GKSA ‘gee NGK ’n klap’

*******

GKSA ‘gee NGK ’n klap’ | Beeld

Beeld, 18 Januarie 2012

Die betrekkinge tussen die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) en die NG Kerk het een van die ergste laagtepunte sedert die GKSA se ontstaan in 1859 bereik. Dit is die siening van dr. Kobus Gerber, algemene sekretaris van die NG Kerk, nadat die GKSA se pas afgelope algemene sinode ’n voorgestelde samewerkingsooreenkoms tussen die twee kerke afgekeur het.

Die besluit is agter geslote deure geneem, maar Gerber het gesê hy het uit die vergadering gehoor daar was vrese dat leerstellige dwalings uit die NG Kerk die GKSA kan binnesluip. Vir die NG Kerk, wat die ooreenkoms al goedgekeur het, is dié besluit ’n klap in die gesig.

Gerber meen ook dis ’n kwade dag vir ’n kerk se begrip van wat ekumeniese verhoudings is as hy so ’n besluit neem. Gerber het gesê die NG Kerk sal die amptelike besluit en die redes daarvoor nou aanvra. Die NG Kerk se moderamen sal op sy volgende vergadering oor ’n amptelike reaksie besin, en oor die toekoms van die Tussenkerklike Raad waartoe dié twee kerke saam met die Hervormde Kerk behoort.

– Neels Jackson

1 thought on “GKSA ‘gee NGK ’n klap’”

  1. Dit sal goed wees vir die Gereformeerde Kerke as hulle die ekumeniese verhoudings met die NG Kerk en die Hervormde Kerk verloor. Op so ‘n manier sal die liberale faksies in die GKSA minder wind in hulle seile hê

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui