Pastorale skrywe oor “mobilisering” in Oos-Kaapland

Op 18 Augustus 2021 het ds Jasper Louw, voorsitter van die Sinodale Kommissie van die NG Kerk in die Oos-Kaap, ’n brief aan sy kollegas geskryf nadat iemand van die Kairos Netwerk hom gebel het as deel van ’n werwingsveldtog. Die epos kan HIER gelees word.

Ds Rheinier Nel van Barkly-Oos het op 21 Augustus 2021 soos volg hierop gereageer op Facebook:

*******

“Inkruipsel van pauslijke tirannie”. – Abraham Kuyper oor die sinodale kommissie. (1884).
Die sg. Pastorale brief oor “mobilisering” in Oos Kaapland gestuur aan NG. leraars kan nie onbeantwoord gelaat word nie.
Die auctor intellectualis is Ds Jasper Louw. Om aan die brief “gesag” te verleen word die sg. “pastorale brief afgesluit met:” Voorsitter: Sinodale Kommissie. Ds J Louw.”
Om sinodale sanksie te verleen meld die skrywe:” met goedkeuring van die Sinodale kommissie (Dagbestuur).”

Op navraag aan die lede van die dagbestuur van die Sin. kommissie mbt. die feitelike korrektheid vd. brief in geheel het die skriba en die aktuarius (titel vir n sinodale vergadering se kerkreg spesialis) bevestig dat dit n korrekte weergawe is vd. feite-kompleks.

Die dagbestuur van die sinodale kommissie van die sinode van Oos Kaapland verwys na:

A. 1 “Verteenwoordigers van die sg. “Kairos Netwerk”. Diesulkes van Kairos Netwerk word in die brief gedefenieer as: “Persone van buite” wat die verbintenis tussen leraars in Oos Kaapland bedreig.

Hieruit is dit duidelik dat die dagbestuur n inkriminerende en onchristelike gesindheid propageer teen Kairos Netwerk lede wat lidmate is van die NG Kerkverband se gemeentes. Feite is: Die Kairos Netwerk se leierskap is gerespekteerde leraars wat n onberispelike rekord het wat die Kerk gedien het in sinodale en algemene sinodale verband

Die Algemene Sinode se moderamen het de facto reeds erkening gegee aan Kairos Netwerk mbt. hulle missie as n beweging van NG Kerk lidmate wat binne die Kerkverband teen sekere AS besluite gekant is en hulle beywer vir Skriftuurlike reformasie . n Tweedae lange vergaderinge tussen Kairos Netwerk en die ASM was reeds gehou in 2021. Verseker is Kairos Netwerk gerespekteerde medegelowiges en nie “persone van buite” nie. Vir die rekord: Ek is nie n Kairos Netwerk leierskapslid nie.

A. 2. Die dagbestuur skrywe vermeld: ” My oproep aan u is om uself eers baie deeglik te vergewis van die AS besluite rakende Belydenis en Skrifgesag voordat u op die wa spring om die Alg. Sinode van allerlei valshede te beskuldig.”
Hiermee word Oos Kaapland leraars wat verskil mbt. die AS se besluite geimpliseer as onkundig/ oningelig. Leraars wat verskil se optrede word by implikasie geag as om” op die wa te spring” van skeurmakery en om vals getuienis te lewer.
Wat die dagbestuur gerieflikheidshalwe ignoreer is dat die AS 2019 besluite mbt. seksuele orientasie en identiteit geen Bybelse eksegetiese en/of teologiese en belydenis basis het nie. Dit staan lynreg teenoor die Heidelbergse Kategismus se verklaring van die 7 gebod.
De facto het die AS 2019 die meer as 70 wetenskaplik beweerde seksuele varieteite en orientasies goedgekeur. Wat insluit: instemmende pedofilie en “nature attraction”.
Die AS 2019 het nie aan die meer as 600 bladsye gravamina mbt AS se SGV besluite die nodige aandag aan gegee nie.
n Beweging soos Kairos Netwerk het meer as genoeg gronde vir optrede wanneer die AS ideologies gekaap is deur n klein minderheidsgroep om die LBGTIQAN PLUS ideologie te bevorder.

Die Oos Kaapland Sinodale kommissie se dagbestuur openbaar met hulle skrywe dat hulke hulsekf skukdig maak aan dit waarteen hulle is nl. Onverdraagdheid mbt. ander standpunte. Die optrede kan moeilik anders verstaan word as n sinodale mobiliserings cum swartsmeer veldtog teen andersdenkende lidmate.

B. Die Oos Kaapland se sinodale kommissie se dagbestuur se misbruik van die Kerkorde (KO).

B. 1 Die sg. “Pastorale brief” is n manjifieke voorbeeld van n kerkordelike papale hermeneutiek wat die interpretasie van die Kerkorde aanbetref.
Die dagbestuur meen dat Kairos Netwerk nie leraars mag adviseer indien die sinodale leierskap nie eers dit gesanksioneer het nie.
B. 2. Verder: Die Kerkorde skryf amptelike kerklike vergadering – prosesse voor om beweerde leerdwaling te bestry. Die dagbestuur verkondig n spreekwoordelike “koffietafel gespreksgeleenthede” sodat oningeligte lidmate oortuig kan word van die AS se regsinnige besluite deur die bemiddeling van die Dagbestuur.
B. 3. Die KO. het geen beletsel op enige kerklike beweging soos Kairos Netwerk om hulself in adviserende hoedanigheid aan te bied aan die Kerk soos wat die dagbestuur beweer Kairos Netwerk doen nie. Wat die dagbestuur se papale interpretasie van die KO en daaruit voortvloeiende papale optrede soveel meer ernstig maak is dat twee van die dagbestuurslede reeds verkies was deur sinodes as kerkreg spesialiste vir diens as aktuarii.
Die Ringkommissie van Dordrecht het reeds skriftelik aan die sinodale kommissie kennis gegee dat die Sinode van Oos-Kaapland versoek word om n leergeskil te verklaar met die AS. KO Art. 44.4

C. Openbaarmaking van die leraars en persone wie die dagbestuur impliseer in hulle sg. “Pastorale brief.”
Ek versoek dat die dagbestuur die name openbaar maak van:

C. 1.Die predikante wat soos die dagbestuur beweer telefonies gekontak was deur Kairos Netweek.
C. 2.Die verteenwoordigers van Kairos Netwerk wie na bewering predikante telefonies kontak om skeurmakery en verdagmakery bevorder teen sinodale strukture.

Indien die dagbestuur van die sinodale kommissie van Oos Kaapland sinode in gebreke bly om die name vd betrokkenes te verskaf sal dit geag word as dat sulke name nie bestaan nie. Verder dat dit dan as openlike ergelike oortredings beskou sal word van die 9 gebod.

Die sg. “Pastorale brief” van die dagbestuur vd Sinodale kommissie van die Sinode van Oos Kaapland roep die woorde op van die bekende teoloo A Kuyper (1886) oor sinodale kommissies: ” pauslijke tirannie.”

Rheinier Nel

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui