Gapingsteorie

Die gapingsteorie is een van ’n paar maniere waarop mense ’n ou aarde met die Bybel probeer versoen. Kyk ook Wat is ou-aarde skeppingsleer?

Voorstaanders van die gapingsteorie glo tipies dat:

  • Die geologiese verskynsels, soos die Grand Canyon, het miljoene jare gelede plaasgevind
  • Dinosourusse het miljoene jare gelede uitgesterf
  • Die Egiptiese piramides is deur ander beskawings gebou voor die sondvloed in 2348 vC plaasgevind het.

Hulle glo egter ook in ’n letterlike interpretasie van Genesis 1: dat God in ses, 24-uur dae geskep het.

Om hierdie sienings te versoen, glo hulle dat daar ’n pre-adamitiese tydperk was tussen Genesis 1:1 en 1:2. Dus glo hulle dat God die aarde aanvanklik miljoene jare gelede geskep het. In daardie tyd het Satan tot ’n val gekom. God se oordeel het in die vorm van ’n Lucifer se vloed plaasgevind wat die wêreld van daardie tyd vernietig het. Van Genesis 1:2 en verder word vertel van ’n herskepping van die verwoeste aarde.

Probleme met hierdie teorie

Omdat hierdie teorie aanvaar dat al die geologiese verskynsels voor die sondvloed in 2348 vC gevorm het en dat die Egiptiese piramides waarskynlik ook voor die sondvloed gebou is, glo hulle dat die sondvloed slegs ‘n lokale vloed was of dat die vloed geen noemenswaardige invloed op die geologiese verskynsels van die aarde (of die piramides) gehad het nie.

Argumente teen die gapingsteorie

Dit is nie nodig om te aanvaar dat enigiets op aarde lank voor Adam en Eva (4004 vC) ontstaan het nie. Daar is baie goeie aanduidings dat die ouderdom van die aarde nie miljarde jare is nie en dat dinosourusse saam met mense geleef het.

Meer bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui