Die NG Kerk-Die Antwoord-konneksie

Wie is Die Antwoord?

Hulle bestaan uit die getroude paartjie Ninja (oftewel Watkin Tudor Jones of Waddy Jones) en Yo-Landi Vi$$er (oftewel Anri du Toit) en noem hulleself ’n zef musiekgroep.

Hulle is egter ver van net zef af. Hulle videos is losbandig, hulle gebruik uiters kru taal en as hulle nie sataniste is nie, is hulle op die minste besig om God uit te tart.

Op hulle webblad, www.dieantwoord.com, word Anri uitgebeeld as ’n wit engel met vlerke, maar haar oë is donker (mbv donker kontaklense) en sy hou ’n hart vas met bloed wat uit haar mond loop wat die idee gee dat sy ’n hap daarvan gevat het. Verder is daar prentjies op hulle webblad wat eerder slegs vir volwassenes se oë is.

In Not So Normal – Max Normal Interview (3:02) sê Yo-Landi die volgende:

“We really don’t know what people think most of the time. I really can’t into someone elses brain. I am still practicing. I am trying to open up my third eye and become more physic. I am a vegetarian. So I am getting into that stuff. But at the moment, we are not sure yet.”

Dus is hulle definitief besig met dinge van die Bose.

In die musiekvideo, I fink you freeky, kan die volgende gesien word:

  • Allerhande seksuele figure op die mure (onder andere twee figure waarvan die een twee borste en ’n penis het en die ander een slegs ’n vagina).
  • Hulle dogtertjie, Sixteen, (op daardie stadium 7 jaar oud) met ’n slang om haar nek.
  • ’n Tafelgebed wat heeltemal onvanpas in so ’n video is.

In Junie 2012 berig Volksblad weer oor Die Antwoord in Die Antwoord se nuutste dalk nie verteerbaar. Daarin word verwys na Die Antwoord se nuutste skepping Baby’s on Fire. In dié musiekvideo, kan die volgende gesien word:

  • Jesus se portret langs ’n prent van ’n kaal vrou.
  • Die hele video is baie seksgeoriënteerd.
  • Godslasterlike taal: die woorde “O Here God se/ê Jesus” word oor en oor herhaal as ’n koortjie.
  • Ninja se motor se nommerplate is “ZEF 666 GP”. Daar is nie twyfel wat “666” uitbeeld nie. Dit het niks met zef te doen nie.

Die Antwoord is dus openlik besig om God uit te tart.

Vir ’n paar uittreksels uit bogenoemde, kyk hier (10MB).

In ’n video op www.youtube.com, Satanic Music Exposed-Die Antwoord, beweer iemand dat Die Antwoord die enigste Suid-Afrikaanse musiekgroep in die internasionale arena is, nie omdat hulle so goed is nie, maar slegs omdat hulle satanisties is.

Die NG Kerk-Die Antwoord-konneksie

Die Antwoord se konneksie met die NG Kerk is dat Yo-Landi Vi$$er se pa, Ben du Toit is (volgens die artikel Die Antwoord-sanger se ma oor haar anderste kind in die vrouetydskrif Sarie, lyk dit egter of dit Ben du Toit se aangenome kind is). Hy is die NG Kerk se hoof van kommunikasie wat in 2006 as parlementêre verteenwoordiger van die NG Kerk, die parlement aangemoedig het om homoseksuele huwelike in Suid-Afrika te wettig. Kyk Begeleidende Brief met Voorlegging oor Huwelikswet.

Ben du Toit se reaksie

Dit moet vir geen Christen-ouer maklik wees as jou kind in so mate die pad byster geraak het nie, maar Ben du Toit se reaksie hierop is tog kommerwekkend. In Yo-Landi se dominee-pa respekteer Antwoord sê Du Toit die volgende:

“Ons is baie lief vir ons kinders. Hulle is besonder begaafd en intelligent, waarvoor ons groot respek het.”
“Hulle is ook besonder toegewyd aan hul kreatiwiteit en kunsvorm.”
“Oor Die Antwoord moet ’n mens Die Antwoord vra. Hul professionele lewe as volwassenes is hul verantwoordelikheid.”
“Ons privaatheid en verhouding met ons kinders en kleinkinders is vir ons baie spesiaal en kosbaar.”

Moet ’n ouer hom in die openbaar krities oor sy kind uitspreek? Ek dink so. Ben doen dit duidelik nie. ’n Voorbeeld van ’n gepaste opmerking sou wees: “Ek is lief vir my kind, maar ek is terselfdertyd ook baie teleurgesteld in die pad wat sy gekies het om te loop. Ek bid dat sy die Here sal liefkry.” ’n Mens dink ook aan die geval van Eli se twee seuns, Hofni en Pínehas in 1 Sameul 3:11-14:

(11)Die Here sê toe vir Samuel: “Ek gaan ’n ding in Israel doen wat elkeen wat daarvan hoor, se twee ore sal laat tuit. (12)Op daardie dag sal Ek vir Eli alles voltrek wat Ek oor sy familie aangekondig het, van begin tot end. (13)Ek het aan hom bekend gemaak dat Ek sy familie vir altyd gaan straf oor die ongeregtigheid waarvan hy geweet het. Ja, toe sy seuns die vloek oor hulle gebring het, het hy hulle nie bestraf nie. (14)Daarom bevestig Ek met ’n eed aangaande die familie van Eli: die ongeregtigheid van Eli se familie sal sekerlik nooit deur diereoffer of graanoffer versoen word nie.”

Die groot ironie van die hele storie is Ben du Toit se (aangenome) dogter haar besig hou met, wat dit lyk, satanisme en ander booshede, soos die ontwaking van die derde oog, terwyl Ben du Toit nie in ’n duiwel glo nie (kyk NG Kerk laat ruimte vir botsende sienings oor duiwel en Korrespondensie met Dr. Ben du Toit). Is dit moontlik dat Ben du Toit nie sterk teen sy dogter se satanistiese praktyke is nie omdat hy nie aan die duiwel glo nie? ’n Mens kan net wonder.

Daar moet bygesê word dat Ben du Toit tot genoeg kommunikasiemiddele beskik om die saak reg te stel, sou die berig Yo-Landi se dominee-pa respekteer Antwoord onakkuraat op enige manier is (waarvan die maklikste Facebook sou wees, waarop hy reeds redelik aktief deel is). Sy stilswye bevestig die akkuraatheid van die berig.

Jean Oosthuizen se reaksie

Jean Oosthuizen, die NG Kerk se amptelike koerant, Die Kerkbode, se nuusredakteur, verdedig Ben du Toit en Die Antwoord waar hy kan. In I fink u freeky, maar ek bly lief vir jou, sê Oosthuizen onder andere:

“Wat ek egter altyd van daardie aand sal onthou, is die briefie van gelukwensing van Yo-Landi aan haar pa wat haar ma namens haar voorgelees het.
Sy het haar pa roerend bedank vir alles wat hy deur sy lewe vir haar en haar broer beteken het. Dit was ’n boodskap wat gestraal het van liefde en respek vir ’n pa wat sy kinders verstaan en deur dik en dun bystaan en ligjare verwyder van die zef-verhoogbeeld waarmee Die Antwoord internasionale roem ingepalm het. Wat ’n mens net weer laat besef daar is ’n verskil tussen die skurwe en briljante zef-rolle wat Die Antwoord vertolk en die individue ágter die maskers.”

Op Kletskerk sê Oosthuizen:

“Die Antwoord is ’n vertolking van die Zef kultuur. Dis hoe daar in die Zef kultuur gepraat word. Dit is nie agtergrondmusiek vir ’n kerkbasaar nie en sal beslis nie in almal se smaak val nie. Dit doen egter geen afbreuk aan die kunstenaars se talent nie. Of mens daarvan hou of nie. Hulle is internasionale sterre en al hulle optredes se kaartjies vir hulle Amerikaanse toer waar hulle tans is, is uitverkoop. Dit met ’n naam soos Die Antwoord.”

As dit by zef gebly het sou ’n mens dit redelik maklik kon aanvaar, maar die dinge wat Die Antwoord uitbeeld in hulle videos en webblad, maak Oosthuizen se opmerking oor rolle wat hulle vertolk, heeltemal belaglik.

Oosthuizen skryf verder:

“So skryf ds. Stefaan de Jager van Humansdorp op Rapport se webblad dat dit vir hom lyk of ’n bose mag van Ben en Elna de Toit se dogter en skoonseun besit geneem het: “Lyk my nie of dit haar pa die duiwel in maak nie, want hy glo mos nie in die duiwel nie!” borduur dié dominee voort op die tema.
Ekself verkies om te konsentreer op die ander kant van hierdie munt: Die wonderlike evangeliese voorbeeld van onvoorwaardelike ouerliefde wat Ben en Elna, Frits en Henda en Theo en Marlene aan ons voorhou. Ouers van “alternatiewe” of gay kinders kan baie daaruit leer.”

Kyk ook wat sê Oosthuizen op Kerkbode se Facebook en hoe ds Albert Cruywagen ook sê dat Die Antwoord maar slegs ’n kunsvorm is.

Dit is totaal onaanvaarbaar dat die NG Kerk se nuusredakteur sulke mense verdedig.

Kyk ook

Gesprekke op Faceboek/Kerkbode

Henrietta Klaasing -> Kerkbode [Verwyder]

(http://www.facebook.com/kerkbode/posts/380471088678742 – hierdie was die direkte skakel)

En die NG Kerk sê niks . . .

http://www.volksblad.com/MyVolksblad/Briewe/Kerkbanke-leeg-omdat-kerk-stil-is-20120612

Kerkbanke leeg, omdat kerk stil is

deur Johann Perkins

2012-06-13 05:30

Die berig “Die Antwoord se nuutste dalk nie verteerbaar ” (VB, 06/07/12) laat nogal die volgende vraag by ’n mens ontstaan: “Waarom spreek die Kerk hom nie duidelik uit teenoor hierdie soort kuns nie?”.

Die halfnaakte “The Spear”-skildery van pres. Jacob Zuma en die een van die kaal vrou omring deur aanvallers (in die Oliewenhuis- kunsgalery) het geweldige kritiek ontlok by Christene en nie-Christene.

Tog wil dit voorkom asof die kerk, en spesifiek die NG Kerk, die godslasterlike vloektaal en pornografiese sekstonele in die nuutste musiekvideo van Die Antwoord goedkeur.

Dit lyk selfs asof sekulêre instansies deesdae meer besorg as die kerk is oor wat op die televisie verskyn.

In die berig lewer Jean Oosthuizen van Kletskerk kommentaar op die Die Antwoord-video Baby’s on Fire en volgens hom is die twee hoofsangers slegs besig om “toneel te speel” in die video. So kan ’n mens dan seker ook redeneer dat pornografiese akteurs en aktrises ook maar net toneelspeel, maar is dit genoegsame rede vir die kerk om hierdie soort “kuns” maar net goedsmoeds te aanvaar?

Wat die berig nie noem nie, is dat Jean Oosthuizen ook nuusredakteur van die NG Kerk se amptelike tydskrif Die Kerkbode is, asook dat Die Antwoord se hoofsangeres (Yolande Vi$$er oftewel Anri du Toit) se pa, dr. Ben du Toit, die kommunikasiedirekteur van die NG Kerk is.

Is dit dalk die rede waarom die NG Kerk vandag nie meer wil standpunt inneem teenoor lirieke en beeldmateriaal van die aard nie?

Hendrik Rheeder vra in sy brief “Kerkbanke loop leeg” (VB, 11/06/2012): “Is die kerk nie veronderstel om die huis van God te wees en God in beheer daarvan nie?”

’n Mens hoef maar net na die kerk se stilswye te luister en dan Rheeder se vraag met ’n onomwonde “Nee” te antwoord!

Bloemfontein

Kommentare:

Kobus Hattingh (vroeg verwyder)

Wow, ek is geskok dat die sangeres ’n dominee se dogter is.

Petrus Steyn

Maar sê dan iets … jy’s dan die kerk!

Kobus Hattingh (vroeg verwyder)

Het al baie gesê. Toe word ek deur baie geblok LOL

Henrietta Klaasing

Ek doen, Petrus, met my plasing hier. EN op my FB muur, ook na hul vorige video.

Albert Cruywagen

Net maar weer ’n poging om sekere mense met ’n ompad by te kom.

Kobus van der Walt ?(vroeg verwyder)

Kobus Hattingh: In alle billikheid, indien ons nie die dominee ken nie, dink ek dat dit onbillik is om geskok te wees oor die feit dat die bejammerenswaardige Yolande Vi$$er se pa ’n dominee is, want sy redding (indien hy gered is) word haar tog nie outomaties toegereken nie – MAAR haar pa is Dr. Ben du Toit, die kommunikasiedirekteur van die NG Kerk – en dit opsigself is ’n bekvol en die punt is dat Dr. du Toit se werknemer, “Die Antwoord” se optrede afmaak as toneelspel.

Kobus Hattingh (vroeg verwyder)

Ek stem Kobus. Die skok is eerder dat ’n persoon wat in ’n dominee as haar pa se huis groot geword het nou sulke anti Christelike (lasterlike) goed kan kwytraak. En as die dominee enigsins sy sout werd is, moet hy hom in die openbaar heeltemal van haar optrede distansieer. Indien hy dit nie kan doen nie, is hy soos die Bybel se nie werd om ’n disipel van Jesus te wees nie. (Ek verwys na daardie vers waar jy jou ma en pa ens moet los of bedoelende nie bo Jesus stel nie).

Hennie Mouton (vroeg verwyder)

Volgens Ben bestaan sataniste seker nie, want die Satan bestaan nie werklik nie.  ’n Mens wonder of hy dink godslastering bestaan.

Stefaan de Jager

Ek haal uit die berig aan: “….is die twee hoofsangers slegs besig om “toneel te speel” in die video. So kan ’n mens dan seker ook redeneer dat pornografiese akteurs en aktrises ook maar net toneelspeel, maar is dit genoegsame rede vir die kerk om hierdie soort “kuns” maar net goedsmoeds te aanvaar?”

Nee, ons kan nie so redeneer nie, want Godslastering kan nie in die naam van kuns goedgepraat word nie. Ek dink aan die tafelgebed in hul jongste lied waar hulle God dank vir Satan tewyl daar na die hond “Satan” verwys word. Godslatering in die naam van `n grappie?

Gideon Aggenbag

Die godslastering en taalgebruik in die “Baby’s on fire”-liriek is die grofste ooit. Mens kan nie dink dat eniets anders as ’n satanis dit uit sy mond kon kry nie. Mens voel om ’n lang bad te gaan neem nadat jy dit klaar gelees het.

Alwyn Van Schoor

En Albert se refrein is afgesaagd.

Drikus Greyling

Albert, het jy al na daardie drek gaan luister?

Coert Welman

Albert het dit in sy CD versameling.

Albert Cruywagen

Hierdie aanvalle raak ook nou erg afgesaag. Kry tog nou weer nuwe tema’s om te ry tot in die grond in.

Hennie Mouton

Lyk my omtrent 5 kommentare is nou al hier deur Kerkbode verwyder.

[Net hierna is die hele plasing van Henrietta met al die oorblywende kommentare ook deur Kerkbode verwyder.]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui