Izak du Plessis se afskeidsboodskap en debat met Henk/Hennie

Kyk ook:

Debat: Daniel Louw vs Hennie (Henk)

Die debat het begin op Izak du Plessis se blog. Intussen is die blog van die internet verwyder.
Kyk hieronder (LW: Hennie het onder die skuilnaam “Henk” geskryf op die blog).

Zak de Priester

My afskeidsboodskap

Sat 5 Jun 2010, 22:38

Van hier gekopieer.

Kyk ook:

Aanvangslied

Lied 159:1-3

Aanvangswoorde

God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld. Laat ons ons dan beywer vir die dinge wat die onderlinge vrede en opbou bevorder.

Groet

Genade en vrede vir julle. Baie welkom in vanoggend se erediens.

Liedere

Psalm 33:1, 2, 9,11 (Ou weergawe)
Lied 203:1-5
Psalm 100:1-4 (Ou weergawe)

Gebed

Lied 266

Skriflesing

Voordat ek lees wil ek baie kort verduidelik waarom ek Job 19:4 as skrif gekies het. Die Jobverhaal is een van baie soortgelyke verhale in die ou nabye Ooste. Dit was ’n wysheidsgeskrif wat te doen het met ontwikkelings binne die wysheidstroom. Die wysheidsleraars wou voorskrifte gee oor hoe voorspoed verseker kan word. Die boek Job wil hierop reageer en die probleem met so uitgangspunt uitwys.

Dit word gedoen deur Job en sy vriende teenoor mekaar te plaas. Aan die een kant vind ons die vriende met hul onversetlike vergeldingsleer. Volgens hulle word mens beloon as jy iets goed doen en gestraf as jy verkeerd doen. Dit is die skarnier van die hele wysheidsbeweging. Na hulle mening moes Job sy lyding met ’n spesifieke sonde verdien het. Hoekom? – Omdat hulle dogma so sê – die beste voorbeeld van wat die “verstarring van die wysheid” genoem word.

Die onversetlikheid van Job se vriende dryf Job algaande tot ’n rebellie teen God. Job kom dus eintlik in opstand teen ’n heersende teologiese sisteem van sy tyd. En dis op hierdie punt waarom ek my vir ’n oomblik in Job se skoene wil plaas as julle my daarvoor kan vergewe. Soos Job is ek in opstand oor die feit dat God soms die gevangene geword het van menslik uitgedinkte sisteme.

As gevolg hiervan was ek in Valleisig al deur ’n paar mense getipeer as dwaalleraar. Ek dink nie hulle is verkeerd nie.
Maar mag ek julle vanmore in die woorde van Job antwoord toe hy deur sy vriende van dwaling beskuldig was:

Lees Job 19:4 – As ek werklik gedwaal het, is my dwaling my eie saak.

Ek wil in die lig van hierdie teks met julle gesels oor my eie dwaling. Ek gaan nie preek nie. Ek wil sommer ’n paar gedagtes met julle deel n.a.v. Job se antwoord. Maar ek hoop darem om ook vir jou iets te gee om oor te gaan dink by die huis.

Ek wil dit so indeel.

  1. Ek gaan die lied The Pilgrim van Kris Kristoffersen sing omdat dit soms vir my voel die lied kon net sowel oor myself gehandel het. Maar ook oor sommige van julle. Ek dink baie van ons leef met die dualisme van donker en lig in ons. Om die goeie te wil doen maar gereeld by die onvolmaakte te eindig. Ons is poets en pickers, prophets en pushers, pilgrims en preachers en walking contradictions. Maar deur die genade kom ons tog by die Huis uit, maak nie saak watter paadjies ons vat nie.
  2. Dan wil ek iets oor my eie “dwaling” ten opsigte van God met julle deel.
  3. Daarna wil ek met jou gesels oor jou eie geloofsraamwerk en waarom dit belangrik is dat jy mag glo soos jy glo.
  4. Uiteindelik wil ek ons verskillende geloofspaadjies saambind in ’n paar gedagtes oor die kerk en hoe die kerk volgens my “kerk” behoort te wees.

The Pilgrim

Kom ons spring weg met my “dwaling”.
My kinders is die allersin van my bestaan.
Soos meeste ander ouers, wil ek net die beste van die lewe vir hulle beding.
Dit maak nie saak wat hulle doen nie, selfs wanneer hulle op hulle ongehoorsaamste is, is daar nog nie een oomblik wat ek die slegste van die lewe vir hulle toegewens het nie.
Selfs as hulle die verskriklikste tantrums gooi, selfs wanneer hulle dit soms waag om na mens te klap, selfs wanneer hulle my mees sentimentele besitting breek, selfs al sê hulle die lelikste goed soms vir mens, selfs dan sal ek dit nie vir ’n oomblik oorweeg om hulle weg te gee of êrens op ’n verlate plek te los nie.

Ek dink al ’n geruime tyd anders oor God.
Maar die dag toe ek besef het hoe lief ek regtig vir my kinders is, het die idee van God radikaal anders in my kop kom sit.
Want God, soos voorgestel deur die kerk, is nie so lief vir sy kinders soos wat ek en baie van julle vir ons kinders is nie.
Die rede waarom ek so sê het te make met die hemel en die hel.

Twee begrippe wat ek meen ten diepste die inhoud van mense se geloof bepaal.
Maar dis ’n gesprek vir ’n ander dag.
Wat my nou ongemaklik maak is die 2 terme waarmee mense geestelik afgedreig word.
As geloofsgemeenskap verkondig ons ’n liefdevolle God wat die beste vir sy kinders wil.
’n Beeld waarmee ons as ouers kan vereenselwig. Maar dan word die kinkel bygevoeg.
As mens goed genoeg is en genoeg geloof het, dan eindig ons in die hemel by God.
As ons egter “stout” is en nie gelowig genoeg nie, dan is die hel ons voorland.

Maak nie saak hoe lief God sy kinders het nie, die afdreiging van ’n ewige lyding bly.
Nie ’n raps op die boud nie, nie ’n time-out in die badkamer nie, nie voorregte soos televisie ontneem nie, nee, ’n ewige vuur, dis wat vir ongehoorsame kinders wag.
Hierdie beskouing het ernstige vrae oor God by my ontketen.

Vrae wat verder verdiep het vroeg in 2007.

Oom GW het my met drie vrae in my kantoor kom konfronteer.

  1. Glo jy in die maagdelike geboorte?
  2. Glo jy in die fisiese liggaamlike opstanding van Jesus Christus?
  3. Glo jy in die hemelvaart?

Ander soos DvdB en AL het bygekom en soos ’n refrein het die vrae bly opduik.
Ek was gedwing om oor dinge na te dink wat ek gerieflikheidshalwe geïgnoreer het.
Ek het geweier om te antwoord omdat ek besef het dat die inhoud van my geloof nie deur positiewe/ selfs negatiewe antwoorde op dogmatiese vrae gedefinieer word nie.

Dit het daartoe gelei dat ek op 21 klagtes van leer en lewe voor die Ring van Faerie Glen moes gaan verantwoording doen.
Ek is onskuldig bevind op 19 en skuldig aan twee.
Die Ring het my oor my vingers geraps en ek kon aangaan met my werk.
’n Werk wat ek regtig geniet het.

Maar die vrae oor God en die wese van God het nie opgehou nie.
Vrae waarin ek erg verstrik geraak het hoe verder mens bly dink het.
Om al daardie vrae vanoggend aan te raak, sal onmoontlik wees.
Die uiteinde van hierdie vrae was egter dat ek God glad nie verstaan nie.
Ek het die punt bereik waar ek soos Karen Armstrong sê: It is better to say that God does not exist, because our notion of existence is too limited to apply to God. God is Nothing, not another being. God is not one of the things that are. God is not one of the things that exist.

Daarom probeer ek om weg te bly van dogmatiese uitsprake oor God.
Ek bely nie meer my geloof in God nie, want belydenisse beperk ons ervaring van God.
Ek verkies om te volstaan by hoogstens een uitspraak: Ek leef in God.
Dit bied aan my die moontlikheid om die misterie, die ewig ontwykende misterie van God te bly ervaar.

Ek het iets hiervan in een van my eie gedigte probeer sê:

Kyk mensdom, God sit op die horison,
hy’s nader as my asem op jou wang;
sien jy hoe dy die heelal en die son?

Wys ons tog waar is die God van pardon,
smeek moeë mense in hul aandgesang;
kyk mensdom, God sit op die horison,

hy’s ouer as ’n ronde blou ballon,
ellipties in sy vaste sterregang;
sien jy hoe dy die heelal en die son?

Wys ons dan waar is God die liefdesbron,
bid sewe siele in hul swanesang;
Kyk mensdom, God sit op die horison,

hy’s geler as ’n spikkel teen die son,
blouer as die derde maan wat geel hang;
sien jy hoe dy die heelal en die son?

Tussen die suiderkruis en orion,
wat is waarheid en wat is dogmadwang?
Kyk mensdom, God sit op die horison,
sien jy hoe dy die heelal en die son?

Maar die mens wat my idee oor God die beste verwoord, is Van Wyk Louw:

Daar is een heerlikheid: U sien;
daar is een rus: om U te soek;
om nie te weet – dit is U seën;
en om te vind – dit is U vloek.

Ek weet niks van God nie. Ek bely niks oor God nie. Ek leef net in God.
Die hemel en die hel, maagdelike geboortes, en dergelike dinge is antieke gedagtes wat nie aan my bekend is nie.
Ek leef in ’n ander wêreld waarin ek anders oor God dink.
Ek mag dalk verkeerd wees, maar ek troos my met dié woorde: There’s a lot of wrong directions on that lonely way back home.

Wat van jou geloof?
Ek het myself tot ’n mate teenoor sommige van julle se geloof gestel.
Dit beteken egter nie dat ek jou verstaansraamwerk as ongeldig afmaak nie.
Alle uitsprake oor geloof (ag alle uitsprake oor enigiets) is altyd onvolledig.
Ook myne. Juis daarom mag jy glo soos jy glo.

Maar jou reg tot ’n eie verstaan bring verantwoordelikhede mee.

Karen Armstrong: The experience of an indefinable transcendence, holiness or sacredness has been a fact of human life. Even though I don’t share the traditional notion that many people have of God, I don’t want to dismantle their faith, however. In fact, I don’t think it matters what you believe in. If conventional beliefs make you compassionate, kind, and respectful of the sacred rights of others, this is good religion. If your beliefs make you intolerant, unkind and belligerent, this is bad religion, no matter how orthodox it is.

En: Compassion does not mean feeling sorry for people. It means feeling with them.

Dit is waar die kern van die hele saak vir my lê.
Om saam met iemand anders te leef, te voel.
As mens dit nie kan doen nie, dan is jy soos Job se vriende wat die regte ortodokse geluide oor God maak, maar nie ’n greintjie gevoel het vir die persoon met wie hulle praat nie.
Compassion maak van geloof ’n seën.

Ek het so rukkie terug ervaar wat dit beteken.
Dis ’n storie van hoe ek my eie vooroordele en fundamentalistiese oortuigings opsy moes skuif om ruimte vir iemand anders se behoeftes te maak.

Kyk, die hele Angus Buchan-verskynsel irriteer my grensloos.
Ek glo dit is die ontwaking van ’n nuwe fundamentalisme waaroor ons spyt gaan wees.
As iemand oor Angus praat dan probeer ek om die gesprek in ’n ander rigting te swaai want ek gaan net iemand kwaad maak as ek iets sê.
Dis amper asof ek fundamentalisties gekant is teen die hele ding.
Maar toe kom die oomblik dat ek vir ’n Angus-fan moet bid.
En boonop op die stoep van ’n kroeg in Jacobsdal.

Toe ek my bedanking indien, toe oorval die groot angs my, so erg dat die dokter my op pille sit en my afboek vir ’n week.
Ek gaan kuier toe vir ’n vriend wat die eienaar is van die hotel op Jacobsdal.
Genugtig mense, kan daai klomp boere kuier. Hulle werk hard en hulle kuier hard.
Maar tussen daai klomp kuierganse is daar een ou wat my die hele week opval.
Groot sterk boer. Maar hy praat sag en hy drink nie soveel soos die ander nie.
Ek en hy het nogal lekker gesels die week oor allerhande beuselagtighede.
En ek het hom so bietjie van my eie geloofskrisis vertel.

Saterdag na die rugby maak hy aanstaltes om te groet.
Maar ek kom agter hy draai draai draai en kry nie klaar gegroet nie.
Uiteindelik tik hy my op die skouer en wink my buitentoe.

En daar op die kroeg se stoep stort hy sy hart uit.
Hoe hy by Angus was en dat hy sy lewe wil verander en dat hy nie meer deel van die klomp kroegmanne wil wees nie.
Hy wil nou ’n skoon lewe lei. Maar hy sukkel om van die kroeg af weg te kom.
Ek sê vir hom maar dis nie nodig nie. Hy hoef nie sy vriende te versaak nie.
En bowendien kan enigiemand sien dat hy anders is as die res.
En boonop lyk dit of hulle dit respekteer.

Maar nee, die Here het hom by Oom Angus se byeenkoms oortuig hy moet verander.
En ek sê maar ek hou nie van Oom Angus nie en boonop is ek nog half ongelowig.
Wil hy nie maar liewer by ’n ander dominee gaan raad vra nie.
Nee, sê hy, hy wil al die hele week met my praat want hy dink ek sal verstaan.
Ek is nie soos die ander dominee’s wat hy ken nie.
Ek kan darem saam met die manne gesels, sê hy.

Toe besef ek: Hierdie ou het vir my ruimte gemaak. Hy weet wat my oortuigings is. Maar hy het vir my ruimte gemaak en hy het my met sy hart vertrou.
Toe vat ek sy hand en ek bid: Here, help vir Leon om die regte keuses te maak en te breek met die dinge wat hom laat struikel in sy geloof.
Daai groot boer het gehuil. Geruk soos hy huil.

En op pad terug na sy huis toe het hy drie keer gebel om net weer dankie te sê.
En hy het my, die half ongelowige dominee ’n dissipel van die Here genoem.
Ek het dit as die grootste kompliment toegeëien.
En ek gaan dit die res van my lewe saam met my dra.
Want dit was ’n oomblik waar twee mense van verskillende uitkyke vir mekaar ruimte gemaak het, compassion gedeel het en binne God geleef het.

Daarom, wat jou manier van glo betref: Jy mag volgens jou oortuigings glo.
There’s a lot of wrong directions on that lonely way back home.

Maar doen dit asb. sorgsaam. Doen dit met compassion. Ons elkeen het dit nodig.

Molefe Tsele in die M & G April 2006: Christianity in its current state, obsessed as it is with its self-importance and self-righteousness, concerned with its glory and greatness, misses the point of its existence. The source of its greatness, and indeed of its hope, is in returning to the simple message of its teacher.

Dit bring my by die kerk.
Maar as mens iets oor die kerk sê dan sê mens ongelukkig ook iets oor jou en my.
Want ons is die kerk. Kerk kan nie wees sonder ons nie.
En daarom is die kerk se dwaling nie die kerk se eie saak nie. Dis ons saak.

In die Mail & Guardian van 30 April 1999 skryf Melvyn Bragg:

I owe Christianity a debt, and so, I believe, does the world we have lived in for the past 2 000 years. Much of what is best in that duo-millennial span has been due to the man who inspired the faith which took his name. But Christianity also owes me and many others an explanation: for the bigotry, wickedness, inhumanity and willful ignorance which has also characterized much of its history. Its force and extraordinary persistence have informed “the best of times and the worst of times” from the manger in Bethlehem to the gas chambers of Auschwitz.

Ongelukkig is dit die storie van die kerk.
Die kerk kon nog nooit volgens my klinklaar bewys dat hulle omgee vir mense nie.
Daar is individue wat dit doen, maar die kerk as instansie kry dit nie reg om met compassion te leef nie.
Gaan vra maar vir elke dogter wat tussen 1960 en 1994 swanger geword het.
Gaan vra maar vir elkeen wat in daardie tyd geskei het.
Gaan vra maar vir die gay mense hoe seer hulle net in die afgelope paar jaar gekry het.
Gaan vra maar vir elke gelowige wat dit gedurf waag het om ander vrae te vra.

In baie opsigte het die kerk so irrelevant geword soos die apartheidsparlement in die vorige eeu.
Willie Esterhuyse (God en die gode van Egipte): Ek het een oggend, baie laat in my lewe, ’n radikale besluit geneem: ’n God wie se vertolkte boodskap deur sy “mediums” en volgelinge geen wesenlike verskil maak aan verskynsels soos armoede en onregsituasies nie, is nie die moeite werd om te aanbid nie.

Hy skryf ook: Die hoe van God vra sigbare tekens van versoening in die wêreld – en stories wat mense aangryp oor geregtigheid aan die werk. Veral in die kerk.

Wat my betref is dit al manier hoe die kerk relevant kan wees.
Vergeet die debatte oor suiwer en onsuiwer leerstellings en dra by tot versoening en geregtigheid.

En nou kan mens baie slim goed vir mekaar sê oor koinonia en dissipelskap ens.
Maar weet jy wat, dis eintlik baie eenvoudig in my opinie.
As die kerk wil relevant wees, dan gaan ons moet leer om soos ’n kroeg te wees.
Want op ’n snaakse manier is die kroeg die beste vervalsing van die kerk.
In die kroeg word jy aanvaar soos jy is en ingesluit by die gemeenskap.

Bruce Larson: Die kroeg floreer nie omdat mense alkoholiste is nie. Dit floreer omdat God die behoefte in mense geplaas het om te ken en om geken te word, om lief te hê en ’n geliefde te wees.
Cheers: Everybody needs a place where some-one else knows your name.
Dis wat mense in die kroeg kry. ’n Plek waar almal jou naam ken.
Om dit te illustreer wil ek vir jou ’n storie vertel.

Toe ek nog in Alberton predikant was het ek so dan en wan ’n draai gaan maak by die rugbyklub se kroeg.
Nie om iemand te bekeer nie. Net om bietjie skouers te skuur met die “wille” manne van die dorp.
En sommer net om nonsenspraatjies te maak en te lag.
Een aand keer een van die gereelde besoekers my vas in ’n hoek:

“Dominee, gaan jy ’n lootjie vat? Jy kan twee rugbykaartjies wen vir die game tussen Nieu Zeeland en die Springbokke op Ellispark. Ten bucks vir een lootjie.”

“Nee man, as ek nou vir jou R10 gee, dan het ek een bier minder vir die aand”, skerm ek versigtig.

“Kom nou dominee, dis vir ’n good cause. Dis nou jou kans om te practise wat jy preach.”

“O, nou maar wat se cause is dit?”

“Dis vir Petro. Iemand het die rooi robot geskip en haar kar afgeskryf. Total write-off. Ons try nou geld bymekaar maak om vir haar ’n ander karretjie te kry. Jy weet, die girl het dit nou nie maklik in die lewe nie. Kom nou doom, vat sommer twee.”

Petro is die kroegmeisie. ’n Vrou met ’n hart van goud en ’n mond wat elke orige kroegbesoeker laat verstaan waar sy plek in die kroeg is. Sy het dit wragtag nie breed in die lewe nie. Met ’n salaris van R2500 pm en dalk nog so R2000 se tips gaan dit maar sukkel-sukkel om haar kinders en haarself aan die lewe te hou. En haar vervalle tjorretjie was al waarmee sy werk toe en terug kon kom.

Ek het kaartjies gekoop. En gesukkel om die bier tussen my trane te proe.
Want so iets het ek in my hele lewe nog nie eers in die kerk beleef nie.
Mense wat vir ’n slag nie net bid nie, maar opstaan en ’n daadwerklike poging aanwend om iemand anders se omstandighede konkreet te verlig.

Maar die storie word nog mooier. Die aand van die trekking is ek weer daar.
Toe die wenner se naam aangekondig word, gee hy die kaartjies terug om dit op te veil.
Daarna het vyf ouens die kaartjies gekoop en dit weer teruggee.
So het ’n groepie “rowwe jacks” R15000 bymekaargemaak om vir Petro ’n kar te koop.

Maar hou vas. Toe hulle die geld aan Petro oorhandig, toe sê die kroegeienaar dat sy die geld vir haarself kan hou. Hy het self vir haar ’n kar gekoop!

Ek dink dis die Dalai Lama wat gesê het: Whether one believes in a religion or not, and whether one believes in rebirth or not, there isn’t anyone who doesn’t appreciate kindness and compassion.

Ek glo kerk kan op hierdie manier weer relevant word.
As ons gaan besef: There’s a lot of wrong directions on that lonely way back home.
En begin om om te gee vir mense ten spyte van ons verskille.

Liewe gemeente, ons almal dwaal maar in die geloof, as ons eerlik wil wees.
Elkeen van ons is maar gedurig op afdraaipaadjies terwyl ons na die Huis soek.
As gevolg van my afdraaipaadjies, het ek besluit om te bedank.
Ek is ongemaklik met konsepte soos die hemel en die hel.
Ek sukkel met begrippe soos maagdelike geboortes, opstandings en hemelvaarte.
Kortom: in die lig van ons kerk se belydenisskrifte is ek inderdaad besig om te dwaal.

Maar kan ek vir myself en elkeen anders wat soos ek dink ’n stukkie selfregverdiging gee in die woorde van Hans Kung: “The totality of faith consists in the integrity of commitment, not in entirely correct propositions. And that commitment can be entire and unreserved even though something false is said at the same time.”

Wat Küng eintlik sê volgens my verstaan daarvan is: There’s a lot of wrong directions on that lonely way back home.

Antwoord op die boodskap

Lied 280:1-3

Doop

Christo en Piet

Dankoffers

Aanvangslied vir die erediens van die lewe

U wys my die pad

Seën

Die Here is voor julle om vir julle die pad gelyk te maak
Die Here is langs julle om julle in sy arms toe te vou
Die Here is agter julle om julle teen ongeregtigheid te beskerm
Die Here is onder julle om julle te dra wanneer julle val
Die Here is rondom julle om julle te beskerm
Die Here is bokant julle om julle te seën
Die Here is binne-in julle om julle te lei en te inspireer van nou af tot in ewigheid.

Amen

Lewer kommentaar

Ouboet
6 Jun 2010, 09:58

Sekondeer

Dalla-se-Pa
6 Jun 2010, 08:23

Amen.

Karin
6 Jun 2010, 10:16

Hallo Zak,

Jy skryf: Maak nie saak hoe lief God sy kinders het nie, die afdreiging van ’n ewige lyding bly.

Nie ’n raps op die boud nie, nie ’n time-out in die badkamer nie, nie voorregte soos televisie ontneem nie, nee, ’n ewige vuur, dis wat vir ongehoorsame kinders wag.”

En dit hierbo sê ALLES.

Sterkte vir jou op jou nuwe pad.

Liefde

K 🙂

Annemari
6 Jun 2010, 10:59

O, ek hou van jou Zak! Ek hou van alles wat jy gepreek het, vir die moed van jou oortuiging. Jy sê nie hoe lank gelede dit was nie, maar ek wens jou net vreugde toe op jou nuutgekose pad.

Ek het in my vyftigs gebreek met die kerk waarvan ek voorheen ’n getroue lidmaat was. Die vrede wat ek daarna leer ken het, is onbeskryflik.

Voz Sola
6 Jun 2010, 12:05

As jy my dominee was het ek snot en trane gehuil…maar jy is nie.

As ’n vriendin wil ek sê, there might be a lot of wrong directions on your way back home…but there are quite a few of perfect roads…soos die een waarop jy nou is.

You cannot search for something you already have…you will not find it if you are already sitting on it! You are not a long way from home – you’ve been home a long time ago.

Just open the curtain and have a look. Home is where the heart is. God lives in your Home as you live in His.

Special groete en denke aan jou.

MaanKind
6 Jun 2010, 13:11

XXX

SteynaPriest
6 Jun 2010, 18:26

fok…innie kol…

Luk
7 Jun 2010, 17:33

Zakkie, Jy het Zak de Priester geword.

Die beste job het jy reeds ….geniet dit!

Sterkte en liefde,

Koekie Luk

Jhcoetzee
8 Jun 2010, 07:02

Ek is bly daar is nog predikante wat soos normale mense kan dink en leef. Drie hoeras vir Zak. Jy is nog ’n mens soos God dit bedoel het. Dankie vir die boodskap al is ek nie in jou kerk geweees nie. Dit is opnuut weer ’n eye opener. Anette Pretoria Noord

Hans
8 Jun 2010, 10:14

Terwyl almal so bieg moet ek tot my skaamte ook bieg, maar laat daar ter versagting dadelik erken word dat ek regtig baie vaak en op my beste redelik deurmekaar is. Vir my was jy nog altyd die sanger Jac de Priester, en het ek die ander kant van die man wat ek hier leer ken het nogal interessant gevind. Tot ek nou van vandag se koerant, rekenaar toe is om hierdie ander man se “preek” te lees. En toe dink ek steeds die sanger het die dominees toegelaat om sy blogspasie vir ’n oomblik te deel. Dis eers toe ’n kollega my daarop wys dat dit JAK/JAC de Priester is wat sing, besef ek dat ek jou al die tyd aan die stert beet had. Ag, ons hou dit tog maar tussen ons, asseblief.

Annemari
8 Jun 2010, 10:50

Hehehe – ten minste is jy altyd eerlik met jou flaters, Hans! En ek onthou aan die begin was daar ander van ons wat ook so verward gepik het, sodat Zak ’n tyd lank onder sy blognaam verklaar het dat hy nie die sanger is nie.

Sharon
8 Jun 2010, 11:14

Ek kan nie meer met jou, Izak saamstem nie.. Ek dink die wereld sal ’n beter plek wees, as mense begin lewe sonder oordeel.. Soos in die fliek: As it is in Heaven’.. “..If people say they believe in the crucifiction..Then why do they crucify others everyday..”.. Dankie vir jou eerlikheid Izak.. daar is ’n plek vir iemand soos jy in ’n gemeente, soos Renaissance, ons het dieselfde uitkyk..

francoisZ
8 Jun 2010, 13:44

Izak, ’n nuwe openbaring vir ons wat so regiet grootgemaak is. Jy lok egter groter vrae uit wat nog beantwoord moet word. Moet ons nie in die duister laat nie.

Naadia
8 Jun 2010, 13:57

“n Ongelooflike artikel, met soveel wysheid en insig. Dit laat mens net weer besef, dat “compassion” seker dit is wat elke mens die nodigste het!! Beste vir jou pad vorentoe!

Ina de Klerk
8 Jun 2010, 14:17

My God leef nie in ’n kerk nie, my God leef in my – wat my laat liefde leef ‘aan’ mense wat deur die samelewing vermy word – ek het dit die laaste paar weke in diepte beleef, en ek stuur vir jou daai liefde, vrede en een wees met ander.

Jacques
8 Jun 2010, 17:04

Liewe Izak

Ek was voorheen lidmaat daar by Valleisig en het ook al met jou gedagtes gedeel. Dit is vir my verskriklik hartseer dat jy jou sekerheid oor God en Sy liefde vir die mens verloor het. Ons bid dat jy in hierdie onseker tye antwoorde sal kry en ook sal besef dat daar NIE meer as een pad is NIE, dat God meer is as ons definisie van liefde en dat Hy ook volkome Heilig, Regverdig ens is, dat die Bybel VEEL meer is as net n handleiding van lewenslesse waarop ons losweg ons lewe kan skoei en die waarheid daarin bevrydend is.

Liefde in Christus

Jacques

Jacques
8 Jun 2010, 17:13

…… ek dink ook daar moet n besef kom dat die individu die kerk is en dat elke individu geroepe is om medelye met sy naaste te hê. Die kerk (instansie) is bloot daar om die individue toe te rus vir hulle werk in die samelewing en om hulle roeping te vervul. Dat die mense tekort skiet met hulle medelye is n veroordeling van ons elkeen en moet ons nie omdraai en die kerk van dit beskuldig nie en allermins nie God by ons onbeholpenheid insleep nie. Die vraag wat elkeen aan homself moet vra is: “Wat het ek gedoen om my medemens te help?”

Grysstof
9 Jun 2010, 10:33

Izak, ek dink daar is baie mense wat soos jy voel en ook baie vrae het. Vrae wat dalk juis onbeantwoord bly omdat die moontlike antwoorde mense bang maak, want dit is teenstrydig met dit waarmee hulle grootgeword het en wat in die kerk verkondig word. Juis om daardie rede dink ek baie mense skram weg van die vrae wat mag onstaan, selfs al is dit in hulself. Ek bewonder jou vir die moed wat jy gehad het om jou eie worsteling so openlik te deel in ’n gemeente en veral in Valleisig. Mag jy jouself in die toekoms meer en meer op plekke bevind waar mense ruimte vir jou maak.

Julia
9 Jun 2010, 10:42

Zak, ek het ’n knop in my keel gekry. Ek ken jou ’n rukkie en verstaan jou oortuiging. Dankie vir die mens wat jy is en jou eerlikheid. Nog nooit het ek jou gesien as dominee nie, maar ’n goeie vriend. Ek weet jy sal die regte besluite neem en wens jou alle sukses en voorspoed op jou lewenspad.

Empie
9 Jun 2010, 11:48

Hi Izak

Baie interessante boodskap, maar ek stem saam met van die vorige skrywers dat jy meer vra veroorsaak as wat jy antwoord.

Jy maak basies die stelling dat alle paaie na die Huis toe lei deur die genade.

1. EK sou graag wou weet wat jou definisie van Huis is, aangesien jy nie in God of hemel glo nie. Waarheen lei die paaie dus? Is selfvervulling en aanvaarding van ander mense (goed en sleg) die destinasie, of die gevolg van ’n volledige oorgawe aan Jesus?

2. Verder is dit seker nie onregverdig om te vra op grond waarvan jy tot die slotsom gekom het dat alle paaie “huis” toe lei nie? Dis een ding om te voel dat dit onregverdig sou wees indien alle paaie nie op dieselfde plek eindig nie, maar totaal en al iets anders om publiek die aanspraak te maak dat hulle wel daar eindig – dus: Hoe weet jy?

Sterkte met die pad vorentoe – ek bid saam met baie ander dat jy die waarheid (en ook ware liefde) sal ontdek in Jesus Christus.

Don
9 Jun 2010, 14:04

Hi Izak,

Ek is 50jr in die NG kerk. Ek is so jammer dat jy ons kerk nie langer as predikant kan help dink oor kerkwees nie. Jy verstaan die liefde van God soveel beter as baie van jou kritici.

Ek is seker dat die manier hoe jy dit uitleef, vir God belangriker is as of jou verstaan van maagdelike geboorte korrek is, aldan nie. Ek stem saam dat elke mens se waarheid mag verskil. Ons wil tog so graag God se werk van oordeel vir hom doen – jy hanteer dit met liefde en sonder oordeel.

Jy het my respek!

Sterkte.

Daniel
10 Jun 2010, 21:08

Izak

Ek wil kommentaar lewer op jou “preek” deur te begin om te sê dat ons seker nooit alles van God sal kan verstaan nie. Bv die uitverkiesing is teenstrydig, maak nie saak hoe jy daarna kyk nie: aan die een kant besluit God wie uitverkies is, maar aan die ander kant is ons nie maar net pionne nie – ons het ook ’n keuse om besluite vír of téén God te maak. Net so kan ’n mens nie noodwendig 100% verstaan hoekom Jesus gekruisig moes word nie – Hy kon mos ons sondes op ’n ander manier ook vergewe het. Miskien wou Hy juis vir ons wys hoe ernstig Hy oor sonde is en hoe lief Hy vir ons regtig is.

Die kern van Christenskap is Jesus: Christene glo dat Jesus die seun van God is, gekruisig is en het opgestaan sodat ons sondes vergewe kan word en ons so die ewige lewe kan kry, dws die hemel ipv die hel. Die Bybel (maw God) is ook duidelik dat jy slegs gered kan word indien jy dit glo en jou sondes bely (Joh 14:6, Hand 4:12). As jy dit nie glo nie, moet jy jouself die vraag vra of jy nog ’n Christen is en of jy slegs iemand is wat in ’n God glo (’n deïs of teïs of panenteïs, soos Julian Müller). Ek dink jy besef dit self, want jy het self erken dat jy dwaal. En dit is dan seker ook hoekom jy dit nie nodig geag het om die kroegmense van Jesus te vertel nie, want dit maak nie vir jou saak nie – al wat saakmaak is die nou en die hier, om aan ander goed te doen en om die wêreld ’n beter plek te maak (net soos Karen Armstrong sê). As jy egter ’n ewigheid (in die hemel of hel) vergelyk met ~80 jaar op aarde, waar sou jy sê moet ons fokus wees? Jy glo dan seker ook nie dat sendingwerk belangrik is nie, iets waaroor die Bybel baie duidelik is (Mat 4:19, Hand 1:8).

As daar ’n bylmoordenaar in jou huis is, gaan dit niks help om te glo dat hy nie daar is nie. Netso gaan dit nie help om maar net te besluit dat jy nie in ’n hemel of hel glo nie – dit is ’n realiteit. Ek weet nie of jy al die boek 5 Minute Voor en Na die Dood van Isak Burger gelees het nie. Ek dink jy sal dwaas wees om te beweer dat al daardie mense maar net gehallusineer het.

Hoekom is ’n maagdelike geboorte, Jesus se opstanding en Sy hemelvaart vir jou ’n probleem? Dink jy God kan dit nie doen nie? Waar dink jy het die aarde en heelal vandaan gekom? Vanself deur ’n oerknal miljoene jare gelede? Het jy geweet dat dit wetenskaplik onmoontlik is dat alles net vanself kon gebeur het – dit is letterlik teenstrydig met al die natuurwette wat ons ken (kyk Thermodynamics and Order Q&A’s, Origin of Life Q&A’s en Design Features Q&A’s). God moes geskep het en daarom is ’n maagdelike geboorte, opstanding en hemelvaart baie klein wonderwerke in vergelyking met die skepping. Is Jesus nie baie duidelik oor die hiernamaals in Mar 12:24-27 nie:

24 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?
25 Want wanneer hulle uit die dode opstaan, trou hulle nie en word hulle nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele wat in die hemele is.
26 En wat die dode betref, dat hulle opstaan—het julle nie gelees in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, hoe God vir hom gesê het: Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob nie?
27 God is nie ’n God van dooies nie, maar ’n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks.

Die Kerk kan altyd baie meer doen: met meer mense die evangelie deel, meer hongeres voed, meer mense met vigs bystaan, meer verslaafdes probeer help, ens. En dit is ook moontlik dat die kerk soms fokus verloor. Ek weet egter nie hoekom jy dit pertinent in jou afskeidsboodskap noem nie, want dit is nie die rede hoekom jy die kerk verlaat nie. Die rede is omdat jy jou geloof verloor het.

Die vraag is: hoe verstaan ék die hele storie:

Die sondeval (Adam en Eva wat gesondig het

Henk
11 Jun 2010, 01:41

Zak, verskoon maar vir Daniel wat verouderde dogmas probeer verdedig en skriftuurlik te regverdig. Hy wis nie dat sy Christelike begrip van Hel en Hemel by Zoroaster geleen is nie.

Zoroastrianisme is ? geloof wat in die 6de eeu v.C. deur die profeet/hervormer Zoroaster geformuleer is. Die siening dat die hel die finale woning is van die veroordeeldes nadat die laaste veroordeling plaasgevind het, het die Zoroastrianisme as oorsprong. By die dood wag die siel drie nagte om geoordeel te word, en gaan op die vierde dag na die Brug van die Vergelder/Regter, waar sy lewensdade geweeg word. As die goeie dade meer gewig dra as die kwade of sonde, gaan die siel oor die brug wat breed is en betree die hemel. Indien die sonde egter swaarder weeg, word dieselfde brug só nou dat die siel daarvan afval en in die ysige, stinkende hel beland, waar dit onderworpe is aan foltering, kastyding en tugtiging tot die Opstanding. Diegene wie se goeie en slegte dade in ewewig is, gaan na hamestagan ‘die gemengde plek’, waar die siele onderworpe is aan beide koue en hitte.

Sterkte in jou soeke na die mens se werklike geestesbehoeftes en hoe om dít te bevredig.

Tweeling
11 Jun 2010, 11:47

Weet jy Zak ek het nog nooit jou blog gelees nie as gevolg van my eie geestelike wroeging, maar hierdie skrywe het my ongelooflik baie geraak. Dankie

Daniel
11 Jun 2010, 15:55

Henk, dit is darem interessant dat daar altyd geredeneer word dat die Bybel by ander geleen het en nie anders om nie. In Mar 12:24-27 is Jesus baie duidelik oor die hemel. Kyk ook Heaven and Hell: What does the Bible teach?

Lo-Ammi
13 Jun 2010, 03:30

Hierdie kommentaar sou my ontroosbaar sad gemaak het as ek in God geglo het. Ontroosbaar. Dit bevestig my onredbaarheid. (Is enige mens ooit geestelik werklik reddensbehoeftig? Ek dink dit is veel belangriker om na mense se onmiddellike fisieke nood om te sien. Is dit nie juis wat die Nasareër gesê het nie?

– ongeag wat ek mag dink hy tydens sy aardse leeftyd was of nie was nie, het hy verreikende dinge kwytgeraak wat 2000 jaar na sy leeftyd steeds impak maak, maar dit blyk dat juis diegene wat hulle geloof na hom vernoem het nie mooi begryp wat hy gesê het nie.)

Daniel
11 Jun 2010, 15:58

Ek sien ’n gedeelte van my kommentaar van 10 Junie 2010 het nie deurgekom nie. Hier is die res:

Die vraag is: hoe verstaan ék die hele storie:

Die sondeval (Adam en Eva wat gesondig het) is ’n baie belangrike gebeurtenis wat ongelukkig vandag deur baie misken word en wat dinge baie duideliker maak, mits jy dit glo. Ek neem aan dat jy dit ook nie glo nie, want selfs sommige konserwatiewe teoloë glo dit nie meer nie. Die ateïs, Richard Bozarth slaan egter die spyker op die kop met sy aanhaling in The atheists know why Christianity has to fight evolution. Adam en Eva het gesondig en so die begin van dood en swaarkry veroorsaak. Dit is ook die antwoord op dood en swaarkry op aarde en hoekom Jesus aan die kruis moes sterf – dood en swaarkry was nie deel van God se plan nie (kyk Death and Suffering Q&A’s). Nou kan jy redeneer en sê dat as God geweet het dat Adam en Eva sou sondig, dan maak dit mos nie ’n verskil nie, dan is Hy nogsteeds wreed. Die feit is, indien God die mens geskep het sonder ’n keuse, sou mense Hom beskuldig het daarvan dat Hy robotte geskep het. Dus, moenie God blameer vir die hel nie, blameer Adam en Eva. Hoekom moet die hele aarde swaarkry agv Adam en Eva? Goeie vraag. Ek weet nie. Dit is nog een van daardie dinge wat ek nie 100% verstaan nie en wat onregverdig lyk, maar dit is hoe God besluit het. Dus is die kruisiging die grootste geskenk wat ons kon kry, want ons moes almal hel toe gegaan het oor die sonde van Adam en Eva (Rom 5), maar God was bereid om Sy enigste Seun te laat sterf vir ons. Moenie hierdie gegewe perd in die bek kyk nie.

Jy wil voorgee dat ons maar kan dwaal, dat ons maar kan glo soos ons wil. Jy sê: “Daarom, wat jou manier van glo betref: Jy mag volgens jou oortuigings glo. There’s a lot of wrong directions on that lonely way back home. Maar doen dit asb. sorgsaam.” Waar leer jy dit? Definitief nie in die Bybel nie. Ek weet jy hou nie van Buchan nie, maar hy het ’n baie waar ding gesê: “Dit is nie goeie mense wat hemel toe gaan nie, maar geredde mense.” Kyk wat die Bybel sê oor dwaling in bv Matt 22:29; Gal 6:3-8 en Heb 3:10-11. Dink ook maar aan Paulus wat baie moeite gedoen het om die leer suiwer te hou, selfs oor meer randkwessies soos die besnydenis. Om ons te verhef bo dit wat God in die Bybel sê is om self God te speel. Ek begin al hoe meer te dink dat dwaling die oortreding van die tweede gebod is. Iemand wat dwaal, maak vir homself ’n afbeelding van God hoe hy God wil sien en nie hoe God Hom aan ons ge-openbaar het nie.

Ten slotte:

Moenie teen God, die Almagtige Skepper van hemel en aarde in opstand kom net omdat jy nie alles verstaan van Hom of oor alles saamstem met jou (ons) baie beperkte brein nie. Buig eerder in nederigheid voor die Enigste Een en loof en prys Hom, selfs al is daar baie wat jy nie verstaan nie.

Ek is amper seker dat hierdie dwaling begin het deur jou die reg toe te eien om die Bybel te bevraagteken en nie te sien as ’n boek met betroubare inligting en integriteit nie. Selfs baie teoloë vandag se benadering/siening is dat dit maar net nog ’n boek is wat geskryf is deur mense oor hulle siening van God. Dit is egter nie so nie – die Bybel is betroubaar (kyk bv Bible Q). Ek wil jou uitdaag om ’n webwerf soos Creation Frequenlty asked questions te besoek en objektief daarna te kyk.

Baie dankie egter vir jou eerlikheid oor jou dwaling! Ek hoop en bid dat jy weer die pad wat Huis toe lei sal vind en sommer ’n klomp mense saam met jou sal vat op die regte pad.

Lo-Ammi
13 Jun 2010, 03:14

As jy ooit ’n gemeente van jou eie begin, sal ek graag daarvan wil weet. Dit is onwaarskynlik dat ek ooit in my lewe van die bestaan van ’n eksterne godheid oortuig sal kan word (let wel: ek deel nie die oortuiging van die New Age itv “the god within” nie, maar glo bloot in die spiritualiteit van elke mens wat uiteindelik deel van ’n groot geestelike geheel of eenvormigheid is – seker op ’n manier vergelykbaar met die selle van ’n organisme, soos wat mens en dier en plant en elke ding op aarde deel van die geheel van die lewe is waaruit ons wêreld as organisme bestaan), maar met ’n geestelike aanvoerder/instigator/fasiliteerder (enige term buiten “leier” sal doen) wat die insig het wat jy hier openbaar, kan enige mens ’n pad stap.

Dankie hiervoor.

Shlwanjan
13 Jun 2010, 07:25

My Sondagoggend preek vir vandag.

Dankie, Zak.

Gaan in vrede.

i.p.v.
13 Jun 2010, 07:31

Lees vanoggend nou eers hier……..sterkte. Loop self daai paadjie…….het laasmaand Spong gelees en sit van eergister met ’n Karen Armstrong…….interessante paadjie, ne?

Daniel
13 Jun 2010, 07:54

Lo-Ammi, ek is nie seker waar jy lees dat die Nasireer (ek neem aan Jesus), besorg was oor aardse dinge nie. Gaan lees (weer) Matt tot Joh in sy geheel in die Bybel – jy is welkom om my te laat weet.

Hier is maar net ’n paar verse om te wys hoeveel klem Jesus op die hemel geplaas het:

Mat 5:10 Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
Mat 5:11 “Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê.
Mat 5:12 Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”

Mat 6:31 “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie.
Mat 6:32 Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.
Mat 6:33 Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Mat 8:20 Jesus sê vir hom: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens ’n rusplek vir sy kop nie.”

Mat 6:19 “Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie.
Mat 6:20 Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie.
Mat 6:21 Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”

As jy nie glo in ’n Godheid nie, dan glo jy seker ook nie dat Jesus God was nie, maar net ’n goeie morele leermeester. Kyk egter was sê CS Lewis hieroor:

“Ek probeer hier verhoed dat iemand die waarlike dom ding sê wat mense dikwels oor Jesus sê: Ek is bereid om Jesus as ’n groot morele leraar te aanvaar, maar ek kan sy aanspraak dat Hy God is, nie aanvaar nie.” Dis een ding wat ons nie moet sê nie. Iemand wat bloot ’n man was en die soort dinge sê wat Jesus gesê het, sou geen morele leermeester wees nie. Hy sou ’n waansinnige wees… of anders sou hy die Duiwel uit die Hel wees. Jy moet kies. Hierdie man was, en is, die Seun van God, of anders ’n malmens of iets ergers. Jy kan Hom as ’n dwaas opsluit, of op Hom spoeg en Hom as ’n duiwel doodmaak; of anders kan jy aan sy voete val en Hom Heer en God noem. Laat ons egter nie met patroniserende onsin vorendag kom dat Hy ’n groot menslike leermeester was nie. Dít het Hy nie vir ons oop gelaat nie. Dit was nooit sy bedoeling nie.” (Uit Quotes by C.S. Lewis)

Daniel
13 Jun 2010, 07:56

i.p.v., gaan lees net ook die kommentaar oor Spong op www.creation.com.

Daniel
13 Jun 2010, 08:40

Ek het sommer net gaan soek na die woord “hemel” en na die woord “hel” in die Nuwe Testament. Jesus is baie duidelik oor die hemel en die hel. Ek dink nie dit help om hieroor te debateer nie, maar eerder of die Bybel (en meer spesifiek die NT) betroubaar is en of Jesus werklik al hierdie dinge gesê het (die Jesus seminaar beweer mos dat 82% van dit wat Jesus volgens die NT gesê het nie waar is nie. Neem egter in ag wat hulle doelwit was: om Amerikaners van hulle “naïewe” geloof te bevry en te soek na ’n Jesus wat vir vandag relevant is.)

Die Nuwe Testament is letterlik die betroubaarste antieke dokumentasie wat ons het. Daar is ~5000 antieke geskrifte oor die NT wat tussen 30 en 60 jaar na die gebeure geskryf is. Homerus se Iliade kom 2de: daar is slegs 650 manuskripte – die meeste hiervan dateer 1000 jaar ná die werklike gebeure. Dus, as jy nie die NT wil glo nie, moet jy geen ander antieke geskiedenis glo nie. Net omdat dit 2000 jaar gelede gebeur het, beteken nie dat ’n mens dinge daarin kan uithaal soos jy wil nie. Dit is duidelik:

  • Jesus was die Seun van God.
  • Hy is gebore uit ’n maagd.
  • Hy het wonderwerke gedoen.
  • Hy is gekruisig en het gesterf.
  • Hy het opgestaan uit die dood.
  • Hy het opgevaar na die hemel.

Daar is nie ’n probleem om te soek nie, maar dan moet jy eerlik wees of jy soek na die waarheid, en of jy soek na bewyse teen God en die Bybel. Dan kan jy nie net Spong en Karen Armstrong lees nie, maar dan moet jy ook die volgende lees:

Henk
13 Jun 2010, 16:55

Daniel, ? moontlike verklaring vir die maagdelike geboorte.

Ek is die Seun (Jesus) van die mens (Adam), gebore uit ? maagd – 25 Desember.

Verwys die Maagd altemit na die sterrebeeld die Maagd – 25 Desember, 3dae na die midwinter sondraaipunt van die son naby die sterrebeeld die Maagd in die noordelike halfrond.

Waar het die verwarring tussen Seun en Son ontstaan?

Seun = IE seu- ‘to give birth’.– Engels son, ME sone, OE sunu, OHD sun, Grieks hyios

Vergelyk met lewegewende Son = Engels sun, ME sunne, OE; OHD sunna, Grieks helios

Henk
13 Jun 2010, 17:06

Daniel, waarom ignoreer jy die skeppingsverhaal van Genesis 1 waar Elohim se ses skeppingsdae, wat elk ingelei word met die woorde ‘en God het gesê ……’, beskryf word?

Chronologies kan die ses dae so opgesom word:

DAG 1 Lig en duisternis – dag en nag.

DAG 2 Skeiding van die waters wat onder die uitspansel is, en die waters wat bo die uitspansel is – atmosfeer van die aarde (die uitspansel) en die hemel.

DAG 3 Skeiding van droë land en seë – vastelande en oseane. Grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat volgens hul soort vrugte dra waarin hul saad is.

DAG 4 Die ligte van die hemelruim – son, maan en sterre – dae, jaargetye en jare.

DAG 5 Die visse, seediere en voëls – die bevel om vrugbaar te wees en te vermeerder.

DAG 6 Die skepping van alles met ’n lewende siel – die vee, kruipende diere en wildediere; die mense as man en vrou. Aan hulle twee kom die opdrag: wees vrugbaar en vermeerder, onderwerp en heers oor die visse, voëls en diere.

DAG 7 Skepping voltooi. God rus.

En konsentreer slegs op die tweede beskrywing in Genesis 2 waar Jahwe die skepper is, vir jou sondeval teorie? Die Bybel is nie ’n historiese handboek nie. Dit is inderwaarheid Hebreeuse mites wat op die astronomie gebaseer is, om die openbaring van God te probeer verklaar.

Daniel
13 Jun 2010, 18:23

Henk

Wat is jou geloofsoortuiging: is jy ’n ateïs of glo jy in God (of ’n god)?

Izak, indien Henk ’n ateïs is, sou ek baie bekommerd begin raak het – hier is nou al twee ateïste wat jou beskerm: Henk en Lo-Ammi (indien die ander nie ook ateïste is nie).

Soos ek vroeër gesê het: Hoekom word gesê dat die Bybel geleen het van ander en nie anders om nie? Die dinge wat jy hier noem lyk na die dinge wat ook genoem word in die videos van Zeitgeist. Kyk egter die artikels:

Dit lyk veel eerder of hulle by die Bybel geleen het, en nie anders om nie.

Verder, wat maak jy met:

Prof James Barr (wat nie in ’n letterlike Genesis glo nie!), bekende Hebreeuse kenner sê bv:

… probably, so far as I know, there is no professor of Hebrew or Old Testament at any world-class university who does not believe that the writer(s) of Genesis 1 to 11 intended to convey to their readers the ideas that:
(a) creation took place in a series of six days which were the same as the days of 24 hours we now experience
(b) the figures contained in the Genesis genealogies provided by simple addition a chronology from the beginning of the world up to later stages in the biblical story
(c) Noah’s Flood was understood to be world-wide and extinguish all human and animal life except for those in the ark.

En wat dink jy het hierdie siening verander? Was dit nie die aanvaarding van die oerknal en evolusie as feit nie? Want indien dit waar is, dan is die Bybel verkeerd.

Oor Jesus se maagdelike geboorte, Jesus se wonderwerke, opstanding ens, kyk na die bronne wat ek alreeds genoem het. “‘n Saak vir Christus” is baie volledig, maar anders begin by die internet artikels. ’n Goeie een is The Impossible Faith: Or, How Not to Start an Ancient Religion.

En The Virginal Conception of Christ. Dit sê ook iets oor Spong. Kyk ook:

Daniel
13 Jun 2010, 18:32

Terloops, kyk die volgende oor of daar ’n hel is:

(1) Evangelicals and the Annihilation of Hell, Part 1, Christian Research Institute Journal
(2) Evangelicals and the Annihilation of Hell, Part 2, Christian Research Institute Journal

Henk
13 Jun 2010, 18:55

Daniel, ek is geensins ? ateïs nie. Die Hebreeuse alfabet het eers laat ontstaan en die Joodse geskrifte is relatief jonk, daarom het die Hebreërs of Habiru wat regte trekvoëls was oral geleen.

Spreuke, ook genoem Die Spreuke van Salomo, die Ou Testamentiese boek van ‘wysheid’, word in die derde deel van die Joodse kanonieke boek bekend as die Ketuvim of Geskrifte, aangetref. Die boek se opskrif, Die Spreuke van Salomo, beteken geensins dat dit in die geheel, of dat selfs enkele spreuke, aan koning Salomo toegeskryf kan word nie, aangesien wetenskaplike ondersoeke bevind het dat dit sewe versamelings van wysheidsmateriaal bevat (meestal kort gesegdes) wat strek oor wydverspreide periodes, almal ná Salomo se tyd.

Die vroegste versameling (Spreuke 25:1 – 29:27), getitel, Spreuke van Salomo, is deur die wyse manne van koning Hiskia van Juda saamgestel en het naastenby 700v.C. in gebruik gekom. Die laaste (Spreuke 1:1 – 9:18) dateer uit die 4de eeu v.C.. Dan is daar ook ’n ongetitelde lettervers oor ’n knap vrou (Spreuke 31:10 – 31).

Die derde versameling (Spreuke 22:17 – 24:22) het veral baie aandag getrek weens die noue ooreenkoms daarvan met die Egiptiese ‘Wysheid van Amenemope.’ Amenemope het sy geskrif moontlik gedurende die laat Nuwe Koninkryk (1300 – 1075v.C.) verwerk. Inhoudelik is dit verwant aan die meeste van die voorskriftelike of wysheidsliteratuur wat vroeër geskryf was, en in so ’n versameling spreuke en vermanings word die opdragte vir ’n goeie lewe uiteengesit. Alhoewel aanvanklik geglo is dat die werk op die Spreuke van Salomo gebaseer was, word die teks tans as die hoogtepunt van die ontplooiing van ouere Egiptiese wysheidsliteratuur beskou.

Daniel
13 Jun 2010, 21:12

Henk, al hierdie goed sê jy op grond van die wetenskap neem ek aan. Jy sê bv “… aangesien wetenskaplike ondersoeke bevind het…”. Watter wetenskap word hier van gepraat? Argeologie? Taalwetenskappe? Ken jy die verskil tussen operasionele en historiese wetenskap? Kyk bv It’s not science, . In kort is operasionele wetenskap die wetenskap wat vliegtuie en brue ens bou – ons kan dit waarneem en herhaal. Historiese wetenskap kan ons nie waarneem of herhaal nie bv evolusie, miljoene jare en argeologie. Die uitkoms van daardie “wetenskap” hang af van die “wetenskaplike” se vooropgestelde idees. Hoe weet ons bv dat Spreuke nie net in ballingskap oorgeskryf is nie? Kyk ’n bietjie:

As jy sê dit was nie Salomo wat Spreuke geskyf het nie, glo jy hy bestaan het? Kyk die artikel False History – out with David and Solomon. Met die regte aannames, bevestig die argeologie die Bybel pragtig. Net so ook Egyptian history and the Biblical record a perfect match.

En dan wil ek weer sê: hoe is dit dat ons in die jaar 2000 nC beter weet as die mense wat baie nader aan daardie tyd geleef het?

Henk
13 Jun 2010, 22:21

Daniel, die minimaliste soos prof. Israel Finkelstein – van die Universiteit van Tel Aviv – meen Dawid en Salomo het óf glad nie bestaan nie óf was hoogstens die leiers van ’n swerwende rowerbende oor wie die verhale later (soos by koning Arthur of Robin Hood) aangedik is. Die kernvraag is nie of Dawid of Salomo werklik geleef het nie. Die werklike vraag is of Christus werklik bestaan het? Of is die evangelies bloot gebaseer op ouer mites en die groeiende neiging tot antropomorfisme [vermensliking] van die hemelliggame. Verwys Openbaring 22:16 – Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Afstammeling, die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder Môrester. – Die helder môrester Merkurius versinnebeeld Christus. Die ander môrester Venus versinnebeeld Lucifer.

Daniel
13 Jun 2010, 22:40

Henk

Hierdie is maar weer iemand se opinie.

Jy sê: “Die kernvraag is nie of Dawid of Salomo werklik geleef het nie. Die werklike vraag is of Christus werklik bestaan het.”

In ’n mate is jy reg, dit is net geloof in Christus wat redding bring.

Maar nou verstaan ek iets nie – dit het vir my geklink of jy nie in ’n hemel en hel glo nie. As dit so is, hoekom het ons Christus nodig? Waarvan moet ons gered word? Is dit om te verseker dat ons ’n goeie lewe ly, soos Armstrong sê: “I don’t think it matters what you believe in. If conventional beliefs make you compassionate, kind, and respectful of the sacred rights of others, this is good religion.”? Jy kan dit doen sonder Christus ook: dink maar aan Ghandi, Dalai Lama en selfs sommige ateïste.

Ek sal nogsteeds graag wil hoor watter wetenskap het bewys dat die evangelies in die Bybel gebaseer is op heidense gelowe.

Wat glo jy presies:

  • Jy glo nie aan die maagdelike geboorte nie.
  • Glo jy aan wonderwerke: Jesus se wonderwerke, die Rooisee wat oopgekloof het, Jona wat ingesluk is, Bileam se donkie, ens?
  • Glo jy dat Jesus gesterf het en weer opgestaan het uit die dode. Dit is natuurlik fisies, nie metafories nie.
  • Glo jy aan Jesus se hemelvaart?
  • Glo jy aan die hemel en hel? Wat gebeur as mens doodgaan? Wie gaan hemel toe en wie gaan hel toe?

Henk
14 Jun 2010, 04:57

Beste Zak,

Ek sluit af met die kommentaar wat ek van ’n afgetrede proffie ontvang het. “Baie dankie vir die afskrif van Izak du Plessis se afskeidspreek. Dit is werklik roerend in sy eenvoud en opregtheid. Dit is tragies dat so ’n bekwame en sensitiewe man die bediening verlaat -wat hy, volgens sy eie getuienis, geniet het.

Aan die ander kant is dit goed dat mense wat nie meer die basiese waarhede van die Christelike geloof kan aanvaar nie – Jesus se unieke geboorte, sy volmaakte lewe, sy opstanding en verheerliking – in alle eerlikheid hulle bande met die Christelike kerk verbreek. Daar is net eenvoudig ’n te radikale verskil tussen die Christelike belydenis en ’n algemene panteistiese, pan-enteistiese of post-teistiese religieusiteit. Te oordeel na relevante briewe in die koerante (ens) behoort so ’n nuwe “geloof-gemeenskap” nogal heelwat Afrikaans-sprekende aanhangers te kan werf.”

Voorspoed met jou eie “geloof-gemeenskap”.

Henk
14 Jun 2010, 08:45

Daniel, ek hoop onderstaande beantwoord al jou kwelvrae.

In his volumes Ancient Egypt: the Light of the World Gerald Massey gives a long comparative list of some pre-Christian data which were borrowed from the “Egyptian Ritual” and Christianised in the Canonical Gospels and the Book of Revelations. Some of these are as follows –

  • The trinity of Osiris the father, Horus the son and Ra the Holy Spirit – Trinity of the Father, Son and Holy Ghost
  • Isis, the virgin mother of Horus – Mary, the virgin mother of Jesus
  • Sep, the builder of the house, the carpenter – Joseph, the carpenter
  • Sut and Horus contending in the desert – Satan and Jesus contending in the wilderness
  • mountain
  • Osiris raised from the tomb by Horus in Annu – Lazarus raised from the tomb by Jesus
  • in Bethany
  • The Star, as announcer for the child Horus – The star in the East that indicated the birthplace of Jesus
  • Horus born in Annu, the place of bread – Jesus born in Bethlem the house of bread
  • Offerings made to the child by the worshippers in Annu – Offerings and worship of the magi
  • Isis commanded to take her child down into Egypt for safety – Mary warned to take her child down into Egypt for safety
  • Horus as the lamb – Jesus as the lamb
  • Horus the word made flesh – Jesus the word made flesh
  • Horus the Lord of resurrection from the house of death – Jesus the resurrection and the life
  • Horus walking the water – Jesus walking the water
  • Seven loaves of Horus for feeding the multitude reposing in the green fields of Annu – Seven loaves of Jesus for feeding the multitude reclining on the grass
  • Horus ascending to Heaven from Bakhu, the Mount of the Olive tree – Jesus ascending to Heaven from Mount Olive

Daniel
14 Jun 2010, 18:22

Henk, ek hoop hierdie artikel laat jou afsien van die idee dat Christenskap geleen het van Osiris en Horus: Was the story of Jesus stolen from that of the Egyptian deites Horus and Osiris?.

Maar daar is nog baie inligting wat veral die NT bevestig (soos ek alreeds aan jou genoem het).

Die benadering vandag is om niemand te oordeel nie en toe te laat dat elkeen in sy eie waarheid glo. Dit klink baie edel, maar is nie. Op die ou end is daar net een waarheid.

As jou kind glo dat hy kan vlieg en wil van ’n krans afspring, gaan jy hom toelaat om maar sy eie waarheid te glo? Natuurlik nie. En daarom wil ek so sterk staan op die waarheid.

Henk
15 Jun 2010, 09:18

Daniel, ek het net vir jou van die ooreenkomste tussen Christus of Christos, wat ‘gesalfde’ beteken en die Egiptiese-goddelike Horus (sy naam beteken ‘hy wat bo is’ of ‘hy wat veraf is’ ] genoem. Ander parallelle ooreenkomste tussen die Oudnoorse god van die voorjaar Balder ‘Lig’ die Mesopotamiese Dumuzi, die Akkadiese Tammuzi, Mithra die Indo-Iraanse god van lig, die Hindoe-goddelike, Krisen ‘Herder’ of Krishna ‘swart of donker’ en Christus ‘die Lig van die wêreld’, is opvallend. Almal verwys volgens my na die koms van die somer lig/son en die lente reën.

Daniel
15 Jun 2010, 09:47

Henk, ek is nou heeltemal deurmekaar: Jy sê dat jy geensins ’n ateïs is nie en op 14 Jun 2010, 04:57 sê jy: “Daar is net eenvoudig ’n te radikale verskil tussen die Christelike belydenis en ’n algemene panteistiese, pan-enteistiese of post-teistiese religieusiteit.” Dus is jy ook nie een van hierdie nie. Maar jy is in die NGK. Dit lyk vir my of jy glo dat Jesus geleen is van ander godsdienste (indien jy dit nie glo nie, wat was die doel om vir my die ooreenkomste te wys?).

So wat glo jy van God en van Jesus: Jy het reeds laat blyk dat jy nie glo dat Hy uit ’n maagd gebore is nie. Glo jy dat Jesus die seun van God was, dat Hy wonderwerke gedoen het wat nie wetenskaplik verklaar kan word nie, dat Hy gekruisig is, gesterf het, opgestaan het en opgevaar het na die hemel? Glo jy dat die skepping bonatuurlik gebeur het en dat ons dit nooit wetenskaplik sal kan verklaar sonder ’n god nie?

Ek hoor graag van jou.

Henk
15 Jun 2010, 14:25

Daniel, noem my wat jy wil, ek beskou myself as ? agnostikus, wat ná deeglike oordenking en ontleding van die mites van die verskillende ontwikkelde volke van die antieke tye tot die slotsom geraak het, dat al die brongodsdienste hul oorsprong het in die mens se studie en poging om die jaargetye te bereken. Die mens se wel en weë of sogenaamde lotgevalle, is sedert die vroegste tye deur die jaargetye bepaal. Al die mitiese hoofgodhede versinnebeeld dus die verloop van die hele jaar se jaargetye.

Daar is elf Hebreeuse woorde wat gebruik word vir verskillende Gode of openbarings van God:

Die eerste vier is:

YHWH, Jahwe of Jehova: die persoonlike of eienaam is tydens openbare voorlesing met die woorde ‘Elohim’ of ‘Adonai’ vervang, omdat Jahwe in die Hebreeuse tradisie nooit op sy naam genoem is nie. Jahwe is verwant aan die Hebreeuse werkwoord JH ‘om te wees’ – ‘Ek is wat ek is’. {Jahwe is die eienaam vir Israel se god. Hy het waarskynlik vir ‘El’ onttroon.}

El: beteken Godheid – Heer

Elohim: die meervoudsvorm van die Godheid – Here { Die kollektiewe naam vir die gode in die panteon.}

Adonai: Vors of Heer

Ek kan ook vir jou bron oorsprong van bogenoemde, wat almal die verloop van die hele jaar versinnebeeld, verduidelik.

Die vraag is dus of die christen godsdienste werklik monoteïsties is?

Daniel
15 Jun 2010, 16:54

Henk, dankie vir die gesels.

Soos ek verstaan is ’n agnostikus iemand wat sê dat ons nie kan weet of daar ’n god is nie. Is jy dus ’n agnostikus of glo jy dat daar wel ’n god moet wees, maar dat ’n mens nooit iets van God sal weet nie?

Jy glo dus nie dat Jesus die seun van God was nie. Dus het Hy nooit bestaan nie of Hy was ’n malmens (kyk Lewis se aanhaling in my kommentaar op 13 Jun 2010, 07:54). Wat glo jy hieroor?

Ek neem ook aan jy glo nie in wonderwerke nie.

Wat glo jy oor die ontstaan van die aarde en heelal? Of weet jy nie?

Volgens jou kommentaar op 14 Jun 2010, 04:57 aan Izak, lyk dit of jy jouself meer assossieer met die NGK as met Izak se sieninge. Jy sê: “Dit is tragies dat so ’n bekwame en sensitiewe man die bediening verlaat… Aan die ander kant is dit goed dat mense wat nie meer die basiese waarhede van die Christelike geloof kan aanvaar nie – Jesus se unieke geboorte, sy volmaakte lewe, sy opstanding en verheerliking – in alle eerlikheid hulle bande met die Christelike kerk verbreek.”

Dit verstaan ek glad nie, want dit lyk vir my of Izak se sieninge nader aan die NGK is as joune.

As jy nie aan die NGK verbonde is nie, hoekom is dit tragies dat Izak die bediening verlaat?

Is jy aan die NGK verbonde? Indien wel, hoe? Slegs ’n lidmaat?

Henk
15 Jun 2010, 18:33

Daniel, die HAT omskryf agnosties, b.nw. Wat glo dat ons niks omtrent God of die hiernamaals kan weet nie, en ’n agnostikus as ’n Voorstaander van die agnostisisme.

Na ’n preek in die NGK wat ’n draai in die Oos-Transvaalse sinode gemaak het, het ek besef die Engelse pers korrek is. met hul aantyging dat die NGK net die NP in gebed is. Die NP het nou ontbind en die NGK is rigtingloos.

Die kommentaar van 14 Junie is die van ’n afgetrede NGK professor!

Daniel
15 Jun 2010, 21:43

Henk, dit is nou ’n baie interessante antwoord wat ek nie verwag het nie: ek vra jou wat jy glo, en dan kom jy met die NGK wat apartheid gesteun het.

Jy sê: “NGK net die NP in gebed is.” Ek neem aan jy bedoel “NGK met die NP in die bed is.” (Is dit reg?)

Ek lei die volgende af uit jou antwoord:

  • Jy is ’n afgetrede NGK professor
  • Toe jy besef het dat die NGK ’n fout gemaak het deur apartheid te steun, toe is jy so teleurgesteld in die kerk dat jy jou rug gedraai het op die God van die Bybel en die Bybel self.
  • Jy glo dat daar wel ’n god is, maar nie die god van die Christene nie. (Lyk my daar is meer as een definisie van agnostici. Merriam-Webster definieer dit soos ek dit verstaan het)
  • Ek neem aan jy is nie meer verbonde aan enige kerk nie.

Is dit reg?

Ek weet nogsteeds nie wat jy glo oor:

  • Jesus: was hy ’n malmens of het Hy nooit bestaan nie.
  • Glo jy in wonderwerke?
  • Het God die aarde en heelal geskep?

Terloops, hoekom glo jy dat daar wel ’n God is? Is dit ’n intellektuele of geestelike besef?

Intellektueel = besef dat alles nie vanself tot stand kon kom nie.

Geestelik = jy voel in jou hart dat daar ’n god moet wees.

Henk
16 Jun 2010, 00:57

Daniel, ek is nie ’n teoloog nie, maar wel ’n tegnoloog.

Ek is nie ’n Beyers Naude of Nico Smith wat om teologiese redes teen apartheid te velde getrek het nie.

Volgens die bekende skrywer en mikrobioloog Lyall Watson [Dark Nature] is die mens geneties soos volg geprogrammeer.

  • BE NICE TO INSIDERS – bloed is dikker as water
  • BE NASTY TO OUTSIDERS – apartheid en regstellende aksie
  • CHEAT WHENEVER POSSIBLE – die NSA sonder enige etiese norme.

Ek onderskryf die christelike leefwyse – alhoewel ek geen historiese bewyse kon vind nie – dat Jesus wel geleef het.

Ek is ook nie ’n aanhanger van die skeppingsleer teologie nie.

As jy met wonderwerke bedoel dat ’n mens op water kan loop is die antwoord nee.

Ek is wel by geestelike groepe betrokke en weet verseker dat daar wel ’n ander dimensie na die dood bestaan.

Daniel
16 Jun 2010, 10:13

Henk, jy laat my lekker raai, ne 🙂

As jy ’n tegnoloog is, behoort jy die beperkings van die wetenskap beter te verstaan as sommige teoloë wat lyk my net besluit het dinge soos bv evolusie en argeologie is wetenskap en die wetenskap is eksak, dus kan ons dit nie bevraagteken nie.

Jy glo dus wel in ’n god agv ’n geestelike besef. Wat bedoel jy met: “Ek is ook nie ’n aanhanger van die skeppingsleer teologie nie.” Beteken dit jy glo nie dat ’n god geskep het nie of beteken dit dat jy nie glo dat God geskep het soos beskryf word in Genesis nie? Kan jy met die idee van ’n intelligente ontwerper saamgaan – dat daar “bewyse” of tekens is van ’n god wat deel moes wees van die skeppingsproses – soos bv waar kom materie, energie en inligting (in bv die vorm van DNS) vandaan? Of glo jy dat alles vanself ontstaan het? As jy nie aan wonderwerke glo nie, dan glo jy seker dat alles vanself ontstaan het. Is ek reg? Of glo jy deïsties oor god – hy het geskep (hy het die horlosie opgewen) en is nou weg?

Is ek reg in my kommentaar op 15 Jun 2010, 21:43 dat jy eers verbonde aan die NGK was en toe besluit het om die kerk en God te verlaat toe jy agtergekom het dat die kerk apartheid gesteun het? Was jy dus eers ’n Christen?

Ek het nog baie vrae, maar ek gaan eers hierby volstaan 🙂

Henk
16 Jun 2010, 15:28

Daniel, ek dink eerlikwaar, dat as Keiser Konstantyn en sy moeder die heilige Helena nie die Joodse geloof omarm het nie, maar ’n andere, byvoorbeeld die Mitraïsme, ons vandag maar bra weinig sou geweet het van die Jode en hulle ou testament.

As jy my van kontak besonderhede voorsien, stuur ek jou my Wetenskaplike skeppingsverhaal. Die blog laat nie so lang verhaal toe nie.

Daniel
16 Jun 2010, 16:17

Henk, stuur gerus na daniel.louw@ananzi.co.za.

Lyk my jy wil nie vir my sê wat jy glo nie.

Ek sien ons spring nou na die OT:

Miskien weet ons so baie van die OT nie net omdat Keiser Konstantyn ’n Christen was nie, maar omdat dit die waarheid is – omdat dit die ware geskiedenis van daardie tyd was.

Verder, ten spyte van baie wat al probeer het om Christenskap uit te wis, het Christenskap bly voortbestaan. Dit is ook die geloof waar seker die meeste gesterf het vir hulle geloof en vandag nog sterf! Ek wil jou regtig aanmoedig om die artikel The Impossible Faith: Or, How Not to Start an Ancient Religion, te lees. Daar is baie wat teen Christenskap getel het, maar ten spyte daarvan het dit ontwikkel en voortbestaan. Kyk ook die baie goeie artikel Can we believe the Gospels?.

Die OT is ook krities vir Christenskap (alhoewel moderne teoloë dit ontken) omdat dit die rede gee vir Jesus se kruisiging, daarom is dit logies dat Christene dit sou bewaar.

Daniel
16 Jun 2010, 17:25

Henk, ek weet nie wat jy glo oor die Da Vinci kode nie en hoe dit jou geloof beïnvloed het nie, maar lees bietjie hierdie artikels hieronder. Dit bevat ook baie inligting oor dit waaroor ons nou praat:

The Da Vinci Code: Fiction masquerading as fact

Hierdie is lyk my die hoof artikel van CMI oor hierdie onderwerp. Kyk onder die opskrif “Brown’s attack on Christianity” oor die rol van Keiser Konstantein.

Da Vinci Code apostate challenges CMI

Hierdie is ’n artikel deur Jonathan Sarfati waar hy iemand antwoord wat sy geloof verloor het agv die Da Vinci fliek/boek. Hy is lyk my ’n briljante man – hy het redelik onlangs weer skaak gespeel teen 6 opponente – geblinddoek! Hy kan soms ouens nogal vasvat – hy doen dit hier ook. Maar hierdie artikel bevat uitstekende argumente. Dit bevat ook baie argumente wat die integreit van die Bybel verdedig.

The Da Vinci Code: Secret hidden truth? is nog een. Dit sê oa:

“As for Constantine making the choice of Matthew, Mark, Luke and John, the idea is laughable.

The gathering of the New Testament documents began within the first century. Paul referred to Luke’s Gospel as ‘scripture’—graphē(1 Tim 5:18 cites both Deut. 25:4 and Luke 10:7 as such). Peter recognized that Paul’s writings were ‘scripture’—in 2 Peter 3:15–17 he refers to them as authoritative and then refers to ‘the other scriptures,’ and he warns his readers to beware of those who twist the meanings to their own destruction.

This process of recognizing the true and separating it from the false gained momentum in the second century when the heretic Marcion produced his own, very reduced, list of authorized books. Since the caricature always comes after the original, this implies that the main features of the NT collection were in place at that time. By the time of the Council of Nicaea in AD 325 (which Constantine convened, but it was the gathering of 318 bishops that made the decisions) the issue was not even debated.”

Murphy
18 Jun 2010, 11:10

Deur hierdie te lees vandag, het ek vir die eerste keer in amper 15 jaar my voet in die kerk gesit, weliswaar ’n virtuele een. En ek wil net vir jou sê dat sit wat jy hier geskryf het, my presiese gevoel rondom alle aspekte van georganiseerde geloof (die kerk) nou weer vir my duidelik gemaak het. Baie dankie daarvoor, ek weet ook nou weer dat my besluit om die NG kerk te verlaat en my eie pad te volg, die regte een was.

Jy het baie moed, sterkte.

Daniel
18 Jun 2010, 16:54

Murphy

Ek weet nie wat jou rede is dat jy so voel nie:

  • Henk het die kerk verlaat omdat hy teleurgesteld is in “Christene”. Mens kan egter nie God verantwoordelik hou vir wat mense doen nie. Ps 146:3 sê: “Moenie op magtiges vertrou nie, nie op ’n mens nie; hy kan jou nie red nie.” ’n Mens is maar ’n feilbare ding.
  • Is dit die “wetenskap”? Ek skryf dit in aanhalingstekens want geen eksakte wetenskap het of kan die Bybel verkeerd bewys nie. Kyk It’s not science.
  • Wil jy dalk nie deur God voorgesê word nie? Kyk bv wat het Julian Huxley, “the bulldog of Darwin” gesê: “Scientists jumped on Darwin’s Origin of Species because the idea of God was too restrictive to their sexual morals.”

Daar is net een waarheid. In Luk. 13:23-30 is Jesus baie duidelik oor wat met ongereddes sal gebeur. In verse 27 en 28 sê Jesus: “Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Niemand van julle het gedoen wat reg is nie. Maak dat julle van My af wegkom! Daar sal julle huil en op julle tande kners wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete binne-in die koninkryk van God sal sien, terwyl julle self buitentoe weggejaag word.”

Ek haal ’n stukkie aan uit die artikel Pascal’s wager:

The Truths: Either God exists, or God doesn’t exist.

The ways to live: You can live as if God exists, or you can live as if God doesn’t exist.

Combining these we have the following conclusions:

  • If God doesn’t exist, and you live as though He doesn’t exist, you have no losses.
  • If God doesn’t exist, and you live as though He does, you have no losses but gain the advantages of a better life.
  • If God does exist, and you live as though He doesn’t, you lose big time.
  • If God does exist, and you live as though He does, you have no losses and gain everything.

Ek verstaan nie hoe enige-iemand hierdie kans kan vat nie.

Daniel
18 Jun 2010, 20:24

Ek het al iets genoem van nabydoodse ervarings. Ek sien CMI is baie versigtig om hierdie te gebruik juis omdat dit ’n mens moeilik sal kan bewys. Kyk bv Near death experiences? What should Christians think?

Kyk ook die baie interessante artikel Brain chemistry and the fate of the personality after death.

Die volgende artikel laat my egter soms wonder:

What Happens When We Die?

“When your heart stops beating, there is no blood getting to your brain. And so what happens is that within about 10 sec., brain activity ceases – as you would imagine. Yet paradoxically, 10% or 20% of people who are then brought back to life from that period, which may be a few minutes or over an hour, will report having consciousness.”

Daniel
20 Jun 2010, 23:16

Het julle gehoor van die debat tussen William Lane Craig en Sakkie Spangenberg. Kyk bietjie:

Jy kan ook ’n DVD van die debat bestel by www.antwoord.org.za

Daniel
22 Jun 2010, 20:17

Kyk bietjie hierdie debat: J.P. Holding (Tekton Apologetics Ministries) vs Frank R. Zindler, American Atheists

Was Jesus a Historical Figure?

Die res van die debat met Henk (Hennie) het ons per e-pos voortgesit:

From: Daniel Louw
To: Hennie
Sent: Wednesday, June 16, 2010 10:03 PM
Subject: Gesprek

Hennie

Moet ons die gesprek voortsit op die blog, of persoonlike e-pos?

Groete

Daniel

From: Hennie
Sent: 16 June 2010 10:59 PM
To: Daniel Louw
Subject: Gesprek

Beste Daniel,

Ek verkies persoonlike e-pos. Die blog laat nie lang kommentare toe nie. Ek het Dan se THE DA VICI CODE, ANGELS AND DEMONS en THE LOST SYMBOL gelees. My Vrymesselaar vriende het my verseker dat sy inligting oor die beweging baie goed nagevors is. Die werklike interessante boek is BEYOND ANGELS AND DEMONS deur René Chandelle.

Dit is ʼn magstryd tussen die bokryers en die Roomse kerk. Onthou net een ding die Sioniste is deesdae in beheer van die Vrymesselaars, dus oeroue stryd tussen die Roomse en die Jode oor MAG.

Die maklikste manier om onderdane te beheer is met behulp van ʼn gemeenskaplike geloof.

Jy is tien teen een bewus van die Vrymesselaar simboliek by die Voortrekkermonument en ou Raadsaal in Pretoria.

Ek heg vir jou die Voorwoord en Inleiding van my geskrif aan.

Vriendelike groete,

Hennie.

From: Daniel Louw
To: Hennie
Sent: June 17, 2010
Subject: Gesprek

Hennie

Vertel my asb jou verhaal. Wat is jou agtergrond? Wat het gebeur dat jy besluit het om hierdie dinge te glo? Op Izak se blog het jy iets genoem van apartheid – het dit daarmee te doen?

Hoe objektief was jy toe jy jou sieninge geformuleer het en watter bronne het jy geraadpleeg?

Jonathan Sarfati sê in aangehegte artikel (Da Vinci Code apostate challenges CMI) (wat ek ook in die blog noem):

To attempt to decipher the validity of any written word, there are logical questions which must be asked to ensure proper scholarship (i.e. to make sure you aren’t duped). This is known as ‘textual analysis’. Some of the following questions may not be applicable in all situations, but they are presented here as a guideline:

  • Who is the author? What is their background? What is the author’s intent in writing?
  • Who is the author’s audience? What genre is the writing (i.e. fiction, nonfiction, reference)? If there are claims made that materials in a fictional writing are factual, are these claims properly cited and supported by evidence?
  • What issue is being addressed? What evidence is used to support the claim(s)?
  • Has anyone else rebutted some or all of the claims? Is the evidence presented in the rebuttal reputable?

En

What research did you conduct? Are you, for example, able to refute the many errors that the author made without handwaving or appealing to some non-existent conspiracy?

Het jy bv al ooit gaan kyk na ander bronne soos www.creation.com of www.tektonics.org of www.christiananswers.net wat jou teorieë weerlê? Mislei bronne soos hierdie volgens jou, of is dit oningeligte bronne? Wat maak jy met hierdie argumente?

Jy aanvaar nogal maklik die Da Vinci kode-storie. Was jy bewus daarvan dat Dan Brown die volgende in die boek sê:

“The Da Vinci Code is a novel and therefore a work of fiction.” “In this work of fiction, the characters, places and events are either the product of the author’s imagination or they are used entirely fictitiously.”

Jy skryf in “Die Wetenskaplike skeppingsverhaal” die volgende: “Stephen Jay Gould, Amerikaanse paleontoloog, evolusiebioloog en wetenskapskrywer, meld in sy essay The Panda’s Thumb (1977), dat fossielrekords nie die geleidelike-verandering- teorie onderskryf nie, maar veel eerder sneller sarsies korter as duisende jare, opgevolg deur lang stabiele tydperke waartydens die organismes min of geen verdere veranderinge ondergaan nie. In 1982 steun David Schindel, professor in Geologie aan Yale, Gould se standpunt in sy artikel The Gaps in the Fossil Record, gepubliseer in die joernaal Nature”

Jy noem dit sommer net so terloops asof dit niks is nie. Dink jy nie hierdie is ’n reusagtige probleem vir evolusie nie? Hiermee word erken dat daar nie tussenskakels is nie en verder het ons nog nooit makro-evolusie (vermeerdering in genetiese inligting) waargeneem nie (weet jy wat is die verskil tussen mikro- en makro-evolusie?) Het jy gesien wat sê Dawkins oor vermeerdering van genetiese inligting op youtube?

Ek sal graag jou verhaal wil hoor.

Ons kan self telefonies ook gesels, laat weet maar.

Groete

Daniel Louw
017 631 2623 (h)
082 441 7892
017 619 2140 (w)

Hennie het my toe dieselfde dag gebel en ons het vir ongeveer 40 minute gesels. Een van sy argumente was dat evolusie en argeologie eksakte wetenskap is. Ek het hom probeer verduidelik hoekom dit nie is nie (kyk Operasionele vs historiese wetenskap), maar hy het of wou dit nie verstaan nie.

From: Daniel Louw
To: Hennie
Sent: June 20, 2010
Subject: Waar kom materie vandaan?

Hennie

Ek het bietjie gaan soek wat die teorieë is vir waar materie vandaan kom. Hier volg ’n paar:

PBS:

Hierdie ou wil beweer dat daar materie en anti-materie bestaan. En dit moet mekaar seker uitkanselleer om (weer) “niks” te wees nie, ek weet nie. Dit klink vir my egter meer filosofies en minder wetenskaplik. Verder is daar baie meer materie as anti-materie in die heelal.

Answers Yahoo:

Hier is ’n paar opinies. Ek stem baie saam met:

“Evolutionists claim that at the beginning (Big Bang) the laws did not apply and all matter and energy simply came into being out of absolutely nothing, for no reason (?).

Creationists believe that at the beginning God created all matter/energy ex nihilo (from nothing), for a purpose.

Both of these positions are faith positions about events that happened in the past and which cannot be proved.”

Soos jy egter self kan sien, beantwoord nie een persoon hierdie vraag nie. Die meeste aanvaar maar net dat materie reeds van die begin af daar was. Die vraag is egter: wie het daardie materie gemaak?

Starts with a bang:

Hierdie ou probeer ook ’n antwoord gee. Hy sê bv: “whenever we go into a laboratory and try to make some of this normal matter, for every particle of normal matter we make, we also make one of antimatter. But the Universe as we know it is made up almost exclusively of matter, with almost no antimatter. Every galaxy we see is matter, not antimatter. Every cloud of gas and dust we see is matter, not antimatter.”

En selfs al was daar eweveel materie en anti-materie, wie het die “niks” geskei in materie en anti-materie?

Aan die een kant sê hy: “First off, and this is the first rule of any scientific inquiry, is no cop-outs. That means, we would never just say, “Oh, it had to be there from the start of the big bang.””.

Dit is goed, maar dan sê hy later: “Let’s give you my favorite example; let’s assume that at some high enough energy, there are superheavy particles called X.” Dus, om materie te probeer verklaar, moet hy ’n klomp energie aanvaar. Waar kom dit vandaan? Oh, it had to be there from the start of the big bang. (?) 🙂

Wikipedia: Unsolved problems in physics

Hierdie wys hoe min ons as mens nog weet en dat oorsprongswetenskap glad nie ’n eksakte wetenskap is, soos jy dink nie.

Bigthink:

Niemand kan die vraag beantwoord nie. Jy kan materie verklaar as jy baie energie het, maar waar kom die energie vandaan?

Factmonster:

Hierdie is eintlik baie ironies tensy hy ook glo dat God geskep het. Sy antwoord is: “All matter in the Universe was created by the Big Bang 14 billion years ago. In less than a second, the Universe was filled with vast amounts of energy, such as light and heat. The explosion made the Universe expand. As it expanded, it cooled, and particles with MASS formed and clumped together.”

Waarmee ek wel kan saamgaan is:

CAN MATTER BE DESTROYED?

Matter can be destroyed by changing its mass into pure energy. This can happen when a particle of matter collides with a particle of antimatter. The matter and antimatter annihilate (destroy) each other, and vanish as a flash of radiation.

Wys net weer die verband tussen materie en energie – jy moet egter ten minste een van hierdie kan verklaar sonder ’n god.

Answerbag:

Nog spekulasies, maar niks sinvols nie.

Above Top Secret:

Hier is nog iemand wat sê dat dit net nog altyd daar was.

Talkorigins.org:

Volgens hierdie artikel:

Point of fact, matter IS being created currently. Also destroyed. See “virtual particles”. And the “available energy of the universe as a whole” says nothing about localities within it…

Hier is iets oor virtuele partikels:

Virtual Particles:

Virtual particles are subatomic particles that form out of “nothing” (vacuum fields conceptually analogous to lines of force between magnetic poles) for extremely short periods of time and then disappear again. Such particles permeate space, mediate particle decay, and mediate the exchange of the fundamental forces (electromagnetic, weak, strong, and—in accord with quantum theory—gravititational forces). Virtual particles are real and have measurable effects, but the same uncertainty principle that allows them to come into existence dictates that they cannot be directly observed.

Infidels (Jy sal van hierdie webblad hou :-)):

In the everyday world, energy is always unalterably fixed; the law of energy conservation is a cornerstone of classical physics. But in the quantum microworld, energy can appear and disappear out of nowhere in a spontaneous and unpredictable fashion. (Davies, 1983, 162)

The uncertainty principle implies that particles can come into existence for short periods of time even when there is not enough energy to create them. In effect, they are created from uncertainties in energy. One could say that they briefly “borrow” the energy required for their creation, and then, a short time later, they pay the “debt” back and disappear again. Since these particles do not have a permanent existence, they are called virtual particles. (Morris, 1990, 24)

Dus help virtuele partikels ook nie baie nie – dit het weer energie nodig.

Kyk ook Astronomy and Astrophysics Q&A’s onder “What are stars and could they form naturally?” tensy jy nie www.creation.com se inligting vertrou nie :-). Maar self al vertrou jy nie hierdie inligting nie, is dit nogsteeds goed om te sien wat daar gesê word. Hoe sê Confucio: Hou jou vriende naby en jou vyande selfs nader.

Hierdie is maar net die probleem van materie. Dan moet ’n mens nog verklaar waar inligting vanself vandaan gekom het. Kyk bv:

Kyk ook my e-pos Sel DNS-inligting bewys vir IO (Intelligente Ontwerp).

Groete

Daniel Louw

From: Daniel Louw
Sent: 20 June 2010 03:43 PM
To: Hennie
Subject: FW: Hoe evolusie werk en hoekom dit nie werk nie

Nog ’n ander artikeltjie van my – Hoe evolusie werk en hoekom dit nie werk nie.

From: Daniel Louw
Sent: 20 June 2010 03:43 PM
To: Hennie
Subject: FW: Waar kom al die nuttige energie vandaan?

Hennie

Iets wat hierby aansluit [My artikel Waar kom al die nuttige energie vandaan?].

Groete

Daniel

From: Daniel Louw
Sent: 20 June 2010 11:30 PM
To: Hennie
Subject: Prof Sakkie Spangenberg vs Prof William Lane Craig

Hennie

Wat sê jy oor hierdie debat:

Prof Sakkie Spangenbergen Prof Hansie Wolmarans vs Prof William Lane Craig en Michael Licona.

Onderwerp: How should Christ’s Resurrection Narrative be Understood?

Tyd en Plek: Die Musaion, UP, 12 Mei om 19:00

Opstanding: Debat tussen Amerikaanse en Afrikaanse akademici oor die opstanding

Daar is maalvleis gemaak van die Wolspan (Spangenberg en Wolmarans). Kyk bietjie:

Jy kan ook ’n DVD/klankbaan van die debat bestel by www.antwoord.org.za.

As daar volgens jou soveel goeie argumente is dat die Nuwe Testament slegs ’n misleiding is en dat Jesus en sy apostels nie eers bestaan het nie, hoe is dit dan dat Spangenberg en Wolmarans so liederlik op hulle neuse gekyk het?

Groete

Daniel

From: Hennie
Sent: 21 June 2010 12:08 AM
To: Daniel Louw
Subject: Re: Prof Sakkie Spangenberg vs Prof William Lane Craig

Daniel,

Ek en Sakkie korrespondeer al vir jare. Sluit vir jou iets oor die historiese Jesus in wat ek van hom ontvang het [Historiese Jesus].

Onthou ek doen navorsing oor alle gelowe. Ek is ten volle vertroud met die gedagtes van die NUWE HERVORMERS. Ek kan ook met jou gesels oor Hindoeïsme, Boeddhisme, Islamisme en vele meer. Almal pas in by my siening dat alle geloofsvorme gebaseer is op die aarde se rotasie om die son.

Het jy al ooit van Aten gehoor.

Aten (also Aton, Egyptianjtn) the disk of the sun in ancient Egyptian mythology, and originally an aspect of Ra. He became the focused upon deity of the arguably monolatristic, henotheistic, or even monisticreligion of Atenism of which Amenhotep IV established, who later took the name Akhenaten in worship and recognition of Aten. The worship of Aten seemed to stop shortly after Akhenaten’s death. In his poem “Hymn to Aten,” Akhenaten praises Aten as the creator, and giver of life.

Die Jode het oral geleen. Vergelyk die Hebreeuse Adonia, met die Egiptiese Aton. Oudnoorse Odin, die Griekse Adonis en die Fenisiese adōn.

Ten slotte so tong in die kies in Russies is EEN = ODIN.

Vriendelike groete,

Hennie.

From: Hennie
Sent: 21 June 2010 12:08 AM
To: Daniel Louw
Subject: The “devil” dresses in many costumes

This ischilling…

=============================

In1952

President Truman

established one day a year as a
“NationalDayof Prayer.”

————————————

In

1988
Pesident Reagan

designated the
First Thursday in May of each year as

the NationalDayof Prayer.

———————————-

In June

2007
(then)

Presidential
Candidate Barack Obama

declared that the USA Was no longer a
Christian nation.
——————————–

This year president Obama canceled the21st annual National Day of Prayer ceremony at the White House under the ruse Of “not wanting to offend anyone”

—————————-

On September 25, 2009

from 4 am until 7 pm,

a National Day of Prayer

for the Muslim religion was Held on Capitol Hill,
Beside the White House.

There were over 50,000 Muslims that
Day in D.C.

alt
HE PRAYS WITH THE MUSLIMS!

I guess it Doesn’t matter

if”Christians”
Are offended by this event –
We obviously
Don’t count as

“anyone” Anymore.

The direction
this country is headed
should strike fear in the heart of every Christian,
especially knowing that the
Muslim religion believes that if Christians cannot be
converted, they should be annihilated.

This is not a Rumor –

Go to the website
To confirm this info:
(
http://www.islamoncapitolhillcom/)

Pay particular attention to the very bottom of the page:

“OUR TIME HAS COME”
I hope that this information will stir your spirit.

The words of2 Chronicles 7:14
“If my people, Who are called by my Name,
Will humble themselves And pray,
And seek my face, and Turn from their Wicked ways,
Then will I hear from Heaven
And will forgive their Sin and will heal Their land.”

We must pray for Our nation, our communities,
Our families, and especially our children.
They are the ones who are going to suffer the most.
.
If we don’t PRAY
May God have Mercy.

IN GOD WE TRUST.

Please pass this on
Maybe someone, somehow can figure out a way to put America

back on the map as it was when we were growing up,

a safe place to live, and by
The Ten Commandments and Pledge of Allegiance.

For Obama to continue as our president is an INSULT TO OUR FOUNDING FATHERS&DISGUSTING TO EVERY RED-BLOODEDAMERICAN.

From: Daniel Louw
Sent: 23 June 2010 08:50 PM
To: Hennie
Subject: The “devil” dresses in many costumes

Hennie

Wees maar versigtig wat jy alles glo – kyk Urban Legends.

Moet ook nie alles glo wat evolusioniste vir jou sê dat evolusie wetenskaplike feit is nie. Onthou: wetenskap is herhaalbaar en waarneembaar. Net soos ek nie die Bybel of baie ander geskiedenis wetenskaplik sal kan bewys nie, net so kan niemand evolusie bewys nie – dit is historiese wetenskap.

Om te sê dat die Bybel mites is, is spekulasie.

Vir my om die Bybel te glo, is geloof. Vir iemand om te glo dat alles vanself ontstaan het, is ook geloof – of jy dit wil erken of nie.

Om te sê jy glo in Julius Ceasar maar nie in die Nuwe Testament nie, is nie konsekwent nie.

Jy het in opstand teen God gekom toe jy agter gekom het dat mense in die NGK foute gemaak het. Jy kan nie God verantwoordelik hou vir mense se optrede nie.

Jy is naby aan die einde van jou lewe – jy het nog tyd om reg te maak met God. Moenie die kans laat verby gaan nie.

Groete

Daniel

From: Hennie
Sent: 23 June 2010 11:47 PM
To: Daniel Louw
Subject: Re: The “devil” dresses in many costumes

Daniel,

Jou godsbegrip is bitter eng. Ek is nie in opstand teen die Godheid nie. Ek is in opstand teen Konstantyn se skepping die Roomse-Katolieke kerk en al sy vertakkings.

Vervolgens die Friese leerstellings aangaande Wralda:

Oudste leer

Heil aan al die goeie beminde kinders van Frya! Hierdeur sal julle op aarde salig word.

Leer en verkondig aan die volke. Wralda is die alleroudste of oweroudste, want Hy skep alle dinge. Wralda is alles in alles, want hy is ewig en oneindig. Wralda is alomteenwoordig, maar nêrens sigbaar nie, daarom word die wese gees genoem. Al wat ons van hom kan sien, is die skepsels wat deur sy lewe kom en weer heengaan, want uit Wralda kom alle dinge en keer tot hom weer. Vanuit Wralda kom die begin en die einde, alle dinge gaan in hom op. Wralda is die enigste almagtige wese, want alle ander krag is van hom geleen en keer tot hom terug. Uit Wralda kom alle kragte en alle kragte keer tot hom weer. Daarom is hy alleen die skeppende wese, en niks is sonder hom geskape nie.

Wralda het ewige insettinge, dit is wette, in al die geskapenes neergelê, en daar is nie goeie wette as hulle nie daarvolgens ingestel is nie. Maar al het alles uit Wralda ontstaan, kom die boosheid van die mense en nie van hom nie. Boosheid kom van luiheid, sorgeloosheid en domheid. Daarom kan dit wel die mense skaad, maar nimmer vir Wralda nie. Wralda is die wysheid, en die wette wat Hy gemaak het is die boeke waaruit ons kan leer, en daar is geen wysheid te vinde nóg te vergader buite die nie. Die mense mag baie dinge sien, maar Wralda sien alle dinge. Die mense mag baie dinge leer, maar Wralda weet alles. Die mense kan dinge ontsluit, maar vir Wralda is alles geopen. Die mense is manlik en vroulik, maar Wralda het albei geskape. Die mense bemin en haat, maar Wralda alleen is regverdig. Daarom is Wralda alleen goed, en daar is geen goeie buite hom nie. Met die joel (jaargetye) verander en wissel al die geskapenes, maar die goeie is alleen onveranderlik. Omdat Wralda goed is, kan hy ook nie verander nie, en omdat hy bestaan, is hy alleen wese, en al die ander skyn.

Die tweede deel van die oudste leer

Onder Finda se volk is onkundiges, wat deur hul oorvindingrykheid so boos geword het dat hulle hulself wysmaak, en die ingewydes glo, dat hulle die beste deel van Wralda is, dat hul gees die beste deel is van Wralda se gees, en dat Wralda alleen kan dink met behulp van hul verstand.

Dat iedere skepsel ʼn deel is van Wralda se oneindige wese, dit het hulle van ons oorgeneem.

Maar hul valse redenering en hul onbeteuelde hovaardigheid het hulle op ʼn dwaalweg gebring. Was hul gees Wralda se gees, dan sou Wralda heel dom gewees het, in pleks van verstandig en wys. Want hul gees sloof hom altyd af om pragtige beelde te maak, wat hulle naderhand aanbid. Maar Finda se volk is ʼn bose volk, want ofskoon die onkundiges onder hulle hulself wysmaak dat hulle gode is, het hulle vir die oningewydes valse gode geskape, en verkondig allerweë dat hierdie afgode die wêreld geskape het, met alles wat daar in is; gierige afgode vol nyd en toorn, wat gedien en geëerd wil wees deur die mense; wat bloedoffers en skatte eis. Maar die onkundige valse manne, wat hulself godsdienaars of priesters laat noem, palm in, versamel en vergader dit alles vir afgode wat nie bestaan nie, om dit self te behou. Dit alles bedryf hulle met ʼn ruim gemoed, omdat hulle hulself as gode waan, wat aan niemand antwoorde skuldig is nie. Is daar sommige wat hul kullery begryp en openbaar maak, word hulle deur hul dienaars gevang en weens hul laster verbrand. Alles geskied met statige plegtighede ter ere van die valse gode, maar in der waarheid om te voorkom dat hulle nie skade sal ly nie. Omdat ons kinders bewapen moet wees teen hul afgodsleer, behoort die maagde hulle verseker van buite te leer wat hier sal volg.

Wralda was vóór alle dinge, en na alle dinge sal Hy wees. Wralda is daarom netso ewig as wat Hy oneindig is en daar is niks sonder hom nie. Deur en uit Wralda se lewe het die tyd ontstaan en is alle dinge gebore; en sy lewe neem die tyd en alle dinge weg. Hierdie sake moet duidelik en openbaar gemaak word op alle wyses, sodat julle dit aan ander kan verduidelik en bewys. As dit verstaanbaar is, dan sê ons verder: Wat ons bestaan betref, is ons ʼn deel van Wralda se oneindige wese soos die bestaan van al die geskapenes. Maar wat ons liggaam betref, ons geaardhede, ons gees en al ons denke, behoort nie tot die wese nie. Dit alles is vlugtige dinge, wat deur Wralda se lewe verskyn, maar net deur sy wysheid en nie anders nie, verskyn. Maar terwyl sy lewe steeds voortbeweeg, so kan daar ook niks in sy plek bly nie. Daarom verwissel alle geskape dinge van plek, van gestalte en ook van denkwyse. Daarom mag die aarde self, nóg enige skepsel sê: ek is, maar eerder: ek was. Ook mag geen mens sê: ek dink, maar eerder: ek het gedink. Die jongman is groter en anders as toe hy ʼn kind was. Hy het ander begeertes, neigings en denkwyses. Die man en vader is en dink anders as toe hy ʼn jongman was. Netso die oue van dae. Dit weet iedereen. Buitendien, iedereen weet en moet erken, dat hy steeds verander, so moet hy ook erken dat hy ieder oomblik verander, ook terwyl hy sê: ek is; en dat sy denkbeelde verander, terwyl hy sê: ek dink.

In plek daarvan dat ons Finda se bose volk op ʼn onwaardige wyse napraat en sê, ek is, of wel: ek is die beste deel van Wralda, ja deur ons alleen mag hy dink, so wil ons oral en allerweë verkondig, waar dit nodig is. Ons, Frya se kinders, is verskynsels deur Wralda se lewe; by die geboorte gering en naak, maar altyd wordende en naderende tot volkomenheid, sonder om ooit so goed te word soos Wralda self. Ons gees is nie Wralda se Gees nie, dit is slegs ʼn afskynsel daarvan. Toe Wralda ons geskep het, het Hy ons in sy wysheid, verstand, sintuie, geheue en baie goeie eienskappe geleen. Hiermee kan ons sy skepsels en sy wette beskou. Daarvan kan ons leer en daaroor kan ons praat, alles en alleen tot ons eie heil. As Wralda ons nie sintuie gegee het nie, sou ons van niks geweet het nie, en ons sou net so redeloos wees soos ʼn seekwal wat voortgedryf word deur eb en deur vloed.

From: Daniel Louw
Sent: 24 June 2010 06:55 PM
To: Hennie
Subject: RE: The “devil” dresses in many costumes

Hennie

Dit help nie jy stuur vir my hierdie nie. Ek gaan maar net sê dat hierdie van die Bybel of die Ware God geleen is :-). Of het jy bewyse dat dit nie so is nie?

Terloops, wat is jou hoof bron van inligting? Wie is die skrywers?

Groete

Daniel

From: Hennie
Sent: 24 June 2010 07:18 PM
To: Daniel Louw
Subject: Re: The “devil” dresses in many costumes

Daniel,

Ek gebruik alle beskikbare bronne. Dit sou egter van groot hulp gewees het as die ou biblioteek van Alexandrië in Egipte behoue gebly het, en nie in die jaar 391n.C. deur die Ryk en sy amptelike kerk se Biskop Theophilus, wat ʼn Christelike gepeupel gelei het, vernietig is nie. Theodosius I het reeds in 380n.C. die Christelike godsdiens as amptelike godsdiens van die Romeinse Ryk verklaar en later sonder meer die biblioteek laat afbrand.

Hoekom dit vernietig wat nie saamstem met jou eie geskrifte nie?

Hennie.

From: Daniel Louw
Sent: 24 June 2010 07:50 PM
To: Hennie
Subject: RE: The “devil” dresses in many costumes

Hennie

Ek het jou nog nooit gesê dat ek geen sentimente het rondom die Katolieke kerk nie en dat hulle GROOT foute gemaak het en baie gedwaal het. Dit is daarom dat Luther hulle so teëgestaan het. Daar is selfs mense wat vandag dink dat die Pous die anti-chris is.

Maar om te beweer dat die Roomskatolieke kerk die biblioteek afgebrand het sodat die Christelike geloof beter sou groei sonder die “waarheid”, is vergesog. Dit is die eerste keer dat ek hoor dat die katolieke kerk verantwoordelik is dat die biblioteek afgebrand het.

Ek wil jou weereens waarsku om sommer net enige bron te glo wat jy wil. Ek het jou alreeds daarop gewys dat jy vals inligting versprei het (Urban Legends).

Vriendelike groete

Daniel

From: Hennie
Sent: 25 June 2010 02:08 AM
To: Daniel Louw
Subject: Re: The “devil” dresses in many costumes

Daniel,

Ek het die Obama e-pos van een van jou Christen maatjies ontvang en aangestuur. Ek weet dat beide Obama se eie vader en stiefvader Moslems is. Sy skoolopleiding was aan Islamitiese skole. Hy het die Christendom hoogswaarskynlik vir politieke gewin aangeneem. ONTHOU GODSDIENS EN POLITIEK IS BEDMAATS.

Was Luther se opstand teen die Roomse-kerk nie dalk gebaseer op nasionalisme nie?

Jy kan gerus alles wat ek aan jou stuur kontroleer. Jy is waarskynlik nog redelik jonk en jou verwysings raamwerk bitter beperk. Lees meer oor Biskop Theophilus en die politiek van destyds [sien aanhangsel “Out of Egypt Have I Called My Son”].

Ten slotte, antropoloë het gevind dat byna alle staatsgemeenskappe en hoofman-gemeenskappe op aarde, tot stand gekom het deur ʼn goddelike heerskappy om politieke mag te regverdig.

Hennie.

From: Daniel Louw
Sent: 25 June 2010 10:02 PM
To: Hennie
Subject: RE: Alexandrië se afgebrande biblioteek

Hennie

As jy sommer net glo dat Christene Alexandrië se biblioteek afgebrand het, moet jy jouself afvra hoe objektief jy is en of jy nie maar net glo wat jy wil nie, omdat jy jou besluit teen God wil regverdig nie.

Volgens die bronne wat ek vinnig kon opspoor, bly dit ’n misterie. Kyk bv:

Library of Alexandria

Generally thought to have been founded at the beginning of the third century BC, the library was conceived and opened either during the reign of Ptolemy I Soter or during the reign of his son Ptolemy II. Plutarch (AD 46–120) wrote that during his visit to Alexandria in 48 BC, Julius Caesar might have accidentally burned the library when he set fire to his own ships to frustrate Achillas’ attempt to limit his ability to communicate by sea.[1] According to Plutarch’s account, this fire spread to the docks and then to the library.

However, this version of events is not confirmed in contemporary accounts of Caesar’s visit. In fact, it has been reasonably established that segments of its collection were partially destroyed on several occasions before and after the first century BC. A modern conflation (no older than the late eighteenth century) attributes the destruction to Coptic Christian Archbishop Theophilus of Alexandria in 391, who called for the destruction of the Serapeum — the Daughter library and a temple to the god Serapis.

Dit lyk my jou teorie is ’n nuwer weergawe.

New World Encyclopedia:

While the library’s destruction remains a mystery

Yahoo Questions:

Kyk die verskillende opinies hier.

En dit sal ’n misterie bly, want soos enige moordsaak: hoe langer dit neem om op te los, hoe moeiliker word dit om op te los.

Vergeet daarvan om nou na meer as 2000 jaar hierdie misterie op te los en sommer net die Christene te blameer daarvoor.

Kan iemand in ’n tydmasjien teruggaan om te gaan kyk wat gebeur het?

Jou teorie is ook die nuwer weergawe. Hoekom dink jy het hierdie nuwe teorie ontwikkel? Omdat ons vandag meer inligting het? Ek dink nie so nie. Soos ek reeds gesê het, sal ons eerder minder inligting hê oor wat gebeur het (soos ’n moordsaak). Jy moet my dus vergewe as ek dink dat hierdie nuwer teorie deur mense uitgedink is wat anti-God is.

Daar is geen bewyse wie dit gedoen het nie en dit sal bitter moeilik wees om dit wel ooit te bewys.

Indien dit Christene was, is dit ook hoogs onwaarskynlik dat Christene hierdie geheim so lank sou kon bewaar het.

Ahmed Osman was ’n Moslem en natuurlik sou hy die Bybel wou diskrediteer. Met historiese wetenskap (en antropologie is deel hiervan) werk mens met baie aannames, interpretasies en vooropgestelde idees.

Groete

Daniel

From: Hennie
Sent: 26 June 2010 01:05 AM
To: Daniel Louw
Subject: Re: Alexandrië se afgebrande biblioteek

Daniel,

Weet nie waar jou bron aan Julius Caeser kom nie. The Alexandria museum and library survived for many centuries but were destroyed in the civil war that occurred under the Roman emperor Aurelian in the late 3rd century AD; the daughter library was destroyed by Christians in AD 391.

Hennie.

From: Daniel Louw
Sent: 26 June 2010 09:10 AM
To: Hennie
Subject: RE: Alexandrië se afgebrande biblioteek

Hennie

Lyk my jy wil maar net een ding glo of jy is baie oningelig.

Ek kry die idee daar is baie meer bronne wat sê dat dit Julius Ceasar was, as bronne wat Theophilus beskuldig.

Answers.com:

Ancient and modern sources identify four possible occasions for the partial or complete destruction of the Library of Alexandria:

  • Julius Caesar’s Fire in The Alexandrian War, in 48 BC
  • The attack of Aurelian in the third century AD;
  • The decree of Coptic Pope Theophilus in AD 391;
  • The Muslim conquest in AD 642 or thereafter.

Wikipedia – Library of Alexandria:

Plutarch (AD 46–120) wrote that during his visit to Alexandria in 48 BC, Julius Caesar might have accidentally burned the library when he set fire to his own ships to frustrate Achillas’ attempt to limit his ability to communicate by sea.

Bede.org.uk:

Stories about its demise have been circulating for centuries and date back to at least the first century AD. These stories continue to be told and embellished today by those who wish to make a moral attack against the alleged vandals. We find that three parties are blamed for the destruction and they correspond to the three occupying powers that ruled Alexandria after it had been lost by the Greeks. Let me first tell those stories as we hear them today – without references, largely inaccurate and used as polemic. Then I will try and establish what, if anything we can know before finally and rather indulgently making my own suggestions.

The suspects respectively are a Roman, a Christian and a Moslem – Julius Caesar, Patriarch Theophilus of Alexandria and Caliph Omar of Damascus. It is clear that the Royal Library could not have been burnt down or otherwise destroyed by all three of these characters and so we find we have too many sources for the event of the destruction rather than a paucity. As scholars of the Gospels will vouch, this too can be an embarrassment. How we decide to reconcile the stories will depend almost entirely on how we criticise the sources and which of them we choose to consider most reliable

E-History:

The loss of the ancient world’s single greatest archive of knowledge, the Library of Alexandria, has been lamented for ages. But how and why it was lost is still a mystery. The mystery exists not for lack of suspects but from an excess of them.

The first person blamed for the destruction of the Library is none other than Julius Caesar himself. In 48 BC, Caesar was pursuing Pompey into Egypt when he was suddenly cut off by an Egyptian fleet at Alexandria. Greatly outnumbered and in enemy territory, Caesar ordered the ships in the harbor to be set on fire.

Mlahanas:

Selfs Carl Sagan sê nie net dat dit die slegte Christene was nie.

Yahoo:

Kyk al die verskillende opinies.

Daar is nog baie ander bronne.

Is dit regtig die eerste keer dat jy hiervan hoor?

Groete

Daniel

From: Daniel Louw
Sent: 26 June 2010 02:44 PM
To: Hennie
Subject: Christelike godsdiens geleen van die mitologie?

Hennie

Jou argument is dat die Christelike godsdiens geleen is van die mitologie. My antwoord aan jou was hoe jy weet dat dit nie anders om was nie.

Aangeheg is twee artikels wat jy gerus kan lees – ek het die belangrikste in geel gemerk.

Volgens The serpent worshippers is die mitologiese literatuur baie sterk beïnvloed deur ’n ateïstiese benadering:

No matter how overt or substantial the evidence, atheist scholars, by definition, cannot conclude that the book of Genesis is a valid historical document. That is because validation of the truth of Genesis leads inevitably to validation of the reality of the God of Genesis.

En ook:

‘Although there are similarities, the possibility that this could be an early version of the Adam and Eve story has been denied by archaeologists’

Note that she [Campbell] does not say that archaeologists have disproved it, or refuted it, but have denied it. All atheists must deny the possibility of an Eden, and Johnson is no exception. Atheists must deny every bit of evidence that suggests or points to a Creator God; and likewise, they must deny all the evidence that points to the inextricably related idea that the book of Genesis is a true account of human origins. Their denials are a matter of atheistic dogma, not of science or of logic.

Name wat genoem word in die artikel is Jane Ellen Harrison, Joseph Campbell, Buffie Johnson en Bill Moyers. Ek neem aan jy weet van hulle, want jy ken jou mitologie lyk my op die punte van jou vingers.

Let op dat die artikel nie probeer bewys wie by wie geleen het nie, want mens kan nie. Dit demonstreer slegs dat mens se vooropgestelde idee gaan bepaal hoe jy ’n ding interpreteer. Hierdie skrywers hou dit egter voor as objektiewe feit.

Volgens die artikel Athena en Eve is dit duidelik dat Genesis 1 – 11 en Griekse mitologie na dieselfde gebeure verwys. Wat is nou die waarheid: het die Grieke by die Bybel geleen of anders om?

Ek sê nie vir een oomblik dat Christene meer objektief is as ateïste nie, maar jy kan ook nie sê dat Christene subjektief is en ateïste soos Harrison, Campbell, Johnson en Moyers (en jy) objektief is en daarom is dit reg, nie.

Ons werk met historiese wetenskap waar persepsies, vooropgestelde idees en interpretasies ’n baie groot rol speel. Moenie onder die wanindruk wees dat hierdie dinge wetenskaplik bewys is nie.

Vir my persoonlik maak dit meer sin dat die Bybel reg is:

  • Vir een kan ons en sal ons nie alles kan verklaar sonder God nie: Dawkins, Hawking, Francis Crick, James Watson, ens, glo aan panspermia. (kyk bv Panspermia, Dawkins on Panspermia, Designed by Aliens en ET en sy maats kom nie aarde toe om te speel. Ek kon nie eers op ’n behoorlike teorie afkom wat verklaar waar materie vandaan kom nie.
  • As God geskep het, sal ek verwag dat Hy ’n verhouding met Sy skepsels sou hê. Genesis vertel hiervan. En dit maak meer sin [dat mense meer geneig is] om van God afvallig te raak as om Hom te verheerlik, daarom glo ek dat Griekse mitologie van die Bybel geleen het.
  • As jy in Jesus glo, moet jy eintlik in Adam, Eva en die sondeval glo (kyk aanhalings deur Richard Bozarth, Frank Zindler en biskop John Shelby Spong: Kyk Aanhalings – Is Evolusie en die Bybel versoenbaar?. Daarom is dit vir my belangrik om Genesis te glo.

Jy moet maar besluit vir wie kies jy. Ek kies vir God.

Groete

Daniel

From: Daniel Louw
To: Hennie
Sent: Sunday, June 27, 2010 4:31 PM
Subject: Matter

Hennie

Hierdie artikel bevestig weer wat ek vroeër gesê het: energie kan materie word, maar dan moet jy eers verklaar waar die energie vandaan gekom het sonder God.

Matter

Groete

Daniel

From: Hennie
Sent: 27 June 2010 04:49 PM
To: Daniel Louw
Subject: Re: Matter

GOD IS ENERGIE

From: Daniel Louw
To: Hennie
Sent: Sunday, June 27, 2010 5:14 PM
Subject: RE: Matter

Amen Broer!!!!

Maar dan glo jy mos dat God geskep het. Hoekom wil jy dan naturalistiese teorieë soos evolusie, die oerknal en miljoene jare aanhang wat alles probeer verklaar sonder God?

Kyk bietjie wat sê sommige evolusioniste:

Richard Lewontin
‘We take the side of science in spite of the patent absurdity of some of its constructs, in spite of its failure to fulfill many of its extravagant promises of health and life, in spite of the tolerance of the scientific community for unsubstantiated just-so stories, because we have a prior commitment, a commitment to materialism.
It is not that the methods and institutions of science somehow compel us to accept a material explanation of the phenomenal world, but, on the contrary, that we are forced by our a priori adherence to material causes to create an apparatus of investigation and a set of concepts that produce material explanations, no matter how counter-intuitive, no matter how mystifying to the uninitiated. Moreover, that materialism is an absolute, for we cannot allow a Divine Foot in the door.
The eminent Kant scholar Lewis Beck used to say that anyone who could believe in God could believe in anything. To appeal to an omnipotent deity is to allow that at any moment the regularities of nature may be ruptured, that Miracles may happen.
[Uit Amazing admission. Kyk ook Aanhalings.]

En:

Scientists, like others, sometimes tell deliberate lies, because they believe that small lies can serve big truths.

Shallis
‘It is no more heretical to say the Universe displays purpose, as Hoyle has done, than to say that it is pointless, as Steven Weinberg has done. Both statements are metaphysical and outside science. Yet it seems that scientists are permitted by their own colleagues to say metaphysical things about lack of purpose and not the reverse. This suggests to me that science, in allowing this metaphysical notion, sees itself as religion and presumably as an atheistic religion (if you can have such a thing).’
Shallis, M., In the eye of a storm, New Scientist, pp. 42–43, January 19, 1984.
[Uit Quotable quote: The religion of scientism]

Richard Dickerson
‘Science, fundamentally, is a game. It is a game with one overriding and defining rule. Rule No. 1: Let us see how far and to what extent we can explain the behaviour of the physical and material universe in terms of purely physical and material causes, without invoking the supernatural.’
[Uit Aanhalings – Evolusie ’n geloof]

Onbekende professor
“You may well be right; special creation is probably the truth and evolution is wrong. Nevertheless, evolution is science, and creation is religion, so only evolution should be taught in schools.”
[Uit Aanhalings – Evolusie ’n geloof]

Dr. Michael Walker
“One is forced to conclude that many scientists and technologists pay lip-service to Darwinian theory only because it supposedly excludes a Creator…”
(Dr. Michael Walker Senior Lecturer, Anthropology, Sydney University Quadrant, Oct 1982, p. 44)

Scott (SC) Todd
Even if all the data point to an intelligent designer, such an hypothesis is excluded from science because it is not naturalistic.
[‘DNA marvellous messages or mostly mess?’, Creation 25(2), bl. 26-31, 2003, S. C. Todd in sy korrespondensie aan Nature 401, bl. 423, 30 Sep. 1999]
[Uit Aanhalings – Evolusie ’n geloof]

Michael Ruse (professor in filosofie en dierkunde
Evolution is promoted by its practitioners as more than mere science. Evolution is promulgated as an ideology, a secular religion – a full-fledged alternative to Christianity, with meaning and morality. … Evolution is a religion. This was true of evolution in the beginning, and it is true of evolution still today. … Evolution therefore came into being as a kind of secular ideology, an explicit substitute for Christianity.
[‘Did creationists ‘hijack’ Gould’s idea?’, TJ 16(2), bl. 22-24, 2002] [Michael Ruse (professor in filosofie en dierkunde, University of Guelph, Kanada), National Post, 13 Mei 2000, bl. B1, B3 en B7]
[Uit Aanhalings – Evolusie ’n geloof]

M. Behe
“The fourth and most powerful reason for science’s reluctance to embrace a theory of intelligent design is also based on philosophical considerations. Many people, including many important and well-respected scientists, just don’t want there to be anything beyond nature. They don’t want a supernatural being to affect nature, no matter how brief or constructive the interaction may have been. In other words … they bring an a priori philosophical commitment to their science that restricts what kinds of explanations they will accept about the physical world. Sometimes this leads to rather odd behavior.”
[M. Behe, ‘Darwin’s Black Box’, p.243.]

“In China we can criticize Darwin but not the government. In America you can criticize the government but not Darwin.”
Chinese paleontologist, quoted by Berkeley law professor and Darwin critic Phillip E. Johnson
[Uit Aanhalings – Evolusie ’n geloof]

Charles Lyell (author of “Principles of Geology”), stated in 1881 that his aim was to “free science from Moses” (Vol 1, p268) – not a geological aim but a philosophical aim.

*****************

Hennie, wat glo jy presies oor God?

Groete

Daniel

From: Hennie
Sent: 27 June 2010 05:40 PM
To: Daniel Louw
Subject: Die Skepper

Wêreldskepper

Demiurge (die Latynse vorm vir die Grieks dēmiourgos, δημιουργός, letterlik “publieke of bekwame werker”, van dēmios “behoort aan die inwoners van ʼn antieke Griekse staat – publiek” + ergon “werk”, en derhalwe ʼn “skepper”, “ambagsman” of “vakman” in filosofiese- en godsdienstaal is dit die term vir ʼn skeppergodheid, verantwoordelik vir die skepping van die Heelal.

As ʼn goddelike skeppende beginsel soos uitgedruk in ergon of energie, is die woord vir die eerste keer deur Plato in Timaeus, 41a (ca. 360 v.C.), gebruik. Dit verskyn daarna in ʼn aantal verskillende religieuse en filosofiese leerstelsels van die vroeë Middeleeue buiten Plato se filosofie, veral in Neoplatonisme. In Neoplatonisme identifiseer Plotinus die demiurge as nous (goddelike verstand), die eerste uitwaseming van “die Eerste Wese” of Monad. Neoplatoniste het Zeus, die hoogste godheid van die Grieke, as hul demiurge verpersoonlik.

Die term verskyn ook in Gnostisisme waarin die materiële wêreld as sleg beskou is of ten minste geskep deur ʼn geringer en of minderwaardige skeppergodheid. In Gnostisisme, is die Demiurge ʼn wese wat nooit moes ontstaan het nie, die resultaat van Sophia uitgewasem sonder her manlike teenparty.

Die Gnostikusse wyt aan die Demiurge baie van die handelinge en wette wat in die Tanakh of Ou Testament aan die Hebreeuse God Jahwe (sien die Sethians en Ophites – slange) toegedig is. Alternatiewe Gnostiese name vir die Demiurge, sluit in Yaldabaoth, “Samael”, “Saklas”, en “Kosmokrator”, en verskeie ander variante. Hy is bekend as Ptahil in Mandaenisme. Die gestaltes van die “Engel van Jahwe” en die “Doodsengel” kon bygedra het tot die Gnostiese siening van die Demiurge.

Plato laat die spreker Timaeus dikwels melding maak van die demiurge in die Sokraties dialoog Timaeus circa 360 v.C.. Sokrates verwys na die demiurge as die entiteit wat die materiële wêreld “gefatsoeneer en gevorm” het. Timaeus beskryf die Demiurge as onvoorwaarlik welwillend en begeer dus ʼn wêreld as goed as moontlik. Die wêreld bly egter vervolgens onvolmaak, omdat die demiurge met voorbestaande onsekere chaotiese materie moes werk.

Plato se Timaeus is ʼn ontrafeling van Hesiod se kosmologie, uit sy Theogonia [Die geboorte van God(e)] hy versoen Hesiod met Homerus, in ʼn logiese gesprek tussen Timaeus en die ander gaste by ʼn vergadering, in die dialoog van Timaeus (sien ook Plato se Simposium). Die begrip van kunstenaar of skepper en selfs die Platonistiese geskil tussen die digter as kultuurhistorikus en filosoof (sien Plato se Die Republiek) het ʼn verband in Plato se uitdrukking van die demiurge in sy werke.

Vir Neoplatoniste soos Plotinus stel die demiurge egter ʼn tweede beweegrede voor wat ʼn netelige deel van die ontologie of wesensleer van menslike bewussyn soos vervat in die Bestaanteorie. Die eerste en hoogste vorm van God is die Een, die bron of die Monad (Plato beskryf die begrip as die Goeie bo die demiurge). Die Monad straal die Nous (bewussyn) uit van sy “onbepaalbare” lewenskrag omdat die Monad so oorvloedig is oorvloei dit terug na homself en veroorsaak ʼn weerkaatsing. Na die self weerspieëling van die onbepaalde lewenskrag verwys Plotinus as die demiurge of skepper, die beginsel of ordening van die weerspieëling na die nie-waarneembare krag of dunamis, is die Een of die Monad. Die dyad is energie wat uit die krag straal en dan deur beweging van krag in die materiële wêreld georden is. Plotinus verduidelik ook die ekwasie van materie met niks of onbestaande in sy Enneads om die konsep van idealisme uit te druk of dat niks bestaan buite die “verstand.” Dié Platoniese idealisme is in verband met die nous van oordenkende menslike vermoë wat die krag (dunamis) en energie beveel om waargeneem te word in bewuste werklikheid. Hierin beweer hy om Plato se ware bedoeling te openbaar, ʼn doktrine wat hy van die Platoniese tradisie geleer het en wat nie buite die akademie of in Plato se teks voorkom nie. Dié tradisie van skepper God as nous (die openbaring van bewustheid), word bekragtig in die werke van pre-Plotinus filosowe soos Numenius. Sowel as ʼn verband tussen die Hebreeuse kosmologie en die Helleense Platoistiese (verwys ook Philo).

Die Demiurge van Neoplatonisme is die Nous (Goddelike verstand), en is een van die drie verordende beginsels:

  • arche (Gr. “begin”) – die bron van alle dinge,
  • logos (Gr. “woord”) – die stut opdrag wat onder versteek is verskyn,
  • harmonia (Gr. “harmonie”) – numeriese verhoudings in wiskunde.

Voor Numenius van Apamea en Plotinus se Enneads, bestaan daar geen Platoniese ontologiese verklaring van die Demiurge sinnebeeld soos in Plato se Timaeus. Die idee van Demiurge was, egter voor Plotinus aangespreek in die werke van die Christen skrywer Justin Martyr wat sy begrip van die demiurge op die werke van Numenius gebaseer het. Die latere Neoplatonis Iamblichus verander die rol van die Eenheid (Monad) waarby volmag en verander die rol van die demiurge as tweede mag van dyad, dit is een van die redes dat Iamblichus en sy leermeester Porphryr in konflik met mekaar was.

From: Daniel Louw
To: Hennie
Sent: Sunday, June 27, 2010 10:47 PM
Subject: RE: Die Skepper

Hennie

Ek verstaan nie. As ek reg verstaan in die gedeelte hieronder[bo] is die idee van ’n skeppergod ook maar mities.

As ’n skeppergod mities is, hoekom was jou antwoord op my vraag waar energie vandaan kom, “GOD IS ENERGIE”? Dan het jy mos nogsteeds nie my vraag “waar kom energie vandaan” geantwoord nie. Het jy ’n grap gemaak?

As die idee van ’n skeppergod nie mities is nie en jy glo wel dat ’n god moes geskep het (jy is immers ’n agnostikus, dus glo jy aan ’n god, of hoe?), hoekom glo jy dit? Is dit ’n gevoel in jou hart, of besef jy dat alles nie vanself kon ontstaan nie?

As jy besef alles kon nie vanself ontstaan nie, hoekom glo jy aan die naturalistiese oerknal, evolusie en miljoene jare?

Is die idee van ’n god nie maar deel van die evolusieproses nie? Het mense Hom nie slegs uitgedink omdat dit sekere oorlewingsvoordele gehad het vir die oermens nie?

Groete

Daniel

From: Hennie
Sent: 27 June 2010 11:41 PM
To: Daniel Louw
Subject: Re: Die Skepper

Daniel,

Francis Bacon was in die 1600’s die raadgewer van Koning James I van Engeland. Hy het al aanbeveel dat al die heilige leerstellings van die kerk aan dieselfde wetenskaplike ondersoek onderwerp moet word as die empiriese wetenskappe en dit wat nie die toets deurstaan nie, moet verwerp word.

Na hom was daar die Franse filosoof Rene Descartes wat in omtrent 1630 gesê het dat daar geen nodigheid is om ʼn geopenbaarde boek te hê om te glo nie, ʼn mens se rede voorsien jou van genoeg inligting wat jy oor God nodig het. Isaac Newton het in die 1700’s gesê dat sy kennis van God ook nie uit die Bybel kom nie, maar uit ʼn intensiewe studie van die heelal.

John Locke in 1704, Immanual Kant in 1790, David Hume in 1770, almal het dit gehad teen ʼn fundamentalistiese gebruik van die Bybel.

Jean-Jaques Rousseau het in 1770 gesê dat sy studie van die Grieks-Romeinse digters vir hom die hoogtepunt van sy spirituele ervaring was. In 1655 het die Spaanse Jood Baruch Spinoza gesê dat hy seker daarvan is dat die Bybel nie ʼn goddelike oorsprong het nie; dat die hele idee van ʼn openbaring van ʼn god aan mense ʼn illusie is; en dat die bo-natuurlike wese wat die mense God noem, eintlik maar niks anders as net die natuur self is nie.

Al hierdie dinge wat gesê is, het die kerk van kennis geneem. Die kerk het vir ʼn paar jaar daaroor debat gevoer, dit as dwaling verwerp, en maar net weer rustig aangegaan soos altyd. Niks het verander nie. So, ek is jammer maar ek kan nie met Ken Hogan saamstem nie.

Hennie

From: Daniel Louw
To: Hennie
Sent: Monday, June 28, 2010 6:44 PM
Subject: RE: Die Skepper

Hennie

Dit is Kent Hovind, nie Ken Hogan nie. 🙂

Jy het nou ’n paar mense genoem wat nie die Bybel wou glo nie, maar wat daar van? Soveel mense, soveel opinies. Dit bewys mos niks nie, of hoe?

Ek neem aan jy glo dus wel dat ’n god die heelal geskep het. Jy glo dus deïsties – dat God die horlosie opgewen het en nou weg is. Is dit reg?

Jy sê: “Hy [Francis Bacon] het al aanbeveel dat al die heilige leerstellings van die kerk aan dieselfde wetenskaplike ondersoek onderwerp moet word as die empiriese wetenskappe en dit wat nie die toets deurstaan nie, moet verwerp word.”

As jy glo dat ’n god die heelal geskep het, is hierdie stelling self weerleggend: die skepping van die heelal was ’n wonderwerk, dus kan dit nie die toets deurstaan as dit aan empiriese wetenskap onderwerp word nie. Dus moet jy die skepping verwerp en glo dat ons nie regtig bestaan nie, of jy moet soos ateïste glo dat alles vanself ontstaan het – nie eers ek het so ’n groot geloof nie . IO’ers (Intelligente Ontwerpers), wat ook nie almal aan die Bybel glo nie, erken ook dat die skepping ’n wonderwerk was – dat daar ’n intelligente ontwerper was. Hulle verwerp evolusie. Hoekom glo jy dan nog in evolusie? En hoekom is dit dan vir jou so moeilik om in wonderwerke te glo wat in die Bybel opgeteken is, en vandag nog gebeur.

Laat weet my asb waar ek verkeerd redeneer.

Groete

Daniel

From: Hennie
Sent: 29 June 2010 01:05 AM
To: Daniel Louw
Subject: Re: Die Skepper

Daniel,

Ek glo aan die bestaan van ʼn ander dimensie of godheid of die goeie of god. Ek is tans besig om my geskrif oor die evolusionêre ontwikkeling van geloof en skrif te redigeer. Ek is baie gelowig maar nie godsdienstig nie. Godsdiens en politiek is bedmaats wat deur die ingewydes misbruik word vir eie gewin.

Jammer vir my fout i.v.m. Kent Hovind, sy regsverteenwoordiger in die belasting ontduiking saak was Hogan – die ou oom se geheue laat hom soms laat nag in die steek.

Ek glo nie deïsties nie. Die godheid is alomteenwoordig en altyd aanwesig. Dit is mense soos die pous wat redeneer hy is die enigste man op aarde wat met die almagtige kommunikeer om sy volgelinge te lei wat my onder andere ʼn gly gegee in die Roomse Vulgaat en hul dogmas. Die dogma wat ek die ergste verpes is die storie dat ons kinders in sonde ontvang en gebore word.

Ek is bewus van ʼn jong egpaar – die man was diaken wie se baba ʼn wiegiedood gesterf het vier dae voor sy doop – die predikant het geweier om die kind uit die kerk te begrawe, omdat sy erfsondes nog nie deur die doop afgewas is nie.

Hier volg my siening oor die moontlike ontstaan van geloof.

Primaat gedrag

Die mensdom se naaste lewende verwante is die gewone sjimpansee (Pan troglodytes), ook bekend as die mensaap. Hulle is groot stertlose ape. Die naam troglodytes, Grieks vir “grotbewoner”, is deur Johann Friedrich Blumenbach geskep – in sy Handbuch der Naturgeschichte (Handboek vir Natuurgeskiednis gepubliseer in 1779]. In die gewone spreektaal verwys sjimpansee na beide spesies genus Pan, nl. dié gewone sjimpansee en die naverwante bonobo, of dwerg sjimpansee. Hierdie twee primate deel blykbaar met die mensdom ʼn gemeenskaplike voorouer wat tussen vier en ses miljoen jaar gelede geleef het. Dit is weens dié rede dat sjimpansees en bonobos beskou word as die beste beskikbare plaasvervangers of surrogate vir die gemeenskaplike voorouer. Barbara King redeneer dat terwyl nie-menslike primate ongelowig is, toon hulle tog eienskappe wat nodig sou wees vir die evolusie van geloof. Hierdie eienskappe sluit in; ʼn hoë intelligensie, ʼn tekenkommunikasie vermoë, ʼn sin vir sosiale norme, selfhandhawing, en ʼn voortsettingbewustheid. Diere sien geeste of voel hulle aan en is “bang.” Die mens is ook “bevrees” (die Bybel vermeld ook dat mens Godvresend moet wees) vir geeste en groot respek (Engels awe, Oudengels ege en Oudnoors agi – wat vrees en respek beteken). Die grondlegging van geloof wat saam met ontwikkeling in godsdiens verander het – met geloof as ʼn onderafdeling, het waarskynlik by die gewaarwording – sien en hoor – van die geeste van afgestorwenes begin.

Groete,

Hennie.

[Daniel: Ek het die geel hierbo gemerk.]

From: Daniel Louw
To: Hennie
Sent: Tuesday, June 29, 2010 9:18 PM
Subject: RE: Die Skepper

Hennie

Dus het geloof ontstaan omdat mense vreesgevoelens gehad het? Is dit ook die rede hoekom jy in ’n god glo?

Wat glo jy nog oor God: Jy sê jy is baie gelowig. Bid jy tot Hom? Verhoor Hy jou gebede? Wat is sy karakter, of weet niemand dit nie?

As jy in ’n skeppergod glo, glo jy dat Hy evolusie gebruik het om te skep? Het Hy eers die sjimpansee geskep en mettertyd die mens, of het dit self gebeur?

Groete

Daniel

From: Hennie
Sent: 30 June 2010 12:20 AM
To: Daniel Louw
Subject: Re: Die Skepper

Daniel,

Die godheid is gees of energie.

Daar kan geen geslag aan beide toegeken word nie.

Ek glo die mensdom het vir hom ʼn godheid na sy beeld geskep.

Het jy al van B.J.F. Laubcher se boeke gelees?

Om insig in die ander dimensie te kry moet mens ʼn psyshic wees.Ek is nie een nie.

Nou weet jy waarom respek en vrees dieselfde stamwoord het.

Hennie.

From: Daniel Louw
To: Hennie
Sent: Wednesday, June 30, 2010 6:55 PM
Subject: RE: Die Skepper

Hennie

Ek het nog nie Laubcher se boeke gelees nie.

Ek verstaan nogsteeds nie hoekom jy glo dat daar wel ’n god moet wees nie:

  • Is dit omdat soveel mense dit glo?
  • As jy sê jy moet psyshic wees om insig oor die ander dimensie te kry en jy is nie psyshic nie, dat neem ek aan dit is ook nie ’n ervaring nie. Of is dit die vrees-ervaring?
  • Of is dit ’n intellektuele besef – alles kon nie vanself ontstaan het nie.
  • Of is dit al bogenoemde?

Dus neem ek aan jy bid ook nie tot god nie.

Hoe weet jy dat die hele God-gedagte nie ook maar uitgedink is om dinge te probeer verklaar nie?

As jy in ’n skeppergod glo wat deur ’n wonderwerk geskep het, hoekom is dit vir jou so moeilik om in wonderwerke te glo wat in die Bybel opgeteken is en lewe na die dood?

As jy in ’n skeppergod glo, glo jy dat Hy evolusie gebruik het om te skep? Het Hy eers die sjimpansee geskep en mettertyd die mens, of het dit self gebeur?

Dit is interessant dat respek en vrees dieselfde stamwoord het. Dit kan egter ook ’n argument vir die Bybel wees, want dit is hoe God Hom aan ons openbaar het.

Groete

Daniel

From: Hennie
Sent: 30 June 2010 07:32 PM
To: Daniel Louw
Subject: Re: Die Skepper

Daniel,

Lees Laubscher se boeke – jou vrae draai rondom godsdiens – daar is ʼn groot verskil tussen godsdiens wat deur politici vir eie gewin geskep is en geloof.

Hennie.

From: Daniel Louw
To: Hennie
Sent: Wednesday, June 30, 2010 9:00 PM
Subject: RE: Die Skepper

Hennie

Ek verskil van jou. Nie een van my vrae draai rondom godsdiens nie. My vraag: “Dus neem ek aan jy bid ook nie tot god nie.” kom miskien naby aan godsdiens, maar die res is ver daarvandaan. Godsdiens is hoe jy god aanbid. Die vrae wat ek hieronder vra is God-vrae: hoekom jy aan God glo en wat glo jy Hy geskep het en wat nie.

Groete

Daniel

From: Hennie
Sent: 01 July 2010 07:49 AM
To: Daniel Louw
Subject: Re: Die Skepper

Daniel,

Jou goddelike persepsies is gekoppel aan Johannes Calvyn ( Jean Cauvin) se calvinisme.

Is dit sy Joodse afkoms of sy idee god regeer, en nou wil jy ook god se aardse gesant wees.

Wat het die Jode al ooit tot voordeel van Goyim (Gentiles) gedoen?

Ek verkies evolusie as die skepper se metode bo Joodse mites.

Verder verpes ek drogdogmas soos ons kinders word in sonde ontvang en gebore. En predikante wat nie eers ongedoopte babas wat ʼn wiegiedood gesterf het uit die kerk wou begrawe, omdat die baba se sondes nog nie afgewas is nie.

Hennie

From: Daniel Louw
To: Hennie
Sent: Thursday, July 01, 2010 6:51 PM
Subject: RE: Die Skepper

Hennie

Jy sê: “Ek verkies evolusie as die skepper se metode bo Joodse mites.”

Dus glo jy dat god evolusie gebruik het om te skep. Ek neem aan jy besef dat evolusie nie vanself kan gebeur nie – jy is reg, dit is nog nooit bewys nie. Op grond waarvan sê jy egter dat god so geskep het? Daar is nie tekens daarvan in die fossielrekord nie. Kyk:

Laat weet as hierdie jou nie oortuig nie, dan stuur ek nog vir jou.

Verder het Darwin juis evolusie uitgedink om ’n teorie te kry om dinge te verklaar sonder God (naturalisme). Kyk:

Hoe objektief dink jy was Darwin toe hy die evolusiehipotese geformuleer het?

Ek neem ook aan dat jy verkies om in evolusie te glo juis oor die feit dat jy in opstand is teen God – jy sê: “Verder verpes ek drogdogmas soos ons kinders word in sonde ontvang en gebore. En predikante wat nie eers ongedoopte babas wat ʼn wiegiedood gesterf het uit die kerk wou begrawe, omdat die baba se sondes nog nie afgewas is nie.”

Net op daardie punt, weereens, jy kan nie God verantwoordelik hou vir mense se dwase optredes nie. Hierdie predikant se optrede was glad nie Bybels nie – nêrens in die Bybel staan daar dat die doop jou saligheid bepaal nie.

Wat sou jy sê is sonde? Is daar so iets soos sonde? Waar kom waardestelsels volgens jou vandaan? Wat is reg/aanvaarbaar of verkeerd/onaanvaarbaar en hoekom?

Groete

Daniel

From: Daniel Louw
Sent: 01 July 2010 06:56 PM
To: Hennie
Subject: RE: Alexandrië se afgebrande biblioteek

Hennie

Net om die gesprek van Alexandrië se afgebrande biblioteek af te sluit: Ek kan myself baie goed vereenselwig met die artikel The Mysterious Fate of the Great Library of Alexandria. Dit is maar dieselfde artikel as op die bede.org.uk webblad hieronder[bo].

Maar dit is maar my subjektiewe opinie :-).

Groete

Daniel

From: Hennie
Sent: 01 July 2010 07:25 PM
To: Daniel Louw
Subject: Re: Die Skepper

Daniel,

Ons gaan net in sirkels redeneer.

Godsdiens is wat my aan betref ʼn irrasionele aangeleentheid ingestel op tiendes of winsbejag.

Geloof is die rasionale bewuswording van die bonatuurlike dimensie in die alledaagse lewe.

Hennie.

From: Daniel Louw
Sent: 01 July 2010 08:16 PM
To: Hennie
Subject: RE: Die Skepper

Hennie

Jy is geregtig op jou opinie, maar vergeet nou eers van godsdiens: ek sal graag jou opinie wil hoor oor drie dinge:

1:

Hoekom glo jy dat daar wel ’n god is?

  • Is dit omdat soveel mense dit glo?
  • As jy sê jy moet psyshic wees om insig oor die ander dimensie te kry en jy is nie psyshic nie, dan neem ek aan dit is ook nie ’n ervaring nie. Of is dit die vrees-ervaring?
  • Of is dit ’n intellektuele besef – alles kon nie vanself ontstaan het nie.
  • Of is dit al bogenoemde?

Hoe weet jy dat die hele God-gedagte nie ook maar uitgedink is om dinge te probeer verklaar nie?

2:

Hoekom glo jy dat god deur evolusie geskep het? Ek sou dit kon glo indien daar bv duidelike oorgangskakels was in die fossielrekord en/of lewende wesens. Kom ons vat bv die verskil tussen die slimste aap, die sjimpansee, en die mens. Die verskille is:

  • Praat (daar is ’n verskil in die tongbeentjie van ’n fossiel van ’n aap en ’n mens)
  • Skryf
  • Begrawe dooies
  • Beheer vuur
  • Gebruik gereedskap en wapens wat self vervaardig is
  • Bou huise om in te woon
  • Dra klere
  • Maak musiek
  • Het trane
  • Het ’n ruggraat meesterlik ontwerp om regop te loop.
  • Slaag die ‘Sally-Anne’ toets reeds op ouderdom 5.

Daar is nie een aap wat een van hierdie eienskappe besit nie. Papegaaie kan praat en voëls bou neste (huise), maar volgens evolusie het mense nie uit voëls ge-evoleer nie en verder is dit baie duidelik dat ’n voël en ’n mens baie verder van mekaar is as ’n aap en ’n mens. Sjimpansees gebruik grashalms om miere uit miershope te kry om te eet en bobbejane gebruik soms stukke hout as wapen, maar dit is baie anders as wapens en gereedskap wat self vervaardig is. As mense regtig uit ape gekom het, sou mens seker verwag om vandag ape te kry wat ten minste een van bogenoemde eienskappe besit.

3:

Ek neem aan jy glo nie aan sonde nie – ongehoorsaamheid aan god.

Waar kom waardestelsels volgens jou vandaan? Wat is reg/aanvaarbaar en wat verkeerd/onaanvaarbaar, en hoekom? Hoekom dra ons almal bv klere?

Groete

Daniel

From: Daniel Louw
Sent: 01 July 2010 11:03 PM
To: Hennie
Subject: RE: Die Skepper

Hennie

Ek het weer so bietjie deur ons gesprek gelees. My opinie is dat jy in opstand is teen God, maar jy ontken dit. Jy sê bv die volgende in ’n vorige e-pos aan my:

Sent: 23 June 2010 11:47 PM
To: Daniel Louw
Subject: Re: The “devil” dresses in many costumes

Daniel,

Jou godsbegrip is bitter eng. Ek is nie in opstand teen die Godheid nie. Ek is in opstand teen Konstantyn se skepping die Roomse-Katolieke kerk en al sy vertakkings.

Ek moes mooi en lank oor hierdie een dink en my gevolgtrekking is dat jy tog in opstand is teen God en in Sy plek het jy ’n ander god vir jouself geskep (soos die goue kalf wat die Israeliete gemaak het) waarmee jy jouself kan vereenselwig. Jou god het onder andere evolusie gebruik om te skep, want jy wil met alles wat in die Bybel is breek. Jy sê bv “Ek verkies evolusie as die skepper se metode bo Joodse mites.” Jy wil breek met die idee van sondes, maar ek sal graag wil weet wat jou opinie is waar waardes vandaan kom.

My opinie is dat ’n mens baie versigtig moet wees om besluite te neem wanneer jy vir iemand kwaad is. Jy kan seker redeneer dat jy darem teen die tyd al lankal afgekoel het en heeltemal nugter oor die saak dink. Is dit regtig waar?

Ek kry die gevoel dat jy sukkel om vir my antwoorde te gee oor hoekom jy presies glo wat jy glo. As jy weer deur ons gesprek lees, sal jy sien hoeveel keer ek dieselfde vrae vra, want ek kry nie antwoorde nie. Die persepie wat ek kry is dat jy nie antwoorde het nie.

Ek hoor graag van jou.

Groete

Daniel

From: Hennie
Sent: 02 July 2010 12:58 AM
To: Daniel Louw
Subject: Re: Die Skepper

Beste Daniel,

Ek het persoonlik al transendensie beleef – dit is waar die astrale liggaam die fisiese liggaam verlaat. Ek kan jou verseker daar is ʼn wonderlike dimensie anderkant die fisiese lewe. Daar bestaan nie iets soos die Hel nie dit is ʼn bangmaak storie.

Baie vrae kan ek nie beantwoord nie. Selfs die Bybel sê ons ken maar net ten dele.

Julle baseer julle eng godsidee op die Hebreeuse Griekse konsep. Albei is by vroeër beskawings se gelowe geleen. Doen gerus verder navorsing.

Ek het baie probleme met die godsdienste. Waarom wil godsdienstiges altyd sendingwerk verrig. Weet hul van beter of wil hulle hul inkomstebron verhoog.

Sonde is ook maar ʼn menslike skepping. Dit is dit wat nie vir die meerderheid sosiaal aanvaarbaar is nie.

Hennie.

From: Daniel Louw
Sent: 02 July 2010 10:02 PM
To: Hennie
Subject: RE: Die Skepper

Hennie

Laat ek net eers jou vraag beantwoord: “Waarom wil godsdienstiges altyd sendingwerk verrig. Weet hul van beter of wil hulle hul inkomstebron verhoog.”

Jy weet baie goed wat hierdie antwoord is. Ons glo dat alle mense slegs gered word deur Jesus en ongereddes gaan hel toe. Jesus het vir ons die opdrag gegee om die evangelie aan ander te verkondig sodat mense nie verlore gaan nie.

Dit gaan glad nie oor generering van inkomstes nie, maar ek neem jou in ’n mate nie kwalik dat jy dit vra nie, want sekere mense word skatryk deur die evangelie. Ek is egter bietjie versigtig om oor hulle te oordeel, maar God weet presies. Daar is baie sendelinge wat goed-betaalde beroepe laat vaar het om sendingwerk te gaan nie. Daar is ook baie sendelinge wat maklik eerder ’n goedbetaalde beroep kan doen eerder as sendingwerk. En boonop is daar soveel sendinge wat vervolg word omdat hulle sendingwerk doen of wat op verlate plekke woon ver weg van hulle familie en vriende.

Wanneer het jy die transendensie beleef? Was dit nadat jy jou rug op die kerk gedraai het? Nou verstaan ek hoekom jy in ’n god glo. Volgens die boek “5 minute voor en na die dood” van Isak Burger is daar egter heelwat mense wat nie so vreedsaam heen is nie, bv Voltaire, David Hume en Nietzsche. Kyk bv LAST WORDS OF GREAT MEN en Famous Last Words. Hoe waar dit is, sal nugter alleen weet. Daar is bv bronne wat sê dat Darwin op sy sterfbed erken het dat hy verkeerd was met evolusie, maar volgens www.creation.com kan ’n mens nie hiervan seker wees nie – ek glo nogal wat hulle op www.creation.com publiseer. Kyk ook Nabydoodondervindinge: illusie of eg?.

Jy skram weer weg van my vrae. Ek debatteer nou glad nie die kwessie of die Bybel mites is of nie.

Jy sê: “Baie vrae kan ek nie beantwoord nie. Selfs die Bybel sê ons ken maar net ten dele.”
Jy moet tog seker ’n rede hê hoekom jy glo dat God evolusie gebruik het om te skep? Of kies jy om dit te glo omdat dit teenstrydig is met die Bybel? Agv jou opstand teen die Bybel?

Ek is nie verbaas dat jy nie aan sonde glo nie. Maar waar kom morele waardes vandaan? Ek neem aan jy glo nie dat god dit aan die mense gegee het nie. Jy sê morele waardes is die gebruike wat sosiaal aanvaarbaar is. Dus het mense daaroor besluit. Hoe besluit ’n mens watter dinge sosiaal aanvaarbaar is – demokrasie? Wat sou die rede wees om bv aan armes en swakkes goed te doen? Dit is heeltemal teenstrydig met evolusie wat ’n proses is van oorlewing van die sterkes. Hitler het juis hierdie beginsel gebruik om die uitwissing van die Jode te regverdig – ek weet nie of jy al van eugenetiek gehoor het nie. Kyk bv:

Die laaste artikel is nogal tegnies, maar baie goed. Kyk maar of jy kans sien daarvoor. Lees ten minste net die volgende paragrawe van die artikel:

  • Man Is the Measure
  • The Human Race Is the Basis of Right
  • SUMMING UP

Groete

Daniel

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui