Algemene openbaring vs spesiale openbaring

In die algemeen verwys “openbaring” na die bekendmaking van iets wat vantevore onbekend was.

God openbaar Homself op twee verskillende manier:

Algemene openbaring

Algemene openbaring verwys na daardie gesonde-verstand-argumente dat God bestaan (kyk Hoekom glo ons in die bestaan van God? en Intelligente ontwerp). Dit is gewoonlik argumente wat nie die Bybel nodig het om te redeneer dat daar ‘n God bestaan nie.

Die Bybel gebruik wel algemene openbaring om te redeneer dat God bestaan:

Romeine 1: (19)Wat ‘n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want God het dit binne hulle bereik gebring. (20)Van die skepping van die wêreld af kan ‘n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ‘n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie,

Psalm 19: (2)Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.

Handelinge 17: (24)God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie.

Spesiale openbaring

Spesiale openbaring is hoe God gekies het om Homself openbaar. Dit sluit in:

God se spesiale openbaring is vir ons in die Bybel opgeteken. Die belangrikste bewys dat iets spesiale openbaring is, is die aanwesigheid van die bonatuurlike, soos wonderwerke.

Ten slotte

‘n Mens sou kon sê dat algemene openbaring bepaal dat daar ‘n god is spesiale openbaring bepaal wie daardie god is.

Bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui