Die olifant en die vyf blindes

Postmoderniste redeneer dat almal ’n gedeelte van die waarheid besit en dat ons van mekaar moet leer.

Die volgende analogie word soms gebruik hiervoor:

Vyf blindes staan om ’n olifant, wat die waarheid verteenwoordig. Elke blinde ervaar die waarheid anders: die een voel ’n slurp, die ander ’n oor, ’n stert, ’n tand en ’n poot. So help elke blinde dat al die blindes ’n groter prentjie van die waarheid kry.

Die probleem met hierdie analogie is of die olifant (die waarheid) duidelik gedefinieer kan word. Die Christen se “olifant” is die Bybel. Selfs ’n ongelowige kan ’n unieke perspektief op die waarheid gee, maar as hy ’n boom of ’n blaar voel, dan is dit nie meer deel van die olifant (die waarheid) nie.

Postmodernisme verwerp die Bybel as die “olifant” en wil ruimte maak dat self die boom en die blaar deel van die waarheid is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui