Dr Ben du Toit se omstrede uitlatings oor God en die geloof in ons tyd

Die Kerkpad

“Laat ons wandel in die lig van die Here” (Jes 2;3-5)

Jaargang 5 No 5 September 2001

(Gekopieer vanaf http://www.kerkpad.co.za/argief/sept2001/art6.html)

Dr Ben du Toit se omstrede uitlatings oor God en die geloof in ons tyd gesanksioneer deur redaksie DIE KERKBODE, 20 Julie 2001

In ’n hoofartikel op bladsy 8 van bogenoemde uitgawe van Die Kerkbode skryf die redakteur dat dr Ben du Toit se pryswennende boek, God? Geloof in ’n postmoderne tyd, ’n lewendige gesprek in hul blad tot gevolg gehad het en kerkmense opnuut genoop word om bestek oor hulle geloof op te neem.

”Dit is ’n goed-geskrewe pakkende boek en het die teologiese debat in die kerk gestimuleer soos min ander boeke die afgelope paar jaar. Ná die toekenning van die Andrew Murray prys aan dié werk, het Die Kerkbode (wat via die Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk ’n deelhebber aan hierdie prys is), sy hartlike gelukwensing teenoor die skrywer uitgespreek – maar ook daarop gewys dat dit nie beteken dat ons met alles in die boek saamstem nie.

Op dié stelling moet effens uitgebrei word.

Waarmee sowat alle lesers van dié boek wel sal saamstem, is dat die skrywer ’n dapper poging aanwend om mense van ons tyd te help om “met integriteit” te kan glo, en om nie Sondae een stel “waarhede” aan te hoor wat nie te versoen is met die “feite” waarmee hulle Maandae en Woensdae en Vrydae gekonfronteer word nie. Die boek wil met ander woorde help dat ons ons godsdiens met ons daaglikse lewe in ’n post-moderne wéreld kan integreer en dat die een nie totaal en al vreemd teenoor die ander een staan nie. …

Wat alles wil sê: natuurlik moet ons in ons Bybelverstaan daarmee rekening hou dat die Bybel in ’n pre-moderne tyd geskrywe is. Natuurlik moet ons in gedagte hou dat dit des-tyds in die eerste plek vir daardie tyd se mense geskryf is. Natuurlik moet ons die verskillende literatuursoorte waarin die Bybel geskryf is, in ag neem as ons die afsonderlike dele van die Skrif lees en verklaar. Maar: daar sal altyd iets onvasvatbaars aan die geloof wees Iets irrasioneels, as jy wil. Iets onverklaarbaars. Want geloof is uiteindelik iets wat nét God deur sy Heilige Gees aan jou kan gee: in die premoderne tyd, die moderne tyd, die postmoderne tyd en al die tye wat nog moet kom. …

“Ons moet dus baie deeglik met die postmoderne tyd waarin ons leef, rekening hou as ons oor ons geloof praat en teenoor ander mense daarvan getuig. Maar in ’n bepaalde sin van die woord is die evangelie van Jesus vreemd aan élke tyd, en sal ons nie daarin slaag om evangelie en tydsgees met mekaar te versoen nie”, aldus die redaksie van Die Kerkbode.

‘n Uitgesproke rigtingwyser vir die sistematiese bevordering van Skrifkritiek en aanvaarding van dwaalleer in die NG Kerk! (Redaksioneel – P vd K)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui