Hou tog asseblief op baklei oor kersfees

Kyk ook:

Die volgende artikel is van Juig! gekopieer.

***********

Hou tog asseblief op baklei oor kersfees | Juig!

November 2011

Dit is erg genoeg dat rabid sekulariste Kersfees haat, maar dit is doodeenvoudig tragies dat sommige Christen-puriste ander oordeel omdat hulle dié dag vier.

Ek het onlangs geskryf oor hoe God deur die Bybelse Kersverhaal in die le­wens van mense werk en ewe skielik het ’n hele klomp ingespring en my baie vinnig daaraan herinner dat die moderne viering van Kersfees eintlik ’n heidense vakansie­dag is en dat dit diegene wat nie agterdogtig is nie en daarvan hou om geskenke te gee, reguit hel toe gelok word. Een persoon, net bekend as Albert, het op ’n aanlyn-forum geskryf dat hy ‘ongemaklik voel met die hele Kersviering’ omdat dit van demoniese oorsprong is.

Redes vir die boikot

Jy weet waarskynlik van baie Christene wat Kersfees om verskeie redes boikot – sommige se afkeer op feite gebaseer en ander nogal op betwisbare argumente. Hulle argumente is gewoonlik die volgende:

Die vakansie is heeltemal te gekommersialiseer en bevorder hebsug – hiermee stem ek ook saam.

Niemand weet regtig wanneer Jesus gebore is nie – dit is ook waar, want die Bybel gee nie die spesifieke datum nie. Albert, en ander anti-Kersfees-puriste, glo egter dat dit op 11 September, 3 v.C. gedurende Rosh Hashanna plaasgevind het.

Die datum 25 Desember, is gekies om die heidense fees, Saturnalia, te verchristelik – dit is waarskynlik waar, maar is dit verkeerd om enigiets te ‘verchristelik’? Ek is baie bly as ’n heidense fees met ’n Christelike fees vervang is!

Kersbome is ’n heidense tradisie aangesien die Druïde geglo het immergroen takke het magiese kragte om demone af te skrik – Donderdag is bv. na die Noorse god, Thor – die god van donder – vernoem. Dit impliseer geensins dat ek hom aanbid elke keer wat ek die woord gebruik nie.

25 Desember is die verjaarsdag van Nimrod, wat later bekend geword het as die heidense god, Baal. Baal het later bekend geword as ‘Nicholas’ of ‘Vader Kersfees’. Dit is om hierdie rede dat hulle glo demone word baie beslis losgelaat of vereer elke keer wanneer kranse, kerse, ornamente, vrugtekoek, sleë of enigiets in rooi en groen iewers gebruik word.

Sommige kritiek geregverdig

In alle regverdigheid teenoor hierdie Kersfees-kritici, moet ek egter erken dat ek nog nooit my eie kinders aangemoedig het om in Kersvader te glo nie. Dit was nie omdat ek bang was dat hy Baal, Nimrod of ’n ou Turkse biskop in vermomming is nie, maar omdat ek gevoel het ek sou vir my kinders jok as ek sou sê Kersvader het hulle geskenke gebring. Ek haat dit om in lang toue in winkels te staan en die vooruitsig om ’n vreemde ou man in my huis in te nooi sodat hy na my ‘slapende dogters’ kan loer, het my kriewelrig laat voel.

Maar ek hou van Kersfees. Ek hou van die Kersbome, die ornamente, die ligte, die geure, kosse, musiek, geskenke, familie en vriende wat die viering met my deel. Al die versierings laat my aan Jesus dink – van die klokke tot by die engel aan die punt van die Kersboom. Vir my is Kerstyd daardie wonderlike tyd van die jaar wanneer ek oor die wonder van Christus se geboorte en, hopelik, die vele kanse wat daar is om Sy wonderbare liefde met mense wat minder bevoorreg as ek is, te deel, kan dink.

Argument al baie oud

Mense argumenteer nou al vir ’n baie lang tyd oor Kersfees. Kersgeskenke is gedurende die Middeleeue deur die Rooms-Katolieke Kerk verban juis op grond van die heidense oorsprong. Toe het Anti-Katolieke Puriteine in Engeland oorlog teen Kersfees verklaar en dit is vanaf 1647 tot 1660 verban deur dit ’n ‘pouslike fees sonder enige regverdiging’ te noem. In Amerika het die Puriteine die Christene in een staat tussen 1659 en 1681 onwettig verklaar. Ten spyte van die feit dat Kersfees deesdae vir baie mense in ’n betekenislose gee van kaartjies en koop by uitverkopings ontaard het, wil die puriste nou nog die laaste bietjie Christelikheid ook uit die fees laat verdwyn.

Ek het nogal verwag dat ateïste Kersfees sou haat. Ek weet hulle sal die geboortetonele uit openbare plekke verban of Kers­liedere sal nie meer in winkels gespeel word nie, maar dit is eenvoudig tragies wanneer Christene – wat elke geleentheid moontlik behoort te gebruik om die wonder van Jesus se geboorte te verkondig dié dag begin boikot of demonetiseer.

Moenie oordeel nie

Vier Kersfees op jou manier! Indien dit nie vir jou reg is om kransies en kerse te gebruik of kaartjies aan vriende stuur nie, moenie. Ek sal jou beslis nie daaroor veroordeel nie. Maar moet asseblief nie ander gelowiges oordeel net omdat hulle Kersfees as ’n rein en ordentlike fees tydens hierdie spesiale tyd van die jaar vier nie!

Ns. Geseënde Kersfees!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui