Daar is geen hoofstroom geloof in die wêreld wat negatief na Jesus kyk nie. By verre die meerderheid gelowe in die wêreld erken Jesus as ‘n groot profeet of leermeester.
Judaïsme
Die akkuraatse beskywing van Judaïsme se siening oor Jesus is: “Dit is nie ons Messias nie.”
In die algemeen erken aanhangers van Judaïsme, Jesus as:
- ’n Joodse leermeester
- ’n historiese Jood
- ’n rabbi / leraar
- iemand wat binne Joodse debat en interpretasie geleef het
- moontlik ’n morele onderwyser
Vandag is daar ‘n klein minderheid wat negatief na Jesus kyk.
Islam
Moslems erken die volgende oor Jesus:
- Groot profeet
- Maagdelike verwekking
- Wonderwerke
- Sondeloos
- Jesus sal weer kom aan die einde van die tyd
Hindoeïsme
Hindoeïsme is baie uiteenlopend, maar sommige Hindoes sien Jesus as:
- ’n heilige guru
- ’n verligte meester
- soms selfs ’n avatar (manifestasie van God)
Boeddhisme
Boeddhisme het nie ’n vaste leer oor Jesus nie, maar sommige Boeddhiste sien Hom as:
- ’n wyse leermeester
- iemand met groot medelye
- amper soos ’n bodhisattva-figuur
Mormonisme
Volgens Mormone is Jesus:
- Die Seun van God
- Die Messias en Verlosser
- Hy het vir sondes gesterf en opgestaan
- Geloof in Jesus is noodsaaklik vir redding
Zoroastrisme
Zoroastrisme het nie ’n sentrale leer oor Jesus nie, maar moderne Zoroastriërs sien Jesus as:
- ’n wyse leraar
- ’n goeie mens
- ’n hervormer van geloof
- iemand wat waarheid en geregtigheid bevorder het
Dit pas by Zoroastrisme se klem op goeie gedagtes, goeie woorde, goeie dade. Jesus se etiek (liefde, barmhartigheid, waarheid) word dikwels gerespekteer.
Baha’i
- Een van God se groot openbaarders — saam met Moses, Boeddha, Mohammed, ens.
- van God gestuur
- heilig
- ’n ware openbaring van God se wil
- sentraal in menslike geestelike ontwikkeling
Droese
- ’n groot profeet
- die Messias
- ’n belangrike geestelike figuur in hul openbaringsgeskiedenis
Samevatting
Daar is ‘n reuse ironie hierin: Al hierdie gelowe fokus op goeie dade, want dit is wat hulle glo, jou sal red. Dit is slegs die Christelike geloof, waarin Jesus sentraal staan, wat sê dat jy gered kan word slegs deur Jesus wat jou sonde gedra het. Jesus was ook baie duidelik dat hy meer as ‘n morele leermeester was. Jesus het homself gesê:
“Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader [God] toe behalwe deur My nie. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.”
As dit nie waar is nie, dan is dit ‘n uiters arrogante stelling om te maak. Hoe kan hierdie gelowe dan ‘n positiewe siening oor Jesus hê?
Dit kom weer neer op wat CS Lewis gesê het:
Iemand wat bloot ’n mens was en die soort dinge gesê het wat Jesus gesê het, sou geen morele leermeester wees nie. Hy sou óf ’n waansinnige wees óf anders sou hy die Duiwel uit die Hel wees. Jy moet jou keuse maak: Óf hierdie man was, en is, die Seun van God, óf anders ’n malmens of iets ergers. Jy kan Hom as ’n dwaas stilmaak, of op Hom spoeg en Hom as ’n demoon doodmaak; of jy kan aan sy voete neerval en Hom God en Heer noem.