Daniël François Malan

Kyk ook:

Daniël François Malan (22 Mei 1874 tot 7 Februarie 1959) was ‘n Suid-Afrikaanse politikus.

In 1905 het Malan as doktor in die Godgeleerdheid gepromoveer. In Mei 1905, toe hy 31 jaar oud was, is hy in Kaapstad tot die bediening toegelaat; en twee maande later is hy beroep as medeleraar van die Ned. Geref. gemeente Heidelberg in Transvaal.

Dr. D.F. Malan was die eerste minister wat in 1948 die Verenigde Party by die stembus verslaan het en begin het met die invoer van die beleid van apartheid

As predikant het hy baie klem gelê op matigheid in alle opsigte, en dit het daartoe gelei dat sy gemeente hom eerder met ontsag as met toegeneentheid bejeën het. Hy het hom onderskei as ’n kragtige en logiese prediker, en het hom beywer vir die opheffing van die verarmde Afrikaner en vir die sending.

Van Montagu af is hy, in Februarie 1913, as medeleraar na Graaff-Reinet, waar sy belowende loopbaan as predikant in 1915 geëindig het.

Tydens ‘n Montagu-simposium in 1910 sê hy die volgende:

“Die boek (Bybel) is waar en bly ewig waar, al moet die historiese karakter daarvan ontken word”

“Kan dit wees dat die kinders van die 20ste eeu ‘n beswaar sien in die godsdienstige gebruik van die onhistoriese omdat hulle ‘n oordrewe waarde heg aan feite? … Kan dit wees dat ons die openbaring van God nog te veel interpreteer as die openbaarmaking van ‘n reeks historiese feite en te min as godsdienstige en morele waarheid”

Dr. D.F. Malan het die volgende apartheidswette goedgekeur:

  • 1949: Wet op Verbod van Gemengde Huwelike
  • 1950: Wet op Groepsgebiede
  • 1950: Bevolkingsregistrasiewet
  • 1951: Wet op Bantoe-owerhede
  • 1952: Naturellewet – Paswet
  • 1953: Wet op Afsonderlike Geriewe

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui