Wie is Philipp Dietmann?

Philipp Dietmann is ’n gay predikant wat op 14 Julie 2019 in NG gemeente Stellenberg bevestig is as permanente predikant. Tydens sy bevestiging was hy reeds getroud met Floris Hanekom. Hy is waarskynlik die eerste gay NG Kerk predikant in die geskiedenis wat getroud is met ’n ander man.

Ds Why Duvenhage, wat Dietmann se bevestiging gelei het, was deurgaans daarvan bewus dat Dietmann in ’n selfdegeslagverbintenis is. By dieselfde geleentheid het die ringsverteenwoordiger, dr Francois Swart, laat hoor: “Ek wil vir Stellenberg-gemeente sê, julle liggie skyn baie helder in die Ring van Durbanville. Elke lidmaat moet dit weet. Die besluite wat julle neem, kyk ons na op.”

Voor 14 Julie 2019 was Philipp ’n tentmakerpredikant by die gemeente sedert ten minste November 2015 (hy was reeds op die predikantespan in 2015 toe NG gemeente Stellenberg hulle verklaring oor selfdegeslagverhoudinge uitgereik het).

In dieselfde jaar, op 17 Februarie 2019 is Louis van der Riet, ook ’n gay, bevestig by Parkegemeente in Kraaifontein. Hy was egter nie op daardie stadium in ’n verhouding nie.

Tydens beide van hierdie predikante se bevestiging het die 2016 besluit oor homoseksualiteit gestaan wat NIE ruimte gemaak het vir homoseksualiteit nie.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui