Protestants vry om te protesteer (Petrus Kriel)

Ds Petrus Kriel se boek Protestants – Vry om te protesteer,  is ’n baie welkome en tydige toevoeging tot die reeds bestaande literatuur wat wys op die gevare van liberale strominge en dit in die teologie van vandag uitvoerig blootlê. 

Soos hy self sê: “Ateïsme sal die Afrikaanse gemeenskap vasvang in ’n bipolêre geestelikheid waarin die volgende geslagte van ateïste gedoem is tot die spiritualiteit van die moderne Christelikheid. As hierdie saak nie deurgesien word vir wat dit regtig is nie, sal toekomstige geslagte weer uit die absoluutheid van hul ateïstiese voorouers moet probeer kom deur in die geestelike absoluutheid van die moderne Christelikheid te gaan skuil!” 

Ds. Kriel se sterk evangelise geloofspad was nie ’n maklike een nie, en hy en sy kerkraad was by tye selfs gedreig  oor “wat die gevolge vir hulle in die NG Kerk sou wees as die inhoud van die evangelie wat ek geglo en bedien het, in die kerk toegelaat sou word.” Daar was selfs pogings  om hom uit die gemeente verplaas te kry. Nogtans het hy  en sy kerkraad volgehou om by die ware evangelie te bly. 

Ons glo dat hierdie boek mense bewus sal maak van wat oor ’n lang tyd gebeur het, en steeds besig is om plaas te vind in die NG Kerk vandag.

Kliek hier om die boek af te laai (4.4MB).

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui