LGBTQIA+

LGBTQIA+ staan vir Lesbies, Gay, Biseksueel, Transseksueel/transgender, “Queer”(vreemd) of Questioning (soekend), Interseks, Aseksueel, ensovoorts (+).

Hier volg ‘n kort verduideliking van al hierdie terme:

Lebies

Vroue wat aangetrokke voel tot ander vroue.

Gay

Mense wat aangetrokke voel tot mense van dieselfde geslag.

Biseksueel

Mense wat aangetrokke voel tot beide mense van dieselfde én teenoorgestelde geslag.

Transgender/transseksueel

Mense wie se selfidentiteit nie ooreenstem met hulle geslag nie. Hulle voel dat hulle die teenoorgestelde geslag moet wees. Dat hulle in die verkeerde liggaam is. Dit is byvoorbeeld mans wat voel dat hulle eintlik ’n vrou moet wees. (Cisgender staan teenoor transgender en verwys na normale mense.) Baie van hierdie mense ondergaan geslagsveranderingsoperasies.

Vir meer hieroor, kyk Transgender en Wie is Walt Heyer?.

“Queer”/”Questioning”

“Queer” word dikwels gebruik as ’n sambreelterm wat verwys na iemand wat nie heteroseksueel (homoseksueel) en nie cisgender (transgender) is.

“Questioning” of soekend verwys na iemand wat nie seker is hoe hulle identifiseer nie. Iemand kan hul seksuele oriëntasie en/of hul geslagsidentiteit bevraagteken.

Interseks

Interseks is ’n algemene term wat gebruik word vir verskillende toestande waarin ’n persoon gebore word met ’n voortplantings- of seksuele anatomie wat nie by die tipiese definisies van man of vrou pas nie. Byvoorbeeld, iemand wat gebore word wat aan die buitekant vroulik lyk, maar aan die binnekant meestal ’n manlike anatomie het.

‘n Voorbeeld van so iemand is die Suid-Afrikaanse 800 meter atleet, Caster Semenya.

Vir meer hieroor, kyk Interseks.

Aseksueel

Aseksualiteit is die gebrek aan seksuele aantrekking tot ander of ’n gebrek aan belangstelling in seks.

Aseksualiteit verskil van seksuele onthouding of om selibaat te wees:

  • Aseksualiteit: Gebrek aan seksuele aantrekking.
  • Onthouding/selibaat: Daar is ‘n seksuele aantrekking, maar die persoon weerhou hom-/haarself daarvan weens persoonlike, sosiale of godsdienstige oortuigings.

+ (ensovoorts)

Enige verdere seksuele oriëntasies wat nie onder bogenoemde klassifiseer nie.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui