Terug na ou Bybelse paaie

Terug na ou Bybelse paaie | Netwerk24

Deur Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes

13 Oktober 2021

Die skrywe van ds. Theo Danzfuss “Dolerendes roep kerk terug na volledige Bybel” (10.10) het my laat wonder hoekom party dominees steeds gelowig bly.

Dit terwyl andere liberaal en postmodernisties word met ’n geloof wat op sand gebou is.

Hoekom eindig sommige op as post-teïsties, soos ds. Ben du Toit, wat 16 jaar lank die hoof was van die NG Kerk se taakgroep vir leer en aktuele sake van die algemene sinode en toe toetentaal alle geloof verloor het?

Wat gaan aan onder die NG Kerk se dominees?

Die dolerende lidmate en dominees wat wil terugkeer na ’n volledige geloof in die Bybel, is ’n riem onder ons as gelowiges se hart.

Daar moet teruggekeer word na die ou paaie van Bybelse waarhede.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui