Ope brief aan kerkleiers van SA oor gay-kwessie

Kyk ook:

Die volgende brief is op 25 Oktober 2013 deur André Bekker (voorheen homoseksueel) van New Living Way Ministry wyd versprei.

************

’n Ope Brief aan die Kerkleiers van Suid-Afrika

2013/10/25

Geagte Leser,

Die debat oor homoseksualiteit is van die grootste belang vir die kerk. Hoe die kerk dié saak gaan hanteer sal bepaal hoe sondige praktyke soos pedofilie, meervoudige huweliksmaats, bloedskande en bestialiteit in die nabye toekoms hanteer gaan word. Daar is egter sake rakende die debat wat my bekommerd stem.

Besorg merk ek die emosionele manipulasie, wat deur gays en hulle ondersteuners toegepas word, om die kerk te laat besin oor sonde. Gays word uitgesonder asof hulle ’n unieke groep is wat slagoffers is en dus spesiaal behandel moet word.

Ek skryf as iemand wat weet wat dit was om aangetrokke te wees tot persone van dieselfde geslag. Voeg hierby ook die feit dat ek ’n bevoorregte is om buiten homoseksuele persone, by geleentheid mense help wat ongewenste oriëntasies soos bestialiteit, pedofilie en bloedskande ervaar. Ek het eerstehandse kennis en ondervinding van ’n wêreld waar mense leef met depressie, vrees, hartseer, verwerping, eensaamheid, skuld, skaamte en emosionele pyn. Sit en gesels ek met die mense, hoor ek hoe moeilik dit is om hierdie oriëntasies te verwerk – ’n seksuele aangetrokkenheid jeens ’n dier, ’n kindjie, ’n broer, ’n suster, ’n seun of ’n ma. Dieselfde emosies geld ook waar homoseksualiteit betrokke is. Daar is een gemene deler in al die genoemde belewenisse van mense: ’n oriëntasie wat hulle nie gekies het nie.

Sit en gesels ek met geliefdes van persone wat die ervaringe deurgaan, hoor ek dieselfde hartseer, verwarring, skuld, skaamte en pyn as wat ’n mens hoor as iemand oor ’n geliefde gesels wat homoseksualiteit beleef. Mense word emosioneel swaar hierdeur geraak.

Wat egter van belang is om uit te lig, is dat die ervaringe wat ’n homoseksuele persoon of sy geliefdes deurgaan is nie uniek en net eie aan homoseksualiteit nie. Om die waarheid te sê, praat met persone en geliefdes van persone wat bv. vasgevang is in enige verslawing, en daar sal vinnig gemerk word dat daar baie ooreenkomste is met die emosionele ervaringe van mense wat diverse oriëntasies beleef. Hoe meer sosiaal onaanvaarbaar ’n situasie is hoe groter is die ooreenkomste.

Meer as gereeld word die emosionele troefkaart van die selfmoordsyfer, wat agt keer hoër is onder gays as die heteroseksuele gemeenskap, voor die deur van die kerk gelê, om simpatie en skuldgevoelens te wek. As die kerk egter net sal besef dat dit nie die enigste aspek is wat meer voorkom onder die gay gemeenskap as die heteroseksuele gemeenskap nie, sal die emosionele manipulasie gesien word vir wat dit werklik is. Dink aan een goeie rede waarom die kerk vir enige van die onderstaande verantwoordelik gehou moet word? Waarom moet die kerk dan verantwoordelik gehou word vir die hoë selfmoordsyfer?

Die Gay & Lesbian Medical Association: Top Ten Things Gay Men Should Discuss with their Health Care Provider waarsku as volg:

  1. Dit is welbekend dat mans wat met mans seks het ’n groter risiko loop om HIV infeksie op te doen.
  2. Gay mans gebruik dwelms meer as die algemene bevolking.
  3. Meer gay mans ly aan depressie en angs as die algemene bevolking.
  4. Mans wat homoseks beoefen, loop ’n groter risiko om geïnfekteer te word met seksueel-oordraagbare virusse – wat die potensieel-dodelike lewersiekte, Hepatitis Immunisasie, veroorsaak.
  5. Seksueel-oordraagbare siektes kom meer voor onder mans wat homoseks beoefen.
  6. Gay mans loop ’n hoër risiko om te sterf aan prostaat-, testikulêre en/of kolon-kanker.
  7. Gay mans misbruik alkohol meer as heteroseksuele mans.
  8. Gay mans gebruik baie meer tabak as heteroseksuele mans.
  9. Probleme met hoe hulle hulle eie liggame sien, is baie algemener onder gay mans as heteroseksuele mans. Gay mans staan ’n groter kans om een of ander eetprobleem te hê as heteroseksuele mans. Dit lei weer tot ander mediese probleme.
  10. Gay mans loop die risiko om die virus Papilloma te op te doen. Dit verhoog die risiko vir anale kanker.

Emosionele manipulering behoort rooi waarskuwingsligte te laat aangaan. Bepaling van morele waardes, Christelike etiek, sonde en die besinning oor sake soos kerklidmaatskap, huwelike en die aanstelling in ampte kan en mag NOOIT op emosionele oorwegings geskied nie.

Hoe ironies dat voorstanders van homoseksualiteit vinnig is om te meld dat die Bybel nie net op sekere losstaande verse geïnterpreteer moet word nie, maar deur die lens van die liefdesgebod en die kultuurhistoriese agtergrond! Waarom sou ons die tekste oor bestialiteit en bloedskande nie ook deur dieselfde lens interpreteer nie? Hoe vinnig verdwyn die liefdesgebod dan! Is die liefdesgebod nie ook bedoel vir mense wat worstel met pedofilie, bloedskande of bestialiteit nie? Gaan die wat homoseksualiteit voorstaan net so veg vir hierdie oriëntasies as vir die gays?

As ’n mens die pyn van ’n homoseksuele persoon hoor wat nie kan trou en kinders verwek nie, of selfs nie in die bediening mag staan nie, dan hoor mens presies dieselfde wat enige van die ander bogemelde geöriënteerdes beleef. Homoseksuele oriëntasie is nie uniek nie.

Kyk ons na die menseregte waarop die gays hulle beroep, is dit dieselfde wat vir alle mense in Suid-Afrika geld – insluitende die pedofiel, die persoon wat aangetrokke is tot ’n dier of selfs dié wat bloedskande bedryf. In die grondwet van Suid-Afrika word dit gestel dat elkeen gelyk is voor die wet en die reg het tot gelyke beskerming en voordele van die wet. Daar mag o.a. nie op grond van oriëntasie teen ’n persoon gediskrimineer word nie. Wie bepaal dat pedofiele, bestialiteit of bloedskande ge-kriminaliseer moet word en homoseksualiteit ge-dekriminaliseer moet word? Wie bepaal wat is of wat is nie ’n psigiese afwyking? Wat vandag onaanvaarbaar is, is môre aanvaarbaar. Dit is nie ’n geheim nie dat in Amerika sterk stemme opgaan – op grond van dieselfde argumente wat die gay gemeenskap voorhou – om erkenning te kry vir die verskillende oriëntasies wat hierbo genoem is. Kort voor lank sal dieselfde stemme ook in Suid-Afrika opgaan. Ons hoor dit reeds hier te lande vir die wettiging van intergenerasie-verhoudings (ouer mans met seuntjies) om nie te praat van meervoudige huweliksmaats nie.

Ek wil u voor ’n uitdaging stel. As u seun vandag na u toe sou kom en sê; “pa ek is seksueel aangetrokke tot ’n hond,” gaan u u teologie en morele oortuigings verander, en helaas die Bybel herinterpreteer om u seun te akkommodeer? Waarskynlik nie. Waarom word dit dan met homoseksualiteit gedoen?

Met besorgdheid vra ek hoe gaan die kerk mense met ander oriëntasie of selfs meervoudige huweliksmaats hanteer? Gaan ons sien dat daar kommissies aangestel word om te ondersoek of ’n persoon wat omgang met sy ma het, of met sy hond of sy bure se vyfjarige seuntjie in die bediening mag aangestel word? Gaan daar besin word of ’n seun met sy ma mag trou? Die kerk se hantering van homoseksualiteit baan die weg as standaard waarmee die kerk al hierdie situasies gaan moet aanspreek.

As die kerk ooit gesaghebbend wil bly en haar roeping wil vervul en ’n morele invloed uitoefen, moet die kerk homoseksuele praktyke weer sien vir die sonde wat dit is en dit hanteer soos enige ander sonde in die kerk en dade wat deur enige van die ander oriëntasies gepleeg sou word.

Mag God in die saak geër word.

Saam in Sy diens.

André Bekker

New Living Way Ministry
Postal Address: P.O. Box 6084, Birchleigh, 1621
Tel. (011) 391 6369, Cell. 071 326 8034
Email. Info@LearnToLove.co.za, Website. www.LearnToLove.co.za

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui