Ds Jan Lubbe Vrystaat Sinode 2023

16 Maart 2023, Ferdie Mulder

Ds Jan Lubbe Vrystaat Sinode 2023 (16 Maart 2023, Youtube, Ferdie Mulder)

Dr. D.F. Malan
Montagu-simposium 1910

“Die boek (Bybel) is waar en bly ewig waar, al moet die historiese karakter daarvan ontken word”

“Kan dit wees dat die kinders van die 20ste eeu ‘n beswaar sien in die godsdienstige gebruik van die onhistoriese omdat hulle ‘n oordrewe waarde heg aan feite? … Kan dit wees dat ons die openbaring van God nog te veel interpreteer as die openbaarmaking van ‘n reeks historiese feite en te min as godsdienstige en morele waarheid”

Dr. D.F. Malan het die volgende apartheidswette goedgekeur:

  • 1949: Wet op Verbod van Gemengde Huwelike
  • 1950: Wet op Groepsgebiede
  • 1950: Bevolkingsregistrasiewet
  • 1951: Wet op Bantoe-owerhede
  • 1952: Naturellewet – Paswet
  • 1953: Wet op Afsonderlike Geriewe

“Een groot ironie is dat waar daar Bybelse eenheid en nie afskeiding in 1948 moes gewees het nie is daar in 2023 ‘n oproep tot on-Bybelse eenheid terwyl daar Bybelse afskeiding moet wees.”

“Weereens sien ons vandag in 2023, kerkleiers wat die Skrif selektief interpreteer om in te pas by ‘n polities korrekte agenda.”

1 thought on “Ds Jan Lubbe Vrystaat Sinode 2023”

  1. Ek wonder altyd oor hierdie hooggeleerdes. Eenvoudige aksies en opdragte van die Woord verblind hulle heeltemal tot totale ongehoorsaamheid en valse doktrines.Geen wonder die Woord sê dat hierdie diep verborge dinge vir die hooggeleerdes wegesteek word omdat die god van die wêreld hulle sinne verblind het.
    Bekeer jou en laat jou doop (baptiso), die doop van Jesus, onderdompeling. Hoe lees hierdie blinde kerkleiers/hooggeleerdes die Woord waar besprinkeling verdedig word?

    Ouderlinge, salf die sieke en bid oor hom. Hoe wil jy hierdie aksie nie toelaat in jou kerk of dinominasie nie? Wat regverdig jou weerstand teen die aksie?

    Die spreek in tale. Doping in die Heilige Gees. Elke jaar word Pinkster en Hemelvaart gevier, maar die doping in die Heilige Gees word vermy en dood gemaak deur valse doktrines en leringe.

    Nou wil ons oor geskiedkundige dinge stry en argumenteer. Ons wil hoogdrawend wees in ons woorde. Ons wil slim en geleerd voorkom, maar eintlik is ons niks anders as valse leraars waarteen die Woord ons waarsku.

    Wat is wedergebore? Wat is die koningkryk van Jesus Christus vir hierdie geleerdes?

    Wedergeboorte is die bekeer en doop aksie wat die oorsaak is van die vernuwing van jou gees deur die Heilige Gees. Joh 3. Sonder hierdie aksie sal jy nie die koninkryk van God ingaan of sien nie.
    Die koninkryk is dit wat vir my kom vestig word op die aarde deur die geregtigheid van Jesus Christus. Deur wedergeboorte beweeg ek in die koningkryk in wat die herstel van God se seën en beloftes van Abraham weer inwerking kom stel het nadat die Israel volk ‘n koning bo die beloftes verkies het.

    Sewe jaar is ‘n mors van tyd as jy nog nie die waarheid ontdek het nie. Sonde bly sonde. Dit het nie verander. Verkeerd bly verkeerd. Die kennis van die mens bly dwaasheid by God. Vals bly vals. Ongehoorsaam bly ongehoorsaam. Die evangelie bly die evangelie. Moet nie God probeer verkleineer deur Sy Woord gelykstaande te wil stel aan ligsinnige en wêreldse argumente. Kry julle self reg en doen ‘n ware Bybelse bekering tot God en kry jou kop onder die water sodat jy in Christus kan opstaan omdat jy nie meer bestaan na die doop nie, maar Hy, Jesus Christus het oorgeneem.
    Dit is omdat die ware aksie van gehoorsaamheid nog nie geneem is nie dat geleerdheid die Woord van God wil onderdruk en ondermyn.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui