulle gesê word: Bestee van wat Allah aan julle geskenk het, dan sê die ongelowiges aan die gelowiges: Sal ons hom voed wat, indien Allah wou, homself kon gevoed het? Julle verkeer slegs in dwaling.
36:48. En hulle sê: Wanneer sal hierdie belofte vervul word, indien julle opreg is?
36:49. Hulle wag slegs op ’n plotselinge straf wat oor hulle sal kom terwyl hulle nog aan die stry is.
36:50. Daarom sal hulle nie in staat wees om nog ’n testament te maak nie, ook sal hulle na hul families nie terugkeer nie.

Afdeling 4: Loon en straf

36:51. En die basuin sal geblaas word, en kyk! vanuit hul grafte sal hulle na hul Heer aangesnel kom.
36:52. Hulle sal sê: Wee ons! Wie het ons uit ons slaap gewek? Dít is wat die Barmhartige belowe het, en die boodskappers het die waarheid gespreek.
36:53. Daar sal slegs ’n enkele kreet wees, en kyk! hulle sal voor Ons gebring word.
36:54. Op hierdie Dag dan sal geen siel enige onreg aangedoen word nie; en julle sal vir niks beloon word nie, behalwe vir jul dade.
36:55. Voorwaar, op dié Dag sal die bewoners van die Hemel geluk kig aan die werk wees.
36:56. Hulle en hul eggenotes sal hul in die skadu op verhoogde sofa’s neervly.
36:57. Hulle sal vrugte daarin hê, en wat hulle ook al verlang, hulle sal dit ontvang.
36:58. Vrede! ’n Woord van die Gena devolle Heer.
36:59. En hou julle eenkant op hierdie Dag, o julle misdadigers!
36:60. Het Ek julle nie gelas nie, o Kinders van Adam, dat julle die duiwel nie moet dien nie? ~ waarlik, hy is jul openlike vyand ~
36:61. en dat julle My moet dien? Dit was die regte weg.
36:62. En tog het hy ’n groot gedeelte van julle laat verdwaal. Kon julle dit dan nie verstaan nie?
36:63. Dít is die Hel wat aan julle belowe is.
36:64. Gaan dit Vandag binne, omdat julle ongelowig was
36:65. Op dié Dag sal Ons hulle monde verseël, maar hulle hande sal met ons praat, en hulle voete sal getuienis aflê van alles wat hulle verdien het.
36:66. En as Ons wou, sou Ons hulle oë uitgehaal het, dan sou hulle strewe om eerste oor die weg te kom, maar hoe sou hulle sien?
36:67. En as Ons wou, sou Ons hulle in hul plekke van gedaante laat verwissel het, dan sou hulle nie in staat wees om vorentoe of agtertoe te gaan nie.

Afdeling 5: Die Herr ysenis

36:68. En hy aan wie Ons ook ’n lang lewe gee, hom laat Ons ook afneem aan lewenskrag. Wil hulle dan nie verstaan nie?
36:69. En Ons het hom {Die Profeet} nie in die digkuns onderrig nie; dit pas hom ook nie. Dit is niks anders nie as ’n vermaning, en ’n duide like Qur’ãn,
36:70. om die lewendes te waarsku en sodat die woord teen die ongelowiges bewaarheid kan word.
36:71. Sien hulle dan nie dat ons met Ons hande vir hulle vee geskape het nie, waaroor hulle baas is?
36:72. En Ons het dit aan hulle diensbaar gemaak, sodat hulle op party kan ry en van sommige kan eet.
36:73. Hulle trek voordeel daaruit en dit gee hulle ook iets om te drink. Sal hulle dan nie dank betuig nie?
36:74. Hulle aanbid gode buiten Allah en hoop dat dit hulle sal help.
36:75. Hierdie dinge kan hulle nie help nie, en hulle sal as ’n skare teen hulle ingeroep word.
36:76. Moenie dat hulle praatjies u verontrus nie. Voorwaar, Ons weet wat hulle in die geheim doen, en wat hulle openlik doen.
36:77. Sien die mens nie dat Ons hom uit ’n sperm geskape het nie? Maar kyk! hy is ’n openlike twissoeker.
36:78. En hy stel ’n gelykenis teenoor Ons, en vergeet sy eie ontstaan. Hy sê: Wie kan die beendere laat herlewe as hulle vergaan het?
36:79. Sê: Hy wat die eerste maal lewe aan hulle gegee het, sal hulle laat herlewe; en Hy is die Kenner van die hele skepping,
36:80. Hy wat vir julle uit die groen boom vuur verwek, sodat julle dit kan aanwend.
36:81. Is Hy wat die hemele en die aarde geskape het, dan nie in staat om die gelyke daarvan te skep nie? Ja! En Hy is die Skepper van alles, die Alles wetende.
36:82. Voorwaar, wanneer Hy Hom iets voorneem, is Sy gebod slegs: Wees! En dit word.
36:83. Eer Hom dus, in Wie se hand die Koninkryk van alle dinge is! Tot Hom sal julle teruggebring word.

Hoofstuk 37: Hulle Wie In Rye Georden Is

Afdeling 1: Die Eenheid sal seëvier

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

37:1. By hulle wat hul in rye georden is,
37:2. en hulle wat hul in bedwang hou,
37:3. en hulle wat die Vermaning voordra,
37:4. julle God is waarlik EEN.
37:5. Die Heer van die hemele en die aarde en wat daartussen is, en die Heer van die lande in die Ooste.
37:6. Waarlik, Ons het vir die nader hemel sterre as versiersels gegee.
37:7. En daar is beskerming teen elke opstandige duiwel.
37:8. Hulle kan nie na die verhewe byeenkoms luister nie, en hulle sal van alle kante berispe word,
37:9. en verdryf; en vir hulle is daar ’n aanhoudende straf,
37:10. behalwe vir hom wat slegs een maal wegsteel, agter hom volg daar ’n helderskynende Vlam.
37:11. Vra die ongelowiges of hulle moeiliker is om te skep as ander. Ons het tog almal van ferm klei geskape.
37:12. Nee, u verwonder u, terwyl hulle spot;
37:13. en wanneer hulle vermaan word, steur hulle hul nie daaraan nie;
37:14. en wanneer hulle ’n teken sien, spot hulle daarmee,
37:15. en sê: Dit is niks anders nie dan duidelike towerkuns.
37:16. Wanneer ons dood is en stof en beendere geword het, sal ons dan opgewek word,
37:17. en so ook ons vaders?
37:18. Sê: Ja, en julle sal verneder word.
37:19. Daar sal slegs een oproep wees, en kyk! hulle sal sien.
37:20. En hulle sal sê: Wee ons! Dit is die Dag van Oordeel!
37:21. Allah sal sê: Dít is die Dag van Beslissing wat julle verloën het.

Afdeling 2: Die Oordeel

37:22. Versamel bymekaar almal wat kwaad gedoen het, en hulle geselle, en wat hulle,
37:23. buiten Allah, aanbid het, en lei hulle dan op die pad na die Hel.
37:24. En laat hulle stilstaan, want hulle sal ondervra word:
37:25. Waarom het julle mekaar dan nie gehelp nie?
37:26. Nee, op daardie Dag sal hulle onderdanig wees.
37:27. En sommige van hulle sal hulle na ander wend, en mekaar beurtelings ondervra,
37:28. en sê: Voorwaar, julle het dikwels vanaf die regterkant na ons gekom.
37:29. Hulle sal antwoord: Nee, julle self was nie gelowiges nie.
37:30. En ons het geen gesag oor julle gehad nie, maar julle was ’n oortredende volk.
37:31. So het die woord van ons Heer teen ons waar geword; ons sal sekerlik die straf ondergaan.
37:32. Ons het julle verlei, want ons was self in dwaling.
37:33. Daardie Dag dan sal hulle deel genote wees in die straf,
37:34. want so handel Ons met die misdadigers.
37:35. Hulle was voorwaar aanmatigend toe dit aan hulle gesê is: Daar is geen god nie buiten Allah;
37:36. en het toe gesê: Sal ons ons gode ter wille van ’n waansinnige digter opgee?
37:37. Nee, hy het die Waarheid gebring en bevestig die boodskappers.
37:38. Julle sal die smartlike straf seker lik ondergaan.
37:39. En julle sal slegs vergeld word vir wat julle gedoen het ~
37:40. behalwe die dienaars van Allah, die gesuiwerdes.
37:41. Vir hulle is daar ’n bekende voorsiening:
37:42. Vrugte. En hulle word geëer
37:43. in Tuine van Genot,
37:44. op trone, teenoor mekaar.
37:45. ’n Beker sal tussen hulle rondgedeel word, gevul uit ’n borrelende fontein,
37:46. helderwit, smaaklik vir dié wat drink.
37:47. Dit neem die verstand nie weg nie, en veroorsaak ook nie vermoeidheid nie.
37:48. En naas hulle sal kuise vrouens wees van beskeie blik, met groot, pragtige oë,
37:49. net soos sorgvuldig bewaarde eiers.
37:50. Dan sal sommige van hulle hul na ander wend, en mekaar ondervra.
37:51. ’n Spreker onder hulle sal sê: Ek het waarlik ’n metgesel gehad
37:52. wat gesê het: Is u werklik ál een van diegene wat bevestig?
37:53. Wanneer ons dood is en stof en beendere geword het, sal ons dan vergeld word?
37:54. Hy sal sê: Sal julle kyk?
37:55. Toe het hy afgekyk en hom in die middel van die Hel gesien.
37:56. Hy sal sê: By Allah! U het my byna laat vergaan!
37:57. En was dit nie vir die guns van my Heer nie, sou ek onder húlle gewees het wat daar vertoef.
37:58. Sal ons nie sterwe nie ~
37:59. ná ons eerste dood? En sal ons nie gestraf word nie?
37:60. Voorwaar, dit is die hoogste sukses.
37:61. Laat die werkers dan vir die gelyke hiervan werk.
37:62. Is dít die beste, of is die boom van Zakkoem {Simbool van verderf} die beste?
37:63. Voorwaar, Ons het dit as ’n beproewing vir die boodskappers gemaak.
37:64. Dit is ’n boom wat in die bodem van die Hel groei;
37:65. Die trosse daarvan is soos die koppe van slange.
37:66. Hulle sal sekerlik daarvan eet, en hulle buik daarmee vul.
37:67. Dan sal hulle ’n drank van kokende water kry.
37:68. Daarna sal hulle terugkeer sekerlik na die Vlammende Vuur wees.
37:69. Hulle het waarlik gevind dat hul voorvaders dwaal,
37:70. maar het haastig op hul weë voortgegaan.
37:70. En baie van die ou volke vóór hulle het in dwaling verkeer.
37:72. En Ons het waarlik waarskuwers na hulle gestuur:
37:73. Kyk dan hoe was die einde van hulle wat gewaarsku is ~
37:74. behalwe die dienaars van Allah, die gesuiwerdes.

Afdeling 3: Noag en Abraham

37:75. En Noag het waarlik na Ons geroep. Maar wat ’n uitmunten de Beantwoorder van Gebede is Ons nie!
37:76. En Ons het hom en sy volk van die groot nood verlos;
37:77. en Ons het sy nakomelinge oorlewendes gemaak,
37:78. en vir hom lof onder die nageslagte nagelaat.
37:79. Vrede vir Noag onder die volke!
37:80. Want waarlik, so beloon Ons hulle wat goeie werke doen.
37:81. Hy was waarlik een van Ons gelowige dienaars.
37:82. Maar Ons het die ander laat verdrink.
37:83. En Abraham het waarlik tot sý party behoort.
37:84. Toe hy tot sy Heer gekom het met ’n geruste hart
37:85. en aan sy vader en sy volk gesê het: Wat aanbid julle?
37:86. Net ’n leuen! ~ Verlang julle na gode buiten Allah?
37:87. Wat dink julle van die Heer van die Wêrelde?
37:88. Toe het hy sy oë na die sterre opgeslaan,
37:89. en gesê: Ek is siek van julle gode.
37:90. Hulle het hom die rug toegekeer en weggegaan.
37:91. Toe het hy hom tot hulle gode gewend en gesê: Eet julle dan nie?
37:92. Wat makeer julle dan dat julle nie praat nie?
37:93. En hy het hom na hulle gewend en met die regterhand geslaan.
37:94. Hulle {Die Heidene} het haastig weer na hom gekom.
37:95. Hy het gesê: Aanbid julle dinge wat julle self uitgebeitel het?
37:96. En Alláh het julle geskape, én die werke van jul hande.
37:97. Hulle het gesê: Bou vir hom ’n gebou, en werp hom in die Vlammende Vuur!
37:98. En hulle het ’n komplot teen hom gesmee, maar Ons het hulle verneder.
37:99. En hy het gesê: Voorwaar, ek gaan na my Heer ~ Hý sal my lei.
37:100. My Heer! Skenk my ’n nakomeling wat regverdig sal wandel.
37:101. So het Ons hom dan die blye tyding van ’n verdraagsame seun gegee.
37:102. Maar toe dié mondig geword het, en saam met sy vader gewerk het, het hy gesê: O my seun! Ek het in ’n droom gesien dat ek u moet offer. Oorweeg dan my woorde. Hy het geant woord: O my vader! Doen soos u beveel word; u sal my ~ as dit Allah behaag ~ sekerlik geduldig vind.
37:103. Toe hulle hul dan albei onderwerp het, en hy hom plat op sy voorhoof neergelê het,
37:104. het Ons na hom geroep en gesê: O Abraham!
37:105. U het die bevel van u droom uitgevoer. Want só beloon Ons hulle wat goeddoen.
37:106. Dit was voorwaar ’n groot beproewing.
37:107. En Ons het hom deur ’n groot offer verlos.
37:108. En onder die nageslagte het Ons vir hom hierdie begroeting nage laat:
37:109. Vrede vir Abraham!
37:110. Want so beloon Ons diegene wat goeddoen.
37:111. Voorwaar, hy was een van Ons gelowige dienaars.
37:112. En Ons het hom die blye tyding aangaande Isak gegee: ’n Profeet, een van die regverdiges.
37:113. En Ons het hom en Isak geseën. En onder sy nageslag is sommige wat goeddoen, maar ander doen hulself openlik onreg aan.

Afdeling 4: Moses, Aäron, Elias en Lot

37:114. En Ons het inderdaad gunste aan Moses en Aäron bewys.
37:115. En hulle albei, asook hulle volk, het Ons uit groot nood gered.
37:116. En Ons het hulle gehelp, sodat hulle die oorwinnaars geword het.
37:117. En Ons het aan hulle albei ’n duidelike Boek gegee.
37:118. En Ons het hulle albei op die regte pad gelei.
37:119. En onder die nageslagte het Ons hulle hierdie begroeting nagelaat:
37:120. Vrede vir Moses en Aäron!
37:121. Want so beloon Ons diegene wat goeddoen.
37:122. Voorwaar, hulle was altwee onder Ons gelowige dienaars.
37:123. En Elias was ook een van die boodskappers.
37:124. Toe hy aan sy volk gesê het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie?
37:125. Roep julle Baäl aan en versaak julle die Beste Skepper:
37:126. Allah, julle Heer en die Heer van julle voorvaders?
37:127. Maar hulle het hom verloën, en sal daarom voorgebring word,
37:128. behalwe die dienaars van Allah, die gesuiwerdes.
37:129. En onder die nageslagte het Ons vir hom hierdie begroeting nagelaat:
37:130. Vrede vir Elias!
37:131. Want so beloon Ons hulle wat goeddoen.
37:132. Hy was waarlik een van Ons gelowige dienaars.
37:133. En Lot was voorwaar een van die boodskappers.
37:134. Toe Ons hom en sy familielede gered het ~
37:135. behalwe ’n ou vrou onder hulle wat agtergebly het ~
37:136. toe het Ons die ander vernietig.
37:137. En julle gaan hulle ou woon plekke sekerlik in die oggend verby,
37:138. en ook in die aand. Wíl julle dan nie verstaan nie?

Afdeling 5: Jona en die triomf van die Profeet

37:139. En Jona was waarlik een van die boodskappers.
37:140. Toe hy op die belaaide skip gevlug het,
37:141. en toe hulle lootjies getrek het en hy oorboord gegooi is,
37:142. toe het daar ’n groot vis gekom en hom in die mond geneem terwyl hy homself verwyt het.
37:143. Maar as dit nie was dat hy een van diegene was wat Ons verheerlik nie,
37:144. sou hy in die vis se buik gebly het tot op die Opstandingsdag.
37:145. Daarna het Ons hom op die kaal strand laat uitspoel, terwyl hy siek was.
37:146. En Ons het ’n kalbasplant vir hom laat groei.
37:147. En as boodskapper het Ons hom na ’n honderdduisend of meer mense gestuur.
37:148. En hulle het geglo; daarom het Ons voorsiening vir ’n tyd aan hulle geskenk.
37:149. Vra hulle nou of u Heer dogters het terwyl hulle seuns het?
37:150. Of het Ons die engele as vroulike wesens geskape, terwyl hulle toegesien het?
37:151. Dit is sekerlik hulle eie versinsel as hulle sê:
37:152. Allah het verwek. Maar hulle is leuenaars.
37:153. Het Hy dogters bo seuns vekies?
37:154. Wat makeer julle dan? Hoe oordeel julle?
37:155. Sal julle dan nie nadink nie?
37:156. Of het julle ’n duidelike gesag?
37:157. Bring dan julle Boek, indien julle opreg is.
37:158. En hulle beweer dat daar ’n verwantskap tussen Hom en die djien bestaan. En die djien weet voorwaar dat hulle voorgebring sal word om geoordeel te word ~
37:159. verhewe is Allah bo dít wat hulle beskryf! ~
37:160. maar nie die dienaars van Allah, die gesuiwerdes, nie.
37:161. Voorwaar, julle en wat julle aanbid,
37:162. teen Hom kan julle niemand opmaak nie,
37:163. behalwe hom wat in die Vlammende Vuur brand.
37:164. En daar is niemand onder ons gelowiges nie, of daar sal vir hom ’n plek aangewys word,
37:165. en ons is gewis in rye gerang skik,
37:166. en sekerlik veheerlik ons Hom.
37:167. En hulle het daaraan gewoond geraak om te sê:
37:168. As ons ’n vermaning van die volke van die ou tyd gehad het,
37:169. sou ons opregte dienaars van Allah gewees het.
37:170. Maar nou glo hulle nie daarin nie, daarom sal hulle dit weldra te wete kom.
37:171. En waarlik, Ons woord aan gaande Ons dienaars, die boodskappers, is reeds uitgespreek:
37:172. Hulle, ja waarlik, hulle sál gehelp word,
37:173. en Ons leërskare, waarlik, hulle sal triomfantlik wees.
37:174. Keer dan ’n tyd lank van hulle af,
37:175. en slaan hulle gade, want hulle sal ook sien.
37:176. Wou hulle dan Ons straf verhaas?
37:177. Maar wanneer dit op hulle land neerdaal, sal die oggend sleg wees vir hulle wat gewaarsku was.
37:178. Keer dan ’n tyd lank van hulle af,
37:179. en let op, want hulle sal ook sien.
37:180. Verhewe is u Heer, die Heer van Roem en Mag, bo dít wat hulle beskryf!
37:181. En vrede vir die boodskappers!
37:182. En alle lof behoort aan Allah, die Heer van die Wêrelde!

Hoofstuk 38: Sôd

Afdeling 1: Die vyand se nederlaag

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

38:1. Sôd. {Allegoriese letters!} By the Qur’ãn wat voor treflikheid besit!
38:2. Nee, die ongelowiges is valslik trots en opstandig.
38:3. Hoeveel geslagte het Ons nie voorheen reeds vernietig nie, en hulle het uitgeroep toe daar geen tyd meer was om te ontsnap nie!
38:4. En hulle is verbaas dat ’n waarskuwer uit hul midde na hulle gekom het, en die ongelowiges sê: Hy is ’n towenaar, ’n leuenaar.
38:5. Het hy van die gode ’n enkele God gemaak? Dit is waarlik eienaardig.
38:6. En die leiers onder hulle sê: Gaan voort om julle gode aan te hang; dit is sekerlik voortreflik.
38:7. Ons het nooit in die vorige godsdiens iets hiervan gehoor nie: dit is niks anders nie as ’n versinsel.
38:8. Is die Vermaning aan hóm onder ons geopenbaar? Nee, hulle verkeer in twyfel omtrent My Vermaning. Nee, hulle het nog nie My straf gesmaak nie.
38:9. Of besit húlle die skatte van barmhartigheid van u Heer, die Almagtige, die Barmhartige?
38:10. Of is die koninkryk van die hemele en die aarde en wat daartussen is, húlle s’n? Laat hulle dan hulle middele vermeerder.
38:11. Wat ’n sterk leër van bondgenote is nie hier op vlug gejaag nie!
38:12. Die volk van Noag en Aad en Farao, die heer van die leërskare, het voorheen ook die profete verloën,
38:13. en Thamoed en die volk van Lot en die woudbewoners. Hulle was almal gekant teen die Waarheid.
38:14. En hulle almal het niks anders gedoen nie as om hulle boodskappers te verloën; daarom was My vergelding regverdig.

Afdeling 2: Dawid se vyande

38:15. En hulle wag slegs op ’n enkele roep waarvoor daar geen uistel sal wees nie.
38:16. En hulle sê: Ons Heer! Gee ons spoedig ons deel vóór die Dag van Afrekening.
38:17. Verdra geduldig wat hulle sê, en dink aan Ons dienaar Dawid, besitter van mag. Hy het hom dikwels tot Allah gewend.
38:18. Waarklik, Ons het die berge onderwerp om saam met hom Allah in die aand en in die oggend te verheerlik,
38:19. en die voëls bymekaar laat kom. Almal was hom onderdanig.
38:20. En Ons het sy koninkryk versterk, en Ons het hom wysheid en ’n beslissende oordeel gegee.
38:21. En het u die verhaal van die Teenstanders gehoor? Toe hulle oor die muur geklim en die binnekamer ingegaan het,
38:22. en hulle by Dawid gekom het, het hy hulle gevrees. Hulle het gesê: Moenie bang wees nie! Ons is twee prosedeerders, waar- van die een die ander onreg aangedoen het; spreek daarom reg tussen ons in waarheid, en handel nie onregverdig nie, en lei ons na die regte pad.
38:23. Dít is my broer; hy het nege-en-neëntig ooie, en ek het maar een ooi. Tog sê hy: Gee haar aan my; en hy het my in die argu ment oorweldig.
38:24. Dawid het gesê: Waarlik, hy het u onreg aangedoen deur u ooi op te eis, terwyl hy reeds baie ooie het. En voorwaar, vele vennote doen mekaar onreg aan, behalwe diegene wat glo en goeddoen; en hulle is maar min! En Dawid het geweet dat Ons hom beproef het, en daarom het hy sy Heer om beskerming gevra, en hy het biddend neergesak en hom tot Allah gewend.
38:25. Daarom het Ons hom beskerm en hy het by Ons toenadering ge soek en by Ons ’n voortreflike toevlugsoord gehad.
38:26. O Dawid! het Ons gesê, Ons het u as regeerder oor die land aangestel; oordeel dus tussen die mense in waarheid, en volg nie hul begeertes nie, anders sal hulle u van die weg van Allah aflei. Hulle wat van die weg van Allah afdwaal, sal gewis ’n hewige straf ontvang, omdat hulle die Dag van Afrekening vergeet.

Afdeling 3: Salomo en sy vyande

38:27. En Ons het nie die hemel en die aarde en wat tussen hulle is, tevergeefs gemaak nie. Maar dit is die mening van die ongelowiges. Wee daarom die ongelowiges, vanweë die Vuur!
38:28. Sal Ons húlle wat goeddoen, op dieselfde wyse behandel as die korruptes? Of sal Ons die godvresendes met die onheil stigters gelykstel?
38:29. Dit is ’n Boek wat Ons aan u geopenbaar het, vol seënwense, dat hulle oor Sy verse mag nadink en dat die verstandige mense kan onthou.
38:30. En aan Dawid het Ons Salomo geskenk: ’n voortreflike dienaar. Voorwaar, hy het hom dikwels tot Allah gewend.
38:31. Toe vinnige volbloedperde in die aand na hom gebring is ~
38:32. toe het hy gesê: Ek hou van goeie dinge vanweë die gedagte nis aan my Heer ~ totdat hulle agter ’n skerm verborge was,
38:33. toe het hy gesê: Bring hulle terug. Toe het hy hulle bene en nekke begin streel.
38:34. En waarlik, Ons het Salomo beproef en op sy troon ’n blote liggaam gesit; daarom het hy hom tot Allah gewend.
38:35. Hy het gesê: My Heer! Vergewe my; en skenk my ’n koninkryk wat vir niemand ná my geskik sal wees nie; waarlik, U is die Barmhartigste van alle Gewers.
38:36. Daarom het Ons die wind aan hom onderdanig gemaak, om volgens sý bevel saggies te waai waarheen hy sê,
38:37. en net so ook die duiwels, elke bouer en duiker,
38:38. en nog ander, wat met kettings geboei was.
38:39. Dít is Ons gawe; wees daarom vrygewig óf spaarsaam, sonder om rekening te hou.
38:40. En waarlik, hy was ná aan Ons, en het in Ons ’n voortreflike toevlug gehad.

Afdeling 4: Job ~ triomf van die regskapenes

38:41. En dink aan Ons dienaar Job, hoe hy na sy Heer geroep het: Die duiwel het my met kommer en smart aangetas.
38:42. Toe het Ons gesê: Spoor u rydier aan; hier is ’n koel wasplek en drinkwater.
38:43. En Ons het aan hom sy volk gegee, en nóg ’n keer soveel, as ’n genadegawe van Ons, en as ’n les vir mense wat begryp.
38:44. En Ons het gesê: Neem ’n klompie wêreldse besittings in u hand, en doen goed daarmee, en neig nie tot valsheid nie. Voorwaar, Ons het hom geduldig gevind. ’n Voortreflike dienaar! Waarlik, hy het hom dikwels tot Ons gewend.
38:45. En dink aan Ons dienaars Abraham en Isak en Jakob: mense van mag en insig.
38:46. En Ons het hulle gesuiwer met ’n suiwerende middel, en met ken nis van die uiteindelike Tuiste.
38:47. En waarlik, vir Ons was hulle uitverkorenes.
38:48. En dink aan Ismaël en Elisa en Zoel-Kiefel; en hulle was almal uitnemend.
38:49. Dit is ’n aanmaning. En gewis, daar is ’n voortreflike toevlug vir die godvresendes!
38:50. Tuine van Ewigheid waarvan die deure vir hulle wyd oop is
38:51. en waarin hulle hul sal neervly en aanroep, en waarin oorvloedig vrugte en drank is.
38:52. En saam met hulle sal daar kuise vroue wees, metgeselle van gelyke leeftyd.
38:53. Dít is wat julle belowe word vir die Dag van Oordeel.
38:54. Voorwaar, dit is ’n voorsiening van Ons wat nooit uitgeput sal raak nie;
38:55. en dít is vir die gelowiges! En vir die opstandiges sal daar sekerlik ’n bose plek wees om na terug te keer:
38:56. die Hel! Húlle sal dit binnegaan. Boos is daardie rusplek;
38:57. laat hulle dit smaak, ’n kokende en ’n yskoue drank,
38:58. en nog meer derglike strawwe van verskillende soorte.
38:59. Hulle is ’n groep wat blindelings saam met julle stormloop ~ geen verwelkoming vir hulle nie! Gewis, hulle sal in die Vuur brand.
38:60. Hulle sal sê: Wee julle! Daar is geen verwelkoming vir julle nie! Julle het dit vir ons voorberei, en dit is ’n bose rusplek.
38:61. Hulle sal sê: Ons Here! Wie dit ook al vir ons voorberei het, vermeerder vir hom ’n dubbele straf in die Vuur.
38:62. En hulle sal sê: Wat makeer ons? ~ ons sien glad nie die mense vir wie ons onder die bose gereken het nie.
38:63. Het ons dan nie die spot met hulle gedryf nie, of sien ons oë hulle nie?
38:64. Dit is sekerlik die waarheid ~ die onderlinge twis van die bewoners van die Vuur.

Afdeling 5: Teëstand teen die Profeet

38:65. Sê: Ek is slegs ’n waarskuwer; en daar is geen god buiten Allah nie, die Een, die Onweerstaanbare,
38:66. die Heer van die hemele en die aarde en wat tussen hulle is, die Almagtige, die Vergewensgesin de.
38:67. Sê: Dit is ’n belangrike bood skap,
38:68. en julle probeer daarvan wegskram.
38:69. Ek dra geen kennis van ’n getwis onder die verhewe vergadering nie.
38:70. Slegs dít is aan my geopenbaar: dat ek ’n duidelike waarskuwer is.
38:71. Toe u Heer aan die engele gesê het: Waarlik, Ek gaan die mens uit stof skape.
38:72. Wanneer Ek hom dan voltooi en van My gees in hom ingeblaas het, prostreer dan in gehoor saamheid voor hom neer.
38:73. Daarom het al die engele geprostreer,
38:74. maar nie Iblies nie. Hy was hoogmoedig en een van die ongelowiges.
38:75. Allah het gesê: O Iblies! Wat het u verhinder om voor hóm neer te buig wat Ek met albei My hande geskape het? Is u te trots, of is u te hoog daarvoor?
38:76. Hy het gesê: Ek is beter as hy; U het my uit vuur geskape en vir hom het U uit stof geskape.
38:77. Allah het gesê: Gaan weg hiervandaan! Voorwaar, u is verdryf;
38:78. en My vloek sal op u rus tot op die Oordeelsdag.
38:79. Hy het gesê: O my Heer! Vergun my dan uitstel tot die Dag wanneer hulle opgewek sal word.
38:80. Allah het gesê: Uitstel word aan u verleen,
38:81. tot op die Dag van die bepaalde tyd.
38:82. Hy het gesê: By U mag, dan sal ek hulle almal sekerlik verlei,
38:83. behalwe U dienaars onder hulle, die gesuiwerdes.
38:84. Allah het gesê: Die Waarheid is ~ en die Waarheid spreek Ek ~
38:85. dat Ek die Hel met u en met almal van hulle wat u volg, sal volmaak.
38:86. Sê: Ek vra julle geen beloning daarvoor nie; nóg is ek ’n bedrieër.
38:87. Dit is niks anders nie as ’n Vermaning vir die volke.
38:88. En sekerlik sal julle ná ’n tyd daarvan te wete kom.

Hoofstuk 39: Die Groepe

Afdeling 1: Gehoorsaamheid aan Allah

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

39:1. Die openbaring van die Boek is van Allah, die Almagtige, die Allerwyse.
39:2. Voorwaar, Ons het u die Boek met waarheid geopenbaaar; aanbid Allah daarom, en wees opreg teenoor Hom in gehoorsaamheid.
39:3. Want waarlik, opregte gehoor saamheid kom Allah alleen toe. En diegene wat beskermers buiten Allah verkies, sê: Ons aanbid hulle slegs omdat hulle ons in die nabyheid van Allah bring. Voorwaar, Allah sal onder hulle uitspraak gee aan gaande dít waaroor hulle verskil. Voorwaar, Allah lei nie ’n leuenaar en ’n ondankbare nie.
39:4. As Allah ’n seun vir Hom wou neem, kon Hy tog enigeen neem uit diegene wat Hy geskape het. Heilig is Hy! Hy is Allah, die Een, die Onderwerper van almal.
39:5. Hy het die hemele en die aarde in waarheid geskape; Hy laat die nag oorgaan in die dag, en die dag in die nag; en Hy het die son en die maan in diens gestel; elkeen loop aan vir ’n vasgestel de tydperk. Waarlik Hy is die Allermagtige, die Vergewensgesinde.
39:6. Hy het julle uit ’n enkele wese geskape, daarna vir julle metgeselle gemaak. En Hy het vir julle agt stuks vee in pare afgestuur. Hy skep julle in die baarmoeders van julle moeders, skepping ná skepping, in drievoudige duisternis. So is Allah, julle Heer; aan Hom behoort die koninkryk. Daar is geen god nie buiten Hom. Wat laat julle dan dwaal?
39:7. As julle ondankbaar is, Allah is sekerlik onafhanklik van julle. En Hy hou nie van ondankbaar heid onder Sy dienaars nie. En as julle dankbaar is, dan hou Hy daarvan. En geen lasdraer kan die las van ’n ander dra nie. Dan is julle terugkeer tot julle Heer; en Hy sal julle meedeel wat julle gedoen het. Waarlik, Hy weet wat in julle harte is.
39:8. En wanneer ellende die mens teister, dan roep hy sy Heer aan en wend hom tot Hom. Dan, wanneer Hy hom ’n guns bewys, vergeet die mens waarvoor hy Allah aangeroep het, en stel afgode langs Allah, om die mense van Sy weg af te lei. Sê: Geniet julle ondankbaarheid vir ’n rukkie; julle hoort sekerlik by die bewoners van die Vuur.
39:9. Is hy wat Allah vereer gedurende die ure van die nag, knielende en staande, wat hom vir die Hiernamaals voorberei en hoop op die barmhartigheid van sy Heer, gelyk aan diegene wat dit nie doen nie? Sê: Is hulle wat weet gelyk aan hulle wat nie weet nie? Alleen mense van begrip sal omgee.

Afdeling 2: Gelowiges en Ongelowiges

39:10. Sê: O My gelowige dienaars! Wees bewus van jul Heer en kom julle plig teenoor Hom na. Vir hulle wat goeddoen in hierdie wêreld is daar goed, en Allah se aarde is ruim. Voorwaar, aan die standvastiges sal sonder berekening beloning uitbetaal word.
39:11. Sê: Ek is beveel om Allah te aanbid, opreg teenoor Hom in gehoorsaamheid,
39:12. en ek is beveel om die eerste te wees van hulle wat onderdanig is.
39:13. Sê: Ek vrees, indien ek my Heer nie gehoorsaam nie, die straf van ’n groot Dag.
39:14. Sê: Dit is Allah wat ek aanbid, opreg teenoor Hom in gehoorsaamheid.
39:15. Aanbid dan buiten Hom wat julle wil. Sê: Die verloorders is waarlik hulle wat op die Dag van Herrysenis hulleself en hulle volk sal verloor. Sien dan dat dit ’n duidelike verlies is.
39:16. Hulle sal lae van Vuur bo hulle én onder hulle hê. Daarmee laat Allah Sy dienaars vrees. O My dienaars! Vrees My!
39:17. En vir hulle wat geen afgode aanbid nie en hulle tot Allah wend, is daar goeie nuus. Bring daarom vir My dienaars goeie nuus,
39:18. vir hulle wat na die Woord luister en dan die beste daarvan volg. Dit is hulle vir wie Allah lei, en hulle is mense van begrip.
39:19. Hy wat die straf verdien, kan u hom van die Vuur red?
39:20. Maar vir diegene wat bewus is van hul Heer, is daar verhewe plekke, en bo hulle is nog meer verhewe plekke vir hulle gebou, waaronder riviere vloei. Dít is die belofte van Allah. Allah doen altyd Sy beloftes gestand.
39:21. Sien u dan nie hoedat Allah water uit die wolke afstuur en dit in die aarde laat insak in die vorm van fonteine nie, waardeur plante van verskillende kleure uitspruit; daarna verdor dit voor julle oë, en Hy maak kaf daarvan? Voorwaar, hierin is ’n vermaning vir mense wat verstaan.

Afdeling 3: ’n Volmaakte leiding

39:22. Is hy wie se bors Allah oop gemaak het vir Islam, sodat hy die lig van sy Heer kan volg, soos hy wat nie wíl glo nie? Wee hulle wie se harte verhard is teen die oordenkinge van Allah! Hulle verkeer in ’n duidelike dwaling.
39:23. Allah het die beste aankon diging geopenbaar: ’n besten dige Boek waarin beloftes van beloning gepaard gaan met dreigemente van straf waarby die velle van húlle wat hul Heer vrees, ineenkrimp; daarna ont span dit én hulle harte by die oordenking van Allah. Dít is Allah se leiding. Hy lei daar mee wie Hy wil. En aangaande hom wat Allah laat dwaal het, vir hom is daar geen gids nie.
39:24. Is hy dan, wat sy eie gesig teen die straf van die Dag van Herrysenis moet verdedig, soos hy wat goeddoen? En dit sal aan die onregverdiges gesê word: Proe dan die straf wat julle verdien het.
39:25. Mense vóór hulle het Hom ook verloën; daarom het die straf oor hulle gekom waarvandaan hulle dit nie verwag het nie.
39:26. Gevolglik het Allah in die lewe van hierdie wêreld die skande oor hulle gebring; en sekerlik sal die straf van die Hierna maals groter wees. As hulle dit maar geweet het!
39:27. En voorwaar, Ons het vir die mense in hierdie Qur’ãn gelykenisse van elke soort voorgehou, sodat hulle mag onthou;
39:28. ’n Arabiese Qur’ãn, sonder enige valsheid, sodat hulle teen die kwaad mag waak.
39:29. Allah hou vir hulle hierdie gelykenis voor: ’n Man behoort tot ’n groep wat met mekaar verskil, en ’n man wat uitsluitlik aan een man geheg is. Is beide in dieselfde toestand? Die lof behoort aan Allah! Nee, die meeste van hulle weet dit nie.
39:30. Waarlik, júlle sal sterf, en ook húlle sal sterf;
39:31. dan sal julle sekerlik op die Dag van Herrysenis voor julle Heer met mekaar argumenteer.

Afdeling 4: Die Verwerpers sal verneder word

39:32. Wie is onregverdiger as hy wat ’n leuen teen Allah versin en die waarheid verwerp wanneer dit tot hom kom? Is daar nie in die Hel ’n tuiste vir die ongelowi ges nie?
39:33. En hulle wat die waarheid bring en die waarheid aanneem, hulle is die godvresendes.
39:34. Hulle sal van hulle Heer ontvang wat hulle begeer. Dít is die beloning van hulle wat goeddoen:
39:35. dat Allah die bose wat hulle gedoen het, mag oorsien, en hulle beloon vir die goeie wat hulle gedoen het.
39:36. Is Allah nie toereikend vir Sy dienaar nie? En hulle probeer om u te verskrik met diegene buiten Hom. En vir wie Allah ook al laat dwaal, vir hom is daar geen gids nie.
39:37. En vir wie Allah lei, daar is niemand wat hom kan verlei nie. Is Allah, die Heer van Vergelding, dan nie Magtig nie?
39:38. En as u hulle vra: Wie het die hemele en die aarde geskape? sal hulle antwoord: Allah. Sê: Dink julle dan dat diegene wat julle buiten Allah aanroep, Allah se skade kan afwend as Hy begeer om my te benadeel? Of as Hy barmhartigheid aan my wil betoon, sal hulle in staat wees om dit te verhinder? Sê: Allah is genoeg vir my. In Hom stel die vertrouendes hul ver troue.
39:39. Sê: O my volk! Werk op die plek wat vir julle aangewys is. Ek is ook werksaam; maar wel dra sal julle te wete kom
39:40. oor wie daar ’n straf sal kom wat hom sal verneder, en oor wie ’n blywende straf sal neer kom.
39:41. Voorwaar, Ons het die Boek met waarheid ten bate van die mense aan u geopenbaar. Wie ook al die regte weg volg, volg dit ter wille van sy eie siel, en wie ook al dwaal, dwaal slegs ten koste daarvan. En u is nie ’n voog oor hulle nie.

Afdeling 5: Die straf kan nie afgewend word nie

39:42. As hulle sterwe, neem Allah die siele van mense, en ook die siele van dié wat nie sterwe nie, wanneer hulle slaap. Dan hou Hy diegene oor wie die dood verorden is, en stuur die ander terug vir ’n vasgestelde tyd. Hierin is waarlik tekens vir ’n volk wat wil nadink.
39:43. Of neem hulle bemiddelaars buiten Allah? Sê: Hoe nou? Selfs al het hulle geen beheer oor enigiets nie, en al verstaan hulle ook nie?
39:44. Sê: Van Allah is elke voor spraak. Aan Hom behoort die koninkryk van die hemele en die aarde. Julle sal na Hom teruggebring word.
39:45. En wanneer Allah genoem word as die Enige, dan krimp die harte van diegene wat nie in die Hiernamaals glo nie; en wanneer diegene buiten Hom genoem word, kyk! dan is hulle bly.
39:46. Sê: O Allah! Skepper van die hemele en die aarde! Kenner van die Onsigbare en die Sigbare! U gee uitspraak tussen U dienaars aangaande dít waar oor hulle verskil.
39:47. As die kwaaddoeners alles wat op aarde is, en nóg soveel, gehad het, sou hulle dit op die Opstandingsdag as losprys vir die vreeslike straf wou aanbied. En waaraan hulle nooit gedink het nie, sal deur Allah vir hulle onthul word.
39:48. En die kwaad wat hulle bedrywe het, sal vir hulle duidelik word, en wat hulle bespot het, sal hulle omring.
39:49. Wanneer die mens deur teëspoed getref word, roep hy Ons aan; as Ons hom Ons guns bewys, sê hy: Dit is aan my geskenk vanweë my kennis. Nee, dit is slegs ’n beproewing; maar die meeste van hulle weet dit nie.
39:50. Diegene wat hulle voorafgegaan het, het voorwaar dieselfde gesê, maar wat hulle verdien het, het hulle nie gebaat nie.
39:51. Die kwaad wat hulle verdien het, het oor hulle gekom. En ook oor hierdie onregverdiges sal die kwaad kom wat hulle vedien het, en hulle sal nie daaraan kan ontsnap nie.
39:52. Weet hulle nie dat Allah die voorsiening vermeerder of verminder

vir wie Hy wil nie? Voorwaar, hierin is tekens vir ’n gelowige volk.

Afdeling 6: Goddelike Genade

39:53. Sê: O my dienaars wat jul siele onreg aangedoen het! Wanhoop nie aan die genade van Allah nie, want waarlik, Allah vergewe sonde geheel en al; Hy is die Vergewensgesinde, die Genadige.
39:54. Wend julle tot jul Heer en onderwerp julle aan Hom voor dat die straf oor julle kom, want dan sal dit te laat wees.
39:55. En volg die beste wat deur jul Heer aan julle geopenbaar is, voordat die straf onverwags oor julle kom en julle dit nie sal verwag nie.
39:56. Sodat geen siel kan sê: O wee my, dat ek te kort skiet in my plig teenoor Allah! En ek was inderdaad een van die spotters.
39:57. Of dat hy sal sê: As Allah my gelei het, sou ek ook een van die godvresendes gewees het.
39:58. Of dat hy sou sê wanneer hy die straf sien: As ek nog ’n kans kan kry, sal ek ook tot die weldoeners behoort.
39:59. Waarlik, ja! My tekens hét julle bereik, maar julle het dit verloën, en julle was arrogant en ongelowig.
39:60. En op die Dag van Herrysenis sal julle hulle sien wat leuens teen Allah versin het; hulle gesigte sal swart gemaak word. Is daar dan nie ’n oord in die Hel vir die arrogantes nie?
39:61. En Allah sal die godvresendes vanweë hul geloof red. Geen kwaad sal hul tref nie, en hulle sal ook nie treur nie.
39:62. Allah is die Skepper van alle dinge, en Hy het gesag oor alles.
39:63. Aan Hom behoort die skatte van die hemele en die aarde. En hulle wat nie in die tekens van Allah glo nie, hulle is die verloorders.

Afdeling 7: Die Finale Oordeel

39:64. Sê: Beveel julle my om iets buiten Allah te aanbid, o julle onkundiges?
39:65. En voorwaar, dít is aan u, asook aan diegene vóór u, geopenbaar: As u deelgenote aan Allah toe skryf, sal u werk waarlik vrugteloos wees, en u sal seker lik onder die verloorders wees.
39:66. Nee; dien Allah alleen, en wees dankbaar.
39:67. En hulle eer Allah nie met die eer wat Hom toekom nie; die hele aarde sal in Sy greep wees op die Opstandingsdag, en die hemele sal in Sy regterhand opgerol wees. Heilig is Hy! En hoog verhewe is Hy bo wat hulle met Hom vereenselwig!
39:68. En die basuin sal geblaas word, en almal wat in die hemele is en almal wat op aarde is, sal in ’n beswyming verval, behalwe waar Allah dit anders wil. Dan sal daar nogmaals geblaas word, en kyk! hulle sal staande herrys en wag.
39:69. En die aarde sal deur die lig van sy Heer skitter, en die Boek sal neergelê word, en die profete en die getuienisse sal ingeroep word, en daar sal tussen hulle met regverdigheid geoordeel word, en geen onreg sal hulle aangedoen word nie.
39:70. En elke siel sal voluit beloon word vir sy dade. Hy weet die beste wat hulle gedoen het.

Afdeling 8: Elke groep sal sy verdiende loon ontvang

39:71. En die ongelowiges sal in groepe na die Hel aangedryf word. Wanneer hulle daar aan kom, sal die deure daarvan oop gemaak word, en die bewakers daarvan sal sê: Het daar uit jul midde nie boodskappers opge staan, wat die tekens van julle Heer aan julle voorgedra en julle gewaarsku het teen die koms van hierdie Dag van julle nie? Hulle sal antwoord: Ja, seker! Maar die woord van straf het teen die ongelowiges bewaarheid geword.
39:72. Daar sal gesê word: Gaan die poorte van die Hel binne, om daarin te bly, want boos is die woonplek van die arrogantes.
39:73. Maar diegene wat hulle plig teenoor hul Heer nagekom het, sal in groepe na die Tuin gelei word; en wanneer hulle daar aankom, sal die deure daarvan vir hulle oopgemaak word en die wagters daarvan sal aan hulle sê: Vrede vir julle! Julle het goed gelewe; gaan daarom binne en bly daarin.
39:74. En hulle sal sê: Alle lof kom Allah toe, wat Sy beloftes aan ons vervul het en ons die land laat erwe het; ons bly in die Tuin net waar ons wil. Groot is die beloning vir die werkers.
39:75. En u sal die engele om die Troon van Mag sien gaan terwyl hulle die lof van hul Heer besing. En daar sal tussen hulle in waarheid geoordeel word, en daar sal gesê word: Alle lof kom Allah toe, die Heer van die Wêrelde!

Hoofstuk 40: Die Gelowige

Afdeling 1: Beskerming vir die Gelowiges

In die Naam van Allah, die Almagtige, die Genadige.

40:1. Gaa Mien. {Allegoriese letters}
40:2. Die openbaring van hierdie Boek kom van Allah, die Allermagtige, die Alleswetende,
40:3. die Vergewer van sonde, die Aanvaarder van berou, die Streng Tugmeester, die Heer van Genade. Daar is geen god buiten Hom nie; tot Hom is die terugkeer.
40:4. Niemand betwis die tekens van Allah nie, behalwe die ongelowiges. Laat hulle mag in die land u dus nie bedrieg nie.
40:5. Vóór hulle het die volk van Noag, en ook nog ander ná hulle, die profete verloën, en elke nasie het teen sy boodskapper opgetree om hom te teister, en met valsheid geredekawel; maar Ek het hulle daarvoor vergeld, en hoe vreeslik was My vergelding nie!
40:6. So is die woord van u Heer teen die ongelowiges bewaarheid, sodat hulle die bewoners van die Vuur kan wees.
40:7. Húlle wat die Troon van Mag dra ~ en diegene daar rondom ~ verheerlik die lof van hulle Heer en glo in Hom en smeek om be skerming vir die gelowiges: Ons Heer! U omvat alle dinge in U barmhartigheid en kennis; be skerm hulle daarom wat hul tot U bekeer en U weg bewandel, en bewaar hulle van die straf van die Hel!
40:8. Ons Heer! Laat hulle die Tuine van Ewigheid binnegaan wat u hulle belowe het, en so ook die deugsames onder hulle vaders en hulle eggenotes en hulle nage slagte. Waarlik, u is die Allermagtige, die Allerwyse.
40:9. En bewaar hulle van die kwaad. En hom vir wie U op hierdie Dag van kwaad bewaar, aan hom het U waarlik genade betoon. En dit is die grootste sukses.

Afdeling 2: Die mislukking van die Teëstanders

40:10. Die ongelowiges sal toegespreek word: Die misnoeë van Allah toe julle tot die geloof geroep is ~ maar dit verwerp het ~ is veel groter as julle misnoeë nou teen julleself.
40:11. Hulle sal sê: Ons Heer! Twee maal het U ons laat sterf, en twee maal het U ons weer opgewek; ons bely nou ons sonde. Is daar dan nog ’n uitweg?
40:12. Dít is omdat julle ~ toe Allah, die Een, na julle geroep het ~ geweier om te glo, maar julle het geglo in die deelgenote wat julle aan Hom toegskryf het. Die oordeel kom Allah toe, die Aller hoogste, die Allergrootste.
40:13. Dit is Hy wat julle Sy tekens toon en voorsiening van die hemel vir julle afstuur; en niemand besef dit nie, behalwe die bekeerdes.
40:14. Roep daarom Allah alleen aan, opreg in gehoorsaamheid teenoor Hom ~ hoewel die ongelowiges afkerig is ~
40:15. Verheffer van Range, Heer van Mag! Hy laat die gees van inspirasie deur Sy gebod afdaal op dié van Sy dienaars wat Hy wil, sodat Hy die mense teen die Dag van Ontmoeting mag waarsku:
40:16. die Dag waarop hulle sal voortkom, sal niks aangaande hulle vir Allah verborge wees nie. Aan wie behoort die koninkryk van hierdie Dag? Aan Allah, die Een, die Onderwerper van almal.
40:17. Hierdie Dag sal elke siel volgens verdienste beloon word. Geen onreg sal op dié Dag geskied nie. Voorwaar, Allah is snel in die Afrekening.
40:18. En waarsku hulle teen die naderende Dag, wanneer harte ~ innerlik verdrietig ~ in die keel sal klop. Die onregverdiges sal geen boesemvriend hê, nóg enige bemiddelaar wat gehoorsaam moet word nie.
40:19. Hy ken die oneerlikheid van die oë en ook dít wat die boesems verberg.
40:20. En Allah oordeel met waarheid. En diegene wat hulle buiten Hom aanroep, beoordeel niks nie! Voorwaar, Allah is die Alleshorende, die Allessiende.

Afdeling 3: ’n Waarskuwing in die geskiedenis van Moses

40:21. Het hulle nie deur die land gereis en gesien wat die einde was van diegene wat vóór hulle gelewe het nie? Hulle was nog magtiger as hierdie in krag en het stewiger skanse gehad, maar Allah het hulle vasgevat vanweë hulle sonde. En hulle het niemand gehad om hulle teen Allah te beskerm nie.
40:22. Dit is omdat boodskappers met duidelike bewyse na hulle gekom het, maar hulle het nie geglo nie, daarom het Allah hulle vernietig. Voorwaar, Hy is Magtig, Streng in die straf.
40:23. En sekerlik het Ons Moses met Ons tekens en met duidelike gesag gestuur,
40:24. na Farao en Hamaan en Korag, maar hulle het gesê: Hy is ’n towerkunstenaar en ’n groot leuenaar!
40:25. En toe hy Ons waarheid aan hulle verkondig het, het hulle gesê: Maak dood die seuns van diegene wat saam met hom glo, maar spaar hul vroue. Maar die planne van die ongelowiges sal ongetwyfeld misluk.
40:26. En Farao het gesê: Laat dit aan my oor om Moses dood te maak, en laat hom sy Heer aanroep. Gewis, ek vrees dat hy julle godsdiens sal verander, of dat hy onheil in die land sal veroorsaak.
40:27. En Moses het gesê: Waarlik, ek soek toevlug by my Heer, en julle Heer, teen elkeen wat nie aan die Dag van Afrekening glo nie.

Afdeling 4: ’n Gelowige onder Farao se volk

40:28. En ’n gelowige man onder Farao se volk, wat sy geloof in die geheim beoefen het, het gesê: Wil julle ’n man doodmaak omdat hy sê: My Heer is Allah, en terwyl hy inderdaad duidelike bewyse van julle Heer gebring het? En as hy ’n leuenaar is, dan rus sy leuen op hom; maar as hy opreg is, sal daar iets oor julle kom waaromtrent julle tot dusver slegs bedreig is. Voorwaar, Allah lei nie hom wat oortree en leuens versprei nie.
40:29. O my volk! Aan julle behoort die koninkryk van hierdie wêreld, terwyl julle die meesters in die land is, maar wie sal ons teen die straf van Allah help wanneer dít oor ons kom? Farao het gesê: Ek toon julle net wat ek sien, en ek lei julle slegs na die regte weg.
40:30. Maar die gelowige het gesê: O my volk! Ek vrees dat dieselfde met julle sal gebeur as wat met die bondgenote gebeur het,
40:31. soos dan ook die geval was met die volk van Noag, en Aad en Thamoed en diegene vóór hulle. En Allah begeer geen onreg vir Sy dienaars nie.
40:32. En, o my volk! Ek vrees om jul le ontwil die Dag van Uitroeping:
40:33. die Dag wanneer julle sal terugval. Dan sal julle niemand hê om julle te red nie. En hy vir wie Allah laat dwaal het, sal geen leier hê nie.
40:34. Voorheen het Josef ook met duidelike bewyse na julle gekom, maar julle twyfel altyd aan wat hy vir julle gebring het. Maar toe hy gesterf het, het julle gesê: Allah sal ná hom geen boodskapper weer stuur nie. Want so laat Allah almal wat twyfel en buitensporig handel, in dwaling bly:
40:35. diegene wat verskil oor Allah se tekens sonder dat hulle enige gesag daaromtrent ontvang het. Dit word grootliks deur Allah en deur die gelowiges gehaat. Maar so verseël Allah elke arrogante en trotse hart.
40:36. En Farao het gesê: O Hamaan! Bou vir my ’n toring sodat ek die toegangsweë kan bereik:

40:37. die toegangsweë na die hemele, sodat ek die God van Moses kan bereik, ofskoon ek seker weet dat hy ’n leuenaar is. So is Farao se bose daad toe vir hom skoon skynend gemaak, en hy is van die regte weg afgelei. Maar die komplot van Farao het slegs in mislukking geëindig.

Afdeling 5: Die einde van Farao se volk

40:38. Die gelowige het gesê: O my volk! Volg my; ek sal julle op die regte weg lei.
40:39. O my volk! Die lewe van hierdie wêreld is slegs ’n verbygaande genot, en die Hiernamaals is die blywende Tuiste.
40:40. Wie kwaad doen, word slegs met die gelyke daarvan vergeld; en wie goeddoen ~ hetsy man of vrou ~ en ’n gelowige is, hulle sal die Paradys binnegaan om voorsiening sonder maat daarin te ontvang.
40:41. En, o my volk! Hoe is dit dan dat ek julle tot redding roep en julle my na die Vuur nooi?
40:42. Julle nooi my uit om nie in Allah te glo nie, en dinge met Hom te vereenselwig waarvan ek geen kennis het nie, en ek roep julle tot die Almagtige, die Verge wensgesinde.
40:43. Ongetwyfeld kan dít waarna julle my nooi, nie in hierdie wêreld of in die Hiernamaals daarop aan spraak maak om aanbid te word nie, want ons terugkeer is waarlik tot Allah; en die oortreders sal die bewoners van die Vuur wees.
40:44. Julle sal dus onthou wat ek julle sê. En ek vertrou my saak aan Allah toe. Voorwaar, Allah is die Siener van Sy dienaars.
40:45. So het Allah hom toe beskerm teen die kwaad wat hulle teen hom beraam het, en ’n swaar straf het oor die volk van Farao gekom:
40:46. die Vuur. Hulle sal elke oggend en aand daaraan blootgestel word. En die Dag wanneer die Uur sal aanbreek, sal daar gesê word: Laat die volk van Farao die strengste straf ondergaan.
40:47. En wanneer hulle in die Vuur met mekaar sal twis, sal die swakke aan die trotse sê: Waar lik, ons was julle volgelinge; sal julle dan nie nou maar ’n gedeel te van die Vuur van ons afkeer nie?
40:48. Diegene wat trots was, sal sê: Nou is ons almal saam hierin: Allah het nou oor Sy dienaars geoordeel.
40:49. En diegene in die Vuur sal aan die bewaarders van die Hel sê: Smeek julle Heer om ons straf net ’n dag lank vir ons ligter te maak.
40:50. Hulle sal antwoord: Het julle boodskappers nie met duidelike bewyse na julle gekom nie? Hulle sal sê: Ja, seker. Die bewaarders sal dan sê: Bid dan. En die gebed van die ongelowi ges sal maar net tevergeefs wees.

Afdeling 6: Die Boodskappers kr y Goddelike Hulp

40:51. Voorwaar, Ons help Ons boodskappers en die gelowiges in hierdie lewe, en so sal Ons ook doen op die Dag wanneer die getuies ingeroep sal word:
40:52. Die Dag waarop verskonings die onregverdiges niks sal baat nie, en wanneer die vloek van ’n bose rusplek oor hulle sal kom.
40:53. En Ons het inderdaad leiding aan Moses gegee, en Ons het die Kinders van Israel die Boek laat erwe ~
40:54. as ’n leiding en vermaning vir mense wat verstaan.
40:55. Wees daarom geduldig; voorwaar, die beloftes van Allah is waar; en vra om beskerming vir u sonde, en verheerlik die lof van u Heer saans en soggens.
40:56. Hulle wat oor die tekens van Allah argumenteer sonder dat enige gesag tot hulle gekom het, het niks anders in hul boesems nie as slegs ’n verlange om verheerlik te word, wat hulle tog nooit te beurt sal val nie Soek dus toevlug by Allah. Waarlik, Hy is die Alleshorende, die Allesiende.
40:57. Voorwaar, die skepping van die hemele en die aarde is groter as die skepping van die mense; maar die meeste mense weet dit nie.
40:58. En die blinde en die siende is nie eenders nie, ook nie die weldoeners en die kwaaddoeners nie. Hoe min gee julle om!
40:59. Die Uur sal sekerlik kom ~ daaraan is geen twyfel nie ~ maar die meeste mense glo dit nie.
40:60. En julle Heer sê: Aanbid My; Ek sal julle gebede beantwoord. Hulle wat te arrogant is om My te aanbid, sal sekerlik die Hel vernederd binnegaan.

Afdeling 7: Die Mag van Allah

40:61. Dit is Allah wat vir julle die nag gemaak het sodat julle daarin rus kan vind, en die dag om in te sien. Voorwaar, Allah is Vol Genade teenoor die mensdom; maar die meeste mense betuig nie dank nie.
40:62. Dít is Allah, julle Heer, die Skepper van alle dinge. Daar is geen god nie buiten Hom. Waarom draai julle dan weg?
40:63. So dwaal hulle wat die tekens van Allah ontken.
40:64. Dit is Allah wat die aarde vir julle as ’n rusplek gemaak het en die hemel as ’n gewelf, en Hy het julle gevorm en julle mooi van fatsoen gemaak, en Hy het julle van goeie dinge voorsien. Dít is Allah, julle Heer. Geseënd is Allah, die Heer van die Wêrelde!
40:65. Hy is die Lewende, daar is geen god nie buiten Hom; roep Hom dus aan, opreg in gehoorsaam heid teenoor Hom. Alle lof behoort aan Allah, die Heer van die Wêrelde!
40:66. Sê: Dit is my nie geoorloof om diegene te aanbid wat julle buiten Allah aanroep nie, noudat duide like bewyse van julle Heer reeds tot my gekom het; en ek is beveel om my aan die Heer van die Wêrelde te onderwerp.
40:67. Dit is Hy wat julle uit stof geskape het, toe uit ’n sperm, daarna uit ’n bloedstolsel, waarna Hy julle as kinders voortbring; dan bereik julle volwassenheid en word oud; en sommige van julle sterf vroeg en ander bereik ’n vasgestelde tyd; sodat julle kan verstaan.
40:68. Dit is Hy wat lewe gee en ook die dood. En wanneer Hy iets besluit, sê Hy slegs: Wees, en dit word.

Afdeling 8: Die einde van alle teëstand

40:69. Het u nie húlle gesien wat oor die tekens van Allah argumenteer nie? Hoe het hulle nie afgedwaal nie!
40:70. Hulle wat die Boek verwerp en dit waarmee Ons Ons boodskappers gestuur het. Maar hulle sal weldra te wete kom.
40:71. Wanneer boeie om hulle nekke sal wees en ook kettings. Hulle sal gesleep word
40:72. in kokende water; daarna sal hulle in die Vuur brand.
40:73. Dan sal aan hulle gevra word: Waar is julle afgode
40:74. wat julle naas Allah aanbid het? Hulle sal sê: Hulle het ons in die steek gelaat; nee, ons was voor heen nie daaraan gewoond om te aanbid nie. Want so skep Allah verwarring vir die ongelowiges.
40:75. Dit is omdat julle ten onregte op die aarde gejubel het, en omdat julle onbeskaamd was.
40:76. Gaan die hekke van die Hel binne om daarin te bly; boos dan is die tuiste van die arrogantes.
40:77. Wees derhalwe geduldig, want die belofte van Allah is sekerlik waar. Maar of Ons u die straf waarmee Ons hulle bedreig gedeeltelik laat sien, of u laat sterwe, hulle sal sekerlik tot Ons terugkeer.
40:78. En inderdaad het Ons boodskappers vóór u gestuur ~ sommige van hulle het Ons aan u genoem, en ander nie. Ook was dit nie moontlik vir ’n boodskapper om ’n teken te bring sonder die toestemming van Allah nie. En wanneer die gebod van Allah kom, word die oordeel met waarheid uitgspreek, en diegene wat dit as ’n leuen beskou het, sal verlore wees.

Afdeling 9: Die einde van alle teëstand

40:79. Dit is Allah wat die vee vir julle gemaak het, sodat julle op sommige van hulle kan ry en sommige van hulle kan eet.
40:80. En hulle hou vir julle sekere voordele in, sodat julle deur middel van hulle elke behoefte van die hart kan versadig. En op hulle, en op skepe, word julle vervoer.
40:81. En Hy toon julle Sy tekens; watter van Sy tekens sal julle dan verwerp?
40:82. Reis hulle dan nie deur die land en sien hulle nie wat die einde van diegene vóór hulle was nie? Hulle was groter in getal en magtiger in krag en veiliger verskans in die land, maar wat hulle verdien het, het hulle nie gebaat nie.
40:83. En toe hulle boodskappers met duidelike bewyse tot hulle gekom het, het hulle hul verheug in die kennis wat hulle besit het; en die straf waaroor hulle gespot het, het hulle verstrik.
40:84. Maar toe hulle Ons straf sien, het hulle gesê: Ons glo slegs in Allah, en ons verloën wat ons vantevore met Hom vereenselwig het.
40:85. Maar toe hulle Ons straf sien, kon hulle geloof hul nie meer baat nie. Want sodanig is die Wet van Allah, en dit neem altyd sy loop teenoor Sy dienaars; en die ongelowiges raak verlore.

Hoofstuk 41: Gaa-Miem

Afdeling 1: ’n Uitnodiging tot die Waarheid

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

41:1. Gaa, Mien. {Allegoriese letters}
41:2. ’n Openbaring van die Barmhar tige, die Genadige.
41:3. ’n Boek waarvan die verse verduidelik word; ’n Arabiese Qur’ãn vir ’n volk wat weet.
41:4. Goeie nuus, en ’n waarskuwing. Maar die meeste mense draai weg daarvan, en wil nie luister nie.
41:5. En hulle sê: Ons harte is gesluier teen dít waartoe u ons roep, en daar is doofheid in ons ore, en tussen u en ons is ’n skerm; gaan daarom aan met u werk, ons werk ook.
41:6. Sê: Ek is maar net so ’n sterfling soos julle. Dit is aan my geopenbaar dat julle God een God is; hou dus op die reguit pad na Hom en vra om Sy beskerming. En wee die heidene!
41:7. Hulle wat geen offergawes gee nie en wat nie in die Hiernamaals glo nie.
41:8. Diegene wat glo en goeddoen, vir hulle is daar sekerlik ’n beloning wat nooit teruggetrek sal word nie.

Afdeling 2: Die Waarskuwing

41:9. Sê: Verwerp julle werklik vir Hom wat die aarde in twee tydperke geskape het, en rig julle gelykes naas Hom op, terwyl Hy tog die Heer van die Wêrelde is?
41:10. Hy het daarin op die oppervlak van die aarde berge opgerig, en Hy het dit geseën en daarin voedingsmiddele bepaal, in vier tydperke, vir alle soekers ewe veel.
41:11. Daarna het Hy Hom tot die Hemel gewend ~ en dit was ’n soort wasem ~ toe het Hy daaraan en aan die aarde gesê: Kom julle albei, gewillig of onwillig. Beide het gesê: Ons kom gewillig.
41:12. So het Hy hulle in twee tydperke verorden as sewe hemele, en vir elke hemel sy taak aangewys. En Ons het die laagste hemel as ’n beskerming met ligte versier. Dit is die verordening van die Allermagtige, die Alleswetende.
41:13. Maar as hulle afkerig is, sê dan: Ek waarsku julle teen ’n blitsstraal soos die blitsstraal wat Aad en Thamoed bewusteloos geslaan het.
41:14. Toe die boodskappers hulle van voor en van agter genader het en gesê het: Aanbid niemand buiten Allah; het hulle gesê: As ons Heer wou, sou Hy engele afge stuur het. Daarom glo ons nie in dít waarmee u gestuur is nie.
41:15. Wat Aad dan aanbetref, hulle was ten onregte arrogant in die land, en het gesê: Wie is sterker as ons? Sien hulle dan nie dat Allah wat hulle geskape het, sterker is as hulle nie? En hulle het Ons tekens ontken.
41:16. En Ons het ’n skreeuende wind gedurende noodlottige dae op hulle afgestuur, sodat Ons hulle ’n straf van vernedering in die lewe van hierdie wêreld kon laat smaak. En die straf van die Hiernamaals is gewis nog meer vernederend, en hulle sal nie gehelp word nie.
41:17. En wat Thamoed betref, Ons het hulle die regte weg aangewys, maar hulle het blindheid bo leiding verkies, daarom het die blits van ’n vernederende straf hulle getref, omdat hulle dit verdien het.
41:18. En hulle wat geglo het en godvresend was, het Ons gered.

Afdeling 3: Die getuienis van die mens teen homself

41:19. En op die Dag wanneer die vyande van Allah in die Vuur versamel sal word, sal hulle in groepe verdeel word.

41:20. En wanner hulle daarnatoe aankom, sal hulle ore en hulle oë en hulle velle getuienis teen hulle aflê oor wat hulle gedoen het.
41:21. En hulle sal aan hulle velle sê: Waarom getuig julle teen ons? Dit sal sê: Allah, wat alles laat praat, het ons ook laat praat, en Hy het julle geskape en tot Hom sal julle teruggebring word.
41:22. En julle het nie julleself verberg uit vrees dat julle ore en julle oë en julle velle getuienis teen julle sal aflê nie; julle het gedink dat Allah niks van julle dade af weet nie.
41:23. En die valse gedagtes wat julle oor julle Heer gekoester het, het julle na die verderf gelei, daarom is julle verloorders.
41:24. Al is hulle nou geduldig, sal die Vuur nogtans hulle verblyfplek wees. Al smeek hulle om gena de, aan hulle sal geen genade betoon word nie.
41:25. Ons het vir hulle geselle gegee wat dít wat voor hulle is en dít wat agter hulle is aantreklik sal laat lyk; en die woord is bewaarheid teen die nasies van djien en mense wat vóór hulle heengegaan het: gewis, hulle is verloorders.

Afdeling 4: Die gelowiges word versterk

41:26. En die ongelowiges sê: Moenie na hierdie Qur’ãn luister nie, maar maak geraas as dit voor gelees word; miskien kry julle nog die oorhand.
41:27. Maar Ons sal die ongelowiges sekerlik ’n streng straf laat ondergaan, en Ons sal hulle sekerlik vergeld vir die boosste van hulle dade.
41:28. Die beloning van Allah se vyande is die Vuur. Daarin sal vir hulle ’n verblyfplek wees om in te bly. ’n Vergelding, omdat hulle Ons tekens verwerp het.
41:29. En die ongelowiges sal sê: Ons Heer! Wys ons diegene aan onder die djien en mense wat ons verlei het, sodat ons hulle onder ons voete kan vertrap, en sodat hulle verneder kan word.
41:30. Diegene wat sê: Ons Heer is Allah, en op die regte weg voort- gaan, die engele daal neer op hulle, en sê: Moenie vrees nie, en treur ook nie, en ontvang die goeie nuus van die Paradys wat aan julle belowe is.
41:31. Ons is julle vriende in die lewe van hierdie wêreld en ook in die Hiernamaals, en julle sal daarin verkry wat julle siele verlang en daarna waarom julle vra.
41:32. ’n Geskikte geskenk van die Vergewensgesinde, die Genadevolle.

Afdeling 5: Die uitwerking van die Openbaring

41:33. En wie se woorde is welgeval liger as hy wat Allah aanroep en goeddoen, en sê: Ek behoort sekerlik tot diegene wat hul onderwerp.
41:34. En goed en kwaad is nie eenders nie. Weerstaan die kwaad deur middel van die goeie. En kyk, tussen jou en jou vyand sal ’n boesemvriendskap ontluik.
41:35. En aan niemand word dit toegeken nie, behalwe aan hulle wat geduldig is, en aan niemand word dit toegeken nie behalwe aan die ontvanger van ’n groot gawe.
41:36. En as ’n valse inblasing van die duiwel u kwel, soek dan toevlug by Allah. Waarlik, Hy is die Alleshorende, die Alleswetende.
41:37. En onder Sy tekens is daar die nag en die dag en die son en die maan. En prostreer nie voor die son nie, en ook nie voor die maan nie, maar prostreer voor Allah, wat hulle geskape het, indien dit Hy is vir wie julle aanbid.
41:38. Maar as hulle hoogmoedig is, dan is daar nog altyd diegene by u Heer wat Hom dag en nag verheerlik en daarvan nie moeg word nie.
41:39. En dit is ’n teken van Hom: dat u die aarde doodstil sien staan, maar wanneer Ons water daarop neerstuur, dan roer dit en swel uit. Hy wat die lewe daaraan skenk, het sekerlik ook die mag om dooies op te wek. Waarlik, Hy het mag oor alle dinge.
41:40. Hulle wat Ons tekens verdraai, is aan Ons nie onbekend nie. Is hy wat in die Vuur gewerp sal word dan beter daaraan toe as hy wat op die Opstandingsdag veilig sal wees? Doen wat julle wil; waarlik, Hy sien alles wat julle doen.
41:41. Diegene wat nie in die Verma ning glo wanneer dit na hulle kom nie, sal die verloorders wees; en waarlik, dit is ’n Onoorwinlike Boek:
41:42. Valsheid kan dit nie van voor of van agter benadeel nie: ’n openbaring van die Allerwyse, die Lofwaardige.
41:43. Niks word aan u gesê nie, behalwe wat ook aan die boodskappers vóór u gesê is. Waarlik, u Heer is die Heer van Vergifnis, en die Heer van die Smartlike Straf.
41:44. En indien Ons ’n Qur’ãn in ’n vreemde taal gegee het, sou hulle gesê het: Waarom is sy bood skappe nie duidelik gemaak nie? Hoe nou? ’n Vreemde taal, en ’n Arabier! Sê: Dit is ’n leiding tot genesing vir die gelowiges. En aangaande diegene ~ die ongelowiges ~ daar is ’n doofheid in hulle ore, en dit is vir hulle onduidelik. Hulle word vanaf ’n afgeleë plek geroep.

Afdeling 6: Die geleidelike verspreiding van die waarheid

41:45. En inderdaad het Ons aan Moses die Boek gegee, maar geskille het daaroor ontstaan. En was dit nie dat ’n woord van u Heer reeds voorafgegaan het nie, sou daar sekerlik ’n oordeel tussen hulle uitgespreek gewees het, want waarlik, hulle verkeer daaroor in ’n verontrustende twyfel.
41:46. Wie goeddoen, doen dit vir sy eie siel; en wie kwaad bedrywe, doen dit tot sy eie nadeel. En u Heer is geensins onregverdig teenoor Sy dienaars nie.
41:47. Slegs Hy besit kennnis aangaande die Uur. En uit geen blomskede kom vrugte voort, en geen vrou word swanger of verlos, sonder dat Hy daarvan weet nie. En op die Dag wanneer Hy aan hulle sal vra: Waar is My deelgenote? Sal hulle sê: Ons verklaar aan U dat geeneen van ons getuienis daarvan kan aflê nie.
41:48. En diegene wat hulle voorheen aangeroep het, sal hulle in die steek laat, en hulle sal weet dat hulle nie kan ontsnap nie.
41:49. En die mens word nie moeg om die goeie te aanbid nie, maar as die kwaad hom tref, dan is hy wanhopig, sonder hoop.
41:50. En as Ons hom barmhartigheid laat smaak nadat hy kommer gehad het, dan sê hy: Dit kom my toe, en ek reken nie dat die Uur ooit sal aanbreek nie; en as ek na my Heer teruggebring word, sal ek by Hom sekerlik net die allerbeste vind. Maar Ons sal die ongelowiges spoedig omtrent hulle dade inlig, en Ons sal hulle straf met ’n swaar straf.
41:51. En wanneer Ons aan die mens guns bewys, draai hy weg en word afvallig; maar wanneer die kwaad hom aanraak, kyk! dan bid hy baie lang gebede.
41:52. Sê: Sien julle, as die Qur’ãn van Allah is en julle glo nie daarin nie, wie verkeer dan in ’n groter dwaling as hy wat hom daarteen verset?
41:53. Ons sal weldra Ons tekens in afgeleë streke en onder hulle eie volk toon, totdat dit vir hulle heeltemal duidelik is dat dit die Waarheid is. Is dit nie genoeg dat u Heer ’n Getuie oor alle dinge is nie?
41:54. Nou verkeer hulle sekerlik in twyfel aangaande die ontmoeting met hulle Heer. Kyk! Hy omvat alle dinge.

Hoofstuk 42: Beraadslaging

Afdeling 1: Die Goddelike Genade om te waarsku

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

42:1. Gaa-Mien. {Allegoriese letters}
42:2. Ein-Sien-Kôf. {Allegoriese letters!}
42:3. Net so openbaar Allah, die Almagtige, die Allerwyse, aan u; en aan hulle vóór u het Hy reeds openbaar.
42:4. Aan Hom behoort alles wat in die hemele en op die aarde is; Hy is die Allerhoogste, die Allergrootste.
42:5. Die hemele mag byna uit mekaarbars bo-oor hulle, maar die engele verheerlik die lof van hulle Heer en vra vergifnis vir diegene wat op die aarde is. Waarlik, Allah is die Ver gewensgesinde, die Genadige.
42:6. En hulle wat beskermers buiten Hom neem ~ Allah waak oor hulle; en u is nie ’n voog oor hulle nie.
42:7. En Ons het ’n Arabiese Qur’ãn aan u geopenbaar, sodat u die Moeder van Stede {Mekka} en wie in haar omstreke is, kan waarsku, en verdere waarskuwings kan uitreik omtrent die Dag van Versameling waaroor daar geen twyfel kan wees nie. Sommige sal in die Paradys wees en sommige sal in die Brandende Vuur wees.
42:8. En as Allah wou, kon Hy van hulle een enkele volk gemaak het, maar Hy laat in Sy barmhar tigheid toe wie Hy wil. En die kwaaddoeners sal nóg beskermer nóg helper hê.
42:9. Of het hulle beskermers buiten Hom geneem? Maar Allah is die enigste Beskermer, en Hy wek die dooies op, en Hy het mag oor alle dinge.

Afdeling 2: Die Oordeel word gevel

42:10. En waaroor julle ook al mag verskil, die beslissing daarvan berus by Allah. Daarom is Allah my Heer; in Hom stel ek my vertroue, en tot Hom bekeer ek my.
42:11. Die Skepper van die hemele en die aarde. Hy het julle in pare geskape, net soos Hy die vee ook in pare geskape het, en Hy laat julle daardeur vermenig vuldig. Niks is soos Hy nie; en hy is die Alleshorende, die Allessiende.
42:12. Aan Hom behoort die skatte van die hemele en die aarde; ~ Hy vergroot en verkort die voorsiening in vir wie Hy wil. Voorwaar, Hy het kennis van alle dinge.
42:13. Hy het aan julle die godsdiens verduidelik wat Hy Noag opgelê het, en wat Ons aan u geopenbaar het, en wat Ons Abraham en Moses en Jesus opgelê het ~ om die godsdiens in ere te hou en nie verdeeld daaroor te wees nie. Vir die heidene is dit ’n moeilike weg waarnatoe u hulle roep. Allah kies vir Hom wie Hy wil en lei tot Hom wie in berou na Hom kom.
42:14. En hulle was nie verdeeld nie behalwe nadat die kennis tot hulle gekom het, en slegs deur selfsugtige afguns onder mekaar. En was dit nie dat ’n woord van u Heer dit voorafgegaan het vir ’n vasgestelde tyd nie, dan was die saak tussen hulle sekerlik al beslis. En diegene wat die Boek ná hulle geërf het, verkeer sekerlik in ’n verontrustende twyfel daaroor.
42:15. Nooi hulle dan hiernatoe uit, en wees standvastig soos u beveel is en volg nie hulle slegte begeertes na nie, en sê: Ek glo in dit wat Allah in die Boek geopenbaar het, en ek is beveel om regverdig tussen julle te oordeel. Allah is ons Heer en julle Heer. Vir ons ons werke; en vir julle julle werke. Daar bestaan geen argument tussen ons en julle nie. Allah sal ons bymekaar versamel en tot Hom is die terugkeer.
42:16. En hulle wat oor Allah argumenteer nadat hulle Hom onderdanig was, hulle smekinge dra by hulle Heer geen krag nie; daar is toorn oor hulle en daar sal ’n streng straf vir hulle wees.
42:17. Dit is Allah wat die Boek met waarheid geopenbaar het, en ook die Weegskaal; wat sal u laat begryp dat die Uur dalk naby is?
42:18. Diegene wat nie daarin glo nie wil dit verhaas, en die gelowiges vrees dit, en hulle weet dat dit die Waarheid is. Waarlik, die gene wat redekawel oor die Uur, het reeds ver afgedwaal.
42:19. Allah is Genadig teenoor Sy dienaars; Hy gee lewensmiddele aan wie Hy wil; en Hy is die Sterke, die Allermagtige.

Afdeling 3: Die behandeling van Allah is regverdig

42:20. Wie die oes van die Hiernamaals begeer, sy oes sal Ons vir hom laat toeneem; maar hy wat na die oes van hierdie wêreld ver lang, vir hom gee Ons daarvan; maar in die Hiernamaals sal hy geen aandeel hê nie.
42:21. Of het hulle dan afgode wat vir hulle ’n godsdiens voorgeskryf het waartoe Allah geen toestemming verleen het nie? En was dit nie dat die woord van oordeel reeds uitgevaardig is nie, dan sou daar sekerlik nou tussen hulle geoordeel word. En vir die kwaaddoeners is daar gewis ’n pynlike straf.
42:22. U sal die onregverdiges sien vrees as gevolg van wat hulle verdien het, en dit sal hulle sekerlik tref. En hulle wat glo en goeddoen, sal in die Tuine van die Paradys wees. Hulle sal by hulle Heer vind alles wat hulle begeer . Dít is die groot goedertierenheid.
42:23. Aangaande hierdie dinge bring Allah ’n blye tyding aan Sy dienaars wat glo en goeddoen. Sê: Ek vra julle geen beloning hiervoor nie, behalwe dat julle mekaar moet liefhê. En wie goeie dade doen, Ons sal dit vir hom laat toeneem. Waarlik, Allah is Vergewensgesind, Erkentlik.
42:24. Of sê hulle: Hy het ’n leuen teen Allah versin? As Allah dit wou hê, kon Hy u hart teen hulle verseël het. En Allah wis die valsheid uit en bevestig die waarheid met Sy woorde. Voorwaar, Hy weet wat in die harte van mense is.
42:25. En dit is Hy wat berou van Sy dienaars aanvaar en hulle bose dade uitwis, en Hy weet wat julle doen;
42:26. en Hy beantwoord die gelowiges wat goeie werke doen, en gee hulle nog meer uit Sy oorvloed. En op die ongelowiges wag daar ’n streng straf.
42:27. En as Allah die voorsiening vir Sy dienaars vergroot het, sou hulle sekerlik op aarde in opstand gekom het; maar Hy stuur dit af met mate soos Hy dit goedvind. Waarlik, Hy is die Allerbewuste, die Siener van Sy dienaars.
42:28. En dit is Hy wat die reën afstuur nadat hulle daaraan gewanhoop het, en Hy versprei Sy barmhar tigheid. En Hy is die Vriend, die Lofwaardige.
42:29. Een van Sy tekens is die skepping van die hemele en die aarde, en die lewende wesens wat Hy in hulle albei geplaas het. En Hy is Magtig genoeg om hulle bymekaar te versamel wanneer Hy wil.

Afdeling 4: Die gelowiges moet geduldig wees

42:30. En watter ongeluk julle ook mag oorkom, dit is wat julle hande bewerk het; maar Hy vergewe baie dinge.
42:31. En julle kan nie op die aarde ontsnap nie, nóg het julle ’n enkele vriend of helper buiten Allah.
42:32. En een van Sy tekens is die skepe wat soos berge op die see vaar.
42:33. As Hy wil, kan Hy die wind stil maak sodat die skepe bewegingloos op die see lê. Hierin is waarlik tekens vir elke gedul dige en dankbare persoon.
42:34. Of Hy kan hulle laat vernietig omdat hulle dit verdien het, maar Hy vergewe dikwels
42:35. sodat hulle wat oor Ons tekens redekawel, tot insig kan kom. Vir hulle is daar geen toevlug nie.
42:36. Wat aan julle gegee is, is slegs ’n voorsiening vir die lewe van hierdie wêreld, en wat by Allah is, is beter en van langer duur vir diegene wat glo en hulle ver troue in hul Heer stel;
42:37. en diegene wat die groot sondes en die onwelvoeglikhede vermy, en hulle wat vergewe wanneer hulle kwaad aangedoen word;
42:38. en diegene wat na hulle Heer luister en die gebed onderhou, en wie se sake deur wedersydse beraadslaging beslis word, en wat bestee van wat Ons aan hulle gegee het;
42:39. en diegene wat hulself verdedig wanneer ’n groot onreg hulle aangedoen word.
42:40. En die kwaad sal met die gelyke daarvan vergeld word, maar wie vergewe en versoening begeer, sy beloning is by Allah. Voorwaar Hy het die kwaaddoeners nie lief nie.
42:41. En wie homself verdedig nadat hy onderdruk is, teen hulle dan is daar geen verwyte nie.
42:42. Verwyte is slegs teen die ver drukkers en wie ten onregte op die aarde wanorde stig. Vir hulle is daar ’n smartlike straf.
42:43. En wie dan geduldig is en ver gewe ~ dit is sekerlik ’n saak van groot beslissing.

Afdeling 5: Die Openbaring is tereg

42:44. Hy vir wie Allah laat dwaal, sal geen beskermer hê buiten Hom nie. En u sal die kwaaddoeners sien wanneer hulle die straf aanskou, en wanneer hulle sal sê: Is daar dan geen uitkoms nie?
42:45. En u sal hulle sien as hulle na die Vuur gebring word: verootmoedig omdat hulle verneder is, terwyl hulle oë neergeslaan is. En die gelowiges sal sê: Die verloorders is húlle wat hul persoon en hul volgelinge op die Opstandingsdag sal verlooor. Kyk! die kwaaddoeners sal ’n blywende straf ontvang.
42:46. En hulle sal buiten Allah geen helpende vriend hê nie. En vir hom wat Allah laat dwaal, sal niemand ’n weg kan vind nie.
42:47. Luister na julle Heer voordat die Dag van Allah kom wat niemand kan afweer nie. Julle sal geen toevlug op daardie Dag hê nie, nóg enige kans om te ontken.
42:48. Maar as hulle weg draai, dan het Ons u nie as oppasser oor hulle aangestel nie. U plig is slegs om die boodskap af te lewer. En waarlik, wanneer Ons die mens Ons barmhartigheid laat smaak, dan verheug hy hom daarin; maar indien ’n kwaad hulle tref as gevolg van wat hulle eie hande vooruitgestuur het, dan is die mens waarlik ondankbaar.
42:49. Aan Allah behoort die konink ryk van die hemele en die aarde. Hy skep wat Hy wil. Hy skenk dogters aan wie Hy wil en seuns aan wie Hy wil,
42:50. of Hy skenk hulle sowel seuns as dogters; en Hy maak onvrugbaar wie Hy wil. Voorwaar, Hy is Alleswetend, Allermagtig.
42:51. Dit is nie aan die mens toe gestaan dat Allah met hom sal praat nie, behalwe deur openba ringe, of van agter ’n sluier, of deur ’n boodskapper te stuur om deur Sy gebod te openbaar wat Hy wil. Voorwaar, Hy is Verhewe, die Allerwyse.
42:52. En Ons het aan u deur Ons gebod ’n besielende Boek geopenbaar. U het nie geweet wat die Boek was, of wat geloof was nie, maar Ons het dit tot ’n lig gemaak waardeur Ons leiding verleen aan diegene van Ons dienaars soos Ons wil. En voorwaar u lei na die regte pad:
42:53. die pad van Allah, aan Wie alles behoort wat in die hemele en op die aarde is. Nou waarlik, tot Allah is die uiteindelike terugkeer van alle dinge.

Hoofstuk 43: Goud

Afdeling 1: Openbaring is ’n Goddelike Guns

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

43:1. Gaa-Mien. {Allegoriese letters}
43:2. By die Boek wat verduidelik!
43:3. Voorwaar, Ons het dit ’n Arabiese Qur’ãn gemaak sodat julle dit kan verstaan.
43:4. En dit is in die Oorspronklike Boek by Ons, voorwaar ver hewe, vol van wysheid.
43:5. Sal Ons dan die Vermaning van julle weerhou omdat julle ’n oortredende volk is?
43:6. En hoeveel profete het Ons nie onder die vorige geslag uitgestuur nie!
43:7. En nog nooit het daar ’n profeet na hulle gekom nie, of hy is bespot.
43:8. Daarna het Ons diegene vernie tig wie se heldemoed nog groter was as hierdie mense s’n. Die voorbeeld van die volke van die ou tyd het reeds voorafgegaan.
43:9. En as hulle sou vra: Wie het die hemele en die aarde geskape? sal hulle sê: Die Allermagtige, die Alleswetende Een, het dit geskape;
43:10. Hy wat die aarde as ’n rusplek vir julle gemaak het, en daarin weë vir julle gebaan het, sodat julle die regte weg kan volg.
43:11. En wat water uit die wolke in die regte mate afstuur, waarna Ons die dooie aarde daardeur lewen dig laat word; net so sal julle ook opgewek word.
43:12. En wat alle dinge in pare geskape het, en vir julle skepe en vee gemaak het waarop julle ry,
43:13. sodat julle stewig op hulle rûe kan ry en dan, wanneer julle stewig daarop sit, die guns van julle Heer kan oordink, en sê: Lof kom Hom toe, wat dit vir ons in diens gestel het, want ons was onbekwaam om dit te doen,
43:14. en waarlik, ons moet na ons Heer terugkeer.
43:15. En hulle stel ’n deel van Sy dienaars naas Hom op. Welis waar, die mens is klaarblyklik ondankbaar.

Afdeling 2: Veeelgoder y veroordeel

43:16. Of het Hy dogters vir Homself geneem wat Hy geskape het, en vir julle seuns gekies?
43:17. En wanneer nuus aan een van hulle gegee word omtrent dít waarvan hy ’n gelykenis naas die Barmhartige opgestel het, word sy gesig swart en raak hy woedend.
43:18. Is enigeen wat met ornamente getooi word en onbekwaam is om ’n toespraak in ’n getwis te voer, ’n deelgenoot van God?
43:19. En hulle sê die engele wat dienaars van die Barmhartige is, is vroulike wesens.
43:20. En hulle sê: As die Barmhartige dit wou, sou ons hulle nie aanbid het nie. Hulle het geheel en al nie kennis daarvan nie; hulle vermoed slegs.
43:21. Of het Ons voorheen aan hulle ’n boek gegee, waaraan hulle nou kan vashou?
43:22. Nee, hulle sê: Ons het ons vaders op ’n weg gevind, en ons word waarlik deur hulle voet stappe op die weg gelei.
43:23. En waarlik, nooit het Ons ’n waarskuwer vóór u na ’n stad gestuur nie, of die rykes daarvan het gesê: Ons het gevind dat ons vaders ’n godsdiens gevolg het en ons volg in hulle voetstappe.
43:24. Die waarskuwer het gesê: Hoe nou? Al bring ek u ook ’n beter leiding as wat julle vaders jul kon bied? Hulle antwoord was: Waarlik, ons glo nie in u bood skap nie.
43:25. Daarom het Ons hulle met die straf vergeld, en kyk dan wat was die einde van die leuenaars!

Afdeling 3: Allah se keuse van ’n Profeet

43:26. En toe Abraham aan sy vader en sy volk gesê het: Voorwaar, ek is bevry van wat julle aanbid,
43:27. behalwe van Hom wat my geskape het, want waarlik, Hy sal my reg lei.
43:28. En Hy het dit ’n blywende woord vir sy nageslag gemaak sodat hulle kon teugkeer.
43:29. Nee, Ek het diesulkes en hul vaders hul handelinge laat geniet totdat die waarheid en die wel sprekende Boodskapper na hulle gekom het.
43:30. En toe die Waarheid na hulle gekom het, het hulle gesê: Dit is towerkuns, en ons glo volstrek nie daaraan nie.
43:31. En hulle sê: Waarom is hierdie Qur’ãn nie aan ’n man van aansien in die twee stede {Mekka en Taaif} geopenbaar nie?
43:32. Deel húlle die genade van u Heer uit? Ons deel hulle lewensonderhoud uit in die lewe van hierdie wêreld, en Ons verhef sommige van hulle bo ander in grade, sodat sommige van hulle ander in diens kan neem. En die barmhartigheid van u Heer is beter as die dinge wat hulle opgaar.
43:33. En was dit nie dat al die mense dalk een ongelowige gemeen skap kon word nie, sou Ons vir diegene wat nie in die Barm hartige glo nie, huise met dakke van silwer geskenk het, en ook trappies van silwer waarmee hulle na bo kan klim,
43:34. en silwerdeure vir hulle huise: en die sofa’s waarop hulle hul neervly,
43:35. is van goud. Maar dit alles is niks anders nie as ’n voorsiening vir die lewe van hierdie wêreld; en die Hiernamaals is by u Heer slegs vir die godvresendes.

Afdeling 4: Die verset teen die Waarheid is strafbaar

43:36. En wie homself van die oor denkinge van die Barmhartige weerhou, vir hom stel Ons die duiwel as ’n metgesel aan.
43:37. En voorwaar, hy lei hulle van die regte weg af, terwyl hulle dink dat hulle reg gelei word.
43:38. En wanneer hy by Ons kom, sê hy: O was u en ek maar liewer so ver as die Ooste van die Weste van mekaar verwyder. Boos is dié metgesel inderdaad.
43:39. En op daardie Dag sal dit julle niks baat nie, omdat julle kwaad gedoen het; daarom sal julle albei deelgenote in die straf wees.
43:40. Kan u dan die dowe laat hoor, of die blinde lei, en so ook hom wat in klaarblyklike dwaling verkeer?
43:41. As Ons u van hulle af wegneem, sal Ons hulle tog met straf vergeld.
43:42. Of Ons sal u wys wat Ons hulle belowe het, want sekerlik het Ons mag oor hulle.
43:43. Hou dan vas aan wat Ons aan u geopenbaar het; u is voorwaar op die regte pad.
43:44. En waarlik, dit is ’n vermaning vir u en u volk, en julle sal daar- oor ondervra word.
43:45. En vra maar vir Ons boodskappers wat Ons vóór u gestuur het: Het Ons ooit iemand aan geraai om buiten die Barmhar tige gode te aanbid?

Afdeling 5: Die teëstand van Farao teen Moses

43:46. En waarlik, Ons het Moses met Ons tekens na Farao en sy owerstes gestuur, en hy het gesê: Ek is die boodskapper van die Heer van die Wêrelde.
43:47. Maar toe hy hulle Ons tekens gebring het, het hulle hom uitgelag.
43:48. En nooit het Ons hulle ’n teken getoon nie, of dit was groter as die een wat dit vooraf gegaan het, en Ons het hulle met kastyding getref, sodat hulle hul kon bekeer.
43:49. En hulle het gesê: O, u towerkunstenaar! Roep u Heer aan om ons ontwil, aangesien Hy die verdrag met u gesluit het; ons sal gewis die leiding volg.
43:50. Maar toe Ons die straf van hulle verwyder het, kyk! het hulle die gelofte verbreek.
43:51. En Farao het onder sy volk laat aankondig, en gesê: O my volk! Behoort die koninkryk van Egipte nie aan my nie? En vloei hierdie riviere nie benede my nie? Sien julle dan nie?
43:52. Is ek nie beter as hierdie man nie? Hy wat veragtelik is, en hom skaars duidelik kan uitdruk.
43:53. Hoekom is daar dan geen arm bande van goud aan hom geskenk, of het engele nie in ’n optog saam met hom gekom nie?
43:54. So het hy dan sy volk mislei en hulle het hom gehoorsaam. Hulle was inderdaad ’n oortredende volk.
43:55. Toe hulle Ons dan vertoorn het, het Ons hulle met die straf vergeld, en Ons het hulle almal laat verdrink.
43:56. En Ons het van hulle ’n ver gange volk gemaak en ’n voor beeld vir die komende geslagte.

Afdeling 6: Jeses as Profeet

43:57. En wanneer die seun van Maria as ’n voorbeeld genoem word, dan hef u volk ’n geskreeu aan.
43:58. En hulle sê: Is óns gode beter, of is hy beter? En hulle noem dit slegs aan u om argument te soek. Nee, hulle is ’n twissieke volk.
43:59. Hy was niemand anders nie as ’n dienaar aan wie Ons guns bewys het, en Ons het hom tot voorbeeld vir die Kinders van Israel gestel.
43:60. En as Ons wou, kon Ons engele na julle gestuur het om Ons plaasvervangers in die land te wees.
43:61. En hierdie openbaring is seker lik kennis van die Uur; twyfel dus nie daaraan nie, en volg My. Dit is die regte weg.
43:62. En laat die duiwel julle nie verhinder nie; voorwaar, hy is vir julle ’n openlike vyand.
43:63. En toe Jesus met duidelike bewyse gekom het, het hy gesê: Ek het inderdaad met wysheid na julle gekom om aan julle ’n verduideliking te gee van dít waaroor julle onderling verskil. Wees dus bewus van Allah en gehoorsaam my.
43:64. Voorwaar, Allah is my Heer en julle Heer. Dien Hom daarom. Dit is die regte weg.
43:65. Maar baie groepe onder hulle was onenig. Wee dan diegene wat kwaad gedoen het, weens die straf van ’n smartlike Dag!
43:66. Wag hulle dan slegs vir die Uur wat plotseling oor hulle sal kom terwyl hulle dit nie besef nie?
43:67. Vriende sal op daardie Dag vyande van mekaar wees, behalwe die godvresendes.

Afdeling 7: Die twee par tye

43:68. O My dienaars! Julle sal op hierdie Dag nie vrees nie, nóg sal julle treur:
43:69. Diegene wat in Ons tekens geglo het en hulle aan Ons onderdanig gemaak het,
43:70. gaan die Paradys binne ~ julle en julle eggenotes ~ en wees gelukkig.
43:71. Daar sal goue skottels en drinkbekers na hulle rondgestuur word, en daarin sal dít wees waarna die siele verlang en wat die oë behaag. En julle sal daar bly.
43:72. En dít is die Tuin wat julle toegelaat sal word om te erf, as beloning vir julle dade.
43:73. Daarin is vir julle ’n oorvloed van vrugte waarvan julle kan eet.
43:74. Die misdadigers sal gewis in die Vuur van die Hel bly woon.
43:75. En dit sal vir hulle nie ligter gemaak word nie, en hulle sal daarin wanhopig word.
43:76. En Ons het hulle geen onreg aangedoen nie, maar hulle was self die kwaaddoeners.
43:77. En hulle sal tot die engel van die Hel skreeu: O Maaliek! Laat u Heer ’n einde aan ons maak. Hy sal antwoord: Julle sal hier bly.
43:78. Ons het julle sekerlik die Waarheid gebring, maar die meeste van julle is daarvan afkerig.
43:79. Of het hulle ’n saak besluit? Maar dit is Ons wat sake besluit.
43:80. Of dink hulle dat Ons nie hulle geheime en hulle private beraadslagings hoor nie? Ja, seker! Ons boodskappers by hulle skrywe alles op.
43:81. Sê: Die Barmhartige het geen seun nie; daarom is ek een van die vernaamste aanbidders van God.
43:82. Verhewe is die Heer van die hemele en die aarde, die Heer van die troon van Mag, bo alles wat hulle beskryf!
43:83. Laat hulle maar praat en hulself vermaak, tot op die Dag wat aan hulle belowe is.
43:84. En dit is Hy wat God in die hemel en God op die aarde is. En Hy is die Allerwyse, die Alleswetende.
43:85. En geseënd is Hy, aan wie die koninkryk van die hemele en die aarde, en alles wat daartussen is, behoort; en by Hom is die kennis van die Uur, en tot Hom sal julle teruggebring word.
43:86. En diegene wat hulle buiten Hom aanroep, kan nie vir hulle bemiddel nie, behalwe hy wat van die Waarheid getuienis aflê, en hulle ken hom.
43:87. En as u hulle sou vra wie hulle geskape het, sal hulle sê: Allah. Waarom draai hulle dan weg?
43:88. En sy uitroep is: O my Heer! Dit is ’n volk wat nie glo nie!
43:89. Draai dan weg van hulle, en sê: Vrede! Hulle sal dit weldra te wete kom.

Hoofstuk 44: Die Misneuwel

Afdeling 1: Ligte straf word deur strenge straf opgevolg

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

44:1. Gaa-Mien. {Allegoriese letters}
44:2. By die Boek wat verduidelik!
44:3. Waarlik, Ons het dit in ’n geseënde nag geopenbaar, en Ons waarsku altyd.
44:4. Daarin word alles verduidelik ~
44:5. ’n Gebod van Ons ~ waarlik, Ons stuur altyd boodskappers ~ ’n Genade van u Heer ~ voorwaar, Hy is die Alleshorende, die Alleswetende.
44:7. Die Heer van die hemele en die aarde en wat tussen hulle is, indien julle seker wil wees.
44:8. Daar is geen god buiten Hom nie; Hy gee lewe en ook die dood ~ julle Heer en die Heer van julle vaders van ouds.
44:9. Nee, in twyfel speel hulle.
44:10. Wag dan vir die Dag waarop die hemel ’n duidelike misneuwel teweeg sal bring,
44:11. wat die mense sal bedek. Dit is ’n smartlike straf.
44:12. Ons Heer! Verwyder die straf van ons; waarlik, ons is gelo wig! sal hulle sê.
44:13. Wanneer sal hulle herinner word? En ’n Boodskapper wat verduidelik, het inderdaad na hulle gekom;
44:14. tog het hulle van hom weggedraai, en gesê: Iemand deur ander onderwys, ’n besetene!
44:15. Ons sal die straf effens verlig, maar julle sal sekerlik tot die kwaad terugkeer.
44:16. Op die Dag wanneer Ons hulle met ’n geweldige greep sal vasvat, sal Ons hulle sekerlik met die straf vergeld.
44:17. En Ons het die volk van Farao vóór hulle reeds op die proef gestel, en ’n edele boodskapper het na hulle gekom,
44:18. en gesê: Oorhandig aan my die dienaars van Allah. Waarlik, ek is vir julle ’n betroubare boodskapper.
44:19. En verhef julle nie teen Allah nie. Voorwaar, ek bring julle ’n duidelike leiding.
44:20. En ek soek toevlug by my Heer, uit vrees dat julle my sal stenig.
44:21. En as julle nie in my glo nie, laat my dan alleen.
44:22. Toe het hy sy Heer aangeroep: Dit is inderdaad ’n sondige volk.
44:23. Allah het gesê: Trek dan weg met My dienaars gedurende die nag, want julle sal sekerlik agtervolg word,
44:24. en laat die kalm see agter. Voorwaar, hulle is ’n skare wat verdrink sal word.
44:25. Hoeveel tuine en fonteine het hulle agtergelaat!
44:26. En koringvelde en goeie plekke!
44:27. En genietinge waarin hulle hul verheug het!
44:28. So was dit. En Ons het ’n ander volk dit laat erf.
44:29. Die hemel en die aarde het nie oor hulle geween nie, nog minder is aan hulle uitstel verleen.

Afdeling 2: Goed en kwaad as beloning

44:30. En inderdaad het Ons die Kinders van Israel gered van ’n vernederende straf;
44:31. van Farao. Voorwaar! Hy was arrogant, sondig.
44:32. En Ons het hulle doelbewus bo ander volke uitverkies.
44:33. En Ons het hulle tekens gegee, waarin daar ’n duidelike beproewing was.
44:34. Hierdie ongelowiges sê:
44:35. Daar is slegs ons eerste dood en ons sal nie opgewek word nie.
44:36. Bring dan ons voorvaders terug, indien julle opreg is.
44:37. Is húlle beter as die volk van Toebba en diegene wat vóór hulle was? Ons het hulle vernietig, omdat hulle misdadig was.
44:38. En Ons het nie die hemele en die aarde en wat daartussen is, vir ydele pret gemaak nie.
44:39. En Ons het hulle nie anders geskape nie as deur waarheid, maar die meeste van hulle weet dit nie.
44:40. Voorwaar, die Dag van Beslis sing is vir hulle almal vasgestel.
44:41. Die Dag wanneer een vriend ’n ander niks sal baat nie, nóg sal hulle gehelp word,
44:42. behalwe diegene teenoor wie Allah genadig sal wees. Voorwaar, Hy is die Allermagtige, die Genadige.

Afdeling 3: Goed en kwaad as beloning

44:43. Voorwaar, die boom van Zakkoem
44:44. is die voedsel van die sondaars,
44:45. soos gesmelte koper borrel dit in hulle buike,
44:46. soos kokende water.
44:47. Gryp hom, en sleep hom tot in die middel van die Hel;
44:48. giet dan oor sy hoof kokende water.
44:49. Smaak dit! U is mos glo die magtige, die eerbiedwaardige!
44:50. Dít is inderdaad wat julle betwyfel het.
44:51. Die godvresendes sal inderdaad in ’n veilige plek wees:
44:52. In die Tuine met fonteine,
44:53. gekleed in fyn sy en swaar sy, met die aangesig na mekaar gekeer.
44:54. So sal dit wees! En Ons sal hulle met suiwer maagde met sielvolle oë laat trou.
44:55. Daarin sal hulle in veiligheid na alle vrugtesoorte vra.
44:56. Hulle sal geen dood daarin ondervind nie, behalwe die eeste dood; en Hy sal die straf van die Hel van hulle afkeer:
44:57. ’n Genade van u Heer. Dít is die groot sukses.
44:58. Ons het dit vir u tong maklik gemaak, sodat hulle kan onthou.
44:59. Wag dan; natuurlik wag hulle ook.

Hoofstuk 45: Die Neerknieling

Afdeling 1: Ontkenning van Openbaring

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige

45:1. Gaam-Miem. {Allegoriese letters}
45:2. Die openbaring van hierdie Boek kom van Allah, die Allermagtige, die Allerwyse.
45:3. Voorwaar, in die hemele en op aarde is daar tekens vir die gelowiges.
45:4. En in julle skepping en in die diere wat Hy wyd en syd versprei het, is daar tekens vir ’n volk wat seker wil wees.
45:5. En in die wisseling van die nag en die dag, en in die voorsiening wat Allah uit die hemel afstuur, en sodoende lewe skenk aan die aarde na haar dood, en in die verandering van die winde, is daar tekens vir ’n volk wat verstaan.
45:6. Dit is die tekens van Allah wat Ons in waarheid aan u voordra. In watter aankondiging buiten Allah en Sy tekens sal hulle dan glo?
45:7. Wee elke sondige leuenaar,
45:8. wat die tekens van Allah hoor wat aan hom voorgedra word, en dan nog in arrogansie volhard asof hy dit nie gehoor het nie. Vertel hom van ’n smartlike straf.
45:9. En wanneer hy kennis ontvang van enige van Ons tekens, spot hy daarmee. Vir hulle is daar ’n vernederende straf.
45:10. Voor hulle is die Hel; en dít wat hulle verdien het, sal hulle niks baat nie, nóg diegene wat hulle buiten Allah as beskermers neem; en vir hulle is daar ’n smartlike straf.
45:11. Dít is leiding; en diegene wat nie in die tekens van hulle Heer glo nie, vir hulle is daar ’n pynlike en afgryslike straf.

Afdeling 2: Die waarheid van die Openbaring

45:12. Dit is Allah wat die see vir julle in diens gestel het, sodat die skepe deur Sy gebod daarop kan vaar, en sodat julle na Sy oorvloed kan soek, en dat julle dankbaar kan wees.
45:13. En Hy het alles vir julle in diens gestel wat in die hemele en wat op die aarde is; alles kom van Hom. Daarin is sekerlik tekens vir ’n volk wat nadink.
45:14. Sê vir hulle wat glo om diegene te vergewe wat nie die dae van Allah vrees nie, sodat Hy ’n volk kan vergeld vir wat hulle verdien het.
45:15. Wie goeddoen, doen dit tot voordeel van sy eie siel; en wie kwaad doen, doen dit ten koste van sy eie siel; aan die einde sal julle na julle Heer teruggebring word.
45:16. En inderdaad het Ons die Boek en die heerskappy en profeetskap aan die Kinders van Israel gegee en hulle van goeie dinge voorsien en hulle bo ander volke begunstig.
45:17. En Ons het hulle duidelike bewyse aangaande hier saak {Profeetskap van Moegammad} gegee. Dus het hulle slegs verskil nadat die kennis tot hulle gekom het, weens onderlinge afguns. Voorwaar, u Heer sal op die Dag van Opstanding oor hulle uitspraak gee omtrent dít waaroor hulle verskil het.
45:18. Daarna het Ons u {Moegammad} ’n bepaalde weg laat volg; volg dit daarom, maar volg nie die bose begeer tes na van diegene wat nie weet nie.
45:19. Voorwaar, hulle kan u teen Allah niks baat nie. En voorwaar, die kwaaddoeners is vriende van mekaar, en Allah is die Vriend van die godvresendes.
45:20. Hierdie dinge is duidelike bewyse vir mense en ’n genade vir ’n volk wat seker is.
45:21. Dink hulle wat bose dade doen, dat Ons hulle sal behandel soos diegene wat glo en goeie dade doen, sodat hulle lewe en hulle dood gelyk sal wees? Boos is dít wat hulle dink!

Afdeling 3: Ontkenning van Godsoordeel

45:22. En Allah het die hemele en die aarde in waarheid geskape, en sodat elke siel beloon kan word vir wat hy verdien het, en niemand sal onreg aangedoen word nie.
45:23. Het u hom gesien wat van sy eie begeertes ’n god maak, en vir wie Allah willens en wetens in dwaling laat verkeer, en wie se gehoor en wie se hart Hy verseël het, en wie se gesig Hy gesluier het? Wie, buiten Allah, sal hom kan lei? Sal julle dan nie omgee nie?
45:24. En hulle sê: Daar is niks buiten die lewe van hierdie wêreld nie; ons sterf en ons lewe en niks vernietig ons nie, behalwe die tyd. Maar hulle het geen kennis daarvan nie; hulle vermoed slegs.
45:25. En wanneer Ons duidelike tekens aan hulle voorgedra word, is hulle enigste argument dat hulle sê: Bring ons vaders terug as julle opreg is.
45:26. Sê: Allah skenk julle die lewe, daarna laat Hy julle ook sterwe, waarna Hy julle op die Dag van Opstanding bymekaar sal versamel, waaraan daar geen twyfel is nie; maar die meeste mense begryp dit nie.

Afdeling 4: Die noodlot

45:27. En aan Allah behoort die koninkryk van die hemele en die aarde. En op die Dag wanneer die Uur aanbreek, op daardie Dag sal die volgers van valsheid vergaan.
45:28. En u sal iedere volk sien neer kniel. En elke volk sal na sy verslagboek geroep word. Hierdie Dag sal julle beloon word vir wat julle gedoen het.
45:29. Dit is Ons verslagboek wat met waarheid teen julle sal spreek. Ons het sekerlik opgeteken wat julle gedoen het.
45:30. Dan aangaande hulle wat geglo het en goedgedoen het, hulle Heer sal hulle tot Sy barmhartig heid toelaat. Dít is die openlike sukses.
45:31. En aangaande hulle wat ongelowig was, sal gesê word: Is My tekens nie aan julle voorgedra nie? Maar julle was hoogmoedig, en julle was ’n misdadige volk.
45:32. En toe gesê is: Die belofte van Allah is sekerlik waar en aan die Uur is daar geen twyfel nie, het julle gesê: Ons weet nie wat die Uur is nie. Ons dink dit is maar net ’n gissing, en ons is glad nie seker nie.
45:33. En die kwaad wat hulle gedoen het, sal vir hulle duidelik word, en waarmee hulle gespot het, sal hulle omring.
45:34. En daar sal gesê word: Hierdie Dag sal Ons julle vergeet, net soos julle die ontmoeting van hierdie Dag van julle vergeet het; en julle tuiste is voortaan die Vuur, en julle het geen helpers nie.
45:35. Dít is omdat julle die tekens van Allah bespot het, en omdat die lewe van hierdie wêreld julle bedrieg het. Op daardie Dag dan sal hulle nie daaruit geneem word nie, ook sal geen welwillendheid aan hulle verleen word nie.
45:36. Alle lof kom Allah toe, die Heer van die Hemele en die Heer van die Aarde en die Heer van die Wêrelde!
45:37. Aan Hom behoort die Grootheid in die hemele en op die aarde; en Hy is die Allermagtige, die Allerwyse.

Hoofstuk 46: Die Sandduine

Afdeling 1: Waarheid van die Openbaring

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

46:1. Gaa-Mien. {Allegoriese letters}
46:2. Die openbaring van hierdie Boek kom van Allah, die Allermagtige, die Allerwyse.
46:3. Ons het die hemele en die aarde, en wat daartussen is, nie anders nie as in waarheid geskape, en vir ’n vasgestelde termyn. En die ongelowiges draai weg van die dinge waarmee hulle gewaarsku word.
46:4. Sê: Het julle oorweeg wat julle buiten Allah aanroep? Wys my watter deel hulle van die aarde geskape het. Of het hulle ’n aandeel in die hemele? Bring my ’n Boek vóór hierdie een, of enige oorblyfsels van kennis, indien julle opreg is.
46:5. En wie is verder afgedwaal as hy wat buiten Allah sulkes aanroep wat hom tot die Dag van Opstanding nooit sal antwoord nie, en terwyl hulle onbewus is omtrent hulle aanroep?
46:6. En wanneer die mense bymekaar versamel word, sal hierdie dinge hulle vyande word en hulle aan bidding ontken.
46:7. En wanneer Ons duidelike tekens aan hulle voorgedra word, sê die ongelowiges aan gaande die waarheid wanneer dit tot hulle kom: dit is klaar blyklike towerkuns.
46:8. Nee, hulle sê: Hy het dit versin. Sê: As ek dit versin het, dan beheer julle tog niks vir my van Allah nie. Hy weet goed wat julle daaromtrent sê. Hy is voldoende as Getuie tussen julle en my. En Hy is die Verge wensgesinde, die Genadige.
46:9. Sê: Ek is nie die eerste van die boodskappers nie, en ek weet nie wat met my of met julle sal gebeur nie. Ek volg niks anders as wat aan my geopenbaar is nie, en ek is slegs ’n duidelike waarskuwer.
46:10. Sê: Kyk, as dit van Allah is, en julle glo nie daarin nie, en ’n getuie onder die Kinders van Israel {Moses} het getuienis afgelê van iemand gelyk aan hom, dus het hy geglo terwyl julle vol hoogmoed is; voorwaar, Allah lei nie die onregverdige volk nie.

Afdeling 2: Die getuienis van die Waarheid

46:11. En hulle wat nie glo nie, sê van diegene wat glo: Indien dit iets goeds was, sou hulle dit nie vóór ons verkry het nie. Maar omdat hulle nie daardeur gelei word nie, sê hulle: Dit is ’n ou leuen.
46:12. En vóór dit was die Boek van Moses ’n leiding en ’n genade. En hier is ’n Boek wat dit in die Arabiese taal bevestig, om die kwaaddoeners te waarsku, en om as goeie nuus te dien vir die wel doeners.
46:13. Voorwaar, hulle wat sê: Ons Heer is Allah, en dan op die regte weg volhard, oor hulle sal daar geen verskrikking kom nie, nóg sal hulle treur.
46:14. Hulle is die bewoners van die Paradys, en daarin sal hulle bly as ’n beloning vir wat hulle gedoen het.
46:15. En Ons het dit aan die mens opgedra om aan sy ouers goed te doen. Sy moeder dra hom met ongemak en sy baar hom met smart. En sy drag en sy soogtyd neem altesaam dertig maande in beslag; totdat hy, wanneer hy mondigheid bereik en veertig jaar word, sê: My Heer! Stel my in staat om dankbaar te wees vir die guns wat U aan my en aan my ouers bewys het, en dat ek kan doen wat U sal behaag; en wees my nakomelinge goedgesind. Waarlik, ek bekeer my tot U, en waarlik, ek is een van die onderdaniges.
46:16. Hulle is diegene wie se beste dade deur Ons aanvaar sal word, en wie se bose dade oor die hoof gesien sal word. Hulle sal onder die bewoners van die Paradys wees ~ ’n belofte van waarheid, wat aan hulle belowe is.
46:17. En hy wat aan sy ouers sê: Foei, julle albei! Dreig julle my dat ek weer opgewek sal word, terwyl geslagte reeds vóór my heengegaan het? En hulle albei roep tot Allah om hulp: Wee u! Glo! Sekerlik is die belofte van Allah waar. Maar hy sê: Dit is niks anders as stories van die ou volke nie.
46:18. Dit is teen hulle dat die woord bewaarheid word onder die volke van die djien, en die mense wat vóór hulle heen gegaan het. Hulle sal sekerlik die verloorders wees.
46:19. En vir almal is daar grade ooreenkomstig hulle dade, sodat Hy hulle vergeld vir wat hulle gedoen het en sodat hulle geen onreg aangedoen sal word nie.
46:20. En op die Dag wanneer die ongelowiges voor die Vuur gebring sal word, sal daar aan hulle gesê word: Julle het julle goeie dinge in julle lewe op aarde uitgebuit en julle het dit geniet; daarom word julle Vandag met ’n vernederende straf beloon omdat julle uitermate arrogant op die aarde was, en omdat julle teen Allah se wette was.

Afdeling 3: Die lot van Aad

46:21. En dink aan die broer van Aad, toe hy sy volk in die sandduine gewaarsku het ~ en inderdaad het waarskuwers vóór hom en ná hom verskyn ~: Dien niemand buiten Allah nie. Voorwaar, ek vrees namens julle die straf van ’n griewende Dag.
46:22. Hulle het gesê: Het u tot ons gekom om ons van ons gode af te rokkel? Toon ons dan dít waarmee u ons dreig, indien u opreg is.
46:23. Hy het gesê: Die kennis daarvan is slegs by Allah, en ek lewer aan julle dít waarmee ek gestuur is, maar ek sien dat julle ’n onkundige volk is.
46:24. En toe hulle dit gesien het ~ ’n wolk wat na hulle valleie aangekom het ~ het hulle gesê: Dit is ’n wolk wat vir ons reën bring. Hy het gesê: Nee, dit is wat julle gewens het om te verhaas, ’n wind waarin ’n pynlike straf is,
46:25. wat deur die gebod van sy Heer vernietig. Dus by dagbreek kon daar niks gesien word nie, behalwe hulle wonings. So be loon Ons die misdadige volk.
46:26. En voorwaar, Ons het aan hulle gesag verleen in sake wat Ons nie aan julle verleen het nie, en Ons het hulle ore en oë en harte gegee, maar nóg hulle ore, nóg hulle oë, nóg hulle harte het hulle enigsins gebaat, omdat hulle die tekens van Allah verloën het. En waarmee hulle gespot het, het hulle omring.

Afdeling 4: ’n Waarskuwing

46:27. En sekerlik het Ons die stede in julle omstreke vernietig, en Ons herhaal die tekens sodat hulle hul kan bekeer.
46:28. Waarom dan het diegene wat hulle as gode buiten Allah geneem het om hulle naby Hom te bring, hulle nie gehelp nie? Nee, dié het hulle in die steek gelaat. En dit was net hulle leuens en hulle versinsels.
46:29. En toe Ons ’n aantal van die djien na u laat kom het, wat die Qur’ãn aangeluister het; en toe hulle in u aanwesigheid was, het hulle gesê: Bly stil; en toe dit klaar was, het hulle na hul volk teruggekeer en hulle gewaarsku.
46:30. Hulle het gesê: O ons volk! Ons het ’n Boek gehoor wat ná Moses geopenbaar is, wat alles bevestig wat dit voorafgegaan het, en dit lei na die Waarheid en na die regte weg.
46:31. O ons volk! Aanvaar die Uitnodiging van Allah, en glo in Hom. Hy sal sommige van julle sondes vergewe en Hy sal julle teen ’n pynlike straf beskerm.
46:32. En wie nie die Uitnodiging tot Allah aanvaar nie, kan nie uit die aarde ontsnap nie, nóg sal hy beskermers buiten Hom hê. Om so te dink is klaarblyklike dwaling.
46:33. Sien hulle nie dat Allah, wat die hemele en die aarde geskape het en nie moeg was as gevolg van hulle skepping nie, die mag het om die dooie te laat herlewe nie? Ja, inderdaad, Hy het mag oor alle dinge.
46:34. En op die Dag wanneer die ongelowiges aan die Vuur blootgestel sal word, sal daar gesê word: Is dít nie waar nie? Hulle sal sê: Ja, seker, by ons Heer. Hy sal sê: Smaak dan die straf, omdat julle nie geglo het nie.
46:35. Wees daarom geduldig, soos die manne van vasberadenheid ~ die boodskappers ~ geduld gehad het, en vra nie dat hulle verdoemenis verhaas word nie. Op die Dag wanneer hulle sien waarmee hulle bedreig word, sal dit wees asof hulle skaars ’n uur van die dag vertoef het. die aflewering is u taak. Sal iemand dan vernietig word behalwe die sondaars?

Hoofstuk 47: Moegammad

Afdeling 1: Die Teëstanders sal in die oorlog sneuwel

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

47:1. Diegene wat nie glo nie en die mense van die weg van Allah afkeer, hulle werke sal Hy vernietig.
47:2. En hulle wat glo en goeddoen, en glo in wat aan Moegammad geopenbaar is ~ en dit is tog die waarheid van hulle Heer ~ hulle bose dade sal Hy verwyder en hulle toestand verbeter.
47:3. Dit is omdat die ongelowiges die valsheid volg, en die gelowiges die waarheid van hulle Heer. So sit Allah hulle toestand vir die mense uiteen.
47:4. Wanneer julle die ongelowiges in die oorlog ontmoet, tref die nekke; as julle hulle dan baas raak, neem hulle gevange, en stel hulle daarna vry as ’n guns of vir ’n losprys totdat die oorlog haar laste neergelê het. So sal dit wees. Indien Allah wil, sal Hy hulle sekerlik met straf vergeld, maar Hy wou sommige van julle deur ander op die proef stel. En diegene wat op die weg van Allah sneuwel, hulle werke sal Hy nooit laat vergaan nie.
47:5. Hy sal hulle reg lei en hulle toestand verbeter.
47:6. En Hy sal hulle die Paradys, wat Hy aan hulle bekend gemaak het, laat binnegaan.
47:7. O julle gelowiges! Indien julle die saak van Allah steun, sal Hy julle help en julle voetstappe ferm maak.
47:8. Vir die ongelowiges is daar vernietiging; Hy sal hulle werke vernietig.
47:9. Dit is omdat hulle dít haat wat Allah openbaar, daarom het Hy hulle dade vrugteloos gemaak.
47:10. Het hulle nie deur die land gereis en gesien wat die einde van diegene vóór hulle was nie? Allah het hulle vernietig. En vir die ongelowiges sal dieself de geld.
47:11. Dit is omdat Allah die Beskermheer is van die gelowiges, en omdat die ongelowiges geen beskermheer het nie.

Afdeling 2: Oor die Onderdrukkers sal skande kom

47:12. Voorwaar, Allah sal hulle wat glo en goeddoen, laat ingaan in die Paradys, waardeur riviere vloei. En die ongelowiges vermaak hulself en eet soos die vee, en die Vuur is hulle tuiste.
47:13. En hoeveel stede, wat sterker was as u stad, het u nie uitgedryf nie? Ons het hulle vernietig; daarom was daar geen helper vir hulle nie.
47:14. Is hy wat ’n duidelike bewys van sy Heer het, dan niks beter as iemand vir wie die kwaad van sy gedrag skoonskynend is, en wat sy eie begeertes volg nie?
47:15. ’n Beeld van die Paradys wat aan die godvresendes belowe word: Daarin is strome van water wat nooit sleg word nie, en strome van melk waarvan die smaak nie verander nie, en strome van wyn, smaaklik vir die drinkers, en strome van gesuiwerde heuning; en daar is vir hulle allerlei vrugte, asook beskerming van hulle Heer. Is mense wat hierdie dinge geniet dan gelyk aan hulle wat in die Vuur woon en wat gedwing word om kokende water te drink sodat dit hulle ingewande kan verskeur?
47:16. En daar is party van hulle wat na u wil luister, maar wanneer hulle van u af weggaan, sê hulle aan diegene aan wie kennis gegee is: Wat was dit wat hy netnou gesê het? Dit is húlle wie se harte Allah verseël het, en hulle volg hulle slegte neigings.
47:17. En hulle wat die leiding volg, Hy laat hulle in leiding toeneem, en Hy skenk aan hulle godvresendheid.
47:18. Wag hulle slegs dat die Uur plotseling oor hulle moet kom? Maar nou het die tekens daarvan reeds gekom. Maar hoe sal hulle hul aanmaning kry, wanneer dit oor hulle kom?
47:19. Weet dan dat daar geen God buiten Allah is nie, en vra om beskerming vir u sondes en vir die gelowige mans en die gelowige vroue. En Allah weet as julle rondgaan en as julle stilsit.

Afdeling 3: Die Lafhar tiges

47:20. En die gelowiges sê: Waarom is ’n Soera {’n Hoofstuk van die Heilige Qur’an} nie geopenbaar nie? Maar wanneer ’n beslis sende Hoofstuk geopenbaar word, en die geveg word daarin vermeld, dan sien u diegene in wie se harte daar ’n siekte is, na u kyk soos iemand wat in die dood beswym. Wee hulle!
47:21. Gehoorsaamheid en ’n sagsin nige woord was meer van pas. En wanneer die saak besleg is, is dit vir hulle beter om aan Allah trou te bly.
47:22. Maar as julle jul afwend, sal julle sekerlik verderf in die land veroorsaak en julle familie bande breek!
47:23. Dit is hulle wat deur Allah vervloek is, sodat Hy hulle doof gemaak het en hulle oë verblind het.
47:24. Dink hulle dan nie na oor die Qur’ãn nie? Of is daar slotte in hulle harte?
47:25. Waarlik, diegene wat wegdraai nadat die leiding vir hulle duidelik geword het, die duiwel het dit vir hulle verfraai, en hy laat hulle valse hoop koester.
47:26. Dit is omdat hulle aan diegene wat haat wat Allah geopenbaar het, sê: Ons sal julle in sommige sake gehoorsaam. Maar Allah ken hulle geheime.
47:27. Maar hoe sal dit wees wanneer die engele hulle dood veroor saak, en hulle aangesigte en rûe tref?
47:28. Dit is omdat hulle dít volg wat Allah misbehaag en met Sy behae ontevrede is; daarom maak Hy hulle verrigtinge vrugteloos.

Afdeling 4: ’n Vermaning

47:29. Of dink hulle in wie se harte daar ’n siekte is, dat Allah nie hulle nyd openbaar sal maak nie?
47:30. En as Ons wou, kon Ons hulle aan u toon, sodat u hulle aan hul merktekens kan ken. En u sal hulle sekerlik herken aan hulle manier van praat. En Allah ken julle dade.
47:31. En Ons sal julle sekerlik beproef totdat Ons diegene onder julle ken wat ywerig strewe en wat standvastig is; en Ons sal die nuus aan julle openbaar maak.
47:32. Voorwaar, hulle wat nie glo nie en mense van die weg van Allah aflei, en wat die Boodskapper teenstaan nadat die leiding aan hulle duidelik gemaak is, kan Allah geensins skade berokken nie; en Hy sal hulle werke vrugteloos maak.
47:33. O julle gelowiges! Gehoor saam Allah en gehoorsaam die Boodskapper, en moenie julle dade nutteloos laat word nie.
47:34. Waarlik, hulle wat nie glo nie en wat mense van die weg van Allah aflei en dan as ongelowiges sterf, vir hulle sal Allah nie vergewe nie.
47:35. En wees nie so lafhartig dat julle om vrede wil onderhandel nie, want julle sál die oorhand kry, en Allah is met julle, en Hy sal julle dade nie tevergeefs laat wees nie.
47:36. Die lewe van hierdie wêreld is slegs ’n spel en ’n ydele vermaak, en as julle glo en godvresend is, sal Hy julle beloning vir julle gee; en Hy vra julle nie julle skatte nie.
47:37. As Hy dit van julle sou vra en daarop aandring, sal julle afgunstig word, en Hy sal julle boosaardigheid openbaar maak.
47:38. Want kyk, dit is vir júlle dat gevra sal word om in die weg van Allah te bestee. Maar onder julle is daar ook die suiniges. En wie suinig is, is suinig ten koste van sy eie siel. En Allah is Selfgenoegsaam, en julle is verlee. En as julle wegdraai, sal Hy ’n ander volk in julle plek voortbring wat nie soos julle sal wees nie.

Hoofstuk 48: Die Oorwinning

Afdeling 1: Die Goedeibiejawapenstilstand was ’n oorwinning

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

48:1. Voorwaar, Ons het aan u ’n duidelike oorwinning verleen,
48:2. sodat Allah u beweerde tekort kominge van die verlede en van die toekoms kan bedek, en dat Hy Sy guns aan u kan volbring en u op die regte pad kan lei,
48:3. en dat Allah u met ’n magtige hulp mag ondersteun.
48:4. Dit is Hy wat gemoedsrus in die harte van die gelowiges geplaas het, sodat Hy geloof by hulle geloof kan toevoeg. En aan Allah behoort die skare van die hemele en die aarde, en Allah is Alleswetend, Allerwys ~
48:5. sodat Hy die gelowige mans en die gelowige vroue in Tuine waardeur riviere vloei, kan toelaat ~ om daarin te bly ~ en hulle van hul gebreke kan suiwer; en in die oë van Allah is dit iets groots.
48:6. En dat Hy die huigelagtige mans en die huigelagtige vroue, en die heidene en die heidinne ~ wat bose gedagtes teen Allah verkondig ~ kan straf. Teëspoed sal oor hulle kom; en Allah is toornig op hulle en het hulle vervloek en die Hel vir hulle voorberei; en dit is ’n bose bestemming.
48:7. Aan Allah behoort die skare van die hemele en die aarde; en Allah is die Allermagtige, die Allerwyse.
48:8. Ons het u waarlik gestuur as ’n getuie en as ’n draer van goeie nuus en as ’n waarskuwer,
48:9. sodat julle in Allah en Sy Boodskapper kan glo, en hom steun en hom vereer. En dat julle Hom soggens en saans kan verheerlik.
48:10. Voorwaar, hulle wat die eed van getrouheid teenoor u aflê, lê die eed van getrouheid teenoor Allah af. Die hand van Allah is bó hulle hande. Wie dan die eed verbreek, breek dit slegs ten koste van sy eie siel. En wie sy gelofte aan Allah nakom, aan hom sal Hy ’n groot beloning skenk.

Afdeling 2: Die Woordbrekers

48:11. En daardie bewoners van die woestyn wat agterlangs gebly het, sal aan u sê: Ons besittings en ons gesinne het ons besig gehou; vra daarom vergifnis vir ons. Hulle sê met hulle tonge dinge wat nie in hulle harte is nie. Sê: Wie kan dan vir julle enigiets van Allah verkry indien Hy voornemens is om julle te benadeel, of indien Hy voor nemens is om aan julle goed te doen? Nee, Allah is altyd Bewus van wat julle doen.
48:12. Nee, julle het gedink dat die Bolodskapper en die gelowiges nooit na hulle gesinne sal terugkeer nie, en dit was vir julle harte aanloklik gemaak en julle het ’n slegte gedagte gekoester, en julle is ’n volk wat sal vergaan.
48:13. En wie nie in Allah en Sy Boodskapper glo nie ~ voorwaar, Ons het ’n Brandende Vuur vir die ongelowiges voorberei.
48:14. En aan Allah behoort die koninkryk van die hemele en die aarde. Hy vergewe wie Hy wil en straf wie Hy wil. En Allah is altyd Vergewensgesind, Gena dig.
48:15. Hulle wat agter gebly het, sal sê ~ wanneer julle op ’n veldtog uitgaan om winste te behaal: Laat ons toe om julle te volg. Hulle wil die woord van Allah verander. Sê: Julle sal ons nie volg nie. Allah het voorheen reeds so gesê. Maar hulle sal sê: Nee, julle is jaloers op ons. Nee, hulle begryp maar min.
48:16. Sê tot die bewoners van die woestyn wat getalm het: Julle sal gougou teen ’n volk van gedugte krygers opgeroep word om teen hulle te veg totdat hulle hul oorgee. Dan, as julle gehoorsaam is, sal Allah julle ’n goeie beloning gee; maar as julle ons die rug toekeer soos julle voorheen gedoen het, sal Hy julle met ’n pynlike kasty ding straf.
48:17. Daar rus geen skuld op die blinde nie, nóg rus daar skuld op die parapleeg of op die sieke. En wie Allah en Sy Boodskapper nie gehoorsaam nie, hom sal Hy met ’n pynlike kastyding straf.

Afdeling 3: Meer oorwinnings vir Islam

48:18. Allah was inderdaad tevrede met die gelowiges toe hulle die eed van getrouheid onder die boom afgelê het, en Hy het geweet wat in hulle harte was, daarom het Hy hulle gemoedsrus gegee en hulle met ’n spoedige oorwin ning beloon,
48:19. en met baie winste wat hulle sal behaal. En Allah is Allermagtig, Allerwys.
48:20. Allah het baie wins aan julle belowe, wat julle sal verkry; en Hy het voorlopig vir julle hierdie een gegee en die hande van die mense van julle weerhou, sodat dit ’n teken vir die gelowiges kan wees en dat Hy julle op die regte pad kan lei;
48:21. en ander oorwinnings wat julle nog nie kan behaal nie, word sekerlik deur Allah beheer; en Allah het mag oor alle dinge.
48:22. En as die ongelowiges met julle veg, sal hulle julle sekerlik die rug toekeer, dan sal hulle nóg beskermer nóg helper vind.
48:23. Want so is die handelwyse van Allah, soos dit voorheen ook was; en u sal geen verandering in die handelwyse van Allah vind nie.
48:24. En dit is Hy wat hulle hande van julle, en julle hande van hulle, in die vallei van Mekka weerhou het, nadat Hy julle die oorwinning oor hulle gegee het. En Allah is altyd die Siener van wat julle doen.
48:25. Dit is húlle wat nie wou glo nie, en die weg tot die Heilige Moskee vir julle toegesit en die doel van die offerande probeer verydel het. En was dit nie om die gelowige mans en die gelowige vroue wat julle nie geken het nie, kon julle hulle vertrap het, dan sou iets haatliks julle onwetend getref het weens hulle ~ sodat Allah tot Sy barmhartigheid toelaat wie Hy wil. As hulle apart gewees het, sou Ons diegene onder hulle wat nie geglo het nie, sekerlik met ’n pynlike kastyding gestraf het.
48:26. Toe hulle wat nie geglo het nie, veragting in hulle harte verberg het ~ die veragting van onwetendheid ~ het Allah Sy gemoedsrus op Sy Boodskapper en op die gelowiges afgestuur en hulle die woord van pligs betragting laat nakom; en hulle was daarop geregtig, en was dit werd. En Allah het kennis van alle dinge.

Afdeling 4: Die uiteindelike triomf van Islam

48:27. Allah het inderdaad die visioen van Sy Boodskapper waarheid laat word. Julle sal die Heilige Moskee, as Allah wil, in veiligheid binnegaan, met julle hoofde geskeer en julle hare kortgesny en sonder vrees. Maar Hy weet wat julle nie weet nie, daarom het Hy ’n nabye oorwinning vóór dit verorden.
48:28. Dit is Hy wat Sy Boodskapper met die leiding en die godsdiens van die Waarheid gestuur het, sodat Hy dit oor alle ander godsdienste mag laat seëvier. En Allah is Voldoende as Getuie.
48:29. Moegammad is die Boodskapper van Allah, en diegene saam met hom is onwrikbaar teen die ongelowiges gekant, en sagmoe dig onder mekaar. U sien hulle vooroorbuig en in prostrasie tydens die gebed, terwyl hulle soek na die genade en welbehae van Allah. Hulle merke is op hulle aangesig as gevolg van hulle prostrasie. Dít is hulle beskrywing in die Tora ~ én hulle beskrywing in die Evangelie: soos koring saad wat sy loot laat uitsprei en dit dan versterk sodat dit stewig word en op sy stingel ferm staan, tot vreugde van die saaiers; en dat Hy die ongelowiges gevolglik daarmee kan vertoorn. Allah het aan diegene wat glo en goeie dade verrig, vergifnis en ’n groot beloning belowe.

Hoofstuk 49: Die Private Woonkwartiere

Afdeling 1: Respek vir die Profeet

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

49:1. O julle wat glo! Moenie voor barig in die teenwoordigheid van Allah en sy Boodskapper wees nie, en wees bewus van Allah. Voorwaar, Allah is Alleshorend, Alleswetend.
49:2. O julle wat glo! Verhef julle stemme nie bo die stem van die Profeet nie, en moenie met hom hard praat soos julle met mekaar hard praat nie, anders sal julle dade vrugteloos word sonder dat julle dit besef.
49:3. Waarlik, hulle wat hul stemme in die teenwoordigheid van Allah se Boodskapper demp, is diegene wie se harte Allah gesuiwer het. Vir hulle is deur godvresendheid daar vergifnis en ’n groot beloning.
49:4. Diegene wat van agter die private woonkwartiere na u uitroep ~ die meeste van hulle is onverstandig.
49:5. En indien hulle geduldig was totdat u na hulle uitgekom het, sou dit vir hulle beter gewees het. En Allah is Vergewens gesind, Genadevol.
49:6. O julle wat glo! Indien ’n bose persoon vir julle nuus bring, stel noukeurig ondersoek in; anders mag julle ’n volk in onwetendheid skade aandoen, en nader hand spyt kry oor wat julle gedoen het.
49:7. En weet dat die Boodskapper van Allah onder julle is. As hy julle in menige sake gelyk sou gee, sou julle sekerlik in die moeilikheid verkeer; maar Allah het die geloof vir julle dierbaar gemaak en dit sierlik in julle harte gemaak, en Hy het ongeloof en oortreding en ongehoorsaamheid vir julle haatlik gemaak. Dit is húlle wat reg gelei is ~
49:8. ’n genade van Allah, en ’n guns. En Allah is Alleswetend, Allerwys.
49:9. En indien twee partye van die gelowiges in stryd verkeer, sluit vrede tussen hulle. Indien een van hulle twee die ander kwaad aandoen, beveg dan die oor tredende party, totdat hy na die verordening van Allah terug keer. Dan, as hy terugkeer, sluit vrede tussen hulle met regver digheid, en behandel hulle billik. Voorwaar, Allah het diegene lief wat billik is.
49:10. Waarlik, die gelowiges is broers; bewaar daarom vrede onder julle broers, en behou julle plig by Allah sodat barmhartigheid aan julle betoon mag word.

Afdeling 3: Respek vir die Moesliemse Broederskap

49:11. O julle wat glo! Laat ’n volk ’n ander volk nie uitkoggel nie ~ miskien mag die ander beter wees as hulle; en laat die vroue ook nie ander vroue bespot nie ~ miskien mag die ander beter as hulle wees. Moet ook nie skoor soek onder mekaar, of mekaar slegte byname noem nie. Kwaad is dit om ’n slegte by naam te roep nadat geloof aan vaar is; en wie nie berou toon nie, dit is húlle wat onregverdig is.
49:12. O julle wat glo! Vermy agter dog, want in sommige gevalle is agterdog ’n sonde; en moenie afloer of mekaar belaster nie. Sou een van julle die vlees van sy dooie broer eet? Julle verafsku dit natuurlik! Vrees Allah; waarlik, Allah is Berouaanvarend, Genadevol.
49:13. O mensdom! Ons het julle waarlik uit ’n man en vrou geskape, en Ons het julle tot families en volkstamme gemaak, sodat julle mekaar mag ken. Sekerlik, die eerwaardigste on der julle by Allah is dié wat godvresend is. Voorwaar, Allah is Alleswetend, Allerbewus.
49:14. Die bewoners van die woestyn sê: Ons glo. Sê: Julle glo nog nie, maar sê liewers: Ons het onsself onderwerp; want die geloof het julle harte nog nie binnegedring nie. Maar indien julle Allah en Sy Boodskapper gehoorsaam, sal Hy niks van julle goeie dade wegneem nie. Voorwaar, Allah is die Ver gewensgesinde, die Genade volle.
49:15. Die ware gelowiges is slegs húlle wat in Allah en Sy Boodskapper glo en nie daarna twyfel nie, en met hulle rykdom en hulle persoon op die weg van Allah hard strewe. Húlle is die opregtes.
49:16. Sê: Wil julle Allah graag in kennis stel van julle geloof? Allah weet wat in die hemele is en wat op die aarde is; waarlik, Allah het kennis van alle dinge.
49:17. Hulle ag dit as ’n guns vir u dat hulle Moesliems word. Sê: Moet nie julle aanname van Islam as ’n guns vir my ag nie. Eerder het Allah júlle ’n guns bewys deurdat Hy julle tot die geloof gelei het, indien julle opreg is.
49:18. Voorwaar, Allah ken die geheime van die hemele en die aarde. Waarlik, Allah sien alles wat julle doen.

Hoofstuk 50: Kôf

Afdeling 1: Die Verrysenis

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

50:1. Kôf. {Allegoriese letter} By die glorieryke Qur’ãn!
50:2. Nee, hulle verwonder hulle dat ’n waarskuwer uit hulle midde na hulle gekom het. En die ongelowiges sê: Dit is ’n won derlike ding!
50:3. Wanneer ons sterf en stof word, sal ons dan weer verwek word? Dit is vergesog.
50:4. Ons weet inderdaad wat die aarde van hulle verteer, en by Ons is ’n Boek wat alles bewaar.
50:5. Nee, hulle verwerp die waarheid wanneer dit na hulle kom, daar om verkeer hulle in ’n toestand van verwarring.
50:6. Kyk hulle nie op na die lug bo hulle hoe Ons dit opgerig en versier het nie, en dat daar niks ontbreek nie?
50:7. En die aarde het Ons uitgesprei en stewige berge daarop gevestig, en Ons het daarop elke pragtige plantesoort laat groei,
50:8. om insig te gee, en ook as ’n vermaning vir elke dienaar wat hom tot Allah wend.
50:9. En Ons stuur water vol seëninge uit die wolke af, en Ons laat daarmee tuine groei en die graan wat geoes word,
50:10. en die hoë palmbome met blomskedes wat bo-op mekaar gepak lê,
50:11. as voorsiening vir die dienaars, en Ons gee daarmee lewe aan ’n dooie land. Net so sal die Opstanding wees.
50:12. Vóór hulle het die volk van Noag die Waarheid verloën, en so ook die bewoners van Al-Ras en Thamoed,
50:13. en Aad en Farao en die broers van Lot,
50:14. en die Bewoners van die Woud en die Bewoners van Toebba. Hulle almal het die boodskappers verloën, daarom is my dreigemente vervul.
50:15. Was Ons dan uitgeput deur die eerste skepping? Tog verkeer hulle in twyfel omtrent ’n nuwe skepping.

Afdeling 2: Die Herr ysenis

50:16. En inderdaad het Ons die mens geskape, en Ons weet wat sy gedagtes vir hom influister; en Ons is nader aan hom as selfs sy nekslagaar.
50:17. Wanneer die twee Ontvangers, die een aan sy regterkant en die ander aan sy linkerkant, hom ontvang,
50:18. uiter hy geen woord nie, of ’n bewaker is by hom, wat altyd gereed is.
50:19. En die beswyming van die dood kom waarlik; dít is wat u wou vermy.
50:20. En daar sal op die basuin geblaas word. Daardie dag is die Dag van Bedreiging.
50:21. En elke siel sal saam met ’n aan jaer en ’n getuie kom.
50:22. Daar sal gesê word: U was inderdaad agteloos, maar nou het Ons die sluier van u verwyder, daarom sal die gesig van die oë Vandag skerp wees.
50:23. En sy metgesel sal sê: Dít is wat by my gereed is.
50:24. Daar sal gesê word: Werp in die Hel elke ondankbare, opstan dige skepsel,
50:25. Verhinderaar van die goeie, oorskryer van perke, twyfelaar,
50:26. wat ’n ander god naas Allah opstel; laat hom dan ’n streng straf ondergaan.
50:27. Sy metgesel sal sê: Ons Heer! Ek het hom nie opstandig gemaak nie, maar hy het self ver in die dwaling ingegaan!
50:28. Hy sal antwoord: Argumenteer nie in My teenwoordigheid nie; Ek het julle inderdaad vooraf die waarskuwing gegee.
50:29. My vonnis kan nie verander word nie, en Ek is glad nie onregverdig teenoor die dienaars nie.

Afdeling 3: Die Herr ysenis

50:30. Op die Dag wanneer Ons aan die Hel sal sê: Is u stampvol? En hy sal antwoord: Is daar nog meer?
50:31. En die Hemel sal naby gebring word aan diegene wat teen die kwaad gewaak het, en dit sal nie afgeleë wees nie.
50:32. Dít is wat aan julle belowe is, vir elkeen wat hom bekeer het en op die perke ag geslaan het,
50:33. wat die Barmhartige in die geheim vrees en met ’n berou volle hart te voorskyn kom:
50:34. Gaan dit in vrede binne. Dit is die Dag van Ewigheid.
50:35. Vir hulle is alles daarin wat hulle begeer, en by Ons is nog meer.
50:36. En hoeveel geslagte vóór hulle, wat magtiger was as hulle, het Ons nie vernietig nie! En hulle het deur die lande getrek! Is daar ’n toevlugsoord?
50:37. Sekerlik is daar ’n vermaning hierin vir hom wat ’n hart het, of wat luister en oplettend is.
50:38. En inderdaad het Ons die hemele en die aarde en wat daartussen is, in ses tydperke geskape, en geen vermoeidheid het Ons geraak nie.
50:39. Verdra dan wat hulle sê; verheerlik u Heer met die lof wat Hom toekom, vóór die opkoms van die son en vóór dit ondergaan. En verheerlik Hom snags en nà die gebedsprostrasie.
50:40. En luister op die Dag wanneer ’n uitroeper van ’n naby plek sal uitroep ~
50:41. die Dag wanneer hulle die uitroep in waarheid sal hoor. Dit is die Dag van Verskyning.
50:42. Waarlik, Ons gee lewe en veroorsaak die dood, en tot Ons is die terugkeer ~
50:43. Die Dag wanneer die aarde vinnig onder hulle uiteen sal spat. Dit is maklik vir Ons om almal so te versamel.
50:44. Ons weet goed wat hulle sê, en u is nie iemand wat hulle moet dwing nie. Vermaan dus met die Qur’ãn hom wat my dreigemente vrees.

Hoofstuk 51: Die Verstrooiing

Afdeling 1: Valsheid word verdoem

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

51:1. By diegene wat wyd en syd verstrooi!
51:2. En hulle wat die laste dra!
51:3. En diegene wat maklik voortgaan!
51:4. En by die deelgenote aan die Saak!
51:5. Wat julle belowe word, is sekerlik waar,
51:6. en die Oordeel sal waarlik geskied.
51:7. By die hemel vol van paaie,
51:8. waarlik, julle verskil van mening.
51:9. Hy wat hom wou wegdraai, word daarmee van die ware geloof verlei.
51:10. Vervloek is die leuenaars
51:11. wat op die bodemlose diepte nie ag slaan nie.
51:12. Hulle vra: Wanneer sal die Dag van Oordeel wees?
51:13. Dit sal die Dag wees wanneer hulle in die Vuur beproef sal word.
51:14. Daar sal gesê word: Smaak nou julle vervolging! Dít is wat julle wou verhaas.
51:15. Maar die godvresendes sal te midde van Tuine en fonteine wees,
51:16. en daaruit neem wat hulle Heer aan hulle gee. Vóór dit was hulle sekerlik onder die wel doeners.
51:17. Gedurende die nag het hulle weinig geslaap.
51:18. En in die môre het hulle om Goddelike beskerming gesmeek.
51:19. En van hulle rykdom was daar ’n billike aandeel vir die bedelaar en vir diegene wat te skaam is om te bedel.
51:20. En op die aarde is daar tekens vir diegene wat sekerheid van geloof het,
51:21. en ook in julleself. Kan julle dan nie sien nie?
51:22. En in die hemele is julle onderhoud, en ook dít wat aan julle beloof is.
51:23. By die Heer van die hemele en die aarde dan! ~ dit is inderdaad die waarheid wat julle praat.

Afdeling 2: Die lot van vorige volke

51:24. Het julle die verhaal van Abraham se geëerde gaste ge hoor?
51:25. Hoe hulle na hom gekom het, en gesê het: Vrede! Vrede! ~ toe het hy geantwoord: Vreemde linge!
51:26. Hy het weggedraai na sy gesin, en toe ’n vet kalf gebring.
51:27. Dit het hy voor hulle neergesit, en gesê: Wil julle nie eet nie?
51:28. Daarop het hy hulle begin vrees. Hulle het gesê: Moenie vrees nie. En hulle het hom die blye tyding van ’n wyse seun gebring.
51:29. Toe het sy vrou gekom en, in verbystering, het sy haar gesig geslaan en gesê: ’n Onvrugbare, bejaarde vrou!
51:30. Hulle het gesê: U Heer sê so. Voorwaar, Hy is die Allerwyse, die Alleswetende.
51:31. Abraham het gesê: Wat is julle opdrag, o boodskappers?
51:32. Hulle het geantwoord: Ons is na ’n misdadige volk gestuur
51:33. sodat ons kleiklonte op hulle kan neerwerp,
51:34. wat deur u Heer vir die oortreders bestem is.
51:35. Die gelowiges wat daar was, het Ons toe laat weggaan.
51:36. En Ons het maar ’n enkele huis van Moesliems daar gevind.
51:37. En Ons het ’n teken daarin gelaat vir diegene wat die pynlike straf vrees.
51:38. En in Moses, toe Ons hom na Farao met ’n duidelike gesag gestuur het.
51:39. Maar hy was afkerig vanweë sy mag, en het gesê: ’n Towenaar, of ’n kranksinnige!
51:40. Daarom het Ons hom en sy skare gegryp en hulle in die see gewerp, omdat hy skuldig was.
51:41. En in Aad, toe Ons ’n vernie lende orkaan teen hulle uitge stuur het.
51:42. Dit het niks gespaar waarmee dit in aanraking gekom het nie, en dit het van alles as gemaak.
51:43. En in Thamoed, toe aan hulle gesê is: Vermaak julle vir tyd en wyl.
51:44. Maar hulle het die gebod van hulle Heer oortree, daarom het die donderstraal straf hulle agterhaal, terwyl hulle dit aanskou het;
51:45. daarom was hulle nie in staat om op te staan nie, nóg kon hulle hul verdedig;
51:46. en die volk van Noag: Voorwaar, hulle was ’n onheilstig tende volk.

Afdeling 3: Die Oordeel is seker

51:47. En die hemel, dié het Ons deur Ons mag opgestel, en Ons is waarlik die Makers van die uitgestrektheid.
51:48. En die aarde, dié het Ons uitge sprei. Hoe uitmuntend het Ons dit gemaak!
51:49. En van elke ding het Ons pare geskape, sodat julle kan onthou.
51:50. Haas julle dan na Allah. Waar lik, ek is vir julle ’n duidelike waarskuwer van Hom.
51:51. En moenie ’n ander god naas Allah opstel nie. Waarlik, ek is vir julle ’n duidelike waarsku wer van Hom.
51:52. En nooit het daar ’n boodskapper tot diegene vóór hulle gekom nie, of hulle het gesê: ’n Towenaar, of ’n kranksinnige!
51:53. Het hulle mekaar hiertoe aange spoor? Nee, hulle was verslae oortreders.
51:54. Draai daarom weg van hulle af, want u is sonder blaam.
51:55. En vemaan, want die vermaning sal die gelowiges bevoordeel.
51:56. En Ek het die djien en die mense om geen ander rede geskape nie, as dat hulle My moet aanbid.
51:57. Ek verlang van hulle geen onderhoud nie, nóg wens Ek dat hulle My moet voed.
51:58. Voorwaar, Allah is die Aller grootste Voorsiener, die Heer van Mag, die Sterke.
51:59. Die lot van die kwaaddoeners is sekerlik soos die lot van hulle metgeselle; daarom moet hulle My nie vra om dit te verhaas nie.
51:60. Wee die ongelowiges vanweë die Dag waarmee hulle bedreig word!

Hoofstuk 52: Die Berg

Afdeling 1: Sukses van die Gelowiges

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

52:1. By die Berg!
52:2. En by die geskrewe Boek
52:3. op afgerolde perkamente!
52:4. En die veelbesoekte Huis,
52:5. en die verhewe gewelf,
52:6. en die boordvolle see!
52:7. Die straf van u Heer sal sekerlik voltrek word ~
52:8. daar is niemand om dit af te weer nie ~
52:9. op die Dag wanneer die hemel in beroering sal kom,
52:10. en die berge al vlugtende sal verdwyn ~.
52:11. wee dan op dié Dag die leue naars,
52:12. wat hulle in ydele gesprekke vermaak;
52:13. die Dag waarop hulle na die Helvuur met geweld aangedryf sal word;
52:14. daar sal gesê word: Dít is die Vuur wat julle verloën het.
52:15. Is dít dan towerkuns, of sien julle nie?
52:16. Brand daarin, en toon geduld of ongeduld; dit sal dieselfde wees vir julle. Julle word slegs gestraf vir wat julle gedoen het.
52:17. Die godvresendes sal sekerlik in Tuine en geluksaligheid wees,
52:18. verheug oor dít wat hulle Heer aan hulle geskenk het; en hulle Heer het hulle van die Branden de Vuur gered.
52:19. Eet en drink met genoeë ~ as verdienste vir julle dade ~
52:20. en vly jul neer op trone wat in rye gerangskik is. En Ons sal hulle met reine metgeselle laat trou.
52:21. En die gelowiges en wie se nageslag hulle in die geloof volg ~ Ons sal hulle met hulle nageslag verenig, en Ons sal niks aan hulle werke afdoen nie. Elke man is ’n gelofte vir wat hy verdien.
52:22. En Ons sal hulle voorsien van vrugte en vleis volgens hulle verlange.
52:23. Daarin sal hulle ’n beker van hand tot hand aangee, waarin nóg ydelheid nóg sonde sal wees.
52:24. En rondom hulle sal seuns van hulle loop asof hulle verborge pêrels was.
52:25. En hulle sal na mekaar toe aankom en uitvra;
52:26. hulle sal sê: Voorwaar, ons het voorheen gevrees ter wille van ons families;
52:27. en Allah was ons genadig, en Hy het ons van die straf van die Warm Wind gered.
52:28. Waarlik, Ons het Hom voorheen aangeroep; gewis, Hy is die Goedgunstige, die Genadige.

Afdeling 2: Die Teëstanders word verdoem

52:29. Vermaan dan, want deur die guns van u Heer is u nóg ’n waarsêer, nóg ’n kranksinnige.
52:30. Of hulle sê: ’n Digter! ons verwag vir hom die slegste ongelukke van die tyd.
52:31. Sê: Wag! Ek wag net soos julle.
52:32. Of bied hulle verstand hul dit aan? Of is hulle ’n opstandige volk?
52:33. Of sê hulle: Hy het dit versin. Nee, hulle het geen geloof nie.
52:34. Laat hulle dan soortgelyke spreuke voortbring, indien hulle opreg is.
52:35. Of is hulle deur níks geskape? Of is húlle die skeppers?
52:36. Of het húlle die hemele en die aarde geskape? Nee, hulle is van niks seker nie.
52:37. Of het hulle die skatte van u Heer by hulle? Of het hulle volkome gesag?
52:38. Of het hulle ’n leer wat na die hemel reik, met behulp waarvan hulle kan inluister? Laat hulle luisteraar dan ’n duidelike gesag voortbring.
52:39. Of het Hy dogters en julle seuns?
52:40. Of vorder u ’n loon van hulle, sodat hulle onder skuld gebuk gaan?
52:41. Of besit hulle die onsigbare, sodat hulle dit kan neerskryf?
52:42. Of wil hulle ’n plan beraam? Maar die ongelowiges sal deur hulle eie plan verstrik word.
52:43. Of het hulle ’n god buiten Allah? Allah is verhewe bo wat hulle met Hom vereenselwig.
52:44. En as hulle ’n stuk van die hemel sien val, sal hulle sê: Opgehoopte wolke!
52:45. Laat staan hulle dan totdat hulle hul Dag ontmoet waarop hulle gestraf sal word:
52:46. die Dag wanneer hulle sameswe ringe hulle nie sal baat nie, en hulle ook nie gehelp sal word nie.
52:47. En voorwaar, vir die kwaad doeners is daar straf bo straf; maar die meeste van hulle weet dit nie.
52:48. En wag geduldig op die oordeel van u Heer, want sekerlik sien Ons u; en verheerlik die lof van u Heer wanneer u ontwaak,
52:49. en ook gedurende die aand, en as die sterre verdwyn.

Hoofstuk 53: Die Ster

Afdeling 1: Die hoogheid van die Profeet

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

53:1. By die ster wanneer dit sak!
53:2. Julle metgesel dwaal nie, en hy wyk ook nie af nie.
53:3. Hy spreek ook nie sy eie begeer tes na nie.
53:4. Dit is niks anders nie as ’n ge openbaarde openbaring ~
53:5. Een, Sterk in Mag, het hom onderrig,
53:6. die Heer van Krag. Daarom het hy dan ook volmaaktheid bereik.
53:7. En hy is in die hoogste punt van die horison;
53:8. hy het nader en nader gereik;
53:9. en hy was maar twee boog lengtes verwyder, of selfs nog nader.
53:10. Daarom het Hy aan Sy dienaar bekend gemaak wat Hy geopenbaar het.
53:11. Die hart het nie vervals wat hy gesien het nie.
53:12. Wil julle dan met hom argumenteer oor wat hy gesien het?
53:13. Hy het hom sekerlik by ’n ander verskyning gesien,
53:14. by die verste lotusboom.
53:15. Daar naby is die Tuin van Ver blyf.
53:16. Toe dít wat bedek die lotusboom bedek het,
53:17. het die oog nie weggedraai nie, en ook nie die perke oorskry nie.
53:18. Sekerlik het hy die grootste tekens van sy Heer gesien.
53:19. Het julle dan die afgodsbeelde ~ Laat en Oezza ~ in oorweging geneem,
53:20. en ’n ander, die derde ~ Manaat?
53:21. Is die manlike wesens vir júlle, en die vroulikes vir Hom?
53:22. Dit is inderdaad ’n onjuiste verdeling!
53:23. Dit is niks anders nie as name wat julle opnoem, julle en julle vaders ~ Allah het julle geen gesag daartoe verleen nie. Hulle volg slegs gissings na, en wat hulle harte begeer. Maar die leiding van die Heer het sekerlik na hulle gekom.
53:24. Of sal die mens alles kry wat hy verlang?
53:25. Nee, aan Allah behoort die Hiernamaals en ook die huidige lewe.

Afdeling 2: Niks kan die Waarheid weerstaan nie

53:26. En hoeveel engele is daar nie in die hemele wie se voorspraak niks sal baat nie, behalwe nadat Allah verlof daartoe gegee het aan wie Hy wil, en wie Hy ver kies!
53:27. Voorwaar, hulle wat nie in die Hiernamaals glo nie, gee die engele vroulike name.
53:28. En hule het geen kennis daarvan nie. Hulle volg slegs gissings, en gissings sal sekerlik niks teen die Waarheid baat nie.
53:29. Draai daarom weg van hom wat die rug vir Ons Vermanings keer en niks anders as die lewe van hierdie wêreld begeer nie.
53:30. Dít is die doelwit van hul kennis. Voorwaar, u Heer weet goed wie van Sy pad afdwaal, en Hy weet wie reg gelei word.
53:31. En aan Allah behoort wat in die hemele en wat op die aarde is, sodat Hy die kwaaddoeners hul loon kan gee vir wat hul gedoen het, en die weldoeners vir hulle weldade kan beloon.
53:32. Hulle wat die groot sondes en die onwelvoeglikhede vermy, en onwillig aan die kleiner sondes aandadig is ~ vir hulle sal u Heer kwistig wees met Vergifnis. Hy weet goed wanneer Hy julle uit die aarde voortbring en wanneer julle embrios in die baar moeders van julle moeders is; moet dus nie op julle reinheid roem nie. Hy weet goed wie hulself teen sonde bewaak.

Afdeling 3: Die Mag van Allah word getoon in die vernietiging van

die Valsheid
53:33. Sien u hom wat wegdraai,
53:34. wat ’n bietjie gee, dan terughou?
53:35. Besit hy kennis van die Onsig bare, sodat hy kan sien?
53:36. Is aan hom nie vertel wat in die geskrifte van Moses staan,
53:37. en van Abraham wat die gebooie vervul het nie? ~
53:38. dat ’n lasdraer nie die las van ’n ander sal dra nie;
53:39. en dat die mens niks kan verwerf nie behalwe dit waarna hy strewe;
53:40. en dat sy strewe spoedig opge merk sal word.
53:41. Dan sal hy ten volle daarvoor beloon word,
53:42. en dat alles uiteindelik tot u Heer keer.
53:43. En dat dit Hy is wat sommige laat lag en sommige laat huil;
53:44. en dat dit Hy is wat die dood veroorsaak en die lewe gee;
53:45. en dat Hy van alles pare skep, die manlike sowel as die vrou like,
53:46. uit ’n sperm wanneer dit geskik is;
53:47. en dat hy die tweede opwekking verorden het;
53:48. en dat dit Hy is wat rykdom en voldoening gee;
53:49. en dat hy die Heer van Sirius is;
53:50. en dat Hy die eerste stam van Aad vernietig het,
53:51. en ook Thamoed nie gespaar het nie,
53:52. en vóór hulle ook die volk van Noag. Waarlik, hulle was uitermate onregverdig en opstandig.
53:53. En die verwoeste stede het Hy met die grond gelyk gemaak,
53:54. sodat dít wat bedek, hulle heel temal bedek het.
53:55. Oor watter gawe van u Heer wil u dan redekawel?
53:56. Hierdie man is ’n waarskuwer, soos die waarskuwers van ouds.
53:57. Die naderende Gebeurtenis kom al nader.
53:58. Daar is niemand, buiten Allah, wat dit kan verwyder nie.
53:59. Verwonder julle jul oor hierdie aankondiging?
53:60. En lag julle en huil julle nie,
53:61. terwyl julle speel?
53:62. Val dan neer in prostrasie voor Allah, en aanbid Hom.

Hoofstuk 54: Die Maan

Afdeling 1: Die Oordeel sal die Teëstanders agterhaal

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

54:1. Die Uur het nader gekom, en die maan was oopgesplits.
54:2. En as hulle ’n teken sien, draai hulle weg en sê: Verganklike towery!
54:3. En hulle ontken, en volg hulle slegte neigings. Maar elke saak word afgehandel.
54:4. En sekerlik het daar verhale tot hulle gekom, wat moet afskrik,
54:5. volmaakte wysheid; maar die waarskuwings baat nie;
54:6. draai daarom weg van hulle af. Die Dag waarop die Aanroeper hulle tot iets onaangenaams sal uitnooi,
54:7. sal hulle met neergeslane oë uit hulle grafte kom, soos verstrooide sprinkane,
54:8. terwyl hul na die Aanroeper sal beweeg. Die ongelowiges sal sê: Dit is ’n moeilike Dag.
54:9. Vóór hulle het die volk van Noag verwerp ~ hulle het Ons boodskapper verwerp en gesê: ’n Kranksinnige, en hulle het hom verdryf.
54:10. Daarom het hy tot sy Heer geroep: Ek is verslae; help my tog!
54:11. Toe het Ons die hekke van die hemel oopgemaak vir die stromende water,
54:12. en die water uit fonteine oor die land laat vloei, sodat die vloed waters mekaar ontmoet het volgens ’n maatstaf wat reeds verorden was.
54:13. En Ons het hom op iets, bestaande uit planke en spykers, vervoer,
54:14. wat onder Ons oë voortgedrywe het ~ ’n beloning vir hom wat verwerp was.
54:15. En sekerlik het Ons dit tot ’n teken gemaak, maar is daar iemand wat wil onthou?
54:16. Hoe vreeslik was My kastyding en My waarskuwing!
54:17. En Ons het die Qur’ãn inderdaad maklik gemaak om te onthou, maar is daar iemand wat sal onthou?
54:18. Aad het verloën, en hoe vreeslik was My kastyding en My waarskuwing toe!
54:19. Sekerlik het Ons ’n woedende wind op ’n vreeslike ongeluk kige dag teen hulle uitgestuur,
54:20. wat die mense weggeruk het asof hulle stamme van ontwor telde palmbome was.
54:21. Hoe vreeslik tog was My kastyding en My waarskuwing!
54:22. En Ons het die Qur’ãn inderdaad maklik gemaak om te onthou, maar is daar iemand wat sal onthou?

Afdeling 2: Samoed en die volk van Lot

54:23. Thamoed het die waarskuwing verwerp.
54:24. Hulle het gesê: Moet ons nou ’n enkele persoon uit ons midde volg? Dan sal ons sekerlik in dwaling en kranksinnigheid ver- keer.
54:25. Is uit die midde van ons almal, die aanmaning alleen aan hóm gestuur? Nee, hy is ’n onbe skaamde leuenaar!
54:26. Môre sal hulle weet wie die leuenaar, die onbeskaamde, is.
54:27. Ons gaan hulle waarlik nou die kamelin stuur om hulle op die proef te stel; hou hulle dop, en beoefen geduld.
54:28. Stel hulle in kennis dat die water tussen hulle verdeel is; elke drinkbeurt sal in ag geneem moet word.
54:29. Maar hulle het hul metgesel geroep, en hy het ‘’n swaard geneem en haar kniesening afgekap.
54:30. Hoe vreeslik dan was My kastyding en My waarskuwing!
54:31. Ons het waarlik ’n enkele kreet oor hulle afgestuur, toe was hulle soos die droë stokke waarvan ’n veekraal gemaak word.
54:32. En Ons het die Qur’ãn inderdaad maklik gemaak om te onthou, maar is daar iemand wat sal onthou?
54:33. Die volk van Lot het ook die waarskuwing verwerp.
54:34. Sekerlik het Ons ’n storm van stene oor hulle laat reën, met uitsondering van die volgelinge van Lot, wat Ons met die daeraad verlos het,
54:35. as ’n guns van Ons. Want só beloon Ons diegene wat dank betuig.
54:36. En voorwaar, hy het hulle teen Ons vreeslike oordeel gewaar sku, maar hulle het oor die waarskuwing geredekawel.
54:37. En hulle het waarlik probeer om hom van sy gaste af te keer, maar Ons het hulle oë verblind en gesê: Smaak dan My kastyding en My Waarskuwing.
54:38. En sekerlik het ’n blywende straf hulle in die oggend ingehaal:
54:39. Smaak nou My straf en My waarskuwing!
54:40. En Ons het die Qur’ãn inderdaad maklik gemaak om te onthou, maar is daar iemand wat sal onthou?

Afdeling 3: Farao en die Profeet se Teëstanders

54:41. En sekerlik het die waarskuwing na die volk van Farao gekom.
54:42. Hulle het al Ons tekens verwerp, daarom het Ons hulle vasgegryp met die beslaglegging deur die Magtige, die Kragtige.
54:43. Is julle ongelowiges beter as hulle, of besit julle ’n vrystelling in die geskrifte?
54:44. Of sê hulle: Is ons dan ’n skare wat mekaar bystand moet verleen?
54:45. Gou-gou sal die skare op die vlug gejaag word, en hulle sal die rug draai.
54:46. Nee, die Uur is hul beloofde tyd, en die Uur sal uiters rampspoedig en bitter wees.
54:47. Voorwaar, die misdadigers verkeer in dwaling en moeilikheid.
54:48. Op die Dag wanneer hulle op hul aangesig deur die Vuur gesleep sal word, sal daar gesê word: Smaak die aanraking van die Hel.
54:49. Voorwaar, Ons het alles volgens ’n maatstaf geskape.
54:50. En Ons gebod kom slegs een maal, soos ’n oogwink.
54:51. En sekerlik het Ons die gelyke van julle vernietig; maar is daar iemand wat sal onthou?
54:52. En alles wat hulle doen, is in die geskrifte opgeteken.
54:53. En alles, groot en klein, is neergeskryf.
54:54. Voorwaar, die godvresendes sal te midde van Tuine en riviere vertoef,
54:55. in ’n ware vesting, in die aanwesigheid van ’n Almagtige Koning.

Hoofstuk 55: Die Barmhartige

Afdeling 1: Goddelike Barmhar tigheid

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

55:1. Die Barmhartige
55:2. het die Qur’ãn onderrig.
55:3. Hy het die mens geskape,
55:4. en hom geleer om te praat.
55:5. Die son en die maan volg ’n berekende baan,
55:6. en die plante en die bome aanbid Hom.
55:7. En die hemel het Hy hoog gevestig; en die maat het Hy bepaal,
55:8. sodat julle die maat nie mag oorskry nie;
55:9. en hou die weegskaal in stand op ’n billike wyse, en doen nie te kort aan die maat nie.
55:10. En die aarde het Hy vir Sy skepsels geskape;
55:11. daarin is vrugte en palmbome met blomskedes,
55:12. en die graan, met hul blare en stingels vir voer, en welriekende plante.
55:13. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:14. Hy het die mens uit droë klei geskape, soos erdewerk,
55:15. en Hy het die djien uit ’n vlam van die Vuur geskape.
55:16. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:17. Heer van die twee Oostes en Heer van die twee Westes.
55:18. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:19. Hy het die twee watermassas vry laat vloei, en mekaar laat ontmoet:
55:20. tussen hulle is ’n versperring wat hulle nie verby kan steek nie.
55:21. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:22. Daar kom uit albei pêrels en korale voort.
55:23. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:24. En Syne is die skepe wat hoog bo die see uitsteek soos berge.
55:25. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~

Afdeling 2: Die Oordeel van die Misdadigers

55:26. Almal wat daarop is, sal ver gaan.
55:27. En die Aangesig van u Heer sal alleen voortbestaan, die Heer van Heiligheid en Eer!
55:28. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:29. Almal wat in die hemele en op die aarde is, smeek Hom om gunste. Elke oomblik is Hy in ’n toestand van Heiligheid.
55:30. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:31. Spoedig sal Ons met julle afreken, o julle twee leërs!
55:32. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:33. O vergadering van djien en mense! As julle in staat is om deur die streke van die hemele en die aarde te gaan, doen dit dan. Julle kan nie daar deurgaan nie, behalwe met verlof.
55:34. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:35. Die Vlamme van Vuur en vonke van brons sal oor julle afgestuur word, dan sal julle nie in staat wees om jul te verdedig nie.
55:36. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:37. Wanneer die hemel dan uitmekaar sal bars, sal dit rooi word soos rooi leer.
55:38. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:39. Op daardie Dag dan sal nóg mens nóg djien oor sy sonde ondervra word.
55:40. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:41. Die misdadigers sal aan hulle kenmerke herken word, en hulle sal aan die hare en die voete gegryp word.
55:42. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:43. Dít is die Hel, wat die misdadigers verloën.
55:44. Dáár sal hulle tussen die Vuur en kokende water rondgaan.
55:45. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~

Afdeling 3: Die beloning van die Regskapene

55:46. En vir hom wat vrees om voor sy Heer te staan, is daar twee Tuine,
55:47. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:48. met verskillende soorte plante;
55:49. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:50. daarin is twee stromende fon teine.
55:51. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:52. Daarin is pare van elke vrugte soort,
55:53. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:54. hulle sal hul neervlei op beddens waarvan die binnevoerings van sy brokaat is. En die vrugte van die twee Tuine is byderhand;
55:55. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:56. daarin sal diegene wees wat hulle oë in bedwang gehou het, en wat nóg man nóg djien aan geraak het,
55:57. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:58. asof hulle robyne of pêrels was.
55:59. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:60. Is die beloning van goedheid iets anders as goedheid?
55:61. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:62. En buiten daardie twee is daar nog twee Tuine,
55:63. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:64. donkergroen van kleur;
55:65. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:66. daarin is ook fonteine waarvan die water uitspuit;
55:67. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:68. daarin is vrugte en dadelpalms en granate;
55:69. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:70. Daarin is rein en beeldskone vroue,
55:71. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:72. skone maagde in pawiljoene gehuisves,
55:73. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:74. geen man of djien het hulle nog aangeraak nie;
55:75. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:76. hulle sal hul neervly op groen kussings en pragtige tapyte;
55:77. ~ Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken? ~
55:78. geseënd is die naam van u Heer, die Heer van Heiligheid en Eer!

Hoofstuk 56: Die Gebeurtenis

Afdeling 1: Drie groepe mense

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

56:1. Wanneer die Gebeurtenis plaas vind,
56:2. sal dit nie ontken kan word nie.
56:3. Dit sal sommige verneder en andere verhef.
56:4. Wanneer die aarde met ’n hewige skok sal skud,
56:5. en die berge sal verbrokkel,
56:6. dan sal hulle soos verstrooide stof wees,
56:7. en julle sal in drie groepe verdeel word.
56:8. Die mense aan die regterkant ~ hoe gelukkig is die mense aan die regterkant! ~
56:9. en die mense aan die linkerkant ~ hoe ongelukkig is die mense aan die linkerkant! ~
56:10. en die vooruitstrewendes in die geloof sal die vooruitstrewendes bly;
56:11. hulle sal nader aan Allah getrek word.
56:12. In Tuine van verrukking.
56:13. ’n Menigte van die eerstes
56:14. en maar min uit die later tye,
56:15. op deurvlegte sofa’s,
56:16. neergevly daarop, met die gesig te na mekaar gewend.
56:17. Jong manne wat nie sal verouder nie, sal onder hulle rondgaan
56:18. met drinkbekers, lampetkanne, en glase met wyn ~
56:19. wat hulle nie hoofpyn sal gee of dronk sal laat word nie;
56:20. en vrugte, net wat hulle verkies,
56:21. en pluimveevleis waarna hulle verlang,
56:22. en suiwer, rein metgeselle,
56:23. soos verborge pêrels:
56:24. ’n Beloning vir wat hulle gedoen het.
56:25. Hulle hoor geen ydele gesprek of sondige taal daarin nie,
56:26. maar net dié woorde: Vrede! Vrede!
56:27. En die mense aan die regterkant; hoe gelukkig is die mense aan die regterkant!
56:28. Te midde van doringlose lotus bome,
56:29. en piesangbome vol trosse,
56:30. met vérrykende skadu’s,
56:31. en vloeiende water,
56:32. en volop vrugte,
56:33. nóg afgesny, nóg verbode,
56:34. en verhewe sofa’s.
56:35. Voorwaar, Ons het vir hulle ’n nuwe skepping geskape,
56:36. en tot maagde het Ons hulle gemaak,
56:37. beminlik, en van gelyke ouder dom,
56:38. vir diegene aan die regterkant.
56:39. ’n Menigte van die eerstes,
56:40. en ’n menigte uit later tye.

Afdeling 2: Die Misdadigers

56:41. En die mense aan die linkerkant; hoe ellendig is die mense aan die linkerkant!
56:42. Te midde van ’n verskroeiende wind en kokende water,
56:43. en in die skadu van swart rook,
56:44. nóg koel, nóg verfrissend.
56:45. Vóór dit het hulle inderdaad in weelde gelewe,
56:46. en hulle het in die groot sken ding volhard;
56:47. en hulle het dikwels gesê: Wan neer ons dood is, en stof en beendere geword het, sal ons dan opgewek word?
56:48. of ons voorvaders?
56:49. Sê: Ja, die vroeëre en die lateres
56:50. sal gewis bymekaar versamel word op ’n vasgestelde tyd van ’n bepaalde Dag.
56:51. Dan, o julle wat verdwaal was en verloën het,
56:52. julle sal sekerlik van die boom van Zakkoem eet,
56:53. en julle sal jul buik daarmee vul;
56:54. en daarna kokende water drink;
56:55. en drink soos die dorstige kameel drink.
56:56. Dít sal hulle vermaaklikheid wees op die Dag van Vergelding.
56:57. Ons het julle geskape; waarom wil julle dan nie die Waarheid erken nie?
56:58. Sien julle die afskeiding wat julle uitstort?
56:59. Is dit júlle wat dit skep, of is Ons die Skeppers?
56:60. Ons het die dood vir julle verorden ~ en Ons kan nie uitoorlê word nie ~
56:61. sodat Ons julle posisie kan verander en julle in ’n toestand omskep wat julle nie ken nie.
56:62. En sekerlik weet julle van die eerste skepping; waarom sal julle dan nie ag gee nie?
56:63. Sien julle wat julle saai?
56:64. Is dit júlle wat die groei daarvan veroorsaak, of is Ons die Oorsaak van die groei?
56:65. As Ons wou, kon Ons kaf daar van gemaak het; dan sou julle geweeklaag het:
56:66. Sekerlik is ons met skuld belas!.
56:67. Nee, ons is van alles beroof!
56:68. Sien julle die water wat julle drink?
56:69. Bring júlle dit uit die wolke af, of is Ons die Brenger?
56:70. As Ons wou, kon Ons dit brak gemaak het; waarom wil julle dan nie dank betuig nie?
56:71. Sien julle die vuur wat julle aansteek?
56:72. Is dit júlle wat die bome daar voor voortbring, of is Ons die Voortbrenger?
56:73. Ons het dit tot ’n aanmaning en voordeel vir die reisigers van die woestyn gemaak.
56:74. Verheerlik dan die naam van u Heer, die Allergrootste.

Afdeling 3: Die Oordeel is onvermydelik

56:75. Maar nee, Ek sweer by die openbaring van dele van die Qur’ãn!
56:76. ~ en dit is inderdaad ’n groot eed, indien julle dit weet ~
56:77. waarlik, dit is ’n eervolle Qur’ãn,
56:78. ’n Boek wat beskerm word,
56:79. wat niemand sal aanraak nie, behalwe die gesuiwerdes.
56:80. ’n Openbaring van die Heer van die wêrelde.
56:81. Is dit hierdie aankondiging wat julle verwerp?
56:82. En kan julle nie lewe sonder om dit te verwerp nie?
56:83. Waarom dan, wanneer die siel van die sterwende in sy keel styg,
56:84. en julle dit op daardie oomblik aanskou,
56:85. ~ en Ons is nader daaraan as julle, maar julle merk dit nie ~
56:86. waarom, as julle enige mag het,
56:87. beveel julle dit nie om terug te gaan nie?
56:88. As hy een van diegene is wat ná aan Allah is,
56:89. dan is daar vir hom geluk en oorvloed en ’n Tuin van Verrukking.
56:90. En as hy een van diegene aan die regterkant is,
56:91. dan lui dit: Vrede vir u, van diegene aan die regterkant!
56:92. En as hy een van die verwerpers, die dwalendes is,
56:93. dan is daar vir hom ’n vermaaklikheid van kokende water,
56:94. en verbranding in die Hel.
56:95. Voorwaar, dit is die grondige waarheid.
56:96. Verheerlik dan die naam van u Heer, die Allergrootste!

Hoofstuk 57: Yster

Afdeling 1: Bevestiging van die Koninkryk van Allah

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

57:1. Wat daar ook al in die hemele en op aarde is, verheerlik Allah, en Hy is die Allermagtige, die Allerwyse.
57:2. Aan Hom behoort die koninkryk van die hemele en die aarde. Hy gee lewe en ook die dood; en Hy het mag oor alle dinge.
57:3. Hy is die Eerse en die Laaste, die Openbaring en die Verborgene; Hy het kennis van alle dinge.
57:4. Dit is Hy wat die hemele en die aarde in ses tydperke geskape het, en Hy is op die Troon van Mag bevestig. Hy weet wat in die aarde ingaan en wat daaruit voortkom, en wat uit die hemel afkom en wat daarnatoe opstyg. En Hy is saam met julle waar julle ook al mag wees. En Allah sien alles wat julle doen.
57:5. Aan Hom behoort die koninkryk van die hemele en die aarde; en na Allah word alle dinge terug gebring.
57:6. Hy laat die nag in die dag oor gaan, en die dag in die nag. En Hy weet wat in die harte omgaan.
57:7. Glo in Allah en Sy Boodskapper, en bestee van dít waarvan Hy julle erfgename gemaak het. Diegene van julle wat dan glo en bestee, vir julle is daar ’n groot beloning.
57:8. Om watter rede wil julle nie in Allah glo nie? En die Boodskapper nooi julle uit om in julle Heer te glo, en Hy het julle verbond inderdaad aangeneem, indien julle gelowiges is.
57:9. Dit is Hy wat duidelike tekens na Sy dienaar afstuur, sodat hy julle uit die duisternis in die lig mag bring. En waarlik, Allah is Liefderyk, Genadevol teenoor julle.
57:10. En wat makeer julle dan dat julle nie in die weg van Allah bestee nie? En aan Allah behoort die erfenis van die hemele en die aarde. Diegene van julle wat vóór die Oorwinning bestee het en geveg het, is nie gelyk nie, maar hoër in rang as hulle wat daarná bestee het en geveg het. En Allah het goed aan almal belowe. En Allah is Bewus van wat julle doen.

Afdeling 2: Lig en lewe deur die Profeet gegee

57:11. Wie sal vir Allah ’n goeie lening aanbied? ~ Hy sal dit dan vir hom verdubbel, en hy sal ’n voortreflike beloning kry.
57:12. Op daardie Dag sal u die gelowige mans en die gelowige vroue sien; hulle lig sal voor hulle en aan hulle regterhand uitstraal. Goeie nuus vir julle bring hierdie Dag: Tuine waar deur riviere vloei, waarin julle sal bly! Dít is die grootste sukses.
57:13. Op die Dag wanneer die huigel agtige mans en vroue aan die gelowiges sal sê: Wag op ons, sodat ons van julle lig kan leen, sal gesê word: Gaan terug en soek lig. Dan sal ’n muur met ’n deur daarin tussen hulle opgerig word. Aan die binnekant sal barmhartigheid wees, en aan die buitekant sal straf wees.
57:14. Hulle sal tot die gelowiges roep: Was ons nie saam met julle nie? Hulle sal sê: Ja, maar julle het in die versoeking verval, en julle het gewag en getwyfel en julle ydele begeertes het julle bedrieg, en toe het die dreigende straf ge kom; die aartsbedrieër het julle waarlik omtrent Allah bedrieg.
57:15. Vandag dan, sal geen losprys van julle aangeneem word nie, en ook nie van die ongelowiges nie. Julle verblyf is in die Vuur; boos is julle beskermheer, en boos die bestemming.
57:16. Het die tyd nog nie aangebreek dat die gelowiges hulle harte sal verootmoedig oor die oorden kinge van Allah en die Waarheid wat geopenbaar is nie? En dat hulle nie moet wees soos die gene aan wie die Boek voorheen gegee is nie? Maar die tyd is vir hulle verleng; daarom het hulle hul harte verhard. En die meeste van hulle is oortreders.
57:17. Weet dan Allah die aarde laat herlewe ná sy dood. Inderdaad het Ons die tekens vir julle ver duidelik sodat julle kan verstaan.
57:18. Die mans wat offergawes gee en die vroue wat offergawes gee en ’n goeie lening vir Allah aan bied, vir hulle sal dit verdubbel word, en vir hulle is daar ’n voortreflike beloning.
57:19. Hulle wat in Allah en Sy boodskappers glo, hulle is die opregtes en die martelaars in die oë van hulle Heer. Hulle sal hulle beloning en hulle lig ontvang. En hulle wat nie wou glo nie en Ons tekens verwerp het, hulle is die bewoners van die Hel.

Afdeling 1: Die Waarheid sal bevestig word

57:20. Weet dan dat die lewe van hierdie wêreld maar net ’n spel en vermaak en vrolikheid, en ’n gespog onder mekaar en ’n wedywering in die vermeerde ring van rykdom en kinders is. Dit is soos reën, wat die kwekers trots laat voel op hulle landerye. Daarna verlep dit, en julle sien dit geel word, en dit word kaf. En in die Hiernamaals is ’n streng kastyding ~ maar ook vergifnis ~ van Allah, en Sy welbehae. En die lewe van hierdie wêreld is niks anders nie as ’n bron van bedrog.
57:21. Wedywer dan om die vergifnis van julle Heer en vir die Paradys, waarvan die breedte gelyk is aan die breedte tussen die hemel en die aarde, voorberei vir diegene wat in Allah en Sy boodskappers glo. Dít is die genade van Allah; Hy gee dit aan wie Hy wil. En Allah is die Heer van magtige goedertierenheid.
57:22. Daar gebeur geen ongeluk op die aarde of met julle nie, of dit is in ’n boek aangeteken nog voordat Ons dit in die lewe roep ~ voorwaar, dit is maklik vir Allah ~
57:23. sodat julle nie moet treur oor wat julle verloor het nie, of juig oor wat Hy julle gegee het nie. En Allah het die verwaande grootprater nie lief nie;
57:24. ook nie dié wat suinig is of wat die mense aanspoor om suinig te wees nie. En wie ook al wegdraai, voorwaar, Allah is Selfgenoegsaam, die Lofwaardige.
57:25. Ons het sekerlik Ons boodskappers met duidelike bewyse gestuur, en ’n Boek en die maat staf aan hulle saamgegee sodat die mense hulle goed kan gedra. En Ons het yster afgestuur, waarin vreeslike krag en voordele vir die mensdom is, sodat Allah diegene kan onderskei wat Hom en Sy Boodskappers in die geheim help. Sekerlik, Allah is Sterk, Allermagtig.

Afdeling 4: ’n Dubbele beloning vir die gelowiges

57:26. En inderdaad het Ons Noag en Abraham gestuur, en Ons het die profeetskap aan hulle nageslag gegee; onder hulle dan is dié wat die regte pad bewandel, maar die meeste van hulle is oortreders.
57:27. Daarna het Ons die boodskappers in hulle voetspore laat volg; en Ons het Jesus, die seun van Maria, hulle laat opvolg, en Ons het hom die Evangelie gegee. En Ons het sagmoedigheid en barmhartigheid in die harte ge plaas van diegene wat hom gevolg het. Maar die kloosterwese, dit het hulle as ’n nuwigheid ingevoer ~ Ons het dit nie vir hulle voorgeskryf nie ~ om die wel behae van Allah te soek, maar hulle het dit nie met die regte gesindheid nagestreef nie. Daar om het Ons aan diegene van hulle wat geglo het, hulle beloning gegee, maar die meeste van hulle is oortreders.
57:28. O julle gelowiges! Wees bewus van Allah, en glo in Sy Boodskapper ~ Hy sal julle twee aandele in Sy barmhartigheid gee, en julle ’n lig verskaf waarmee julle sal loop, en julle vergewe. En Allah is Verge wensgesind, Genadig ~
57:29. sodat die Mense van die Boek mag weet dat hulle geen gesag oor die genade van Allah het nie, en dat die genade in die hand van Allah is. Hy skenk dit aan wie Hy wil. En Allah is die Heer van magtige oorvloed.

Hoofstuk 58: Die Vrou Wat Smeek

Afdeling 1: Beskerming van Vroueregte

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

58:1. Allah het inderdaad die pleidooi gehoor van haar wat by u pleit oor haar eggenoot en by Allah kla; en Allah hoor die standpunt van julle albei aan. Voorwaar, Allah is Alleshorend, Allessiende.
58:2. Diegene van julle wat jul vrouens verstoot deur vir hulle te sê: U is vir my soos die rug van my moeder, {Die Ziehaar} moet weet dat hulle nie hul moeders is nie. Niemand anders is hulle moeders nie, behalwe diegene wat aan hulle die lewe geskenk het, en hulle spreek inderdaad ’n veragtelike woord en ’n leuen; en tog is Allah die Een wat foute uitwis, die Vergewensgesinde.
58:3. En diegene wat hul vrouens deur middel van Ziehaar verstoot, en dan hulle woorde terug wil trek, sal eers ’n slaaf moet bevry voordat die eggenote mekaar weer kan aanraak. Julle word hierteen gewaarsku; en Allah is altyd Bewus van julle dade.
58:4. Maar hy wat nie die vermoë daartoe besit nie, moet twee agtereenvolgende maande vas voordat die eggenote mekaar kan aanraak; en hy wat dit nie kan doen nie, moet sestig armes voed. Dit is ’n bevel, sodat julle aan Allah en Sy Boodskapper kan glo. En dit is ’n verorde ning van Allah. En vir die ongelowiges is daar ’n pynlike kastyding.
58:5. Waarlik, hulle wat teenstand teen Allah en Sy Boodskapper bied, sal verneder word soos diegene vóór hulle verneder is; en inderdaad het Ons duidelike tekens geopenbaar. En vir die ongelowiges is daar ’n vernederende straf.
58:6. Op die Dag wanneer Allah hulle almal saam sal opwek, sal Hy hulle inlig oor alles wat hulle gedoen het. Allah hou veslag daarvan, terwyl julle dit vergeet. En Allah is Getuie van alle dinge.

Afdeling 2: Geheime beraadslagings veroordeeld

58:7. Sien u nie dat Allah alles weet wat in die hemele en op die aarde is nie? Daar is geen geheime beraadslaging tussen drie persone nie of Hy is die vierde, of tussen vyf, of Hy is die sesde, nóg van minder nóg van meer, of Hy is met hulle waar hulle ook mag wees; dan sal Hy hulle op die Dag van Opstanding meedeel wat hulle gedoen het. Waarlik, Allah is die Kennisdraer van alle dinge.
58:8. Merk u nie dat hulle vir wie geheime beraadslagings verbode is, daarna terukeer, en in die ge heim in sonde beraadslaag oor opstand en ongehoorsaamheid teen die Boodskapper nie? En wanneer hulle na u kom, groet hulle u met ’n begroeting waarmee Allah u nie groet nie; maar onder mekaar sê hulle: Waarom straf Allah ons nie vir wat ons sê nie? Voldoende vir hulle is die Hel waarin hulle sal brand; en dít is ’n bose bestemming.
58:9. O julle gelowiges! Wanneer julle in die geheim saam beraad- slaag, spreek dan nie met mekaar oor sonde, opstand en ongehoorsaamheid teen die Boodskapper nie, maar beraad slaag oor deug en godvresendheid. En kom julle plig teenoor Allah na tot wie julle versamel sal word.
58:10. Geheime sameswering is slegs van die duiwel, sodat hy die gelowiges verdriet kan aandoen; maar hy kan hulle geen skade berokken nie, behalwe met die toestemming van Allah. Laat die gelowiges dan hulle vertroue in Allah stel.
58:11. O julle gelowiges! As aan julle gesê word: Maak plek in die vergadering, maak dan plek; Allah sal vir julle ryklik plek maak. En as daar gesê word: Staan op, staan dan op. Allah sal diegene van julle wat glo en diegene aan wie kennis toege ken is, tot hoë range verhef. En Allah is heeltemal Bewus van wat julle doen.
58:12. O julle gelowiges! Indien julle die Boodskapper wil raadpleeg, skenk dan ’n offergawe vóór julle raadpleginge. Dit is vir julle beter en reiner. Maar as julle niks besit nie, dan is Allah sekerlik Vergewensgesind, Ge nadig.
58:13. Is julle besorg dat julle nie ’n offergawe sal kan gee voordat julle met raadpleginge begin nie? Indien julle dit nie doen nie, en Allah het Hom met barmhartigheid tot julle gewend, onderhou dan die gebed en betaal die Zakaat en gehoor saam Allah en Sy Boodskapper. En Allah is heeltemal Bewus van wat julle doen.

Afdeling 3: Teen die vyande in die midde moet gewaak word

58:14. Het u nog nie vir hulle gesien wat met ’n volk bevriend raak waarop Allah toornig is nie? Hulle is nóg van julle nóg van hulle, en hulle sweer valslik terwyl hulle dit weet.
58:15. Allah het vir hulle ’n streng straf voorberei. Wat hulle doen, is inderdaad boos.
58:16. Hulle het van hulle eedstellings ’n skuiling gemaak, en hulle verlei ander van die weg van Allah; vir hulle sal daar ’n vernederende straf wees.
58:17. Hulle skatte en hulle kinders sal hulle niks teen Allah baat nie. Hulle is die bewoners van die Vuur; daarin sal hulle bly.
58:18. Op die Dag wanneer Allah hulle almal sal opwek, sal hulle by Hom sweer soos hulle by u sweer, en reken dat hulle ’n verskoning sal hê. Kyk nou, hulle is sekerlik leuenaars.
58:19. Die duiwel het die oorhand oor hulle gekry, en hy het ver oorsaak dat hulle vergeet. Hulle behoort aan die duiwel. Waar lik, hulle wat aan die duiwel behoort, is die verloorders.
58:20. Waarlik, diegene wat teenstand teen Allah en Sy Boodskapper bied, hulle sal onder die ver nederendes verkeer.
58:21. Allah het verorden: Ek sal sekerlik seëvier, Ek en My boodskappers. Voorwaar, Allah is Sterk, Allermagtig.
58:22. U sal nie ’n volk vind wat in Allah en die Laaste Dag glo terwyl hulle iemand liefhet wat teenstand teen Allah en Sy Boodskapper bied nie, selfs al is dit ook hulle vaders, of hulle seuns of hulle broers, of hulle uitgebreide familie. Dit is húlle in wie se harte Allah geloof ingeskryf het, en wat Hy met Sy Gees versterk het, en Hy sal hulle in Tuine toelaat waardeur riviere vloei, en waarin hulle sal bly. Allah het ’n welbehae in hulle, en hulle het ’n welbehae in Hom. Hulle behoort aan Allah. Waarlik, wie aan Allah behoort, sal seëvier!

Hoofstuk 59: Die Verbanning

Afdeling 1: Die Joodse bannelinge

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

59:1. Alles wat in die hemele is en alles wat op aarde is, verheerlik Allah; en Hy is die Allermagtige, die Allerwyse.
59:2. Dit is Hy wat die ongelowiges onder die Mense van die Boek uit hulle huise verdryf het met die eerste verstrooiing. Julle het nie gedink dat hulle sal weggaan nie, terwyl hulle gedink het dat hulle vestinge hulle teen Allah sal beskerm. Maar Allah het na hulle gekom van waar hulle dit nie verwag het nie, en skrik in hulle harte geplant ~ hulle het hulle huise met hulle eie hande en die hande van die gelowiges verniel. Wees gewaarsku, o julle wat oë het!
59:3. En was dit nie dat Allah die verstrooiing vir hulle verorden het nie, sou Hy hulle sekerlik in hierdie wêreld nog swaarder ge straf het; en op hulle wag daar in die Hiernamaals die straf van die Vuur.
59:4. Dit is omdat hulle weerstand teen Allah en Sy Boodskapper gebied het, en hulle wat weer stand teen Allah bied, laat hy weet dat Allah waarlik Streng is in die straf.
59:5. Watter palmbome julle ook al afkap of op hulle wortels staande laat bly, dit het geskied met die verlof van Allah, sodat Hy die oortreders kan verneder.
59:6. En wat Allah van hulle as buit aan Sy Boodskapper gegee het ~ julle het geen perd of kameel daarvoor aangespoor nie; maar Allah gee mag aan sy boodskappers teen wie Hy wil. En Allah het mag oor alle dinge.
59:7. Wat Allah aan Sy Boodskapper as buit gegee het van die stadsbewoners van Mekka, is alleen vir Allah en Sy boodskapper en vir dié se familie, en vir die weeskinders en die armes en die reisigers, sodat dit nie net onder die rykes onder julle in omloop moet wees nie. En wat die Boodskapper julle ook al mag gee, neem dit aan, en wat hy ook al verbied, bly weg daarvan; en wees bewus van Allah. Waarlik, Allah is streng in die straf.
59:8. Dít is vir die arm vlugtelinge wat van hulle huise en hul eien dom verdryf word, terwyl hulle die genade van Allah en Sy welbehae soek en Allah en Sy Boodskapper help; hulle is die opregtes.
59:9. En diegene wat hulle in die stad gevestig en ander in die geloof voorgegaan het, het diegene lief wat by hulle toevlug neem, en ondervind geen gebrek in hulle harte weens dít wat aan die vlugtelinge gegee word nie, en hulle gee aan ander voorkeur bo hulself, al ondervind hulle self ook armoede. En wie van die gierigheid van hulle eie siele verlos is, hulle sal suksesvol wees.
59:10. En diegene wat na hulle kom, sê: Ons Heer! Vergewe ons en ons broers wat ons voorafgegaan het in die geloof, en laat daar geen wrok in ons harte teen die gelowiges oorbly nie. Ons Heer! U is inderdaad Liefderyk, Genadevol.

Afdeling 2: Die Huigelaars faal in hulle beloftes aan die Jode

59:11. Het u nie die huigelaars gesien nie? Hulle sê aan hulle ongelowige broers onder die Mense van die Boek: Indien julle weggedryf word, sal ons sekerlik saam met julle gaan, en ons sal nooit iemand gehoorsaam as dit julle saak skade sal aandoen nie; en as julle aangeval word, sal ons julle sekerlik help. Maar Allah is getuie dat hulle sekerlik leuenaars is.
59:12. As hulle verban word, sal die huigelaars nooit saam met hulle gaan nie, en as hulle aangeval word, sal hulle hul nooit help nie; en al sou hulle hulp verleen, sal hulle hul sekerlik die rug toekeer; dan sal hulle nie gehelp word nie.
59:13. Die vrees in hulle harte vir julle is inderdaad groter as hulle vrees vir Allah. Dit is omdat hulle ’n volk is wat nie verstaan nie.
59:14. Gesamentlik sal hulle julle nie beveg nie, behalwe in vestingstede of van agter mure. Hulle vyandigheid onder mekaar is hewig. U sou dink dat hulle eensgesind is, maar hulle harte is verdeeld. Dit is omdat hulle ’n onverstandige volk is.
59:15. Soos diegene vóór hulle onlangs die slegte gevolge van hulle dade ondervind het, sal daar vir hulle ook ’n pynlike straf wees.
59:16. Soos die duiwel wanneer hy aan die mens sê Moenie glo nie. Maar as hy nie glo nie, sê hy: Ek is bevry van u ~ voorwaar, ek vrees Allah, die Heer van die wêrelde.
59:17. Daarom sal die einde van beide wees, dat hulle saam die Vuur sal ingaan om daarin te bly. Dít is die loon van die kwaad doeners.

Afdeling 3: ’n Vermaning

59:18. O julle gelowiges! Wees bewus van Allah, en laat elke siel ag gee op wat hy vir die dag van môre voorberei, en wees bewus van Allah. Waarlik, Allah is Bewus van wat julle doen.
59:19. En wees nie soos diegene wat Allah vergeet nie, want Hy sal hulle hul eie siele laat vergeet. Húlle is die oortreders.
59:20. Die bewoners van die Vuur en die bewoners van die Paradys is nie eenders nie. Die bewoners van die Paradys is die geluksaliges.
59:21. As Ons hierdie Qur’ãn op ’n berg geopenbaar het, sou u sekerlik gesien het hoedat dit val en uiteenspat uit vrees vir Allah. En Ons hou hierdie gelykenis aan die mense voor sodat hulle kan nadink.
59:22. Dít is Allah buiten Wie daar geen god is nie; die Kenner van die Onsigbare en die Sigbare; Hy is die Barmhartige, die Genadige.
59:23. Dít is Allah buiten Wie daar geen god is nie; die Koning, die Heilige, die Skepper van Vrede, die Skenker van Veiligheid, die Bewaker van alles, die Allermagtige, die Hersteller van elke verlies, die Besitter van alle grootheid. Verhewe is Allah bo wat hulle met Hom vereenselwig!
59:24. Hy is Allah, die Skepper, die Maker, die Vormer. Aan Hom behoort die reinste name. Alles wat in die hemele en op aarde is, verheerlik Hom; en Hy is die Allermagtige, die Allerwyse.

Hoofstuk 60: Die Vrou Wat Ondervra Word

Afdeling 1: Vriendskaplike verhoudinge met die vyand

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

60:1. O julle gelowiges! Neem nie My vyande en julle vyande tot vriende nie. Sou julle hulle liefde aanbied, terwyl hulle die waarheid verwerp wat tot julle gekom het, en die Boodskapper en julle verdryf omdat julle in Allah, julle Heer, glo? Terwyl julle optree om vir My saak te veg en My welbehae te soek, sal julle hulle dan in die geheim liefde aanbied? En Ek weet wat julle verberg en wat julle openbaar maak. En dié van julle wat so handel, het inderdaad van die regte weg afgedwaal.
60:2. As hulle die oorhand oor julle kry, sal hulle julle vyande wees, en hulle sal hul hande en tonge na julle uitsteek om julle kwaad te berokken, en hulle begeer dat julle ongelowiges moet word.
60:3. Nóg julle familiebande nóg julle kinders sal julle iets baat op die Dag van Herrysenis ~ Hy sal oor julle beslis. En Allah sien alles wat julle doen.
60:4. Inderdaad is daar ’n goeie voorbeeld vir julle in Abraham en diegene wat saam met hom was, toe hulle aan hul volk gesê het: Ons is bevry van julle en dít wat julle buiten Allah aanbid. Ons glo julle nie, en daar het ’n ewige vyandskap en haat tussen julle en ons ontstaan, tensy julle in Allah alleen glo ~ met uitsondering van Abraham se woord aan sy vader: Ek sal sekerlik om vergifnis vir u smeek, en ek beheer vir u niks van Allah nie. ~
Ons Heer! Ons stel ons vertroue in U, en ons bekeer ons tot U, en na U is die terugkeer.
60:5. Ons Heer! Maak ons nie tot ’n voorwerp van beproewing vir die ongelowiges nie, en vergewe ons, o Heer. Voorwaar, U is die Allermagtige, die Allerwyse.
60:6. Voorwaar, daar is in hulle ’n goeie voorbeeld vir julle wat na Allah en die Laaste Dag uitsien. En wie van die Waarheid wegdraai, dan waarlik is Allah Self-Genoegsaam, Lofwaardig.

Afdeling 2: Vriendskaplike verhoudinge met nie-Moesliems

60:7. Dit is moontlik dat Allah liefde sal kweek tussen julle en diegene van hulle met wie julle in vyandskap verkeer. En Allah is Allermagtig, en Allah is Verge wensgesind, Genadig.
60:8. Aangaande diegene wat nie teen julle oor die godsdiens veg en julle uit julle huise verdryf nie, Allah verbied julle nie om vriendelikheid aan hulle te betoon en regverdig te handel nie. Voorwaar, Allah het die regverdiges lief.
60:9. Maar Allah verbied julle om vriendskap te betoon aan die gene wat teen julle veg oor die godsdiens en wat julle uit julle huise verdryf en ander help om julle te verdryf; en wie hul ook al vriendskap aanbied, hulle is die boosdoeners.
60:10. O julle gelowiges! Wanneer gelowige vroue as vlugtelinge na julle kom, ondervra hulle. Allah ken hulle geloof die beste. As julle dan weet dat hulle gelowiges is, stuur hulle nie terug na die ongelowiges nie. Hierdie vroue is vir hulle nie wettig nie, nóg is die ongelowige mans wettig vir hierdie vroue. En gee vir hulle wat hulle bestee het; en dit is geen sonde vir julle om met hulle in die huwelik te tree nie as julle hul bruidskatte vir hulle gegee het. En hou nie vas aan die huweliksbande met ongelowige vroue nie, en vra om dít wat julle bestee het, en laat hulle vra om wat húlle bestee het. Dit is die gebod van Allah. Hy beslis tussen julle. En Allah is Alleswetend, Allerwys.
60:11. En as enige aandeel van die bruidskatte van julle vroue oorgegaan het van julle na die ongelowiges, en julle kry ’n soortgelyke kans, gee dan aan diegene wie se vroue weggegaan het dieselfde as wat hulle aan hul vroue bestee het, en vrees Allah, in Wie hulle glo.
60:12. O Profeet! Wanneer gelowige vroue na u kom en die eed van trou aan u aflê: dat hulle niks met Allah sal vereenselwig nie, en dat hulle nie sal steel of owerspel pleeg of hulle kinders vermoor of laster sal versin of ongehoorsaam aan u sal wees nie, neem dan hulle eed van trou aan en vra Allah om vergifnis vir hulle. Waarlik, Allah is Vergewensgesind, Genadig.
60:13. O julle gelowiges! Neem nie tot vriende ’n volk waarop Allah toornig is nie; inderdaad wan hoop hulle aan die Hiernamaals, net soos die ongelowiges wan hoop aan diegene wat in hul grafte is.

Hoofstuk 61: Die Geledere

Afdeling 1: Die triomf van Islam

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

61:1. Wat ook al in die hemele is, en wat ook al op die aarde is, dit verheerlik Allah; en Hy is die Allermagtige, die Allerwyse.
61:2. O julle gelowiges! Waarom sê julle wat julle nie doen nie?
61:3. Dit is afkeurenswaardig in die oë van Allah dat julle dít moet sê wat julle nie doen nie.
61:4. Voorwaar, Allah het hulle lief wat op Sy weg in geledere veg, asof hulle ’n hegte muur vorm.
61:5. En toe Moses aan sy volk gesê het: O my volk! Waarom belas ter julle my terwyl julle weet dat ek Allah se boodskapper na julle is? Maar toe hulle afgedwaal het, het Allah hulle harte vehard. En Allah lei nie ’n opstandige volk nie.
61:6. En toe Jesus, die seun van Maria, gesê het: O Kinders van Israel! Ek is Allah se boodskapper na julle, en ek bevestig dít wat vóór my reeds in die Tora was, en gee die blye tyding van ’n Boodskapper wat ná my sal kom; sy naam is Agmad. Maar toe hy met duidelike bewyse na hulle gekom het, het hulle gesê: Dit is louter towery.
61:7. En wie is onregverdiger as hy wat ’n leuen teen Allah versin terwyl hy tot Islam opgeroep word? En Allah lei nie die onregverdige volk nie.
61:8. Hulle begeer om die lig van Allah met hulle monde uit te doof, maar Allah sal Sy lig ver volmaak, ofskoon die ongelowiges daarvan afkering is.
61:9. Dit is Hy wat Sy Boodskapper met die leiding en die ware godsdiens gestuur het, sodat Hy dit oor alle ander godsdienste mag laat seëvier, ofskoon die heidene dit haat.

Afdeling 2: Bevestiging van die Waarheid het opofferinge genoodsaak

61:10. O julle gelowiges! Sal ek julle voorgaan in ’n onderhandeling wat julle van ’n pynlike straf sal verlos?
61:11. Julle moet glo in Allah en Sy Boodskapper en hard strewe in die weg van Allah met julle besittings en julle lewens. Dit is vir julle beter as julle dit maar weet.
61:12. Hy sal julle sonde vergewe en julle in Tuine toelaat waardeur riviere vloei, en Hy sal aan julle toegang verleen tot pragtige wonings in Tuine van Ewigheid. Dít is die groot sukses.
61:13. En nog ’n ander seëning wat julle begeer: hulp van Allah en ’n spoedige oorwinning; en bring blye tydings aan die gelowiges.
61:14. O julle gelowiges! Wees helpers op die weg van Allah, soos Jesus, die seun van Maria, aan sy dissipels gesê het: Wie is my helpers in die weg van Allah? Die dissipels het geantwoord: Ons is helpers in die weg van Allah! Toe het ’n gedeelte van die Kinders van Israel geglo en ’n ander gedeelte het nie geglo nie; en Ons het diegene wat geglo het teen hulle vyand gehelp, en hulle het die oorwinning behaal.

Hoofstuk 62: Die Vrydagbyeenkoms

Afdeling 1: Moesliems uitverkies vir Goddelike Gunste

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

62:1. Wat ook al in die hemele is, en wat ook al op die aarde is, verheerlik Allah, die Koning, die Heilige, die Allermagtige, die Allerwyse.
62:2. Dit is Hy wat vir die ongelet terdes ’n Boodskapper verwek het, wat Sy tekens aan hulle voordra en hulle louter en hulle in die Boek en die Wysheid onderwys, ofskoon hulle voorheen in openlike dwaling verkeer het;
62:3. en so ook ander onder hulle wat nog nie by hulle aangesluit het nie. En Hy is die Allermagtige, die Allerwyse.
62:4. Dít is Allah se goedertierenheid; Hy skenk dit aan wie Hy wil. En Allah is die Heer van magtige goedertierenheid.
62:5. Diegene wat met die Tora belas was, en dit nie nagelewe het nie, is soos ’n esel wat boeke dra. Boos is die volk wat die boodskappers van Allah verwerp. En Allah lei nie die onregverdige volk nie.
62:6. Sê: O julle Jode! As julle dink dat julle, met uitsluiting van ander mense, die gunstelinge van Allah is, begeer dan die dood as julle die waarheid spreek.
62:7. Maar hulle sal dit nooit begeer nie, vanweë dít wat hulle hande vooruitgestuur het. En Allah ken die kwaaddoeners goed.
62:8. Sê: Die dood waarvoor julle probeer vlug, sal julle sekerlik inhaal; dan sal julle tot die Kenner van die Onsigbare en Sigbare teruggestuur word, en Hy sal julle inlig oor julle dade.

Afdeling 2: Die Vr ydaggebed

62:9. O julle gelowiges! Wanneer julle tot die Vrydaggebed opgeroep word, gee dan gehoor, en oordink Allah, en verlaat julle sakebedrywe. Dit is vir julle beter indien julle dit weet.
62:10. Maar wanneer die gebed geëindig het, versprei dan deur die land en soek na Allah se oorvloed, en dink baie aan Allah sodat julle suksesvol mag wees.
62:11. Maar as hulle koopware of enige vermaaklikheid sien, gaan hulle haastig daarheen, en laat u staan. Sê: Wat by Allah is, is verkiesliker as vermaaklikheid en handel, en Allah is die Beste Voorsiener.

Hoofstuk 63: Die Huigelaars

Afdeling 1: Die Huigelaars

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

63:1. Wanneer die huigelaars na u kom, sê hulle: Ons getuig dat u inderdaad Allah se Boodskapper is. En Allah weet dat u inder daad Sy Boodskapper is. En Allah getuig dat die huigelaars inderdaad leuenaars is.
63:2. Hulle skuil agter hulle eedstellings om sodoende die mense van die weg van Allah af te lei. Wat hulle doen, is sekerlik boos.
63:3. Dit is omdat hulle eers geglo en daarna ongelowiges geword het; derhalwe is hulle harte verseël en verstaan hulle nie.
63:4. En wanneer u hulle sien, behaag hulle uiterlike u; en as hulle praat, luister u na hulle gesprek. Hulle is soos stukke hout wat geklee is. Hulle dink dat iedere gerug teen hulle gemik is. Hulle is die vyand; wees daarom op u hoede vir hulle. Mag Allah hulle vernietig! Hoe traag is hulle nie!
63:5. En wanneer daar aan hulle gesê word: Kom, die Boodskapper van Allah sal om vergifnis vir julle vra; dan draai hulle hul hoofde weg, en u merk dat hulle ook ander verhinder, en hulle is uitermate arrogant.
63:6. Dit is vir hulle om’t ewe of u om vergifnis vir hulle vra en of u nie om vergifnis vir hulle vra nie ~ Allah sal hulle waarlik nie vergewe nie. Voorwaar, Allah lei nie die opstandige volk nie.
63:7. Dit is húlle wat sê: Bestee niks aan diegene wat saam met die Boodskapper van Allah is nie, sodat hulle uitmekaar kan gaan. En aan Allah behoort die skatte van die hemele en die aarde, maar die huigelaars verstaan dit nie.
63:8. Hulle sê: As ons na Medina terugkeer, sal die sterke die swakke daarvandaan uitdryf; maar mag behoort aan Allah en Sy Boodskapper en die gelowi ges, maar die huigelaars weet dit nie.

Afdeling 2: ’n Vermaning

63:9. O julle gelowiges! Moenie laat julle rykdom en julle kinders julle weerhou daarvan om aan Allah te dink nie; en wie dit doen, hulle is die verloorders.
63:10. En bestee van dít waarmee Ons julle voorsien het, voordat die dood een van julle oorval en hy sê: My Heer, waarom het U my nie ’n wyle uitstel verleen nie, sodat ek offergawes kon gegee het en een van die weldoeners kon gewees het nie?
63:11. Maar Allah verleen aan niemand uitstel wanneer sy tyd tot ’n einde gekom het nie. En Allah is Bewus van wat julle doen.

Hoofstuk 64: Die Onthulling Van Verliese

Afdeling 1: Die Ongelowiges gewaarsku

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

64:1. Wat ook al in die hemele is, en wat ook al op die aarde is, verheerlik Allah. Aan Hom behoort die Koninkryk en Hom kom die Lof toe; en Hy het Mag oor alle dinge.
64:2. Dit is Hy wat julle geskape het, maar sommige van julle is ongelowig, en sommige van julle is gelowig. En Allah sien wat julle doen.
64:3. Hy het die hemele en die aarde in waarheid geskape, en Hy het julle gevorm en julle mooi van gestalte gemaak, en tot Hom is die terugkeer.
64:4. Hy weet wat in die hemele en op aarde is, en Hy weet wat julle verberg en wat julle onthul; en Allah weet alles wat in die harte omgaan.
64:5. Het julle nie die verhaal gehoor van diegene wat vantevore nie geglo het nie? Die slegte gevolge van hulle gedrag het hulle ondervind, en hulle is pynlik gekasty.
64:6. Dit is omdat boodskappers met duidelike bewyse na hulle gekom het, maar hulle het gesê: Sal sterflinge ons lei? Daarom het hulle nie geglo nie en weggedraai; en Allah het geen behoeftes nie. En Allah is die Self-Genoegsame, die Lofwaardige.
64:7. Diegene wat nie glo nie, dink dat hulle nie opgewek sal word nie. Sê: Ja, by my Heer, julle sal sekerlik opstaan; dan sal julle sekerlik meegedeel word wat julle gedoen het. En vir Allah is dit maklik.
64:8. Glo dan in Allah en Sy Boodskapper en die Lig wat Ons geopenbaar het. En Allah is Bewus van wat julle doen.
64:9. Wanneer Hy julle vir die Dag van Versameling byeen sal roep, sal dit die tyd vir die Onthulling van Verliese wees. En wie ook al in Allah glo en goeddoen, sy foute sal Hy vir hom uitwis en Hy sal hom in Tuine toelaat waardeur riviere vloei, om ewig daarin te bly. Dít is die groot sukses.
64:10. Maar hulle wat nie glo nie en Ons tekens verwerp, hulle is die bewoners van die Vuur, waarin hulle sal bly; en dit is ’n bose bestemming.

Afdeling 2: ’n Vermaning

64:11. En daar gebeur geen rampspoed nie, behalwe met die toestemming van Allah. En wie ook al in Allah glo, Hy lei sy hart. En Allah het kennis van alle dinge.
64:12. En gehoorsaam Allah, en gehoorsaam die Boodskapper; maar indien julle wegdraai, is die plig van Ons Boodskapper slegs om die boodskap duidelik af te lewer.
64:13. Allah! Daar is geen God nie buiten Hom. En laat die gelowiges daarom hulle vertroue in Allah stel.
64:14. O julle gelowiges! Daar is onder julle eggenotes en julle kinders sommige wat vyande van julle is; wees dus op julle hoede vir hulle. En indien julle deur die vingers sien en verdra en vergewe, dan is Allah waarlik Vergewensgesind, Genadig.
64:15. Julle rykdom en julle kinders is slegs ’n beproewing; maar by Allah is daar ’n groot beloning.
64:16. Kom daarom julle plig teenoor Allah na en vrees Hom so goed as julle kan, en luister en gehoorsaam en bestee in offergawes; dit is beter vir julle siele. En wie ook al van die inhaligheid van sy siel verlos is, hy is een van hulle wat sal slaag.
64:17. As julle ’n goeie lening met Allah sluit, sal Hy dit vir julle verdubbel en julle vergewe. En Allah is die Vermenigvuldiger van beloning, Verdraagsaam,
64:18. die Kenner van die Onsigbare en die Sigbare, die Allermagtige, die Allerwyse.

Hoofstuk 65: Egskeiding

Afdeling 1: Aanvullende reëls vir egskeiding

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

65:1. O Profeet! Wanneer julle van vroue skei, skei hulle vir hulle vasgestelde tydperk, en bereken die tydperk; en vrees Allah, julle Heer. Verdryf hulle nie uit hulle huise nie, ook hoef hulle nie weg te gaan voor die bepaalde termyn verstryk het nie, tensy hulle ’n openlike skande begaan het. Dit is die beperkinge van Allah; en wie op die beperkinge van Allah nie ag slaan nie, doen sekerlik sy eie siel onreg aan. U weet nie of Allah miskien daarna iets beter teweeg sal bring nie.
65:2. As hulle dan die voorgeskrewe termyn bereik het, neem hulle op ’n vriendelike manier terug, of skei van hulle op ’n behoor like wyse, en roep tot getuie twee regverdiges uit julle midde, en laat dit ’n ware getuienis vir Allah wees. Dít is ’n vermaning vir hom wat in Allah en die Laaste Dag glo. En vir hom wat bewus is van Allah, sal Hy ’n uitweg voorberei,
65:3. en hom van lewensonderhoud voorsien waarvandaan hy dit nie verwag nie. En vir hom wat sy vertroue in Allah stel, is Allah toereikend. Voorwaar, Allah voer al Sy voornemens uit. Allah het inderdaad vir alles ’n maatstaf bepaal.
65:4. Vrouens wat die oorgang stadium verbygesteek het, vir hulle is die voorgeskrewe wag periode, indien julle enige twyfel het, drie maande, en vir diegene wat geen maandstondes meer het nie, geld dieselfde. En die wagperiode vir swanger vroue sal duur totdat hulle van hulle drag verlos is. En wie bewus is van Allah, vir hom sal Hy sy saak maklik maak.
65:5. Dit is die bevel van Allah wat Hy aan julle geopenbaar het. En wie sy plig teenoor Allah na kom, van hom sal Hy sy foute wegneem, en sy loon sal ver meerder word.
65:6. Herberg hulle van wie julle skei in die huise waar julle vertoef, ooreenkomstig julle vermoë, en doen hulle geen leed aan deur hulle in ongerief te bring nie. En as hulle swanger is, onder hou hulle totdat hulle van hul drag verlos is. En as hulle vir julle die kind borsvoed, gee hulle vergoeding en beraadslaag saam in vriendelikheid; maar as julle nie met mekaar oor die weg kan kom nie, laat ’n ander vrou dan die kind borsvoed.
65:7. Laat hy wat oorvloed het, uit sy oorvloed bestee. En laat hy wie se oorvloed beperk is, bestee ooreenkomstig dit wat Allah hom gegee het. Allah belas geen siel bo dít wat Hy hom gegee het nie. Allah sal weldra verligting verleen ná ongemak.

Afdeling 2: Mekka gewaarsku

65:8. En hoeveel stede het nie teen die gebod van hulle Heer en Sy boodskappers in opstand gekom nie! Daarom het Ons elke stad tot ’n streng verantwoording geroep en hom met ’n streng kastyding gestraf.
65:9. Daarom het hy die slegte gevol ge van sy gedrag ondervind, en die einde van sy saak was ver doemenis.
65:10. Allah het ’n streng straf vir hulle voorberei; Vrees dus vir Allah en kom julle plig teenoor Allah na, o mense van vestand wat glo! Allah het inderdaad ’n Vermaning vir julle gestuur.
65:11. ’n Boodskapper wat aan julle die duidelike tekens van Allah voordra, sodat hy diegene wat glo en goeie werke doen, uit die duisternis na die lig kan bring; en wie in Allah glo en goeddoen, vir hom sal Hy in Tuine toelaat waardeur riviere vloei om daarin vir ewig te bly. Allah het hom inderdaad ’n voortreflike onderhoud geskenk.
65:12. Dit is Allah wat die sewe hemele geskape het, en ook die aarde. Die gebod daal in hulle midde neer, sodat julle mag weet dat Allah mag oor alle dinge het en dat Allah alle dinge in Sy kennis omvat.

Hoofstuk 66: Die Verbod

Afdeling 1: Die Profeet se huislike aangeleenthede

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

66:1. O Profeet! Ontsê u uself dít wat Allah vir u gewettig het? Soek u die behae van u eggenote? En Allah is Vergewensgesind, Genadig.
66:2. Allah het inderdaad die ver soening van julle eedstellings vir julle goedgekeur; en Allah is julle Beskermheer en hy is die Alleswetende, die Allerwyse.
66:3. En toe die Profeet ’n geheim aan een van sy eggenote toevertrou het, en sy dit daarna verklap het, het Allah hom dit meegedeel. Hy het ’n deel daarvan bekend gemaak en ’n deel daarvan verswyg. Toe hy haar dit vertel, het sy gesê: Wie het u dit te kenne gegee? Hy het geant woord: die Alleswetende, die Allerbewuste, het my berig daarvan gegee.
66:4. Indien julle vroue jul albei tot Allah wend, dan is julle reeds hiertoe geneig; maar as julle mekaar teen die Profeet rugsteun, dan is Allah sekerlik sy Beskermheer, asook Gabriël, en die opregtes onder die gelowiges, en ook die engele sal helpers wees.
66:5. Dit is moontlik, indien hy van julle skei, dat Sy Heer hom beter vroue as julle sal gee, vroue wat onderdanig, gelowig, gehoorsaam, berouvol, godvresend, gewoond aan die vas, weduwees, en maagde sal wees.
66:6. O julle gelowiges! Red julself en julle gesinne van die Vuur waarvan die brandstof mense en stene is, waaroor engele waak, hard en streng. Hulle is Allah nie ongehoorsaam in wat Hy hulle beveel nie, maar hulle voer uit wat hulle beveel word.
66:7. O julle ongelowiges! Bied geen veronstskuldiginge aan op daardie Dag nie. Julle sal slegs vergeld word vir wat julle gedoen het.

Afdeling 2: Die vordering van die Gelowiges

66:8. O julle gelowiges! Wend julle tot Allah met opregte berou. Dit mag wees dat Allah julle foute van julle sal verwyder en julle in Tuine toelaat waardeur riviere vloei, op die Dag waarop Allah die Profeet asook die gelowiges met hom nie sal verneder nie. Hulle lig sal voor hulle en van hulle regterkant uitstraal. Hulle sal sê: Ons Heer! Vervolmaak ons lig vir ons, en verleen ons beskerming; waarlik, U het mag oor alle dinge.
66:9. O Profeet! Stry teen die ongelowiges en die huigelaars, en wees streng teen hulle; hulle tuiste is die Hel; en dít is ’n bose bestemming.
66:10. Allah hou ’n gelykenis voor aan diegene wat nie glo nie ~ die vrou van Noag en die vrou van Lot. Hulle was albei saam met twee van Ons opregte dienaars, maar hulle was hulle ontrou, daarom het hulle eggenote hulle niks teen Allah gebaat nie, en daar is gesê: Gaan die Vuur binne saam met diegene wat daar ingaan.
66:11. En Allah hou ’n gelykenis voor aan diegene wat glo ~ die vrou van Farao, toe sy gesê het: My Heer! Bou vir my ’n huis by U in die Paradys, en verlos my van Farao en sy werk, en verlos my van die onregverdige volk.
66:12. En Maria, die dogter van Amran, wat haar kuisheid bewaar het, toe het Ons hom {Dit is, Jesus het die Evangelie ontvang} Ons inspirasie ingeblaas, en sy het die waarheid van die woorde van haar Heer en Sy boeke aangeneem, en sy was een van die gehoorsames.

Hoofstuk 67: Die Koninkryk

Afdeling 1: Die Koninkryk van God

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

67:1. Geseënd is Hy in Wie se hand die Koninkryk is, en Hy het mag oor alle dinge,
67:2. wat die dood en die lewe ingestel het sodat Hy julle kan beproef ~ wie van julle se dade die beste is. En Hy is die Allermagtige, die Vergewensgesinde,
67:3. wat die sewe hemele eenders geskape het. U sien geen tekortkoming in die skepping van die Barmhartige nie. Kyk dan nog eens; sien u ’n enkele gebrek?
67:4. Draai dan die oog weer eens en nog eens ~ u blik sal verward na u terugkeer, terwyl dit ver moeid is.
67:5. En voorwaar, Ons het die naaste hemel met lampe versier, en Ons het hulle tot ’n voorwerp van bespiegeling vir die duiwels gemaak, en Ons het vir hulle die straf van verbranding voorberei.
67:6. En vir hulle wat nie in hulle Heer glo nie, is daar die straf van die Hel, en dit is ’n bose bestemming.
67:7. Wanneer hulle daarin gewerp word, sal hulle ’n harde gesteun hoor soos dit vuur spuug,
67:8. byna barstend van woede. Telkens as ’n groep daarin gedompel word, sal die bewakers daarvan vir hulle vra: Het daar geen waarskuwer na julle gekom nie?
67:9. Hulle sal sê: Ja, seker, die waarskuwer het na ons gekom, maar ons het hom verwerp en gesê: Allah het niks geopenbaar nie; julle verkeer slegs in toene mende dwaling.
67:10. En hulle sal sê: As ons maar geluister het en ons verstand gebruik het, sou ons ons nie onder die bewoners van die Brandende Vuur bevind het nie.
67:11. Dan sal hulle hul sondes beken; maar die bewoners van die Vuur is ver van genade.
67:12. Waarlik, diegene wat hulle Heer in die verborgene vrees, sal vergifnis en ’n groot beloning ont vang.
67:13. Dit maak nie saak of julle jul woord verberg of openbaar maak nie, Hy weet waarlik wat in julle boesems is.
67:14. Sou Hy, wat geskape het, nie alles weet nie? En Hy is Allesdeurdringend, die Allerbewuste.

Afdeling 2: Die Verdoemenis van die Ongelowiges

67:15. Dit is Hy wat die aarde aan julle diensbaar gemaak het; trek dan rond oor die ruimtes daarvan en eet van Sy lewensmiddele. En tot hom is die opstanding na die dood.
67:16. Voel julle dan veilig omdat Hy wat in die hemel is, julle nie deur die aarde sal laat insluk nie? Kyk dan! dit sal skud.
67:17. Of voel julle veilig omdat Hy wat in die hemel is, nie ’n orkaan teen julle sal stuur nie? Dan sal julle weet hoe waaragtig My waarskuwing was.
67:18. En voorwaar, diegene vóór julle het ook verloën, maar hoe vreeslik was My afkeuring nie!
67:19. Sien hulle nie hoe die voëls bo hulle hul vlerke uitsprei en intrek nie? Niemand hou hulle op nie, behalwe die Barmhar tige. Waarlik, Hy sien alle dinge.
67:20. Of wie is daar wat ’n leër sal wees om julle teen die Barmhartige te help? Die ongelowiges word deur niks anders as bedrog omhul nie.
67:21. Of wie is daar wat vir julle sal sorg, indien Hy Sy voorsiening sou weerhou? Nee, hulle volhard in opstandigheid en afkerigheid.
67:22. Is hy dan wat plat op sy aangesig neerval, die beste geleide, of hy wat regop op die regte weg loop?
67:23. Sê: Dit is Hy wat julle in die lewe geroep het, en vir julle ore en oë en harte gegee het; maar julle betuig min dank daarvoor.
67:24. Sê: Dit is Hy wat julle op die aarde laat vermenigvuldig, en tot Hom sal julle versamel word.
67:25. En hulle sê: Wanneer sal hierdie dreigement waar word, as julle die waarheid praat?
67:26. Sê: Daarvan dra alleen Allah kennis, en ek is slegs ’n duide like waarskuwer.
67:27. Maar as hulle die straf van naby sal sien, sal die gesigte van die ongelowiges verdrietig wees, en daar sal gesê word: Hier is dít waarom julle geroep het.
67:28. Sê: Het julle dit oorweeg, indien Allah my en diegene wat saam met my is, sou vernietig ~ veeleer sou Hy ons genadig wees ~ wie dan die ongelowiges teen ’n smartlike straf sal kan beskerm?
67:29. Sê: Hy is die Barmhartige; in Hom glo ons, en in Hom stel ons ons vertroue. En julle sal weldra weet wie in klaarblyklike dwaling verkeer.
67:30. Sê: Het julle oorweeg wie, indien julle water diep in die aarde sou wegsak, dan vir julle helder stromende water sal kan bring?

Hoofstuk 68: Die Pen

Afdeling 1: Nie die boodskap van ’n kranksinnig nie

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

68:1. Noen. {Allegoriese letters} By die inkpot en die pen en dít wat hulle skryf!
68:2. By die genade van u Here, u is nie kransinnig nie.
68:3. En sekerlik is daar vir u ’n beloning wat nie weggeneem sal word nie.
68:4. En u sedes is sekerlik op die hoogste peil.
68:5. Daarom sal u sien, en hulle sal ook sien,
68:6. wie van julle besete is.
68:7. Sekerlik, u Here weet goed wie van Sy weg afdwaal, en Hy weet wie op die regte weg wandel.
68:8. Gehoorsaam daarom nie die leuenaars nie.
68:9. Hulle begeer dat u inskiklik moet wees, dan sal hulle ook inskiklik wees.
68:10. En gee nie gehoor aan ’n eedsweerder,
68:11. ’n lasteraar wat beledigend ronddrentel,
68:12. wat goeddoen verhinder, die perke oorskry en sondig is,
68:13. wat arrogant en bowendien ’n berugte misdadiger is,
68:14. net omdat hy rykdom en kinders besit nie.
68:15. Wanneer Ons tekens aan hom voorgedra word, sê hy: Stories van die oervolke!
68:16. Ons sal hom op die neus brandmerk.
68:17. Voorwaar, Ons sal hulle op die proef stel soos Ons die eienaars van die tuin beproef het toe hulle gesweer het dat hulle die vrugte daarvan in die vroeë môre sou afpluk,
68:18. en nie ’n aandeel aan die armes sou afstaan nie.
68:19. Maar ’n besoeking van u Heer het tot hulle gekom, terwyl hulle geslaap het.
68:20. Daarom het dit soos ’n swart, dorre land geword ~
68:21. toe het hulle in die môre na mekaar geroep,
68:22. en gesê: Gaan vroeg na julle landerye indien julle die vrugte wil pluk.
68:23. Daarom het hulle gegaan, terwyl hulle saggies met mekaar gefluister het:
68:24. Laat geen arm persoon dit vandag saam met julle binnegaan nie;
68:25. en in die môre het hulle gegaan terwyl hulle gedink het dat hulle mag het om te belet.
68:26. Maar toe hulle dit gesien het, het hulle gesê: Voorwaar, ons verkeer in dwaling.
68:27. Nee, ons is ontsê.
68:28. Die beste onder hulle het gesê: Het ek nie vir julle gesê: Waar om loof julle Allah nie?
68:29. Hulle het toe gesê: Glorie aan U, ons Heer! Gewis, ons was onregverdig.
68:30. Toe het sommige van hulle teen ander opgetree en mekaar beskuldig.
68:31. Hulle het gesê: Wee ons! ons was inderdaad oortreders.
68:32. Dit mag wees dat Ons Heer ons iets beter as hierdie sal gee ~ ons bekeer ons sekerlik tot ons Heer.
68:33. So is die straf dan. En die straf van die Hiernamaals is sekerlik groter; as hulle dit maar geweet het!

Afdeling 2: ’n Vermaning vir die nasies

68:34. Vir die godvresendes is daar sekerlik Verruklike Tuine by hulle Heer.
68:35. Sal Ons dan diegene wat hulle onderwerp, soos die misdadigers behandel?
68:36. Wat maker julle? Hoe oordeel julle?
68:37. Of het julle ’n boek waarin julle lees,
68:38. dat julle inderdaad sal hê wat julle verkies?
68:39. Of het julle enige beëdigde ooreenkoms met Ons wat tot die Dag van Herrysenis sal voortduur, dat julle alles sal kry wat julle verlang?
68:40. Vra vir hulle wie van hulle daarvoor sal borgstaan.
68:41. Of het hulle afgode? Laat hulle dan hul deelgenote na vore bring, indien hulle opreg is.
68:42. Op die Dag wanneer daar ’n strawwe kwelling sal wees, en hulle opgeroep sal word om te prostreer, dan sal hulle dit nie kán doen nie.
68:43. Hulle oë sal neergeslaan wees, en vernedering sal hulle oorval. En hulle is inderdaad opgeroep om te prostreer terwyl hulle nog veilig was.
68:44. Laat My dus alleen met diegene wat hierdie aankondiging verloën. Ons sal hulle trapsgewys inhaal van waar hulle dit nie verwag nie.
68:45. En Ek verleen aan hulle uitstel; waarlik, My plan is bestendig.
68:46. Of vra u van hulle ’n beloning, sodat hulle onder skuld gebuk kan gaan?
68:47. Of het hulle kennis van die Onsigbare, sodat hulle dit kan opskryf?
68:48. Wag dan geduldig op die gebod van u Heer, en wees nie soos die Metgesel van die vis toe hy in ellende verkeer het nie.
68:49. As ’n guns van sy Heer hom nie bereik het nie, sou hy sekerlik op ’n dorre kus neergewerp gewees het terwyl hy blaam gedra het.
68:50. Maar sy Heer het hom uitver kies, en Hy het hom tot een van die opregtes gemaak.
68:51. En die ongelowiges sou u byna met hulle oë wou tref wanneer hulle die Vemaning hoor, en hulle sê: Hy is sekerlik krank sinnig.
68:52. En dit is niks anders nie as ’n Vermaning vir die nasies.

Hoofstuk 69: Die Volle Werklikheid

Afdeling 1: Die Verdoemenis

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

69:1. Die volle Werklikheid!
69:2. Wat is die volle Werklikheid?
69:3. En wat sal u laat besef wat die volle Werklikheid is?
69:4. Thamoed en Aad het die ramp verloën.
69:5. Wat Thamoed betref, hulle is deur ’n oorweldigende kreet vernietig.
69:6. En aangaande Aad, hulle is deur ’n felle, geweldige wind vernietig,
69:7. wat Hy sewe nagte en agt dae aaneen oor hulle laat woed het, sodat u sou kon sien hoe die mense daardeur omvergegooi is, asof hulle uitgeholde palmboom stamme was.
69:8. Kan u dan enige oorblyfsel van hulle sien?
69:9. Ook Farao, en diegene wat vóór hom was, en die verwoeste stede, het groot sonde gepleeg.
69:10. En hulle was die boodskapper van hulle Heer ongehoorsaam, daarom het Hy hulle met ’n streng kastyding gestraf.
69:11. Voorwaar, toe die water hoog gestyg het, het Ons julle in die ark vervoer,
69:12. sodat Ons dit as ’n herinnering vir julle kon instel, en dat die oor wat kan onthou dit nooit vergeet nie.
69:13. Wanneer die basuin dan met ’n enkele kreet geblaas sal word,
69:14. en die aarde en die berge wegge voer sal word en met ’n enkele ineenstorting verbrysel sal word,
69:15. op daardie Dag sal die groot gebeurtenis plaasvind,
69:16. en die hemel sal uiteenbars; daardie Dag sal dit swak wees,
69:17. en die engele sal op die sye daarvan staan. En bo hulle sal ’n agttal daardie Dag die Troon van Mag van u Heer omhooghou.
69:18. Op daardie Dag sal julle blootgelê word, en geen geheim van julle sal verborge bly nie.
69:19. Hy wat sy boek in die regter hand sal ontvang, sal sê: Kom, lees my boek.
69:20. Voorwaar, ek het geweet dat ek my rekening tegemoet sou kom.
69:21. Hy sal dan ’n salige lewe lei
69:22. in ’n verhewe Tuin,
69:23. waarvan die vrugte maklik bereikbaar sal wees:
69:24. Eet en drink smaaklik weens dít wat julle in vroeër dae vooruitgestuur het.
69:25. Maar hy wat sy boek in die linkerhand sal kry, sal sê: O, ek wens dat my boek nie aan my gegee was nie!
69:26. En het ek maar liewers nie geweet wat my oordeel is nie!
69:27. O, ek wens dat die dood maar liewers ’n einde aan my gemaak het!
69:28. My rykdom het my nie gebaat nie,
69:29. my mag is van my weggeneem.
69:30. Gryp hom en boei hom,
69:31. en gooi hom dan in die Brandende Vuur,
69:32. en bind hom dan vas met ’n ketting waarvan die lengte sewentig elmbooglengtes is.
69:33. Waarlik, hy het nie in Allah, die Grote, geglo nie,
69:34. nóg het hy mense aangespoor om die armes te voed.
69:35. Daarom het hy Vandag geen vriend hier nie,
69:36. en ook geen voedsel, behalwe verrotte kos,
69:37. wat niemand behalwe die sondaars sal eet nie.

Afdeling 2: Die valse beweringe word weerlê

69:38. Maar nee! Ek sweer by wat julle sien,
69:39. en dit wat julle nie sien nie!
69:40. Voorwaar, dit is ’n woord van ’n geëerde Boodskapper,
69:41. en dit is nie die woord van ’n digter nie. Min is dit wat julle glo!
69:42. Nóg is dit die woord van ’n waarsêer. Hoe weinig onthou julle!
69:43. Dit is ’n openbaring van die Heer van die Wêrelde.
69:44. En indien hy {Moegammad} enige woorde teen Ons vervals het,
69:45. sou Ons hom sekerlik by die regterhand gegryp het,
69:46. en dan sy lewensaar afgesny het.
69:47. en nie een van julle sou Ons van hom kon teruggehou het nie.
69:48. En waarlik, dit is ’n Vermaning vir die godvresendes.
69:49. En sekerlik weet Ons dat daar leuenaars onder julle is.
69:50. En dit is inderdaad ’n bron van vrees vir die ongelowiges.
69:51. En voorwaar, dit is die naakte Waarheid.
69:52. Verheerlik daarom die naam van u Heer, die Allerhoogste.

Hoofstuk 70: Die Weë Van Opstyging

Afdeling 1: Die sekerheid van die Straf

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

70:1. ’n Ondervraer vra na die straf wat weldra sal kom
70:2. oor die ongelowiges, wat niemand kan weerhou
70:3. van Allah, die Heer van die weë wat omhoog lei.
70:4. Die engele en die Gees styg op na Hom in ’n Dag waarvan die maat vyftigduisend jare is.
70:5. Wees u dan verdraagsaam met lofwaardige geduld.
70:6. Voorwaar, hulle sien dit ver weg,
70:7. maar Ons sien dit naby.
70:8. Die Dag waarop die hemel soos gesmelte koper sal wees,
70:9. en die berge soos wol;
70:10. en vriend nie na vriend sal vra nie,
70:11. hoewel hulle mekaar kan sien. Die misdadige sal hom op daardie Dag van die straf wil vrykoop deur sy kinders,
70:12. en sy vrou en sy broer,
70:13. en sy familielede wat aan hom toevlug verleen het,
70:14. en almal wat op aarde is, om só homself te verlos;
70:15. Volstrek nie! Waarlik, dit is ’n Vlammende Vuur,
70:16. wat sy vel sal afskroei;
70:17. dit sal hom opeis wat terugdeins en hom die rug toekeer,
70:18. en rykdom versamel en dit dan gierig terughou.
70:19. Voorwaar, die mens is met ’n ongeduldige natuur geskape,
70:20. vol weeklae as die kwaad hom oorval;
70:21. maar as dit met hom goed gaan, is hy inhalig,
70:22. behalwe diegene wat bid,
70:23. en in hulle gebede volhard,
70:24. en in wie se rykdom daar ’n vasgestelde deel is
70:25. vir die bedelaar en die behoef tige,
70:26. en diegene wat die waarheid van die Oordeelsdag aanneem,
70:27. en hulle wat die straf van hulle Heer vrees ~
70:28. voorwaar, die straf van hulle Heer is iets waarteen daar geen beveiliging is nie ~
70:29. en diegene wat hulle geslags drifte beheers,
70:30. behalwe in die aanwesigheid van hulle vroue of van dié wat hulle regterhande besit, want dan sal gewis geen verwyt hulle tref nie;
70:31. maar diegene wat hierdie perke oorskry, hulle is die oortreders.
70:32. En diegene wat eerlik handel met wat aan hulle toevertrou word, en hulle gelofte nakom,
70:33. en hulle wat opreg is in hulle getuienisse,
70:34. en diegene wat hulle gebede nastrewe.
70:35. Hulle is in Tuine, geëerd.

Afdeling 2: ’n Nuwe volk sal opgewek word

70:36. Maar wat makeer die ongelowiges dat hulle na u toe snel
70:37. van regs en links in verskeie groepe?
70:38. Verwag hulle almal om die Tuin van Verrukking binne te gaan?
70:39. Volstrek nie! Waarlik, Ons het hulle geskape uit wat hulle weet.
70:40. Maar nee! Ek sweer, as die Heer van die Ooste en die Weste, dat Ons sekerlik Allermagtig is
70:41. om in hulle plek beter volkere as hulle voort te bring, en Ons kan daarin nie verhinder word nie.
70:42. Laat hulle hul aan ydele ge sprekke oorgee en hulself vermaak totdat hulle die Dag wat aan hulle belowe word, tegemoetgaan ~
70:43. die Dag wanneer hulle inder haas uit hulle grafte sal opstaan, asof hulle na ’n bepaalde doel wit moet snel,
70:44. met hulle oë neergeslaan; skande sal hulle bedek. Sodanig is die Dag wat aan hulle belowe word.

Hoofstuk 71: Noag

Afdeling 1: Noag preek

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

71:1. Sekerlik het Ons Noag na sy volk gestuur en gesê: Waarsku u volk voordat ’n smartlike straf oor hulle kom.
71:2. Hy het gesê: O my volk! Ek is ’n duidelike waarskuwer vir julle:
71:3. aanbid daarom Allah, en kom julle plig teenoor Hom na, en gehoorsaam my.
71:4. Hy sal julle sonde vergewe en julle uitstel verleen vir ’n vasgestelde tydperk. Die tydperk van Allah kan nie verleng word wanneer dit verby is nie ~ as julle dit maar besef!
71:5. Hy het gesê: My Heer! Ek het my volk nag en dag geroep,
71:6. maar my geroep het slegs hul afkeer laat toeneem.
71:7. En telkens wanneer ek hulle roep, sodat U hulle kan vergewe, steek hulle hul vingers in die ore en maak hulself met hul klere toe, volhard in ongeloof, en handel uitermate boos.
71:8. Ek het luid tot hulle geroep,
71:9. en in die openbaar én privaat met hulle gepraat,
71:10. en ek het gesê: Vra julle Heer om vergifnis, want Hy is die Vergewensgesinde;
71:11. Hy sal vir julle reën in oorvloed afstuur,
71:12. en Hy sal julle rykdom en kinders vermeerder, en Hy sal vir julle Tuine en riviere skenk.
71:13. Wat makeer dan, dat julle Allah nie vereer nie?
71:14. En Hy het julle deur verskillende stadiums heen geskape.
71:15. Sien julle dan nie hoe eenders Allah die sewe hemele geskape het nie,
71:16. en die maan daarin as ’n lig ge plaas en die son vir ’n stralende lamp gemaak het nie?
71:17. En Allah het dit bestem dat julle soos gewasse uit die aarde moes groei,
71:18. en Hy laat julle daarheen terug keer, en Hy sal julle weer nuut voortbring.
71:19. En Allah het die aarde vir julle wyd uitgesprei,
71:20. sodat julle die breë weë daarvan mag deurkruis.

Afdeling 2: Die verdelging van die Oortreders

71:21. Noag het gesê: My Heer! Waarlik, hulle gehoorsaam my nie, en volg iemand wie se ryk dom en kinders slegs tot sy ondergang bydra.
71:22. En hulle het ’n verskriklike plan beraam.
71:23. En hulle sê: Verlaat julle gode nie; en verlaat nóg Wadd, nóg Soewã, nóg Jagoes en Ja-oek en Nasr.
71:24. En hulle het baie verlei. So laat U die kwaaddoeners in dwaling toeneem!
71:25. Vanweë hulle sonde het hulle verdrink, en daarna het hulle die Vuur binnegegaan, sodat hulle geen helpers teen Allah gevind het nie.
71:26. En Noag het gesê: My Heer! Laat geen ongelowige in die land oorbly nie,
71:27. want as U hulle laat oorbly, sal hulle U dienaars op ’n dwaalspoor lei, en hulle sal niks anders as ’n onsedelike en ondankbare nageslag voortbring nie.
71:28. My Heer! Vergewe my, en my ouers, en hom wat gelowig my huis binnetree, en die gelowige mans en die gelowige vroue. En laat die kwaaddoeners slegs in verderf toeneem.

Hoofstuk 72: Die Djien

Afdeling 1: Vreemde gelowiges

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

72:1. Sê: Dit is aan my geopenbaar dat ’n groep van die djien geluister en gesê het: Waarlik, ons het ’n wonderlike Qur’ãn gehoor,
72:2. wat tot die regte weg lei; daarom glo ons daarin. En ons sal stellig niemand met ons Heer vereenselwig nie.
72:3. En Hy ~ verhewe is die Majes teit van ons Heer ~ het nóg eggenote nóg seun;
72:4. en die dwase onder ons het oordrewe leuens teen Allah versin;
72:5. dog ons het gemeen dat mens en djien nooit ’n leuen oor Allah sou uiter nie.
72:6. En sommige onder die mense het toevlug geneem by sommige van die djien, maar dié het hulle net verder in die sonde laat toeneem;
72:7. en hulle het gedink, soos julle dink, dat Allah nooit ’n boodskapper sou opwek nie;
72:8. en ons het probeer om die hemel te bereik, maar ons het dit vol sterk wagters en vlamme gevind;
72:9. en ons was daaraan gewoond om op plekke te sit en gesprekke af te luister. Maar wie nou luister, vind ’n vlam wat op hom wag;
72:10. en ons weet nie of ’n ramp vir die inwoners van die aarde bedoel word en of hulle Heer voornemens is om hulle reg te lei nie;
72:11. en onder ons is diegene wat goeddoen, en onder ons is die gene wat anders is, en ons volg verskillende weë;
72:12. en ons besef dat ons nie van Allah op die aarde kan ontsnap nie, nóg kan ons Hom ~ deur te vlug ~ ontsnap;
72:13. en toe ons die leiding gehoor het, het ons daarin geglo. Wie dan in sy Heer glo, het geen vrees vir verlies of onreg nie;
72:14. en daar is sommige onder ons wat hulself onderwerp, en sommige onder ons het van die regte weg afgewyk. En wie homself onderwerp, het die regte weg opgesoek.
72:15. En hulle wat van die regte weg afwyk, sal die brandstof van die Hel wees;
72:16. Indien hulle op die regte weg bly, sal Ons hulle sekerlik drinkwater in oorvloed gee,
72:17. om hulle daarmee op die proef te stel. En wie homself van die oordenkinge van sy Heer weer hou, Hy sal hom ’n kwellende straf laat binnegaan;
72:18. en die moskees behoort aan Allah; roep daarom niemand buiten Allah aan nie;
72:19. en toe die dienaar {Moegammad} van Allah opgestaan het om Hom te aan bid, het hulle hom byna dood gedruk.

Afdeling 2: Die beskerming van die Openbaring

72:20. Sê: Ek roep my Heer alleen aan, en vereenselwig niemand met Hom nie.
72:21. Sê: Ek beheer nóg kwaad nóg goed vir julle.
72:22. Sê: Niemand kan my teen Allah beskerm nie, nóg kan ek ’n toevlugsoord buiten Hom vind;
72:23. dit is slegs my plig om die verkondiging van Allah en Sy tekens oor te dra. En vir diegene wat Allah en Sy Boodskapper nie gehoorsaam nie, is daar die Vuur van die Hel, waarin hulle ’n lang tyd sal vertoef,
72:24. tot wanneer hulle die straf sien waarmee hulle gedreig is, dan sal hulle weet wie se helpers die swakste, die geringste in getal is.
72:25. Sê: Ek weet nie of dít waarmee julle bedreig word, naby is en of my Heer dit vir ’n lang tyd sal uitstel nie.
72:26. Hy is die Kenner van die Onsigbare, en Hy gee niemand oorvloedig kennis van Sy geheime nie,
72:27. behalwe vir hom wat Hy as boodskapper kies. Dan stuur Hy sekerlik ’n wag voor hom en agter hom,
72:28. sodat Hy kan weet dat hulle die tekens van hulle Heer waarlik afgelewer het; en Hy omvat alles wat met hulle gebeur, en Hy hou rekening van alle dinge.

Hoofstuk 73: Die Toegewikkelde Een

Afdeling 1: Die Profeet word aangesê om te bid

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

73:1. O, u wat toegewikkel is!
73:2. Staan op om te bid gedurende ’n gedeelte van die nag,
73:3. die helfte daarvan, of minder as dit nog,
73:4. of maak dit ietwat langer, en resiteer die Qur’ãn op ’n stadige, afgemete styl.
73:5. Waarlik, Ons sal u ’n gewigtige woord oplê.
73:6. Voorwaar, om in die nag op te staan is om die fermste weg in te slaan, en dit gee aan die Woord kragtige uitwerking.
73:7. U het inderdaad bedags baie bedrywighede.
73:8. Dink daarom aan die naam van u Heer en gee uself oor aan Hom met volle toewyding.
73:9. Die Heer van die Ooste en die Weste ~ daar is geen God buiten Hom nie ~ neem Hom daarom aan as u Beskermer.
73:10. En verdra met geduld alles wat hulle sê, en versaak hulle op ’n fatsoenlike wyse.
73:11. En laat My alleen met die loë naars, die eienaars van rykdom, en gee hulle uitstel vir ’n rukkie.
73:12. Voorwaar, by Ons is swaar boeie en ’n Vlammende Vuur,
73:13. en voedsel wat verstik, en ’n smartlike straf.
73:14. Die Dag wanneer die aarde en die berge sal bewe, en die berge soos hope sand sal word.
73:15. Waarlik, Ons het ’n Boodskapper na julle gestuur, ’n getuienis teen julle, soos Ons ’n boodskapper na Farao gestuur het.
73:16. Maar Farao het die boodskapper nie gehoorsaam nie; daarom het Ons hom met ’n verskriklike greep vasgevat.
73:17. Hoe dan, indien julle nie glo nie, sal julle jul verdedig op die Dag wanneer die kinders van vrees grys hare sal kry?
73:18. Wanneer die hemel uiteen sal bars. Sy belofte sal vervul word.
73:19. Dit is waarlik ’n vermaning; laat hom dan wat wil, die weg na sy Heer inslaan.

Afdeling 2: Die gebed word die Moesliems opgelê

73:20. U Heer weet inderdaad dat u byna twee-derdes van die nag met gebed deurbring, en soms die helfte daarvan, en soms ’n derde daarvan, en so ook ’n groep wat saam met u is. En Allah bepaal die maat van die nag en die dag. En Hy weet dat julle almal nie in staat is om dit vol te hou nie, en daarom het Hy Hom in barmhartigheid tot julle gewend; lees dan van die Qur’ãn wat vir julle maklik is. Hy weet dat daar siekes onder julle is, en van ander wat deur die land reis op soek na die genade van Allah, en ander wat op die weg van Allah veg. Lees dan soveel daarvan as wat maklik is vir julle, en onderhou die gebed, en betaal die Zakaat en sluit met Allah ’n goeie lening. En watter goed julle ook al vooruitstuur, sal julle by Allah vind ~ dit is die beste en die grootste beloning. En vra Allah om vergifnis. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadig.

Hoofstuk 74: Die Omgehulde

Afdeling 1: Die Profeet word aangesê om te waarsku

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

74:1. O, u wat omgehul is!
74:2. Staan op en waarsku,
74:3. en verkondig die Grootheid van u Heer,
74:4. en reinig u kledingstukke,
74:5. en vermy die onreinheid,
74:6. en bewys geen guns waarmee u winste soek nie,
74:7. en wees geduldig ter wille van Allah.
74:8. Want as die basuin geblaas word,
74:9. sal die Dag ’n moeilike dag wees,
74:10. glad nie aangenaam vir die ongelowiges nie.
74:11. Laat My alleen met hom wat Ek geskape het,
74:12. en Ek het hom oorvloedige ryk dom gegee,
74:13. en seuns wat in sy aanwesigheid is,
74:14. en vir hom sy saak vergemaklik,
74:15. en tog verlang hy dat Ek hom nog meer moet gee.
74:16. Geensins! Hy was waarlik vyandiggesind teen Ons tekens
74:17. Ek sal hom ’n swaar straf oplê.
74:18. Sekerlik het hy nagedink en beslis,
74:19. maar mag hy vernietig word volgens die aard van sy besluit!
74:20. Nogmaals, mag hy vernietig word volgens die aard van sy besluit!
74:21. Toe het hy gekyk,
74:22. toe gefrons en suur gelyk,
74:23. daarna het hy omgedraai en in hoogmoed verkeer
74:24. en toe gesê: Dit is niks anders as towery soos van ouds nie!
74:25. Dit is niks anders as die woord van ’n sterfling nie!
74:26. Ek sal hom in die Hel indompel.
74:27. En hoe sal u besef wat die Hel is?
74:28. Dit ontsien niks nie, nóg laat dit iets gespaar bly;
74:29. dit verskroei die sterfling.
74:30. Negentien engele waak daaroor.
74:31. En niemand buiten engele het Ons as wagters van die Vuur aangestel nie. En Ons het hulle getal vir geen ander rede vasgestel nie, as ’n beproewing vir die ongelowiges, sodat hulle aan wie die Boek gegee is, seker kan wees, en dat die gelowiges in geloof mag toeneem, en sodat diegene aan wie die boek gegee is, en die gelowiges, nie mag twyfel nie; en sodat diegene in wie se harte ’n siekte is, en die ongelowiges, mag sê: Wat bedoel Allah met hierdie gelykenis? So laat Allah dwaal wie Hy wil, en Hy lei wie Hy wil. En niemand ken die leërskare van u Heer nie, behalwe Hy Self. En dít is niks anders as ’n Vermaning vir die mensdom nie.

Afdeling 2: Die Waarskuwing

74:32. Nee, by die maan!
74:33. En die nag as dit heengaan!
74:34. En die daeraad wanneer dit aanbreek! ~
74:35. Voorwaar, dit is slegs een van die grootste tydings,
74:36. ’n waarskuwing vir die mens dom,
74:37. vir diegene onder julle wat vooruit wil strewe, of agteruit wil deins.
74:38. Elke siel word in pand gehou volgens sy vedienste,
74:39. behalwe dié van die volk aan die regterhand.
74:40. In Tuine sal hulle wees, en mekaar uitvra
74:41. aangaande misdadigers:
74:42. Wat het julle in die Hel gebring?
74:43. Hulle sal antwoord: Ons was nie bidders nie;
74:44. ook het ons die armes nie gevoed nie;
74:45. en ons het ydele gesprekke gevoer saam met diegene wat ydele gesprekke voer;
74:46. en ons het die Oordeelsdag verloën,
74:47. totdat die onvermydelike ons ingehaal het.
74:48. Daarom sal die tussenkoms van bemiddelaars hulle nie baat nie.
74:49. Wat makeer hulle dan, dat hulle van die Vermaning wegdraai,
74:50. asof hulle verskrikte esels is
74:51. wat voor ’n leeu uitvlug?
74:52. Nee, elkeen van hulle begeer dat oopgeslane bladsye aan hom gewys moet word.
74:53. Geensins! Maar hulle vrees nie die Hiernamaals nie?
74:54. Nee, waarlik, dit is ’n Verma ning;
74:55. wie wil, sal dit oordink.
74:56. Maar hulle sal nie indagtig wees nie, tensy Allah dit so wil. Hy is Waardig dat die plig teenoor Hom nagekom sal word, en Waardig om te vergewe.

Hoofstuk 75: Die Herrysenis

Afdeling 1: Die waarheid omtrent die Herr ysenis

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

75:1. Ek sweer by die Dag van Herrysenis!
75:2. Ek sweer by die siel wat homself beskuldig!
75:3. Dink die mens dat Ons nie sy beendere bymekaar sal versamel nie?
75:4. Ja, seker! Ons het die Mag om hom geheel en al te herstel.
75:5. Nee! Die mens begeer altyd om homself skade aan te doen.
75:6. Hy vra: Wanneer is die Dag van Herrysenis?
75:7. Maar as die oog verblind word,
75:8. en die maan verduister sal wees,
75:9. en die son en die maan bymekaargebring sal word,
75:10. op dié Dag sal die mens sê: Waarheen moet ons vlug?
75:11. Nee! Daar is geen skuiling nie!
75:12. Slegs by u Heer sal daar op daardie Dag ’n rusplek wees.
75:13. Die mens sal op dié Dag ingelig word oor wat hy vooruitgestuur of agtergelaat het.
75:14. Nee, die mens is getuie teen homself,
75:15. hoewel hy verontskuldiging sal aanbied.
75:16. O Moegammad, beweeg nie u tong daartoe om haastige woorde te sê nie.
75:17. Voorwaar, die versameling en verkondiging daarvan rus op Ons.
75:18. Daarom, wanneer Ons dit voordra, volg dan die voordrag.
75:19. Daarna rus die verklaring daarvan op Ons.
75:20. Nee, maar julle het die teenswoordige lewe lief,
75:21. en julle gee die Hiernamaals prys.
75:22. Op dié Dag sal sommige gesigte helder wees
75:23. en opsien na hulle Heer.
75:24. En ander se gesigte sal op dié Dag somber wees,
75:25. wetende dat ’n vreeslike ramp spoedig oor hulle sal kom.
75:26. Nee! As die siel van die sterwende tot die keel sal opstyg,
75:27. en daar gesê word: Wie sal saam daarmee opstyg?
75:28. en hy besef dat dit waarlik die skeiding is,
75:29. en kwelling by kwelling gevoeg word ~
75:30. tot u Heer is die versameling op daardie Dag.

Afdeling 2: Die dooie herr ys

75:31. Want die mens het die Waarheid nie aangeneem nie, nóg het hy gebid,
75:32. dog hy het die profeet verloën en homself afgewend,
75:33. daarna het hy trots na sy volk teruggekeer.
75:34. Wee u! Wee dus oor u!
75:35. Nogmaals, wee u, en nog eens wee!
75:36. Dink die mens dat hy doelloos gelaat sal word?
75:37. Was hy nie ’n klein sperm, in water uitgestort nie?
75:38. Daarna was hy ’n bloedstolsel, en daarna het Hy hom gevorm en vervolmaak.
75:39. Toe het Hy van die embrio twee soorte gemaak: die manlike en vroulike geslag.
75:40. Is Hy dan nie by magte om die dooie te laat herlewe nie?

Hoofstuk 76: Die Mens

Afdeling 1: Verkryging van volmaaktheid

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

76:1. Voorwaar, daar was ’n tydperk gewees toe die mens geen vermeldenswaardige voorwerp was nie.
76:2. Ons het die mens sekerlik uit water, gemeng met die vroulike eiersel, geskape om hom op die proef te stel; en Ons het vir hom ore en oë gemaak.
76:3. Ons het hom waarlik die weg getoon; hy mag dankbaar of ondankbaar wees.
76:4. Voorwaar, Ons het vir die ongelowiges kettings en ysterhalsbande en ’n Brandende Vuur voorberei.
76:5. Maar die deugsame drink uit ’n beker ’n drank gemeng met water vanuit ’n fontein uit die Hemel, genoem Kaafoer,
76:6. ’n bron waarvan die dienaars van Allah drink en wat oor vloedig uitvloei.
76:7. Hulle vervul die gelofte, en vrees ’n Dag waarvan die gruwel verreikend is.
76:8. En hulle gee voedsel, uit liefde vir Hom, aan die armes, die weeskinders en die oorlogsgevangenes.
76:9. En hulle sê: Ons voed julle slegs ter wille van Allah. Ons verlang nóg beloning nóg dank van julle.
76:10. Gewis, ons vrees van ons Heer ’n moeilike en ellendige Dag.
76:11. Daarom sal Allah die kwaad op daardie Dag van hulle afweer en sal gee dat prag en geluk hulle tegemoetkom;
76:12. en vir hulle standvastigheid sal Hy hulle beloon met ’n Tuin en klere van sy,
76:13. op verhewe sofa’s sal hulle hul daarin neervly, en hulle sal nie die skroeiende hitte van die son, of bitter koue voel nie;
76:14. en die skaduwees van bome sal dig oor hulle wees, en trosse vrugte sal maklik bereikbaar gemaak word.
76:15. En onder hulle sal rondgestuur word kruike van silwer en bekers van glas,
76:16. kristalhelder, uit silwer gemaak, en die maat daarvan word vir hulle afgemeet volgens hulle verdienste.
76:17. En daarin sal aan hulle gegee word ’n drank gemeng met gemmer,
76:18. van ’n bron genoem: Salsabiel.
76:19. En jong seuns wat nie verouder nie, sal onder hulle rondgaan om hulle te bedien; wanneer u hulle sien, sal u dink dat hulle verstrooide pêrels is.
76:20. En wanneer u daarna kyk, sal u seëninge en ’n groot koninkryk aanskou.
76:21. Hulle sal klere van fyn groen sy en swaar brokaat dra, en hulle sal versier word met silwer armbande, en hulle Heer sal hulle ’n suiwer drank laat drink.
76:22. En aan hulle sal gesê word: Voorwaar, dít is ’n beloning vir julle, en julle strewe word beloon.

Afdeling 2: ’n Ander geslag sal opgewek word

76:23. Voorwaar, Ons het die Qur’ãn aan u by gedeeltes geopenbaar.
76:24. Wag dan geduldig op die gebod van u Heer, en gehoorsaam geen sondaar of ondankbare skepsel onder hulle nie.
76:25. En dink aan die Naam van u Heer soggens en saans;
76:26. en aanbid Hom gedurende ’n deel van die nag, en verheerlik Hom gedurende ’n groot deel van die nag.
76:27. Waarlik, hierdie ongelowiges hou van die verbygaande lewe, en is agteloos omtrent ’n grie wende Dag wat vóór hulle is.
76:28. Ons het hulle geskape en hulle liggame stewig gemaak, en as Ons wil, kan Ons hulle deur gelyksoortige skepsels vervang.
76:29. Voorwaar, dit is ’n vermaning; wie dan wil, laat hom ’n weg tot sy Heer baan.
76:30. En julle sal niks anders wil nie, behalwe wat Allah wil! Voorwaar, Allah is Alleswetend, Allerwys ~
76:31. Hy laat tot Sy barmhartigheid ingaan wie Hy wil; en vir die kwaaddoeners het Hy ’n smartlike straf voorberei.

Hoofstuk 77: Die Gesante

Afdeling 1: Gevolge van verwerping

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

77:1. By diegene wat uitgestuur word om goedheid te versprei!
77:2. Dan diegene wat die kaf verdryf!
77:3. En diegene wat goedheid wyd en syd versprei!
77:4. Dan diegene wat onderskeiding maak!
77:5. Dan diegene wat die Vermaning aanbied,
77:6. om tot verontskuldiging te bring en te waarsku!
77:7. Voorwaar, dít wat julle belowe word, sal geskied.
77:8. Dus, wanneer die sterre ver duister word,
77:9. en wanneer die hemel oopge skeur word,
77:10. en wanneer die berge soos stof weggewaai sal word,
77:11. en wanneer die boodskappers hulle vasgestelde tyd bereik,
77:12. tot watter Dag is die verdoe menis uitgestel?
77:13. Tot die Dag van Beslissing!
77:14. En wat weet u van die Dag van Beslissing?
77:15. Wee op dié Dag aan diegene wat verwerp!
77:16. Het Ons nie die vorige geslagte vernietig nie?
77:17. En Ons het hulle laat opvolg deur ander van ’n later tyd.
77:18. So handel Ons met die misdadigers.
77:19. Wee op dié Dag diegene wat verwerp!
77:20. Het Ons julle nie uit gewone water geskape nie?
77:21. Daarna het Ons dit in ’n veilige rusplek geplaas
77:22. vir ’n bepaalde tyd.
77:23. Só het Ons bepaal. Hoe voortreflik is Ons bepalings!
77:24. Wee op dié Dag diegene wat verwerp!
77:25. Het Ons nie die aarde gemaak om aan vas te kleef,
77:26. vir die lewende en die dooie nie?
77:27. En het Ons nie hoë berge daarin geplaas en julle soet water gegee om te drink nie?
77:28. Wee op dié Dag diegene wat verwerp!
77:29. Gaan na dít wat julle ontken het!
77:30. Begeef julle tot die skadu van drie kolomme,
77:31. wat nie koelte verskaf nie, en ook nie teen die Vlam sal baat nie.
77:32. Dit gooi vonke op so groot soos kastele,
77:33. asof hulle geel kamele was.
77:34. Wee op dié Dag diegene wat verwerp!
77:35. Dit is die Dag waarop hulle nie sal praat nie,
77:36. nóg sal hulle toegelaat word om verontskuldigings aan te bied.
77:37. Wee op dié Dag diegene wat verwerp!
77:38. Dit is Dag van Beslissing; Ons het julle en diegene van ouds byeen gebring.
77:39. Indien julle nou enige plan het, beraam dan ’n plan teen My.
77:40. Wee op dié Dag diegene wat verwerp!

Afdeling 2: Die gevolge van verwerping

77:41. Die godvresendes sal te midde van skaduwees en fonteine woon,
77:42. en vrugte, net wat hulle begeer.
77:43. Daar sal gesê word: Eet en drink met smaak vir wat julle gedoen het.
77:44. So beloon Ons die weldoeners.
77:45. Wee op dié Dag diegene wa verwerp!
77:46. Eet en vermaak julle vir ’n kort stondige tyd; voorwaar, julle is die misdadigers.
77:47. Wee op dié Dag diegene wat verwerp!
77:48. En as aan hulle gesê word: Buig vooroor! Dan buig hulle nie vooroor nie.
77:49. Wee op dié Dag diegene wat verwerp!
77:50. In watter verhaal ná dit sal hulle dan glo?

Hoofstuk 78: Die Aankondiging

Afdeling 1: Die Dag van Afrekening

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

78:1. Wat vra hulle vir mekaar?
78:2. Van die verskriklike aankondi ging
78:3. waaromtrent hulle verskil?
78:4. Nee, hulle sal weldra weet.
78:5. Nee, nogmaals, hulle sal weldra weet.
78:6. Het Ons nie die aarde wyd gemaak
78:7. en die berge soos penne daarop geplaas nie?
78:8. En Ons het julle in pare geskape,
78:9. en aan julle die slaap vir rus geskenk,
78:10. en Ons het die nag soos ’n mantel gemaak,
78:11. en die dag om ’n lewensonder houd in te soek.
78:12. Ons het sewe hemele bo-oor julle gestel,
78:13. en ’n skitterende lamp daar tussen-in geplaas.
78:14. En Ons stuur stortreën in oor vloed uit die wolke neer,
78:15. waarmee Ons graan en plante laat uitspruit,
78:16. en weelderige tuine.
78:17. Voorwaar, die Dag van Afreke ning is reeds bepaal ~
78:18. die Dag waarop die basuin geblaas sal word, en julle as ’n skare bymekaar sal kom,
78:19. en die hemel geopen sal word soos deure,
78:20. en die berge verwyder sal word, en net ’n skynsel daarvan sal oorbly.
78:21. Voorwaar, die Hel wag soos ’n hinderlaag;
78:22. dis ’n oord vir die opstandiges,
78:23. waarin hulle baie lank sal vertoef.
78:24. Hulle sal daarin geen verkwikking hê nie, en geen drank sal oor hulle lippe gaan nie,
78:25. behalwe kokende water en die ekskresie van wondinflamasie nie:
78:26. ’n Paslike vergelding.
78:27. Waarlik, hulle het die Afreke ning nie gevrees nie,
78:28. en het Ons tekens as leuens verwerp.
78:29. Maar Ons het alles geboekstaaf.
78:30. Neem dit dan, want Ons sal niks daarby voeg nie as net straf.

Afdeling 2: Die Dag van Afrekening

78:31. Voorwaar, daar is ’n beloning vir die godvresendes,
78:32. Beskutte tuine en wingerde,
78:33. en jeugdige, geronde geselle, ewe oud,
78:34. en ’n gevulde beker.
78:35. Daarin sal geen ydele gesprek of leuen gehoor word nie, ~
78:36. ’n beloning van u Heer, ’n toereikende gawe;
78:37. die Heer van die hemele en die aarde en wat daartussen is, die Barmhartige ~ niemand is in staat om Hom aan te spreek nie.
78:38. Die Dag waarop die gees van die mense, en die engele, in rye staan, sal niemand kan praat nie, behalwe diegene aan wie die Barmhartige dit sal gun, en wie se woorde geskik sal wees.
78:39. Daardie is die Ware Dag; laat hom, wat wil toevlug by sy Heer soek.
78:40. Voorwaar, Ons waarsku julle teen ’n straf wat op hande is ~ die Dag waarop die mens sal sien wat hy met sy hande vooruitgestuur het, en die ongelowiges sal sê: O, was ek maar stof!

Hoofstuk 79: Hulle Wat Uitruk

Afdeling 1: Die groot oproer

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

79:1. By hulle wat met geweld uitruk!
79:2. En by diegene wat in vreugde voortgaan!
79:3. En by hulle wat vinnig hardloop!
79:4. En by diegene wat die voor sprong neem soos in ’n resies!
79:5. En by hulle wat aan die beheer staan!
79:6. Die Dag waarop die bewende aarde nog meer sal bewe ~
79:7. wat daarna volg, sal moet gebeur:
79:8. Op dié Dag sal die harte klop,
79:9. en die oë sal neergeslaan wees.
79:10. Hulle {Die ongelowiges} sê: Sal ons werklik weer word soos ons was,
79:11. selfs al het ons verrotte beendere geword?
79:12. Hulle sê: Hierdie terugkeer sal ’n verlies wees.
79:13. Dit is slegs ’n enkele kreet.
79:14. En kyk! hulle sal ontwaak.
79:15. Het u nie die verhaal van Moses gehoor nie,
79:16. hoe sy Heer hom in die heilige dal van Toewaa twee maal geroep het nie?
79:17. Hoe Hy gesê het: Gaan na Farao, want hy is opstandig.
79:18. En sê: Sal u uself nie louter nie?
79:19. Ek sal u tot u Heer lei, sodat u Hom kan vrees.
79:20. Toe het Moses hom die groot teken gewys;
79:21. maar hy het dit verwerp, en was ongehoorsaam;
79:22. toe het hy haastig teruggegaan,
79:23. sy volk versamel en uitgeroep.
79:24. Toe het hy gesê: Ek is julle heer, die allerhoogste.
79:25. Daarop het Allah hom gestraf met ’n vergelding in hierdie lewe, sowel as in die Hierna maals.
79:26. Waarlik, hierin is ’n les vir hom wat vrees.

Afdeling 2: Die Groot Rampspoed

79:27. Is julle moeiliker om te skep as die hemel? Hý het dit gemaak.
79:28. En Hy het die hoogte daarvan verhef, en dit volmaak gemaak.
79:29. En Hy het die nag daarvan donker gemaak, en die lig daarvan laat skyn.
79:30. En die aarde, Hy het dit daarna uitgewerp.
79:31. Daarvan het Hy sy water en sy weigras voortgebring.
79:32. En die berge het Hy onwrikbaar gemaak,
79:33. ’n voorsiening vir julle en julle vee.
79:34. Maar as die Groot Rampspoed sal kom ~
79:35. die Dag waarop die mens alles sal onthou waarvoor hy gestrewe het,
79:36. en die Hel sigbaar gemaak sal word vir hom wat sien ~
79:37. dan, aangaande die opstandige,
79:38. wat die lewe van hierdie wêreld verkies:
79:39. Die Brandende Vuur sal sy tuiste wees.
79:40. Maar aangaande hom wat vrees om voor sy Heer te staan, en sy lae neigings bedwing:
79:41. Die Paradys sal sekerlik sy verblyf wees.
79:42. Hulle vra u omtrent die Uur: Wanneer sal dit kom?
79:43. Wat kan u daaromtrent verkon dig?
79:44. Die koms daarvan berus by u Heer.
79:45. U is slegs ’n waarskuwer vir hom wat dit vrees.
79:46. Op die Dag wanneer hulle dit sal sien, sal dit wees asof hulle slegs ’n aand of ’n oggend vertoef het.

Hoofstuk 80: Hy Het Gefrons

Afdeling 1: Die arme tot hoogheid verhef

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

80:1. Hy {Die Profeet} het gefrons en weggedraai,
80:2. omdat die blinde man na hom gekom het.
80:3. En wat sal u laat besef dat hy dit gedoen het, sodat hy homself kan reinig,
80:4. of dat hy aandagtig kan word, sodat die Vermaning hom kan baat?
80:5. Maar aan hom wat homself sonder sorge ag,
80:6. aan hom skenk u u aandag.
80:7. U is sonder blaam as hy hom nie wil laat louter nie.
80:8. Maar met hom wat hardstrewend na u kom,
80:9. en Allah vrees ~
80:10. met hom is u onverskillig.
80:11. Nee, dit is waarlik ’n Verma ning.
80:12. Laat hom dan wat wil, dit in ag neem.
80:13. Dit is in eerbare geskrifte,
80:14. verhewe, gereinig;
80:15. in die hande van skrywers,
80:16. edel, deugsaam.
80:17. Wee die mens! Hoe ondankbaar is hy!
80:18. Van wat het Hy hom geskape?
80:19. Uit ’n nietige sperm. Hy skep hom en stel sy verhoudinge vas,
80:20. dan maak Hy sy weg vir hom gelyk,
80:21. en gee ook dat hy moet sterf, en wys vir hom ’n graf aan.
80:22. Daarna, wanneer Hy wil, sal Hy hom weer opwek.
80:23. Nee, maar hy doen nie wat Hy hom gebied nie.
80:24. Laat die mens dan sy voedsel beskou ~
80:25. hoe Ons die water in oorvloed laat neerstort,
80:26. dan die aarde laat oopskeur
80:27. en daarna die graan daaruit laat groei,
80:28. ook druiwe en groente,
80:29. en die olyfboom en die dadel palm,
80:30. en digbeplante tuine,
80:31. en vrugte en weigras ~
80:32. ’n voorsiening vir julle en julle vee.
80:33. Maar as die oorverdowende geskreeu kom,
80:34. die Dag waarop ’n man van sy broer sal vlug,
80:35. en van sy moeder en sy vader,
80:36. en van sy vrou en sy kinders,
80:37. op dié Dag sal elke man ’n aangeleentheid hê wat hom alleen sal besig hou.
80:38. Op dié Dag sal sommige gesigte stralend wees,
80:39. laggend, vrolik!
80:40. En op dié Dag sal daar op sommige gesigte stof lê;
80:41. duisternis sal hulle bedek.
80:42. Hulle is die ongelowiges, die goddeloses.

Hoofstuk 81: Wanneer Die Son Opgevou Sal Word

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

81:1. Wanneer die son opgevou
81:2. en die sterre dof sal word;
81:3. wanneer die berge sal verdwyn;
81:4. en wanneer die dragtige kamele ver nalaat sal wees,
81:5. en die wilde diere versamel sal word,
81:6. en wanneer die riviere leeg sal loop,
81:7. en al die mense verenig sal word,
81:8. en wanneer die kind wat lewend begrawe is, sal vra
81:9. vir watter misdaad sy doodgemaak is;
81:10. en wanneer die geskrifte ver sprei,
81:11. en wanneer die hemel blootgelê word,
81:12. en wanneer die Hel aangesteek
81:13. en die Paradys nader gebring sal word,
81:14. dan sal elke siel weet wat dit voorberei het.
81:15. Ek roep tot getuie die planete wat terugwyk,
81:16. hulle koers volg en ondergaan;
81:17. en die nag wanneer dit heen gaan,
81:18. en die daeraad wanneer dit aanbreek,
81:19. dit is sekerlik die woord van ’n edele Boodskapper,
81:20. die besitter van mag, en bevestig in die aanwesigheid van die Heer van die Troon,
81:21. een aan wie gehoorsaamheid toekom, die getroue ~
81:22. en julle metgesel is nie krank sinnig nie.
81:23. En waarlik, hy het hom self op die uithoeke van die wêreld gesien.
81:24. En hy is nie suinig met kennis aangaande die Onsigbare nie.
81:25. Ook is dit nie die woord van ’n vervloekte duiwel nie ~
81:26. Waarheen gaan julle dan?
81:27. Dit is niks anders nie as ’n Vermaning vir die nasies,
81:28. vir hom onder julle wat opreg wil wandel.
81:29. En julle sal nie wil nie, behalwe hulle vir wie Allah dit beskik; die Heer van die Wêrelde.

Hoofstuk 82: Die Klowing

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

82:1. Wanneer die hemele van mekaar gekloof
82:2. en die sterre verstrooi sal word,
82:3. en wanneer die riviere leeg sal loop,
82:4. en die grafte geopen sal word ~
82:5. sal elke siel weet wat deur hom vooruitgestuur, en wat deur hom agtergelaat is.
82:6. O mens! Wat het u van u Heer, die Barmhartige, verwyder,
82:7. Hy wat u geskape het en u daarna volkome gemaak het, en vir u ’n juiste verhouding gegee het?
82:8. In watter vorm ook al, soos dit Hom behaag, vorm Hy u.
82:9. Nee, maar julle ontken die Oordeel.
82:10. En daar is waarlik bewakers oor julle,
82:11. eerbare skrywers,
82:12. wat weet wat hulle doen.
82:13. Voorwaar, die deugsame word met vreugde omring,
82:14. en die goddelose deur die Hel ~
82:15. Hulle sal daarin gaan op die Dag van Oordeel,
82:16. en sal nie afwesig kan wees nie.
82:17. En wat sal u laat begryp wat die Dag van Oordeel is?
82:18. Nogmaals, wat sal u laat begryp wat die Dag van Oordeel is?
82:19. Die Dag wanneer geen siel iets vir ’n ander sal kan bewerk nie. En die gebod op daardie Dag berus alleen by Allah.

Hoofstuk 83: Die Bedrieërs

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

83:1. Wee die bedrieërs!
83:2. Wat, wanneer iemand vir hulle ’n maat neem, op die volle maat aandring,
83:3. maar wanneer hulle vir ’n ander iets moet meet of afweeg, minder gee as wat dit moet wees.
83:4. Dink hulle nie daaraan dat hulle weer opgewek sal word
83:5. op ’n groot Dag nie?
83:6. Die Dag wanneer die mense voor die Heer van die Wêrelde sal staan.
83:7. Nee, sekerlik, die gedenkskrif van die bose is: In die Gevange nis.
83:8. En weet u wat die Gevangenis is?
83:9. Dit is ’n geskrewe Boek.
83:10. Wee hulle, op dié Dag,
83:11. wat die Dag van Oordeel ontken.
83:12. En niemand ontken dit nie, behalwe elke oortreder, elke sondaar.
83:13. Wanneer Ons tekens aan hom voorgedra word, sê hy: Stories van die oervolke!
83:14. Nee, dít wat hulle verdien het, is soos roes op hulle harte.
83:15. Waarlik, hulle sal daardie Dag van hulle Heer uitgesluit word.
83:16. Dan sal hulle waarlik die Brandende Vuur ingaan.
83:17. Dan sal daar gesê word: Dít is wat julle ontken het.
83:18. Waarlik, die gedenkskrif van die deugsame sal wees: die mees Verhewe Plekke.
83:19. En weet u wat die mees Ver hewe Plekke is?
83:20. Dit is ’n geskrewe Boek.
83:21. Hulle wat na aan Allah is, sal dit sien.
83:22. Waarlik, die deugsame sal hom verheug.
83:23. Op verhewe rusbanke sal hulle mekaar raaksien:
83:24. U sal op hulle gesigte die glans van geluksaligheid bemerk.
83:25. Vir hulle word gegee om te drink: ’n suiwer drank, verseël,
83:26. en die seël daarvan is van muskus, ~ Laat hulle wat wedywer, hiervoor wedywer ~
83:27. En dit sal gemeng word met water wat van bo kom:
83:28. ’n Fontein, waaruit diegene wat naby Allah is, sal drink.
83:29. Waarlik, die misdadigers was daaraan gewoond om die gelowiges uit te lag,
83:30. en wanneer hulle verby hulle gegaan het, het hulle vir mekaar geknipoog.
83:31. En wanneer hulle na hul volk teruggekeer het, het hulle verheug teruggekeer.
83:32. En wanneer hulle hul gesien het, het hulle gesê: Waarlik, hulle is verdwaal. ~
83:33. En hulle was nie gestuur as wakers oor hulle nie.
83:34. Daarom sal die gelowiges op dié Dag die ongelowiges uitlag ~
83:35. Op verhewe rusbanke neerge vly, aanskouende;
83:36. Voorwaar, die ongelowiges sal vergeld word vir wat hulle gedoen het.

Hoofstuk 84: Die Uiteenbarsting

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

84:1. Wanneer die hemel uiteen sal spat,
84:2. en sy Heer gehoorsaam, soos dit hom betaam;
84:3. en wanneer die aarde uitgestrek word,
84:4. en alles sal uitwerp wat in hom is, en leeg word,
84:5. en sy Heer gehoorsaam, soos dit hom betaam.
84:6. O mens! U moet ywerig om u Heer se guns strewe, dan sal u Hom ontmoet.
84:7. Wat hom betref, wat sy boek in sy regterhand ontvang,
84:8. hy sal ’n rekening ontvang wat maklik is om te vereffen,
84:9. en hy sal tot sy volk in vreugde terugkeer.
84:10. Maar hy wat sy boek agter sy rug ontvang,
84:11. hy sal die verdoemenis begeer,
84:12. en die Brandende Vuur ingaan.
84:13. Voorwaar, hy was vroeër vrolik onder sy volk,
84:14. en het gereken dat hy nooit hoef terug te keer na Allah nie.
84:15. Ja! Waarlik! Sy Heer sien hom altyd.
84:16. Ja! Ek roep die aandskemering as getuie,
84:17. en die nag en wat dit omsluier,
84:18. en die maan as hy vol word,
84:19. dat julle trap vir trap sal ontwikkel.
84:20. Maar wat makeer hulle dat hulle nie wil glo nie?
84:21. En wanneer die Qur’ãn aan hulle voorgelees word, val hulle nie in prostrasie neer nie.
84:22. Inteendeel, die ongelowiges verloën dit ~
84:23. Maar Allah weet wat hulle ver berg.
84:24. Kondig vir hulle dus ’n smart like straf aan,
84:25. behalwe die gelowiges wat goeie werke doen ~ vir hulle is daar ’n oneindige beloning.

Hoofstuk 85: Die Sterre

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

85:1. By die sterbesaaide hemel,
85:2. en die Beloofde Dag;
85:3. By die getuie en dít waarteen hy getuig!
85:4. ’n Rampspoed het oor die Mense van die Loopgraaf gekom;
85:5. ’n gestookte Vlammende Vuur,
85:6. waarby hulle gesit het,
85:7. en hulle was getuie van wat hulle aan die gelowiges gedoen het.
85:8. En hulle het die gelowiges om geen rede gestraf nie, behalwe dat hulle aan Allah, die Allermagtige, die Lofwaardige, geglo het,
85:9. aan wie die koninkryk van die hemele en die aarde behoort; en Allah is getuie oor alle dinge.
85:10. Voorwaar, hulle wat die gelowige mans en die gelowige vroue vervolg, en dan geen berou toon nie, vir hulle is die Hel as straf, en vir hulle is die straf van verbranding.
85:11. Vir die gelowiges wat goeie dade doen, is daar Tuine waarin riviere vloei; dit is iets om na te streef.
85:12. Waarlik, die greep van u Heer is hard.
85:13. Waarlik, dit is Hy wat eers skep en daarna voortbring;
85:14. en Hy is die Vergewensgesinde, die Liefderyke,
85:15. Heer van die Troon van Mag, die Roemryke,
85:16. Uitvoerder van Sy wil.
85:17. Het die verhaal van die leërskare u dan nie bereik nie,
85:18. van Farao en Thamoed?
85:19. Nee, maar die ongelowiges hou aan met verloëning ~
85:20. en Allah omring hulle van alle kante.
85:21. Nee, dit is ’n glorieryke Qur’ãn,
85:22. in ’n beskermde gedenksteen.

Hoofstuk 86: Die Aandster

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

86:1. By die hemele en by die Aandster!
86:2. Wat sal u laat verstaan wat die Aandster is?
86:3. Dit is ’n skitterende ster.
86:4. En daar is geen siel waaroor daar nie ’n waker is nie.
86:5. Laat die mens dus besef waarvan hy geskape is.
86:6. Hy word geskep uit stortende water,
86:7. wat uit die ribbes en die ruggraat kom.
86:8. Waarlik, Hy is by magte om die mens weer op te wek.
86:9. Op die Dag wanneer die geheime openbaar sal word,
86:10. dan sal hy geen krag of helper hê nie.
86:11. By die wolk wat reën gee,
86:12. en by die aarde wat plante laat voortspruit;
86:13. voorwaar, dit is ’n Beslissende Woord,
86:14. en ook geen ydele Woord nie.
86:15. Voorwaar, húlle beraam ’n plan
86:16. en Ek beraam ’n plan.
86:17. Skenk die ongelowiges dus uitstel ~ laat hulle alleen vir ’n tyd en wyl.

Hoofstuk 87: Die Allerhoogste

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

87:1. Verheerlik die Naam van u Heer, die Allerhoogste,
87:2. wat skep, en dan vervolmaak,
87:3. en wat bepaal, en dan lei;
87:4. wat die plante laat uitspruit,
87:5. en dit dan tot stof verdor.
87:6. Ons sal u dit {Die Qur’ãn} laat voordra, sodat u dit nooit sal vergeet nie ~
87:7. behalwe wat Allah wil ~ waarlik, Hy weet wat in die geheim en in die openbaar plaasvind.
87:8. Ons sal u weg voorspoedig maak.
87:9. Vermaan dan, want vermaning is goed.
87:10. Hy wat vrees, sal oplettend wees,
87:11. Maar die rampsalige wat dit vermy,
87:12. sal in die Vuur brand:
87:13. Daarin sal hy nie kan lewe en ook nie sterwe nie.
87:14. Voorspoedig is hy wat homself reinig;
87:15. en die Naam van die Heer op sy lippe neem en bid.
87:16. Maar julle verkies die lewe van hierdie wêreld,
87:17. terwyl die Hiernamaals beter is en ewig.
87:18. Waarlik, dit is in die ou geskrifte vermeld,
87:19. die geskrifte van Abraham en Moses.

Hoofstuk 88: Die Oorweldigende Gebeurtenis

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

88:1. Het nuus van die Oorweldigende Gebeurtenis u bereik?
88:2. Op dié Dag sal sommige gesigte neergeslaan wees,
88:3. verslae, afgemat,
88:4. verskroei deur ’n Brandende Vuur,
88:5. terwyl hulle sal drink uit ’n kokende fontein.
88:6. Hulle sal geen voedsel kry nie, behalwe giftige dorings,
88:7. en dit sal nie voedsaam wees, en hulle teen die honger ook niks baat nie.
88:8. Ander gesigte sal op dié Dag bly wees ~
88:9. weltevrede met hul strewe ~
88:10. in ’n verhewe Tuin
88:11. waarin u geen ydele gesprek sal hoor nie.
88:12. In hierdie Tuin is ’n borrelende fontein,
88:13. en hoë rusbanke,
88:14. en drinkbekers,
88:15. en gerangskikte kussings,
88:16. en oopgespreide tapyte.
88:17. Kyk hulle nie na die wolke, hoe hulle gevorm word nie?
88:18. En na die hemel, hoe verhewe dit is nie?
88:19. En na die berge, hoe hulle gevestig is nie?
88:20. En na die aarde en sy uitge strektheid nie?
88:21. Vermaan dan, want u is slegs ’n waarskuwer;
88:22. U is geen bewaarder oor hulle nie.
88:23. Maar wie ook al wegdraai en weier om te glo,
88:24. Allah sal hulle met die strengste kastyding straf.
88:25. Voorwaar, hulle terugkeer is na Ons,
88:26. dan kom dit Ons toe om hulle te vergeld.

Hoofstuk 89: Die Dagbreek

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

89:1. By die dagbreek;
89:2. en die tien nagte;
89:3. by die gelyke en die ongelyke,
89:4. en by die nag wanneer dit verdwyn!
89:5. Waarlik, hierin is ’n eed vir die verstandige mense.
89:6. Het u nie gesien hoe u Heer met die stam van Aad gehandel het nie;
89:7. die volk van Iram, wat hoë geboue gehad het,
89:8. waarvan die gelyke nog nie in hierdie land voortgebring is nie;
89:9. en met die stam Thamoed wat die rotse in die dal uitgehol het;
89:10. en met Farao, heer van baie,
89:11. wat hom in die stede te buite gegaan het
89:12. en baie verderf daarin aangerig het?
89:13. U Heer het hulle ’n gedeelte van die straf laat toekom.
89:14. Voorwaar, u Heer is Waaksaam.
89:15. Maar die mens, wanneer Hy hom beproef deur eer en gunste aan hom te gee, sê hy: My Heer het my geëer.
89:16. Maar wanneer Hy hom beproef met skaarste van voedsel, sê hy: My Heer het my onteer.
89:17. Maar waarom eer julle nie die weeskind,
89:18. en vermaan julle mekaar nie om die armes te voed nie?
89:19. Julle verorber die hele erfdeel;
89:20. en julle hou te veel van weelde.
89:21. Nee, wanneer die aarde aan stukke sal verbrokkel,
89:22. en u Heer met skares engele sal verskyn;
89:23. en die Hel op ’n Dag vertoon sal word; op dié Dag sal die mens versigtig wees; maar wat sal sy versigtigheid hom baat?
89:24. Hy sal sê: O, kon ek nie maar liewer iets vir my lewe voruit- gestuur het nie!
89:25. Niemand kan straf soos Hy op daardie Dag sal straf nie.
89:26. Ook kan niemand boei soos Hy sal boei nie.
89:27. Maar u, o siel in vrede,
89:28. keer terug tot u Heer met wel behae.
89:29. Wees met My dienaars,
89:30. en gaan saam met hulle My Paradys binne!

Hoofstuk 90: Die Stad

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

90:1. Ek sweer by hierdie stad {Mekka} ~
90:2. u {¹Moegammad} is van verantwoordelikheid vir hierdie stad onthef ~
90:3. en by die vader {Abraham} en wat hom {Ismael} verwek het;
90:4. voorwaar, Ons het die mens geskape om moeilikhede te oor win.
90:6. Dink hy dat niemand gesag oor hom uitoefen nie?
90:7. Hy sal sê: Ek het baie rykdom verkwis.
90:8. Dink hy dat niemand hom sien nie?
90:9. Het Ons hom nie twee oë gegee nie,
90:10. en ’n tong en twee lippe nie,
90:11. en die twee hoofweë {Goed en Kwaad} getoon nie?
90:12. Maar hy probeer nie om die bergpad te bewandel nie.
90:13. En wat weet u van die bergpad?
90:14. Dit is om ’n slaaf te bevry,
90:15. of op ’n dag van honger te voed,
90:16. ’n weeskind, wat ’n familielid is,
90:17. of ’n arm persoon wat in die stof rol.
90:18. En verder, om gelowig te wees, en te vermaan tot geduld, en tot genade.
90:19. Hulle is die volk van die regterhand.
90:20. Maar hulle wat nie in ons tekens glo nie, hulle is die volk van die linkerhand.
90:21. ’n Geslote Vuur sal hulle omring.

Hoofstuk 91: Die Son

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

91:1. By die son en sy glansrykheid;
91:2. by die maan as hy hom volg;
91:3. by die dag, as dit onthul;
91:4. by die nag, as dit bedek;
91:5. by die hemel en die skepping daarvan;
91:6. by die aarde en sy ruimte!
91:7. En by die siel en sy volmaakt heid!
91:8. So openbaar Hy die goeie sowel as die bose weg;
91:9. Suksesvol sal hy wees wat dit rein hou,
91:10. maar klaaglik die lot van hom wat die siel verlei en besoedel.
91:11. Die stam van Thamoed het die waarheid in hulle boosaardigheid verwerp,
91:12. toe die gemeenste onder hulle in opstand gekom het.~
91:13. Tog het die boodskapper van Allah vir hulle gesê: Dít is die kamelin van Allah; laat haar drink!
91:14. Maar hulle het hom verloën en haar geslag. Daarom het hulle Heer hulle vanweë hul sonde verdelg, en alles met die grond gelyk gemaak.
91:15. En Hy vrees nie die gevolge hiervan nie.

Hoofstuk 92: Die Nag

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

92:1. By die nag wanneer dit omsluier!
92:2. En by die strale van die dag!
92:3. En by die skepping van die man en die vrou!
92:4. Voorwaar, julle strewe beoog verskillende doelwitte.
92:5. Dan wat hom betref wat offergawes gee en Hom vrees,
92:6. en die goeie aanvaar:
92:7. Ons sal sy weg vir hom gelykmaak, en hy sal suksesvol wees.
92:8. Maar hy wat gierig is en dink dat hy selfgenoegsaam is,
92:9. en wat die beste is, verwerp:
92:10. Ons sal sy weg ellendig maak;
92:11. en rykdom sal hom niks baat wanneer hy vergaan nie.
92:12. Voorwaar, dit is Ons plig om te lei.
92:13. En waarlik, aan Ons behoort die Hiernamaals sowel as die tyd wat verby is.
92:14. Daarom waarsku Ek julle teen die Vlammende Vuur;
92:15. niemand, behalwe die ramp saligste, sal dit binnegaan nie,
92:16. hulle wat die waarheid verwerp en weg.
92:17. Maar die regverdige sal ver daarvandaan bly ~
92:18. hy wat van sy rykdom bestee om homself te reinig.
92:19. En niemand durf reken dat hy beloon moet word nie,
92:20. behalwe hy wat die welbehae van sy Heer, die Verhewene, soek.
92:21. En hy sal weldra tevrede wees.

Hoofstuk 93: Die Glansrykheid Van Die Nag

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

93:1. By die glansrykheid van die dag!
93:2. En die nag wanneer dit stil is!
93:3. U Heer het u nie verlaat nie, en is ook nie ontevrede met u nie.
93:4. Voorwaar, die toekoms sal vir u beter wees as dít wat verby is.
93:5. En waarlik, u Heer sal vir u baie gee, en u sal weltevrede wees.
93:6. Het Hy u nie as weeskind gevind, en vir u herberg gegee nie?
93:7. En het Hy u nie dwalend gevind en u gelei nie?
93:8. En het Hy u nie in armoede gevind en u verryk nie?
93:9. Daarom: onderdruk die weeskind nie,
93:10. en snou die bedelaar nie toe nie;
93:11. maar maak die guns van u Heer bekend.

Hoofstuk 94: Die Verruiming

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

94:1. Het Ons nie u bors vir u breed gemaak
94:2. en die las van u weggeneem
94:3. wat u rug gebuig het nie?
94:4. En u roem verhef nie?
94:5. Voorwaar, so kom gemak ná ongemak. Daarom, wanneer u van angs bevry is, strewe dan harder,
94:6. en spits u aandag alleen op u Heer toe.

Hoofstuk 95: Die Vy

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

95:1. By die vy en die olyf!
95:2. En by die berg Sinaï!
95:3. En by hierdie Stad {Mekka} met sy vestings!
95:4. Voorwaar, Ons het die mens voortreflik geskape.
95:5. Maar Ons laat hom verval tot die allerlaagste;
95:6. behalwe hulle wat glo en goeddoen; vir hulle is daar ’n oneindige beloning.
95:7. Wie sal leuens aan u vertel omtrent die Oordeelsdag?
95:8. Is dit nie Allah wat regverdig oordeel nie?

Hoofstuk 96: Die Gestolde Bloed

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

96:1. Lees in die Naam van u Heer, die Skepper ~
96:2. wat die mens uit ’n bloeddruppel skep.
96:3. Lees, want u Heer is die mees Eerbiedwaardige,
96:4. wat deur middel van die pen onderrig,
96:5. die mens leer wat hy nie geken het nie.
96:6. Maar die mens is waarlik opstandig,
96:7. omdat hy homself onafhanklik ag.
96:8. Voorwaar, julle terugkeer is tot julle Heer.
96:9. Het u hom gesien, hy wat
96:10. ’n dienaar belet om te bid?
96:11. Merk u dat hy die regte pad volg,
96:12. of dat hy godvresendheid gebied?
96:13. Merk u dat hy ontken en homself wegdraai?
96:14. Weet hy nie dat Allah alles sien nie?
96:15. Nee, as hy nie ophou nie, sal Ons hom by die kuif hare van sy voorhoof gryp,
96:16. die leuenagtige, sondige voorhoof.
96:17. Laat hy dan sy raadgewers byeenroep.
96:18. Ons sal ook Ons dapper weermag oproep.
96:19. Nee! Gehoorsaam hóm nie, maar prostreer, en reik nader na Allah.

Hoofstuk 97: Die Majesteit

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

97:1. Voorwaar, Ons het dit {Die eerste openbaring van die Qur’ãn} op die Nag van Majesteit geopenbaar.
97:2. En wat sal u laat verstaan wat die Nag van Majesteit is?
97:3. Die Nag van Majesteit is beter as ’n duisend maande.
97:4. Die engele en die Gees {Gees van Goddelike ingewing} daal dan neer met die toestemming van hulle Heer ~ vir elke saak.
97:5. Vrede! Dit duur tot die dagbreek.

Hoofstuk 98: Die Duidelike Bewys

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

98:1. Die ongelowiges onder die Mense van die Boek, en die heidene, kon hul dwaling nie insien voordat die duidelike bewys aan hulle getoon is nie ~
98:2. ’n Boodskapper van Allah, wat die suiwer bladsye voordra,
98:3. waarin alle regte boeke opge neem is.
98:4. Ook het hulle, aan wie die Boek geskenk is, nie met mekaar getwis voordat die duidelike bewys aan hulle getoon was nie.
98:5. Hulle word slegs gelas om Allah te aanbid ~ opreg teenoor Hom in gehoorsaamheid, eerlik ~ en om die gebed te onderhou en offergawes te gee; dít is ware godsdiens.
98:6. Die ongelowiges onder die Mense van die Boek, en die heidene, sal in die Vuur van die Hel te vinde wees, waarin hulle sal bly. Hulle is die slegste van almal wat geskape is.
98:7. Maar hulle wat glo en goeddoen, hulle is die beste van alle geskapenes.
98:8. Hulle beloning is by hul Heer: Tuine van Ewigheid, waardeur riviere vloei en waarin hulle vir altyd sal bly; en hulle Heer sal weltevrede wees met hulle, en hulle sal weltevrede wees met Hom. Dit alles is vir hom wat sy Heer vrees.

Hoofstuk 99: Die Aardskudding

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

99:1. Wanneer die aarde geweldig sal skud,
99:2. sy binneste na buite sal keer,
99:3. en die mens sal sê: Wat het haar oorgekom?
99:4. Sal sy op dié Dag haar verhaal vertel,
99:5. asof u Heer aan haar openbaar gemaak het.
99:6. Op dié Dag sal groepe mense voorkom, en hulle werke sal aan hul getoon word.
99:7. En wie in die geringste goed gedoen het, dit sal hy sien,
99:8. en wie die geringste kwaad gedoen het, ook dít sal hy sien.

Hoofstuk 100: Die Aanvallers

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

100:1. By hulle wat skreeuend storm!
100:2. En hulle wat vuurvonke uit slaan!
100:3. En teen dagbreek plotseling ’n aanval doen
100:4. en so ’n stofspoor laat,
100:5. en deur die vyandige menigtes breek!
100:6. Voorwaar, die mens is ondank baar teenoor sy Heer.
100:7. En waarlik, hy self is getuie daarvan;
100:8. en weens sy liefde vir rykdom is hy suinig.
100:9. Weet hy dan nie dat wat in die grafte is, opgewek sal word nie,
100:10. en dat wat in die harte is, bekend gemaak sal word nie?
100:11. Hulle Heer sal aangaande hulle op hierdie Dag goed ingelig wees.

Hoofstuk 101: Die Ramp

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

101:1. Die ramp!
101:2. Wat is die ramp?
101:3. En wat weet u van die vreeslikheid van die ramp?
101:4. Die Dag waarop mense soos motte verstrooi sal word,
101:5. en die berge soos gekamde wol sal lyk.
101:6. Dan, wat hom betref wie se goeie dade swaar sal weeg:
101:7. hy sal ’n aangename lewe geniet.
101:8. Maar hy wie se goeie dade lig weeg:
101:9. die bodemlose put sal sy moeder wees.
101:10. En weet u wat die bodemlose put is?
101:11. Dit is ’n Brandende Vuur.

Hoofstuk 102: Die Opgaar Van Skatte

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

102:1. Begeerte om skatte te vergaar, sal julle laat afdwaal,
102:2. totdat julle in die graf neerdaal.
102:3. Nee, weldra sal julle dit te wete kom!
102:4. Nogmaals, nee, weldra sal julle dit te wete kom!
102:5. Nee, as julle dit maar met sekerheid kon weet!
102:6. Julle sal sekerlik die Hel sien;
102:7. julle sal dit met julle oë sien.
102:8. Op dié Dag sal julle sekerlik aangaande Sy gunste ondervra word.

Hoofstuk 103: Die Tyd

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

103:1. By die tyd!
103:2. Voorwaar, die mens toon verlies,
103:3. behalwe hulle wat glo en goed doen, en mekaar tot die waarheid aanspoor, en mekaar vermaan om geduldig te wees.

Hoofstuk 104: Die Lasteraar

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

104:1. Wee elke lasteraar, kwaadspreker,
104:2. wat rykdom vergaar en dit telkemale oor en oor tel,
104:3. en meen dat sy rykdom hom vir ewig sal baat.
104:4. Nee, hy sal in die malende meul gewerp word.
104:5. En wat sal u laat verstaan wat die malende meul is?
104:6. Dit is die Vuur wat Allah aangesteek het,
104:7. en waarvan die brandstof harte is.
104:8. Voorwaar, dit omsluit hulle
104:9. in uitgestrekte kolomme.

Hoofstuk 105: Die Olifant

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

105:1. Het u nie gesien hoe u Heer met die eienaars van die olifant gehandel het nie?
105:2. Het Hy nie hulle aanval in verwarring laat eindig,
105:3. en swerms roofvoëls op hulle laat neersak nie?
105:4. En hulle met klonte klei gewerp
105:5. sodat hulle soos fyngekoude strooi gelyk het nie?

Hoofstuk 106: Die Koereish

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

106:1. Ter beskerming van die Koereish ~
106:2. beskerming gedurende hulle reise, in die winter sowel as in die somer.
106:3. Laat hulle daarom die Heer van hierdie Huis aanbid;
106:4. Hy wat hulle versadig en hulle in plaas van vrees veiligheid gee.

Hoofstuk 107: Welade

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

107:1. Het u iemand gesien wat die Oordeelsdag ontken?
107:2. Dit is hy wat die weeskind mishandel,
107:3. en die armes nie voed nie.
107:4. Wee die aanbidders
107:5. wat nalatig met hulle gebede is!
107:6. Wat goeddoen om gesien te word,
107:7. en wat geen barmhartigheid betoon nie.

Hoofstuk 108: Oorvloed

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

108:1. Voorwaar, Ons het u die goeie in oorvloed geskenk.
108:2. Roep daarom u Heer aan, en bring offerande,
108:3. want waarlik, die goeie is u vyand ontneem.

Hoofstuk 109: Die Ongelowiges

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

109:1. Sê: O ongelowiges!
109:2. Ek aanbid nie dít wat julle aanbid nie,
109:3. nog minder aanbid julle Hom vir wie ek aanbid.
109:4. Ook sal ek nie aanroep wie julle aanroep nie,
109:5. nog minder roep julle Hom aan vir wie ek aanroep.
109:6. Vir julle is daar júlle geloof en aanbidding, en vir my is daar mý geloof en aanbidding.

Hoofstuk 110: Die Hulp

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

110:1. Wanneer die hulp van Allah en die oorwinning kom,
110:2. sal u mense groepsgewys die godsdiens van Allah sien binnegaan.
110:3. Verkondig die lof van u Heer en vra om Sy beskerming. Waarlik, Hy is Berouaanvarend.

Hoofstuk 111: Die Vlam

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

111:1. Aboe Lahab se hande sal vergaan, en hý sal vergaan.
111:2. Sy rykdom en sy inkomste sal hom nie baat nie.
111:3. In die Vlammende Vuur sal hy brand,
111:4. en sy vrou ~ die skindertong ~
111:5. sy sal ’n halter van palmveseltou om haar nek dra.

Hoofstuk 112: Die Eenheid

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

112:1. Sê: Hy, Allah, is EEN.
112:2. Allah, die Selfgenoegsame.
112:3. Hy verwek nie, ook is Hy nie verwek nie;
112:4. en niemand is soos Hy nie.

Hoofstuk 113: Die Dagbreek

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

113:1. Sê: Ek neem my toevlug tot die Heer van die dagbreek,
113:2. teen die sonde wat Hy vasgestel het,
113:3. en teen die groot duisternis, wanneer dit kom;
113:4. en teen die boosheid van toordokters wanneer hulle oor knope blaas;
113:5. en teen die boosheid van die afgunstige, wanneer sy na ywer hoogty vier.

Hoofstuk 114: Die Mense

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

114:1. Sê: Ek neem my toevlug tot die Heer van mense,
114:2. die Koning van mense,
114:3. die God van mense,
114:4. teen die bose influisteringe van die slinkse duiwel,
114:5. wat in die harte van die mense fluister,
114:6. die harte van djien en mense.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui