Entropie

Volgens die tweede wet van termodinamika raak alle energiebronne op. Daar word ook daarna verwys as entropie wat neig na ‘n maksimum. Alles neig van ’n hoë energietoestand na ’n lae energietoestand. Dit word soms soos volg uitgedruk:

  1. Die entropie van die heelal neig na ’n maksimum (in eenvoudige terme meet entropie die hoeveelheid wanorde)
  2. Bruikbare/nuttige energie raak op.
  3. Inligting neig om deurmekaar te raak.
  4. Orde neig om wanorde te raak.
  5. Iets ongeorganiseerd word nie vanself georden nie

Die beste voorbeeld van ‘n nuttige energiebron, is die son wat letterlik alle energie op aarde vir ons gee. Ons weet egter dat die son stadig maar seker besig is om uit te brand en sal na beraming oor 7 tot 8 miljard jaar nie meer energie aan die aarde kan verskaf nie. Dit is waar vir al die sterre in die heelal: oor miljarde jare van nou af sal die hele heelal slegs een gemiddelde temperatuur wees.

Hierdie is ’n baie belangrike argument vir die idee dat die heelal ’n begin het en dat daar daarom ’n God moes wees wat alles geskep het.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui