Kyk ook:
Soms as ’n mens die streng karaktereienskappe van God noem, dan redeneer sommige mense dat alles met die koms van Jesus verander het. Dit is egter nie waar nie. God verander nooit. Die volgende verse bevestig dit:
(19)God is nie ’n mens dat Hy sou lieg nie, ’n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?
(29)Die Ewige van Israel lieg nie en Hy verander nie van gedagte nie, want Hy is nie ’n mens dat Hy van gedagte sou verander nie.”
(13)Hy bly dieselfde…
(11)Maar die planne van die Here staan vir altyd vas, sy besluite van geslag tot geslag.
(27)Die hemel en die aarde sal vergaan, maar U sal bly. Soos ’n kledingstuk verslyt, so sal alles vergaan, soos klere wat uitgedien raak, so sal U alles laat verdwyn.
(21)Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas.
(13)… wie kan sy raadgewer wees? (14)Vir wie raadpleeg Hy dat dié Hom tot insig sou bring en Hom sou leer wat om te doen? Wie leer Hom en onderrig Hom dat Hy met insig kan optree?
(10)Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek.
(6)Ek, die Here, het nie verander nie, daarom het julle nie te gronde gegaan nie, nageslag van Jakob.
(12)soos klere sal U dit oprol; ja, soos ’n kledingstuk sal dit vervang word. Maar U, U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.”
(29) As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie.
(17)Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.