Broer Marko se beoordeling van Louis Jonker se gesprek op RSG

Kyk ook:

Op 5 Mei 2019 het prof Louis Jonker van die Teologiese Fakulteit Stellenbosch met Jean Oosthuizen op RSG gesels. Kyk RSG: Kan Moslems en Christene saam bid? Daarin is dit duidelik dat Jonker ruimte maak daarvoor dat Moslems ook gered kan word.

Hieronder volg Broer Marko se reaksie op die gesprek. Hy het hierdie oorspronklik as ’n Whatsapp stemposboodskap aan ’n vriend van hom gestuur. Hierdie is met sy toestemming getranskribeer.

Kyk Wie is Brother Marko? vir meer inligting oor hom.

Hier is Broer Marko aan die woord:

Ek het hierdie artikel gelees [RSG: Kan Moslems en Christene saam bid?]. Toe ek die onderhoud gelees het, het dit my herinner aan die Ortodokse Kerk in Turkye en in Egipte. Ek wil graag vir jou sê wat die Ortodokse Kerk gedoen het:

Jare terug, amper 1000 jaar terug, toe die Moslems begin het om Christene te martel, het die Ortodokse Kerke mense aangeraai om ’n laer profiel te handhaaf sodat dit die Moslems se aanvalle op Christene moes verminder. Die kerk het voorgestel dat Christene nie moet probeer om Moslems te evangeliseer nie, want dit het Moslems ontstel en daarom het hulle Christene gemartel. Later het die Ortodokse Kerk selfs begin sê dat almal in dieselfde God glo. Nog ’n bietjie later het die Ortodokste Kerk gesê dat ons nie die waarheid ken nie – niemand weet die waarheid nie. Ons Christene het ’n klein bietjie van die waarheid en die Moslems het ook ’n klein bietjie van die waarheid. Dus kan Christene nie op die waarheid aanspraak maak nie.

Toe ek hierdie onderhoud van Louis gelees het, het ek dieselfde neiging gesien, dieselfde perspektief. Hierdie Louis, lyk vir my, is baie liberaal en ek dink nie hy verstaan die Bybel nie. Dit is my opinie.

Jesus self het gesê jy kan net gered word deur Homself. Die Bybel is swart en wit – baie duidelik. Dit is nie óns wat eksklusief is nie, dit is die Býbel wat eksklusief is. Die Bybel sê: niemand kan na die Vader toe kom sonder Jesus nie. En niemand kan in Jesus glo sonder die werk van die Heilige Gees nie. Dus is die Bybel baie eksklusief, nie ek nie en ook nie jy nie. Dit is die een punt.

Die ander punt is: ek sien Jean vra oor vriendskap tussen Moslems en Christene in Kaapstad. Louis sê dat daar goeie vriendskappe is tussen die kleurlingmense, maar nie so baie tussen die witmense nie. Ware vriendskappe vind plaas wanneer mense dieselfde waardes en perspektiewe deel. Vrienskappe ontwikkel gewoonlik natuurlik. Jy kan nie ’n vriendskap forseer nie. Ons as Christene glo dat die Bybel die finale (“ultimate”) waarheid is. As iemand anders vir my vertel dat die Bybel nie die finale waarheid is nie, maar dat die Koran die finale waarheid is, sal so ’n vriendskap uitmekaarval. Dit sal baie moeilik wees vir so ’n vriendskap om natuurlik te ontwikkel.

Dus, weer, dit is nie ék wat eksklusief is nie, dit is die Býbel. Aan die ander kant glo Moslems baie sterk dat die Koran die enigste waarheid is en nie die Bybel nie. Dus is dit nie net Christene wat eksklusief is nie, maar ook Moslems. Hoe kan jy oor vriendskap praat tussen twee volke (groepe) wanneer beide baie sterk glo dat hulle Skrif die waarheid alleen is? Dus is dit ’n baie moeilike ding wat Louis probeer voorstel. Dit gaan nie gebeur nie. Trouens, dit het nog nooit suksesvol gebeur nie.

Oor die vraag “watter boek is die regte boek?”: Die Bybel dateer voor Islam. Die Bybel is saamgestel oor ’n tydperk van 1600 jaar. Die Bybel was deur 40 verskillende mense geskryf oor vier verskillende kontinente oor 1600 jaar. Die meeste mense wat die Bybel geskryf het, het mekaar nie geken nie en ten spyte daarvan is die Bybel ’n volledige, perfekte boek in perfekte eenheid met homself. Louis is egter so liberaal dat hy nie die Bybel gebruik in sy gesprekke nie, maar eerder sy eie gedagtes.

Die Koran daarenteen was gedikteer deur Mohammed en saamgestel deur die volgelinge van Mohammed, ’n paar honderd jaar ná Mohammed se dood. Die meeste van die Koran is gebaseer op hoor-sê en gerugte van Moslems oor die woorde en dade van Mohammed. Die Koran was geskryf en gepromoveer as die woord van Allah aan die Arabiese mense deur ’n klein groep mense. Dit teenoor die Bybel wat deur meer as 40 verskillende mense geskryf is oor ’n tydperk van 1600 jaar.

As jy die Bybel en Koran vergelyk is dit ’n ongelooflike vergelyking. Verder het die Koran 500 jaar ná die Bybel tot stand gekom. Die Bybel het tot stand gekom ongeveer 100 jaar ná Jesus se dood en Mohammed het 600 nC geleef. Dus is die Bybel meer as ’n halwe eeu ouer as die Koran. Kan jy die reuse verskil sien? En verder is die Koran ’n produk van goedkoop plagiaat van die Bybel. Gaan doen ’n bietjie navorsing. Gaan vra enige historikus. Al hierdie mense sal vir jou vertel, sonder om te aarsel, dat die Koran ’n swak kopie van die Bybel is met die intensie om ’n nuwe geloof vir Mohammed te skep.[1]

So, Louis praat die grootste klomp nonsens, maar hy kies sy woorde baie versigtig en dit klink so fantasties en romanties, maar dit is net ’n klomp nonsens.

Voetnotas

[1] Kyk ook Bewaring en betroubaarheid van die Koran en The Bible and the Qur’an: A historical comparison.

5 thoughts on “Broer Marko se beoordeling van Louis Jonker se gesprek op RSG”

  1. Baie dankie hiervoor Broer Marko. Dit is wonderlik om ’n bydrae “uit ’n ander oogpunt” te kry (van ’n Moslem persoon wat hom tot die Christen geloof bekeer het) en boonop iemand wat nou “totally sold out to Jesus” is. Ek het baie dinge geleer wat ek nooit geweet nie. Uiters relevant en sinvol.

  2. Broer Marko skets, net soos in sy boek “Identity Theft ,” ñ scenario tussen ñ ware geloof en ñ geloof gebaseer op fiksie en halwe en verdraaide waarhede. Soos hy daar noem, die Bybel en die Qur’an kan nie in die selfde asem genoem word nie, nog minder kan die gelowiges van die twee gelowe as broers en suster van mekaar gesien word, so ook om vriende te wees. Altwee gelowe verbied dit, waarvan Islam die mees ontoerykend van die twee is(2Kor 6:14-15; en ander). Die Qur’an ontken juis Jesus sê Goddelike status en vervloek enige persoon wat erkenning verleen daaraan “Allah’s Curse be on them, how they are deluded away from the truth!”(Qur’an 9:30, Morning Khan).

    1. in verband met gemeentes wat onheilige regulasies implementeer en so doen verlei dit elkeen (meederheid onwetend) wat bywoon.. Sien e-pos van NG kerk leraar Bothaville Dr. Pieter na my

      From: Pieter van Jaarsveld
      Date: Thu, Dec 5, 2019 at 4:24 PM
      To: Mark
      Cc:

      Beste Mark

      Die NG Kerk het met die sitting van die Algemene Sinode in 2007 besluit dat ’n huwelik die lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou is. Die besluit is op 8 Oktober 2019 herbevestig.

      Die besluite oor selfdegeslagverbintenisse wat met die sinodesittings in 2015 en 2016 geneem is, is herroep.

      Die Algemene Sitting het op 8 Oktober 2019 die besluit geneem dat die publieke verbintenisse (lw nie huwelik nie) tussen persone van dieselfde geslag erken word.

      Die Algemene Sinode het ook besluit dat die kantoor van die Algemene Sinode van die NG Kerk nie namens die leraars van die kerk by die Departement van Binnelandse Sake aansoek gaan doen vir lisensies dat hulle publieke verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag kan bevestig nie. Hierdie verantwoordelikheid is afgewentel na kerkrade as die werkgewers van leraars. Kerkrade (gemeentes) kan dus nou self besluit of hulle vir hulle leraar gaan aansoek doen om publieke verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag te voltrek.

      Groete

      Dr PJ van Jaarsveld (Pieter)

      Leraar: NG Kerk Bothaville

      Posbus 67, Bothaville, 9660 / Gardenstraat 89, Bothaville

      Tel: +27 (0) 56 515 2209

      Sel: +27 (0) 82 852 5702

      Faks: +27 (0) 86 590 0216

      E-pos: pjvanjaarsveld@telkomsa.net

  3. Broer Marko kontak my wanneer jy die boodskap sien, in verband met gemeentes wat onheilige regulasies implementeer en so doen verlei dit elkeen (meederheid onwetend) wat bywoon.. Sien e-pos van NG kerk leraar Bothaville Dr. Pieter na my

    From: Pieter van Jaarsveld
    Date: Thu, Dec 5, 2019 at 4:24 PM
    To: Mark
    Cc:

    Beste Mark

    Die NG Kerk het met die sitting van die Algemene Sinode in 2007 besluit dat ’n huwelik die lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou is. Die besluit is op 8 Oktober 2019 herbevestig.

    Die besluite oor selfdegeslagverbintenisse wat met die sinodesittings in 2015 en 2016 geneem is, is herroep.

    Die Algemene Sitting het op 8 Oktober 2019 die besluit geneem dat die publieke verbintenisse (lw nie huwelik nie) tussen persone van dieselfde geslag erken word.

    Die Algemene Sinode het ook besluit dat die kantoor van die Algemene Sinode van die NG Kerk nie namens die leraars van die kerk by die Departement van Binnelandse Sake aansoek gaan doen vir lisensies dat hulle publieke verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag kan bevestig nie. Hierdie verantwoordelikheid is afgewentel na kerkrade as die werkgewers van leraars. Kerkrade (gemeentes) kan dus nou self besluit of hulle vir hulle leraar gaan aansoek doen om publieke verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag te voltrek.

    Groete

    Dr PJ van Jaarsveld (Pieter)

    Leraar: NG Kerk Bothaville

    Posbus 67, Bothaville, 9660 / Gardenstraat 89, Bothaville

    Tel: +27 (0) 56 515 2209

    Sel: +27 (0) 82 852 5702

    Faks: +27 (0) 86 590 0216

    E-pos: pjvanjaarsveld@telkomsa.net

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui