Huis van Vader het baie wonings (Mosaïekkerk)

Kyk ook:

Die skrywer (en mens neem aan die bestuur van die Mosaïekkerk) beweer dat genoemde mense (Sangoma, Hindoe, Moslem, Boeddhis en Christen) almal dieselfde God aanbid. Tog sê Jesus die volgende in Johannes 14:6:

(6)Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Interessant dat die skrywer van hierdie brief anoniem bly.

******************

Huis van Vader het baie wonings | Beeld

14 Feb 2017

Gelowige, Johannesburg

Die Mosaïekkerk.

Sondag was daar ’n baie interessante gesprek op die verhoog van die Mosaïek-kerk in Fairland voor die diens begin het.

’n Sangoma, Hindoe, Moslem, Boeddhis en Christen het in ’n ry langs mekaar gesit.

Elkeen het in so vyf minute vir die gemeente vertel waaruit hul geloof bestaan en hoe hulle glo. Dit was ’n regte openbaring. Ons is ’n diverse samelewing, maar almal glo aan (dieselfde) God.

Die sangoma beoefen haar beroep met medisinale plante en kruie. Hoofsaak is, sy glo ook aan God!

Die Boeddhis, die Hindoe en die Moslem het almal ook dieselfde vertrekpunt, naamlik God, hoewel elkeen ander sienswyses van God het. Ook gebruik elkeen ander metodes of profete om by God uit te kom.

Dit was ’n vreemde situasie, maar vir my was dit ’n wonderlike ervaring om te kon sien hoe ons medelandsburgers God ervaar.

Daar staan geskrywe dat die Huis van my Vader uit baie wonings bestaan. Daar is mos vir alle gelowiges in die wyer sin van die woord ’n plek in Sy woning.

Ds. Johan Geyser, dankie dat jy ons blootgestel het aan ons medelandsburgers se sienings.

4 thoughts on “Huis van Vader het baie wonings (Mosaïekkerk)”

  1. Goeiedag
    Ek lees op u blad dat die Mosaiek kerk beweer dat alle gelowe een God dien?

    Hulle ontken dit. Wat is waar?

    1. Gerhard, al wat ek oor hierdie kwessie weet is hierdie artikel. Hieruit lei ‘n mens af dat ds Johan Geyser die geleentheid gereël het. Natuurlik sal hulle dit ontken, maar die vraag is: Hulle het geleentheid gegee vir mense van ander gelowe om hulle saak te stel tydens ‘n erediens. Het ds Johan Geyser hierdie ander gelowe tydens dieselfde geleentheid of enige ander geleentheid daarna, weerlê? Dit is die vraag wat gevra moet word. Indien hulle dit nie gedoen het nie, kan dit baie maklik die indruk skep dat ander gelowe maar net alternatiewe paaie na dieselfde bestemming is.

  2. Hulle maak nou self skuldig aan n mogge troffe godsdiens soos wat die Romeine gedoen het. Ons aanbid sommer al die Gode en gooi Jesus ook sommer in die mix. Julle kan bly wees Paulus is nie meer op aarde nie want hy sal na julle Godsdiens verwys het as oud wyfse fabels

  3. Ek het nog altyd baie oopkop en met groot waardering na Die Boodskap op Kanaal 144 gekyk, maar in die toekoms sal ek dit nie weer doen nie. Ek is verskriklik terleurgesteld in Johan Geyser se bediening. IETS is êrens verkeerd. Indien hy van MY God, is ons nie hier op dieselfde bladsy nie. Selfs die mees vredeliewende Moslem word geleer dat die Christen uitgewis moet word. Van noual bly ek weg, soos wat ek van alle woke sienings af wegbly. Beteken Joh 14:6 dan niks nie!? Die Christengeloof is veral hierdeur by kinders verdag gemaak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui