Is dít waarteen Jesus ons gewaarsku het?

Kyk ook:

**********

Is dít waarteen Jesus ons gewaarsku het? | Netwerk24

Deur Dr. Henrietta Klaasing, Randfontein

30 Julie 2021 05:40

Die berig “Moreleta Kairos wil eie sinode stig” (28.07) het betrekking.

Volgens ds. Theo Danzfuss wil die Kairos Netwerk steeds aan die NG Kerk behoort, want die “inbreker(s) moet loop . . . nie die inwoner nie”.

Is hierdie “inbrekers” die dwaalleraars in die kerk?

In Matt. 7:15-20 sê Jesus dat vals profete (dwaalleraars?) aan hul vrugte geken sal word. Is woorde ook vrugte? Beteken dit dat ’n vals leraar een is wie se “woord” onbetroubaar is?

Alle NG leraars belowe ten tyde van legitimasie, onder eed, om getrou te bly aan die belydenisskrifte van die NG Kerk.

Maar daar is sommige wat sake voorstaan wat in stryd is met die belydende skrifte, soos die maagdelike geboorte en liggaamlike opstanding van Jesus.

Is dit ’n vals leraar wat een ding onder eed belowe, maar iets anders voorstaan?

En wat van leraars wat net stilbly wanneer hul kollegas hierdie teenstrydighede verkondig? Is hul stilbly hul vrugte?

Is die verkondiging (of doelbewuste stilswye) van sake wat in stryd is met die belydenisskrifte, die vrugte waarteen Jesus ons gewaarsku het?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui