Progressiewe openbaring

Progressiewe openbaring (Engels=”Progressive revelation“) is die idee dat God met tyd dinge in meer detail openbaar.

Voorbeelde is:

  • Lewe na die dood: Die mense in die Ou Testament het nie dieselfde verstaan oor die hiernamaals gehad as latere Christene nie.
  • Drie-eenheid: Alhoewel daar reeds in die Ou Testament openbarings was oor die drie-eenheid, kom dit eers baie duidelik na vore in die Nuwe Testament.
  • Redding vir nie-Jode: In Efesiers 3:5 sê Paulus: “(3)Nog nooit tevore in die geskiedenis is die geheimenis aan die mensdom bekend gemaak soos God dit nou deur die Gees aan sy heilige apostels en profete geopenbaar het nie.” Dit gaan daaroor dat redding ook vir nie-Jode bedoel is.

Kyk ook

  • Progressiewe openbaring (Wikipedia)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui