Neanderdaller

Evolusioniste stel Neanderdallers voor as oermense en voer dit aan as bewyse vir die evolusie van die mens.

Eerste fossiel

Die eerste Neanderdalfossiel is in 1856 gevind in Neanderdal, ’n vallei omtrent 16 km oos van Düsseldorf in Duitsland.

Alhoewel die beendere duidelik menslik was, het dit tog ook merkbaar van die gemiddelde mens s’n verskil.

Neanderdallers was gewone mense

Daar is heelwat redes waarom geglo kan word dat Neanderdallers bloot gewone mense was:

  • Hulle skedelholte (daarom breingrootte) was selfs groter as die moderne mens.
  • Hulle het die morfologie vir volle taalvermoë gehad (hulle sou kon praat).
  • Hulle het gejag en het ook diere ter wille van hul pelse doodgemaak.
  • Hulle het hulle kos gekook en met kruie gegeur vir smaak.
  • Hulle het die bas van populierbome gebruik as pynstillers.
  • Die beserings wat hulle oorleef het is aanduiding dat hulle eenvoudige mediese prosedures geken het.
  • Hulle het wapens en gereedskap gebruik.
  • Hulle het vuur gemaak.
  • Hulle het waarskynlik klere gedra en naaldwerk gedoen.
  • Hulle het grimering gedra.
  • Hulle het musiekinstrumente gemaak.
  • Hulle het hulle dooies begrawe.

Geen dier doen enige van bogenoemde nie.

Nikolai Valuev

Nikolai Valuev was ’n Russiese bokser met ’n baie robuuste voorkoms. Hy is 2.1 m lank en weeg 145 kg. Sy baie robuuste voorkoms herinner baie sterk aan die Neanderdallers se beenstruktuur. Let veral op sy prominente oogbanke. Hy is ’n voorbeeld van ’n gewone mens met kenmerke van “aapmense”.

Nikolai Valuev - let op prominente oogbanke Nikolai Valuev bokser

Vir meer prentjies van hom, google “Nikolai Valuev boxer“.

Ron Perlman is nog iemand met ’n baie growwe beenstruktuur.

Iemand het eenkeer gesê:

If you were to dress Neanderthal man in a suit and tie, he would be as inconspicuous as you or me. You do walk past these people without a second glance.

Verdere bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui