CS Lewis en die Godheid van Jesus

*******

CS Lewis en die Godheid van Jesus | Kerkbode

Kerkbode, 13 Februarie 2004

J du Rand van Bloemfontein skryf:

EK lees in die hoofartikel van Kerkbode (12 Desember 2003) van Lina Spies se siening dat Jésus ‘n unieke en baie besondere mens was. Sy opstanding en, by implikasie, sy Godheid word egter nie aanvaar nie.

Dit is min of meer soos ek die standpunt van die “nuwe” hervormers ook verstaan: Jesus was ‘n besondere mens en leraar wat ’n verfrissende nuwe moraliteit bekend gestel het, maar sy Godheid en opstanding word betwyfel. Die vraag is: waarop word so ’n mening gegrond? Gewoonlik kan ’n mens sê dat mense se siening van Jesus gegrond is op die openbaring in die Bybel oor Hom en dan van ’n mens se interpretasie van die Bybel. Indien dit die geval is, moet jy jou oortuiging dus kan verantwoord op grond van hoe die Bybel Hom openbaar, of aandui waarop jou siening anders gefundeer is.

In die lig hiervan is dit goed om ook kennis te neem van die oortuiging van ’n ander vermaarde “rasionele” akademikus-skrywer soos CS Lewis in sy boek Mere Christianity, Lewis was jare lank ’n ateïs en begaafde nie-teologiese akademikus wat, nadat hy die Christelike geloof op ‘n rasionele, nie-Bybelse wyse ontleed het, tot die gevolgtrekking gekom het dat die Bybel wel antwoorde gee oor die sin van die lewe en toe tot bekering gekom het. Lewis het onder meer geskryf:

“I am trying here to prevent anyone saying the really foolish thing that people often say about Him: ‘I’m ready to accept Jesus as a great moral teacher, but I don’t accept His claim to be God’. That is the one thing we must not say. A man who was merely a man and said the things Jesus said would not be a great moral teacher. He would be either a lunatic – on a level with a man who says he is a poached egg —or else he would be the devil of hell. You must make your choice. Either this man was, and is, the Son of God; or else a madman or something worse. You can shut him up as a fool, you can spit at Him and kill Him as a demon: or you can fall at his feet and call Him Lord and God. But let us not come with any patronising nonsense about His being a great human teacher. He has not left that open to us. He did not intend to.”

Aldus. CS Lewis in Mere Christianity, bladsy 43.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui