NG Kerk lidmaatgetalle bly steeds daal

Die volgende is direk aangehaal uit BY DIE ASM: Versoeningsvoorstel vir 16 Desember, klarigheid oor formulier, belangrike datums vir 2023 en konteks vir die 33% afname van voltydse predikantsposte (Kerkbode, 10 Nov 2022):

******

Nuwe data toon hoe NG Kerk se gemeentes verminder en hoe skerp veral die aantal voltydse predikantsposte sedert 2018 afgeneem het. Die jongste peiling spog met ’n responskoers van 75% nadat die vraelys in Mei vanjaar aan alle gemeentes van die NG Kerk gestuur is. Die einste aantal gemeentes het met 4,2% geval in dieselfde tydperk, tot minder as 1 100 in SA en Namibië. (Sien meer inligting hieronder).

2018 2022 verandering %verandering
Gemeentes 1114 1067 -47 -4.21%
Totale predikantsposte 1628 1176 -452 -27.76%
Voltydse poste 1256 837 -419 -33.36%
Deeltydse poste en kontrakposte 238 212 -26 -10.92%
Emeriti 134 127 -7 -5.2%

Bron: Kerkspieël-verslag, Nov 2022

******

Kommentaar

Daar is waarskynlik ’n hele paar moontlike redes vir hierdie tendens:

1. Emigrasie

Baie NG Kerk lidmate emigreer weens die politieke situasie in Suid-Afrika:

  • Blankes voel nie meer welkom in Suid-Afrika nie.
  • Finansïele agteruitgang van Suid-Afrika.
  • Beter loopbaanmoontlikhede elders weens regstellende aksie (BBEEE) in Suid-Afrika.

2. Sekulêre kultuur

Twintig jaar gelede kon dit dalk punte vir jou getel het by die werk indien jy deel was van die NG Kerk. Nou nie meer nie.

3. Covid

Die Covidinperkings het waarskynlik by baie ’n kultuur begin om nie meer kerk toe te gaan nie. Sommiges het dalk preke van ander predikante begin kyk en skakel nou by daardie gemeentes in.

4. NG Kerkleiers se houding teenoor apartheid

‘n Mens kry die idee dat NG Kerkleiers nie ’n geleentheid laat verby gaan om jammer te sê vir apartheid nie. Dit mag frustrasie by lidmate skep.

5. Liberale teologie

Die liberale teologie wen meer en meer veld in die NG Kerk. Behoudende lidmate besef waarskynlik dat dit nie omgedraai gaan word nie. Kyk Skokkende geskiedenis van die NG Kerk sedert 2000.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui