Wie is Charles Lyell?

Charles Lyell (1797-1875) was die skrywer van die boek Principles of Geology.

Hy is bekend daarvoor dat hy die idee gevestig het dat die geologie op aarde oor lang tydperke gevorm het. Voor sy idees het die mense van daardie tyd algemeen aanvaar dat die geologie op aarde ’n resultaat was van die sondvloed (Mosaiese geologie).

Hy het die beginsel van uniformitarianisme gebruik, wat die filosofiese aanname is dat huidige erosietempo’s en ander kragte verantwoordelik is vir die vorming van geologiese verskynsels.

Dus het hy katastrofisme verwerp wat impliseer dat die sondvloed ook verwerp word.

En dit is presies wat hy wou doen. Sy doel was “om die wetenskap van Moses te bevry”.

Op 14 Junie 1830 skryf hy in ‘n brief aan George Poulett Scrope:

“Ek is seker dat jy in Q.R. [Quarterly Review] dít gaan kry wat die wetenskap van Moses sal bevry… Ek het vyf of ses jaar gelede die idee verwek dat indien die Mosaiese geologie1 sonder aanstoot verwerp wil word sou dit wees in ’n historiese skets en jy moet my opsomming gebruik.”

“Ek versoek dat mense nie hulle opinie sal vorm gebaseer op die geskiedenis2 nie.”

1 Mosaiese geologie = geologie gebaseer op die Bybel, dus die sondvloed
2 Natuurlik die Bybelse geskiedenis

James Gould, ’n evolusionis en agnos, skryf die volgende oor Lyell:

Charles Lyell was a lawyer by profession, and his book is one of the most brilliant briefs ever published by an advocate … Lyell relied upon true bits of cunning to establish his uniformitarian views as the only true geology. First, he set up a straw man to demolish … In fact, the catastrophists were much more empirically minded than Lyell. The geologic record does seem to require catastrophes: rocks are fractured and contorted; whole faunas are wiped out. To circumvent this literal appearance, Lyell imposed his imagination upon the evidence. The geologic record, he argued, is extremely imperfect and we must interpolate into it what we can reasonably infer but cannot see. The catastrophists were the hard-nosed empiricists of their day, not the blinded theological apologists.

Invloed op Darwin

Charles Darwin (1809-1882) was 12 jaar jonger as Lyell en was 66 toe Lyell oorlede is. Darwin het sy boek, On the Origin of Species, in 1859 gepubliseer, toe hy 50 jaar oud was.

Toe Darwin na die Galapagos-eilande gereis het, het hy Lyell se boek gelees. Hy was dus hoogs onder die invloed van Charles Lyell se idees.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui