Merktekens van die Kerk

Die merktekens van die kerk is die dinge waarmee die ware kerk erken kan word in die protestantse teologie. Gewoonlik word drie punte opgesom:

  • Suiwer prediking van die Woord
  • Suiwer bediening van die sakramente
  • Die kerklike tug

Die Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 29 verwys soos volg daarna:

“Die kenmerke waaraan ons die ware kerk kan uitken, is die volgende: Wanneer die kerk die evangelie suiwer preek, die sakramente suiwer bedien soos Christus dit ingestel het en die kerklike tug gebruik om die sondes te straf – kortom, wanneer almal hulle ooreenkomstig die suiwere Woord van God gedra, alles wat daarmee in stryd is, verwerp en Jesus Christus as die enigste Hoof erken. Hieraan kan ons met sekerheid die ware kerk uitken, en niemand het die reg om hom daarvan af te skei nie.”

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui