Die Bybel oor God se onveranderlikheid

Soms as ’n mens die streng karaktereienskappe van God noem, dan redeneer sommige mense dat alles met die koms van Jesus verander het. Dit is egter nie waar nie. God verander nooit. Die volgende verse bevestig dit:

Numeri 23:19

(19)God is nie ’n mens dat Hy sou lieg nie, ’n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?

1 Sameul 15:29

(29)Die Ewige van Israel lieg nie en Hy verander nie van gedagte nie, want Hy is nie ’n mens dat Hy van gedagte sou verander nie.”

Psalm 102:27

(27)Die hemel en die aarde sal vergaan, maar U sal bly. Soos ’n kledingstuk verslyt, so sal alles vergaan, soos klere wat uitgedien raak, so sal U alles laat verdwyn.

Maleagi 3:6

(6)Ek, die Here, het nie verander nie, daarom het julle nie te gronde gegaan nie, nageslag van Jakob.

Hebreërs 1:12

(12)soos klere sal U dit oprol; ja, soos ’n kledingstuk sal dit vervang word. Maar U, U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.”

Jakobus 1:17

(17)Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui