Ongekaart: ’n Bronboek met roetemerkers vir oorgange

Redakteurs: Anandie Greyling en Cas Wepener

Uitgewer: Bybel-Media

Publikasiedatum: 2019

Hierdie boek is 2020 se wenboek vir die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir Debuutwerk.

Resensies/kommentaar

********

Inhoudsopgawe

  1. Inleiding: Die kaart van Ongekaart … 7
  2. Swerwers met ‘n Swerfgenoot … 12
  3. Om die”self” en “ander” te vier: Gasvryheid in kerkwees en liturgie … 21
  4. Trauma: ‘n Kort verkenning … 27
  5. Oorgange en oorgangsrituele: ‘n Kort verkenning … 33
  6. Naamgewing en identiteit tydens oorgange … 38

Geboorte

  1. Aanneming en pleegsorg … 44
  2. Aborsie, miskraam en stilgeboorte … 53

Volwassewording

  1. Skoolverwisseling … 58
  2. Om die ouerhuis te verlaat … 65
  3. Eerste werk … 69

Vind ‘n maat/Neem afskeid van ‘n maat

  1. Inklusiewe huweliksliturgie en inseëning van ‘n lewensverbintenis … 74
  2. Versoening van lewensmaats … 82
  3. Egskeiding … 91

Siekte en dood

  1. Diagnose van ‘n lewensbedreigende siekte … 106
  2. Wanneer die masjiene afgeskakel word … 113

‘n Paar bladsye uit die boek

bl 7

Lewe is heilig en moet tot elke prys beskerm word, Tog gebeur dit dat aborsies in sekere omstandighede wel uitgevoer word, juis omdat lewe heilig is. Volgens die huweliksformulier beloof die bruid en die bruidegom “dat jy hom/haar nooit sal verlaat nie”. Tog gebeur dit dat twee mense wat trou aan mekaar beloof het, besluit dat hulle paaie eerder moet skei. Ons tye is in die Here se hande, Tog het mense “lewende testamente” en word die masjiene soms deur medici afgeskakel. Die lewensloop van die mens is deurspek met oorgange, klein én groot, en vele van hierdie oorgange is, net soos die mens se lewensloop, ongekaart.

Die bekende en groot oorgange word met oorgawe gevier. Ons seén en doop met geboortes, ons vier volwassewording met die belydenis van geloof en ons vier fees tydens ‘n matriekafskeid, ons hou rampartye en kombuistees, ons beplan huwelikseremonies wanneer ‘n maat gevind word en ons neem met die dood van geliefdes afskeid by begrafnisdienste en foudienste. Tog is daar ook baie ander oorgange, wat ons in hierdie boek fongekarteerde oorgange” noem, waarvoor daar nie rituele of liturgieé is nie, of waarvoor daar min of redelik onbekende voorbeelde bestaan. Tydens hierdie oorgange moet mense dikwels self sukkel, self iets ontwerp

Bl 8

of bloot improviseer. Tog is dit oorgange wat bestaan en wat dikwels van die moeilikste oorgange vir mense is.

In hierdie boek fokus ons op hierdie oorgange en dink krities en kreatief na oor, en soek na, oorgangsrituele vir oorgange sonder rituele. In die mooi taal van Coenie de Villiers se lied “Daar’s ‘n plek”, soek ons na ‘n “rusplek langs die pad” op hierdie ongekarteerde reis deur die voorstelle wat ons maak. In die eredienshandleidings van die meeste kerke, soos die Draft Worship Book (Bokang Modimo 2016) van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suidelike Afrika, die Handleiding vir die erediens (2010) van die NG Kerk en die Diensboek (2009) van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, om maar net drie voorbeelde uit Suid-Afrika te noem, is daar ’n ruim skat van liturgiese voorstelle vir die vier groot oorgange van geboorte, volwassewording, die vind van ‘n maat, en sterwe en dood. In die eerste boek in hierdie reeks liturgiese bronboeke, Daar is meer (Bybel-Media 2017), is daar probeer om heelwat breër te kyk na die laaste oorgang van sterwe en dood en rituele daarvoor. Verdere boeke in hierdie reeks sal in die toekoms van die ander groot oorgange, soos volwassewording, verder verken en die liturgiese aanbod só verruim. In hierdie tweede boek in die reeks val die klem spesifiek op wat ons ongekarteerde oorgange noem – daardie lewensoorgange waarvoor die rituele en liturgiese aanbod steeds karig en die oorgange self nog grootliks ongekarteer is.

Hierdie sogenaamde ongekarteerde oorgange bestaan wel, en wanneer mense by hierdie oorgange aankom, is daar by hulle ‘n behoefte om iets simbolies te doen. ‘n Voorbeeld is die kruise wat oral langs ons land se paaie gesien kan word, Na ‘n noodlottige ongeluk was daar waarskynlik n begrafnis of ‘n roudiens; tog was daar ook die behoefte om iets meer te doen. Om die plek met ‘n kruis te “merk”en gereeld daarheen terug te keer en ‘n ritueel uit te voer soos om ‘n blom by die kruis neer te sit, vul (ten dele) die behoeftes van die naasbestaandes. ‘n Mens sou baie hieroor kon sê, maar hierdie rituele help mense om hulle belewenis van die oorgang, wat met chaos en baie uiteenlopende emosies gepaardgaan, te orden

Bl 9

Daar is verskeie dimensies gelyktydig in so ‘n ritueel teenwoordig, soos om dit wat gebeur te verdiep of om op ‘n manier te onderhandel. Amold van Gennep skryf in sy klassieke boek oor oorgangsrituele: “Such changes of condition do not occur without disturbing the life of society and the individual, and it is the function of rites of passage to reduce their harmful effects.” Feit is, wanneer hierdie oorgange voorkom, is daar die behoefte om iets te doen en hierdie boek wil help met die ontwikkeling van sinvolle rituele vir daardie oorgange.

Ongekaart is deels uit hierdie behoefte en die waarneming van die leemte gebore. Wat ons hier aanbied, is geensins voorskriftelik nie. Dit wil net ten minste voorstelle maak vir sekere oorgange waarvoor daar byna geen liturgieë bestaan nie. Verskele van die oorgange is ook van so ‘n aard dat dit in baie spesifieke en persoonlike ruimtes sal plaasvind, soos in ‘n spreekkamer, in iemand se huis of selfs in die liturgiese ruimte van ‘n kerk, maar nie tydens ‘n erediens nie wens die traumatiese ervarings en pastorale dimensie daarvan, Daarom is dit uiters belangrik dat die oorweging en beplanning van hierdie oorgangsrituele veral in pastorale gesprekke ers uitgepak en oorweeg behoort te word. Gevolglik is daar inleidings by elke afdeling en ons raai gebruikers aan om kenners vir bykomende bronne te nader wanneer hulle besef dat hulle self nie kenners op ‘n gegewe terrein js nie, Daarom sluit ons ook doelbewus enkele bylaes as aanvullende inligting in. Saam hiermee kan die noodsaaklikheid om veilige ruimtes vir hierdie liturgiese rituele te skep nie genoeg beklemtoon word nie! Die definisie van wat presies ‘n veilige ruimte, sal egter van person tot persoon en van die een situasie na ‘n volgende verskil.

Dit sal goed wees as die gebruikers eers al die hoofstukke lees voor dat hulle enige van die voorstelle gebruik, want daar is in elke hoofstuk wysheid wat ook vir die ander lewensoorgange van waarde kan wees. Met die lees van al die hoofstukke sal dit duidelik word dat daar verskillende stemme in hierdie boek praat. Dit is byna soos die verskillende

bl 10

en uiteenlopende stemme wat ons in die getuienis van Bybeltekste hoor. Tog, ten spyte van die verskille, is daar, soos in die Bybel, ‘n gedeelde droom wat na vore kom. Hierdie boek as geheel is ‘n uitdrukking van dig gedeelde droom en die afsonderlike hoofstukke is uitdrukkings van die verskillende skrywers se oortuigings.

Wat die struktuur betref, bestaan die boek uit drie dele. In die eerste deel is daar kort inhoudelike, teologiese en liturgiese hoofstukke wat na die dieperliggende sake kyk. Die temas wat behandel word, is ‘n teologiese blik op God se betrokkenheid by mense tydens hulle ongekarteerde oorgange. Ons verken ook die soort gasvrye kerk-wees wat nodig is vir die
voorstelle wat in die tweede dee! aangebied word. ‘n Volgende hoofstuk kyk na die kenmerke van trauma. Laastens kyk ons ook na die belang van naamgewing en identiteit tydens oorgange.

In die tweede deel gee ons voorbeelde van hoe hierdie vierings, of oorgangsrituele sou kon lyk. Hierdie tweede en langer deel met voorbeelde vorm die hart van die boek. Vir elke ongekarteerde oorgang is daar, sover moontlik, ‘n kenner genader om eerstens en kortliks agtergrond inligting oor die spesifieke saak te verskaf. ‘n Kort teoretiese begronding word dus gegee, gevolg deur ‘n voorstel vir ‘n ritueel. Dit is baie belangrik dat lesers sal besef die voorstelle is inderdaad slegs voorbeelde of voorstelle, en nie bloudrukke vir ‘n ritueel nie. In sommige gevalle sou lesers dalk dink hulle kan die voorstel net so gebruik, al is die voorstelle in die meeste gevalle eerder net ‘n vertrekpunt, ‘n riglyn, waarop verder voortgebou kan word.

In die derde deel is daar bylaes wat uitbrei op sekere van die onderwerpe wat in die tweede deel behandel is, soos egskeiding.

‘n Laaste opmerking en gebruiksriglyn is dat die funksionering van rituele en liturgieë nie in isolasie geskied nie, maar altyd as deel van ‘n groter geheel funksioneer, wat ons ‘n bedieningsmodel kan noem. Daar is doelbewus min voorstelle opgeneem vir rituele by die laaste oorgang van die mens, sterwe en dood, en ons verwys ons lesers in hierdie verband

Bl 11

na Daar is meer (2017), wat uitsluitlik fokus op rituele by die dood, en ander bronboeke waarna daar in Daar is meer verwys word. Die riglyne wat ons in Ongekaart aanbied, sal altyd in noue samehang geskied met byvoorbeeld die pastorale versorging van die betrokkenes, en wanneer dit nodig is ook in konsultasie met professionele persone. Hierdie riglyn dat die ritueel in ‘n groter geheel ingebed is, word in die inleidings van verskeie van die voorstelle herhaal.

‘As samestellers bedank ons hier graag almal wat bereid was om ‘n bydrae te lewer. Byna sonder uitsondering was almal wat genader is dadelik bereid om betrokke te raak. Dit was vir ons’n bevestiging dat daar inderdaad in Suid-Afrika in die algemeen, en spesifiek in Afrikaans, ‘n leemte vir so ’n boek bestaan. Dan bedank ons hier ook vir Bybel-Media vir hulle bereidheid om hierdie boek te publiseer.

Ongekaart gaan oor oorgange in die lewensloop van die mens en rituele wat dit vergesel. ‘n Oorgang is feitlik altyd ‘n groot uitdaging en moeilik, en tog is daar dikwels ook potensiaal vir groei daarin opgesluit. Ons hoop is dat Ongekaart ‘n bydrae kan lewer sodat mense op ‘n betekenisvolle manier oor die ongekarteerde drumpels van die lewe kan tree, dat hierdie rituele vir hulle ‘n rusplek langs die pad sal bied sodat hulle met nuwe
energie op hul weg sal gaan.

Hier is enkele afkortings wat gereeld voorkom (soms word daar, afhangende van die spesifieke konteks, variasies op hierdie begrippe gebruik):

D – Deelnemers
G – Gemeente
L – Liturg
NN – Noemnaam
V – Voorganger

Bl 12

Cas Wepener

Sommige mense is van mening dat die lewe ‘n reis is. Hulle is gelukkig om die lewe so te kan beskou, want om die lewe as ‘n reis te kan eien, beteken jy sien ‘n roete, ‘n gekarteerde weg met ‘n begin, middel en einde. In die Bybel word die lewe egter dikwels beskryf as ‘n swerftog, ‘n reis sonder in vooraf gegewe roetekaart, ‘n tog wat grotendeels onvoorspelbaar is Gereeld word daar ook van kinders van ‘n swerwende Arameër gepraat en van vreemdelinge en bywoners wat alleen maar tydelik besoekers op aarde is. Vanuit ‘n mens se eie perspektief sien jy ‘n horison. Soms word daarna as ‘n verstaanshorison verwys, wat ‘n goeie beskrywing is om aan te toon dat my waarneming my tot een horison tussen vele moontlikhede beperk en dat my verstaanshorison dus uiteraard van die van ander mense verskil. In die letterkunde word soms na ‘n God-verteller verwys as die verteller wat alles kan sien, teenoor ‘n verteller wat die hele verhaal slegs vanuit haar of sy perspektief waarneem en beskryf en dus nie alles sien nie. Aileen God-vertellers in romans kan die hele verhaal sien en ‘n volledige reis eien; die ander karakters sien maar ten dele en het dikwels die belewenis van swerwer-wees. Die lewe as ‘n swerftog is dus in groot mate ongekarteer vir die karakter se visie.

Bl 13

Op hierdie swerftog staan sekere sake wel vas: eerstens dat die lewe begin en ook dat dit eindig. Hierdie twee aspekte is twee sake waarvan jy nie regtig vir ander mense kan verte! nie, want Jy maak dit nie mee op ‘n wyse wat jou toelaat om dit te kan deel nie. Die ander reeds vermelde twee groot organge is volwassewording en die vind van‘n maat (of nie), Hierdie deel van die verhaal kan wel vertel word en daarsonder sou die wereldletterkunde aansienlik armer gewees het, want hoe graag vertel mense nie hul verhaal oor hulle (moeilike/wonderlike) grootwordjare en die vind van liefde (en verlies daarvan) nie. Diegene wat op ’n qekarteerde wyse die reis van hulle lewe aflê en gemaklik elke voorspelbare oorgang maak, woon almal in Hollywood, Die res van ons weet nie water oorgange ‘ons almal gaan meemaak in ons lewe nie, weet nie watter drumpels van die lewe ons op ons swerftog sal moet oorsteek nie en kyk maar op ‘n afstand na diegene wat glad oor die oorgange gaan. Toegegee, ons hoop op ‘n maklike puberteit en adolessensie, daarna ‘n heerlike romantiese tyd wanneer ons iemand vind en ook dat die res van ons lewe glad sal verloop. En wanneer ons lewe as reis so voor ons ooplê, is dit ook nie te moeilik om God se aanwesigheid in ons lewe raak te sien nie. Dan kan ons instemmend sê God voorsien en God seën en God is goed.

Helaas verloop min mense se lewe so; daar is menige onvoorspelbare drumpels wat hulle moet oorsteek. Adolessensie tref my soos ‘n vuishouen veertig jaar later weier ek steeds om’n skoolretinie by te woon. My eerste huwelikseremonie was baie mooi en romanties, maar met die derde een was ek erg realisties oor alles en het ek meer op die voorwaardekontrak as die blomme in die kerk gefokus. Die geboorte van my kind was vir my, al mag ek dit nie hardop erken nie, ‘n ramp. Alles is klinies uitgevoer en ‘nheilige oomblik is stapsgewys in die hospitaal vertrap met funksionele mense en masjiene. En ja, op al die kleiner oorgange was ek geensins voorbereid nie: toe Jaco uit die kas geklim het, toe my suster ‘n aborsie gekry het, toe my vriende die masjiene wat hulle kind aan die lewe gehou het, laat afskakel het, toe ek sien dat my beste vriend wat al meer as

bl 14

in dekade gelede oorlede is, weer op Facebook verjaar en gelukgewens is, natuurlik ook die dag toe ek my werk verloor het, om nie eens te praat van hoe onvoorbereid ek op my aftrede was nie.

Dit is ongekarteerde oorgange en dit is dikwels die oorgange waar- ‘tydens mense nie noodwendig God se teenwoordigheid beleef nie. Dit is 00k die oorgange waarvoor daar bitter min rituele en liturgieë bestaan. Die titurgiese aanbod is dikwels by hierdie lewensoorgange afwesig as gevolg van ‘n bejammerenswaardige teologie wat agter alles skuil. Dit is vir die meeste mense maklik om die God wat voorsien te sien in die gebeure wanneer ‘n gesonde baba gebore en dan ook gedoop word. En gevoiglik word heelwat moeite gedoen met doopdienste en ‘n groot viering by die huis na die tyd. Dieselfde kan egter nie gesê word wanneer iemand ‘n aborsie gehad het nie. Laasgenoemde word dikwels verswyg en die persoon word (soms) aan haar eie lot oorgelaat om hierdie pad alleen te stap. En oor God se plek in die gebeure word meestal geswyg. Op soortgelyke wyse word God se teenwoordigheid meer geredelik gesien wanneer twee mense mekaar vind en in die eg verbind word as wanneer dieselfde twee besluit om hul huwelik met ‘n egskeiding te beëindig.

Hierdie boek werk met God se teenwoordigheid in alle lewensituasies en by alle oorgange in die lewensloop van die mens en wil hierdie cortuigings ook liturgies aanvul met voorbeelde. Dit is oorbodig om te sê dat die publikasie nie iets soos egskeiding of aborsie onnadenkend goedpraat of aanmoedig nie, maar die vrees vir so ‘n moontlike misverstand lei té dikwels daartoe dat belangrike sake nie die aandag kry wat dit verdien nie. Grenservarings soos lewensoorgange het baie potensiaal. Dic meeste mense wat al die eerste en laaste oorgang in die lewensloop van die mens, te wete geboorte en dood, beleef het, sal saamstem dat daar iets onverklaarbaar in daardie belewenis opgesluit is. ‘n Mens sou selfs kon sê dat daar iets misterieus aan die begin en einde van ‘n menslike lewe kleef en dat hierdie twee oorgange heelwat potensiaal ten opsigte van

Bl 15

‘n godsdienstige belewenis het. Iets daarvan is ook waar vir volwassewording en die vind van ‘n maat.

Benewens die groot oorgange van nuwe lewe en die einde van ’n lewe bevat alle ander oorgange ook iets van hierdie potensiaal, miskien nie altyd heeltemal so radikaal soos daardie twee belewenisse nie, maar tog wel. Tussen die vier groot asse van geboorte, volwassewording, vind van ‘n maat en sterwe, is daar menige kleiner oorgange, oftewel drumpels waaroor ‘n mens (moet) tree. Hierdie drumpels het die potensiaal om ‘n mens totaal van koers af te gooi, of om die lewe en belewenis van God se teenwoordigheid te laat verdiep.

Dit is daarom belangrik om oor God se teenwoordigheid tydens moeilike oorgange te praat. Die Bybel is deurspek met voorbeelde van oorgange wat mense en groepe gemaak het en waar God se teenwoordigheid in daardie oorgang juis bevestig word. Ons kan hier dink aan die uittog uit Egipte en die oorgang (in die woestyn) op pad na Kanaan. ‘n Kerndeel van daardie verhaal is hoe God teenwoordig was tydens ‘n moeilike oorgang en oorgangstyd. Dit is ‘n voorbeeld van ‘n groep wat saam ‘n oorgang moes meemaak. Die Bybel is verder vol voorbeelde van lewensoorgange soos geboortes en telkens word die betrokkenheid van God in daardie gebeurtenis en oorgang uitgewys en beklemtoon. ‘n Mens sou ‘n hele teologie hier kon ontwikkel oor God se betrokkenheid by vreemdelinge en bywoners wat oor die aarde swerf in die algemeen, en in die besonder hoe God teenwoordig is wanneer ons groot en klein oorgange maak. Ons kies hier om kortliks op een oorgangstyd in die Bybel te fokus, naamlik die afskeid van Jesus van sy dissipels soos dit beskryf word in die afskeidsgesprekke in die Evangelie van Johannes (hoofstuk 13 – 17).

Hierdie hoofstukke word gekies omdat dit op ‘n baie besondere manier uitwys hoe mense wat oorgange moet maak, beleef dat hulle alleen en uitgelewer is, maar dat God deur sy Gees op ‘n besondere wyse in daardie uitdagende tyd by hulle is, Hierdie saak is in die boek Van voor die wieg tot na die graf: Rituele roetemerkers vir die drumpels van die lewe

Bl 16

(Bybelkor 2014) in veel meer besonderhede uitgewerk en lesers sal in daardie publikasie ook heelwat bronverwysings na werke oor die afskeids- gesprekke vind.’

In Johannes 13 – 17 deel Jesus sy dissipels mee dat Hy weggaan, maar Hy doen dit op ‘n besonderse wyse. Uiteraard is die dissipels baie bekommerd wanneer hulle verneem dat Jesus weggaan, aangesien hulle toekoms onseker is sonder Hom in hul midde. Ons het hier dus te make met ‘n corgangstyd wat onsekerheid skep by die dissipels en hulle lewe soos dit was, omvergool. Jesus doen egter verskeie dinge om ‘n moeilike tyd vir die dissipels ‘n besonderse en betekenisvolle tyd te maak. Eerstens erken Hy dat dit ‘n moeilike en uitdagende oorgangstyd is. Hy ontken dit nie, maar omhels dit en vul dit. Tweedens voer Hy verskeie handelinge saam met hulle uit, Derdens bied Hy vir hulle troos.

Die troos wat Jesus bied, is dat Hy hulle meedeel hulle sal nie alleen agterbly nie, Hy gaan weg, maar dit is tot die dissipels se voordee! dat Jesus weagaan, want die Heilige Gees, die Parakleet, die Trooster, sal by hulle wees. Vir gelowiges, leer Jesus die dissipels, is ’n (moeilike en slegte) ‘corgangstyd en die tyd daarna nie ‘n leë tyd waarin hulle sonder God itgeleweris nie, al voel dit dalk vir hulle so. Inteendee’, dit is ’n tyd waar- in God die Trooster, ongeag hoe hulle voel, by hulle is. Enkele bekende frases uit hierdie hoofstukke beklemtoon hierdie waatheid:”Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie” (14:18);”Wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Hellige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner

Voetnota Die gedagte van liturgiese of rituele roetemerkers het ek die eerste keer in my proefskrif oor versoeningsrituele getiteld “Van vas tot fees” (2004) uitgewerk. Die oogmerk met die konsep was om ‘n soepel begrip te kry wat op ‘n besondere wyse aantoon hoe rituele rigting vir individue of groepe kan aandui, maar spesifiek nie rigied en voorskriftelik is nie. Versoening in Suid-Afrika, net soos die oorgange wat in hierdie book bespreek word is ook ‘n ongekaarte weg en op daardie weg help rituele om die pad terselfdertyd aan te dui en te vind. Dit is in die gees van hierdie verstaan van die konsep dat ons dit ook in hierdie boek gebruik en graag die soepelheid daarvan wil behou.

Bl 17

aan alles wat Ek vir julle gesê het” (v 26); “Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Hellige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur”(16:7). Hierdie beloftes, ‘n mens kan byna sê hierdie pastoraat, word verder vergesel van handelinge, soos dat hulle sam aan tafel eet, dat hulle voete deur Hom gewas word, en dat Hy vir hulle bid. En die handelinge is ingebed in ‘n groter pastorale saamwees — Jesus is by hulle, stap saam met hulle, praat met hulle, bied troos veranker in beloftes oor die Hellige Gees en voer rituele uit; met ander woorde, Hy skram nie weg van ‘n moeilike oorgangstyd nie, maar vat dit en vul dit.

Die meeste oorgange wat in hierdie boek bespreek word, is oorgange wat in meerdere of mindere mate ‘n gevoel van ontreddering by mense bring. Dit is oorgange waartydens diegene wat dit beleef ook iets van die dissipels se ontsteltenis beleef. Hierdie tekste van Johannes en vele ander gedeeltes in die Bybel bied egter troos vir hulle en dikwels word die troos beseël met rituele handelinge. Ons lees selde in die Bybel dat wanneer mense ‘n krisis beleef, iemand op ‘n preekstoel klim en vanuit die hoogte vir hulle begin preek. Inteendeel, ons sien veel eerder die modus van die pad saamstap, soos Jesus hier saam met die dissipels in die afskeidsgesprekke eet en stap. Ook elders, soos in Lukas 24 op pad na Emmaus, stap Hy sam met die ontnugterde Kleopas en sy medereisiger, bied vir hulle trooswoorde aan en koppel dit aan ‘n rituele handeling, soos die breking van die brood. Ons laat dit hier en bied ter aansluiting by hierdie gedagtes ‘n geloofsbelydenis wat ook in Daar is meer (2017) Opgeneem is en iets van hierdie inhoud opsom:

Ons glo in God, die almagtige Quer, die God van Rebekka en Jakob, envan elke Leviet en vreemdeling, van elke pelgrim en swerwer op aarde.

Bl 18

Ons glo in Jesus Christus die eniggebore Seun, ons Here, Wie se liggaam soos ‘n saadkorrel in die grond geplant — en opgewek is as eersteling van dié wat gesterf het. Dit is die Here saam met wie ons in ons doop begrawe is om saam met Hom te wees in die opstanding. Ons glo in die Heilige Gees wat as eerste vrug vir ons gegee is, die voorsmaak van wat vir ons in die toekoms wag. God is ons Reisgenoot wat ons in die voorspoedtye van ons lewe herinner … dat ons kinders van swerwende Arameërs is; en op aarde self ook vreemdelinge en bywoners, tydelike besoekers op pad na die eendag waarheen ons hoop reik God is ons Reisgenoot wat ons in die moeilike tye van ons lewe herinner … dat ons al so dikwels deur die driwwe van die lewe gedra is; en ten spyte van wat ons tans beleef, omvou die Gees van Christus ons op hierdie oomblik soos ‘n dooprok. Amen

‘n Besonderse lied wat iets hiervan verwoord, is Huub Oosterhuis se “Op mijn levenslange reizen” wat geskoei is op 1 Konings 19:4-8. (Gaan lees gerus die woorde op die internet.) Anders as die geloofsbelydenis hierbo, gebruik Oosterhuis die beeld van die reis; die reis wat hy beskryf, is ‘n ongekarteerde reis, maar ‘n reis wat nie alleen afgelê word nie, al voel dit dalk soms so.

Hierdie skets met vier konsentriese sirkels verbeeld hoe ons oorgangsrituele en ander rituele as deel van ‘n veel groter liturgiese geheel sien.

Bl 19

Die doop as sakrament is‘n simbool van die feit dat die gedoopte se swerf tog in die God van Abraham, Isak en Jakob gewortel is. Deur die water van die doop kry die persoon deel aan God se beloftes. Hierna word hy/sy op die tog gereeld by die tafel (nagmaal) en deur die Word versterk. By die groot oorgange in die lewe is liturgiese rituele soos ‘n huweliksdiens en belydenis van geloof byna soos relings om aan vas te hou. Dit is hier waar oorgangsrituele ook geplaas kan word. ‘n Viering, hetsy dit van ‘n nuwe fase of die afskeid van ‘n vorige fase is, kan nie los van die doop, nagmaal of die Woord gesien word nie. Dit vorm ‘n integrale deel van ‘n groter web van liturgiese rituele en moet daarin veranker word. Oorgangsrituele moet dit ook duidelik maak dat dit bine ‘n groter liturgiese geheel pas.

Bostaande sirkel en die voorafgaande paragrawe kommunikeer iets Van die onderliggende teologiese oortuigings waarmee daar in Ongekaart gewerk word en dikwels word daar in die individuele bydraes ook hierop

Bl 20

teruggekom, Dit is nie altyd prakties moontlik nie, maar daar kan byna so-ver gegaan word as om te sê elk van die oorgangsrituele by die on. gekarteerde oorgange in hierdie boek by die doopvont kan begin met die nagmaalstafel viakby, want elke oorgangsritueel in hierdie boek js geënt op die beloftes wat die sakrament verbeeld. Hierdie teologie be hhodig ook ‘n spesifieke soort kerk-wees wat deurdrenk is van die deug van gasvryheid en dit is dan ook die tema wat in die volgende hoofstuk behandel word.

Geraadpleegde bronne

Grimes, R 2000, Deeply into the bone: Re-inventing rites of passage. Los

Angeles: University of California Press. 7

Menken-Bekius, C 1998. Rituelen in het. individuele pastoraat: Een praktish- theologisch onderzoek, Kampen: Kok.

Turner, VW 1967, The forest of symbols: Aspects of Ndembu ritual. Ithaca, NY: Cornell University Press, Lees Spesifiek die hoofstuk “Betwixt and between: the liminal period in rites de passage”, 93-111

Van Gennep, A 1960. The Rites of Passage. Chicago: University of Chicago Press. Van Niekerk, A 2017. Die dood en die sin van die lewe, Kaapstad: Tafelberg. Wepener, C 2004. Van vas tot fees:‘n Ritueel-liturgiese verkenning van ” versoeningsrituele in verskillende Suid-Afrikaanse kultuurkontekste, aH DT h+tesis, Stellenbosch.

Wepener, C 2006. Ritual route markers for reconciliation: Insights from 3 South African exploration. Studia Liturgica 36/2: 173-184.

Wepener, € 2014. Van voor die wieg tot na die graf:Rituele roetemerkers vir die drumpels van die lewe. Wellington: Bybelkor. a a

Wepener, C & Bothe-Smith, S 2017. Daar is meer: ‘n Bronboek vir * roetemerkers by lewensoorgange. Wellington: Bybelkor. ”

Bl 74

Hoofstuk 12

Inklusiewe huweliksliturgie en inseëning van ‘n lewensverbintenis

André Bartlett

Inleiding

Die status van lewensverbintenisse tussen mense van dieselfde geslag is wêreldwyd, maar ook hier te lande, ‘n aangeleentheid waaroor daar uiteenlopende sieninge en ernstige meningsverskil bestaan. Terwyl die huwelik tradisioneel as ‘n verbintenis tussen ‘n man en ‘n vrou (of in sommige kulture tussen ‘n man en meer as een vrou) beskou is, en die verhoudings tussen mense van dieselfde geslag oor die algemeen met ‘n groot mate van afkeur bejeën word, het daar oor die laaste dekades al meer stemme opgegaan dat gelyke waarde aan laasgenoemde verhoudings toegeken moet word en dat aan sulke lewensverbintenisse dieselfdie status as dié van die tradisionele huwelik toegeken moet word.

In verskeie lande is wetgewing aanvaar waardeur amptelike erkenning gegee word aan selfdegeslagverbintenisse, óf as burgerlike verbintenis óf as volwaardige huwelik. In die meeste van hierdie gevalle ken die

Bl 75

tersaaklike wetgewing aan die betrokkene partye dieselfde regte toe as aan persone van die teenoorgestelde gesiag wat getroud is. In Suid-Afrika is die Wet op Burgerlike Verbintenisse in 2006 deur die Parlement goedgekeur, wat dit vir persone van dieselfde geslag moontlik gemaak het om hulle vaste lewensverbintenisse amptelik te laat bevestig. Hoewel dit onder ‘n ander wet as die Huwelikswet geskied, word dieselfde wetlike status aan hierdie burgerlike verbintenisse verleen as aan ‘n huwellk en word die egpaar se huwelikstatus ook amptelik as “getroud” aangegee

Hierdie toedrag van sake het onvermydelik die vraag laat ontstaan na die rol van kerklike huweliksbevestigers by die bevestiging van sulke burgerlike verbintenisse. Die enigste Suid-Afrikaanse hoofstroomkerk wat aan sy predikante toestemming verleen het om amptelik by sulke geleenthede op te tree, is die NG Kerk met die besluit van sy Algemene Sinode in 2015 om erkenning te gee aan die vaste lewensverbintenisse tussen persone van dieselfde geslag. Hoewel hierdie besluit in 2016 deur ‘n buitengewone Algemene Sinode herroep is, het verskeie kerkrade be- sluitom steeds die 2015-besluit te onderskryf en sommige het toegestem dat hul leraars by die bevestiging van sulke verbintenisse kan optree, weliswaar nie as amptelike huweliksbevestigers nie maar as liturg wat die nie-wetlike aspek van die seremonie hanteer.

Dit het op sy beurt die vraag laat ontstaan na die gepaste liturgie wat by sulke geleenthede gebruik sou kon word. In dié verband is dit interessant om te let op die ontwikkeling wat daar oor die afgelope meer 2540 jaar in ‘n kerk soos die NG Kerk plaasgevind het:

* In die Kerkboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerk van 1976 word daar in albei die formuliere vir die bevestiging van die huwelik, die klassieke sowel as die alternatiewe formulier, uitgegaan van die tradisionele verstaan van die huwelik en die onderskeie geslagsrolle van man en vrou word ook op tipies patriargale wyse onderskei.

Oor die doel van die huwelik word daar onder meer gesê: “Die doel van die huwelik is om tot eer en verheerliking van God as man en

Bl 76

vrou… mekaar in volle lewensgemeenskap toe te behoort” en “man en vrou moet mekaar in alles getrou help en bystaan”.

Oor die rol van die man word gesê: “U as man moet u vrou liefhê soos Christus die gemeente liefgehad het. Soos Christus die Hoof van die gemeente is en Homself daarvoor oorgegee het, is u die hoof van u vrou en moet u haar in liefde dien, lei en beskerm”, terwyl die rol van die vrou soos volg beskryf word:”U as vrou moet weet dat God u aan u man verbind het, soos die gemeente aan Christus verbonde is. Soos die gemeente die Here liefhet en gehoorsaam volg, moet u u man liefhê en volg in alles wat reg en billik is”

(Barnard & Serfontein 1976:84).

Van die man word gevra om onder meer te beloof “dat u u vrou … sal lei en beskerm soos ‘n godvresende man aan sy wettige vrou verskuldig is’ terwyl die vrou onder meer moet beloof “dat u u man, in liefde sal gehoorsaam en help, soos ‘n godvresende vrou aan haar man verskuldig is” (Barnard & Serfontein 1976:84-85).

Hierdie formulier met sy duidelike onderskeid tussen die twee partye in die huwelik is uiteraard nie geskik om liturgies by die inseëning van ‘n vaste selfdegeslagverbintenis gebruik te word nie. Ook die nuwe huweliksformulier in die Handboek vir die erediens van 1988, wat in vele opsigte in ‘n meer eietydse idioom geskryf is, word daar steeds aangesluit by die tradisionele beskouing van die huwelik en die geslagsrolle van die huweliksmaats. Oor die instelling van die huwelik word daar byvoorbeeld ten aanvang gesê: “Die huwelik is deur God ingestel toe Hy aan die begin gesê het: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie; Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke: So het Hy hulle as man en vrou geskep om mekaar as huweliksmaats aan te vul en by te staan.”

Die beskrywing van die wedersydse verantwoordelikhede van man en vrou is byna woordeliks dieselfde as in die 1976-formulier (“u” word egter deurgaans vervang met “jou”). In die vrae aan die egpaar

Bl 77

word daar wel die moontlikheid gelaat dat die belofte van die man

“dat jy haar in liefde sal lei en beskerm” en van die vrou “dat jy hom in liefde sal eerbiedig en help” weggelaat kan word en volstaan kan word met dieselfde belofte: “Voor God en sy gemeente beloof ek liefde en trou vir altyd en in alle omstandighede aan my bruid/bruidegom?”

‘n Totaal ander formulier tree na vore in die nuwe alternatiewe formulier in die Handleiding vir die erediens van 2010 (soos ook in die proefuitgawe Vir die erediens: ‘n Handleiding wat dit in 2007 vooraf gegaan het). Die begronding van die huwelik word soos volg beskryf: “Die huwelik gee uitdrukking aan die besorgdheid van God toe Hy aan die begin gesê het: ‘Dit is nie goed dat die mens alleen is nie; Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke’ (Gen 2:18). So het Hy dan mense [LW: nie “man en vrou” nie] vir a mekaar gemaak om mekaar aan te vul en by te staan.

Soos in die 1976- en 1988-formuliere word die huwelik ook weer vergelyk met die verhouding tussen Christus en sy gemeente, maar nou nie meer met die man wat na die voorbeeld van Christus en die vrou wat na die voorbeeld van die gemeente moet optree nie. Albei partye moet hulle optrede op dieselfde wyse rig na die voorbeeld van Christus én van die gemeente:

“Soos wat Christus en die gemeente aan mekaar verbind is, so word julle as man en vrou aan mekaarverbind. “Soos wat die verbintenis tussen Christus en die gemeente ‘n band van liefde is, so word julle ook met ‘n band van liefde aan mekaar verbind.

“Soos wat Christus die gemeente liefhet, so moet julle mekaar ook liefhê. “Soos wat Christus Homself vir die gemeente oorgegee het, so moet julle julleself in liefde ook vir mekaar oorgee.

bl 78

“En soos wat die gemeente aan Christus toegewy is, so moet julle ook aan mekaar toegewys wees en mekaar se belange op die hart dra.”

Ook die beloftes wat die twee partye aan mekaar maak, is identies sonder enige onderskeid tussen die geslagsrolle van man en vrou.

in die liturgie wat hieronder voorgestel word, word hierdie formulier van die NG Kerk met geringe wysigings aangebied as voorbeeld vir die gebruik by die bevestiging/inseëning van n vaste lewensverbintenis van twee persone van dieselfde geslag.

Liturgiese ritueel

Gebed

Huweliksformulier

Ons het hier in die teenwoordigheid van God saamgekom om getuies te wees van die bevestiging van die huwelik/lewensverbintenis van AB en CD. Ons het ook saamgekom om vir God se seën op hulle huwelik te bid en om in hulle vreugde te deel.

Die huwelik gee uitdrukking aan die besorgdheid van God toe Hy aan die begin gesê het: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie; Ek sal vir hom/haar iemand maak wat hom/haar kan help, sy/haar gelyke” (Gen 2:18). So het God dan mense vir mekaar gemaak om mekaar aan te vul en by te staan. …

Elders in die Bybel word die huwelik/lewenserbindenis van mense vergelyk met die verhouding tussen Christus en sy gemeente.

Soos wat Christus en die gemeente aan mekaar verbind is, so word julle ook as huweliksmaats/lewensmaats aan mekaar verbind.

Soos wat die verbintenis tussen Christus en die gemeente ‘n band van liefde is, So Word julle ook met ‘n band van liefde aan mekaar verbind.

Bl. 81

Gebed

Seën

God die Vader,
God die Seun,
God die Heilige Gees
seën, bewaar en beskerm julle.
Mag God die rykdom van sy genade op julle uitstort dat julle getrou aan mekaar mag saamlewe en die seën van die ewige lewe mag ontvang.
Amen.

Bl. 142

Hoofstuk 20

Uitkom (“Coming out”)

Laurie Gaum

Inleiding

“Coming out” of “uit die kas kom” is ‘n uitnodiging om tot groter egtheid, eerlikheid en integrasie oor seksuele oriëntasie te kom. Dit het ‘n persoonlike dimensie, maar beskik ook oor ‘n openbare implikasie. Dit gaan oor individue, maar kan ook op hul ouers, gesinne of gemeenskap (ook geloofsgemeenskap) van toepassing gemaak word. Behalwe vir lesbiese en gay mense, kan dit ook vir ander seksuele minderhede soos biseksuele mense geld, of vir diegene wat ander genderidentiteite of -uitdrukkings het, soos transgender- of interseksmense. In hierdie bydrae word spesifiek op transgender-persone gefokus en ek gebruik “gay” hier dus as ‘n sambreelterm vir die LGBTQIA+[26]-gemeenskap, soos wat dit soms in Afrikaans gedoen word.

In ‘n samelewing wat steeds so georden is dat heteroseksualiteit of straight-wees die voorgeskrewe norm is, word gay persone wat uitkom as deel van ‘n minderheid (wat vandag gelukkig toenemend meer aanvaar word) geidentifiseer. Om uit te kom is ‘n proses wat voortduur en sover moontlik bestuur moet word.

Voetnota 26: LGBTQIA+ is die term wat verwys na lesbies, gay biseksteel, transgender, queer, intereseks, a-seksueel plus ander gemarginaliseerde groepe wat nie in dié letters ingesluit word nie.

Bl 143

Dis ‘n uitnodiging om ‘n wereld waarin jy aangeleer het om voor te gee wie jy nie is nie, agter te laat en eerstens deur jou eie ontkenning te breek. Só breek jy deur die vals self en omhels ‘n groter deel van jou waarheid. Om te bly voorgee lei tot geweldige angstigheid waarin jy self verlore raak, jou verhoudings met dié naaste aan jou oppervlakkig bly en jy onsigbaar is. In die proses dra jy daartoe by dat daar steeds teen jou en ander gay mense as randfigure gediskrimineer word.

Die skuldgevoelens waarmee jy worstel, kan egter ‘n positiewe effek hê. Dit maak jou bewus dat jy vry is om op te tree en só jou situasie kan verander. Om meer bewustelik met jou werklikheid om te gaan deur te leer om in die oomblik te leef (mindfulness en meditasie-oefeninge kan hiermee help) en op grond daarvan keuses te maak kan jy jou eie, nuwe betekenis skep. Jy leer ook om by die gevolge van jou keuses te staan wanneer jy sê: “Dit is ek. Dit glo ek. Dit doen ek”.

Dis goed om te onthou dat om uit te kom ‘n proses is wat bewustelik en strategies aangepak moet word. Dit gebeur altyd binne die konteks en deur die bou van verhoudings. Soos dit jou waarskynlik jare gekos het om tot selfaanvaarding en -erkenning te kom en jy nog te doen kry met “geïnternaliseerde homofobie” (waar jy jou meet aan die heteroseksuele norm), moet jy jou ouers, vriende en familie ook ‘n uitkomproses toelaat waarin hulle tot ‘n nuwe aanvaarding kan kom.

Dis belangrik om daarop te let dat die kerk nie tradisioneel as ‘n veilige plek gesien is om uit te kom en jou seksualiteit met jou menswees te versoen nie en dat alternatiewe plekke soos die club of familie van keuse eerder daardie plekke geword het. Om uit te kom, is ‘n belangrike oorgang en verdien ‘n sinvolle oorgangritueel wat saam met familie en vriende gevier behoort te word.

Die simboliek wat hier ter sprake kom, is dié van nuwe lewe en opstanding. Tekste waarmee gewerk kan word, is Jona se uitkom uit die vis, Lasarus se opwekking uit die dood en Jesus se opstanding.

bl 144

Hoofstuk 20

Liturgiese ritueel

Uitnodiging

Een: Adamah, die eerste mens se naam, beteken “van die aarde”, Vir al die seuns, dogters, mense van die aarde:

Vir dié wat skaam is omdat hulle aarde is, vir dié wat té veel hou van aarde-wees, vir dié wat niks van die aarde besit nie, Vir dié wat té veel aarde is.

Vir dié wat herinner moet word dat hulle aarde is, en van skaamte hemel toe vlug, terwyl hulle twyfel aan die tuin wat hulle reeds het, die tuin verlaat wat hulle reeds is.

Kom ons gaan op ‘n reis, terug.

(Vry vertaal uit Adam’s Return: The Five Promises of Male Initiation, Richard Rohr.)

Openingsgebed

L: Vir almal wat waag om mekaar lief te hê, D: ons dank U, God van Waagmoed.

L: Vir almal wat hul seksualiteit en spiritualiteit integreer, D: ons prys U, God van Lewe.

L: Vir almal wat inkleur buite die lyne wat die samelewing vir ons voorskryf, D: ons is saam met U bly, God van Kreatiwiteit.

L: Vir almal wat getrou lewe aan hulle innerlike stem, af.

bl 145

D: Ons vier saam met U, God van Integriteit.

L: Vir almal wat met trots verkondig wie U hulle gemaak het,

D: ons dans met U, God van Vreugde.

L:Vir alles wat ons in ons lewe is, en vir alles wat U ons gegee het, en spesifiek: vir die unieke skepping wat ons elkeen is,

D:ons eer U, God van Almal.

(Vry vertaal uit Call to Worship, Metropolitan Community Church.)

Belydenis en genadeverkondiging

L: Jy is aanvaar; jy in geheel, Jou liggaam, wat jy dikwels verwerp, is aanvaar deur dit wat groter as jy is. Jou seksuele gevoelens en onvervulde begeertes is aanvaar. Jy is aanvaar wanneer jy jou lyf en die seksuele ontken om jouself te regverdig, of in jou wulpse oordaad wat jou soms vervreem van die dieper betekenis van jou seksualiteit. Jy is aanvaar in daardie onverwagte oomblikke van seksuele fantasie wat jy geniet maar wat jou ook ontstel. Jy is aanvaar in jou vroulikheid en jou manlikheid, want jy besit dele van albei. Jy is aanvaar in jou homoseksualiteit en jou heteroseksualiteit, want jy besit dele van albei. Aanvaar eenvoudig die feit dat jy as ‘n seksuele mens aanvaar is.

(Vry vertaal uit ‘n James B Nelson-verwerking van Paul Tillich.)

Die vertrek word donker gemaak.

L: (roep met ‘n harde stem): Lasarus, kom uit! NN, kom uit!

Lees Johannes 11:43.

Die persoon wat uitkom: Soos Jona uit die vis gekom het na sy roeping toe, soos die Israeliete uit slawerny gekom het na vryheid toe, soos hulle uit ballingskap terug huis toe gekom het, soos Lasarus uit die graf gekom het

Bl 146

om met sy lewe aan te gaan, soos Jesus uit die dood gekom het na nuwe lewe toe, kom ek uit – uit die woestyn na die tuin, uit die donker na die lig, uit ballingskap huis toe, uit leuens na die waarheid, uit ontkenning en selfhaat na ‘n bevestiging van wie ek is. Ek is gay gemaak na God se beeld; dankie vir God se handewerk!

(Vry vertaal uit Elizabeth Stuart.)

Alternatief

God is lief vir my. God is lief vir my… Ek is na God se beeld gemaak. Niks en niemand kan dit van my wegneem nie. Ek is wie ek is deur God se genade. God Is lief vir my!

(Vertaalde en aangepaste aanhaling uit Desmond Tutu: Rabble-rouser for Peace, John Allen.)

Die persoon wat uitkom, steek ’n kers aan en almal teenwoordig steek hul kerse daarby aan. Kleurvolle blomme word ingebring; musiek word gespeel of ‘n lied gesing. Die hele vertrek word met lig, kleur en musiek gevul.

Dankgebed

L: Ons dank God vir die gawe van biseksuele mense, by wie ons leer dat liefde grensloos is.

D: Prys God wat wonderlike dinge gemaak het.

L: Ons dank God vir die gawe van transgender mense, by wie ons leer hoe mooi verandering en dapperheid is.

D: Prys God wat wonderlike dinge gemaakhet.

L: Ons dank God vir die gawe van straight mense, by wie ons leer om gemeenskap anderkant die gewone en aanvaarde te soek.

D: Prys God wat wonderlike dinge gemaak het.

Bl 147

L: Ons dank God vir die gawe van lesbiese vroue, by wie ons leer om dit lief te hê wat soos ons is en innerlike skoonheid te vier

D: Prys God wat wonderlike dinge gemaak het

L: Ons dank God vir die gawe van gay mans, by wie ons leer om liefde te soek anderkant die verwagte en te lewe anderkant die alledaagse.

D: Prys God wat ons gemaak het, bevry het en versorg,

(Vry vertaal uit Courage to Love, Geoffrey Duncan.) ae

Uitsending

Seën in die vorm van: “Jy word nou gestuur om as verteenwoordiger van God se beeld te gaan leef.”

Geraadpleegde bronne

Allen, J 2006. Desmond Tutu: Rabble-rouser for Peace. New York: Free Press.

Duncan, G 2002. Courage to Love: Liturgies for the Lesbian, Gay, Bisexual, and Transgender Community. Cleveland: Pilgrim Press

Hattingh, C 2005. Struggles of Authenticity, in Performing Queer: Shaping Sexualities 1994 – 2004, Volume One. Social Identities South Africa Series. Van Zyl, M & Steyn, M (eds). Roggebaai: Kwela Books.

Rohr, A 2004. Adam’s Return: The Five Promises of Male Initiation, New York: Crossroad.

Stuart, E 1992. Daring to Speak Love’s Name: A Gay and Lesbian Prayer Book. Londen: Penguin.

Bl 163

Hoofstuk 23

Naamsverandering

Marcus Alex-Ivan Howard en Chris/tine McLachlan

Inleiding

En daarby sal Ek vir hom ‘n wit steentjie gee met ‘n nuwe naam daarop gegraveer, wat niemand anders ken nie, net hy wat dit kry (Op 2:17.)

In Genesis 17 het God Abram se naam na Abraham verander as teken van die verbond wat Hy met hom gesluit het; God het ook Sarai se naam na Sara verander as teken van God se belofte om haar te seën. Jakob se naam word in Genesis 32 na Israel (“een wat met God stry”) verander, want” het sy teenstander gesê, “jy het teen God en teen mense ‘n stryd gevoer en jy het dit end-uit volgehou” (Gen 32:28). In Matteus 16 verander Simon Barjona se naam na Petrus as teken van die belangrike rol wat hy later in die verspreiding van die evangelie sou spel. Sendeling Saulus het in ‘n stadium die meer Hellenistiese naam “Paulus” aangeneem – heel moontlik nadat hy die roeping ontvang het om sy bedieningsfokus vanaf die Jode na die heidene (meestal Grieke en Romeine) te verskuif.

Dit is vandag steeds algemeen vir mense om veral hul familiename of vanne te verander. Gewoonlik wanneer mense in die eg tree, verander een persoon sy of haar van; soms verander albei partye hul vanne deur hul oorspronklike vanne saam te voeg. Maar soms verander mense ook

Bl 164

hul voorname of dié van hul kinders. Wanneer ’n kind aangeneem word, verander die ouers die kindjie se naam. Ander kere verander mense hul name wanneer hulle tot bekering Kom. Soms gebeur dit dat ‘n individu wat na jare se stryd uiteindelik uit die kloue van dwelmverslawing of in misdadigersbestaan ontsnap het, ‘n nuwe naam vir hom- of haarself kies as teken dat daar met n nuwe lewe begin word. Mense verander ook hul name as hulle voel dat dit nie by hulle pas nie of wanneer die naam sekere problematiek inhou. Mense wie se geslagsidentiteit teenstrydig is met die geslag wat by geboorte aan hulle toegeskryf is, verander ook oor die algemeen hul name. Ander kere verander persone wat lewensbedreigende gebeurtenis oorleef het hul name as teken van dankbaarheid aan God.

Wat ook al die motivering daaragter, ‘n formele naamsverandering is ‘n belangrike gebeurtenis in enige persoon se lewe. Dit is as’t ware ‘n afsterwe van ‘n ou identiteit en die geboorte van ‘n nuwe identiteit … maar ook nie. As gelowiges is ons van die oortuiging dat elke mens in voortgaande skeppingswerk is. God is deurgaans besig om in elk van sy kinders te werk en hulle al hoe nader te bring aan die mens waarvoor God hulle bestem het om te wees. Deur ons verhouding met onsself en ons verhouding met God, neem ons aktief deel aan hierdie skeppingsproses. ‘n Formele naamsverandering is ‘n oomblik waarin die gelowige bewustelik erkenning gee aan die proses, en ‘n oomblik waarin hulle met hul hele wese daaraan deelneem. Dit is ‘n reusegebeurtenis. Dit is monumentaal. Dit is ontologies. Dis ‘n oomblik van medeskepping, van saam met die Skepper skep — en daarom verdien dit liturgiese momente.

Die algemene gebruik is om een spesifieke geslag by geboorte aan ‘n kind toe te ken – óf vroulik óf manlik – hoofsaaklik op grond van primêre, opsigtelike geslagskenmerke. Selfs tweeslagtige kinders moet volgens ons land se wetgewing as óf vroulik óf manlik geregistreer word, al is medici deesdae nie meer ten gunste daarvan om chirurgie op jong kinders uit te voer om hul geslagskenmerke met dié van een spesifieke

Bl 165

geslag te belyn nie. Transgender persone is mense wat in ‘n stadium in hul lewe (dikwels tydens kinderdae al, maar soms ook eers heelwat later as volwassenes) begin voel dat die geslag wat by geboorte volgens hul dominante geslagskenmerke aan hul toegeken is, nie ooreenstem met hul geslagsidentiteit soos wat hulle dit self ervaar nie. So ‘n persoon kan dan mediese hulp bekom om hul liggaam te verander sodat dit hul geslagsidentiteit beter weerspieël.

Liturgiese momente kan beslis deel vorm van die transisie van ‘n transgender persoon. Die aanvanklike gedagte was om hierdie bydrae volkome te fokus op ‘n liturgie vir geslagsbevestigingsoorgange (“geslagsveranderings”). Ongelukkig heers daar steeds geweldig baie stigmas, stereotipes en onkunde binne die geloofsgemeenskap rondom transgender persone. Daarom het die skrywers besluit om eerder op naamsverandering te fokus – ‘n gebeurtenis wat oor die algemeen deel is van ’n transgender persoon se transisie, maar wat ook algemeen in ander, heeltemal onverwante situasies in die lewe voorkom (soos aangetoon deur die voorafgaande voorbeelde). Ons hoop dat die liturgie op hierdie wyse bruikbaar sal wees vir alle gemeentes en in verskeie kontekste.

Liturgiese ritueel

V: Die naamgewingseremonie is ‘n geleentheld waar ons as die liggaam van Christus deel het aan die benoeming van ‘n persoon, Ons ouers gee vir ons ‘n naam by geboorte – ‘n naam wat ons deur die loop van die lewe gebruik om onsself te identifiseer en wat iets sê van wie ons is. Ons erken die waarde en belangrikheid van daardie naam; dit sal vir altyd deel wees van ons aardse reis. Soms, weens unieke omstandighede of ‘n dieper verstaan van wie ons is en/of waarvoor ons geroep is, kom ons egter by ‘n punt waar ons graag ‘n nuwe naam wil aanneem. Vandag is ons hier bymekaar as gemeente om ‘n medegelowige se nuwe naam saam met hom of haar te omhels.

Bl 166

Skriflesing

Genesis 32:24-28

Getuienis (motivering vir naamsverandering) van persoon wat naam wil verander:

Dit kan deur die persoon self gelewer word of deur iemand anders voorgelees word.

V: Gemeente, u het die getuienis van (ou naam) Ons broer/suster/medegelowige aangehoor. Die versugting is uitgespreek dat sy/hy/hulle as gelowige en kind van God graag haar/sy/hulle naam wil verander – voor God en voor u as getuies. As kind van God het sy/hy/hul deelagtig geword aan die lewe in Christus, en as mede-erfgenaam van die beloftes van God onderneem sy/hy/hul om haar/sy/hul lewe as lidmaat van die kerk voort te sit.

V (aan deelnemer): NN, u het as kind die naam (ou naam) ontvang en is ook so gedoop. Van vandag af, wat wil u graag genoem word?

D: Spreek self die nuwe naam uit.

Doopherinnering: Gebruik hier die nuwe naam.

V (aan gemeente): Gemeente, u het vandag ons suster/broer/medesgelowige se getuienis aangehoor, asook die versoek om van hierdie oomblik af as (nuwe naam) bekend te staan. As deel van die liggaam van Christus, aanvaar u die nuwe naam?

G: Ja, ons aanvaar dit.

V (aan gemeente): NN (nuwe naam) is deel van ons gemeente. Belowe u om haar/hom/hulle te ondersteun, voorbidding vir haar/hom/hulle te doen en hom/haar/hulle, soos vroeër, te aanvaar as medegelowige in en deel van Christus?

Bl 167

G: Ja.

V (aan gelowige): NN (nuwe naam), as gemeente en as lid van Christus aanvaar ons jou versoek. Mag jy van vandag af bekendstaan as NN (nuwe naam), ‘n kind van God. Mag jy geseënd wees en jou naam dra met die wete dat dit in die handpalm van God gegraveer is.

Seëngebed

V: God, ons staan vandag voor U met dankbaarheid in ons harte. Dankie dat ons, in U, ‘n nuwe lewe kan lei; dat ons, deur U, deel is van die liggaam van Christus; en dat NN (nuwe naam) vandag voor U en voor ons almal kon getuig van sy/haar/hul liefde vir U. Mag u seën op haar/hom/hulle rus terwyl sy/hy/hulle saam met U ‘n pad stap. Mag u seën ook op elkeen van ons rus terwyl ons die pad saam met hulle stap.

Ontvang dus vandag
die liefde van God ons Ouer,
die liefde van Jesus Christus ons Verlosser,
en die liefde van die Heilige Gees wat saam met ons
die wonderbaarlike pad stap.
Amen.

Liedvoorstelle uit Liedboek van die kerk

  • Lied 304 – Voor U kom ons, u kinders, staan
  • Lied 308 – Neem my lewe, laat dit, Heer
  • Lied 332 – God se liefde, so oneindig
  • Lied 333 – Groot is die Heer
  • Lied 334 – “God is liefde!” juig ons harte
  • Lied 435 – Heil’ge Gees, U bou ‘n tempel (veral met gevalle van bekering)
  • Lied 444 – Kom kyk! Kom kyk!
  • Lied 524 – God roep ons om met woord en daad (veral met toewyding aan lewensdiens)

Bl 265:

Yolanda Dreyer

Yolanda Dreyer is professor in Praktiese Teologie by die Fakulteit Teologie en Religie aan die Universiteit van Pretoria, Sy is ‘n geordende predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk en bedien die Nederlandssprekende gemeente in Parktown, Johannesburg, deeltyds. Sy het doktorsgrade in Praktiese Teologie (spesialisering: Pastoraat) en Nuwe-Testamentiese Wetenskap. Pastoraat gaan oor die geestelike en psigies-emosionele versorging van mense op hulle lewensreis met alles wat dit inhou.

Laurie Gaum

Laurie Gaum is ‘n gay proponent van die NG Kerk. Hy het by die Universiteit van Stellenbosch, Kaapstad en Hartford Seminary in Hartford, Connecticut (VSA), studeer. Laurie het vroeër twee gemeentes bedien, organisasies gekonsulteer en bied werkswinkels aan,
onder meer in genderversoening. Hy woon in Muizenberg.

Ryna Grobbelaar

Ryna Grobbelaar is ‘n gekwalifiseerde maatskaplike werker wat verantwoordelik is vir die koördinering van gemeenskapsprojekte, berading en toerusting by NG gemeente Elarduspark. Sy het haar MTh- en DTh-graad in pastorale terapie gedoen.

Anandie Greying

Anandie Greyling is predikant in die NG Kerk Doornkloof. Sy het haar MDiv-skripsie en haar MTh oor Liturgie geskryf en gefokus op die liturgiese ritueel van belydenis van geloof. Tans is sy besig met ‘n PhD wat handel oor versoeningsrituele.

Marcus Alex-Ivan Howard

Marcus Alex-Ivan Howard is ‘n alumnus van die Universiteit van Pretoria waar hy sy BA-graad in Teologie en Rekenaarprogrammering voltooi het. Hy werk die laaste drie jaar vir Nova Instituut, ‘n niewinsgerigte organisasie wat, deur deelnemende navorsing oor en ontwikkeling van oplossings vir alledaagse probleme, hulle beywer vir die bevordering van lewenskwaliteit van huishoudings in lae-inkomstegemeenskappe. Hy is transgender en het reeds ‘n formele naamsverandering ondergaan.

Daniël Louw

Daniël Louw is emeritus-professor in Praktiese Teologie aan die Universiteit Stellenbosch. Hy was daar Departementshoof, asook die dekaan van die Fakultelt Teologie vanaf 2001 tot 2005. Sy belangstellingsveld en navorsing is pastorale sorg en berading; pastorale antropologie en menswaardigheid; hospitaalsorg; huwelik- en familieverryking, asook die menslike soeke na betekenis in lyding.

Bl 267

Nicolaas Matthee

Nicolaas Matthee is ‘n jong navorser wat sy MDiv en MTh by die Universiteit van Pretoria voltooi het. In hierdie studies het hy digitale prediking asook digitale rituele bestudeer. Meer onlangs het hy sy PhD voltooi wat fokus op die dood en die rouproses soos dit waargeneem kan word in digitale spasies soos Facebook en ander webtuistes. Hy doen ook navorsing aangaande kognitiewe wetenskap in die konteks van onderrig en skep rekenaarspeletjies in sy vrye tyd.

Chris/tine McLachlan

Chris/tine McLachlan is ‘n kliniese sielkundige by Thuthuzela-sorgsentrum en ‘n PhD-kandidaat aan UNISA met verskeie meestersgrade: Praktiese Teologie (UNISA), Nuwe Testament (RAU) en Kliniese Sielkunde (UKZN). Chris dien tans as raadsvoorsitter van Gender DynamiX, is ‘n lid van die bestuurskomitee van die Sielkundige Vereniging van Suid-Afrika se Seksualiteit- en Geslagsafdeling, is ‘n geordineerde predikant in die Reformerende Kerk, en betrokke by die opleiding van studente in die teologie en sielkunde by UKZN.

Johan Meylahn

Johann Meylahn is professor in Praktiese Teologie by die Fakulteit Teologie en Religie aan die Universiteit van Pretoria. Hy is getroud met Ronél en hulle het ‘n seun, Joschka.

Marietjie van Loggerenberg

Marietjie van Loggerenberg is ‘n pastorale narratiewe terapeut wat sedert 2002 in ‘n privaat praktyk praktiseer. Sy is ook ‘n ervare dosent. Sy spesialiseer veral in die reis met mense wat seksueel gemolesteer of verkrag is. Volgens haar het hierdie persone (meestal deur terapie) die vaardigheid om beheer oor die effek van die molestering terug te neem sodat hulle weer ‘n sinvolle en vervulde lewe kan lei.

Tanya van Wyk

Tanya van Wyk is ‘n senior lektor in Sistematiese Teologie, Etiek en Spiritualiteit in die Fakulteit Teologie en Religie aan die Universiteit van Pretoria en het in 2013 gepromoveer. Sy is ‘n geordende predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk en lid van die Hervormde Kerk se Nederlandssprekende gemeente in Parktown, Johannesburg.

Cas Wepener

Cas Wepener is professor en hoof van die Departement Praktiese Teologie, Fakulteit Teologie en Religie, Universiteit van Pretoria.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui